Edeling v Pieters; In re: Pieters v Edeling (A71/2013) [2016] ZAFSHC 40 (1 February 2016)

55 Reportability
Civil Procedure

Brief Summary

Appeal — Leave to appeal — Jurisdiction — Application for leave to appeal against decision of an appeal court — Section 16(1)(b) of the Superior Courts Act 10 of 2013 requiring special leave from the Supreme Court of Appeal — Court lacking jurisdiction to hear application where proceedings were not pending at the commencement of the Act. Respondent initially sued the applicant for payment in the Land Court, which was dismissed. The respondent appealed successfully, prompting the applicant to seek leave to appeal against the appellate decision. The court found that the application for leave to appeal was filed after the commencement of the Act, thus lacking jurisdiction to hear the matter.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2016
>>
[2016] ZAFSHC 40
|

|

Edeling v Pieters; In re: Pieters v Edeling (A71/2013) [2016] ZAFSHC 40 (1 February 2016)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
VRYSTAATSE
AFDELING, BLOEMFONTEIN
Saaknommer:
A71/2013
In
die aansoek tussen:
W
J
EDELING
..........................................................................................................................
Applikant
en
L
M
PIETERS
........................................................................................................................
Respondent
In
re:
L
M
PIETERS
...........................................................................................................................
Appellant
And
W
J
EDELING
.......................................................................................................................
Respondent
CORAM:VAN
ZYL, R et NAIDOO, R
UITSPRAAK
DEUR:VAN ZYL, R
GELEWER
OP:1 FEBUARIE 2016
INLEIDING:
[1]
Respondent het applikant in die Landdroshof, Bloemfontein, gedagvaar
vir die betaling van R 70 000.00, tesame met rente
en koste. Die
vordering was egter van die hand gewys, met koste. Daarop het
respondent geappelleer en was die appél aangehoor
deur Naidoo,
R en Monaledi, Wnd R. Die appél was suksesvol. Applikant doen
nou aansoek om verlof om te appelleer teen laasgenoemde
uitspraak op
appél. Ek sal na die partye verwys soos in die onderhawige
aansoek.
[2]
Aangesien Monaledi, Wnd R nie beskikbaar was om die aansoek te
behartig nie, het ek saam met Naidoo, R die aansoek op die meriete

daarvan aangehoor.  Uitspraak was voorbehou. Ten tyde van ons
voorbereiding van die uitspraak, het die moontlike tersaaklikheid
van
Artikel 16(1)(b) van die Wet op Hoër Howe, 10 van 2013, ons
opgeval. Ons het dus `n skrywe aan die partye se onderskeie

prokureurs van rekord gerig waarin ons hulle aandag hierop gevestig
het. Aangesien nie een van die partye in hul onderskeie betoogshoofde

of in hul mondelinge betoog na hierdie Artikel verwys het nie, het
ons versoek dat die partye moes ooreenkom  dat hulle óf

verdere mondelinge betoë óf aanvullende skriftelike
betoogshoofde ten opsigte van hierdie aspek, ook met spesifieke

verwysing na die uitspraak in
South
African Land Arrangements CC and Others v Nedbank Ltd
(A28/13)
[2013] ZAWCHC 162
(29 October 2013), aan ons voorhou.
Aanvullende betoogshoofde was daarop inderdaad by ooreenkoms
deur die onderskeie advokate
voorberei en geliasseer.
WETGEWING:
[3]
Die Wet op Hoër Howe, 10 van 2013 (“die Wet”), het
op 23 Augustus 2013 in werking getree. Die engelse weergawe
van
Artikel 16(1)(b) van die Wet lees as volg:

(1)
Subject to section 15(1), the Constitution and any other law—
(a)
….
(b)
an appeal against any decision of a Division on appeal to it, lies to
the Supreme Court of Appeal upon special leave having
been granted by
the Supreme Court of Appeal…”
[4]
Dit is dus duidelik dat indien Artikel 16(1)(b) wel van toepassing is
in die huidige geval, die aansoek om verlof om te appelleer
tot die
Hoogste Hof van Appél gerig moes gewees het en dat hierdie hof
dan nie jurisdiksie het om die onderhawige aansoek
te bereg nie.
[5]
Die bepalings van Artikels 52(1) en 52(2) van die Wet moet ook vir
doeleindes van die onderhawige geval oorweeg word, die engelse

weergawe waarvan as volg lees:

(1)
Subject to section 27, proceedings pending in any court at the
commencement of this Act, must be continued and concluded as
if this
Act had not been passed.
(2)
Proceedings must, for the purposes of this section, be deemed to be
pending if, at the commencement of this Act, a summons had
been
issued but judgment had not been passed.”
SUBMISSIES
VAN DIE ADVOKATE:
[6]
Dagvaarding was uitgereik en die uitspraak in die Landdroshof was
gelewer voor datum van die inwerkingtreding van die Wet. Die
aanhoor
van die appél en die lewering van die uitspraak daarin het
geskied na die inwerkingtreding van die Wet. Die onderhawige
aansoek
om verlof om te appelleer is derhalwe insgelyks geliasseer en
aangehoor na die inwerkingtreding van die Wet.
[7]
Mnr Van Rhyn, namens applikant, het op volledige wyse verwys na die
onderskeid wat getref moet word tussen die wetgewing en
Hofreëls
wat slegs van toepassing is op verrigtinge in die Landdroshof aan die
een kant, en ander aparte wetgewing en Hofreëls
wat slegs van
toepassing is op die Hooggeregshof aan die ander kant. Na aanleiding
daarvan het hy aan die hand gedoen dat die verwysing
na “summons”
in artikel 52(2) slegs `n verwysing is na `n dagvaarding wat in die
Hooggeregshof uitgereik is. Die bepalings
van Artikel 52(2) is dus,
aldus Mnr Van Rhyn se submissie, slegs van toepassing op siviele
verrigtinge wat by wyse van die uitreiking
van `n dagvaarding (en
aansoekprosedure) in die Hooggeregshof `n aanvang geneem het en sluit
nie appél verrigtinge in wat
vanaf die Landdroshof ontstaan
het nie.
Mnr
Van Rhyn het dus aangevoer dat al wat bepaal moet word, is of die
onderhawige aansoek om verlof om te appelleer “proceedings

pending” is soos voorsien in Artikel 52(1) van die Wet. Hy het
verwys na en gesteun op die uitspraak in
Van
Der Merwe and Another v Astrapak Limited and Another
(11108/2013)
[2014] ZAWCHC 44
(28 March 2014) en aan die hand gedoen
dat die appél verrigtinge, ingesluit die onderhawige aansoek
om verlof om te appelleer
teen die uitspraak op appél, bloot
`n voortsetting is van die aksie wat in die Landdroshof aanhangig
gemaak was en gevolglik
was daar steeds hangende verrigtinge ten tyde
van die inwerkingtreding van die Wet. Derhalwe is die onderhawige
verrigtinge “proceedings
pending” vir doeleindes van
Artikel 52(1) en is die Wet dus nie van toepassing nie.
[8]
Mnr Gibbs, namens respondent, het gesubmiteer dat op `n behoorlike
interpretasie van Artikel 52, die bepalings van Artikel 16(1)(b)

slegs uitgesluit sal wees in `n geval waar ‘n aansoek om verlof
om te appelleer teen `n uitspraak op appél reeds geliasseer
en
hangende was op datum van die inwerkingtreding van die Wet. Hy het
dus aan die hand gedoen dat die interpretasie en beginsels
toegepas
in die
Nedbank

saak, korrek is. Alwaar die aansoek om verlof om te appelleer in die
onderhawige geval dus eers geliasseer was na die inwerkingtreding
van
die Wet, het dit, aldus Mnr Gibbs se betoog, tot gevolg dat hierdie
hof nie jurisdiksie het om die aansoek aan te hoor nie
en dat dit van
die rol geskrap moet word, met koste.
REGSPRAAK
EN GEVOLGTREKKINGS:
[9]
In die
NEDBANK
-saak  was die appellante se appél
teen `n uitspraak in die Landdroshof afgewys op 19 September 2013.
Die tersaaklike
uitspraak handel met die aansoek om verlof om te
appelleer teen die uitspraak op appél en is daar as volg
beslis in paragrawe
[4] en [5] daarvan:

4.
The Act came into operation on 23 August 2013. The appeal which forms
the subject of the present application was concluded when
judgment
was passed on 19 September 2013. The subsequent pro­ceedings,
i.e. the application for leave to appeal against our
judg­ment,
were only launched on 3 October 2013 – well after the Act
commenced. On a plain reading of s 52, therefore,
we are satisfied
that the present proceedings were not pending at the commencement of
the Act, with the result that they are governed
by the provisions of
s 16(1)(b). It follows that this court does not have jurisdiction to
hear the present application.
5.
This conclusion is also supported by the rule of interpretation that
statutes which deal with matters of procedure (as does s
16(1)(b))
are of necessity both prospective
and
retrospective in operation.”
Dit
dien vermeld te word dat voormelde aangeleentheid daaropvolgend op
die meriete van die appél voor die Hoogste Hof van
Appél
gedien het en neem die uitspraak daarin `n aanvang met vermelding dat
die appél met spesiale verlof van daardie
hof, aangehoor word.
Dit is dus duidelik dat die Hoogste Hof van Appél saamgestem
het met die die prosedurele beslissing
van die Hof a
quo
.
Sien
South
African Land Arrangements CC & Others v Nedbank LTD
(20063/2014)
[2015]
ZASCA 88
(29 May 2015).
In
teenstelling dus met Mnr Van Rhyn se submissie dat Artikel 52(2) van
die Wet nie van toepassing is in verrigtinge wat hul ontstaan
in die
Landdroshof gehad het nie, het die Hoogste Hof van Appél in
die bogemelde aangeleentheid wél Artikel 52(2)
toegepas onder
sodanige omstandighede.
[10]
In
Vermaak and Others v Minister of Water
and Environmental Affairs of the Republic of South Africa and Others
(224/2013) [2013] ZAECPEHC 45 (17 September 2013)
was `n aansoek om verlof om te appelleer teen `n uitspraak van die
Hooggeregshof
as hof van eerste instansie (dus wel anders as in die
onderhawige geval), ter sprake. Daardie uitspraak was gegee voor die
inwerkingtreding
van die Wet. Die aansoek om verlof om te appelleer
was geliasseer op die dag van die inwerkingtreding van die Wet. Met
die toepassing
van Artikels 52(1) en 52(2) van die Wet het die hof
beslis dat aangesien die uitspraak reeds gelewer was voor die
inwerkingtreding
van die Wet (soos in die onderhawige geval) en die
aansoek om verlof geliasseer was na die inwerkingtreding (soos in die
onderhawige
geval), die Wet wel van toepassing is.
Daarteenoor
is die feite in die
Astrapak Limited
- saak waarop Mnr
Van Rhyn steun, juis onderskeibaar van die onderhawige geval. Hoewel
dit ook, soos in die bogemelde
Minister of Water and
Environmental Affairs of the Republic of South Africa
-saak,
gehandel het met `n aansoek om verlof om te appelleer teen `n
uitspraak van die Hooggeregshof as hof van eerste instansie,
was
daardie uitspraak van die Hooggeregshof nog uitstaande op die datum
van inwerkingtreding van die Wet. Dít was die hoofbasis
waarop
beslis was dat met die toepassing van Artikels 52(1) en 52(2), die
nuwe Wet nie van toepassing was nie.
[11]
Dit is nou gesaghebbend deur die Hoogste Hof van Appél
neergelê dat Artikel 16(1)(b) ook op strafsake van toepassing

is. Sien, onder andere,
Van Wyk
v S, Galela v S
2015
(1) SACR 584
(SCA). In vele uitsprake van die Hoogste Hof van Appél
in straf verrigtinge is die bepalings van Artikel 16(1)(b) toegepas

in omstandighede waar die aanvanklike skuldigbevinding en
vonnis-oplegging in die Laer Howe plaasgevind het voor die
inwerkingtreding
van die Wet (dus soortgelyk as `n gelewerde
uitspraak in siviele verrigtinge soos in die onderhawige geval),
waarna dit na die
inwerkingtreding van die Wet op appél gedien
het en uitspraak daarin gelewer was (soos in die onderhawige geval)
en ‘n
aansoek om verlof om te appelleer dan teen daardie
uitspraak op appél gerig word (soos in die onderhawige geval).
In
Potgieter v S
(20109/2014)
[2015] ZASCA 15
(17 March 2015) is as volg beslis:

[1]
The appellant in this matter was convicted of rape by the regional
court, Bloemfontein and sentenced to eight years’ imprisonment.

The act of rape was the penetration by him of the complainant’s
vagina with his fingers: section 3 of the Sexual Offences
Act 32 of
2007 defines such penetration without the consent of the victim as
rape. The regional magistrate accepted the complainant’s

version of events and rejected the appellant’s as not
reasonably possibly true.
[2]
A full court of the Free State Division of the High Court (Ramphai
and Moloi JJ and Phalatsi AJ) dismissed the appeal to it
by the
appellant, finding that the trial court’s findings as to the
credibility of the complainant, and that the appellant’s

version was not reasonably possibly true, were correct. It
nonetheless gave leave to the appellant to appeal to this court
against
its decision.
[3]
That it was not able to do. Section 16(1)(
b
)
of the
Superior
Courts Act 10 of 2013
, in operation
at
the time when the full court heard the appeal and handed down
judgment
(August and October 2013), provides that an appeal against the
decision of an appeal court lies to this court only with special

leave granted to it by this court. The full court did not have the
power to grant leave to this court. Its order is thus a nullity
and
this court has no jurisdiction.” (Eie onderstreping)
[12]
In
Selli
v The State
(220/15)
[2015]
ZASCA 173
(26
November 2015) is as volg beslis in omstandighede waar die
aanvanklike skuldigbevinding en vonnis-oplegging in die Landdroshof

duidelik ook voor die inwerkingtreding van die Wet plaasgevind het:

[3]
The appellant applied unsuccessfully for leave to appeal against his
sentence to the regional magistrate. His petition to the
North
Gauteng High Court, Pretoria (Botha J and Mothle AJ) was refused on 2
December 2008. Aggrieved by the refusal of his petition
for leave to
appeal, he filed an application for leave to appeal against the
refusal of his petition to the court below. On 21
November 2013, the
court below (Mothle and Kollapen JJ) made the following order:

That
the application for leave to appeal to the Supreme Court of Appeal be
and is hereby granted against the decision of this Court
refusing the
petition to appeal.’
[4]
As I will demonstrate hereunder the court order referred to above is
incompetent. As at 21 November 2013, the Superior Courts
Act 10 of
2013 (the Act) had already come into operation on 23 August 2013.
This Act replaced the old Supreme Court Act 59 of 1959.
The result is
that the appeal was governed by
s
16(1)(b)
of
the
Superior
Courts Act which
provides
that ‘an appeal against any decision of a Division on appeal to
it, lies to the Supreme Court of Appeal upon special
leave having
been granted by the Supreme Court of Appeal.’ Faced with this
conundrum, we requested the Registrar of this
Court to request the
parties to file supplementary heads of argument regarding whether, in
the light of the provisions of s 16(1)(b)
of the Act, this Court had
jurisdiction to hear the appeal on the merits.
[5]
Both counsel conceded, correctly in my view, that based on the
provisions of s 16(1)(b) of the Act, the court below did not
have
jurisdiction to hear the appeal against the refusal of the petition
for leave to appeal nor the power to grant leave to appeal
to this
Court. It is only this Court that has the power to grant special
leave to appeal to it from a decision by the court below
given on
appeal to it. This legal position has been recently endorsed by this
Court in various judgments, which includes Potgieter
v S (20109/2014)
[2015]
ZASCA 15
(17
March 2015) paras 2 and 3; Johannes Windvogel v The State
(20091/2014)
[2015]
ZASCA 63
(8
May 2015) para 8 and Hattingh v S (20099/2014)
[2015]
ZASCA 84
(28
May 2015).
[6]
The order made on 21 November 2013 was therefore a nullity.”
Sien
ook
Mekgoe v S
(A183/2013)
[2015] ZAFSHC 60
(20 March 2015).
[13]
Gevolglik is ek van mening dat nie een van Mnr Van Rhyn se argumente
water hou nie. Die regsposisie is na my mening nou duidelik

uitgeklaar by wyse van regspraak, waaraan ons gebonde is. Die
bepalings van beide Artikels 52(1) en 52(2) moet in gevalle soos
die
onderhawige toegepas word. Dus, gegewe dat die uitspraak in die
Landdroshof in die onderhawige geval voor die inwerkingtreding
van
die Wet gelewer was,  en die appél aangehoor was en
uitspraak daarop gelewer was na die inwerkingtreding van die
Wet, het
dit tot gevolg dat die Wet van toepassing is, wat  Artikel
16(1)(b) insluit. Gevolglik het hierdie hof nie jurisdiksie
om die
aansoek om verlof om te appelleer te bereg nie.
KOSTE:
[14]
Soos reeds vermeld, was die onderhawige  aspek nie namens enige
van die partye geopper ten tyde van die aanhoor van die
aansoek nie.
Hoewel dit so is dat applikant
dominus
litis
is en dus die party is wat die
appél in die eerste plek tot die verkeerde forum gerig het,
het respondent egter insgelyks
versuim om enigsins hierdie fatale
gebrek te opper. Onder sodanige omstandighede stem ek saam met Mnr
Van Rhyn dat dit gepas sal
wees dat elke party gelas word om sy eie
koste te betaal.
[15]
Gevolglik word die volgende bevele gemaak:
1.
Die aansoek om verlof om te appelleer, word
van die rol geskrap.
2.
Elke party word gelas om sy/haar eie koste
te betaal.
C.
VAN ZYL, R
Ek
stem saam:
S.
NAIDOO, R
Namens
Applikant: Adv A.J.R van Rhyn SC
Op
instruksies van:
Stander
en Vennote
BLOEMFONTEIN
Namens
Respondent: Adv W. Gibbs
Op
instruksies van:
Symington
& De Kok
BLOEMFONTEIN