About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2017
>>
[2017] ZANCHC 4
|
|
Magawu en Andere v S (139/2016) [2017] ZANCHC 4 (9 January 2017)
IN
DIE Hoe HOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling, Kimberley)
Saak
No: CA&R 139/2016
Saak
Aangehoor: 06/01/2017
Uitspraak:
09/01/2017
In
die saak tussen:
ZONISELO
RICHARD
MAGAWU Eerste
Appellant
THOMPSON
MPHANDAMISA Tweede
Appellant
MATHEWS
LEGUDU Derde
Appellant
RICHARD
HASANE Vierde
Appellant
FRANK
BAXANA Vyfde
Appellant
PAULUS
MVULENI
MGCERA Sesde
Appellant
en
DIE
STAAT Respondent
CORAM
:
Erasmus WnR
UITSPRAAK
OP APPèL
Erasmus
WnR:
INLEIDING
[1]
Die appellante sal in die Hoe Hof te Kimberley teregstaan op twee
aanklagte van moord gelees met die bepalings artikel 51 van
Wet 51
van 1997. Dit word beweer dat hulle op of omtrent 17 Augustus 2016 te
of naby Postmasburg, in die distrik van Postmasburg
wederregtelik en
opsetlik vir Johannes Baadjies en Shuping Jeffrey Nouse gedood het.
AGTERGROND
[2]
Die eerste tot vierde appellante het aanvankl ik op 22 September 2016
in die Landdroshof aansoek gedoen om op borgtog vrygelaat
te word.
Hulle het nie mondelinge getuienis afgelê nie en bloot net
gesteun op eedsverklarings wat in die rekord ingelees
en ingehandig
is as bewysstukke. Die respondent het getuienis by monde van die
ondersoekbeampte, Kolonel RJ Lourens, aangebied.
[3]
Voordat die kruisondervragi ng van Kolonel Lourens 'n aanvang geneem
het, is die aansoek verdaag tot 17 Oktober 2016. Op hierdie
datum het
dit geblyk dat die vyfde en sesde appellante intussen gearresteer is
en dat, by ooreenkoms tussen die partye, hulle toegetree
het tot die
borgaansoek. Ook ten opsigte van die vyfde en sesde appellante is
eedsverklarings in die rekord ingelees en ingehandig
ter
ondersteuning van hul aansoeke.
[4]
Die getuienis in hoof van Kaptein Lourens is hierna voortgesit,
waarna die kruisondervraging namens al die appellante gevolg
het.
Borgtog ten opsigte van al die appellante is geweier op 25 Oktober
2016.
[5]
Op 12 Desember 2016 het 'n verdere borgaansoek, gebaseer op nuwe
feite, in die Landdroshof gevolg. By ooreenkoms tussen die
appellante
en die respondent is twee eedsverklarings van onderskeidelik ARAUNA
ROSSOUW ('die transkribeerder') en TIRO MCANTIRE
LEKGOTLA ('die
artikel 204-getuie') ingehandig as Bewysstuk 'Q' en 'R'. Hierdie
verklarings vorm die basis vir die nuwe feite waarop
die appellante
gesteun het. Geen verdere mondelinge getuienis is aangebied deur
enige van die partye nie en na aanhoor van betoe
is borgtog op
dieselfde dag weereens geweier. Die appellante kom nou in hoer beroep
teen die weiering van borgtog.
DIE
BENADERING OP APPél
[6]
Die appellante en die respondent is dit eens dat die feite wat tydens
die twee borgaansoeke voor die hof geplaas is gesamentlik
oorweeg
behoort te word in die beregting van die appel. Hierdie benadering is
in ooreenstemming met die regspraak.
[1]
[7]
In terme van artikel 65(4) van die Strafproseswet mag 'n hof wat 'n
borgappel aanhoor nie die beslissing van die Landdros tersyde
stet,
tensy dit oortuig is dat sodanige beslissing verkeerd is nie. In
S
v
Barber
[2]
het Hefer R besIis:
"It is well known
that the powers of this Court are largely limited where the matter
comes before it on appeal and not as a
substantive application for
bail. This Court has to be persuaded that the magistrate exercised
the discretion which he has wrongly.
Accordingly, although this Court
may have a different view, it should not substitute its own view for
that of the magistrate because
that would be an unfair interference
with the magistrate's exercise of his discretion. I think it should
be stressed that, no matter
what this Court's own views are, the real
question is whether it can be said that the magistrate who had the
discretion to grant
bail exercised that discretion wrongly.
[8]
Die benadering, soos hierbo uiteengesit, is in verskeie sake daarna
goedgekeur en bevestig. In die afwesigheid van 'n wesenlike
mistasting ten aansien van die reg of feite, is hierdie Hof dus nie
by magte om in te meng op appel nie.
[3]
DIE
BEWYSLAS
[9]
Dit is die grondwetlike reg van 'n beskuldigde, soos vervat in
Artikel 35 (l)(f) van die Grondwet van die Republiek van
Suid-Afrika
[4]
om
"behoudens
redelike voorwaardes uit aanhouding vrygelaat te word indien die
belong van geregtigheid dit toe/aat".
Die
reg om op borgtog vryge laat te word is onderworpe daaraan dat die
belange van geregtigheid nie daardeur benadeel sal word nie.
Artikel
60 van die Strafproseswet, No.51 van 1977, kwalifiseer en beperk
hierdie reg van 'n gearresteerde persoon.
[5]
[10]
Dit is gemene saak dat die misdrywe wat die appellante ten laste gele
word binne Bylae 6 tot die Strafproseswet val en dat
die appellante
dus in terme van die bepalings van artikel 60(11) (a) op 'n oorwig
van waarskynli khede moes aantoon dat buitengewone
omstandighede
bestaan wat hulle vrylating regverdig en dat sodan ige buitengewone
omstandighede die vrylating in die belang van
geregtigheid
veroorloof.
