Broodryk v Mocke; In re: Mocke v Broodryk (203/2015) [2017] ZAFSHC 121 (12 June 2017)

58 Reportability
Civil Procedure

Brief Summary

Appeal — Application for condonation — Late filing of application for leave to appeal — Applicant's explanation for delay due to involvement in a significant dispute with Standard Bank — Court's assessment of reasonable prospects of success — Applicant's failure to provide sufficient detail in founding affidavit — Condonation granted despite initial shortcomings as applicant demonstrated reasonable explanation for delay and circumstances warranting consideration.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2017
>>
[2017] ZAFSHC 121
|

|

Broodryk v Mocke; In re: Mocke v Broodryk (203/2015) [2017] ZAFSHC 121 (12 June 2017)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
VRYSTAATSE
AFDELING, BLOEMFONTEIN
Aansoeknommer:
203/2015
In
die aansoek tussen:
MACHIEL
ANDRIES
BROODRYK
Applikant
en
JACO
PELSER
MOCKE
Respondent
In
re:
JACO
PELSER
MOCKE
Applikant
en
MACHIEL
ANDRIES
BROODRYK
Respondent
CORAM:
VAN ZYL, R
GELEWER
OP:
12 JUNIE 2017
[1]
Hierdie is ‘n aansoek om verlof om te appelleer deur applikant
teen die uitspraak en volgende bevel deur my in die hoofaansoek

verleen waarin applikant die respondent was en wat deur respondent
(applikant in die hoofaansoek) opponeer word:
"1. In die
hoofaansoek en met verwysing na die skikkingsooreenkoms gesluit
tussen die partye op 10 Julie 2014, die volgende:
1.1
Applikant word gelas om voor of op 30
Junie 2016, die implemente vermeld in klousule 3 van die
skikkingsooreenkoms aan respondent
te fewer en respondent word gelas
om dit aldus in ontvangs te neem.
1.2
Respondent word gelas om ooreenkomstig
klousule 1 van die skikkingsooreenkoms op datum van ontvangs van
bogemelde implemente, die
bedrag van R 54 000.00 in kontant sonder
enige aftrekkings aan applikant te betaal.
1.3
Respondent word gelas om aan die
bepalings van klousule 2 van die skikkingsooreenkoms te voldoen voor
of op 30 Junie 2016.
2.
Respondent
word gelas om die koste van die hoofaansoek te betaal.
3.
Die
teenaansoek word van die hand gewys, met koste."
[2]
Ooreenkomstig die kennisgewing van aansoek om verlof tot appél
is die gronde van die aansoek die volgende, met verwysing
na die
partye soos in die huidige aansoek:

1.
The Honourable Court erred:
1.1
By not finding that the parties had, at the outset, explicitly agreed
that the applicant's implements would be returned to applicant
in
substantially the same
condition as they had been in when respondent took possession
thereof;
1.2
By not finding that it was a tacit term of the 10 July 2014
settlement agreement that the implements would be returned to
applicant
in substantially the same condition as they had been in
when respondent took possession thereof;
1.3
By not rejecting the version of the respondent that the condition of
the implements had been explicitly discussed at the meeting
held on
10 July 2014;
1.4
By not finding that the respondent's failure to return the implements
in substantially the same condition was a breach of the
terms of the
agreement, which breach was accepted by applicant, and that applicant
has cancelled the agreement;
1.5
By not finding that a substantive dispute of fact existed which
warranted the dismissal of the respondent's application,
alternatively
the referral of the matter to oral evidence;
1.6
By finding that applicant had placed insufficient facts before Court
from which it could be found that a true dispute of fact
existed
between the parties."
[3]
Om doelmatigheidsredes gaan ek vervolgens na die partye verwys soos
in die huidige aansoek.
[4]
Applikant het ‘n aansoek om kondonasie geliasser vir die laat­
liassering van sy aansoek om verlof om te appelleer.
Sodanige aansoek
om verlof om te appelleer moes teen 30 Augustus 2016 geliasseer
gewees hetl maar was eers op 7 September 2016
geliasseer1 derhalwe
ses hofdae buitenstyds. Die aansoek om kondonasie as sulks was op 13
September 2016 geliasseer, welke
aansoek
deur respondent geopponeer is deur die liassering van ·n
opponerende verklaring, waartoe applikant repliseer het.
[5]
Mnr Lubbe, namens respondent
,
het
gesubmiteer dat by die oorweging van die aansoek om kondonasie die
volgende beginsels vervat in paragraaf [9] van die uitspraak
in
High
School Ermelo and Another v Head of the Department Mpumalanga
Department  of Education and Others
[2007] ZAGPHC 165
;
[2008] 1 All SA 139
(T), deur my toegepas behoort te word:
"[9] The
application for condonation cannot succeed. We are aware that
usually, a court adopts a robust attitude by granting
the
condonation, so that the matter is disposed of; for example
,
in an appeal. However, care must be
taken not to create an impression that an application for condonation
is a mere formality
.
An
applicant must still make out its case. It is a requirement that for
an application for condonation to succeed, an applicant
must show
reasonable prospects of success
;
in
casu,
there are none
.
Secondly, the explanation for the delay
is not reasonable.
..
"
[6]
Mnr Lubbe het met geed voorbereide argumente betoog dat applikant nie
‘n redelike verduideliking vir sy versuim verskaf
het nie. In
die verband het Mnr Lubbe onder andere verwys na aspekte wat, aldus
sy betoog, vir die eerste keer in repliek deur
applikant openbaar en
verduidelik was na aanleiding van bewerings in die opponerende
verklaring, welke aspekte reeds in applikant
se funderende verklaring
vermeld en verduidelik moes wees. Dit het tot gevolg dat applikant
met betrekking tot sekere aspekte bewerings
in die repliserende
verklaring gemaak het wat direk teenstrydig is met dit wat in die
funderende verklaring beweer was. In die
verband het Mnr Lubbe ender
andere betoog dat applikant in die funderende verklaring beweer het
dat een van die redes waarom hy
nie tydig sy aandag aan die
onderhawige aangeleentheid kon gee nie, was omdat hy op daardie
stadium in
·
n
omvangryke dispuut met Standard Bank betrokke was vir die betaling
van ·n beweerde verskuldigheid van R39 miljoen voortspruitend

uit ·n misoes
.
Standard Bank het
horn op daardie stadium onder druk geplaas vir die betaling van die
skuld en het ook gedreig om by wyse van ‘n
dringende aansoek 'n
notariele verband wat oor sy roerende eiendom geregistreer is, te
perfekteer
.
Mnr
Lubbe het betoog dat applikant deur hierdie bewerings die indruk
geskep het dat hy die persoon is wat die geld aan Standard
Bank
verskuldig was en dat hy ‘n party tot die eventuele litigasie
was. Eers nadat dit in die opponerende verklaring uitgewys
was dat
die verskuldigheid die van applikant se seun was en die eventuele
litigasie ook tussen Standard Bank en applikant se seun
was en dat
applikant self nie ·n party daartoe was nie, het applikant in
sy repliserende verklaring sodanig toegegee.
[7]
Die bewerings van applikant moet egter in perspektief gelees en
oorweeg word. Die tersaaklike bewerings in die funderende verklaring

lees as volg:
"9. In the
meantime I had become embroiled in a major dispute with Standard
Bank
.
I
have an alleged debt owed to Standard Bank of some R39 million, which
resulted from a failed crop
.
The
bank was pressurising me to pay the debt, and was threatening me with
urgent applications to perfect a notarial bond over my
movable
property. That application was eventually launched and was heard on 6
September 2016.
10. This
application took up most of my time, and at the same time I was also
trying to farm my way out of financial trouble..."
In
die repliserende verklaring is die volgende verduidelikings deur
applikant verskaf in antwoord op die bewerings gemaak in die

