S v S 'n ander; In re: S v S (347/2015) [2016] ZAFSHC 1 (20 January 2016)

55 Reportability

Brief Summary

Joinder — Application for joinder of party — Dispute arising from divorce proceedings where one party claims partnership interest in property registered in the name of a company — Applicant seeks to join the company as a second respondent based on alleged partnership agreement — Court considers whether the company has a direct and substantial interest in the matter — Joinder granted to avoid potential injustice and multiplicity of actions, allowing for a comprehensive resolution of the dispute.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2016
>>
[2016] ZAFSHC 1
|

|

S v S 'n ander; In re: S v S (347/2015) [2016] ZAFSHC 1 (20 January 2016)

SAFLII
Note:
Certain
personal/private details of parties or witnesses have been
redacted from this document in compliance with the law
and
SAFLII
Policy
IN
DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA
VRYSTAATSE
AFDELING, BLOEMFONTEIN
Saaknr
347/2015
In
die aansoek tussen:-
A.
E. S.
Applikante
en
D.
J.
S.
Eerste
Respondent
DJ
S. BOERDERY (EDMS)
BPK
Tweede
Respondent
In
re:
D.
J.
S.
Eiser
en
A.
E.
S.
Verweerderes
CORAM:
Reinders,
R
AANGEHOOR
OP:
10
Desember 2015
GELEWER
OP:
20
Januarie 2016
[1]
Die harmonie wat waarskynlik in gelukkiger tye tussen die S.-egpaar
geheers het blyk iets van die verlede te wees. Die Applikante
in
hierdie aansoek is die Verweerderes in die hoofaksie en die Eerste
Respondent is die Eiser in die hoofaksie. Die dispuut is
of die
Tweede Respondent hierin gevoeg behoort te word in die hoofaksie.
[2]
Dit is gerieflik om na die partye te verwys soos in die hoofaksie.
Daarin het Mnr S. ‘n aksie ingestel teen die Verweerderes
vir
‘n bevel van egskeiding met gepaardgaande regshulp. Mev S.
verweer haarself hierteen en in ‘n teeneis beweer sy
dat daar
twee vennootskappe ná huweliksluiting gesluit is. Sy beweer
onder andere dat sy en die Eiser ‘n vennootskap,
die sogenaamde
Gottenburg Vennootskap, gesluit het. Dis gemene saak dat die plaas
Gottenburg geregistreer is in die naam van die
DJ S. Boerdery (Edms)
Bpk (hierna “die maatskappy” genoem). Die Verweerderes
voer aan dat, in die lig van die beweerde
vennootskapsooreenkoms, die
maatskappy ‘n wesenlike belang het by die uitkoms van die
dispuut en gevolglik as Tweede Verweerder
gevoeg moet word in haar
teeneis in die hoofaksie.
[3]
Die toets by ‘n voegingsaansoek is of die party wat uit
noodsaak of gerief gevoeg moet word beskik oor ‘n regstreekse

en wesenlike belang by die geskilpunte.
Sien:
In
re: BOE Trust Ltd and Others NNO
2013 (3) SA 236
(HHA) te 241H-242 A.
[4]
Op sigwaarde is dit duidelik dat indien die Gottenburg eiendom deel
van die vennootskapsbates sou vorm (vir watter rede ookal
en welke ek
nie tans hoef te bereg nie) die maatskappy ‘n wesenlike belang
het by die uitslag van die aksie. Mnr Zietsman
namens die
Verweerderes het argumenteer dat die Verweerderes minstens
prima
facie
‘n
saak uitmaak dat die maatskappy gevoeg behoort te word in die lig
daarvan dat die Eiser met sy kennis van die beweerde
vennootskap, die
Gottenburg plaas as bate gaan aankoop het.
[5]
Mnr Snellenburg namens die Eiser en die party staan gevoeg te word
(onderskeidelik die Eerste en die Tweede Respondente) wys
tereg
daarop dat ‘n beslissing om te voeg die uitoefening van ‘n
judisiële diskresie behels. In hierdie verband
is ek verwys na
Harding v Basson and Another
1995 (4) SA 499
(C) te 501 I-J:

A Supreme Court
will exercise its discretion to order the joinder of a party, inter
alia, to ensure that all persons interested
in the subject matter of
the dispute… and whose rights may be affected by the judgment
of the Court are before it to avoid
a multiciplicity of actions and
to avoid a waste of costs”
[6]
Na my oordeel kan die weiering om aan die Verweerderes se versoek
gehoor te gee later tot groot onreg lei. In beginsel is dit

realisties moontlik dat die Verweerderes later in die hoofaksie ‘n
vennootskap bewys waarby die Gottenburg eiendom ingesluit
is. Indien
dít sou gebeur terwyl die maatskappy nie ‘n party tot
die verrigtinge is nie, sal geen bevel daaromtrent
deur die
verhoorhof sinvol gemaak kan word nie. Uiteraard kan die maatskappy
dan nie meer as ‘n party gevoeg word nie.
[7]
Mnr Snellenburg wys voorts daarop dat waar die pleitstuk
eksepieerbaar is die voeging nie toegestaan moet word nie.
Sien:
Sun
Packaging (Pty)Ltd v Vreulink
[1996] ZASCA 73
;
1996 (4) SA 176
(A) te 183E.
Indien
die maatskappy egter ná voeging daarop sou steun dat die
pleitstuk geen skuldoorsaak openbaar nie, sal die hof aan
die
Verweerderes (in geval die eksepsie gehandhaaf sou word) die
geleentheid bied om haar pleitstuk weereens te wysig. Die maatskappy

sal dus nie die reg ontneem word om ‘n eksepsie tot die einde
te volvoer nie. In geval ek die aansoek om voeging vir hierdie
rede
sou weier, sal dit benewens die nadeel hierinvantevore na vewys,
waarskynlik net ‘n nuwe aansoek om voeging op verbeterde
gronde
tot gevolg hê. Immers sou dit ook die Verweerderes vry staan om
daarop te steun (in soverre sy dit nie reeds doen
nie en maak ek geen
bevinding hieromtrent nie) dat die maatskappy bloot die
vennootskapsbate as genomineerde hou.
Vergelyk:
Cussons
en Andere v Kroon
2001 (4) SA 833
(HHA).
[8]
Dis ook in argument aan my voorgehou dat die aandeelhouer van die
maatskappy wat ‘n trust is, ‘n wesenlike party
sou wees
indien die maatskappy gevoeg word. In wese is die argument dat die
aandeelhouer se belang daarin geleë is dat die
bate van die
maatskappy ‘n venootskapsbate tussen die Eiser en die
Verweerderes mag wees wat die aandeelhouding en of waarde
van die
maatskappy wesenlik kan beïnvloed. Ek is nie van oordeel dat
daar voldoende meriete in hierdie argument is nie en
beskik die
maatskappy oor eie regspersoonlikheid onafhanklik van die
aandeelhouers.
[9]
Indien ek die aansoek om voeging toestaan, sal dit die partye in
dieselfde posisie plaas asof die Verweerderes uit die staanspoor

dagvaarding uitgereik het teen die Eiser en die maatskappy. Ek is
gevolglik bereid om wel die aansoek om voeging toe te staan.
Wat
koste betref het die Verweerderes nie die luuksheid wat ‘n
eiser het om alle noodsaaklike partye uit die staanspoor te
voeg nie.
Sy was verplig om die hof te nader, en hoewel sy dus ‘n
vergunning vra, is sy suksesvol in die aansoek. Die Verweerder
in sy
opponering is egter ook nie onredelik nie, gesien die geskiedenis van
hierdie saak.
[10]
Derhalwe word die volgende bevele verleen:
1.
Die
Tweede Respondent word gevoeg as die Tweede Verweerder in die teeneis
in saaknr 347/2015.
2.
Die
Applikante (Verweerderes in die hoofaksie) om die teeneis te wysig en
af te lewer (ooreenkomstig die Kennisgewing van Voorgenome
Wysiging,
gemerk “
G”
tot die funderende verklaring) binne 5 dae na verlening van hierdie
bevel.
3.
Die
Tweede Respondent word 21 (een-en-twintig) kalenderdae  verleen
om ‘n Kennisgewing van Voorneme om te Verdedig af
te aflewer.
4.
Die
uitruil van verdere pleitstukke en kennisgewings om te geskied
ooreenkomstig die Hofreëls.
5.
Die koste van hierdie aansoek is koste in die geding.
_________________
C.
REINDERS, R
Namens
Applikante:
Adv PJJ Zietsman
In opdrag van:
Kramer
Weihmann & Joubert
BLOEMFONTEIN
Namens
Respondente:         Adv N
Snellenburg SC
In
opdrag van:
Honey
Prokureurs
BLOEMFONTEIN