DIE
GRONDE VIR APPél
[11]
In die appellante se Kennisgewing van Appel is aangevoer dat die hof
a quo
fouteer het deur te bevind dat die appellante hulle nie
van die bewyslas gekwyt het nie en nie bevind het dat die vrylating
van
die appellante in belang van geregtigheid is nie in die lig van
die toegewings gemaak deur Kolonel Lourens ten aansien van, onder
andere, die persoonlike omstandighede van die appellante. Dit is ook
aangevoer dat die Landdros fouteer het deur te bevind dat
daar 'n
sterk
prima facie
saak teen die appellante is.
[12]
Meneer Vorster, namens die appellante en advokaat Cloete, namens die
respondent, is dit eens dat die sterkte van die Staat
se saak
deurslaggewend is by die bepaling of buitengewone omstandighede
aangetoon is. Ek stem hiermee saam. Dit is gevolglik nodig
om die
getuienis wat tydens die borgaansoek voor die hof geplaas is te
oorweeg.
DIE
GETUIENIS
[13]
Die persoonlike omstandighede van die appellante blyk grootliks
gemene saak tussen die partye te wees.
[14]
Die getuienis wat aangebied is tydens die borgaansoeke is volledig
deur die Landdros opgesom
[6]
en
die korrektheid van die opsomming word nie aangeveg deur die
appellante nie. Ek is tevrede dat die Landdros die getuienis korrek
weergegee het in sy opsomming. Ek sal gevolglik net handel met die
gedeeltes wat relevant is vir die oorweging van die borgappel
en
waarna spesifiek verwys is deur die appellante en die respondent in
die betoogshoofde en argumente voor my.
[15]
Wat die meriete van die saak betref het al die appellante, met die
uitsondering van die vierde appellant, bloot hulle betrokkenheid
by
die moorde ontken.
15.1 Die eerste appellant
het 'n alibi geopper as verweer. Hy het enige kennis van die moorde
ontken. Sy vriendin bevestig dat hy
wel die nag van 17 Augustus 2016
by die huis geslaap het, maar nie die nag van 18 Augustus 2016 nie.
15.2 Die vierde appellant
se weergawe is dat die artikel 204-getuie hom op 17 Augustus 2016
geskakel het met 'n versoek om 'n voertuig
by hom te leen. Hy het
toegestem om die artikel 204- getuie te vergesel om die getuie se
vriende in Danielskuil op te laai. Hulle
het twee mans in Danielskuil
opgelaai en gery na Postmasburg. Op 'n stadium het die mans en die
artikel 204- getuie uitgeklim,
waarna die vierde applikant na 'n
taverne geloop het. Die artikel 204-getuie het verby hom gery en gese
hy gaan die twee mans aflaai.
Die artikel 204-getuie het ongeveer
20-30 minute later teruggekeer, waarna die vierde appellant verder
bestuur het en via die Danielskuilpad
terug gery het na Kuruman.
[16]
Die wese van die saak wat die Staat voornemens is om te bewys tydens
die verhoor blyk uit die getuienis van die ondersoekbeampte,
Kolonel
Lourens.
[17]
In kort is dit die saak van die Staat dat die eerste, tweede,
derde,vyfde en sesde appellante saamgesweer het om gemelde meneer
Baadjies te vermoor . Die motief blyk polities gemotiveerd te wees om
'n tussenverkiesing in Danielskuil af te dwing, nadat die
ANC daar
nie 'n volstrekte meerderheid in die munisipale verkiesing van
Augustus 2016 kon behaal nie. Die eerste appellant was
die ANC se
kandidaat in Wyk 1, maar is nie verkies tot raadslid nie. Die sesde
appellant is 'n raadslid wat die hoop gekoester
het om burgemeester
te word. Meneer Baadjies is tydens die verkiesing as raadslid van 'n
ander wyk verkies as die van die eerste
appellant en sou op 18
Augustus 2016 ingesweer word.
[18]
Volgens Kolonel Lourens is die liggaam van mnr Baadjies vroeg die
oggend van 18 Augustus 2016 langs die hoofpad tussen Postmasburg
en
Danielskuil naby Groenwater, ongeveer 23 km vanaf Postmasburg
aangetref. Hy het skietwonde aan sy hoof en een aan sy liggaam
gehad,
asook veelvuldige ander beserings. Sy voertuig is dieselfde oggend in
'n oop stuk veld te Postmasburg, oorkant 'n skool,
aangetref. Meneer
Nouse, wat op daardie stadium nog gelewe het, is in hierdie voertuig
van Baadjies aangetref. Hy is op 23 Augustus
2016 oorlede. Roof is
deur die polisie uitgesluit as motief vir die moorde.
[19]
Selfoonrekords wat van diensverskaffers bekom is bevat inligting oor
selfoonkommunikasies tussen sekere selfoonnommers en
selfoonhandstukke wat die onderskeie appellante verbind met die
misdrywe wat hulle ten laste gele word.
19.1. Meneer Baadjies het
op 17 Augustus 2016 'n oproep ontvang in verband met 'n vergadering
wat om 18:00 in Postmasburg sou plaasvind.
Nadere ondersoek van
Baadjies se selfoon het getoon dat hy die middag 'n sms ontvang het
van die selfoonhandstuk van die eerste
appellant. Die selfoonnommer
waarvandaan die sms gestuur is ('die 062-nommer') is tydens die
ondersoek verbind aan 'n simkaart
wat dieselfde oggend verkry is deur
die eerste appellant. Die sms het die afspraak met Baadjies bevestig.
Die verkryging van die
simkaart blyk uit 'n video-opname wat in die
winkel gemaak.
19.2. Die selfoonrekords
het ook getoon dat daar kontak was tussen die 062-nommer en die
selfoonnommer van die artikel 204- getuie.
Hierdie ondersoek het
daartoe gelei dat toestemming verkry is om hom aan te wend as getuie
in terme van die bepalings van artikel
204 van die Strafproseswet.
