About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
2008
>>
[2008] ZASCA 69
|
|
Hexvallei Besproeiingsraad and Another v Geldenhuys N.O and Others (307/07) [2008] ZASCA 69; [2008] 4 All SA 160 (SCA); 2009 (1) SA 547 (SCA) (30 May 2008)
Links to summary
DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL
VAN SUID-AFRIKA
Rapporteerbaar
Saaknr: 307/07
In die
saak
tussen
:
HEXVALLEI BESPROEIINGSRAAD
...
Eerste Appellant
WORCESTER-OOS-WATERGEBRUIKERS-
VERENIGING
...
Tweede
Appellant
en
MATTHEUS LOURENS GELDENHUYS NO
...
Eerste Respondent
LEON JOHAN STEYN NO
...
Tweede
Respondent
GIDEON THEODORUS GELDENHUYS NO
...
Derde Respondent
MATTHEUS LOURENS GELDENHUYS
...
Vierde Respondent
MINISTER VAN WATERWESE EN BOSBOU
...
Vyfde Respondent
RICHAT FARM HOLDINGS BK
...
Sesde
Respondent
INVERDOORN GAME RESERVE BK
...
Sewende Respondent
Coram:
HARMS Wnde AP, STREICHER,
NAVSA, VAN HEERDEN en CACHALIA, ARR
Verhoor:
15 MEI 2008
Gelewer:
30 MEI 2008
Opsomming:
Water â openbare water â onregmatige afkeer in
stryd met ân hofbevel na nie-oewergrond â interdik toegestaan.
Summary:
Water â public water â diverting water contrary
to terms of court order to non-riparian land â interdict granted
Neutral Citation:
Hexvallei Besproeiingsraad v Geldenhuys
(307/07)
[2008] ZASCA 69
(30 Mei 2008)
U I T S P R A A K
HARMS Wnde AP/
HARMS Wnde AP:
[1] Die appellante is die Hexvallei Besproeiingsraad en die
Worcester-Oos Waterverbruikersvereniging. Van die water waarop die
appellante
se lede geregtig is, het sy oorsprong in die Spekrivier
(ook partymaal bekend as die Sanddriftrivier) wat in die Matroosberg
in die
Ceres-distrik, Wes-Kaap, ontspring. ân Tak van die
Spekrivier, die Valschgatrivier, val in die Spekrivier net bokant die
inloop
van die Spekrivier in die Lakensvalleydam (ook gespel
Lakensvalleidam); vandaar loop die Spekrivier na die Roode Elsbergdam
en sluit
aan by die Hexrivier; en die Hexrivier, op sy beurt, vloei
in die Breederivier (Breërivier).
[2] Die plaas Grootvlakte is ân oewerplaas wat aan die Spekrivier
grens en in die naam van Spekrivier (Edms) Bpk geregistreer is.
Die
aandele in hierdie maatskappy word in gelyke dele deur twee trusts
gehou. Die een is die Basie Geldenhuys Trust en die ander
die André
F Smith Eiendomstrust. Die plaas is fisies tussen die twee trusts
verdeel en hulle boer onafhanklik van mekaar. Die eerste,
tweede en
derde respondente is as trustees van die Basie Geldenhuys Trust
gevoeg (hoewel dit later geblyk het dat die tweede respondent
as
trustee vervang is) maar dis redelik om te aanvaar dat mnr ML
Geldenhuys, die eerste respondent
nomine officio
, die
besturende trustee is. Die André F Smith Eiendomstrust is nie by die
geding betrek nie.
[3] Geldenhuys is ook in eie naam die eienaar van die plaas
Matjiesrivier. Hierdie plaas, wat in die Inverdoorn-gebied geleë is,
is nie ân oewerplaas aan die Spekrivier nie en is dus nie in
daardie hoedanigheid op enige water uit die Spekrivier geregtig nie.
Inderdaad lê die Inverdoorn-gebied oorkant die waterskeiding. Die
Inverdoorn-plase is desondanks kragtens ân hofbevel van die
Kaapse
Waterhof van 19 Januarie 1960 geregtig om ân beperkte hoeveelheid
water uit die Spekrivier na hulle gebied te keer. Hieroor
later meer.
[4] Die geding is veroorsaak deurdat Geldenhuys, deur die oopmaak van
ân sluis, meer water as waarop die Inverdoorn-boere geregtig
is na
die Inverdoorn-gebied weglei. Gevolglik beweer die appellante dat
water wat normaalweg na hulle regsgebiede sou afloop, na
die
Inverdoorn-gebied weggelei word. Die appellante het daarop ân
interdik in die Kaapse Hooggeregshof aangevra waarkragtens die
respondente gelas moes word om die relevante sluis wat die afvloei
moontlik maak, te sluit. Fourie R het die aansoek van die hand
gewys
maar verlof tot appèl toegestaan. Aangesien die aangevraagde
interdik weens tydsverloop akademies geword het (dit was aan
datums
gekoppel), het die appellante op appèl om ân verklarende bevel op
dieselfde feite en regsgrondslag aansoek gedoen.
