About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2017
>>
[2017] ZAFSHC 139
|
|
Toyota Suid-Afrika Motors (Edms) Bpk v Wepener (227/2017) [2017] ZAFSHC 139 (10 August 2017)
Sekere
persoonlike/private besonderhede van partye of getuies in die
dokument is geredigeer in ooreenstemming met die wet
en
SAFLII
se beleid.
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
VRYSTAATSE
AFDELING, BLOEMFONTEIN
Aansoeknommer:
227/2017
In
die aansoek tussen:
TOYOTA
SUID-AFRIKA MOTORS (EDMS)
BPK
Applikant
en
ELMARIE
WEPENER
Respondente
(Identiteitsnommer:
[...])
CORAM:
VAN
ZYL, R
GELEWER
OP:
10
AUGUSTUS 2017
[1] Applikant het die hof
genader vir ‘n interdik en aanverwante regshulp. Die
aansoek het aanvanklik op 23 Februarie
2017 voor die hof gedien met
Musi, Wnd RP voorsittend, waartydens respondente in persoon verskyn
het. Op daardie stadium
was die volgende bevel gemaak, soos
blyk uit die afskrif daarvan in die hofleêr:
“
1. Die
aansoek word uitgestel na 30 Maart 2017.
2. Verspilde koste van vandag staan
oor vir latere beregting.
3. Respondent se opponerende
eedsverklaring moet liasseer word voor of op 6 Maart 2017.
4. Applikant se repliserende
verklaring moet liasseer word voor of op 23 Maart 2017.
5. Toestemming word verleen om die
aangeleentheid op die bestrede rol te plaas indien die respondent nie
haar verklaring liasseer
soos per hierdie bevel nie.”
[2] Applikant het op 24
Maart 2017 `n aanvullende beëdigde verklaring (“die
aanvullende verklaring”) geliasseer
waarin sekere relevante
gebeure sedert die hofverskyning op 23 Februarie 2017 uiteengesit is.
Uit die aanvullende verklaring blyk
die volgende:
2.1 Op 28 Februarie 2017
het applikant se prokureurs van eerste instansie, Webber Wentzel (“WW
prokureurs”) `n skrywe
aan respondente per e-pos versend en met
verwysing na `n skrywe van applikant se prokureurs van rekord, aan
respondente `n uiteensetting
van die inhoud van die hofbevel gegee.
Dit dien vermeld te word dat in beide laasgenoemde skrywes is vermeld
dat respondente haar
opponerende verklaring teen 16 Maart 2017 moes
liasseer, wat strydig is met die datum van 6 Maart 2017 wat op die
hofbevel (en
op die buite-blad van die hofleêr) voorkom. Hoe
dit ookal sy, dit sal uit die verdere gebeure hieronder uiteengesit
blyk
dat die tersaaklike spertyd eventueel nie relevant was nie en in
ieder geval was die latere datum van 16 Maart 2017 tot voordeel
van
respondente.
2.2 WW prokureurs het
voormelde hofbevel ook per e-pos op 2 Maart 2017 aan respondente
versend.
2.3 Later die dag van 2
Maart 2017 het respondente `n e-pos aan een van die griffiers van
hierdie hof en WW prokureurs gerig, waarin
sy as volg opgemerk het:
“
Ek wys u
daarop dat u Toyota Logo op u Automart Waarborg dokument is.”
`n Afskrif van die logo,
sowel as `n afskrif van haar faktuur uitgemaak aan WW prokureurs en
applikant (die relevansie van die faktuur
sal later in die uitspraak
blyk) in die bedrag van “R 3 391 072 548 217”,
was by die e-pos aangeheg.
2.4 Op 6 Maart 2017 het
WW prokureurs `n afrikaanse vertaling van die kennisgewing van mosie
en die funderende verklaring aan respondente
per e-pos verskaf. (Ek
sal na hierdie aspek terugkeer.)
2.5 Respondente het op 7
Maart 2017 weer `n e-pos aan bogemelde griffier en WW prokureurs
gerig, wat as volg gelees het:
“
Die
Verbruiker het die reg tot duidelikheid.
Die Verbruiker het die reg om Aanlyn
Inkopies te doen.
Ek gaan koffie maak.
Elmarie”
2.6 Op 13 Maart 2017 het
respondente ‘n verdere e-pos gerig aan die tersaaklike griffier
en WW prokureurs, waarvan die inhoud
as volg was:
“
Beste Hoof
Regter,
Dankie vir die kans wat u my gegun
het.
Om by u aan te sluit sal ‘n
voorreg wees op die 30ste Maart 2017 en ek sal weer ‘n plan
maak om ‘n voertuig te
leen.
Ek is oortuig dat behalwe vir die
Verbruikerswet wat Godskryend oortree is voel ek as Vrou dat my
Konstitusionele reg van my ontneem
is en dit ‘n vorm is van
Geslags diskriminasie ook is.
Dit het verreikende gevolge op
Eiendomsreg en Grondbesit indien hierdie beginsel nie volgens die Wet
korrek en juis aangespreek
word nie.
Groete
Elmarie”
(sic)
2.7 Respondente het op 14
Maart 2017 `n verdere e-pos aan die griffier en WW prokureurs gerig,
met die volgende inhoud:
“
Beste
Regter,
Ek werk nog steeds.
Elmarie”
2.8 Op 15 Maart 2017 het
respondente nog `n e-pos aan die griffier en WW prokureurs gerig,
waarin sy die volgende konstateer het:
“
Geagte
Regter,
Hierdie, wat my
aanbetref is koelbloedige ekonomies (
sic
)
moord en ek wil verneem waarom?
Dankie.
Elmarie”
[3] Respondente het geen
opponerende beëdigde verklaring geliasseer soos deur die
hofbevel gelas was nie. Respondente het egter
wel op 30 Maart 2017 in
persoon verskyn en aangedui dat sy wens die aansoek te opponeer.
Ten spyte daarvan dat ek haar aanbeveel
het om regsverteenwoordiging
te bekom en, indien sy dit nie kon bekostig nie, aansoek te doen vir
regshulp, het sy verskeie redes
aangevoer waarom sy wens in persoon
die aansoek by wyse van mondelinge betoog te opponeer. Ek het
derhalwe die aansoek dienooreenkomstig
aangehoor en aan respondente
behoorlike geleentheid gegee om my toe te spreek oor waarom die
gevorderde regshulp nie toegestaan
behoort te word nie.
[4] Die aanvanklike
aansoekstukke was in engels opgestel. Dit dien egter vermeld te word
dat respondente beweer het dat sy nie engels
magtig is nie en het
daarom daarop aangedring dat sy geregtig is dat die aansoekstukke in
die taal van haar keuse, synde afrikaans,
moet wees. Dit is vanweë
hierdie rede dat ek dit doelmatig ag om die uitspraak ook in
afrikaans te skryf.
Gevorderde regshulp
en die basis daarvoor:
[5] Die regshulp wat
applikant in terme van die vertaalde kennisgewing van mosie vorder,
is die volgende:
1.
Die respondent word
hiermee deur interdik verbied en daarvan weerhou om:
1.1
enige lasterlike
bewerings te maak oor en in verband met die applikant en om die
applikant se besigheidsonderneming deur die publikasie
van valse
bewerings oor die applikant neer te haal.
1.2
die applikant se
besigheid lastig te val en daarby in te meng en die applikant en sy
werknemers te bedreig.
1.3
onwettige
vorderings teenoor die applikant en sy werknemers te maak.
1.4
enigsins verder met
applikant se werknemers en/of beamptes te kommunikeer.
1.5
by enige gedrag
betrokke te wees wat daarop gerig is om die applikant se
werknemers daarvan te weerhou om hul pligte teenoor
die applikant uit
te voer.
1.6
in kontak te tree
met motorhandelaars en om die applikant of sy gevolmagtigde
prokureurs se naam te gebruik om voor te doen dat
sy `n motor koop
wat óf deur die applikant óf sy gevolmagtigde
prokureurs betaal sal word.
2.
Die regshulp in
bede 1.1 hierbo sal uitgebrei word na die platforms, insluitend
e-pos,facebool en twitter, maar nie daartoe beperk
nie.
3.
Die respondent word
hiermee deur interdik beveel om die prublikasies wat op facebook
gevind is en in die Hello Peter webwerf aangebied
is, hierby aangeheg
as aanhangsel “NM1”, binne vyf dae na die toestaan van
hierdie bevel te verwyder.
4.
Onderworpe aan wat
in bede ses hieronder beweer word, word die respondent deur interdik
beveel om slegs met die applikant se gevolmagtigde
prokureurs en nie
met die applikant te kommunikeer in verband met enige klag wat sy in
verband met die beweerde Automark waarborg
met betrekking tot `n 2001
Mitsubishi Colt 2.8 Clubcab TDI, met registrasienommer [...] FS mag
hê, wat op 27 Januarie 2006
van Hugo & Hugo (Edms) Bpk
handeldrywend as Hugo & Hugo Toyota in Vredenburg gekoop is.