opponerende verklaring:
"AD
PARAGRAPH 9
5. ...For what
it is worth, the Standard Bank application was opposed, my son was
successful in opposing the application, and the
matter is now under
appeal.
AD
PARAGRAPHS 10 TO 16
6. Respondent
has missed an extremely important submission in my founding
affidavit, which is that I have stated that I was embroiled
in the
dispute with Standard Bank, and at the same time I was trying to farm
my way out of financial difficulty...
7. ...My son and
I farm together. Although he was nominally the respondent in the
Standard Bank case, I was a surety on the loan,
and I was as much
embroiled in the dispute with Standard Bank as my son was. This is
also clear from the affidavits of Makgato,
Janecke and Honiball
(representatives of and attorney for Standard Bank, which affidavits
were attached to the answering affidavit).
On a number of occasions
there are references to discussions which they had with me, regarding
the Standard Bank loan.
8. Respondent's
allegation that I could not have been involved in the dispute with
Standard Bank as my son was the respondent, is
debunked by their own
papers.
9.
August 2016
was probably the worst period in my farming life. There had been a
severe drought in the area, which led to widespread
losses by farmers throughout the area.
The Standard Bank production loan is payable on 31August of each
year
.
By
then, crops have to be harvested, and the monies received for the
crop would be used to settle the loan
.
10. ...
11. During
August 2016 my son and I realised that there were going to be huge
losses as a result of the drought which had resulted
in an enormous
crop failure
.
There
were certain portions of our farms which we could harvest, which we
did
.
We
first harvested our white mealies...Towards mid to end August we
started harvesting the yellow mealies. We were working all hours
of
the day and night, but still we could not complete the harvest on
time.
12. ...
13. In the
interim one Janecka
,
a
representative of the bank, was putting pressure on us to settle the
loan. There were a number of discussions held with him
,
telephonically, and in person
....
14. We were in
the meantime trying to farm our land, with the urgent objective of
bringing in the crop by 31 August 2016
.
As
it happened, we could not achieve that target, despite working day
and night.
AD
PARAGRAPH 17
15
.
.
..
16. The opinion
(on the merits of the proposed appeal) was finalised on 18 August
2016, at which point my son and I were completely
embroiled in trying
to harvest the crop, and to resolve the
Standard Bank loan. ..
.
It
was only after we had had an opportunity to speak to our attorney on
2 September 2016, after the crop had been more or less harvested,

that we could make an informed decision whether to pursue an appeal
or not. I must also point out that this is not a decision one
makes
lightly, on a mere telephone call to your attorney."
[8]
Hoewel dit so is dat applikant verkeerdelik in die funderende
verklaring die indruk verwek het dat hy self die bedrag aan Standard

Bank verskuldig is en self ·n party tot die litigasie was,
meen ek nie dat dit geag kan word dat hy daardeur die Hof probeer

