About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2017
>>
[2017] ZAFSHC 77
|
|
Smith v Smith (1324/2017) [2017] ZAFSHC 77 (23 May 2017)
FREE
STATE HIGH COURT, BLOEMFONTEIN
REPUBLIC
OF SOUTH AFRICA
Saak
No.: 1324/2017
In
die saak tussen:
JANNETHA
ADRIANA
SMITH
Applikant
en
FERDINAND
JACOBUS
SMITH
Respondent
UITSPRAAK:
HEFER,
WnR
AANGEHOOR
OP:
11
MEI 2017
GELEWER
OP:
23
MEI 2017
[1]
Die Applikant in die aansoek in terme van Reël 43 verlang ʼn
bevel in terme waarvan ʼn bedrag onderhoud
pendente
lite
sowel as bydrae tot koste aan haar betaal word. Die Applikant is ʼn
63 jarige administratiewe klerk wat vir die laaste 13 jaar
in diens
is van een van die besighede van die Respondent. Die Applikant
verdien ʼn bruto salaris van R17 000,00 waarvan
die netto
salaris wissel tussen R11 712,00 en R12 000,00 per maand,
afhangend of dit ʼn vier of vyf week maand is.
Dit blyk dat die
partye reeds sedert Desember 2016 nie meer in dieselfde
gemeenskaplike woning woon nie en dat die Applikant sedertdien
in ʼn
huis, waarvan sy die geregistreerde eienaar is, woonagtig is. Terwyl
die partye nog saamgewoon het in die gemeenskaplike
woning, is die
huis klaarblyklik twee jaar gelede omskep in ʼn gastehuis.
Volgens die Applikant het die Respondent, op die
stadium toe
Applikant die gemeenskaplike woning verlaat het, geweier dat sy enige
van haar meubels uit die woning neem aangesien
hy van mening
was dat dit nou so geplaas is om die gastehuis te verfraai. Daar blyk
ʼn geskil te wees oor die
hoeveelheid,
indien enige, meubels
,
waarvan Applikant dan die eienaar is in die eertydse gemeenskaplike
woning agtergelaat is. Wat wel gemeensaak is, is dat die Applikant
ʼn
tafel en twee stoele waarvan sy die eienaar is, reeds verwyder het.
[2]
Dit is verder ook gemeensaak dat op die stadium wat Applikant die
gemeenskaplike woning verlaat het, Respondent ʼn bedrag
van
R150 000,00 aan haar oorbetaal het. Die Applikant beweer
dat laasgenoemde bedrag aan haar oorbetaal is ten einde
haar in staat
te stel om nuwe meubels aan te koop vir die woning waar sy huidiglik
woonagtig is. Daarenteen beweer die Respondent
dat die woning waar
die Applikant tans woonagtig is voor die Applikant se intrek as
gastehuis en selfsorg-verblyf benut is en dit
juis as gevolg van
voormelde behoorlik gemeubeleer en toegerus is. Die Respondent beweer
dat die R150 000,00 is aan Applikant
betaal om haar in staat te
stel om haar voete te vind en haarself te onderhou.
[3]
Wat belangrik is vir doeleindes van die onderhawige aansoek is dat
dit blyk dat die Applikant, op advies van haar prokureur,
nog nie
hierdie bedrag gebruik het nie en dit klaarblyklik belê het tot
afhandeling van die egskeidingsgeding. Hierdie feit
word as sulks nie
deur die Respondent betwis nie, maar bevraagteken hy die korrektheid
van die advies wat die Applikant in hierdie
verband ontvang het. Dit
is hierdie bedrag wat tans die hoofpunt van kontensie blyk te wees.
[4]
Mnr van Aswegen
namens die Applikant het betoog dat waar hierdie bedrag, op die
weergawe van die Applikant, aan Applikant oorbetaal is ten einde
meubels aan te koop, en die Applikant dit inderdaad aangewend het om
te belê as ʼn kapitale bate, daar nie van Applikant
verwag
kan word om hierdie fondse te gebruik vir doeleindes van onderhoud en
meer spesifiek onderhoud
pendente lite
nie.