5.
Die respondent word
hiermee deur interdik beveel om enige aksies teen die applikant
in te stel binne ses (6) weke vanaf die
datum van hierdie bevel ten
opsigte van enige eis wat uit of in verband met die beweerde
Automark-waarborg met betrekking tot `n
2001 Mitsubishi Colt 2.8
Clubcab TDI, met registrasienommer [...] FS, wat op 27 Januarie 2006
van Hugo & Hugo (Edms) Bpk handeldrywend
as Hugo & Hugo
Toyota in Vredenburg gekoop is.
6.
In
die geval dat die respondent weier om die aksies wat in bede 5
oorweeg word, binne die bepaalde tydperk van ses (6) weke in te
stel,
word die respondent belet om dit te doen en `n bevel van ewigdurende
stilswye word teen haar uitgereik ten opsigte van enige
vorderings
wat uit die beweerde Automark-waarborg ontstaan met betrekking tot `n
2001 Mitsubishi Colt 2.8 Clubcab TDI, met registrasienommer
[...] FS,
wat op 27 Januarie 2006 van Hugo & Hugo (Edms) Bpk handeldrywend
as Hugo & Hugo Toyota in Vredenburg gekoop is.
7.
Die respondent word
beveel om die kostes van hierdie aansoek op die prokureur-en-kliënt
basis te betaal.”
[6] Applikant se saak
soos in die funderende beëdigde verklaring uiteengesit, behels
die volgende.
[7]
Die deponent tot applikant se funderende verklaring is Calvyn
Nicolaas Hamman, synde die senior adjunk president van verkope
en
bemarking van applikant, gestasioneer te applikant se hoofkantoor,
Sandton. Aldus die funderende verklaring doen applikant besigheid
in
Suid Afrika, onder andere in die produksie, verkoop en verspreiding
van Toyota-voertuie, en is dit deel van die Toyota Maatskappye
Groep
wat onder die banier van Toyota Motor
Corporation
val, synde ‘
n
maatskappy wat behoorlik geregistreer en geinkorporeer is
ooreenkomstig die Japanese maatskappy wetgewing, met hoofkantoor
geleë
in Aichi Prefecture, Japan. Ek gaan vervolgens na
applikant verwys as “Toyota”.
[8] Respondente is ‘n
meerderjarige vrou, woonagtig te Wesselsbron, Vrystaat Provinsie.
[9] Op of omtrent 27
Januarie 2006 het respondente ‘n 2001 Mitsubishi Colt 2.8
Clubcab TDI 4x4 bakkie (“die bakkie”)
vanaf Hugo &
Hugo (Edms) Bpk, handeldrywend as Hugo & Hugo Toyota te
Vredenburg, Wes-Kaap, gekoop.
[10] Aldus Toyota
vervaardig dit nie Mitsubishi voertuie nie – dit val onder
Mitsubishi Motors, synde ‘n onafhanklike
Japanese vervaardiger
van ‘n afsonderlike reeks voertuie. Hugo & Hugo was
nie verbonde aan Toyota nie. Dit was
‘n onafhanklike
tweedehandse motorhandelaar wat ‘n uiteenlopende reeks van
verskillende klasse en modelle van
Toyota en ander voertuie
verkoop het. Addisioneel tot die verkoop van tweedehandse voertuie,
het Hugo & Hugo ook Toyota-vervaardigde
voertuie verkoop wat
hulle vanaf Toyota aangekoop het en aan die publiek herverkoop het.
Hoewel Hugo & Hugo klaarblyklik
nie meer besigheid bedryf nie, is
dit steeds as ‘n regsentiteit geregistreer.
[11]
Ten tyde van die aankoop van die bakkie het respondente ook ‘n
versekeringsproduk ten opsigte van die bakkie by ‘n
onafhanklike versekeraar, synde
Guard
Risk Insurance Company Limited (“Guard Risk”)
gekoop.
Die dokument ten opsigte van die aankoop van die versekering, is
aangeheg tot die funderende verklaring as aanhangsel
“CNH2”,
welke dokument respondente aan Toyota en sy regsverteenwoordigers
verskaf het as synde die dokument waarop
respondente steun vir
doeleindes van haar eis teen Toyota. In paragraaf 20 van die
vertaalde funderende verklaring word die
volgende beweer:
“
20. Soos uit
die polis blyk, is die voorwaardes waaronder die respondent die
versekeringsproduk gekoop het soos volg:
20.1 die versekeraar is uitdruklik
geïdentifiseer as Guard Risk;
20.2 die versekeraar was ook die
verskaffer van die produk;
20.3 die bemiddelaar was die handelaar
(‘n verwysing na Hugo & Hugo);
20.4 die
administrateur
was
Equals Group (Edms) Bpk;
20.5 die versekeringstydperk sou vir
25 maande in die tydperk tussen 27 Januarie 2006 tot 27 Januarie 2008
wees;
20.6 die respondent het aanvaar dat
die polis aan haar verduidelik is, dat die bogenoemde inligting
korrek was en dat sy tot die
voorwaardes van die polis toegestem
het.”
[12] Toyota dra nie
kennis van die verdere terme en voorwaardes van die polis nie,
aangesien dit nie deur respondente aan Toyota
verskaf is nie.
Toyota se begrip van die polis is egter dat dit deur respondente
gekoop was ten einde as verlengde waarborg
ten opsigte van die bakkie
te dien. In die verband wys Toyota daarop dat vanweë die
feit dat dit ‘n gebruikte
voertuig was, sou Mitsubishi as
vervaardiger se waarborg verval het en nie meer geldig gewees het
nie.
[13] Hugo & Hugo het
gebruikte voertuie onder die automark-handelsmerk verkoop. Hierdie
handelsmerk was oorspronklik deur Toyota
ontwikkel op die basis van
‘n sewe-n-twintig-punt sisteem waarvolgens gebruikte voertuie
van verskeie vervaardigers (dus
nie noodwendig beperk tot voertuie
wat deur Toyota vervaardig is nie) geassesseer word en aan streng
kwaliteitstoetse onderwerp
word. Indien die voertuie dan aan
hierdie streng toetse voldoen, word hulle deur automark
gesertifiseer. Dit word gedoen
ten einde die voertuie se
padwaardigheid en waarde vas te stel. Toyota doen nie self die
sertifisering nie, dit word deur die handelaars
gedoen. Toyota reik
ook nie die polis uit nie en verskaf geen waarborg met betrekking tot
`n gebruikte voertuig wanneer die koper
besluit om `n verlengde
waaarborg in die vorm van ‘n versekeringspolis uit te neem nie.
[14] Aldus Toyota is die
kontraktuele regte of vorderings wat respondente voortspruitend uit
die polis mag hê, teenoor Guard
Risk in sy hoedanigheid as die
versekeraar. Toyota het geen verbintenis met Guard Risk nie en
is nie ‘n party tot enige
kontrak wat respondente met
betrekking tot die aankoop van die bakkie gesluit het nie. Toyota het
nie die bakkie aan respondente
verkoop nie, het ook nie die polis aan
respondente verkoop nie en het ook nie enige waarborg met betrekking
tot die bakkie aan
respondente verskaf nie.
[15] Teen die agtergrond
hierbo uiteengesit het respondente die eerste keer met Toyota kontak
gemaak gedurende ongeveer November
2009. Sy het met Mnr Daniel
Japhta, ‘n sake-bestuurder in die kliënte diens afdeling,
gepraat en haar bekla dat die
bakkie afgeskryf was, as gevolg waarvan
sy `n nuwe voertuig moes aankoop. Respondente het Mnr Japhta
ook ingelig dat herstelwerk
op `n sekere stadium aan die bakkie
gedoen was by ‘n Toyota handelaar in Wesselsbron.
[16]
Die koste van voormelde herstelwerk het R40 000-00 beloop, welke
respondente nie betaal het nie en wat daartoe aanleiding
gegee het
dat regsaksie teen haar ingestel was. Aldus Toyota is
Wesselsbron Toyota `n regsentiteit apart van Toyota (net
soos Hugo &
Hugo) en hoewel dit besigheid doen in die verkoop en herstel van
Toyota-vervaardigde voertuie, handel dit nie as
`n agent namens of as
`n konsessiehouer
v
an
Toyota nie. Dit was egter nie duidelik wat respondente van
Toyota verwag het na aanleiding van haar klagte nie. Nadat
respondente Mnr Japhta egter voorsien het van die besonderhede van
die bakkie, het Mnr Japhta deur middel van die onderskrywer,
synde
Inovation Group (voorheen Equals Group (Edms) Bpk), vasgestel
dat respondente geen eis in terme van die polis ingestel
het nie,
welke polis op 27 Januarie 2008 verval het. Daarop het Mnr
Japhta op 23 November 2009 `n skrywe aan respondente
gerig waarin hy
haar meegedeel het dat na behoorlike ondersoek van die aangeleentheid
deur Toyota kliënte diens en Automark
Suid-Afrika, Toyota haar
nie verder behulpsaam kan wees nie en die aangeleentheid as
afgehandel beskou. Die verduideliking
vir hierdie
gevolgtrekking in die skrywe lees onder andere as volg:
“
Effectively the Automark
Warranty, Registration Schedule EZ07335 inception was 27/01/2006 and
has expired on 27/01/2008. During
this period no claims were
submitted on the policy and because the repair incidents on
February 2007 and August 2007 have
been more than two years ago,
Innovation Group is unable to be of any assistance regarding this
matter.”
