De Beer N.O.en Ander v Mainserve Africa (EDMS) BPK en Ander (236/2013) [2016] ZAFSHC 22 (11 February 2016)

78 Reportability

Brief Summary

Company Law — Share Transfer — Validity of Share Purchase Agreement — Dispute regarding the validity of a share purchase agreement entered into by the Dilligaf Trust and various respondents, with the applicants seeking a declaration of nullity based on the lack of proper authorization by trustees — The court found that the share purchase agreement was indeed null and void due to the absence of valid trustee authorization at the time of the contract's conclusion — The applicants were entitled to restitution of the deposit paid under the invalid contract.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2016
>>
[2016] ZAFSHC 22
|

|

De Beer N.O.en Ander v Mainserve Africa (EDMS) BPK en Ander (236/2013) [2016] ZAFSHC 22 (11 February 2016)

SAFLII
Note:
Certain
personal/private details of parties or witnesses have been
redacted from this document in compliance with the law
and
SAFLII
Policy
VRYSTAATSE
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Saak
Nr: 236/2013
In
die saak tussen:
FRANK
JAMES DE BEER
N.O.
1
ste
Applikant
MARIETTE
DE BEER N.O.
2
de
Applikant
ABRAHAM
JACOBUS DU PLESSIS N.O.
3
de
Applikant
en
MAINSERVE
AFRICA (EDMS) BPK
1
ste
Respondent
KHOSIMANG
EDGAR ERIC RAMONGALO
2
de
Respondent
HENDRE
VAN DER MERWE
3
de
Respondent
ZAMILE
JACOB GCWILI
4
de
Respondent
BERNARD
VAN DER WALT N.O.
5
de
Respondent
JACOBUS
ELISA KRITZINGER N.O.
6
de
Respondent
RONEL
VAN DER WALT N.O.
7
de
Respondent
JACOBUS
GREEFF FOURIE
8
ste
Respondent
MAATSKAPPYE EN
INTELLEKTUELE
EIENDOM
KOMMISSIE
9
de
Respondent
REGISTRATEUR VAN
AKTES:
BLOEMFONTEIN
10
de
Respondent
UITSPRAAK:
DAFFUE,
R
AANGEHOOR
OP:
3,4 &
6 NOVEMBER 2015
GELEWER
OP:
11
FEBRUARIE 2016
I
INLEIDING
[1]
Hierdie aangeleentheid, ‘n twis oor aandele in ‘n
maatskappy, is so lank gelede as 6 Junie 2013 vir mondelinge
getuienis verwys en gelas dat die volgende geskilpunte bereg moet
word:
1.
Respondente
se verweer dat applikante se eis vir die oordrag van aandele op grond
van die
rei
vindicatio
verjaar
het;
2.
Of
applikante ‘n volledige skuldoorsaak uitgemaak het in soverre
restitusie van die R600 000.00 deposito wat dit ontvang
het uit
hoofde van ‘n nietige koopkontrak van aandele nie getender is
nie;
3.
Of
respondente kan steun op estoppel op grond van skynverwekking wat na
bewering plaasgevind het.
II
DIE
PARTYE
[2]
Applikante is Mnr en Mev De Beer en Mnr A J du Plessis in hulle
hoedanighede as trustees van die Dilligaf Trust (hierin later
na
verwys as “die trust”).  Adv N Snellenburg SC het
namens hulle verskyn in opdrag van Rossouws Prokureurs van

Bloemfontein.
[3]
Tien respondente is gesiteer maar agtste to tiende respondente, Mnr J
G Fourie, die Maatskappye en Intellektuele Eiendommekommissie
en die
Registrateur van Aktes, Bloemfontein, onderskeidelik, het geen rol
gespeel in die verrigtinge voor my nie.  Negende
respondent het
inderdaad skriftelik te kenne gegee dat dit berus by enige beslissing
deur die hof gemaak te word.
[4]
Die maatskappy oor wie se aandeelhouding die twis gaan, te wete
Mainserve Africa (Edms) Bpk, is as eerste respondent gesiteer.

