Nel and Another v van den Heever N.O. and Others (2120/2015) [2016] ZAFSHC 66 (21 April 2016)

72 Reportability
Trusts and Estates

Brief Summary

Trusts — Removal of trustees — Application for removal of trustees of Charmaine van den Heever Trust and executor of estate — Allegations of misconduct and failure to act in beneficiaries' interests — Court's discretion under section 20(1) of the Trust Property Control Act 57 of 1988 to remove trustees if in the interest of the trust and its beneficiaries — Evidence of dishonesty or failure to act in good faith justifying removal — Application granted for removal of trustees and executor.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2016
>>
[2016] ZAFSHC 66
|

|

Nel and Another v van den Heever N.O. and Others (2120/2015) [2016] ZAFSHC 66 (21 April 2016)

IN
DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA
VRYSTAATSE
AFDELING, BLOEMFONTEIN
Saaknommer:
2120/2015
In die
saak tussen:
CHARMAINE
NEL
1ste Applikant
CHARMAINE
NEL N.O.
2de Applikant
en
CECILIA
VAN DEN HEEVER N.O.
1ste Respondent
EN
23 ANDER RESPONDENTE
AANGEHOOR
OP:
25 FEBRUARIE 2016
UITSPRAAK
DEUR:
VAN DER MERWE, R
GELEWER
OP:
21 APRIL
2016
[1]
Hierdie aansoek het te make met die finansiële gevolge van die
afsterwe van Mnr Johannes Stephanus van den Heever (die
testateur) op
15 Desember 2013.
[2]
Die testateur en Me Cecilia van den Heever is gedurende 1971 buite
gemeenskap van goedere met mekaar getroud.  Uit die
huwelik is
vier kinders gebore.  Hulle is genoem Theo, Charmaine, Richard
en Hannes.  Richard is gedurende 2011 oorlede.
Charmaine
is tans getroud met Mnr
Andrè
Nel.
[3]
Die testateur het ‘n
uitgebreide
boerdery
bedryf.  Gedurende sy leeftyd het die
testateur
vier
trusts opgerig en het hy van sy boerderybates aan van hierdie trusts
oorgedra.  Hierdie trusts dra die name van die vier
kinders van
die testateur en Me van den Heever.  Hulle is die Theo van den
Heever Trust, die Charmaine van den Heever Trust,
die Richard van den
Heever Trust
en
die Johan v
an
den Heever Trust.  Die eerste trustees van elk van hierdie vier
trusts was die testateur, Me van den Heever en Mnr Jan-Dirk
Heyns, ‘n
rekenmeester van die firma Enslins te Senekal.
Dit
was steeds die posisie ten tye van die testateur se afsterwe.
Na die oorlye van die testateur is Mnr Theo van den Heever
in sy plek
aangestel as trustee van die Theo van den Heever Trust.  Me
Charmaine Nel is aldus as trustee van die Charmaine
van den Heever
Trust aangestel en Mnr Hannes van den Heever as trustee van beide die
Richard van den Heever Trust en die Johan
van den Heever Trust.
Hierdie aansoek het besonderlik te make met
die
Charmaine
van
den
Heever
Trust (die trust).  Die trust is ‘n tipiese diskresionêre
inter
vivos
trust, opgerig op 28 September 2001.  Die testateur en Me van
den Heever was ook trustees van ‘n vyfde trust, die JS
van den
Heever Kinder Trust.  Die huidige trustees van hierdie trust is
Me van den Heever en Mnr Heyns.
[4]
Op 30 November 2012 het die testateur en Me Van den Heever ‘n
gesamentlike testament verly.  Die testament maak voorsiening