Respondente was egter in
die skrywe uitgenooi dat indien sy as gevolg van Toyota se
standpunt die aangeleentheid sou wou verder
neem, sy dit na die
Ombudsman vir die motorbedryf kon verwys vir ‘n onafhanklike
beslissing van die aangeleentheid. Die besonderhede
van die Ombudsman
was in die skrywe aan respondente verskaf. Daar was
voorts aangedui dat Toyota sal berus by die beslissing
van die
Ombudsman.
[17] Respondente was
klaarblyklik nie tevrede met bogemelde uitkoms nie en het op 13
Januarie 2010 ‘n e-pos aan Mnr Guy Keeling
gerig, met die
volgende inhoud:
“
Hi, Mr Guy Keeling, can this
matter be resolved and decision forwarded by this afternoon? (13
January 2010) If not I have no other
recourse than to file a legal
matter.
(sic)
Can
you supply me with a physical address for Toyota SA. On the 26
January 2010 this is outstanding for four years!!!”
[18] Respondente het nie
uitvoering gegee aan laasgenoemde dreigement van regsaksie nie.
Toyota het egter in ieder geval die
aangeleentheid as afgehandel
beskou. Toyota het nie weer van respondente verneem tot
ongeveer November 2014 nie, op welke
datum die deponent ‘n
boodskap ontvang het dat hy ‘n bepaalde kliënt moes skakel
wie ‘n boodskap gelaat
het. Die kliënt het toe
tydens hul gesprek geblyk respondente te wees en het die deponent ten
tyde van hul gesprek agtergekom
dat die aangeleentheid uit
etlike jare tevore dateer. Hy het gevolglik respondente versoek
om haar klagte op skrif
te stel, wat sy wel op of omtrent 24 November
2014 gedoen het (dit dien vermeld te word dat die skrywe op sigwaarde
gedateer is
27 Augustus 2010, maar tog in die inhoud daarvan verwys
na 15 Desember 2014 as `n sperdatum vir `n antwoord tot die skrywe).
`n
Faktuur van respondente was ook aangeheg tot hierdie skrywe wat
die bedrag van R33 013 638-89 aangedui het as, onder
andere, respondente se verlies aan inkomste, reiskoste, regskoste,
mediese koste en skadevergoeding vir laster. Ek sal terugkeer
na die gedetailleerde inhoud van die skrywe.
[19] Nadat die
aangeleentheid verder ondersoek was, het die deponent op 2
Desember 2014 namens Toyota ‘n e-pos aan respondente
versend,
aanhangsel “CNH7” tot die funderende verklaring, waarin
aangedui was dat nadat Toyota respondente se polis
met Guard Risk
nagegaan het, welke polis respondente aan die deponent verskaf het op
sy versoek op 27 November 2014, Toyota nie
bereid is om enige
aanspreeklikheid vir enige eis te aanvaar nie. Respondente was
weereens uitgenooi om die aangeleentheid
na die Ombudsman te verwys
indien sy van oordeel was dat sy onbillik behandel is.
[20] Respondente het op
voormelde datum per e-pos geantwoord en gedreig om Toyota se
naam in die media te skend, waarop die
deponent dit nodig geag het om
respondente te waarsku dat enige aksie deur haar in hierdie verband
versigtig oorweeg moes word,
aangesien Toyota nie sou huiwer om sy
handelsmerk teen onregmatige optrede te beskerm nie.
[21] Respondente het
daaropvolgend per e-pos in verbinding getree met Dr Johan van Zyl,
voorheen die hoof uitvoerende beampte van
Toyota Suid-Afrika, hoewel
hy sedertdien na België verhuis het, waar hy as hoof uitvoerende
beampte van Toyota Motor Corporation
vir Europa- en Afrika
streke optree. Voortspruitend uit kommunikasie tussen hulle,
het Dr van Zyl eventueel op 4 Mei
2015 in ‘n e-pos aan
respondente bevestig dat Toyota voorheen die saak ondersoek het, dat
die uitslag daarvan deur die deponent
aan haar gekommunikeer was en
dat Dr van Zyl die aangeleentheid dus as afgehandel beskou.
[22] Nadat respondente op
5 Mei 2015 weer in `n e-pos aan Dr van Zyl gevra het op welke feite
voormelde besluit berus, het Toyota
op 13 Mei 2015 ‘n skrywe
per e-pos aan respondente gerig, aangeheg as aanhangsel “CNH11”
tot die funderende verklaring,
waarin dit formeel aan respondente
oorgedra was dat die aangeleentheid volledig ondersoek was deur die
regsafdeling van Toyota,
dat Toyota steeds die aangeleentheid as
afgehandel beskou en dat respondente geen verdere eise teen Toyota in
hierdie aangeleentheid
het nie. Respondente was egter weereens
in laasgenoemde skrywe uitgenooi om die aangeleentheid na die
Ombudsman te verwys
en dat Toyota sal berus by enige beslissing deur
die Ombudsman gemaak. Respondente was ook ingelig van haar reg
om formele
regsaksie in te stel. Respondente was voorts versoek dat
enige verdere korrespondensie aan Toyota, indien enige, aan die
regsafdeling
van Toyota gerig moes word, aangesien die regsafdeling
deur die uitvoerende bestuur van Toyota gevolmag was om die
aangeleentheid
te hanteer.
[23] Respondente het
eventueel wel ‘n klagte na die Ombudsman verwys, maar blyk die
volgende uit hulle terugvoering daarop,
gedateer 3 September 2015,
aangeheg as aanhangsel “CNH13” tot die funderende
verklaring:
“
We have studied all submissions
made available to this office and comment as follows:
According to South African Automotive
Industry Code of Conduct, if a case is not lodged within 3 years
after complainant became
aware, this simply means the Motor Industry
Ombudsman has no jurisdiction.
We do however thank you for having
approache this office with your complaint and confirm that we will be
closing our file accordingly.”
[24] Aldus Toyota se saak
het respondente, ongeag die feit dat sy haar beweerde regte nie tydig
en deur die gepaste kanale uitgeoefen
het nie, gegewe dat haar
beweerde skuldoorsaak reeds in 2006 ontstaan het, voortgegaan om
ongevraagde kommunikasie aan Toyota,
sy personeel, sy beamptes en
verskeie derde partye te stuur. Hierdie kommunikasie het onder
andere die volgende ingesluit:
1.
‘
n
E-pos aan Me Khan van Browne Brodie prokureurs op 20 Mei 2015, waarin
Mnr Kekana van die Openbare Beskermer se kantoor ingekopiëer
was, met die versoek dat respondente se aangehegte faktuur dringend
na Wesbank, Dr van Zyl en Mnr O’ Tugenhaft van Pinnacle
Protection Enterprises aangestuur moes word, en met die opmerking:
“
I would like
to purchase a new vehicle and somehow nobody is taking this serious.”
Toyota het vasgestel dat
Me Khan van Browne Brodie prokureurs vir Absa verteenwoordig in ‘n
skuldinvordering teen respondente
wat in litigasie ontwikkel het.
2.
‘
n
Facebook-plasing op die blad van “Special Assignment: The
Official Page”, welke ‘n akktualiteitsprogram
op SABC
is. Hierdie plasing is gedateer 1 Junie 2015 met die
versoek dat respondente dringend voorsien word van die
e-pos adres
van die Openbare Beskermer met betrekking tot rassisme ten opsigte
van Toyota. Aldus Toyota het respondente die naam
Toyota eksplisiet
vermeld en beklemtoon met die hutsteken -
#
Public
Protector#Toyota#Justice
.
Toyota beweer dat die hutsteken aldus deur respondente gebruik was om
die maksimum publisiteit en bewusheid van die plasing
te verseker,
aangesien die plasing sou opduik indien iemand die woord “Toyota”
in Facebook sou soek met behulp van
die soek-funksie daarvan.
3.
‘
n
Facebook-plasing op die blad “Lug Jou Opinie / Raise Your
Opinion”, gedateer 5 Junie 2015, waarin respondente berig
het
dat sy vir ‘n antwoord wag vanaf Toyota ten opsigte van die
“Automark Warranty” en kostes wat aangegaan is.
Hierdie plasing het ‘n skakel bevat na die
“hellopeter.com”-blad met klagtes teen Toyota.
4. ‘n
Facebook-plasing op die “Informasie Kommunikasie / Information
Communication”-blad op 5 Junie 2015, weereens
met ‘n
skakel na die “hellopeter.com”-blad bevattende klagtes
teen Toyota.