Mnr Els
namens die Respondent het op die weergawe soos gestel deur die
Respondent aangevoer dat waar hierdie bedrag aan Applikant oorbetaal
is om soos deur Respondent beweer om:
“
...
haar in staat te stel om haar voete te vind en haarself te onderhou”
hierdie
fondse inderdaad daarvoor aangewend moet word, ten minste
pendente
lite
.
[5]
Op hierdie stadium is dit doenlik om te vermeld dat vòòr
die aanvang van die aansoek,
mnr
Van Aswegen
namens
die Applikant aangetoon het dat hy sal aansoek doen vir uitstel van
die aansoek ten einde aansoek te doen vir verlof om ʼn
verdere
verklaring te liasseer namens die Applikant. Dit het geblyk dat
hierdie verklaring klaarblyklik sal handel met die inhoud
van ʼn
klaarblyklik, konsep akte van dading wat spesifiek sal handel met
hierdie bedrag van R150 000,00.
[6]
Dit is so dat Reël 43 nie voorsiening maak vir die liassering
van ʼn repliserende verklaring nie. Reël 43(5) maak
wel
daarvoor voorsiening dat ʼn party ʼn hof kan versoek om
verdere getuienis te ontvang, hetsy by wyse van
viva
voce
getuienis of ʼn verdere verklaring ten einde sodanige party se
saak behoorlik voor die hof te plaas. (Sien:
Verster
v Verster
1975
(2) SA 493
op 494 (C)).
[7]
Aangesien, soos ek van
mnr
Van Aswegen
verstaan het, hierdie verdere verklaring met niks meer sou handel
anders dan die inhoud van ʼn klaarblyklik konsep skikkingsakte
nie, is hierdie versoek ten aansien van die verdere
getuienis
van die hand gewys. Ek het dit nie doenlik geag dat verdere getuienis
aangehoor word op welke wyse ookal ten aansien van ʼn
skikkingsakte wat klaarblyklik nie deur die partye onderteken is en
as sulks nie voor die hof geplaas is nie.
[8]
Uit die aard van die aansoekprosedure moet die bewerings van die
onderskeie partye derhalwe oorweeg word op grond van die inhoud
van
die verklarings wat voor die hof geplaas is. Daar kan nie ʼn
geloofwaardigheidsbevinding gemaak word ten aansien van enige
van die
partye op die aansoekstukke voor die hof nie. In
Levin
v Levin and Another
1962 (3) SA 330
(W) op 331 D is die volgende gesê:
“
To
decide the issues I am compelled to draw inferences and to look to
the probabilities as they emerge from the papers. Obviously
my
findings are in no way binding on the trial court and indeed after
hearing the evidence it may emerge that some or all of the
inferences
I have drawn are wrong. On this basis I now turn to the issues as
they emerge from the papers.”
[9]
Dit kan egter wel vermeld word dat dit hoogs onwaarskynlik is dat
waar
die
Applikant gedurende ongeveer Desember 2016 reeds die gemeenskaplike
woning verlaat met net ʼn tafel en twee stoele, Respondent
dan
aan haar ʼn bedrag oorbetaal ten einde haar in staat te
stel om meubels aan te koop vir haar woning en sy dan eerder
hierdie
bedrag belê, die huis nie inderdaad behoorlik gemeubeleer en
toegerus is soos deur die Respondent beweer nie.
[10]
Ek is egter van voorneme om in die guns van die Applikant die
aangeleentheid te bereg op die weergawe soos deur Applikant gestel,
naamlik dat die bedrag inderdaad aan haar betaal is ten einde haar in
staat te stel om meubels aan te koop en waar sy dit eerder
belê
het, hierdie bedrag as ʼn kapitale bate beskou moet word.
[11]
In
Micklen
v Micklen
1988 (3) SA 259
(CPD) is die volgende gesê op 262 H – J:
“
The
fact that a husband has unlimited means does not in our law entitle
his wife to unlimited spending. There is a difference between
her
wants and her needs (
Grasso
v Grasso
1987 (1) SA 48
(C) at 59 G – H.”