Selfoonrekords toon, soos wat die artikel 204-getuie in sy verklaring
beweer, dat daar telefoniese
kontak tussen hom en die eerste
appellant was op 17 Augustus 2016 om 17:01 en later om 17:51, nadat
die artikel 204-getuie en die
vierde appellant in Danielskuil
aangekom het.
19.3. Die selfoonrekords
het ook bevestig dat daar telefoniese kommunikasie tussen die artikel
204-getuie en die tweede appellant
was. Volgens die artikel
204-getuie se weergawe ken hy en die tweede appellant mekaar sedert
2012. Hy is op 16 Augustus 2016 geskakel
deur die tweede appellant en
versoek om vervoer te verskaf omdat hulle 'n
'deal'
in
Postmasburg gehad het op 17 Augustus 2016 en dat hulle afgelaai moes
word en, soos wat die getuie dit verstaan het,'n
'getaway car'
benodig het. Die getuie het toe vir vervoer gereel met die vierde
appellant en hom meegedeel waaroor dit gaan. Hierdie getuienis
strook
ook met die weergawe van die vierde appellant vir sover dit die reel
van die vervoer betref. Die tweede appellant het onderneem
dat die
artikel 204-getuie R20 000 betaal sou word. Toe hy wou weet hoekom
soveel, het die tweede appellant aan die getuie gemeld
dat die
'dear
vir 'n DA-raadslid was en dat die eerste appellant veronderstel
was om 'n raadslid te wees en dat dit 'n invloed op die tenders sou
he. Daar was toe ook 'n gesprek waartydens die eerste appellant die
getuie meegedeel het dat hy (eerste appellant) en die tweede
appellant die werk sou doen.
19.4. Volgens die artikel
204-getuie het hy en die vierde appellant, in opdrag van die eerste
appellant, na die winkel oorkant die
tweede appellant se huis gegaan.
'n Avanza voertuig en dubbel kajuit Ford Ranger bakkie van die
derde appellant was geparkeer
by die tweede appellant se huis. Die
eerste appellant en 'n ander persoon het met die Avanza na die winkel
gekom waar die eerste
appellant hulle meegedeel dat hy nie saamgaan
nie, maar slegs die tweede appellant en die ander persoon saamgaan om
die taak te
verrig. Die tweede appellant het later by hulle
aangesluit met die derde appellant se bakkie en het 'n pistool aan
hierdie ander
persoon oorhandig. Uit ander getuienis blyk dit dat
hierdie persoon in alle waarskynl ikheid die vyfde appellant is.
Volgens die
artikel 204-getuie het hy gesien dat die tweede appellant
'n Nokia N70 selfoon van die eerste appellant ontvang.
19.5. Volgens die
weergawe van die artikel 204-getuie het hy, die tweede en die vierde
appellant, asook die ander persoon na Postmasburg
gereis. Die
selfoonrekords toon dat meneer Baadjies na die Nokia N70 selfoon van
die eerste appellant geskakel het, op 'n stadium
nadat meneer
Baadjies se voertuig opgemerk is in Postmasburg. Daar is vir Baadjies
verduidelik hoe hy tot by hulle moes ry, waarna
hy en nog 'n
manspersoon opgedaag het. Uit verdere getuienis het dit geblyk dat
hierdie manspersoon meneer Nouse was. Daar is 'n
skoot afgevuur wat
vir Nouse getref het. Die tweede appellant en ander persoon het vir
meneer Baadjies in die voertuig se kattebak
gelaai. In opdrag van die
tweede appellant het die vierde appellant in die rigting van
Kimberley gery. Baadjies het op 'n stadium
die kattebak oopgekry en
is daarna deur die tweede appellant geskiet. Hy het uit die kattebak
geval. Die tweede appellant en ander
persoon het hom uit die pad
gesleep, teen 'n butt af. Die artikel 204- getuie en vierde appellant
het weggery.
19.6. Die tweede
appellant het die volgende oggend, 18 Augustus 2016, die artikel
204-getuie geskakel en meegedeel dat hulle vir
die derde appellant
gebel het en hy vir hom en die ander persoon gaan haal het op die
toneel. Selfoonrekords toon dat die selfoonnommer
van die derde
appellant 'n oproep ontvang het op 17 Augustus 2016 om 19:58 vanaf
die vyfde appellant se nommer. Twee minute later
was daar weer
kommunikasie tussen hierdie twee fone. Die selfoonrekords toon ook
dat die derde appellant se selfoon hierdie aand
in Danielskuil was om
19:58, toe naby Groenwater om 20:26 en toe weer terug in Danielskuil
was om 21:23. Groenwater is die plek
waar die liggaam van die
oorledene Baadjies die volgende oggend gekry is.
19.7. In aansluiting
hierby toon die selfoonrekords van die vyfde appellant dat sy selfoon
om 18:45 te Danielskuil en om 18:49 'n
oproep na die selfoon van die
tweede appellant gemaak het. Om 19:30 was die vyfde appellant se
selfoon in Postmasburg, tussen 19:56
en 20:56 was dit te Groenwater
en om 21:14 terug in Danielskuil. Die simkaart van die eerste
appellant se 082- nommer is op 18
Augustus 2016 gebruik in die
handstuk van die vyfde appellant.
19.8. Volgens
selfoonrekords was die simkaart met die 062-nommer gebruik om kontak
te maak met die oorledene Baadjies en ook 'n
persoon by die
ANC-kantoor in Danielskuil, die artikel 204-getuie, die tweede en die
derde appellant. Die simkaart en ook die N70
Nokia foon was op 17
Augustus 2016 in Postmasburg om 19:22. Hierdie nommer was op Baadjies
se foon gestoor as 'Work by a man'.
19.9. Tydens dieselfde
telefoniese gesprek tussen die tweede appellant en die artikel
204-getuie op 18 Augustus 2016, waarna hierbo
verwys is, het die
tweede appellant ook die getuie meegedeel dat hy nie toe betaal kon
word nie. 'n Paar dae later is die getuie
R1000 betaal vir petrol.