mislei het nie. Wanneer sy verduidel ikings in repliek in ag geneem
word, meet ek met Mnr Swanepoel se betoog, namens applikant,
saamstem
dat dit heeltemal verstaanbaar is waarom applikant dermate by die
onderhandelinge en litigasie met Standard Bank betrokke
was - nie net
beer hy en sy seun saam nie, maar is hy ook as borg aanspreeklik vir
die betaling van die verskuldigheid. Applikant
het dus ·n
direkte belang daarby gehad. Terselfdertyd is die verduideliking met
betrekking tot die dringendheid van die
oes-insameling op daardie
stadium na my mening insgelyks ·n redelike verduideliking en
is dit verstaanbaar dat dit amper
voltyds applikant se aandag in
beslag sou geneem het.
[9]
Hoewel Mnr Lubbe ook sekere bewerings oor bepaalde datums uitgewys
het as foutief en/of teenstrydig met ander feite, is ek van
mening
dat applikant se weergawe met betrekking tot datums, nie met soveel
presisie oorweeg behoort te word nie. Wanneer dit in
totaliteit
oorweeg word, is ek van oordeel dat dit tog uit die verduidelikings
blyk dat gedurende die tydperk tersaaklik vir doeleindes
van die
kondonasie, applikant homself in omstandighede bevind het waarin daar
nie redelikerwys van horn verwag kon word om al sy
aandag en tyd aan
die oorweging van die voorgenome appél en die uitvoer daarvan
te wy nie
.
[10]
Dit is so is dat applikant van meet af aan meer gedetailleerde
verduidelikings in sy funderende verklaring kon en moes verskaf
het
ten einde die Hof behoorlik in die prentjie te bring wat betref die
tersaaklike gebeure en omstandighede, in plaas daarvan
om dit eers in
die repliserende verklaring uiteen te sit. Respondent se opponering
van die aansoek om kondonasie was dus onder
die omstandighede
heeltemal gereverdigd
.
Hierdie
is egter nie ·n geval waar applikant geen saak in die
funderende verklaring uitgemaak het nie. Die volledige
verduidelikings
in die repliek het gevolg in antwoord op die
volledige bewerings in die opponerende verklaring gemaak. Alwaar die
tydperk van versuim
in ieder geval slegs ses hofdae beloop het, is ek
van mening dat applikant se verduideliking daarvoor, holisties
beskou,
'
n
redelike verduideliking van sy versuim daarstelvir doeleindes van
kondonasie
.
[11]
Wat betref die meriete van die voorgenome appel, moet dit uiteraard
oorweeg word vir doeleindes van die kondonasie aansoek,
sowel as vir
die aansoek om verlof om te appelleer.ln terme van artikel 17(1)(a)
van die Wet op Hoer Howe, 10 van 2013 ("die
Wet"), mag
verlof om te appelleer slegs toegestaan,
inter alia,
indien ek
van mening is dat die appél ·n redelike vooruitsig op
sukses het.
[12]
Beide Mnre Swanepoel en Lubbe het volledige betoe aan my voorgehou
met betrekking tot meriete van die appel. Na ·n behoorlike

oorweging daarvan, is ek van oordeel dat dat die voorgenome appél
inderdaad ·n redelike vooruitsig op sukses het.
[13]
Gevolglik het applikant na my mening ·n behoorlike saak
uitgemaak vir doeleindes van beide die kondonasie aansoek en
die
aansoek om verlof om te appélleer.
[14]
Met inagneming van artikel 16(1)(a), saamgelees met die bepalings van
artikel 17(6)(a) van die Wet, is ek van mening dat die
appél
deur ·n volle hof van hierdie Afdeling aangehoor moet word.
[15]
Wat die koste van die kondonasie aansoek betref, het applikant in die
Kennisgewing van Mosie gevorder dat respondent die koste
van die
aansoek moet betaal indien deur horn geopponeer. Hoewel applikant
suksesvol is met sy kondonasie aansoek, is ek van oordeel
dat
respondent se opponering daarvan redelik en geregverdigd was. In die
uitoefening van my diskresie is ek gevolglik van mening
dat applikant
gelas behoort te word om die koste van die kondonasie aansoek moet
betaal, wat insluit die opponering daarvan.
[16]
Wat die koste van die aansoek om verlof om te appelleer betref, is
daar geen rede waarom die gebruiklike bevel nie verleen
behoort te
word nie.
[17]
Gevolglik word die volgende bevel gemaak:
1.
Applikant se aansoek om kondonasie vir
die laat liassering van die aansoek om verlof om te appelleer, word
toegestaan.
2.
Applikant word gelas om die koste van
die aansoek om kondonasie te betaal, wat insluit die koste van die
opponering daarvan.
3.
Verlof word aan applikant verleen om na
die volle hof van hierdie Afdeling te appelleer teen die geheel van
die uitspraak en bevel
hierin gegee, gedateer 3 Junie 2016.
4.
Koste van die aansoek om verlof om te
appelleer is koste in die appel.
Namens
applikant:  Adv. Swanepoel
In
opdrag van: Lovius Block BLOEMFONTEIN
Namens
respondent: Adv. E.G. Lubbe
In
opdrag van: Matsepes Ing. BLOEMFONTEIN