[12]
In
Barass
v Barass
1979 (1) SA 247
R is die volgende gesê:
“
There
are many cases however where the wife may possess modest assets and
husband though not a wealthy man, may still possess more
assets than
those of the wife. It seems in such a case it would be inequitable to
compel the wife to exhaust all her modest assets
before compelling
the husband to make any contribution at all towards her costs, even
though he would normally be described as
‘a rich man’.
The same principles applicable to granting the wife maintenance
pendente lite apply to contribution towards
her costs. It therefore
seems to me that it is proper to take into account the relative
assets possessed by both parties in arriving
at a conclusion, where
it is apparent that both parties individually have the necessary
funds to pay the costs.”
[13]
In
Kroon
v Kroon
1986 (4) SA 616
(ECD) is daar verwys na die eiser in daardie
aangeleentheid se motor ter waarde van R7 000,00 en meubels wat
verseker was
vir die bedrag van R34 000,00. Die hof verwys na
sulke bates inderdaad as kapitale bates wat nodig is vir haar eie
gebruik
sowel as diè van haar kinders. In die onderhawige
geval egter soos gestel, op die weergawe van die Applikant ontvang
die
Applikant die bedrag van R150 000,00 van die Respondent met
die doel om soos deur haar gestel, vir haar meubels aan te koop
op
die stadium wat sy die gemeenskaplike woning verlaat. Klaarblyklik
het die Applikant nie hierdie fondse nodig om meubels aan
te koop nie
aangesien sy dit nie aanwend vir daardie doel nie, maar dit gaan belê
het. Dit is insiggewend dat in Applikant
se uiteensetting van haar
maandelikse inkomste, die Applikant geen besonderhede verskaf van die
rente opbrengs uit hierdie belegging
van R150 000,00 nie.
[14]
Die Applikant self verkies om nie hierdie fondse aan te wend òf
vir die aankoop van meubels nie òf vir onderhoud
nie. Dit word
net belê deur Applikant. In hierdie verband moet verder in
gedagte gehou word dat die Applikant klaarblyklik
ook bates van
haar eie het en in besonder die onroerende eiendom waar sy tans
woonagtig is, waarvan sy die geregistreerde
eienaar is. Die
R150 000,00 wat aan die Applikant betaal is, is derhalwe nie wat
my aanbetref “...
Capital
assets needed for her own use
…”
soos
daar na
verwys
word in
Kroon
v Kroon
supra
nie.
[15]
Waar die Applikant derhalwe oor hierdie fondse beskik, meen ek dat
die Applikant nie ʼn finansiële behoefte vir onderhoud
pendente
lite
uitgemaak het nie. Afgesien van haar eie inkomste as administratiewe
klerk kan die Applikant ook hierdie fondse aanwend aangesien
die bedrag van R150 000,00, rente uitgesluit, ʼn bedrag van
ongeveer R12 500,00 per maand vir ʼn tydperk van
twaalf
maande tot beskikking van Applikant stel, welke bedrag genoegsaam
blyk te wees om die maandelikse tekort van R12 856,00,
met in
aanmerking van sekere geregverdigde aftrekkings, aan te vul.
[16]
Wat die Applikant se versoek om bydrae tot kostes aanbetref, meen ek
dat die Applikant wel ʼn saak uitgemaak het dat, gesien
in
die lig van die finansiële stand van die Respondent in
vergelyking met diè van die Applikant, die Respondent ʼn
bydrae behoort te maak tot die regskostes van die Applikant. Ek meen
egter dat daar nie ʼn saak uitgemaak is vir afwyking van
die
gewone bedrag van R5 000,00 bydrae tot koste wat die bedrag is
wat gewoonlik in hierdie Afdeling toegeken word as bydrae
tot koste
nie.
[17] In die lig van
bogenoemde word die volgende beveel:
BEVEL
1.
Respondent
word gelas om ʼn bydrae tot Applikant se regskostes te maak in
die bedrag van R5 000,00.
2.
Die
koste van die aansoek is koste in die hoofaksie.
________________
J.J.F HEFER, WnR
Namens
die Applikant: Adv. W.A. van Aswegen
In
opdrag van:
Bezuidenhoudts
Ing.
BLOEMFONTEIN
Namens
die Respondent: Adv. E.G. Els
In
opdrag van:
Rossouw
& Conradie Prokureurs
BLOEMFONTEIN