Tweede tot sewende respondente is Khosimang Edgar Eric Ramongalo,
Hendre van der Merwe, Zamile Jacob Gcwili, Bernard van der Walt
NO,
Jacobus Elisa Kritzinger NO, Ronel van der Walt NO (laasgenoemde drie
in hulle verteenwoordigende hoedanighede as trustees
van die Luan
Trust.  McIntyre & Van der Post Prokureurs het te alle
tersaaklike tye namens eerste tot sewende respondente
opgetree.
Adv A.J.R. van Rhyn SC het aanvanklik namens respondente die woord
gevoer tydens die destydse aanhoor van die aansoek,
terwyl Adv P. U.
Fischer SC namens respondente opgetree het tydens die aanbied van
mondelinge getuienis en slotbetoë.
III
DIE
REGSHULP GEVORDER
[5]
Blykens die kennisgewing van mosie verlang applikante die volgende
regshulp wat
verbatim
aangehaal
word:

1.
Dat verklaar word dat die skriftelike koopooreenkoms aangegaan en
gesluit tussen die
Dilligaf
Trust,
verteenwoordig deur
Frank
James De Beer
en die Eerste, Tweede, Derde, Vierde, Vyfde, Sesde, Sewende en Agste
Respondente, gedateer
10
Julie 2008
,
nietig is;
2.
Dat die oordrag van die ondergemelde uitgereikte aandele in die
Eerste Respondent na die ondergemelde Respondente
nietig is, te wete:
2.1
1 004
(Eenduisend en Vier) gewone aandele aan
Zamile
Jacob Gcwili
(Vierde Respondent) op
9 September 2008
per
aandele sertifikaat nr. 10;
2.2
596
(Vyfhondered Ses en Negentig) gewone aandele aan
Hendre Van der
Merwe
(Derde Respondent), per aandele sertifikaat nr. 11;
2.3
796
(Sewehondered Ses en Negentig) gewone aandele aan die
Luan Trust –
IT1262/1995
(Vyfde, Sesde en Sewende Respondente) per aandele
sertifikaat nr. 13.
2.4
200
(Tweehonderd) gewone aandele aan die
Luan Trust –
IT1262/1995
(Vyfde, Sesde en Sewende Respondente) per aandele
sertifikaat nr. 12;
2.5
1 000
(Eenduisend) gewone aandele aan
Khosimang Edgar
Eric Ramongalo
(Tweede Respondent, per aandele sertifikaat nr.15;
2.6
4
(Vier) gewone aandele aan
Khosimang Edgard Eric Ramongalo
(Tweede Respondent, per aandele sertifikaat nr. 14.
3.    Dat die
Respondente gelas word om sonder versuim die aandeel oordrag
dokumente wat deur die Applikante se ouditeure
aan hul voorgelê
word, te onderteken sodat die aandele sonder versuim oorgedra kan
word na die Trust;
4.    Dat die Tweede,
Derde, Vierde, Vyfde, Sesde en Sewende Respondente se aanstelling as
direkteure in die Eerste
Respondent nietig verklaar word,
alternatiewelik, dat gelas word dat die voormelde Respondente verbied
word om verder as direkteure
van die Eerste Respondent op te tree en
te handel;
5.    Dat die Balju van
die Hof gemagtig word om enige en alle dokumente vir die oordrag van
die aandele van die
relevante Respondente na die Trust te
bewerkstellig binne vyf (5) dae nadat hierdie bevel verleen is,
indien die Respondente weier
of versuim om die dokumente te
onderteken.
6.    Dat die Eerste
tot en met Agtste Respondente verbied word om die onroerende eiendom
beter bekend en omskryf
as
Erf [....], [....], Bloemfontein
,
beter bekend as
[....], [....], Bloemfontein
waarvan die
Eerste Respondent huidiglik die geregistreerde eienaar is, te
vervreem, alternatiewelik indien die eiendom reeds vervreem
is,
oordrag van die eiendom te gee aan enige derde;
7.    Dat die
Registrateur van Aktes (Tiende Respondent) verbied word, om die
onroerende eiendom bekend en omskryf
as
Erf [....], [....],
Bloemfontein
, beter bekend as
[....], [....], Bloemfontein
,
aan enige derde persoon oor te dra en op enige ander persoon se naam
te registreer uit hoofde van ‘n koopooreenkoms aangegaan
en
gesluit op grond van ‘n besluit of resolusie van die Tweede tot
Agste Respondent as aandeelhouers en/of direkteure van
die Eerste