vir drie gebeurlikhede, naamlik dat die testateur eerste sterf, dat
Me van den Heever eerste sterf en dat beide gelyktydig
tot
sterwe kom.  Op die basis dat die testateur eerste sterf, is in
die testament bemakings aan Me van den Heever en aan elk
van die vyf
gemelde trust gemaak.  Me van den Heever is ook as eksekutrise
van die boedel van die testateur (die boedel) benoem.
Me van
den Heever is aldus aangestel en sy het, soos dikwels gebeur, ‘n
prokureur, Mnr. Japie De Clerk, aangestel om haar
behulpsaam te wees
om die pligte van eksekutrise uit te voer.
[5]
Me Charmaine Nel is die applikant hierin, in haar persoonlike
hoedanigheid en haar hoedanigheid
as
trustee van die trust.  As respondente is gevoeg Me van den
Heever in persoonlike hoedanigheid
en
in die hoedanigheid
van
eksekutrise van die boedel, Mnr Theo van den Heever, Mnr Hannes van
den Heever, die eggenotes van Mnr Theo en Hannes van den
Heever, die
trustees van al vyf die trusts, die eggenote van wyle Mnr Richard van
den Heever, Mnr De Clerk, Mnr Heyns in sy persoonlike
hoedanigheid,
Mnr Andrè Nel en die Meester van hierdie hof.  Die
aansoek word teengestaan deur Me van den Heever, Mnr
Hannes van den
Heever, die trustees van al die trusts en Mnr De Clerk.
Geriefshalwe word na die partye wat die aansoek opponeer
verwys as
die respondente.
[6]
Die essensie van die aangevraagde regshulp is die verwydering van Me
van den Heever en Mnr Heyns as trustees van die trust en
die
verwydering van Me van den Heever as eksekutrise van die boedel.
Die meeste van die ander aangevraagde regshulp is insidenteel