[25]
Die klagte wat op die hellopeter.com-blad gemaak was, waarna
bogenoemde
skakels verwys, het as volg gelees, soos blyk uit aanhangsel “CN18”
tot die funderende verklaring:
“
Expenses
Incurred due to Toyota Negligence
Toyota/Automark refuses to pay costs
and damages incurred due to their negligence in repairing the vehicle
as per their Automark
Warranty.”
[26] Geen verdere
kommunikasie was vanaf respondente ontvang nie tot 3 Junie 2016, op
welke datum sy ‘n navraag tot Toyota
se webtuiste gerig het,
welke navrae op ‘n geoutomatiseerde wyse hanteer word. In
hierdie navraag het sy versoek dat
‘n nuwe voertuig by haar
woning in Wesselsbron afgelewer word en dat die faktuur ten opsigte
van daardie voertuig na McCarthy
Finance of Dr van Zyl gestuur moes
word.
[27] Op 7 Junie 2016 het
respondente ‘n verdere e-pos versend aan Me Khan en Dr van Zyl,
waarby individue betrokke by Audi
ingekopiëer was, sowel as die
Ombudsman, Wesbank en die kantoor van die Openbare Beskermer.
Hierdie e-pos het, onder
andere, as volg gelees:
“
Could you be
so kind to ensure the INJUSTICE and UNFAIRLY treated situation is
handled. Replace my vehicle and costs incurred.
This is the requested replacement
vehicle which I would like to be delivered to my address, with a 5
year Maintenance plan, extended
warrantee and insurance. The
colour in white.”
Respondente versoek dan
‘n Audi R8-Coupe voertuig en verskaf sy die kontaknommer van
ene Elvah as die verkoopspersoon.
Die e-pos het voorts die
volgende stateer:
“
Also ensure
that all my legal costs are reimbursed and I am cleared from ITC.
You are victimizing me which I do not
appreciate.
Your urgent
response are welcome.
(sic)
I would not like to involve the social
media.”
[28] Op 17 Junie 2016 het
respondente ‘n e-pos versend aan Toyota Finansiële
Dienste, Me Liz Becker van Toyota, Dr van
Zyl, die Ombudsman, Mnr
Kekana van die Openbare Beskermer se kantoor, LHC Global Systems, Red
Pepper, NUMSA, Media24, Spacemail
en RBI. Die inhoud van
hierdie e-pos, welke aangeheg is tot die funderende verklaring as
aanhangsel “CNH22”,
was die volgende:
“
Can you
urgently confirm from which dealer I can collect my Lexus Sport in
white?
I am somebody
please do not ignore the e-mail again as it is deformation (
sic
)
of my character.
Your sincere input will be
appreciated.
I am not going to go away until I am
placed in the position I was before the incident.”
[29] Op 20 Junie 2016 het
Me Becker van Toyota geantwoord deur weereens die versoek dat alle
korrespondensie aan Toyota se regsafdeling
gerig moes word, herhaal.
Op 24 Junie 2016 het Me Reddy van Toyota se regsafdeling ‘n
skrywe aan respondente gerig
waarin weereens bevestig was dat die
aangeleentheid deeglik ondersoek was, dat die uitkoms daarvan aan
respondente gekommunikeer
was, dat Toyota die aangeleentheid as
afgehandel beskou en dat die Ombudsman as ‘n onafhanklike en
onpartydige liggaam die
aangeleentheid oorweeg het en bevestig het
dat respondente geen verdere eis teen Toyota het nie. Hierdie
skrywe is aangeheg
tot die funderende verklaring as aanhangsel
“CNH23”.
[30] Op dieselfde datum
en klaarblyklik nie tevrede met Toyota se verduideliking nie, het
respondente ‘n e-pos geadresseer
aan Me Reddy, Mnr Kekana, die
Ombudsman en versekeie individue van News24, NUMSA, Media24,
Spacemail, RBI, Huisgenoot, E-TV, Afriforum
en Solidariteit, waarin
sy versoek het dat Toyota dringend redes verskaf vir hulle weiering
om ‘n geldige waarborg te erken.
[31] Op 29 Junie 2016 het
respondente ‘n e-pos aan Me Reddy gerig waarin sy, onder
andere, weereens aangedring het op
die lewering van `n wit Audi
Sport voertuig:
“
Dear Toyota,
Attached you will find a file with:
An unpaid invoice for a Valid Automark
Warranty Claim on my vehicle.
4% administration cost each month from
end 1 July 2016 will apply.
I am looking for a Audi Sport model,
in the colour white.
I will call a witness.”
Aangeheg tot die e-pos
was ‘n faktuur in die bedrag van R28 360 088-00, die
betaling waarvan respondente vanaf Toyota
geëis het. Die
e-pos, tesame met die faktuur, is aangeheg as aanhangsels “CNH26”
en “CNH27”
tot die funderende verklaring.
[32] Me Reddy het op
dieselfde dag per e-pos geantwoord, aanhangsel “CNH28”
tot die funderende verklaring, en herhaal
dat respondente nou al
meerdere kere daarop gewys is dat sy geen geldige eis gegrond op ‘n
waarborg teen Toyota het nie.
Respondente was ook weereens
ingelig dat Toyota al sy regte voorbehou indien respondente sou
volhard om voort te gaan met die aangeleentheid.
[33] Op dieselfde dag het
respondente Me Reddy geantwoord in drie verskillende e-posse,
aanhangsels “CNH29” tot “CNH31”
tot die
funderende verklaring. Hierdie e-posse het die volgende behels:
1. In die eerste e-pos
het respondente aangedring op die betaling van haar faktuur daardie
selfde dag. Sy het ook weer na
twee Facebook-skakels verwys.
2. Die tweede e-pos het
as volg gelees:
“
My request
is very simple and fair:
Remove me from ITC.
Put me back in the position which I
was before the incident.
Pay me damages done to me as a person
and settle this incident. It will cost you more in a court
case.
I am looking for an
Audi Sport Model in White, with a 5 Year Maintenance Plan, 3 Year
Extended Warrantee with Dent & Scratch
Cover
.
”
3. In die derde e-pos,
wat aan Me Reddy, Martha Motsatsi en Me Khan gerig was, het
respondente weereens beweer dat Toyota verantwoordelik
is vir die
waarborg. Sy het weereens aangedring op die betaling van haar
faktuur, welke aangeheg was tot laasgenoemde e-pos.
[34] Op 1 Julie 2016 het
respondente die volgende e-pos aan Me Reddy gerig:
“
I will
arrange to be at John Williams, Welkom Free State, this morning.
Please confirm as I will have to make
Taxi arrangements from my home, which is 40km from
Welkom.
It is too cold to walk this morning
and my health is deteriorating. I can send you the Dr’s
Report and costs too on
the effect this unfairness had on it.”
Respondente het dus
klaarblyklik gesuggereer dat Toyota vir die aankoop van ‘n
voertuig moes betaal, welke voertuig Respondente
daardie oggend vanaf
die motorhandelaar wou afhaal. In antwoord hierop het Me Reddy
op 1 Julie 2016 in ‘n e-pos opnuut
verwys na vorige
korrespondensie en bevestig dat Toyota volhard met sy standpunt in
die aangeleentheid en dat geen reëlings
derhalwe met die
handelaar getref sou word soos deur respondente vereis nie.
[35] Respondente het in
daaropvolgende e-posse die fisiese adres van Me Reddy aangevra en
aangedui dat sy dit benodig vir regsdoeleindes.
In ‘n
e-pos van 5 Julie 2016 het respondente onder andere as volg vermeld:
“
Still
awaiting your reply to the reason for why a Claim was not
received/submitted by Toyota?
Toyota at the time was underwriter of
the Automark Warranty?
Please I am asking nicely to
re-consider your decision and decide on a goodwill gesture at least.
Also I would like your physical
address for Legal Purposes.”
[36] In antwoord hierop
het Me Reddy weereens aan respondente ‘n e-pos gestuur,
aanhangsel “CNH37”, waarin sy
aangedui het dat Toyota
reeds oor ‘n lang tydperk respondente se navrae met betrekking
tot die waarborg beantwoord het en
deurentyd bevestig het dat Toyota
nie ag aanspreeklik te wees vir respondente se vordering nie.
Voorts het Me Reddy aangedui
dat Toyota die aangeleentheid as
afgehandel beskou en dat Toyota nie bereid is om in verdere
kommunikasie in die verband betrokke
te wees nie, tensy dit via
Toyota se prokureurs geskied.
[37] In antwoord hierop
het respondente weereens ‘n epos aan Me Reddy gerig op 5 Julie
2016, aanhangsel “CNH38”,
waarin sy as volg vermeld het:
“
You
acknowledged that the claim was not submitted.
I want to know why? You surely
thought I was a woman and therefore you still believe you can get
away with it?
You were fully aware of the Automark
Warranty as it was registered in your database and I have received
confirmation as such.
I will see an attorney as per your
advice and you will be billed for it.”