Respondent;
8.
Dat die Tweede tot en met Sewende Respondent die koste te wyte aan
die aansoek betaal, gesamentlik en afsonderlik,
die een betaal die
ander kwytgeskel te word, alternatiewelik en indien enige ander
Respondente die aansoek ook opponeer dat sodanige
Respondent
gesamentlik en afsonderlik met Tweede tot Sewende Respondent die
koste van die aansoek sal betaal, die een betaal die
ander
kwytgeskeld te word.”
IV
RELEVANTE
FEITE BUITE GESKIL
[6]
Die volgende feite is buite geskil:
6.1    Op
10 Julie 2008 is ‘n koopkontrak gesluit vir die verkoop van
aandele, te wete 90% van die uitgereikte
aandele in eerste respondent
welke aandele, 3 600 in totaal, verkoop is vir ‘n totale
koopprys van R3.6 miljoen.
Die kopers van die aandele, te wete
tweede tot sewende respondente, het die aantal aandele ontvang soos
in die Kennisgewing van
Mosie uiteengesit.
6.2    Die
trust was die verkoper van die aandele.  Die trust is met
kontraksluiting verteenwoordig deur Frank
James De Beer, (hierin
later na verwys as “De Beer”), hy synde die oprigter en
mede-trustee van die trust.  Hy
het voorgegee om op te tree
ooreenkomstig ‘n resolusie van trustees gedateer 13 April 2007.
6.3    Op
datum van kontraksluiting was De Beer, sy eggenote Mev Mariëtte
de Beer (“Mev De Beer”)
en Jacobus Elisa Kritzinger
(“Kritzinger”), ‘n ouditeur en onafhanklike
trustee, die drie trustees van die trust.
6.4
Kritzinger het voorheen opgetree as ouditeur van De Beer en sy
entiteite en na sy dienste as ouditeur beëindig
is, is Mnr
Christiaan Wagenaar (“Wagenaar”) deur De Beer aangestel
om as ouditeur op te tree.
6.5    ‘n
Dokument gedateer 2 Junie 2008, synde ‘n briefhoof van die
trust waarop die trustees aangedui
word as F J de Beer, M de Beer en
C Wagenaar, vorm deel van die aansoekstukke en daarvolgens bevestig
hierdie drie persone onder
hulle handtekeninge
ex facie
die
dokument dat ‘n vergadering van trustees gehou is, dat besluit
is om 3 600 aandele van die trust te verkoop aan
Khosimang Edgar
Eric Ramongalo (in hierdie aansoek gesiteer as tweede respondent) en
dat De Beer gemagtig word om die dokumente
namens die trustees te
onderteken.
6.6    Mnr
Du Plessis (“Du Plessis”), die derde applikant, is eers
op 11 April 2012 as mede-trustee van
die trust aangestel soos blyk
uit ‘n gewysigde magtigingsbrief uitgereik deur die Meester van
die Hoë Hof in terme van
artikel 6(1) van die Wet op Beheer van
Trustgoed, 57 van 1988 (“die Trustwet”).
Daarvolgens word die trustees
aangedui as De Beer, Mev De Beer en Du
Plessis.
6.7
Kritzinger het net voor die uitreiking van die voormelde gewysigde
magtigingsbrief as trustee van die trust
bedank, skynbaar in opdrag
van applikante se prokureurs en op ‘n stadium toe hulle tot die
besef gekom het dat die aksie
ingestel op 16 Februarie 2012 onder
saaknr 665/2012 deur die verkeerde trustees ingestel is.  Die
eisers in hierdie saak is
gesiteer as De Beer, Mev De Beer en
Wagenaar in hulle hoedanighede as trustees van die trust.
6.8    Dit
is duidelik dat alhoewel Wagenaar as ouditeur van De Beer en sy
entiteite oorgeneem het by Kritzinger,
hy nooit as trustee van die
trust aangestel is nie en het die Meester bygevolg ook op geen
stadium ‘n magtigingsbrief uitgereik
waarin hy as mede-trustee
figureer nie.
6.9
Wagenaar het in sy skriftelike verklaring erken dat nadat hy by
Kritzinger as ouditeur oorgeneem het, De Beer
hom meegedeel het dat
“hy graag wou hê dat ek as trustee by Mnr Kritzinger moes
oorneem”.
6.10
Die partye is dit eens dat die koopkontrak van die aandele in eerste
respondent nietig is.
V
OORWEGING
VAN DIE MONDELINGE GETUIENIS AANGEBIED EN EVALUERING DAARVAN AAN DIE