hiertoe.  Sommige van die smeekbedes in die kennisgewing van
mosie kan egter ter aanvang bespreek word.
[7]
Daar bestaan geen regsgrondslag vir die regshulp wat teen Mnr De
Clerk aangevra is nie.  Hy het te alle  tersaaklike
tye
bloot as prokureur van Me van den Heever opgetree en sy voeging was
onbehoorlik.
[8]
In die testament het die testateur sy ledebelang in Ulundi BK aan die
trust bemaak.  Die partye is dit eens dat dit ‘n
blote
wanbeskrywing was.  Die beslote korporasie ter sake is U 510
BK.  Die respondente stem toe tot rektifikasie van
klousule
2.2.1 van die testament deur die vervanging van Ulundi BK met U 510
BK.  Me Nel het ook gevra vir rektifikasie van
die testament tot
die effek dat twee plase wat in die naam van Me van den Heever
geregistreer is, deur die testateur aan die trust
bemaak is.
Die regshulp is wyslik by die aanhoor van die aansoek laat vaar.
[9]
Me Nel se repliserende verklaring is afgelewer op 31 Julie 2015.
Op 30 November 2015 het sy aansoek gedoen vir die toelating
van
verdere getuienis.  Die hof het ‘n diskresie om in gepaste
gevalle verdere verklarings in mosieverrigtinge toe te
laat.
Die vernaamste oorwegings by die uitoefening van hierdie diskresie is
die rede waarom die getuienis nie tydig aangebied
is nie, die
relevansie en wesenlikheid van die getuienis en die nadeel wat die
ander party of partye sal ly indien die getuienis
toegelaat word.
Dit gaan hier oor getuienis aangaande werksdokumente van Mnr Heyns
rakende die veegetalle van die trust,
aangaande ‘n dokument wat
voorgee ‘n notule te wees van ‘n vergadering van die
trustees van die trust gehou op
15 Desember 2013 en aangaande
dokumente wat Me Nel ingevolge hofreël
35(12)
van die respondente verkry het.  Die laasgemelde getuienis
behoort op grond van bogemelde oorwegings nie toegelaat
te word nie.
Die werksdokumente is ondanks herhaalde versoeke daartoe, eers
gedurende November 2015 aan Me Nel beskikbaar
gestel.  Soos ek
sal aantoon, is die getuienis met betrekking tot die werksdokumente
relevant en wesenlik.  Die respondente
het sonder om afstand te
doen van hul beswaar teen die toelating daarvan, en in ‘n
klaarblyklike poging om die afhandeling
van die aangeleentheid te
bespoedig, antwoordende verklarings ten opsigte van die beoogde nuwe
getuienis afgelê.  Daar
kan dus geen werklike nadeel vir
die respondente wees nie.  Die gemelde notule was reeds aangeheg
by die stawende eedsverklaring
hierin, maar die getuienis daaromtrent
is van dieselfde aard as die getuienis met betrekking tot die
werksdokumente.  Ek meen
dat dit in belang van geregtigheid is
dat hierdie verdere getuienis ook toegelaat word.  Die getuienis
met betrekking tot
die werksdokumente en die notule word dus
toegelaat.
[10]
Die aansoekprosedure is ontwerp vir die beslegting van regspunte op
feite wat gemeensaak is of vasstaan.  Egte feitegeskille
kan nie
op aansoekstukke besleg word nie, ook nie op waarskynlikhede nie.
Wanneer sulke feitegeskille in aansoekstukke voorkom,
moet die
weergawe van die respondent daarom vir doeleindes van beslegting van
die aansoek aanvaar word.  Soms skep die antwoord
van die
respondent egter nie egte feitegeskille nie.  Dit kan gebeur
wanneer die respondent ‘n blote ontkenning voorhou
ten spyte
daarvan dat die feite binne die respondent se besondere kennis val of
wanneer die weergawe van die respondent so vergesog
of duidelik
onhoudbaar is dat dit op die stukke verwerp kan word.
[11]
Me Nel het wydlopende bewerings van wangedrag en ongerymdhede aan die
kant van die respondente gemaak, dikwels in ongetemperde
en onnodig
kwetsende taal.  Me van den Heever het wydlopend hierop
geantwoord, dikwels in dieselfde styl.  Die resultaat
is ‘n
rekord van meer as 1500 bladsye bestaande uit hoofsaaklik onoplosbare
feitegeskille.  ‘n Verdere kompliserende
faktor is die
wyse waarop die testateur met die trustbates omgegaan het.  Hy
het in besonder skape en beeste aan die trust
oorgedra, sonder om die
diere te identifiseer en dan voortgegaan om met die trust se bates te
boer.
[12]
In die lig hiervan meen ek dat die volgende vrae beslis moet word.
Die eerste vraag is of die verwydering van Me van
den Heever  en/of
Mnr Heyns as trustees van die trust geregverdig is op grond van:
(i)
hul weiering om Me Nel en/of haar bloed – en aanverwante as
enigste inkomstebegunstigdes van die trust te erken;
of
(ii)
op grond van oneerlike wanvoorstelling by wyse van die voorlegging
van die werksdokumente met betrekking tot die veegetalle
van die
trust en/of die notule van die beweerde vergadering van 15 Desember
2003;  of
(iii)
die weiering of versuim om sestig beeste teen behoewe van die trust
van die boedel te vorder.
Die
tweede vraag is of Me van den Heever se standpunt dat ‘n
melkkudde nie ‘n boedelbate is nie en dus nie in die likwidasie
-
en distribusierekening van die boedel aangetoon word nie, haar
ontheffing as eksekutrise van die boedel regverdig.
[13]
Artikel 9(1) van die Wet op die Beheer oor Trustgoed
57
van 1988 bepaal dat ‘n trustee by die nakoming van sy pligte en
die uitoefening van sy bevoegdhede met die sorgsaamheid,
ywer en
kundigheid moet optree wat redelikerwys verwag kan word van ‘n
persoon wat  die sake van ‘n ander hanteer.

Ingevolge artikel 20 (1) kan ‘n trustee te enige tyd op aansoek
van die Meester of iemand wat ‘n belang by die trustgoed
het,
deur die hof van sy amp onthef word indien die hof oortuig is dat
sodanige ontheffing in die belang van die trust en sy begunstigdes

sal wees.  Hierdie bepaling gee aan die hof ‘n baie wye
diskresie, wat nie deur definisie beperk kan word nie.
Dit is
voldoende om te sê dat wesenlike oneerlike gedrag met
betrekking tot die trust of versuim om in die belang van die
trust en
sy begunstigdes op te tree, ontheffing sou kon regverdig.
[14]
Klousule 2.8 van die testament bepaal soos volg:

(2.8)
CHARMAINE
VAN DEN HEEVER TRUST
2.8.1
Ek versoek my Trustees om my dogter,
CHARMAINE
NEL
,
aan te stel as Trustee van gemelde Trust.
2.8.2
Ek bepaal voorts dat my gemelde dogter,
CHARMAINE
NEL
en/of haar bloed- en aanverwante as enigste inkomste- en
kapitaalbegunstigde aangewys word.”
Soos
gemeld, is uitvoering gegee aan die wens van die testateur vervat in
klousule 2.8.1.  Op grond van klousule 2.8.2 voer
Me Nel aan dat
sy en haar gemelde verwante die enigste inkomste - en
kapitaalbegunstigdes van die trust is.
[15]
Ingevolge die definisie daarvan in die trustakte van die trust, is
die vestigingsdatum essensieel die datum waarop die trustees
in hul
uitsluitlike diskresie trustbates aan die trustbegunstigdes oordra.
Die trustakte omskryf die inkomstebegunstigdes
van die trust soos
volg:

1.1.1
Inkomstebegunstidges
,
naamlik die bevoordeeldes wat ingevolge die diskresionêre magte
waarmee die
TRUSTEE(s)
beklee
is, uit inkomste van die trust bevoordeel kan word, welke
bevoordeeldes gekies kan word uit die geledere van die
EERSTE
TRUSTEE
,
sy of haar
GADE
en/of die kapitaalbegunstigdes en hulle bloed- en aanverwante.”
Die
kapitaalbegunstigdes van die trust is die wettige afstammelinge van
die testateur by wyse van plaasvervulling per stirpes of
trusts of
regsentiteite geskep ten behoewe van die afstammelinge.  Die
“Eerste Trustee” is die testateur.
Teen hierdie
agtergrond bepaal klousule 12.1 van die trustakte soos volg:

12.
BEëINDIGING
VAN TRUST
12.1
By beëindiging van die trust ingevolge enige van die
moontlikhede genoem onder die
woordomskrywing van vestigingsdatum,
word die trustfonds wat op die tydstip beskikbaar is gelykop tussen
die kapitaalbegunstigdes
verdeel.
Nieteenstaande
hierdie verdeling op die
vestigingsdatum:
12.1.1
verkry die
EERSTE
TRUSTEE
,
die reg om by wyse van ‘n testamentêre geskrif, die
verhouding en formule waarin en
waarop
die trustfonds onder die kapitaalbegunstigdes verdeel moet word, aan
te dui;
12.1.2
die bevoordelings volgens die testamentêre geskrif hoef nie
noodwendig gelyk in
grootte, waarde of omvang te wees nie.
2.1.3
Indien hy sou versuim om self hierdie reg uit te oefen, geskied die
verdeling tussen die
kapitaalbegunstigdes van die trustfonds soos
hiervoor gemeld.”
[16]
Na die afsterwe van die testateur het Me van den Heever en Mnr Heyns,
toe die enigste trustees van die trust, ingevolge die
omskrywing van
inkomstebegunstigdes van die trust vir Me van den Heever aangewys as
enigste inkomstebegunstigde daarvan vir die
tydperk tot einde
Augustus 2014.  Hulle betwis nie dat die testateur by wyse van
die testament die kapitaalbegunstigdes van
die trust kon aanwys nie,
maar voer aan dat die testateur nie die reg gehad het om die
inkomstebegunstigdes per testamentêre
geskrif te bepaal nie.
Die datum einde Augustus 2014 is bepaal aan die hand van hul
standpunt dat die jaarlikse  huurkontrak
ingevolge waarvan die
testateur die vee van die trust gehuur het, toe sou verstryk.
Hulle verklaar dat ‘n vergadering
om inkomstebegunstigdes soos
vanaf 1 September 2014 te kies, as gevolg van die onderhawige dispute
nog nie plaasgevind het nie.
[17]
Na my oordeel moet die respondente gelyk gegee word.  Dit is ‘n
fundamentele beginsel van ons reg dat niemand meer
regte kan oordra
dan waaroor hy of sy beskik nie.  Hieruit volg dat ‘n
persoon nie regte kan uitoefen waaroor hy nie
beskik nie, of as
gevolg van die oordrag daarvan, nie meer beskik nie.  Volgens
die duidelike bewoording van die trustakte
het die testateur as
oprigter van die trust by wyse van ooreenkoms met die trustees, die
reg om inkomstebegunstigdes van die trust
aan te wys, aan die
trustees oorgedra.  Die testateur het slegs regte met betrekking
tot kapitaalbegunstigdes behou.
Volgens die trustakte is dit
ook slegs die reg om die verhouding en formule waarin en waarop die
trustfonds onder kapitaalbegunstigdes
verdeel moet word, wat
voorbehou is.  Wat dit presies beteken, is nie nodig om nou te
beslis nie; dit is voldoende om te sê
dat dit niks met die
aanwysing van inkomstebegunstigdes te doen het nie.  Dit volg
dat klousule 2.8.2 van die testament ‘n
oneffektiewe bepaling
is waaraan nie gevolg gegee kan word nie.  Die argument namens
Me Nel dat die bepalings van die trustakte
deur die testament gewysig
is, kan dus nie opgaan nie.  Bowendien bepaal klousule 15 van
die trustakte hoe wysiging daarvan
moet plaasvind, naamlik by
ooreenkoms tussen die testateur en die trustees en na sy afsterwe, by
ooreenkoms tussen die trustees
en die handelingsbevoegde begunstigdes
van die trust.  Die inkomstebegunstigdes van die trust moet dus
ingevolge die trustakte
aangewys word.  Dit volg dat daar nie ‘n
saak vir die ontheffing van die trustees op hierdie grondslag
uitgemaak is
nie.
[18]
Een van die groot twispunte tussen Me Nel aan die een kant en Me van
den Heever en Mnr Heyns aan die ander kant, was die hoeveelhede
en
beskrywing van die vee wat die trust toekom.  Daarom het Me Nel
‘n versoek gerig dat dokumentasie hieromtrent aan
haar
beskikbaar gestel word.  Na herhaalde versoeke het Mnr Heyns
afskrifte van ses werksdokumente aan Me Nel beskikbaar gestel.