Onafhanklike rekords toon dat die derde appellant deur middel van 'n
'e-wallet'-transaksi e R1000 aan
die artikel 204-getuie betaal het op
23 Augustus 2016.
19.10. Daar was ook
selfoonkommunikasi e tussen die 062-nommer van die eerste appellant
en die sesde appellant die middag van 17
Augustus 2016, kort nadat
die sms na die oorledene Baadjies gestuur is vanaf die 062-nommer.
Die sesde appellant het ook selfoonkommunikasie
gehad met die derde
appellant en verskeie kere met die 082 selfoonnommer van die eerste
appellant. Op 18 Augustus 2016 was daar
selfoonkommuni kasie tussen
die sesde en vyfde appellant se selfoonnommers.
[20]
Volgens Kolonel Lourens is magtiging verkry vir optrede in terme van
artikel 252A van die Strafproseswet en het daar ontmoetings
tussen
eers die tweede en toe die derde appellante met die artikel
204-getuie plaasgevind. Die inhoud van die gesprekke is vervat
in 'n
aanvullende verklaring van die getuie.
[21]
Tydens die gesprek tussen die artikel 204-getuie en die derde
appellant het hy die beplanning en motief vir die moord op meneer
Baadjies uiteengesit en gemeld dat dit sy vuurwapen is wat gebruik
is. Hy het die getuie versoek om te wag tot na 7 September 2016
vir
betaling van die R20 000. Die getuie moes hom skakel op 8 September
2016 en verwys na 'n transaksie aangaande die verkoop van
beeste.
Daar was ook tydens hierdie gesprek verwysings na die huisbraaksaak
waarop die eerste en tweede appellante gearresteer
is gedurende April
2016. Die derde appellant het ook ten aansien van 'n verbyganger
teenoor die getuie opgemerk dat hy daardie
persoon, na wie hy verwys
het as 'n polisiebeampte, in die kop wil skiet met die R1-geweer.
Volgens Kolonel Lourens se ondersoek
het dit geblyk dat die betrokke
polisiebeampte inligting verskaf het in verband met 'n ander
huisbraaksaak waartydens die kluis
met vuurwapens gesteel is. Ek
handel later met die huisbraaksake. Die derde appellant het ook
verwys na 'n vorige voorval waartydens
die tweede appellant 'n
persoon geskiet het.
[22]
Tydens ondervraging van die vierde appellant, na sy arrestasie, het
hy vir Kolonel Lourens meegedeel dat hy bewus was van 'n
persoon in
die kattebak van die Jetta wat hy en die artikel 204-getuie gebruik
het om die tweede appellant en ander persoon te
vervoer. Hy het ook
die plek waar die Jetta gewas is uitgewys. Die Jetta is ondersoek en
bleed is in die kattebak gevind. Volgens
die artikel 204-getuie sou
die vierde appellant hom ook meegedeel het dat hy tydens die
skoonmaak van die voertuig 'n doppie en
holster in die voertuig
gevind het,waarvan hy ontslae geraak het. Die vierde appellant het
dit nie genoem aan Kolonel Lourens tydens
ondervraging nie.
[23]
Alhoewel meneer Baadjies in 'n ander woonbuurt as die eerste en derde
appellant gebly het, is daar verklarings van ander getuies
dat die
derde appellant met sy Ford Ranger bakkie en eerste appellant met
derde appellant se Avanza verby Baadjies se huis gery
het kort nadat
hy na Postmasburg vertrek het op 17 Augustus 2016.
[24]
Dit blyk uit die getuienis van Kolonel Lourens dat die eerste,
tweede, derde en vyfde respondente mekaar goed ken. Die appellante,
met die uitsondering van die vierde appellant, het al in die verlede
met mekaar geassosieer.
24.1. Volgens mededelings
wat die eerste appellant aan Lourens gemaak het, het hy en nog 'n
persoon op die 17 Augustus 2016 met
die Avanza-voertui g van die
derde appellant gery en dat die derde appellant vir sy hotelverblyf
in die Danielskuil hotel betaal
het die nag van 18 Augustus 2016. Die
bewering dat hy in die hotel geslaap het is opgevolg en het geblyk
vals te wees.
24.2. Eerste appellant is
gearresteer op 25 April 2016 en is hy en die tweede appellant
medebeskuldigdes in 'n hangende saak van
huisbraak met die opset om
te steel en diefstal. Op hierdie saak was beide van hulle op borgtog
van R O 000 toe die huidige misdade
gepleeg is. Na hierdie arrestasie
het die vyfde appellant met die eerste appellant se motor by die
polisiestasie gearriveer. Die
derde appellant het die borg van die
eerste en tweede appellante betaal.
24.3. Die eerste en derde
appellante was medebeskuldigdes in 'n ander saak, aanranding gewoon
(beide) en rig van vuurwapen, 'n 9mm
pistool (slegs eerste appellant)
wat aanvankl ik teruggetrek is. By nagaan van die dossier is daar
besluit om hulle weer daarop
te vervolg. Die dagvaarding daarin is
uitgereik op 10 Augustus 2016, voor die pleging van hierdie misdrywe.
24.4. Daar is ook 'n
verdere saak van huisbraak, na bewering gepleeg op 15 Oktober 2015,
waarop die eerste appellant nog aangekla
moet word. Hiertydens is 'n
kluis gesteel wat ongeveer vyf jaggewere bevat het. Die kluis is
later gevind in Lime Acres, maar die
vuurwapens is vermis. Die tweede
appellant en 'n ander persoon is gesien waar hulle toetsskote met
gewere afgevuur het. Die derde
appellant dra ook kennis van die
huisbraak en diefstal van die gewere aangesien hy die artikel
204-getuie, tydens die gesprek wat
opgeneem is, meegedeel het dat
hulle gedink het daar is geld in die kluis wat gesteel is, maar dat
dit toe gewere was.