HAND VAN DIE BEWESE FEITE EN REGSBEGINSELS
[7]
In so verre die bewyslas op respondente rus om verjaring waarop hulle
steun te bewys het ek gelas dat respondente moet begin
met die
aanbied van getuienis.  Slegs twee getuies, die ouditeurs
Kritzinger en Wagenaar, is geroep om namens respondente
te getuig.
Geen getuienis is namens applikante aangebied nie.
[8]
Gedurende die getuienis van Wagenaar is hy gekonfronteer met ‘n
verdere dokument wat De Beer opgespoor het nadat die aansoek
destyds
geargumenteer is.  Dit is ‘n dokument soortgelyk aan die
een van 2 Junie 2008 waarna hierbo verwys is.
Die inligting
daarin vervat verskyn ook op ‘n briefhoof van die trust en dit
is gedateer 13 April 2007.  Dit gee voor
‘n notule van die
trust te wees ingevolge waarvan ooreengekom is dat die trust al die
aandeelhouding, 1 900 aandele,
in  Mainserve Africa (Edms)
Bpk wat deur die Luan Trust gehou word, bekom teen ‘n koopprys
van R2.254 miljoen.
Voorts is De Beer ook gemagtig om alle
dokumente namens die trust te teken.  Hierdie dokument is weer
eens onderteken deur
De Beer, Mev De Beer en Wagenaar.  Afgesien
van die feit dat die dokument Wagenaar se handtekening bevat, kon hy
geen verduideliking
daarvoor gee nie anders as om te sê dat hy
wel advies gegee het met betrekking tot die verkoop van aandele maar
niks meer
as dit nie.  Die dokument is ook verwarrend in die
mate dat dit voorgee dat die trustees van die trust ooreengekom het
om
die aandeelhouding van die Luan Trust in Mainserve Africa (Edms)
Bpk aan te koop en nie dat die trust sy aandeelhouding verkoop
nie.
Ek bevestig weer eens dat die koopkontrak vir die verkoop van aandele
gedateer 10 Julie 2008 waarna hierbo verwys is,
aandui dat De Beer
gemagtig is deur ‘n resolusie van die trustees gedateer 13
April 2007 om inderdaad aandele te verkoop
en nie aan te koop nie.
[9]
Beide Kritzinger en Wagenaar was baie onseker in hulle getuienis,
maar dit is tot ‘n groot mate verstaanbaar gegewe die
aantal
kliënte wat hulle waarskynlik op ‘n daaglikse basis bedien
en die tydsverloop.  Dit bly egter onverstaanbaar
dat Kritzinger
nie toe sy dienste as ouditeur beëindig is, toegesien het dat hy
op daardie stadium bedank as trustee van die
trust nie.  Dit is
gerieflik om nou die blaam op De Beer te plaas as die oprigter van
die trust vir die versuim om te verseker
dat die onafhanklike
trustee, synde Kritzinger, vervang word deur die nuwe ouditeur as
onafhanklike trustee, te wete Wagenaar.
Feit bly staan dat
besigheidsmense juis kundiges soos ouditeurs aanstel om te verseker
dat hul sake in orde is.  Indien De
Beer met instel van die
aksie onder saaknr 665/2012 geweet en/of onder die indruk was dat
Kritzinger nog ‘n mede-trustee
was, sou hy sekerlik sy
prokureurs aldus ingelig het.  Die blote feit dat Wagenaar as
mede-eiser gesiteer is, is aanduidend
dat De Beer aanvaar het dat
alle formaliteite deur Wagenaar nagekom is vir die vervanging van
Kritzinger as trustee.  Enige
versuim wat aan De Beer toegeskryf
kan word, kan nie op nalatigheid of roekeloosheid neerkom nie.
Te veel gewag is gemaak
deur respondente van die feit dat De Beer die
trustoprigter was en sy magte soos in die trustakte uiteengesit.
[10]
Selfs met aanvaarding van die getuienis wat gelewer is en
nieteenstaande die kritiek wat uitgebring is in kruisverhoor het
dit
nou aan die hand van die jongste gesag van die Hoogste Hof van Appèl
aan die lig gekom dat hierdie getuienis nie die
saak enigsins verder
neem nie.  Ek handel aanstons daarmee.
VI
ESTOPPEL
[11]
Alhoewel respondente op skynverwekking gesteun het in hulle
beantwoordende beëdigde verklarings en Mnr Van Rhyn sekere

