Du Toit v Du Toit and Others (2792/2015) [2016] ZAFSHC 7 (22 January 2016)

60 Reportability
Trusts and Estates

Brief Summary

Trusts — Validity of trust — Applicant contests the validity of a trust established years prior, claiming it is the alter ego of the first respondent and that the trustees have breached their fiduciary duties — Court finds that the applicant has locus standi as a beneficiary and that the trust was properly constituted — No evidence presented to support claims of invalidity or breach of trust by the trustees — Application dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2016
>>
[2016] ZAFSHC 7
|

|

Du Toit v Du Toit and Others (2792/2015) [2016] ZAFSHC 7 (22 January 2016)

Sekere
persoonlike/private besonderhede van partye of getuies in die
dokument is geredigeer in ooreenstemming met die wet
en
SAFLII
se beleid.
IN
DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA
VRYSTAAT
AFDELING, BLOEMFONTEIN
Aansoeknommer:
2792/2015
In
die saak tussen:
CORNELIA
MARIA DU
TOIT
Applikant
en
WILLEM
MALAN DU
TOIT
1st
Respondent
(in sy hoedanigheid as
trustee van
YT Rat Yt Trust IT216/95
Id
[........]
L
D P BLOEM
2de
Respondent
(in sy hoedanigheid as
trustee van
genoemde trust
Id
[........])
C
F DU TOIT
3de
Respondent
(in sy hoedanigheid as
trustee van
genoemde trust
Id
[........])
A
C BOTHA
4de
Respondent
(in sy hoedanigheid as
trustee van
genoemde trust
Id
[........])
UITSPRAAK
DEUR:
DAFFUE,
R
AANGEHOOR
OP:
5
NOVEMBER 2015
GELEWER
OP:
22
JANUARIE 2016
I
INLEIDING
[1]
Die
dramatis
personae
in hierdie aansoek is ‘n man en vrou wat voorheen met mekaar in
gemeenskap van goed getroud was en nou in ‘n regstryd
met
mekaar gewikkel is met betrekking tot verskeie aspekte, onder andere
die geldigheid van ‘n trust wat jare gelede opgerig
is, die man
en sy mede-trustees se bevoegdheid om as trustees van die trust op te
tree en die geldigheid al dan nie van ‘n
skikkingsooreenkoms
wat destyds tydens die egskeiding aangegaan is.
II
DIE
PARTYE
[2]
Applikante is Cornelia Maria du Toit, ‘n 65-jarige dame wat
tans woonagtig is te Danabaai naby Mosselbaai in die Wes-Kaap.

Sy studeer tans vir haar meestersgraad en is Trustreg onder andere
een van haar vakke.  Sy het haarself verteenwoordig met
die
opstel van die aansoekstukke en het ook die aansoek voor my
geargumenteer.
[3]
Die eerste respondent is Willem Malan du Toit, ‘n 66-jarige
manspersoon en boer van die distrik Luckhoff in die Vrystaat
wat
hierin gesiteer is in sy amptelike hoedanigheid as trustee van die Yt
Rat Yt Trust (hierinlater na verwys as “die trust”).
[4]
Die tweede, derde en vierde respondente is die ander trustees van die
trust, te wete Mnre Bloem, Du Toit en Botha, wat afgesien
van die
liassering van bevestigende beëdigde verklarings geen aktiewe
rol in die litigasie gespeel het nie.  Al vier
die trustees is
in hulle verteenwoordigende en nie in hulle persoonlike hoedanighede
nie, gesiteer.  Die eerste respondent
het wel kennis gegee om in
sy persoonlike hoedanigheid toe te tree ingevolge reël 12 van
die Eenvormige Hoë Hofreëls.
Applikante het geen
beswaar daarteen gehad nie en ek het reeds tydens die aanhoor van
argumente hierdie aansoek toegestaan.
Mnr Jacobs van die
prokureursfirma Symington & De Kok in Bloemfontein het te alle
relevante tye namens respondente opgetree
en ook namens eerste
respondent tydens die egskeidingsgeding waarna hierinlater verwys sal
word.  Adv D J van der Walt SC
het namens respondente verskyn in
die aansoek voor my.
III
DIE
AANGEVRAAGDE REGSHULP
[5]
Tipies van iemand wat nie bedrewe is in die regspraktyk nie is die
kennisgewing van mosie, om dit sagkens te stel, ‘n
toonbeeld
van hoe so ‘n dokument nie moet lyk nie.
[6]
Dit sal geen doel dien om die regshulp wat skynbaar gevorder word in
die kennisgewing van mosie hierin te herhaal nie maar ek
sal my bes
doen om dit wat applikante van die hof verlang op te som.
[7]
In wese het applikante in haar betoogshoofde die kern van haar
ongelukkigheid saamgevat in vier sogenaamde kernaspekte en kan
dit as
‘n opsomming van die regshulp wat sy vorder gesien word.
Hierdie kernaspekte is die volgende en dit sal later
in aparte
paragrawe oorweeg word:
7.1  Applikante
betwis die geldigheid van die oprigting van die trust;
7.2  Volgens
applikante is die trust eerste respondent se
alter ego
;
7.3  Applikante doen
aanspraak daarop dat die trustees nie hulle vertrouensverhouding
teenoor die trust-begunstigdes nagekom
het of nakom nie;
7.4
Applikante betwis die geldigheid en grondwetlikheid van die skikking
waarop ooreengekom is tydens die egskeiding en die
dienooreenkomstige
toedeling van gelde aan haar deur die trustees.
IV
BEOORDELING
VAN FEITE-DISPUTE IN BESTREDE AANSOEKE
[8]
In
aansoekprosedure stel die beëdigde verklarings beide die
pleitstukke en die getuienis daar en die partye se weergawes moet