24.5. By voortsetting van
die borgaansoek, en na arrestasie en toetrede van die vyfde en sesde
appellante, het Kolonel Lourens verdere
getuienis afgele dat daar 'n
klag van intimidasie teen die eerste en derde appellante gele is op 8
September 2016.
[25]
Wat die sesde appellant betref het Kolonel Lourens getuig dat,
benewens die selfoonrekords wat die sesde appellant verbind,
hy in
besit is van 'n eedsverklaring van 'n getuie wie se identiteit nie
geopenbaar kan word nie ('die onbekende getuie') en wat
moontlik in
die getuiebeskermi ngsplan opgeneem kan word. Hierdie getuie is
'n vriend van die sesde appellant.
25.1. Volgens die getuie
het die sesde appellant hom genooi na sy woning die aand van 14
Augustus 2016. Die getuie wou nie gaan
nie, maar is telefonies
meegedeel deur die sesde appellant dat die eerste, tweede, derde,
vyfde appellante, twee vroue en ANC vrywilligers
by sy woning was en
gewag het vir persone van Upington om hulle te kom toespreek oor die
tussenverkiesing. Daar was op daardie
stadium nog geen sprake van 'n
tussenverkiesing nie. Die sesde appellant het hom meegedeel dat hulle
eintlik twee ander persone
wil 'laat loop'. Hulie het Tswana gepraat
en, in die konteks wat die sesde appellant dit gebruik het, 'laat
loop' vermoor beteken
het. Een van hierdie persone en die eerste
appellant het teen mekaar gestaan in Wyk 1en, indien die persoon
doodgemaak sou word,
hulle sou weet dat dit die toedoen van die
eerste appellant was. Die sesde appellant het daarop gese dat die
'dirty job'
in Wyk 2 of 3 gedoen moes word. Meneer Baadjies
was die opposisie se suksesvolle kandidaat in Wyk 2.
25.2. Die getuie sou op
16 Augustus 2016 gesien het dat die eerste appellant 'n magasyn van
'n 9mm pistool uit sy broeksak haal
en in die broeksak van die sesde
appellant gesit het, op 'n plek waar die derde appellant se Avanza
geparkeer was. Die sesde appellant
het die magasyn op die sitplek van
die motor gegooi en weggestap en gese dat hy nie sulke lelike goed
wil sien nie.
[26]
Daar is nie betoog en dit blyk ook nie uit die rekord dat Kolonel
Lourens se getuienis ten aansien van die getuienis waaroor
die Staat
beskik enigsins afgebreek is in kruisondervraging nie. Wat die
meriete van die Staat se saak betref, was die kruisondervraging
grootliks 'n herhaling van die getuienis in hoof. Die appellante, met
die uitsondering van die vierde appellant se verduideliking
in sy
eedsverklaring, het geen poging aangewend om die getuienis teen hulle
te verduidelik of te ontsenu nie.
[27]
Dit blyk uit die kruisondervraging dat Kolonel Lourens nie die
persoonlike omstandighede van die appellante betwis nie. Toe
hy gevra
is wat sy gesindheid oor borg is, het hy aangedui dat hy bloat die
getuienis waaroor hy beskik voor die hof plaas en dat
sy houding
irrelevant is. Volgens hom sal daar nie 'n verskil in die verhoor
wees sou die appellante hulle binne of buite die gevangenis
bevind
nie. Hy het aangedui da hy nie beswaar het teen borg vir die vierde
appellant nie, maar wel teen die ander appellante en
weereens
beklemtoon dat dit nie sy besluit is nie.
[28]
Kolonel Lourens is pertinent gevra of hy ondersoek ingestel het na
die bewerings van die artikel 204-getuie om sy betroubaarheid
te
bevestig. Hy het dit inderdaad gedoen en kon geen aanduiding kry dat
hy onbetroubaar is nie.
[29]
Tydens die verdere borgaansoek was afskrifte van die inhoud van die
saakdossier reeds aan die appellante se regsverteenwoordiger
beskikbaar gestel. Uit die twee verdere verklarings, Bewysstuk 'Q' en
'R' blyk die volgende:
29.1. Uit Bewysstuk 'Q'
blyk dit dat 'n voormalige lid van die ondersoekspan die
transkribeerder genader het met die skywe waarop
die opname van die
gesprek tussen die artikel 204-getuie en derde appellant was. Hy het
haar versoek om in haar eedsverklaring
te vermeld dat dit verseel was
in 'n forensiese sak, terwyl dit nie die geval was nie. Sy het
ongemaklik gevoel oor die aangeleentheid
en dit is onder die aandag
gebring van meneer Cloete, die advokaat van die respondent. Die
betrokke polisiebeampte is onmiddellik
van die ondersoekspan
verwyder.
29.2. Uit paragraaf 2 van
Bewysstuk 'R', wat afgele is op 2 September 2016, blyk dit dat die
artikel 204-getuie aanvanklik 'n verdagte
was. Hy is deur Kolonel
Lourens ondervra in die teenwoordighei d van sy prokureur. Hy is
gevra of hy die eerste appellant ken,
waarop hy eers ontkennend
geantwoord het. Lourens het toe verwys na die selfoonrekords waaruit
dit geblyk het dat die getuie met
'n selfoon en selfoonnommer wat met
die eerste appellant verbind is kontak gehad het. Die getuie se
prokureur het daarna, na konsultasie
met die getuie, aangedui dat sy
klient oop kaarte wou speel. Nadat Lourens toestemmi ng verkry het
van die Direkteur van Openbare
Vervolgings om hom as getuie te
gebruik, is die bepalings van artikel 204 van die Strafproseswet aan
hom verduidelik en het hy
die verklaring afgele.