submissies daaromtrent gemaak het in sy skriftelike betoogshoofde,
het hy by die aanhoor van die aansoek tydens sy mondelinge betoog

feitlik in soveel woorde toegegee dat die verweer niks om die lyf het
nie en het hy versuim om die aspek enigsins te argumenteer.
Mnr
Fischer wat by hom oorgeneem het, het nóg in sy aanvullende
betoogshoofde, nóg in mondelinge argument hierdie
aspek
beredeneer.  In die lig van die houding van twee senior advokate
meen ek nie dat dit nodig is om hierdie aspek enigsins
verder te neem
nie en onderskryf ek Mnr Snellenburg se argument dat respondente nie
suksesvol op enige skynverwekking kan steun
nie.  ‘n Party
kan hom nie op estoppel beroep en daardeur geldigheid verleen aan ‘n
nietige kontrak nie.
Vergelyk
Trust
Bank van Afrika Bpk v Eksteen
1964 (3) SA 402
(A) te 411H – 412B en
Strydom
v Die Land- en Landboubank van Suid-Afrika
1972 (1) SA 801
(A) te 815B-H.
VII
VERJARING
[12]
Ek het in my uitspraak van 6 Junie 2013 toe die aangeleentheid vir
mondelinge getuienis verwys is aangetoon dat applikante
‘n
opdraande stryd het om die verweer van verjaring te omseil.  Op
daardie stadium was daar onsekerheid of verjaring
wel as ‘n
verweer teen die
rei
vindicatio
opgewerp kan word.  Intussen het die Hoogste Hof van Appèl
finaliteit verskaf.
[13]
Daar was tot baie onlangs onsekerheid of ‘n eis vir lewering
van eiendom ingevolge die
rei
vindicatio
‘n “skuld” is soos bedoel in artikel 10 van die
Verjaringswet, 68 van 1969 wat dus deur middel van verjaring
uitgewis
kan word.  In
Bester
NO & Others v Schmidt Bou Ontwikkelings CC
2013
(1) SA 125
(SCA) het die hof te kampe gehad met ‘n aanspraak op
rektifikasie van ‘n transportakte.  Brand, AR wat die
uitspraak
namens die volle hof gelewer het, het hom onder andere soos
volg uitgelaat te para [12]:

Hence
I agree with the court a quo that Schmidt Bou’s claim for
rectification of the deed of transfer did not constitute a
claim for
delivery of property in the form of a rei vindicatio. Nor did the
relief claimed rely on any obligation by Innova to
do, or to refrain
from doing, anything.”
Brand,
AR het saamgestem met die hof
a
quo
se
gevolgtrekking dat Schmidt Bou se eise nie uitgewis is deur verjaring
nie en soos volg voortgegaan te para [15]:

[15]
… The conclusion thus reached renders it unnecessary to decide
whether a claim based on the
rei vindicatio is a debt which
prescribes after three years. … Though Barnett has been
confirmed by this court in Grobler
v Oosthuizen
2009 (5) SA 500
(SCA)
para 18; and in Leketi v Tladi NO
[2010] 3 ALL SA 519
(SCA) paras 8
and 21, I must admit that I find the reasoning in Staegemann
attractive and, at least on the face of it, quite convincing.
I
therefore have no doubt that the case will come where this court will
have to reconsider the correctness of the decisions in
Barnett,
Grobler and Leketi that the rei vindicatio is extinguished by
prescription after three years. …”
[14]
In
Staegemann
v Langehoven & Others
2011 (5) SA 648
(WCC) het Blignault R tot die gevolgtrekking gekom
dat ‘n aksie op grond van die
rei
vindicatio
nie ‘n “skuld” vir doeleindes van artikel 10 van
die Verjaringswet is nie.  In daardie geval is die applikant
se
voertuig op ‘n bedrieglike wyse verkoop aan die derde
respondent wat dit op sy beurt weer aan die eerste respondent verkoop

het.  Die hof het onderskeid getref tussen saaklike regte (“real
rights”) en persoonlike regte (“personal
rights”)
en die feit dat die Verjaringswet die verkryging van saaklike regte
hanteer in hoofstukke 1 en 2 daarvan, terwyl
bevrydende verjaring van
verpligtinge in hoofstuk 3 behandel word.  Die geleerde regter
het ook in paragraaf 20 van die uitspraak
met goedkeuring verwys na
die menings van Professor J C de Wet in ‘n memorandum wat hy
vir die destydse SA Regskommissie
voorberei het vir doeleindes
daarvan om die 1943 Verjaringswet te herskryf, en soos gepubliseer in
JJ Gauntlett,
JC
de Wet: Opuscula Miscellanea
te 77 en 78.
[15]
Die geleerde Regter het voorts verwys na die
obiter
opmerkings van Brand, AR in
Barnett
& Others v Minister of Land Affairs and Others
2007 (6) SA 313
(SCA) te para [19] waar die agbare appèlregter
bereid was om die volgende te aanvaar:

I
am also prepared to accept that the vindicatory relief which the
government seeks to enforce constitutes a ‘debt’
as
contemplated by the Prescription Act. Though the Act does not define
the term ‘debt’, it has been held that, for
purposes of
the Act, the term has a wide and general meaning and that it includes
an obligation to do something or refrain from
doing something …”
Uitgaande
van die veronderstelling dat eiendomsreg die mees omvattende saaklike
reg is en dat die
rei
vindicatio
‘n remedie daarstel wat beskikbaar is vir ‘n eienaar om
sy eiendom te vorder van wie ook al in besit daarvan is en
met
inagneming van die onderskeid tussen verkrygende en bevrydende
verjaring in hoofstukke 1 en 2 aan die een kant en hoofstuk
3 van die
Verjaringswet aan die ander kant soos hierbo uiteengesit, het
Blignault, R uiteindelik tot die gevolgtrekking gekom dat
die
applikant, as eienaar van die betrokke voertuig, se aksie op grond
van die
rei
vindicatio
om
die voertuig in besit te neem, nie verjaar het nie.
[16]
Op die stadium toe hierdie aansoek vir mondelinge getuienis verwys
is, was daar nog onsekerheid met betrekking tot die vraag
of ‘n
aksie op grond van die
rei
vindicatio
na drie jaar verjaar op grond van die beginsel van bevrydende
verjaring soos vervat in hoofstuk 3 van die Verjaringswet.
Die
kwessie is egter intussen deur die Hoogste Hof van Appèl
oorweeg en finaal besleg.  Vergelyk:
Absa
Bank Ltd v Keet
2015 (4) SA 474
(SCA).  Die hof het tot die bevinding gekom dat
die betrokke respondent se spesiale pleit van verjaring teen die bank
se eis
om lewering van ‘n motorvoertuig nie gehandhaaf moes
word deur die hof
a
quo
nie.  Daar is ook ruimskoots verwys na die struktuur van die
Verjaringswet soos hierbo uiteengesit en die memorandum van Professor

J C de Wet.  Bygevolg het die hof by monde van Zondi, AR tot die
volgende gevolgtrekking gekom:

[25]
...  To equate the vindicatory action with a “debt”
has an unintended consequence in that
by way of extinctive
prescription the debtor acquires ownership of a creditor’s
property after three years instead of 30
years that is provided for
in s 1 of the Prescription Act.  This is an absurdity and not a
sensible interpretation of the
Prescription Act.”
Bygevolg
het die Hoogste Hof van Appèl afgewyk van die vroeëre
beslissings van dieselfde hof waarna hierbo verwys is,
te wete
Barnett,
Grobler
and
Leketi
.
[17]
Bygevolg is enige onsekerheid wat kon bestaan op die stadium toe die
aansoek aanvanklik aangehoor is intussen uit die weg geruim
en kan
daar geen twyfel meer wees nie dat die verweer van verjaring verwerp
behoort te word met die gevolg dat applikante se aksie
op grond van
die
rei
vindicatio
moet slaag.
[18]
Die verdere argumente wat gevoer is om aan te toon dat De Beer
nalatig of selfs roekeloos opgetree het en dat hy op ‘n
vroeër
stadium bewus moes gewees het van die ware feite in die hoop om
steeds op verjaring te steun, het nou ontersaaklik
geword.  Ek
handel dus nie met enige van daardie argumente of die getuienis
waarop gesteun word nie.
VIII
VERSUIM
OM RESTITUSIE AAN TE BIED
[19]
Ek het reeds in my uitspraak toe die aangeleentheid vir mondelinge
getuienis verwys is, verwys na die twee beslissings van
die Hoogste
Hof van Appèl, te wete
Extel
Industrial (Pty) Ltd and Another v Crown Mills (Pty) Ltd
[1998] ZASCA 67
;
1999
(2) SA 719
(SCA) te 732F en
Rhoode
v De Kock
2013 (3) SA 123
(SCA), para [24] te 131B - E.  Dit is onnodig om
die aangeleentheid verder te voer behalwe om te bevestig dat ‘n
party
wat sy bates terugvorder op grond van die
rei
vindicatio
nie nodig het om restitusie aan te bied nie.  Cloete, AR het in
Rhoode
v De Kock
die kwessie van restitusie aangespreek in paras [20] – [25] van
die uitspraak.  Hy het onder andere daarop gewys dat
in
Bonne
Fortune Beleggings BK v Kalahari Salt Works (Pty) Ltd & Andere
1974 (1) SA 414
(NC) te 424C – 427A waarop appellant se
advokaat gesteun het, dit juis gegaan het oor ‘n eis vir
restitusie.
Ook in
Patel
v Adam
1977 (2) SA 653
(A) het die appèlhof te doen gehad met ‘n
geval waar ‘n eiser wat op die
rei
vindicatio
gesteun het, spesifiek betaling aangebied het van die bedrag wat aan
hom betaal is vir die koopprys tesame met sy bewering dat
die kontrak
nietig is.  Cloete, AR het steun gevind vir sy benadering in die
beslissing van die volbank in
Vogel
NO v Volkersz
1977 (1) SA 537
(T) te 554H- 555C en uiteindelik in paragraaf [24]
tot die volgende gevolgtrekking gekom:

Of
course the appellant is entitled to return of the R400 000 he
has paid (subject to any counterclaim), otherwise the respondents

would be unjustly enriched.  But that means that the appellant
has an action for the money; it does not mean that respondents
were
obliged to tender the return of the money to complete the cause of
action.  The cause of action chosen by them was complete
without
such a tender
.”
[20]
In
casu
het die applikante R600 000,00 ontvang as deposito vir die
aandele wat verkoop kragtens die nietige koopkontrak en is dit

respondente se saak soos verwoord deur Mnr Fischer dat hierdie bedrag
tesame met rente
a
tempore morae
as restitusie aangebied moes word ten einde ‘n volledige
skuldoorsaak te openbaar, alternatiewelik dat indien die hof sou

bevind dat applikante geregtig is op oordrag van die 3 600
aandele in eerste respondent, ‘n bevel in daardie terme gemaak

behoort te word ten einde te voorkom dat applikante onregverdiglik
verryk word ten koste van tweede tot sewende respondente.

Applikante het geen aanbod tot restitusie gemaak in hul aansoekstukke
nie, maar Mnr Snellenburg het reeds by ‘n vorige geleentheid
en
ook tydens die aanhoor van die finale argumente aangedui dat die hof
in sy diskresie dit sou kon oorweeg om te gelas dat die
bedrag van
R600 000,00 sonder enige rente aan tweede tot sewende
respondente betaal word in ruil vir die oordrag van die aandele
in
eerste respondent aan applikante.
[21]
Dit is ‘n gewigtige aangeleentheid om te hanteer.  Menige
aspekte speel ‘n rol en daar is na my oordeel onvoldoende

getuienis aangebied ten einde my in staat te stel om ‘n
behoorlike diskresie uit te oefen met die feite tot my beskikking.

Dit is so dat applikante die voordeel van die R600 000,00
ontvang het en dit moontlik gunstig kon belê of daarmee kon