duidelik daaruit blyk.  Sien
Minister
of Land Affairs and Agriculture v D & F Wevell Trust
2008 (2) SA 184
(SCA) te 200D.  ‘n Applikant moet sy/haar
saak uitmaak in die funderende verklaring en kan nie daarop staatmaak
om eers
in repliek of selfs in betoogshoofde ‘n saak uit te
maak nie.  ‘n Applikant moet dus staan of val by sy/haar
funderende
verklaring
.
Sien
Director
of Hospital Services v Mistry
1979 (1) SA 626
(AD) te 635H – 636D.
[9]
Feite-dispute
moet oorweeg word aan die hand van die welbekende
Plascon-Evans
Paints
dicta
wat redelik onlangs herbevestig en in meer diepte oorweeg is in
Wightman
t/a  JW Construction v
Headfour
(Pty) Ltd and Another
[2008] ZASCA 6
;
2008 (3) SA 371
(SCA).  Ek haal aan uit paras [12] and [13]:

[12]
Recognising that the truth almost always lies beyond mere linguistic
determination the courts have said that an applicant who
seeks final
relief on motion, must in the event of conflict, accept the version
set up by his opponent unless the latter’s
allegations are, in
the opinion of the court, not such as to raise a real, genuine or
bona fide dispute of fact or are so far-fetched
or clearly untenable
that the court is justified in rejecting them merely on the papers:
Plascon-Evans Paints Ltd v Van Riebeeck
Paints (Pty) Ltd
[1984] ZASCA 51
;
1984 (3) SA
623
(A) at 634E-635C. See also the analysis by Davis J in
Ripoll-Dausa v Middleton NO
[2005] ZAWCHC 6
;
2005 (3) SA 141
(C) at 151A-153C
with which I respectfully agree. (I do not overlook that a reference
to evidence in circumstances discussed in
the authorities may be
appropriate.)
[13]
A real, genuine and bona fide dispute of fact can exist only where
the court is satisfied that the party who purports to raise
the
dispute has in his affidavit seriously and unambiguously addressed
the fact said to be disputed. There will of course be instances
where
a bare denial meets the requirement because there is no other way
open to the disputing party and nothing more can therefore
be
expected of him. But even that may not be sufficient if the fact
averred lies purely within the knowledge of the averring party
and no
basis is laid for disputing the veracity or accuracy of the averment.
When the facts averred are such that the disputing
party must
necessarily possess knowledge of them and be able to provide an
answer (or countervailing evidence) if they be not true
or accurate
but, instead of doing so, rests his case on a bare or ambiguous
denial the court will generally have difficulty in
finding that the
test is satisfied. I say ‘generally’ because factual
averments seldom stand apart from a broader matrix
of circumstances
all of which needs to be borne in mind when arriving at a decision. A
litigant may not necessarily recognise or
understand the nuances of a
bare or general denial as against a real attempt to grapple with all
relevant factual allegations made
by the other party. But when he
signs the answering affidavit, he commits himself to its contents,
inadequate as they may be, and
will only in exceptional circumstances
be permitted to disavow them. There is thus a serious duty imposed
upon a legal adviser
who settles an answering affidavit to ascertain
and engage with facts which his client disputes and to reflect such
disputes fully
and accurately in the answering affidavit. If that
does not happen it should come as no surprise that the court takes a
robust
view of the matter.”
[10]
Ek is tevrede dat die feite-geskille hanteer moet word op die basis
dat respondente se weergawe aanvaar behoort te word.
Daar is
geen rede om te bevind dat respondente se weergawe op die stukke as
vals en/of as vergesog verwerp kan word nie.
Respondente het
ook volledig geantwoord op alle relevante bewerings van applikante.
Ek sal dus in beoordeling van die argumente
die aansoek oorweeg aan
die hand van respondente se weergawe tesame met daardie weergawe van
applikante wat onbetwis is.
V
WAN-
OF NIE-VOEGING
[11]
Respondente voer aan dat die Meester van die Hoë Hof as ‘n
party gevoeg moes word welke applikante versuim het om
te doen.
Verder word aangevoer dat tweede, derde en vierde respondente slegs
in hulle verteenwoordigende hoedanighede as
trustees gevoeg is en dat
dit op wanvoeging neerkom deurdat trustees nie uit hul poste onthef
kan word indien hulle nie in hulle
persoonlike hoedanighede gesiteer
is nie.  Daar is beslis meriete in hierdie benadering.  As
gevolg van die bevinding
waartoe ek uiteindelik kom is dit onnodig om
hierdie punte in
limine
te beoordeel.
VI
DIE
ONBETWISTE FEITE
[12]
Die volgende feite is onbetwis:
12.1
Applikante as inkomste-begunstigde van die trust het ‘n belang
by die aangeleentheid
en bygevolg het sy
locus standi
;
12.2
Die eerste tot vierde respondente is die behoorlik aangestelde
trustees van die trust,
terwyl applikante en haar suster tot en met
die egskeiding waarna verwys sal word, saam met eerste respondent
mede-trustees was;
12.3
Applikante en eerste respondent is op 24 Maart 1973 in gemeenskap van
goed getroud.
Hierdie huwelik is op 27 Augustus 2002 deur
hierdie hof ontbind en is ‘n skikkingsakte wat aangegaan is
tussen die partye
by die bevel van egskeiding ingelyf en is dit dus
verhef tot die status van ‘n hofbevel.  Applikante was die
eiseres
in die egskeidingsgeding wat aanvanklik bestrede was, maar
uiteindelik geskik is.  Sy is voortdurend verteenwoordig deur ‘n