[14] Vanweë
respondente se ingesteldheid het Toyota vir WW prokureurs opdrag
gegee om `n formele skrywe aan respondente te
rig. Hierdie skrywe,
gedateer 19 Julie 2016, is aangeheg as aanhangsel “CNH39”
tot die funderende verklaring
en lees, onder andere, as volg:
“
3.
Our client instructs us that:
3.1 Our client has
already informed you that it disputes being liable to you in any
manner or for any amount.
3.2 Our client has
no intention to litigate this matter by way of correspondence and
will not engage you any further
via email or other correspondence.
3.3 To the extent
that you are of the view that you are entitled to seek legal relief
against our client then
you are of course entitled to follow any such
lawful and appropriate course of legal action and/or proceedings to
seek a resolution
of your alleged claim. Any such proceedings
will be opposed by our client. We are further authorised to
accept service
of any legal proceedings by the Sheriff....
3.4 Your threat to
‘involve the media’ is noted by our client and our client
cautions you that our
client will take whatever legal action is
necessary to protect itself against or recoup any loss occassioned by
any unlawful statements
publicised by you in the media.
3.5 Your further
threat to ‘involve the police’ is also unfounded as no
part of your alleged claim
is criminal in nature. Your alleged
claim is of a civil nature and our client repeats what is stated in
paragraph 3.3 above.”
[38] In ‘n e-pos
gedateer 19 Julie 2016, gerig aan Me Erasmus en Mnr Holfeld van WW
prokureurs, aanhangsel “CNH40”,
het respondente as volg
“
Best Toyota
take
(sic)
responsibility,
I have no other option than to take this to the media and the police
because it has become a criminal act.
The general public can
decide.
Why are they not taking
responsibility?
Your letter in
itself is “deformation (
sic
)”
of my character so you will not be left out. You have until the
29th of July 2016 at 17h00. Attached find my
invoice for
payment, send proof of payment to my e-mail.
Yours sincerely
Miss Elmarie Weppener
You will be charged 4% interest from
the 30th of July 2016.
I am not Madam....”
‘
n
Kopie van respondente se faktuur vir die bedrag van R28 360 088-00
was weereens aangeheg tot haar e-pos.
[39]
Op 27 Julie 2016 het respondente ‘n versoek aan Mnr Sammons van
Pharaoh Auto Investments, `n motorhandelaar, gerig en
versoek dat ‘n
kwotasie aan Mnr Holfeld gestuur moes word vir die aankoop van ‘n
Bentley-voertuig wat sy verwag het
aan haar voorsien moes word deur
Toyota . Mnr Sammons, wat klaarblyklik onder die indruk was dat
respondente
bona
fide
was,
het op dieselfde dag ‘n e-pos aan Mnr Holfeld gestuur en hom
van ‘n kwotasie vir die Bentley voorsien. Mnr
Sammons se
e-pos en kwotasie (in die bedrag van R3 273 704-70) is
aangeheg totdie funderende verklaring as aanhangsel
“CNH42”.
[40]
Op 29 Julie 2016 het respondente ‘n e-pos aan Mnr Reid van Audi
Centre Menlyn gestuur met die versoek dat ‘n kwotasie
aan Mnr
Holfeld gestuur moes word ten opsigte van’ n Audi R8-voertuig
en in die e-pos aangedui dat sy uitsien na die spoedige
aflewering
van die Audi-voertuig. Respondente het ook `n afskrif van haar
identiteitsdokument en bewys van woonadres aan Mnr Reid
verskaf,
aangesien hy aangedui het dat hy dit benodig ten einde die
Audi-voertuig in respondente se naam te registreer. Mnr Reid,
wat ook
onder die indruk was dat respondente
bona
fide
handel,
het dieselfde dag ‘n e-pos vir Mnr Holfeld gestuur en hom van
‘n koopaanbod vir die Audi R8 voorsien.
Sy e-pos en
aangehegte kwotasie (in die bedrag van R3 420 758-00) is
aangeheg as aanhangsel “CNH43A” tot
die funderende
verklaring.
[41] Op 30 Julie 2016 het
respondente ‘n Facebook plasing op die bladsy van “Reuters
Legal” gemaak, waarin sy,
onder andere, beweer het dat Toyota
sukkel om fakture te betaal en sy waarborg na te kom. Hierdie
plasing lees as volg:
“
TSAM Toyota
Tsb - Africa struggling to pay Invoices and honour warranty, is this
a sign to withdraw from the giant...
#Toyota#TSAM#TSB#Japan#World#Economy#Highrisk#
honourwarranties#Service?#WFF#National
”
Aldus Toyota is die
gebruik van die hutstekens op bogemelde wyse daarop gemik om soveel
as moontlik publisiteit daarvan te weeg
te bring.
[42] Op 16 Augustus 2016
het respondente ‘n e-pos aan Mnr Holfeld van WW prokureurs
gestuur, waarin City Press, Red Pepper,
Media24 en Huisgenoot
ingekopiëer was en waarby ‘n kopie van die tersaaklike
Automark waarborg ingesluit was.
Sy het versoek dat sy gekontak
word ten opsigte van die aangeleentheid aangesien sy glo dat ook
ander persone hulle in dieselfde
situasie as syself bevind.
[43] Op 1 Augustus 2016
het Mnr Holfeld e-posse aan Mnr Sammons en Mnr Reid gestuur en met
verwysing na die kwotasies wat ongevraagd
ontvang was, aangedui dat
insoverre dit die verwagting is dat Toyota aanspreeklik is vir of
verplig is om die tersaaklike voertuig
in die onderskeie kwotasies
aangedui, te betaal, ontken Toyota dat dit onder enige sodanige
verpligting is. Aldus Toyota
se saak was dit nodig om hierdie
e-posse te stuur aangesien respondente ‘n vals indruk van
Toyota onder lede van die publiek
geskep het.
[44] Op 1 Augustus 2016
het Mnr Lendhoff dit onder die aandag van Toyota gebring dat
respondente ‘n afskrif van haar faktuur
in ‘n privaat
boodskap na Toyota se Facebook-bladsy gestuur het en waarin sy die
volgende woorde van en aangaande Toyota
stateer het:
“
Victimisation
through deformation (
sic
)
of Character and pure Racism and Gender Violence (
sic
).
PAY MY INVOICE. Dankie.”
Die
faktuur wat by hierdie boodskap ingesluit was, het die gevorderde
bedrag aangedui as “R29 494 491 52-00”
(
sic
).
[45] Op 2 Augustus 2016
het respondente ‘n e-pos aan Mnr Holfeld, Mnr Reid, Mnr Sammons
en ‘n ander persoon verbonde
aan Pharaoh Auto Investment, Red
Pepper en E-Tv gestuur, waarin sy Mnr Holfeld as volg versoek
het:
“
URGENTLY GET
TOYOTA SA TO STOP VICTIMISING ME WITH PHONE CALLS AND ABUSE”.
Respondente het ook weer
aangedring op die nakoming van die Automark waarborg en die betaling
van haar “opgedateerde faktuur
vir viktimisasie”. Wat
betref die betaling, het sy as volg vermeld:
“
As agreed in
Cash is fine, I do not trust you.”
[46] Op 9 Augustus 2016
het respondente ‘n plasing op haar persoonlike Facebook-bladsy
gemaak, met skakels na die Toyota Global
webtuiste. Hierdie
plasing dui aan die bokant daarvan aan “feeling heartbroken”
en lees as volg:
“
As Vrou,
Moeder, Vriendin, Dame vra ek Maatskappye om Eerlike besigheids
Etiket aan ons Kinders te demonstreer vir Ekonomiese Vooruitgang.
Eer Jou Maatskappy se etiese kode.” (
sic
)
Voormelde plasing is dan
direk daaronder in Engels herhaal. Respondente het haar faktuur
by hierdie plasing ingesluit, welke
faktuur die bedrag van R57 494
491-52 aangedui het.
[47] Op 31 Augustus 2016
het respondente ‘n e-pos gerig aan Mnr Holfeld, die kantoor van
die Openbare Beskermer en die Ombudsman,
wat as volg gelees het:
“
I don’t
seem to get answers on why and I have no attorney?
What is happening?
See attached invoice.
I want my things back.
Should I go on hunger strike.”
Die faktuur wat daartoe
aangeheg is, reflekteer die bedrag van R58 614 491-52.
[48] Op 11 Augustus 2016
het WW prokureurs ‘n skrywe aan respondente gerig waarin Toyota
se posisie weereens uiteengesit is
en verduidelik is dat respondente
nie geviktimiseer was nie.
[49] Op 2 September 2016
het WW prokureurs ‘n skrywe, gedateer 1 September 2016, aan
respondente per e-pos versend, waarin
die geskiedenis van die
aangeleentheid en ‘n opsomming van respondente se handelinge
tot op daardie datum in redelike besonderhede
uiteengesit was.
Respondente was ook geadviseer dat enige vordering wat sy mag hê
waarskynlik lank reeds verjaar het.
Die skrywe is met die
volgende gevolgtrekkings en aanmanings afgesluit:
“
13.
It has become clear to our client that you have chosen not to
lawfully seek legal relief against our client.