woeker tot hulle voordeel.  Aan die ander kant het tweede tot
sewende respondente die voordeel bekom om weer te woeker met
die
eerste respondent en te verseker dat gunstige kontrakte gesluit word
en die besigheid daarvan van krag tot krag gaan.
Die effek
hiervan sou wees dat tweede tot sewende respondente in die geval waar
eerste respondent suksesvol is, aansienlike dividende
kon verdien en
dat dit enige voordeel wat applikante ontvang het, by verre oorskry.
Dit is alles spekulasie.  Daar is
geen feitebasis voor my
geplaas om ‘n bevinding hieromtrent te maak nie.  Tweede
tot sewende respondente sou geregtig
gewees het om aksie in te stel
vir die verhaal van die R600 000,00 en sou dit kon doen aan die begin
van 2012 toe hulle reeds heeltemal
korrek die punt geneem het dat die
koopkontrak van die aandele nietig is.  In so verre hul eis vir
terugbetaling moontlik
verjaar het, is dit ‘n aspek wat wel
oorweeg  behoort te word in die lig van applikante se aanbod in
die ope hof tydens
argument en om te verseker dat geregtigheid
geskied.  Ek is in die lig van applikante se aanbod tot
restitusie bereid om hulle
te gelas om die bedrag van R600 000,00
te betaal op datum wanneer die aandele in eerste respondent in hul
name as trustees
van die trust geskied.  Ek is egter nie bereid
om gehoor te gee aan Mnr Fischer se submissie dat applikante ook
gelas behoort
te word om rente te betaal nie.
IX
GEVOLGTREKKING
[22]
Ek is bygevolg van oordeel dat applikante ‘n behoorlike saak
uitgemaak het vir die regshulp wat hulle vorder.  Die
partye was
dit vanuit die staanspoor met mekaar eens dat die koopkontrak van
aandele in eerste respondent nietig is.  Dit
volg dan ook dat
die oordrag van aandele om gevolg te gee aan ‘n nietigheid,
eweneens nietig is.  Dit mag dalk nou mosterd
na die maal wees
om die bedes vervat in paragrawe ses en sewe van die kennisgewing van
mosie te verleen, maar in die lig van die
wesenlike sukses deur
applikante behaal is dit nie onvanpas om ook daardie bedes toe te
staan nie.
[23]
Applikante het ‘n kostebevel versoek teen tweede tot en met
sewende respondente met dien verstande dat indien enige van
die ander
respondente die aansoek opponeer, ‘n kostebevel ook teen
sodanige respondent verleen behoort te word.  Die
aansoek is
geopponeer deur eerste tot en met sewende respondente.  In die
lig daarvan dat applikante nou geregtig word op
die aandele in eerste
respondent sal dit onlogies wees om eerste respondent te gelas om
koste van die geding te betaal tesame met
die ander respondente.
So ‘n bevel sal tot die nadeel van applikante en onbillik
wees.  Die aangeleentheid is
nie deur die advokate oorweeg en
geargumenteer nie, maar in die uitoefening van my diskresie het ek
oortuig geword dat ‘n
kostebevel teen slegs tweede tot sewende
respondente gegee behoort te word.
X
BEVELE
[24]
Die volgende bevele word gemaak:
1.
Dit word verklaar dat die skriftelike koopooreenkoms aangegaan en
gesluit tussen die
Dilligaf Trust, verteenwoordig deur Frank James De
Beer en die eerste, tweede, derde, vierde, vyfde, sesde en sewende
respondente
gedateer 10 Julie 2008 nietig is;
2.
Dit word verklaar dat die oordrag van die ondergemelde uitgereikte
aandele in die eerste
respondent na die ondergemelde respondente
nietig is, te wete:
2.1
1 004 (Eenduisend en Vier) gewone aandele aan Zamile Jacob Gcwili
(vierde respondent) op 9 September
2008 per aandelesertifikaat nr.
10;
2.2
596 (Vyfhondered Ses en Negentig) gewone aandele aan Hendre Van der
Merwe (derde respondent),
per aandelesertifikaat nr. 11;
2.3
796 (Sewehondered Ses en Negentig) gewone aandele aan die trustees
van die Luan Trust –
IT1262/1995 (vyfde, sesde en sewende
respondente) per aandelesertifikaat nr. 13;
2.4
200 (Tweehonderd) gewone aandele aan die trustees van die Luan Trust
– IT1262/1995 (vyfde,
sesde en sewende respondente) per
aandelesertifikaat nr. 12;
2.5
1 000 (Eenduisend) gewone aandele aan Khosimang Edgar Eric Ramongalo
(tweede respondent), per
aandelesertifikaat nr.15;
2.6
4 (Vier) gewone aandele aan Khosimang Edgard Eric Ramongalo (tweede
respondent), per aandelesertifikaat
nr. 14.
3.
Tweede tot en met sewende respondente word gelas om sonder versuim
alle aandeeloordragdokumente
wat deur applikante se ouditeure aan
hulle voorgelê word, te onderteken sodat die aandele sonder
versuim oorgedra kan word
na die trustees van die Dilligaf Trust teen
betaling van die bedrag van R600 000,00, welke bedrag pro rata
aan die onderskeie
respondente betaalbaar is na gelang van hul
aandeelhouding in eerste respondent;
4.
Tweede, derde, vierde, vyfde, sesde en sewende respondente se
aanstelling as direkteure
van die eerste respondent word nietig
verklaar en hulle word verbied om verder as direkteure van die eerste
respondent op te tree
en/of te handel;
5.
Die Balju van die Hof word gemagtig om enige en alle dokumente vir
die oordrag van
die aandele van die relevante respondente na die
trustees van die Dilligaf Trust te bewerkstellig binne vyf (5) dae
nadat hierdie
bevel verleen is, ingeval die respondente weier of
versuim om die dokumente te onderteken.
6.
Eerste tot en met sewende respondente word verbied om die onroerende
eiendom bekend
en omskryf as Erf [....], [....], Bloemfontein, beter
bekend as [....], [....], Bloemfontein waarvan die eerste respondent
huidiglik
die geregistreerde eienaar is, te vervreem, alternatiewelik
indien die eiendom reeds vervreem is, oordrag van die eiendom te gee

aan enige derde;
7.
Die Registrateur van Aktes (tiende respondent) word verbied om die
onroerende eiendom
bekend en omskryf as Erf [....], [....],
Bloemfontein, beter bekend as [....], [....], Bloemfontein, aan enige
derde persoon oor
te dra en op enige ander persoon se naam te
registreer uit hoofde van ‘n koopooreenkoms aangegaan en
gesluit op grond van
‘n besluit of resolusie van die tweede tot
sewende respondente as aandeelhouers en/of direkteure van die eerste
respondent;
8.
Tweede tot en met sewende respondente word gelas om die koste van die
aansoek te betaal,
gesamentlik en afsonderlik, die een betaal die
ander kwytgeskeld te word.
______________
J. P. DAFFUE, R
Namens
die applikante:
Adv. N. Snellenburg
SC
In
opdrag van:
Rossouws
Attorneys
BLOEMFONTEIN
Namens
die eerste tot
sewende
respondente:
Adv. P. U.
Fischer SC
In
opdrag van:
McIntyre
& Van der Post
BLOEMFONTEIN
/eb