Die oorspronklike werksdokumente vorm deel van die rekord voor my.
Hierdie werksdokumente gee die veegetalle van die trust
aan soos op
25 Junie 2009, 12 Augustus 2010, 6 April 2011, 20 April 2012, 5 Maart
2013 en 4 Maart 2014.  Behalwe die werksdokument
ten opsigte van
veegetalle soos op 25 Junie 2009, bevat elk van die werksdokumente ‘n
nota gemaak deur Mnr Heyns.  Elk
van die dokumente bevat ‘n
handtekening vir Mnr Heyns en, behalwe vir die werksdokument ten
opsigte van die veegetalle soos
op 4 Maart 2014, ‘n datum wat
deur hom aangebring is.  Die werksdokumente gee voor onderteken
te gewees het deur Mnr
Heyns op onderskeidelik 26 Junie 2009, 11 of
13 Augustus 2010, 8 April 2011, 22 April 2012 en 5 of 6 Maart 2013.
Die handtekeninge
en datums op die werksdokumente was duidelik bedoel
as aanduiding van die goedkeuring of bevestiging van die inhoud
daarvan deur
Mnr Heyns.  Daar is geen twyfel nie dat hierdie
werksdokumente opgestel was met die doel om voor te gee dat dit
kontemporêre
dokumente was.  Deur die blote oorhandiging
van die werksdokumente is dus voorgestel dat die werksdokumente deur
Mnr Heyns
goedgekeur is op die onderskeie datums wat hy daarop
aangebring het.  Mnr Heyns het dit ook tydens ‘n
vergadering mondelings
so aan Me Nel voorgehou.
[19]
Dit is egter tans gemeensaak dat hierdie voorstellings vals was.
Die werksdokumente het almal eers gedurende November
2015 tot stand
gekom.  Dit is ook duidelik dat Mnr Heyns met hierdie valse
voorstellings sou volgehou het, indien hy nie “uitgevang”