[30]
Daar is aan die hand gedoen dat die Landdros versuim het om daarop ag
te slaan dat die suksesvolle vervolging van die appellante
grotendeels afhanklik sal wees van 'n 'vlekkelose vertoning' van die
artikel 204-getuie in die getuiebank tydens die verhoor en
dat die
'kanse veel beter is' dat die getuie nie die vereiste toetse sal
deurstaan wat van 'n artikel 204-getuie vereis sal word
nie. Die
submissies is daarop gebaseer dat die artikel 204-getuie 'n
medepligtige is en grotendeels 'n enkelgetuie sal wees.
[31]
In
S
v Panayiotou
[7]
het
Goosen R homself soos volg uitgelaat oor die benadering wat gevolg
moet word by beoordeling van getuienis van 'n artikel 204-getuie
tydens 'n borgaansoek:
"That issue, of
course, is a matter that no doubt will be canvassed full y at the
criminal trial. It is after all, at that
point that critical
questions of the admissibility and reliability of evidence will be
tested. What the court is called upon to
consider, in a bail
application, is the nature of the evidence that is available to the
prosecution and, absent a challenge in
the bail proceedings to the
admissibility or reliability of that evidence, the court will accept
the evidence. It is upon this
acceptance that the court decides
whether the case is strong or weak."
[32]
Die toelaatbaarheid van die getuienis wat Kolonel Lourens aangebied
het oor die artikel 204-getuie se weergawe was nie in geskil
tydens
die borgaansoek nie. Die geloofwaardigheid en betroubaarheid van
hierdie getuie se getuienis sal tydens die verhoor deurtrap
word. Vir
doeleindes van bepaling van die sterkte van die saak was die Landdros
wat die borgaansoek hanteer het korrek om dlt wat
vervat is in die
artikel 204-getuie se verklaring te oorweeg en dan, in samehang
daarmee, die ander getuienis wat dui op sy betroubaarheid
in
aanmerking te neem by evaluering van die
prima facie
sterkte
van die Staat se saak.
[33]
Meneer Vorster se kritiek teen die artikel 204-getuie dat hy
aanvanklik eers aandadigheid ontken het, maar later toe hy
gekonfronteer
is met selfoonstate sy weergawe verander het, is sonder
meriete. Artikel 204 van die Strafproseswet maak spesifiek
voorsiening
vir vrywaring van vervolging van 'n getuie wat getuienis
lewer wat homself kan inkrimineer, soos wat die geval met 'n
medepligtige
is. Die getuienis van die artikel 204-getuie sal
toelaatbaar wees tydens die verhoor en sy geloofwaardigheid sal
daartydens deurtrap
word. Op hierdie stadium van die verrigtinge
staan dit onweerspreek deur enige van die appellante.
[34]
Meneer Vorster het betoog dat die inhoud van die selfoonstate
verkeerdelik gebruik is as 'n betroubaarheids-waarborg en stawing
vir
die artikel 204-getuie se weergawe aangesien dit beskikbaar was ten
tye van die aflegging van die getuie se verklaring en gebruik
is in
die opstel van sy verklaring. Daar is volgens my ook nie meriete in
hierdie argument nie. Dit blyk uit die getuienis van
Kolonel Lourens
dat hy juis die artikel 204-getuie se weergawe, soos wat dit aan hom
oorgedra is, vergelyk het met die inhoud van
die selfoonstate om die
betroubaarheid van die getuie vas te stel. Ek stem saam met die
betoog van meneer Cloete dat dit presies
is wat van 'n verantwoordeli
ke ondersoekbeampte verwag word, naamlik om hom te vergewis van die
betroubaarheid van so 'n getuie
se weergawe. Die verklaring van die
getuie gaan veel verder as bloot net verwysings na telefoniese
gesprekke en kon gevolglik nie
net op grond van die selfoonrekords
opgestel gewees het nie.
[35]
Meneer Vorster het ook betoog dat daar verkeerdelik gesteun is op die
opname van die gesprek tussen die artikel 204-getuie
en die derde
appellant as stawing vir die artikel 204-getuie, aangesien gemelde
transkripsie onderworpe sal wees aan die streng
vereistes neergele in
artikel 252A van die Strafproseswet en dat, gegewe die oneerlikheid
van 'n polisiebeampte, die toelaatbaarheid
daarvan deur middel van 'n
verhoor binne 'n verhoor beslis sal word. Die toelaatbaarheid van
Kolonel Lourens die getuienis oor
die bandopnames was nie tydens die
borgaansoek in geskil nie. Die Landdros het in die uitspraak van die
borgaansoek wat op die
nuwe feite gebaseer is korrek bevind dat die
outentisiteit van die opname bewys sal word deur die getuienis van
die artikel 204-gtuie.
Die toelaatbaarhei d van hierdie getuienis sat
gedurende die verhoor aangespreek word. Daar is geen getuienis
aangebied deur die
derde appellant dat hierdie gesprek nie
plaasgevind het nie of dat dit wat verklaar is deur die artikel
294-getuie nie korrek is
nie. Daar is geen gronde om te bevind dat
die Landdros se gevolgtrekki ng in hierdie verband verkeerd was nie.
[36]
Meneer Vorster het ten aansien van die sesde appellant betoog dat die
Landdros misgetas het deur die omstandigheidsgetuienis
te
interpreteer as sou dit as enigste redelike afleiding regverdig dat
die oorledenes gedood moes word. Ek stem nie saam
nie.
36.1. Die betoog was dat
die woorde 'laat loop' wat die sesde appellant sou gebruik ook anders
ge'nterpreteer kon word. Kolonel
Lourens se getuienis in hierdie
verband is nie aangeveg nie. Ek sou verwag dat, as daar 'n ander
betekenis aan hierdie woorde geheg
kon word, Lourens ten minste
daarmee gekonfronteer sou word in kruisondervraging.
36.2. Wat die afleiding
uit die getuienis oor die sesde appellant se betrokkenheid by die
vuurwapen betref en die afleiding dat
hy hom gedistansieer het van
die gebruik daarvan, moet ook in ag geneem word dat die Staat se saak
teen die sesde appellant nie
net op hierdie getuienis berus nie.