senior en ervare egskeidingsprokureur en ‘n senior/junior
advokaat.  Die skikkingsakte is deur die partye onderteken
op 21
Augustus 2002 en die eiseres se getuienis is eers aangehoor op 27
Augustus 2002 op welke datum die egskeidingsbevel op onbestrede
basis
verleen is.
12.4
Sowat tien jaar na huweliksluiting het die partye die plaas
Joostenberg in die Luckhoff
distrik van applikante se vader aangekoop
teen ‘n koopprys van R240 000,00 op die grondslag dat ‘n
korting van
R80 000,00 toegestaan word, synde vanweë die
feit dat haar vader vier dogters gehad het en die een kwart wat
applikante
uiteindelik sou toekom, in berekening gebring is.
12.5
Hierna het eerste respondent die plaas Leeurivier van sy vader geërf
en het
die partye hulle boerdery voortgesit op beide hierdie plase.
12.6
Gedurende 1988 het die twee eggenote twee plase, tewete De Kroon en
St Elmo, beide
geleë in die Luckhoff distrik, aangekoop.
De Kroon is later in ‘n besproeiingsplaas omskep.
12.7
Op 24 November 1994 is die trust opgerig met eerste respondent as die
oprigter en
applikante, eerste respondent en applikante se suster as
eerste trustees.
12.8
Die plase De Kroon en St Elmo is in 1995 aan die trust verkoop en
getransporteer.
Die koopprys van R229 680,00 is deur
applikante en eerste respondent aan die trust voorgeskiet.
12.9
Ingevolge die skikkingsakte in die egskeidingsgeding is onder andere
kontant, ‘n
voertuig, meublement, die plaas Joostenberg en ‘n
vakansiehuis te Danabaai aan applikante as haar uitsluitlike eiendom
toegeken.
Verdermeer het die trustees van die trust wat
applikante en haar suster ingesluit het, skriftelik toegestem tot ‘n
bepaling
in die skikkingsakte ingevolge waarvan die trustees die
bedrag van R5 830,00 per maand aan applikante sal betaal as
inkomstebegunstigde
tot en met haar dood, hertroue of samewoning met
‘n ander man.  Eerste respondent het hom ook as borg en
medehoofskuldenaar
hiertoe verbind.  Die bedrag is nie
onderhewing aan enige toekomstige eskalasie nie.
12.10
Die bedrag van R5 830,00 is gereeld aan applikante oorbetaal en
is dit skynbaar steeds
nog die geval.  Eers gedurende 2006 het
applikante begin om die geldigheid en/of grondwetlikheid van hierdie
betrokke bepaling
in die skikkingsakte te bevraagteken.  Etlike
skrywes is gerig aan verskeie entiteite en persone en is daar selfs
klagtes
gelê by die Prokureursorde, die Openbare Rekenmeesters-
en Ouditeursraad, die Direkteur van Openbare Vervolging en die
Meester
van die Hoë Hof.  Tot op hede is geeneen van
applikante se klagtes na haar oordeel suksesvol en/of bevredigend
hanteer
en/of afgehandel nie.
12.11
Die inkomstebegunstigdes van die trust is applikante, eerste
respondent, die kapitaalbegunstigdes
en hulle bloed- en aanverwante,
sowel as enige trust opgerig ingevolge paragraaf 13 van die
trustakte.  Die kapitaalbegunstigdes
is die kinders van
applikante en eerste respondent en hulle wettige afstammelinge sowel
as enige trust wat ten gunste van enige
begunstigde of groep van
begunstigdes geskep word kragtens die bevoegdhede aan die trustees
verleen ingevolge voormelde paragraaf
13.
12.12
Die trust is ‘n diskresionêre trust wat onder andere die
bevoegdheid aan eerste
respondent verleen om testamentêr te
besluit welke formule gebruik moet word vir die verdeling van die
trustgoed tussen die
kapitaalbegunstigdes by beëindiging van die
trust.  ‘n Inkomstebegunstigde het ook nie ‘n
aanspraak op die
inkomste van die trust totdat ‘n toekenning
aan hom/haar gemaak is nie.
12.13
Die eerste respondent wat te alle tye die boerdery  van die
destydse gemeenskaplike boedel
hanteer het en ook later die
boerdery namens die trust beheer en bestuur het, het wel jaarliks
toekennings ontvang soos blyk uit
finansiële state wat voor die
hof gedien het.  Die bedrae wat aldus toegeken is, is kragtens
die getuienis van ‘n
deskundige, Mr Olivier, nie vergesog nie
en in lyn met waarop ‘n boer in soortgelyke omstandighede
geregtig sou wees.
12.14
Die trustbates het geweldig toegeneem oor die afgelope aantal jare.
Nie alleen is die
besproeiingskapasiteit van die plaas De Kroon
vergroot nie maar het plaaseiendom oor die algemeen skerp in waarde
gestyg.
12.15
Die partye het twee meerderjarige kinders, ‘n seun en ‘n
dogter wat bygevolg inkomste-
sowel as kapitaalbegunstigdes is.
Hulle is nie as partye tot hierdie aansoek gevoeg en het ook geen
verklarings afgelê
nie.
12.16
Eerste respondent het ‘n verdere trust gestig, te wete die
Malan Du Toit Trust.
Dit is duidelik dat dit nooit die
bedoeling was om hierdie trust op te rig ooreenkomstig die bepalings
van paragraaf 13 van die
trustakte van die Yt Rat Yt Trust nie.
Dit is ‘n suiwer beleggingstrust wat onder andere belê in
kuseiendom.
12.17
Daar was tegniese oortredings van die trustakte en/of die Wet op
Beheer van Trustgoed, 57 van
1988 (“die Trustwet”).
Aanvanklik is geen formele vergaderings deur die trustees gehou en is
skriftelike notules
bygevolg ook nie gehou nie.  Dit is later
reggestel.  Verdermeer was eerste respondent teenwoordig tydens
vergaderings
wanneer toekennings aan hom gemaak is deur die
trustees.  ‘n Onderneming is gegee dat dit nie weer sal
gebeur nie.
Die finansiële state is ook nie ge-oudit nie,
maar dis in elk geval geen statutêre verpligting nie.  Dit
is duidelik
dat die ouditeursfirma PriceWaterHouseCoopers deurentyd
betrokke was sedert die oprigting van die trust tot en met datum en
dat
hierdie firma verantwoordelik was en is vir die verwerking van
finansiële state en die inhandiging van BTW- en
inkomstebelastingopgawes.
VII
DIE
DISPUTE
[13]
Respondente ontken dat applikante geregtig is op enige van die
regshulp waarop sy aanspraak maak.  Volgens die respondente
is
die geskilpunt rondom die regsgeldigheid van die trust
res
iudicata
in dermate dat die skikkingsakte tussen applikante en eerste
respondente gesluit is op die grondslag dat die trust regsgeldig is.