You are instead
attempting to persistently malign our client’s reputation and
goodwill as well as harass our client’s
employees and
officers. Your conduct is in all respects unlawful.
14. Our client therefore demands that
you desist from:
14.1 Sending any further
communication on this matter to our client’s employees and/or
officers; and
14.2 Sending any further
communication on this matter to any third party;
14.3 Making any further public
comment on this matter; and
14.4 That you take steps to remove any
public comment on this matter already published by you in a public
forum, digital or otherwise.
15. If our client does not receive
your written undertaking to comply with paragraph 14 above, within
seven days of date of this
communication, our client will have no
choice other than to launch the necessary legal proceedings to obtain
an order interdicting
your unlawful behaviour and that you should pay
our client’s legal costs incurred in doing so.
16. All of our client’s rights
remain reserved.”
[50] Respondente het in
`n e-pos gedateer 2 September 2016, op laasgenoemde skrywe
geantwoord. Daarin was, onder andere, as
volg beweer:
“
Your client
acknowledge the Automark Warranty.
Why did Toyota SA and its Dealer
Network, knowing all that is in your letter, not forward the correct
information to myself and
the Company which is implied now, at that
time for the Automark claim settlement?...
Why did your client take 10 years
after numerous phone calls and emails (I have kept them all).
It confirms the claim to
Victimise/Deform/Abuse Intentionally and substantiate my loss.
Your client discriminated based on
my gender thinking I would just go
away and accept their unethical behaviour.
If not I will go into the world with a
Hunger Strike from the 8th of September 2016 at 06h00 which will draw
the attention of the
media...
Enjoy your weekend and thank you for
all your effort. I don`t have money, car, belongings of any nature,
therefor I have nothing
to loose and my health has suffered a great
deal too....
Please can you refrain from
threatening/abuse/deform/economically rape me.”
In gemelde skrywe word
ook weer betaling van respondente se faktuur, gedateer 29 Augustus
2016, geëis in die bedrag van R58 614 491-52.
[51]
Op 5 September 2016, en steeds in reaksie op WW prokureurs se skrywe
van 2 September 2016, het respondente `n e-pos versend
wat bloot lees
“
Vertaal:
Engels
”
.
In `n verdere reaksie van respondente daarop, het respondente
in ‘n e-pos aan WW prokureurs, gedateer 8 September
2016,
aangedring dat `n afrikaanse kopie van die aanmaningskrywe aan haar
verskaf word, aangesien sy glad nie die engelse regsterme
verstaan
nie. Hierdie versoek was ook in engels herhaal. Sy het
die e-pos met die volgende opmerking afgesluit:
“
My hunger
strike started yesterday my body mass was 57 kg.”
[52] Op 9 September 2016
het respondente die volgende e-pos aan `n verskeidenheid veelvuldige
individue en instansies gestuur.
Daarin het sy versoek dat haar
hongerstaking petisie ondersteun en onderteken word, welke
hongerstaking sy as volg beskryf het:
“
Hungerstrike
– Eetstaking vir Constitutional Rights for Women AGAINST
CORRUPTION (ECONOMICAL RAPE) VICTIMISATION / ABUSE FOR
PEACE”
[53] Ten einde
respondente te akkommodeer, het WW prokureurs wel op 21 September
2016 `n afrikaanse weergawe van hul aanmaningskrywe
van 1 September
2016 aan respondente per e-pos versend. In daardie e-pos was ook as
volg vermeld:
“
As already
indicated in our letter of 19 July 2016, our client has no intention
to litigate this matter by way of correspondence
and will not engage
with you telephonically. Our client`s position is as set out in our
letter of 1 September 2016 (emailed to
you on 2 September 2016).”
[54] Aldus Toyota was
respondente egter onverbiddelik en het sy daarna steeds talle e-pose
aan WW prokureurs gestuur, waarvan sommige
aangeheg is tot die
funderende verklaring as aanhangsels “CNH63” tot
“CNH78”. By nalees daarvan blyk
die volgende onder
andere:
1.
Respondente
het aangedring op ‘n afrikaanse “Automark Toyota
Waarborg”.
2.
In ‘n
e-pos aan WW prokureurs, gedateer 7 Oktober 2016, het respondente die
volgende geskryf:
“
Ek wil met
baie mense gesels oor die hele wêreld????????????????????”
3.
Respondente
het in verskeie e-posse steeds aangedring op die betaling van haar
faktuur.
4.
In
verskeie van die e-posse is “YouTube” skakels ingesluit,
wat klaarblyklik telkens bepaalde en bekende liedjies (“
songs
”
)
behels het.
5.
Nadat
verskeie fakture deurentyd aan WW prokureurs versend was, het die
laaste faktuur in ‘n e-pos van 22 November 2016 die
verhoogde
gevorderde bedrag van R1 079 953 161-00 reflekteer.
[55] Met verwysing na die
verloop van bogemelde gebeure, wys Toyota in die funderende
verklaring daarop dat respondente tot op datum
daarvan nog geen hof
genader het ten einde haar beweerde geskende regte te verdedig nie.
Aldus Toyota hou respondente bloot
aan met haar onregmatige gedrag,
wat nie slegs lasterlik van en neerhalend teenoor Toyota is nie, maar
wat ook op afpersing en
teistering neerkom.
Gevorderde regshulp
en die tersaaklike regsbeginsels:
[56] Dit is geyk dat die
volgende die vereistes vir ‘n permanente interdik is:
“
1. A clear
right on the part of an applicant.
2.
An
injury actually committed or reasonably apprehended.
3.
The absence of any
other satisfactory remedy available to the applicant.”
Sien
Erasmus:
Superior Court Practice
,
DE van Loggerenberg
et
al
,
Elektroniese Uitgawe, op RS1, 2016, D6-12.
[57]
Mnr Bester, wie namens Toyota verskyn het, het ten tyde van die
aanhoor van die aansoek aan my ‘n kopie verskaf van die
ongerapporteerde beslissing deur Murray, WR onder saaknommer
3592/2016,
Flocutt
(Pty) Ltd v Joachem Eisenberg
,
welke uitspraak gelewer was op 20 Oktober 2016. ‘n
Opsomming van die vereistes van laster, sowel as die tersaaklike
beginsels ten opsigte daarvan, is as volg in paragrawe [5] tot [7]
van daardie uitspraak uiteengesit:
[5]
Defamation has been defined as the intentional infringement of
another person's right to his good name, or as a wrongful and
intentional publication of defamatory material that refers to the
complainant. For defamation to exist, there must have been
publication
of the posts; their contents must have impaired the
Applicant's reputation or good name; they must have wrongfully
infringed the
Applicant's personality right to reputation; and the
Respondent must have had the intention
(animus
iniuriandi)
to
impair the Applicant's reputation.
[6]
It is trite that not only private individuals, but also legal
persona, such as the Applicant in this case, have a right to their
good name and unimpaired reputation and that the
dignitas
of
companies can also be infringed. It is trite, furthermore, that the
business reputation of trading corporations may be protected
by
courts. Artificial persons, like the Applicant, need not prove actual
financial loss or prejudice - only that such loss or prejudice
is
likely.
[7]
Normally an Applicant bears the onus to establish that the
publication of defamatory material that refers to the Applicant has
infringed his right to his good name or reputation. The Applicant has
to prove, furthermore, that the Respondent was responsible
for the
publication. The Respondent then bears the onus of rebutting two
presumptions, namely those of wrongfulness and intention,
by
establishing a defence. His failure to do so, results in liability.”
Ek vereenselwig my met
bogemelde uiteensetting van die tersaaklike beginsels.
[58] Soos ter aanvang in
hierdie uitspraak vermeld, het respondente nie ‘n opponerende
verklaring geliasseer nie, ten spyte
daarvan dat sy meerdere
geleenthede en voldoende tyd daartoe gehad het. Die bewerings
deur Toyota gemaak in die aansoekstukke
staan dus onbetwis.
[59] Respondente het ten
tyde van haar betoog aangedui dat sy as verbruiker die reg het om
beskerm te word en dat sy vir doeleindes
daarvan steun op artikel 4
van die Wet op Verbruikersbeskerming, 68 van 2008 (“die Wet”).
Mnr Bester het in sy
repliek daartoe gesubmiteer dat respondente nie
op laasgenoemde wetgewing kan steun nie, aangesien die
onderhawige transaksie
met betrekking tot die bakkie gesluit was voor
die inwerkingtreding van die Wet. Ek moet met Mnr Bester se
submissie saamstem.
Die Wet het in werking getree op 31 Maart
2011. In terme van artikel 122 van die Wet tree die Wet in
werking ooreenkomstig
Item 2 van Skedule 2 tot die Wet. By
nalees van Skedule 2 is dit duidelik dat artikel 4 van die Wet nie
terugwerkend op die
onderhawige transaksie van toepassing is nie.