was by wyse van die datums en reeksnommers wat drukker in fynskrif op
die werksdokumente aangebring het nie.  Dit mag wees
dat die
veegetalle wat op die werksdokumente aangedui was, korrek was, soos
beweer word.  Daar is gesê dat die korrekte
veegetalle
jaarliks in konsultasie met die testateur by wyse van notas op die
vorige jaar se finansiële state aangebring is
en sulke dokumente
is voorgelê.  Maar dit maak die fabrikasie van die
werksdokumente nog meer onverstaanbaar.
En dit neem niks weg
van die objektiewe feite dat ‘n persoon wat veronderstel was om
as ‘n professionele onafhanklike
trustee te dien, opsetlik
valslik aan ‘n mede-trustee voorgegee het dat die
werksdokumente kontemporêr en eg was.
Dit stel wesenlike
oneerlikheid en verbreking van die pligte van ‘n trustee daar.
Dit is opvallend dat Mnr Heyns nie
‘n verduidelikende
verklaring afgelê het nie, maar by wyse van ‘n bloot
bevestigende verklaring dit aan Me van
den Heever oorgelaat het om
die onverdedigbare te probeer verdedig.  Dat sy lustig daaraan
meegewerk het, strek tot haar diskrediet.
[20]
Dit bring my by die notule van die beweerde vergadering van 15
Desember 2013.  Hierdie notule gee voor dat ‘n vergadering

van die trustees van die trust op 15 Desember 2013 te Senekal
plaasgevind het en dat die notule daarvan op daardie datum en plek

deur beide Me van den Heever en Mnr Heyns voor dieselfde twee getuies
onderteken was.  Die notule gee voor dat slegs een besluit

geneem is, naamlik:

WINSVERDELING:
Dat
die winsverdeling ten opsigte van die jaar geëindig 15 Desember
2013 aan die ondergemelde begunstigdes uitgekeer word.
Chané
Nel
R60 000.00”
Chané
Nel is ‘n dogter van Me Nel.  Me van den Heever en Mnr
Heyns gee toe dat ‘n vergadering nie te Senekal
gehou is nie en
dat die notule daarvan nie op 15 Desember 2013 onderteken is nie.
Me van den Heever was op daardie datum
te Bloemfontein en Mnr Heyns
met vakansie by die kus.  Beide hou egter vol dat hulle die
voormelde besluit tydens ‘n
telefoniese gesprek op 15 Desember
2013 geneem het.
[21]
Dit is uiters raar dat getuienis in eedsverklarings as vals verwerp
kan word.  Na my oordeel is hierdie so geval.
Me van den
Heever was op 15 Desember 2013 in Bloemfontein by die sterfbed van
die testateur.  Me Nel sê dat haar vader
omstreeks 19h30
gesterf het en daar is geen rede om dit te betwyfel nie.  Dit
moet aanvaar word dat Me van den Heever diep
bedroef was as gevolg
van die afsterwe van haar eggenoot met wie sy meer as 40 jaar lank
gelukkig getroud was.  Mnr Heyns
sou haar geskakel het om te
simpatiseer en gedurende hierdie gesprek is die besluit beweerdelik
geneem.  Die finansiële
jaar van die trust het op     28
Februarie 2014 geëindig, nie 15 Desember 2013.  Me van den
Heever
en Mnr Heyns sê nie dat hul by die geleentheid ook
besluite ten aansien van die ander trusts geneem het nie.  Die
getuienis
van Me van den Heever en Mnr Heyns dat hulle in hierdie
omstandighede hierdie besluit geneem het is so vergesog en duidelik
onhoudbaar
dat dit verwerp moet word.  Die gevolg is dat ek moet
aanvaar dat ‘n vals dokument deur beide trustees van die trust

tot stand gebring is en waarvoor hul geen aanvaarbare verduideliking
gegee het nie.  Dit is so selfs op hulle eie weergawe.
[22]
Dit is gemeensaak dat die finansiële state van die trust soos op
28 Februarie 2012, 28 Februarie 2013 en 28 Februarie
2014 aantoon dat
die trust oor 90 vleisbeeskoeie beskik.  Op die basis dat die
testateur hierdie koeie gehuur het, sou die
boedel by verstryking van
die huurkontrak 90 vleisbeeskoeie aan die trust moes lewer.  Dit
is gemeensaak dat die trust ontvangs
van slegs 30 koeie geneem het.
In die testament het die testateur verklaar:

2.2.3
Ek plaas dit op skrif dat die 56 vleisbeeste wat tans by
ANDRÈ
NEL
,
my skoonseun wei, reeds gekoop is en dus nie deel vorm van my boedel
nie.
2.2.4
Ek bevestig dat ek tans die vleisbeeste en skape van die
CHARMAINE
VAN DEN HEEVER TRUST (IT141/2002)
namens die Trust boer en vorm dit dus nie deel van my Boedel nie.
Die korrekte veegetalle wissel as gevolg van aanwas en
vrektes, maar
word volledig bygehou deur my Ouditeur,
JAN
DIRK HEYNS
van
ENSLINS,
SENEKAL
.”
Op
grond hiervan sê Me Nel dat hierdie 56 vleisbeeste nie teen die
90 vleisbeeste van die trust in berekening gebring kan
word nie.
Volgens haar het Mnr. Andrè Nel die 56 beeste gedurende 2012
by die testateur gekoop en kontant daarvoor
betaal.  Me van den
Heever weier om mee te werk om die 60 vleisbeeskoeie aan die trust te
laat toekom en voer aan dat die
56 vleisbeeste wat in die testament
vermeld word, reeds aan die trust gelewer is.
[23]
Hoe graag ek ookal duidelikheid aan die partye hier omtrent sou wou
gee, is dit nie moontlik om hierdie geskil op te los nie.
Dit
kom vreemd voor dat die testateur op 30 November 2012 verkeerdelik in
die testament sou verklaar dat die 56 beeste gekoop was.
Die
konteks van die testament steun ook nie die respondente se uitleg
nie.  Ten aansien van die bemaking aan die Theo van
den Heever
Trust het die testateur byvoorbeeld verklaar dat die vee reeds in
besit daarvan was.  Aan die ander kant het Me
Nel daarop gesteun
dat die getal vleisbeeskoeie van die trust volgens die finansiële
state daarvan tussen 28 Februarie 2011
en 28 Februarie 2012 verminder
is van 140 na 90.  Dit sou egter dui op ‘n verkoping van
50 koeie deur die trust en nie
deur die testateur nie.  Die
besonderhede van die kooptransaksie is ook baie vaag en Mnr Andrè
Nel het nie ‘n
verklaring afgelê nie.
[24]
Wat egter wel duidelik is, is dat Me van den Heever in ‘n
wesenlike belangebotsing tussen die boedel en die trust, onomwonde

die kant van die boedel gekies het.  Daar is ten minste redelike
gronde vir die standpunt dat die boedel 60 koeie aan die
trust
verskuldig is.  ‘n Redelike trustee behoort stappe te neem
om hierdie vordering van die trust af te dwing.
Deur botweg te
weier
dat
die boedel die 60 koeie aan die trust lewer, het Me van den Heever
haar pligte as trustee wesenlik versaak en sal sy klaarblyklik

voortgaan om so te doen.  Hierin is sy heelhartig deur Mnr Heyns
ondersteun.
[25]
Op grond van die faktore wat ek gemeld het, is ek oortuig daarvan dat
dit in belang van die trust en die trustbegunstigdes
daarvan is dat
beide Me van den Heever en Mnr Heyns uit die amp van trustee van die
trust verwyder moet word.  Die trustakte
bepaal dat daar te alle
tye minstens twee trustees moet wees, maar swyg oor hoe ‘n
verdere trustee of trustees aangewys moet
word.  Dit moet dus
geskied ingevolge artikel 7 van Wet 57 van 1988.
[26]
Die melkkudde wat hier
ter
sake is, is van groot waarde.  Dit bestaan uit 300 koeie in melk
en 300
jong
diere.  Die getuienis van Me van den Heever aangaande die
eiendomsreg van die melkkudde is weersprekend en onoortuigend.