Verdermeer het die trustees toegestem tot die verpligtinge van die
trust teenoor die applikante welke voordele sy aanvaar en vir
etlike
jare betalings daarkragtens ontvang het sonder enige beswaar.
Die bepalings van die skikkingsakte is dan ook by die

egskeidingsbevel ingelyf.
[14]
Daar is aldus respondente ook geen meriete in die argument dat die
trust ongeldig is omdat slegs eerste respondent as oprigter
van die
trust opgetree het en nie beide applikante en eerste respondent nie.
In hierdie verband handel dit met die R100 skenking
wat die oprigter
aan die trust gemaak het.
[15]
Insoverre dit die regsgeldigheid van die skikkingsakte betref is dit
eerste respondent se saak dat applikante verteenwoordig
is deur
senior regsverteenwoordigers en dat sy nie nou op grond van
iustus
error
of enige ander grondslag daarop kan aanspraak maak dat die
skikkingsakte nietig is en/of dat dit onbillik, teen die openbare
belang
en ongrondwetlik is nie.
[16]
Dit word deur respondente ontken dat hulle hul skuldig gemaak het aan
enige optrede wat tot hul ontslag kan lei.  Dit
is duidelik dat
respondente steun op die getuienis van Mnr Gert Nel, ‘n senior
en gerespekteerde ouditeur wat voorheen in
diens was van
PriceWaterHouseCoopers sowel as Mnr Olivier, ‘n ervare
landbou-ekonoom van beroep.  Die trustees, en dan
meer spesifiek
eerste respondent as die
de
facto
boer, het aldus respondente ‘n geweldige bydrae gelewer ter
uitbouing van die trustbates tot die voordeel van die begunstigdes
en
meer spesifiek die kapitaalbegunstigdes, synde die partye se twee
meerderjarige kinders en enige moontlike kleinkinders.
VIII
IS
DIE YT RAT YT TRUST OP GELDIGE WYSE OPGERIG?
[17]
Meer volledig is die vraag wat applikante in hierdie verband rig die
volgende:

Was
die oprigting van die trust geldig volgens wetgewing, die gemenereg
en die openbare mening en word die trustdoel volgens die
inhoud en
bepalings daarvan verwesenlik?”
[18]
Applikante lê klem op die definisie van “trust” in
artikel 1 van die Trustwet.  Dit is moeilik om haar
argumente te
verstaan, maar meen sy skynbaar enersyds dat sy en eerste respondente
die gesamentlike oprigters van die trust moes
wees omdat hulle in
gemeenskap van goed getroud was, en andersyds dat ‘n oprigter
nie ook ‘n trustee van dieselfde
trust kan wees nie.  Daar
is net geen meriete in enige van die bewerings deur haar nie en word
dit verwerp.  Niks het
eerste respondent verhoed om ‘n
R100.00 skenking aan die trust te maak uit gemeenskaplike
boedelfondse nie en in elk geval
was die applikante terdeë bewus
hiervan uit hoofde van haar aanstelling as trustee en moet aanvaar
word dat sy haar instemming
daarmee betuig het.
[19]
Die trustakte
in casu
is ‘n standaard trustakte en blyk
dit ook duidelik uit die getuienis van Mnr Nel, ‘n deskundige
op die gebied.
Voorts maak applikante daarop aanspraak dat die
hof die bevoegdheid het om die trustbepalings te wysig en steun sy op
artikel 13
van die Trustwet.  Hierdie artikel kan geensins op
die onderhawige feite  van toepassing gemaak word nie.
Daar
is net eenvoudig geen sprake dat die trustakte ‘n bepaling
bevat wat gevolge meebring wat die oprigter van die trust, eerste

respondent in hierdie geval, na die hof se oordeel nie beoog of
voorsien het en/of wat die oprigter se oogmerk belemmer of die

belange van die bevoordeeldes benadeel of in stryd met openbare
belang is nie.  Applikante is en bly ‘n trustbegunstigde