[60] Verder was dit
respondente se kontensie dat haar kommunikasie in die onderhawige
aangeleentheid daarop gerig is om juiste inligting
te verkry te einde
‘n ingeligte besluit te kan neem. Aldus respondente is sy
oortuig dat daar baie ander verbruikers
is wat hulle in situasies
soortgelyk as hare bevind en was van haar e-posse en plasings op
sosiale media daarop gerig om sodanige
verbruikers bewus te maak van
hul regte en hulle sodanig behulpsaam te wees. Aldus
respondente het Toyota se optrede in die
onderhawige geval haar
algemene regte as verbruiker “arresteer”.
Clear right:
[61] Dit is Toyota se
saak dat Toyota nie ‘n kontraktant was tot die
waarborg-transaksie nie. Toyota kan dus nie voorspruitend
daaruit verpligtinge teenoor respondente hê en/of aanspreeklik
wees vir enige vordering van respondente nie. Enige
vordering
wat respondente moontlik mag hê voortspruitend uit die waarborg
sal teenoor Guard Risk wees.
[62]
Sonder om dit te beslis, blyk laasgenoemde submissie vir my
prima
facie
korrek
te wees. Hoe dit ook al sy, enige vordering wat respondente ook
al teen welke entiteit moontlik mag gehad het, het
op hierdie stadium
reeds verjaar. Selfs indien ek argumentsonthalwe sou aanvaar
word dat dit nie verjaar het nie, stem ek
met Toyota se standpunt
saam dat respondente haar regte moes afdwing deur haar tot ‘n
hof of ander gepaste tribunaal te wend.
In plaas daarvan blyk dit
duidelik uit die uiteensetting van gebeure dat respondente ‘n
weg ingeslaan het wat neerkom op
teistering van Toyota en Toyota se
personeel. Die eise wat respondente deurentyd aan Toyota gestel
het, in besonder wat betref
haar vordering dat sy daarop geregtig is
dat Toyota vir haar ‘n nuwe voertuig aankoop, is, ooreenkomstig
die stukke en inligting
voor my, totaal ongegrond.
[63] Ten einde ‘n
behoorlike beeld te kry van die ongegronde en kwelsugtige aard van
respondente se vorderings, meen ek dit
is nodig om ‘n
uiteensetting te gee van die inhoud van respondente se laaste
faktuur, aangeheg as aanhangsel “CNH78”
tot die
funderende verklaring, gedateer 22 November 2016:
Quantity
Units
Description
Unit Value
Claim Value
4
Months
Loss of income
27 000.00
108 000.00
16
Per hour
Court case,
documentation tapes
9 800.00
9 800.00
1
3 000km
Visit to selling
dealer Hugo & Hugo Vredenburg
3.00
9 000.00
4
10 000km
service
@Wesselsbron Toyota
3 000.00
12 000.00
5
Per hour
Consultation,
e-mails and phone calls
1 500.00
7 500.00
60
Per month
Installment
difference between the Colt and the replacement vehicle
2 000.00
120 000.00
1
50 000km
Fuel consumption
difference @1.2L between the 2 vehicles
1.50
75 000.00
1
Report
Independant (after
vehicle repair)
700.00
700.00
1
1
Deformation (sic)
of character
28 000 000.00
28 000 000.00
1
1
Colt 2.8
vehicle
deposit
15 000.00
15 000.00
1
4% interest
30 June 2016
1 134 403.52
1 134 403.52
1
1
Vicitimization –
2 August 2016
28 000 000.00
28 000 000.00
1
1
Consumer Act breach
12 August 2016
28 000 000.00
28 000 000.00
1
1
Pain and suffering
28 000 000.00
28 000 000.00
1
1
4% interest 31
August 2016
2 254 403.52
2 254 403.52
1
1
4% interest 29
September 2016
2 254 403.52
2 254 403.52
1
1
4% interest 25
October 2016
2 254 403.52
2 254 403.52
1
1
4% interest 25
November 2016
2 254 403.52
2 254 403.52
1
1
Discomfort &
Medical Cost
88 915 383.54
88 915
383.54
1
1
Malicious Damage to
my person
899 960 967.40
899 960 967.40
TOTAL
1 079 953 161.00
[64] Die beskuldigings
van rassisme, geslagsgeweld, viktimisasie en dat Toyota sukkel om sy
rekenings te betaal, soos deur respondente
beweer en gepubliseer,
stel, in die omstandighede van hierdie saak, lasterlike bewerings
daar. Soos in die funderende verklaring
beweer, is Toyota ‘n
gevestigde naam in die Suid-Afrikaanse mark en veral ook in die
Vrystaat Provinsie. Ek aanvaar
Toyota se bewering dat hulle
jaarliks ‘n aansienlike bedrag geld spandeer aan advertensies,
bemarking en borgskappe.
Die publikasies deur respondente
gemaak is op verskeie openbare platforms versprei en is dit dus ‘n
breë spektrum van
persone, verbruikers en instansies wat
daardeur bereik word. Soos duidelik uit die aangehaalde gesag
blyk, is ‘n entiteit
soos Toyota geregtig om sy reputasie as ‘n
besigheid en sy goeie naam te beskerm.
[65] Toyota het voorts ‘n
regmatige belang daarin om sy werknemers en beamptes te beskerm, in
die algemeen, en in besonder
teen teistering. Respondente se
deurlopende e-posse en die stel van ongegronde vorderings het tot
gevolg dat werknemers van
Toyota hul tyd en energie daaraan moes en
moet bestee, wat hulle andersins op ‘n positiewe wyse ten
gunste van Toyota self
en die bevordering van Toyota se en besigheid
inkomste kon spandeer.
Onherstelbare skade:
[66] Dit spreek vanself
dat respondente se onregmatige gedrag onherstelbare skade vir Toyota
kan veroorsaak, indien dit nie alreeds
sodanige skade veroorsaak het
nie. Ek stem ook saam met die bewering in die funderende
verklaring dat inaggenome respondente
se optrede tot op hede, dit
waarskynlik is dat respondente haar onregmatige veldtog van
teistering, dreigemente en laster teen
en van Toyota sal voortsit,
wat net verdere onherstelbare skade aan die reputasie en besigheid
van Toyota sal aanrig.
Afwesigheid van
alternatiewe remedie:
[67] Soos uit die
uiteensetting van die tersaaklike gebeure blyk, het Toyota by
meerdere geleenthede nie net vir respondente versoek
om haar
onregmatige gedrag te staak nie, maar haar ook uitgenooi dat indien
sy van oordeel is dat sy ‘n geldige vordering
het, sy die Hof
kan nader vir die afdwinging daarvan. Tot op hede het
respondente nog geensins stappe geneem om dit te doen
nie. Dit
is dus duidelik dat Toyota se pogings om respondente te oortuig om op
rasionele en verstandige wyse die aangeleentheid
te hanteer,
onsuksesvol was.
[68] Ek stem voorts met
Toyota se bewering saam dat ‘n skadevergoedingsaksie nie ‘n
effektiewe alternatiewe remedie
in die onderhawige omstandighede daar
sal stel nie. Nie net sal dit vir Toyota ‘n onbegonne
taak wees om sodanige aksie
te gelegener tyd te kwantifiseer en
sodanige finansiële skade te bewys nie, maar sal dit ook nie vir
Toyota beskerm teen voortgesette
en toekomstige skade nie. Dit
is dus duidelik dat ‘n interdik wat respondente verbied om
voort te gaan met haar onregmatige
optrede, aan die een kant, en wat
haar verplig om reeds gepubliseerde lasterlike bewerings te verwyder,
aan die ander kant, die
enigste gepaste remedie onder die
omstandighede is.
Gevolgtrekking:
[69] Gevolglik is ek van
mening dat Toyota ‘n behoorlike saak uitgemaak het vir die
verkryging van ‘n interdik, in wese
soos gevorder.
Ewigdurende stilswye:
[70] Wat betref die
vordering vir ‘n bevel van ewigdurende stilswye indien
applikante nie haar vordering binne ‘n vasgestelde
tydperk
instel nie, word die tersaaklike beginsels ten opsigte van
ewigdurende stilswye as volg opgesom in
The Law Of South
Africa
, Volume 4, 3de uitgawe, p. 176, paragraaf 258:
“
A plaintiff
as
dominus
litis
may
bring his or her action when he or she chooses. An order of
purpetual silence impinges upon this rule. It is an
order
requiring a prospective litigant to institute threatened legal
proceedings within a specified time or else to be purpetually
barred
from doing so. It is a useful means of bringing a case to a
head, where by demand or threatened action there has been
a
disturbance of, or interference with, the applicant’s rights...
Courts are slow to make such an
order. The question is pre-eminently one for the discretion of
the Judge hearing the matter.
In exercising this discretion
regard is had to the nature or subject matter of the demand or
claim; the likelihood of prejudice
to one or the other party
and to the balance of convenience as shown by the circumstances of
each case; the possibility of evidence
being lost; and the measure of
delay that has ocurred at the time when the application is made.”