Hierdie getuienis kon dus nie in isolasie beoordeel word en op grond
daarvan bevind word dat
die Staat nie
prima facie
'n sterk
saak teen die sesde appellant het nie.
36.3. Meneer Vorster het
betoog dat die Landdros nie in ag geneem het dat 'n tussenverkiesing
kon ontstaan as gevolg van 'n geslaagde
klagte by die
verkiesingskommissie nie. Daar is doodeenvoudig geen getuienis van
die sesde appellant of enige appellant tot daardie
effek nie. As daar
enige ander rede vir die hou van 'n tussenverkiesing was, moes die
appellante getuienis tot die effek voor die
hof geplaas het. Kolonel
Lourens se getuienis is nie betwis nie en daar is nie eens 'n
stelling in hierdie verband aan hom gemaak
nie.
[37]
Meneer Cloete het betoog dat die appellante se appel in effek berus
op 'n
moontlikheid
dat die
getuienis van die artikel 204-getuie se getuienis nie aanvaar sal
word nie en dat dit dan buitengewone omstandighede daar
sou stel. Hy
het met verwysing na die sake van
S
v Viljoen
[8]
en
S
v
Botha
[9]
betoog
dat die appellante sterk onafhanklike getuienis moes aangetoon het
wat op hulle onskuld dui. Hulle moes aangetoon het dat
hulle
waarskyntik onskutdig bevind sat word en dat dit nie voldoende is om
na vae moontlikhede in hierdie verband te verwys nie.
[38]
Meneer Cloete is korrek in sy betoog. 'n Swak saak teen 'n
beskuldigde kan as buitengewone omstandighede dien, maar dan stegs
as
'n beskutdigde op 'n oorwig van waarskynl ikhede kan bewys dat hy
onskuldig bevind sat word in die verhoor. Soos blyk
uit
S
v
Mohammed
[10]
word vereis dat 'n beskutdigde sterk onafhanklike getuienis,
aanduidend van sy onskuld, voor die hof moet ptaas. Daar moet verder
in gedagte gehou word dat daar geen bewyslas op die Staat rus om aan
te toon dat dit 'n sterk saak teen 'n beskuldigde het nie.
Ook hoef
die Staat nie te bewys dat daar nie buitengewone omstandighede
bestaan nie.
[11]
[39]
By oorweging van die vraag of die appellante daarin geslaag het om op
'n oorwig van waarskynli khede buitengewone omstandighede
te bewys,
moes die Landdros die getuienis in geheel beoordeel. Die sterkte van
die Staat se saak moes oorweeg word aan die hand
van Kolonel Lourens
se getuienis. Dit blyk hieruit dat die Staat se saak nie uitsluitlik
berus op die getuienis van die artikel
204-getuie, of die onbekende
getuie, of die selfoonstate, of die transkripsie van die opname nie,
maar wel die kumulatiewe effek
van hierdie en ander getuies en
getuienis. By oorweging van al die getuienis kom dit voor asof die
getuienis van die artikel 204-getuie
en ander getuienis aansluiting
by mekaar vind en dui dit daarop dat daar
prima facie
'n sterk
saak teen die appellante is. Ek is tevrede dat die landdros korrek
was toe hy so bevind het.
[40]
Dit is betoog deur meneer Vorster dat die Landdros nie voldoende
gewig geheg het aan die toegewings wat gemaak is deur Kolonel
Lourens
dat die appellante nie 'n vlugrisiko is nie, dat hul waarskynlik nie
sou inmeng met die ondersoek of getuies nie, dat hy
van oordeel was
dat dit nie 'n verskil sou maak aan die verhoor of die appellante in
hegtenis is al dan nie nie, en dat hy nie
beswaar teen die vrylating
van die vierde appellant op borg het nie. Daar is aan die hand gedoen
dat die Landdros in die lig van
die toegewings moes bevind het dat
die belang van geregtigheid die vrylating van die appellante op
borgtog veroorloof.
[41]
In
S
v Viljoen
is
bevind dat buitengewone omstandighede beteken dat
"die
gewone oorwegings vir die verlening van borgtog wot in art 60(4)
-
(9)
uiteengesit
word, waar die aangehoudene se reg op vrylating opgeweeg word teen
die faktore wot sy vrylating in die belong van geregtigheid
sou
verhinder, nie voldoende is om sy vrylating te verkry nie. 'n
Blote ontkenning van die waarskynlikheid van die
gebeure in art
60{4){a)
-
(e) sou
dus nie voldoende wees nie".
Dit
sal gewoonlik
"omstandighede
wees wot daarop gemik is om die
onwaarskynlikheid
van die gebeure genome in art 60{4){a)
-
(e) te
bewys".
[12]
[42]
Uit die konteks waarbinne die toegewings gemaak is deur Kolonel
Lourens, blyk dit dat hy die toegewings gekwalifiseer het deurdat
hy
getuig het dat hy nie oor getuienis tot die teendeel beskik nie. Dit
dui op sy objektiwiteit en stel, soos wat meneer Cloete
betoog het,
nie buitengewone omstandighede daar nie.
[13]
[43]
Ongeag die toegewings van Kolonel Lourens en selfs al sou die Staat
nie die toestaan van borg geopponeer het nie, het die landdros
in
terme van artikel 60(10) van die Strafproseswet die plig gehad om die
persoonlike omstandighede van die appellante op te weeg
teen die
belange van geregtigheid. Dit is wat die Landdros gedoen het.