en die partye se twee meerderjarige kinders is en bly inkomste- en
kapitaalbegunstigdes.
[20]
Ek hoef nie op hierdie stadium te beslis of die wysiging van die
trustakte (indien dit wel plaasgevind het) om voorsiening
te maak vir
betaling van ‘n bepaalde som geld op ‘n maandelikse basis
aan applikante regsgeldig aangegaan is in die
lig daarvan dat die
trustbegunstigdes moontlik nie tot sodanige wysiging toegestem het
nie.  Ek verwys in die verband na
Potgieter
and Another v Potgieter NO and Others
2012 (1) SA 623
(SCA) te paras [18] en [29] waarin bevind is dat ‘n
wysiging van ‘n trustakte sonder toestemming van die
begunstigdes
nietig is.  Hierdie aspek is nie volledig in
getuienis aangespreek en ook nie voor my geargumenteer nie.
Applikant steun
ook nie pertinent hierop vir die aangevraagde
regshulp nie.
[21]
Ek het geen getuienis voor my wat daarop dui dat hier sprake is van
‘n misbruik van die trust as regsfiguur nie en die
waarskuwing
gerig deur Cameron AR soos hy toe was, in
Land
and Agricultural Bank of South Africa v Parker
2005 (2) SA 77
(SCA) te para [37] is
in
casu
nie
van toepassing is nie.  Die trust kan seersekerlik nie as ‘n
bedrogspul getipeer word nie.  Daar bestaan net
eenvoudig geen
rede om die regsgeldigheid van die trust te bevraagteken nie
IX
IS
DAAR
ALTER
EGO
BEHEER VAN DIE TRUST EN SKIKKINGSAKTE?
[22]
Applikante en haar suster was saam met eerste respondent die eerste
mede-trustees van die trust.  Die trust is bedryf
vir etlike
jare tydens die huwelik van die eggenote en het applikante en eerste
respondent selfs toegesien dat twee plase wat die
destydse
gemeenskaplike boedel aangekoop het, verkoop en getransporteer word
aan die trustees van die trust.  Sy het telkens
finansiële
state van die trust onderteken en is op ‘n voortdurende basis
op hoogte gehou met die finansies van die trust.
Met die
sluiting van die skikkingsakte tydens die egskeidingsgeding was sy
ook heeltemal tevrede dat die trustees van die trust
‘n
skriftelike toestemming onderteken ter bevestiging van die trustees
se verpligting om maandelikse betalings aan applikante
te maak soos
in die skikkingsakte ooreengekom.  Tewens sy het etlike jare na
die egskeiding afgehandel is ‘n versoek
gerig tot die trustees
dat ‘n bedrag van oor ‘n miljoen rand aan haar beskikbaar
gestel word ten einde ‘n aftreewoning
in Somerset-Wes aan te
koop.  Dit alles is onversoenbaar met haar aanspraak dat die
trust nou ondersoek moet word met betrekking
tot die vraag of dit
slegs maar eerste respondent se
alter
ego
is. Daar is ook geen rede waarom duisende Rande verkwis moet word op
forensiese ondersoeke in die lig van die getuienis op rekord
nie.
Myns insiens is die teendeel waar.  Alhoewel eerste respondent
aansienlike toekennings op ‘n jaarlikse basis
ontvang op grond
van dienste wat hy lewer en die uitvoering van sy verpligtinge as
boer is die betalings markverwant gegewe die
omvang van die
boerdery.  Die gesonde boerdery-onderneming wat tot stand gekom
het, grootliks as gevolg van eerste respondent
se insette, is
onteenseglik tot voordeel van die trustbegunstigdes en veral die
kapitaalbegunstigdes wat tans die partye se meerderjarige
kinders
is.
[23]
Die applikante se bewering dat die Malan Du Toit Trust gestig is ten
einde geld vanaf die trust op onregmatige wyse daarheen
te kanaliseer
en dat dit inderdaad gedoen is, is sonder enige substansie en kan nie
water hou nie.  Dit is in elk geval op
oortuigende wyse betwis.
Daar is geen rede om die weergawe van respondente te verwerp nie.
X
HET
DIE TRUSTEES DIE VERTROUENSVERHOUDING VAN HULLE AMP NAGEKOM SOWEL AS
DIE PLIGTE OPGELê DEUR WETGEWING EN DIE GEMENEREG?
[24]
Dit is insiggewend dat verskeie personeellede by die kantoor van die
Meester van die Hoë Hof  reeds klagtes van applikante