[71] Dit is uit die
uiteensetting van die tersaaklike feite en gebeure duidelik dat
respondente nou reeds vir etlike jare eise aan
Toyota stel en
deurentyd dreig met regsaksie, sonder om enigsins te poog om sodanige
regsaksie in te stel. Hierdie eise en
dreigemente het, soos ek
reeds bevind het, op onregmatige wyse inbreuk gemaak op Toyota se
regte. Dit is in belang van reg
en geregtigheid dat die
onderhawige dispuut finaliteit bereik. Gegewe die lang
tydsverloop sedert die dispuut ‘n aanvang
geneem het tot op
hede en respondente se versuim om regsaksie in te stel, is dit hoogs
onwaarskynlik dat sy sodanige regsaksie
sal instel in plaas daarvan
om bloot te dreig om dit te doen. Die balans van gerief is
beslis ten gunste van Toyota vir die
verlening van ‘n bevel van
ewigdurende stilswye. Verdermeer is dit hoogs waarskynlik dat
Toyota verdere skade sal ly
indien ‘n bevel van ewigdurende
stilswye nie opgelê sou word nie. Daarteenoor is dit na my
mening hoogs onwaarskynlik
dat respondente enige sodanige skade kan
ly, eerstens aangesien ek voornemens is om aan haar ‘n billike
en regverdige geleentheid
te gee om wel regsaksie in te stel, indien
sy so sou verkies, en tweedens ook met in agneming van die
onwaarskynlikheid dat respondente
suksesvol sal wees teenoor Toyota
met enige voorgenome regsaksie.
[72] Na my mening het
Toyota dus ook ‘n behoorlike saak uitgemaak vir doeleindes van
hierdie vordering.
KOSTE:
[73] In paragraaf 98 van
die vertaalde funderende verklaring maak Toyota die volgende
bewerings:
“
Die
instelling van hierdie aansoek kon vermy gewees het as sy
(respondent) volgens die versoeke van Toyota se prokureurs opgetree
het of as sy haar onwettige gedrag gestaak het, na Toyota se
herhaalde pogings om sy posisie aan die respondent te verduidelik.
Dit is slegs haar volharding wat die instelling van hierdie aansoek
regverdig het en onder die omstandighede sou dit heeltemal
toepaslik
vir die Hof wees om kostes op ‘n prokureur-en-kliënt-skaal
teen die respondent toe te staan as ‘n teken
van die Hof se
misnoë met haar algehele gedrag.”
Mnr Bester het ook ten
tyde van sy betoog versoek dat ‘n kostebevel teen respondente
verleen word en wel op ‘n bestraffende
skaal.
[74] Respondente het
deurentyd haarself in hierdie aangeleentheid verteenwoordig.
Hoewel ek aanvaar dat sy waarskynlik nie
kon bekostig om die dienste
van ‘n regsverteenwoordiger te bekom nie, het sy ook verkies om
nie aansoek te doen vir regshulp
nie, selfs nadat ek haar geadviseer
het om dit te doen en bereid was om haar die geleentheid daartoe te
bied.
[75] Dit blyk
onteenseglik uit die opsomming van gebeure wat tot die onderhawige
aansoek aanleiding gegee het dat Toyota by meerdere
geleenthede vir
respondente versoek het om haar onregmatige optrede te staak en om
enige vordering wat sy meen sy moontlik mag
hê, by wyse van ‘n
regmatige regsproses af te dwing. Desnieteenstaande het
respondente nie gehoor gegee hieraan
nie. Selfs nadat die
aansoek teen respondente geloods was, het sy nie bes gegee nie, maar
op kwelsugtige wyse volhard met
haar opponering van die toestaan van
die aangevraagde regshulp. Addisioneel daartoe het respondente,
selfs nadat die aansoek
op haar beteken was, voortgegaan met haar
onregmatige optrede deur ongegronde en irrasionele e-posse nie net
aan WW prokureurs
te stuur nie, maar selfs ook aan een van die
griffiers van die hof, soos duidelik blyk uit Toyota se aanvullende
beëdigde
verklaring.
[76] Hoewel ek besef wat
die geweldige negatiewe impak van ‘n kostebevel op respondente
se finansiële posisie sal wees,
meen ek daar is geen basis
waarop ek nie my diskresie ten gunste van Toyota kan en moet
uitoefen deur die verlening van ‘n
kostebevel teen respondente
en wel op ‘n bestraffende basis nie.
[77] Wat betref die
oorgestane koste van 23 Februarie 2017, het Mnr Bester gesubmiteer
dat respondente ook daarvoor aanspreeklik
moet wees. Ek moet
ongelukkig ook met hierdie submissie saamstem. Dit is duidelik
dat daardie uitstel verleen was ten
einde aan respondente `n verdere
geleentheid te gee om ‘n opponerende beëdigde verklaring
te liasseer, aangesien sy
toe reeds buitentyds was met die liassering
daarvan. Soos reeds vermeld, het sy toe egter steeds nie sodanige
opponerende verklaring
geliasseer nie. Ek meen egter nie dat daardie
verkwiste koste op ‘n bestraffende skaal betaal moet word nie.
[78] Gevolglik word die
volgende bevel verleen:
1.
`n
Verbiedende interdik word hiermee uitgereik met onmiddellike werking
in terme waarvan respondente verbied en gelas word om haar
daarvan te
weerhou om:
1.1
enige
lasterlike bewerings te maak en/of te publiseer omtrent en in verband
met applikant en om applikant se besigheid af te kraak
deur die maak
en/of die publikasie van valse bewerings.
1.2
applikant
te teister en/of in te meng met applikant se besigheid en/of om
applikant se werknemers te dreig.
1.3
enige
onregmetige of onwettige eise aan applikant en/of sy werknemers te
stel.
1.4
enigsins
verder met applikant se werknemers en/of beamptes te kommunikeer.
1.5
by
enige handeling of gedrag betrokke te wees wat daarop gerig is om
applikant se werknemers te verhoed om hul pligte teenoor applikant
uit te voer en na te kom.
1.6
in
verbinding te tree met enige motorhandelaar en applikant of applikant
se prokureurs se naam te gebruik ten einde voor te gee
`n motor aan
te koop wat óf deur applikant óf deur applikant se
prokureurs betaal sal word.
2.
Die
verbod op publikasie in 1.1 hierbo vermeld, is van toepasssing op
alle publikasie mediums, wat insluit, maar nie beperk is tot,
e-pos,
facebook en twitter.
3.
Respondente
word gelas en beveel om alle publikasies wat direk of indirek op
applikant betrekking het en wat sy op enige facebook
bladsy en/of
enige webwerf gemaak het, ingesluit dit wat deur die Hello Peter
webtuiste aangebied is, aangeheg tot die Kennisgewing
van Mosie as
aanhangsel “NM1”, binne 10 (tien) dae na verlening van
hierdie bevel te verwyder of toe te sien dat dit
verwyder word.
4.
Onderworpe
aan die inhoud van paragraaf 6 hieronder, word respondente gelas en
beveel om slegs met applikant se prokureur van eerste
instansie, en
nie met applikant en/of applikant se werknemers en/of applikant se
beamptes, te kommunikeer met betrekking tot enige
klagte wat sy mag
hê in verband met die beweerde Automark waarborg ten opsigte
van die 2001 Mitsubishi Colt 2.8 Clubcab TDI,
met registrasienommer
[...] FS, aangekoop vanaf Hugo & Hugo Toyota in Vredenburg op 27
Februarie 2006.
5.
Indien
respondente voornemens is om enige aksie(s) van welke aard ookal teen
applikant in te stel ten opsigte van enige eis voortspruitend
uit of
met betrekking tot die beweerde Automark waarborg ten opsigte van die
2001 Mitsubishi Colt 2.8 Clubcab TDI, met registrasienommer
DCK 050
FS, aangekoop vanaf Hugo & Hugo Toyota in Vredenburg op 27
Februarie 2006, word respondente gelas en beveel om sodanige
aksie in
te stel binne 6 (ses) weke na datum van hierdie bevel.
6.
Indien
respondente versuim om die aksie(s) voorsien in paragraaf 5 hierbo
binne die vasgestelde tydperk van 6 (ses) weke in te stel,
dan en in
daardie geval word respondente belet om dit enigsins te doen en sal
`n bevel van ewigdurende stilswye dan op respondente
van toepassing
wees ten opsigte van enige eis voortspruitend uit of met betrekking
tot die beweerde Automark waarborg ten opsigte
van die 2001
Mitsubishi Colt 2.8 Clubcab TDI, met registrasienommer [...] FS,
aangekoop vanaf Hugo & Hugo Toyota in Vredenburg
op 27 Februarie
2006.
7.
Respondente
word gelas om die koste van die aansoek te betaal op `n skaal soos
tussen prokureur en kliënt.
8.
Respondente
word voorts gelas om die oorgestande verkwiste koste van 23 Februarie
2017 te betaal op `n skaal soos tussen party en
party.
_____________
C VAN ZYL, R
Namens Applikant: Adv CC
Bester
Op instruksies van:
Matsepes Prokureurs Ing.
BLOEMFONTEIN
Namens Respondente: In
persoon