[44]
Artikel 60(4) sit die faktore uiteen wat bepaal wanneer dit nie in
belang van geregtigheid is om 'n beskuldigde vry te laat
uit
aanhouding nie. Die appellante het die bewyslas gedra om
omstandighede aan te toon dat dit onwaarskynli k is dat enige van
hierdie faktore sal intree indien hulle vrygelaat word. In terme van
artikel 60(4)(a) sal die belang van geregtigheid nie die vrylating
op
borgtog veroorloof as die waarskynli kheid bestaan dat vrylating tot
gevolg sal he dat die veiligheid van die publiek of 'n
bepaalde
persoon in gevaar gestel sal word of dat die beskuldigde 'n Bylae 1
misdryf sal pleeg nie. By oorweging van die vraag
of die appellante
aangetoon het dat dit nie sal gebeur nie, was die Landdros geregtig
om die faktore gelys in artikel 60(5) te
oorweeg en in ag te neem.
Hierdie faktore is:
"(a) die mate van
geweld teenoor ander wat implisiet is by die aanklag teen die
beskuldigde;
(b) enige dreigement
van geweld wat die beskuldigde teenoor enige persoon
mag geuiter het;
(c) enige wrok wat die
beskuldigde na bewering teenoor enige persoon koester;
(d) enige geneigdheid
tot gewe/d deur die beskuldigde, soos blyk uit sy of haar vorige
gedrag;
(e) enige geneigdheid
van die beskuldigde tot die pleeg van misdrywe in Bylae 1 bedoel,
soos blyk uit sy of haar vorige gedrag;
(f) die algemeenheid
van 'n besondere tipe misdryf;
(g) enige getuienis
dat die beskuldigde voorheen terwyl hy of sy op borgtog was, 'n
misdryf in Bylae 1 bedoel, gepleeg het; of
(h)
enige ander
faktor wat na die oordeel van die hof in ag geneem behoort te
word. "
[45]
Dit is ernstige misdrywe wat die appellante ten laste gele word en
waarop hulle sal teregstaan en, soos wat Kolonel Lourens
getuig het,
sou hulle behoort te weet dat as hulle skuldig bevind word, hulle
lewenslange gevangenisstraf in die gesig staar. Die
mate van geweld
wat teenoor die slagoffers gebruik is blyk uit die getuienis en is
ook implisiet by die aanklag van moord.
[46]
Die eerste appellant het 'n lang misdaadgeskiedenis wat oor 'n
tydperk van etlike jare strek. Dit is ook gemene saak dat die
eerste
en tweede appellante uit was op borgtog op 'n Bylae 1misdryf toe die
huidige misdrywe na bewering deur hulle gepleeg is.
Die getuienis dui
ook daarop dat die derde en vyfde appellant by misdade betrokke is of
was. Daar is ook getuienis dat die derde
appellant 'n dreigement van
geweld geopper het of 'n wrok sou koester teen 'n polisiebeampte en
dat hy, volgens die getuienis van
die onbekende getuie, hom in die
kop wou skiet met 'n geweer. Daar is ook getuienis dat die onbekende
getuie bekend is aan die
sesde appellant en dat hierdie getuie
moontlik onder getuiebeskerming geplaas sal moet word. Hierdie
getuienis staan onweerspreek
deur die appellante.
[47]
lndien die faktore vermeld in artikel 60(9) in ag geneem word, blyk
daar ook nie buitengewone omstandighede deur die appellante
aangetoon
te gewees het wat hul vrylating veroorloof nie. Ten spyte van die
omvang van die saak, blyk die ondersoek feitlik afgehandel
te wees en
is die saakdossier reeds tot beskikking van die appellante gestel.
Die voorval het plaasgevind in Augustus 2016 en die
verhoor in die
Hoe Hof sal reeds in Maart 2017 plaasvind. Geen ander van die faktore
wat deur die appellante geopper is stel buitengewone
omstandighede
daar wat in die belang van geregtigheid hulle vrylating veroorloof
nie.
[48]
Ek stem saam met meneer Cloete dat die appellante hulle nie van die
bewyslas wat op hulle gerus het gekwyt het nie. Die Landdros
het nie
enige mistastings begaan ten aansien van die reg of die feite nie. Ek
is nie oortuig dat hy verkeerd was in die uitoefeni
ng van sy
diskresie om borgtog te weier nie en gevolglik kan ek nie inmeng met
sy bevinding nie.
Ek
maak die volgende bevel:
DIE
APPÈL VAN AL SES DIE APPELLANTE WORD VAN DIE HAND GEWYS
_____________________
S
L ERASMUS
WAARNEMENDE
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Namens
Appellant:
Meneer JvH Vorster
In
opdrag van:
Lofty-Eaton Prokureurs, POSTMASBURG
Namens
Respondent:
Advokaat JJ Cloete
Namens:
Direkteur van Openbare Vervolgings, KIMBERLEY
[1]
S v Vermaas 1996(1) SASV 528 (T) op 531e-f en S v Mohammed 1999 (2)
SASV 507 (K) op 511
[2]
1979 (4) SA 218
(D) op 220E-H
[3]
S v Porthen and others 2004(2) SASV 242 (CJ par [1 1];S v Ali 201 1
(
1) SACR 34
(E) par [14]; Panayiotou v S (CA&R 06 /2015) [2015]
ZAECGHC 73
[4]
Wet 108 van 1996
[5]
S v Branco 2002 ( 1) SASV 531 (W) op 532i-533b ;S v Viljoen supra
par [ 17] en die sake daarin aangehaal
[6]
Oorkonde: P 273 R 11 tot P 285 R
15; P 286
R 12 tot P 287 R 15
[7]
Supra par [53] en [54]
[8]
2002(2) SASV 550 (HHA) para [11] tot [15]
[9]
2002 (1) SASV 222 (HHA) par [21]
[10]
1999(2) SASV 507 (K) op 517 i-j
[11]
S v Mpulampula
2007 (2) SACR 133
(E) op 135h; Panayiotou v S (CA&R
06 /201 5) [2015] ZAECGHC 73; S v Mathebula 2010(1 ) SASV 55 (HHA)
[12]
Viljoen supra para (18) tot (19)
[13]
S v Rudolf 2010 (1) SASV 262 (HHA) par (9)