hanteer het met betrekking tot die bedrywighede van die trustees.
Onder andere is Mnr Strauss gekonsulteer en uiteindelik
is die
aangeleentheid ook onder die persoonlike aandag van Mnr Du Plessis,
die Meester, gebring.  Niks het daarvan gekom nie.
Ek sou
verwag dat indien daar enige substansie in die bewerings van
applikante was, die Meester sou opgetree het ingevolge die
magte aan
hom toegeken kragtens onder andere artikel 20 van die Trustwet.
Hy sou in bepaalde gevalle self  die trustees
van hul ampte kon
onthef, alternatiewelik sou hy ‘n aansoek na die Hof kon rig
vir ‘n bevel om hulle te onthef.
Al applikante se
aansprake wat onder die aandag van die Meester en ook hierdie hof
gebring is, is na my oordeel behoorlik aangespreek
deur respondente.
Dit is ondenkbaar dat eerste respondent en sy mede-trustees met die
feite tans tot my beskikking onthef
moet word.  So iets kan
moontlik lei tot die aanstelling van wildvreemde trustees,
alternatiewelik applikante en van haar
vertrouelinge, wat tot die
gevolg mag hê dat eerste respondent selfs van die plase afgesit
en derdes aangestel word om die
boerderybedrywighede te hanteer.
Boerdery, veral in hierdie moeilike ekonomiese en
klimaatsomstandighede, is nie kinderspeletjies
nie en moet deur ‘n
kundige wat ‘n persoonlike belang het bedryf word.
[25]
Die feite in
Kidbrooke
Place Management Association v Walton NNO
2015 (4) SA 112
(WCC) is geheel en al onderskeibaar van die feite
in
casu.
In daardie geval is die trustee onthef van sy amp.  Die twee
trustees (die een het voor die aansoek om ontheffing bedank)
het ‘n
maatskappy gestig en aandeelhouding in hulle persoonlike hoedanigheid
toegeken.  Hulle het voortgegaan en erwe
van die trust op
gunstige voorwaardes en ver benede markwaarde aan die maatskappy
verkoop wat dit dan weer aan derde partye teen
groot winste verkoop
het.  Sodoende is winste vir hul persoonlike rekenings gemaak
tot nadeel van die trust.  Die hof
het ‘n maklike taak
gehad om die oorblywende trustee van sy amp te onthef.  Vergelyk
die hof se benadering te paras
[49] – [54] aan die hand van
bekende uitsprake.
[26]
Ek is bewus daarvan dat selfs ‘n onskuldige trustee wat hom in
‘n situasie  bevind waar sy belange direk bots
met die van
sy amp as trustee, deur ‘n hof onthef mag word.  Vergelyk
Cameron
et
al
Honore’s
South African Law of Trusts
5de uitg te para [223].  Hier is egter geen bewyse wat so ‘n
bevinding regverdig nie.
XI
IS
DIE SKIKKINGSTOEDELING TE OPSIGTE VAN DIE TRUST GELDIG VOLGENS
WETGEWING, DIE GEMENEREG EN DIE OPENBARE BELANG?
[27]
Die vierde en laaste kernaspek volgens applikante is die geldigheid
al dan nie van die bedrag wat aan haar toegeken is tydens
egskeiding.
[28]
In soverre applikante daarop aanspraak maak dat die hof die trustakte
kan wysig om die werking van inflasie te neutraliseer
en ‘n
verhoging te gelas van die bedrag wat aan haar betaalbaar is, te wete
R5 830,00 per maand, slaan sy die bal uit
die aard van die saak
mis.  Daar is op hierdie bedrag ooreengekom in die skikkingsakte
wat ‘n bevel van die hof gemaak
is en kan die hof nie bloot die
ooreenkoms van die partye ignoreer  en ‘n ander kontrak
vir hulle skep nie.  Nie
een van die respondente, en eerste
respondent in besonder, en ook nie sy regsverteenwoordigers, het
enige voorstelling gemaak op
grond waarvan applikante tot haar nadeel
gehandel het en op sterkte waarvan sy
iustus
error
as
wapen kan gebruik om die gevolge van die skikkingsakte wat in ‘n
hofbevel beliggaam is, te omseil nie.  Sy het voldoende
tyd
gehad om haar posisie te heroorweeg na ondertekening van die
skikkingsakte, maar desnieteenstaande het sy eers ‘n week
later
voor ‘n senior regter, Malherbe RP, verskyn om getuienis onder
eed af te lê op grond waarvan ‘n egskeidingsbevel
verleen
is met inlywing van die skikkingsakte.
[29]
‘n Aspek wat oorweeg behoort te word is die vraag of die
voorwaarde wat aan betaling van die maandelikse bedrag gekoppel
is,
die toets van billikheid, openbare belang en grondwetlikheid slaag en
sal ek later hiermee handel.
[30]
Ek het reeds aangetoon dat ‘n wysiging van die trustakte soos
in die vooruitsig gestel in die skikkingsakte tussen die
partye
waarskynlik met nietigheid beklee behoort te word in die lig van die
Potgieter
beslissing.  Daar is egter geen aanduiding dat die wysiging van
die trustakte in klousule 6.2 van die skikkingsakte in die
vooruitsig
gestel, wel by die Meester geregistreer is nie.  Tewens die
konsepdokument wat aangeheg is tot die skikkingsakte
is nie deur al
die trustees onderteken nie.  Applikante wat tans ‘n party
tot die geding is, is inderwaarheid bevoordeel
deur die aangaan van
die skikkingsakte in die sin dat sy as een van ‘n groep
inkomstebegunstigdes geregtig geword het op
‘n bepaalde
maandelikse bedrag sonder dat haar posisie as inkomstebegunstigde
andersins in gevaar gestel is.  Dit sou
namens die ander
inkomste- en kapitaalbegunstigdes geargumenteer kon word dat ‘n
wysiging van die trustakte soos beoog tot
hulle nadeel is en dat die
wysiging vanweë ‘n gebrek aan toestemming nietig verklaar
behoort  te word.  Die
aspek is nie in getuienis hanteer of
voor my beredeneer nie.  Ek meen nie dat ek in die omstandighede
en met die feite tans
tot my beskikking in ‘n posisie is om
enige bevinding in hierdie verband te maak nie.  In elk geval
sal dit geen verskil
maak aan die
de
facto
posisie nie, dit wil sê die ooreenkoms wat tussen die partye
bereik en ‘n hofbevel tydens die egskeidingsgeding gemaak
is.
[31]
Die  Konstitusionele Hof het onlangs die kwessie van
skikkingsaktes wat in hofbevele vervat word aangespreek.
Vergelyk:
Eke
v Parsons
[2016]
JOL 34112
(CC) te paras [22] – [48] en veral para [41].
Die voordele van skikkingsaktes ter skikking van hofgedinge word wyd
erken.  Sodra ‘n skikkingsakte ‘n hofbevel gemaak
is, moet dit net soos hofbevele geïnterpreteer word.
‘n
Skikkingsakte veroorsaak ‘n verandering in die status van die
betrokke partye se regte en verpligtinge.  Die
voormalige geskil
tussen hulle word bygevolg
res
iudicata.
Applikante,
verteenwoordig soos sy toe was deur senior regslui, kan nie nou na al
die jare daarop aanspraak maak dat die hofbevel
tersyde gestel of
gewysig moet word nie.
XII
IS
DIE TRUST ‘N VERLENGSTUK VAN DIE VOORMALIGE GEMEENSKAPLIKE
BOEDEL
[32]
Applikante steun in hierdie verband daarop dat sy en eerste
respondent die mede-oprigters van die trust moes wees met gelyke

voordele.  Aan die hand van die sogenaamde Massachusetts Trust
beginsel (wat eintlik maar ‘n besigheidstrust is soos
hier te
lande daarna verwys) wat sy ontstaan in die Verenigde State van
Amerika het, is dit haar oortuiging dat sy en eerste respondent