Sy het aanvanklik gesê dat die melkkudde gedurende 2008 deur
die testateur aan die Johan van den Heever Trust oorgedra is.

Later het sy gesê dat dit gedurende 2009 gebeur het.  Dit
strook egter nie met ander getuienis van Me van den Heever
nie.
Sy het gesê dat Mnr Richard van den Heever tot en met sy oorlye
gedurende 2011, vir die testateur bygestaan het
met die melkboerdery,
dat Mnr Richard van den Heever “geoormerk” was om
mettertyd die melkboerdery “oor te neem
en/of te erf” en
dat na die oorlye van Richard gedurende 2011, die testateur die
meeste van die testateur se melkbeeste op
‘n veiling verkoop
het en slegs 80 verse
oorgehou
het.  Sy het gesê dat na die dood van hul seun Richard,
“... het ons jongste seun Hannes sy pa met die
melkery begin
help – tot sy pa se afsterwe in Desember 2013” en dat
Mnr. Hannes van den Heever vanaf 2011 uit hierdie
80 verse weer
‘n
kudde
van 600 melkbeeste opgebou het.  Dat ‘n werklike oordrag
van die melkkudde aan die Johan van den Heever Trust geskied
het voor
die oorlye van die testateur, rym ook nie met ander getuienis nie.
Hierdie getuienis sluit in dat die testateur
in hart en siel ‘n
melkboer was en dat die melkery sy “lewe”
was,
dat meer as 600 melkbeeste ten tye van sy dood by die SA
Stamboekvereniging in die naam van die testateur geregistreer was
en
veral dat hy in sy testament “al my melkbeeste” aan die
Johan van den Heever Trust bemaak het.
[27]
Nogtans is dit na my oordeel nie moontlik of gepas om ‘n finale
bevinding hieroor te maak nie.  Alhoewel onwaarskynlik,
kan die
getuienis van Me van den Heever hieroor nie op bogemelde beginsels op
sigwaarde
verwerp
word nie.  Dit is myns insiens boonop voortydig om tans ‘n
beslissing oor die eiendomsreg van die melkkudde te
maak.  Die
proses vervat in artikel 35 van die Boedelwet 66 van 1965 moet nog
voltooi word.  Die likwidasie - en distribusierekening
moet nog
geadverteer word en ter insae lê.  Daarna kan ingevolge
artikel 35 (7) beswaar daarteen aangeteken word en
moet sodanige ‘n
beswaar ingevolge artikel 35 (9) deur die Meester beslis word.
Iemand wat veronreg voel deur die beslissing
van die Meester, kan
ingevolge artikel 35 (10) daarna by hierdie hof aansoek doen om ‘n
bevel om die Meester se besluit tersyde
te stel.  Ek meen egter
dat dit in die besondere omstandighede van hierdie saak nie onvanpas
is om te sê dat die respondente
ernstig behoort te besin oor
die vraag of die melkkudde in die likwidasie - en distribusierekening
van die boedel opgeneem moet
word of nie.  Dit volg dat die
verwydering van Me van den Heever as eksekutrise van die boedel nie
veroorloof is nie.
[28]
Me Nel was deels suksesvol en die respondente het deels sukses
behaal.  Die sentrale opponerende litigante is moeder en

dogter.  In die uitoefening van my diskresie met betrekking tot
koste meen ek dat dit billik en regverdig is dat geen kostebevel

verleen word nie.
[29]
Die volgende bevel word gemaak:
1.
Die
testament van wyle Johannes Stephanus van den Heever en Cecilia van
den Heever, gedateer 30 November 2012, word gerektifiseer
deur in
klousule 2.2.1 daarvan die woorde “Ulundi BK” deur te
haal en te vervang met die woorde “U 510 BK”.
2.
Die
vierde respondent en die twintigste respondent word onthef as
trustees van die Charmaine van den Heever Trust (IT 141/2002).
______________________
CHG
VAN DER MERWE, R
Namens die
applikant:       Adv. N Snellenburg SC
In opdrag
van:

Honey Prokureurs
Bloemfontein
Namens die respondente:
Adv. HJ Benade
In opdrag
van:

Symington & De Kok
Bloemfontein
pc