gesamentlik die trustkapitaal verskaf het en dat hulle dus elkeen
geregtig is op 50% van die trustboedel.  Anders gestel en
aldus
geargumenteer is die trust eintlik ‘n verlengstuk van die
huwelik in gemeenskap van goedere.  Sy versoek dan nou
‘n
verklarende bevel tot die effek dat sy en eerste respondent se 50%
belang in die trustboedel erken behoort te word.
Ons het nie
hier met ‘n besigheidstrust te doen waar die deelnemers die
trustkapitaal voorsien om ‘n besigheid deur
middel van trustees
te bedryf en terselfdertyd as begunstigdes aanspraak te maak op die
inkomste wat gegeneer word nie.  Die
trust voorhande is uit en
uit ‘n diskresionêre familietrust wat opgerig is tot
voordeel van die trustbegustigdes en
om bepaalde inkomstebelasting-
en boedelbelastingvoordele te bekom.  Daar is geen meriete in
applikante se argument nie.
[33]
Applikante het sterk gesteun op die uitspraak van die Hoogste Hof van
Appèl in
Badenhorst
v Badenhorst
2006 (2) SA 255
(SCA) vir haar aanspraak dat sy onregverdig behandel
is deur haar regsverteenwoordigers gedurende skikkingsonderhandelinge
tydens
die egskeidingsgeding en die uiteindelike sluiting van die
skikkingsakte.  Die feite in
Badenhorst
is geheel en al onderskeibaar van die feite van toepassing op ‘n
huwelik in gemeenskap van goed.  In die geval van
Badenhorst
het ons te doen gehad met ‘n herverdeling van bates van partye
in ‘n huwelik buite gemeenskap van goedere in terme
van artikel
7(3) van die Wet op Egskeiding, 70 van 1979.  Hierdie betrokke
subartikel verleen ‘n wye diskresie aan howe,
maar is nie op
huwelike in gemeenskap van goed van toepassing nie.
[34]
Dit sou myns insiens vir ‘n hof onmoontlik gewees het om, selfs
indien die egskeidingsgeding
in
casu
op ‘n bestrede basis voortgesit is, ‘n bevel te maak met
betrekking tot die trustbates soortgelyk aan die
Badenhorst
beslissing.  ‘n Hof het net eenvoudig nie ‘n
diskresie in die verdeling van ‘n gemeenskaplike boedel van

gades getroud in gemeenskap van goed om bates van ‘n derde
party in te sluit by die gemeenskaplike boedel nie.  Hierdie

beginsel is finaal uitgeklaar in
WK
v KT
2015 (3) SA 574
(SCA) paras [32] en [34] - [35].
XIII
OPENBARE
BELANGE EN DIE GRONDWET
[35]
Ek is bereid om die volgende passasie in
Geach
& Yeats Trust Law and Practice
,
2007 uitg te p 46 wat soos volg lees as korrek te aanvaar:

A
trust deed cannot unnecessarily restrict a beneficiary, for example,
by prohibiting a beneficiary from marrying or providing that
a
beneficiary will receive a benefit and at the same time restraining
the beneficiary from marrying.”
Na
my oordeel sal so ‘n beperking indruis teen die openbare belang
en die individuele regte vervat in ons Handves van Menseregte.

Vergelyk ook
Minister
of Education v Syfrets Trust Ltd NO
2006 (4) SA 205
(C) en veral para [47].
[36]
Verskeie fundamentele regte kom in gedrang met die oplegging van so
‘n bepaalde beperking.  Dit is insiggewend dat
eerste
respondent reeds kort na die egskeiding in die huwelik getree het met
‘n ander dame.  Tog het hy dit hom ten
doel gestel om te
verseker dat applikante nooit trou of met ‘n ander man
saamleef, tensy sy afstand doen van haar maandelikse
toelaag nie.
Die partye het dit duidelik gestel dat die bedrag wat aan applikante
toegeken is, nie onderhoud verteenwoordig
nie.  So ‘n
bepaling is uit die aard van die saak verdag want dit is die tipe
beperking wat normaalweg op persone geplaas
word wat aanspraak maak
op onderhoud na egskeiding (vroue in die meerderheid gevalle).
Die vrou ontvang onderhoud van die
onderhoudspligtige gewese eggenoot
op die basis dat indien iemand anders in die toekoms vir haar kan
sorg (soos wanneer sy hertrou
of saamleef), die onderhoudspligtige se
verpligting sal verval sodat sy nie op verdere onderhoud kan
aanspraak maak nie.
In
casu
het die ooreenkoms met betrekking tot die betaling van die
maandelikse toekenning volgens die
ipse
dixit
van die partye niks met onderhoud en dus eerste respondent se
onderhoudsverpligting teenoor applikante te maak nie.
[37]
Die retoriese vraag is derhalwe:

Waarom
was dit nodig om so ‘n beperking op applikante te plaas?”
Applikante
is nie meer jonk nie en word sy nou verplig om haar te onderwerp aan
so ‘n beperking.  Sy het dus die keuse
om eensaam en
alleen die res van haar lewe tegemoet te gaan of om met ‘n
ander man saam te leef of te hertrou en dan die
reg op ontvangs van
die bedrag van R5 830,00 per maand te verbeur.  Op die oog
af is dit ‘n onbillike beperking.
Volgens applikante het
‘n verkragting van die reg plaasgevind en is die aangeleentheid
hanteer volgens “the rule of
man”.  Sy het
staatgemaak op die beslissing van die Konstitusionele Hof in
Barkhuizen
v Napier
[2007] ZACC 5
;
2007 (5) SA 323
(CC) en die
dictum
te para [29] wat soos volg lees:

Thus
a term in a contract that is inimical to the values enshrined in our
Constitution is contrary to public policy and is, therefore,

unenforceable.”
[38]
Ek het ook reeds hierbo verwys na die beslissing van die
Konstitusionele Hof in
Eke
v Parsons
.
‘n Hof sal slegs in uitsonderlike gevalle - die mees duidelike
gevalle - ‘n kontrak of ‘n bepaling daarin
teen die
openbare beleid en dus onafdwingbaar verklaar.  Vergelyk
Bradfield & Christie
Christie’s
The Law of Contract of South Africa,
6de uitg, p 358 en verder en
Juglal
v Shoprite Checkers (Pty) Ltd
2004 (5) SA 248
(SCA) te 258.  Dit is ook gepas om na die
volgende
dicta
van Brand AR in
Potgieter
loc
cit
te paras [32] – [34] te verwys:

[32]
I find the court a quo’s approach fundamentally unsound. I do
not believe the two propositions from which it departs
are supported
by the judgment of Ngcobo J in Barkhuizen. Nor does the first
proposition reflect the principles of our law of contract
as they
stand. Reasonableness and fairness are not freestanding requirements
for the exercise of a contractual right. That much
was pertinently
held in Bredenkamp v Standard Bank of South Africa Ltd
2010 (4)
SA 468
(SCA) para 53. As to the role of these abstract values in our
law of contract this court expressed itself as follows in South
African
Forestry Co Ltd v York Timbers Ltd
2005 (3) SA 323
(SCA) para 27:

[A]lthough
abstract values such as good faith, reasonableness and fairness are
fundamental to our law of contract, they do not constitute

independent substantive rules that courts can employ to intervene in
contractual relations. These abstract values perform creative,

informative and controlling functions through established rules of
the law of contract. They cannot be acted upon by the courts

directly. Acceptance of the notion that judges can refuse to enforce
a contractual provision merely because it offends their personal

sense of fairness and equity will give rise to legal and commercial
uncertainty.’
(See
also eg Brisley v Drotsky
[2002] ZASCA 35
;
2002 (4) SA 1
(SCA) paras
21-24 and 93-95; Maphango v Aengus Lifestyle Properties
2011 (5) SA
19
(SCA) paras 22-25.)
[33]
In Barkhuizen, Ngcobo J first explained (para 80) what he meant by
the notion of ‘good faith’, namely that it encompasses

the concepts of justice, reasonableness and fairness. He then
proceeded to express the principles of our law, as formulated by
this
court, inter alia in Brisley, in the following terms (para 82):

As
the law currently stands good faith is not a self-standing rule, but
an underlying value that is given expression through existing
rules
of law. In this instance good faith is given effect to by the
existing common-law rule that contractual clauses that are
impossible
to comply with should not be enforced . . . Whether, under the
Constitution, this limited role of good faith is appropriate
and
whether the maxim lex non cogit ad impossibilia alone is sufficient
to give effect to the value of good faith are, fortunately,
not
questions that need be answered on the facts of this case and I
refrain from doing so.’
[34]
Unless and until the Constitutional Court holds otherwise, the law is
therefore as stated by this court, for example, in the
cases of South
African Forestry, Brisley, Bredenkamp, and Maphango which do not
support the first proposition relied upon by the
court a quo. As to
the second proposition, it follows, in my view, that the supposed
principle of contract law perceived by the
court a quo cannot be
extended to other parts of the law. In addition, the reason why our
law cannot endorse the notion that judges
may decide cases on the
basis of what they regard as reasonable and fair, is essentially that
it will give rise to intolerable
legal uncertainty. That much has
been illustrated by past experience. Reasonable people, including
judges, may often differ on
what is equitable and fair. The outcome
in any particular case will thus depend on the personal
idiosyncrasies of the individual
judge. Or, as Van den Heever JA put
it in Preller v Jordaan
1956 (1) SA 483
(A) at 500, if judges
are allowed to decide cases on the basis of what they regard as
reasonable and fair, the criterion will no
longer be the law but the
judge. (See also Brisley para 24; Bredenkamp para 38; P M Nienaber
‘Regters en juriste’
2000 TSAR 190
at 193; J J F Hefer
‘Billikheid in die kontraktereg volgens die Suid-Afrikaanse
regskommissie’
2000 TSAR 143.)

[39]
Ek persoonlik is van oordeel dat die beperking wat op applikante
geplaas is, uiters onbillik is.  Hierdie is ‘n
tipiese
voorbeeld waar die saak nie beslis moet word op grond van my
persoonlike mening nie, maar aan die hand van die geykte
regsbeginsels.
[40]
Ek neem ook in ag dat die skikkingsooreenkoms reeds so lank as 13
jaar gelede ‘n bevel van die hof gemaak is en dat applikante

vir ‘n paar jaar heeltemal tevrede was daarmee.  Sy het ‘n
eleksie uitgeoefen en kan nie nou omspring en aanspraak
maak dat die
skikkingsakte gewysig en/of tersyde gestel word nie.  Applikante
se aanspraak kan nie
in
vacuo
oorweeg
word nie
.
Daar
is in elk geval waarskynlik baie ander faktore wat ‘n rol
gespeel het tydens die destydse skikkingsonderhandelinge en
glad nie
in hierdie aansoek te berde gebring is nie.  Ek dink byvoorbeeld
aan applikante se eie verdienvermoë om maar
een voorbeeld te
noem.
XIV
GEVOLGTREKKING
[41]
Bygevolg is ek van oordeel dat applikante nie ‘n saak uitgemaak
het vir enige van die regshulp wat sy versoek nie en
behoort die
aansoek afgewys te word.  Daar is geen rede waarom die gewone en
gebruiklike kostebevel nie verleen behoort te
word nie.  Koste
moet dus die uitspraak volg.
XV
BEVEL
[42]
Die applikante se aansoek word van die hand gewys met koste.
______________
J.
P. DAFFUE, J
Namens
die applikante:         In
persoon
Namens
die respondente:   Adv. D. J. Van der Walt SC
In
opdrag van:
Symington
& De Kok
BLOEMFONTEIN
/ebeket