[5] Ten einde die feite beter te verstaan, is dit nodig om enkele
basiese beginsels van die waterreg vooraf uiteen te sit. Die
historiese
beginsels van die waterreg is in die Besproeiings- en
Waterbewarings Wet 8 van 1912 en die Waterwet 54 van 1956 vervat. Die
tans
geldende Nasionale Waterwet 36 van 1998 bevat ân gans ander
filosofie ten aansien van hierdie skaars hulpbron maar omdat dit
bestaande
regte erken, is die uiteensetting wat volg op die 1956 Wet
gebaseer. Die waterreg tref ân onderskeid tussen privaat- en
openbare
water. Die water in die Spekrivier is openbare water.
Openbare water is hetsy normale of surplusstroming. Alle
oewereienaars het
kragtens art 9 ân aanspraak op ân redelike
aandeel in normale stroming (dit is die hoeveelheid openbare water
wat werklik en
sigbaar in ân openbare stroom vloei en wat deur
regstreekse besproeiing, sonder opgaring, vir die besproeiing van
oewergrond nuttig
aangewend kan word). Aangesien die Spekrivier in ân
winterreënvalgebied lê, beteken dit in effek dat die meeste van die
water
wat in die droër maande vloei, in redelike aandele verdeel
moet word.
[6] Surpluswater in ân openbare stroom is die openbare water wat
benewens die normale stroming (as daar is) in die stroom vloei
of
aangetref word. Dis water wat bv vir besproeiingsdoeleindes opgedam
kan word. Dit sou in hierdie geval gewoonweg die addisionele
water
wees wat gedurende die wintermaande vloei. Elke oewereienaar is
geregtig op die gebruik van soveel surpluswater as wat hy vir
huishoudelike doeleindes, veesuiping, en vir landbou- en stedelike
doeleindes voordelig kan gebruik; en hy kan surpluswater vir daardie
doeleindes opdam en opgaar (art 10).
[7] ân âOewereienaarâ is die eienaar van âoewergrondâ.
Grond kan âoewergrondâ vir doeleindes van waterregte wees hoewel
dit nie daadwerklik aan ân rivier grens nie. Dit is omdat die regte
aan die oorspronklike grondbrief kleef, m a w, as ân oorspronklike
oewerplaas verdeel word, is elke onderverdeling in beginsel geregtig
op ân aandeel in die water wat aan die oorspronklike plaas
toekom
en word as sodanig as oewergrond geag (art 1 âoewereienaarâ en
âoewergrondâ saamgelees met art 8).
[8] Die Wet het voorsiening daarvoor gemaak dat die Minister van
Waterwese ân gebied as staatswaterbeheergebied mag verklaar en
as
dit sou gebeur, mag oewereienaars nie hulle normale gebruiksregte
uitoefen nie maar moet hulle regte in permitte omskryf word
(art 62).
Die Minister was ook geregtig om so ân staatswaterbeheergebied te
deproklameer.
[9] Die opvanggebied van die Lakenvalleydam is op 28 Augustus 1981 in
die Staatskoerant tot staatswaterbeheergebied verklaar (Kennisgewing
1801). Vemoedelik het hierdie proklamasie op al die Vlakteboere
betrekking gehad. Hierdie proklamasie het verband gehou met die bou
van staatswaterwerke stroom-af. ân Totaal van 3 491 110 m
3
water is aan die boere in die opvanggebied toegeken. Hiervan het
Grootvlakte (onder die plaasnaam Gedeelte 2 van Hottentotskraal
357)
925 750 m
3
ontvang. Die res van die water moes dan
noodwendigerwys na die regsgebied van die appellante afloop.
[10] Na voltooiing van die staatswaterwerke is die gebied op 18
Februarie 1994 as beheergebied gedeproklameer (Kennisgewing 290
saamgelees
met Kennisgewing 283). Die gevolge van die deproklamering
het ân groot deel van die tyd van die hof benede in beslag geneem
en
het ook ân wesenlike deel van die skriftelike betoog in hierdie
hof gevorm hoewel die effek van die deproklamering nie op enige
bede
in die kennisgewing van mosie geslaan het nie. Dit is nogtans
dienstig om vir ân wyle by dié punt stil te staan.
[11] Die appellante het naamlik betoog dat, weens die bepalings van
art 12(2)(b) van die Interpretasiewet 33 van 1957, Grootvlakte
se reg
op water steeds op 925 750 m
3
vasgepen is. (Volgens dié
artikel raak die herroeping van ân proklamasie nie die vroeëre
werking daarvan nie tensy daar ân bedoeling
tot die teendeel blyk.)
Die respondente, daarenteen, het betoog dat die voor-proklamasie
posisie herleef het wat beteken dat die
betrokke boere enige
hoeveelheid water (onderhewig aan die bepalings van art 10) tans kan
oppot. Die hof benede het die respondente
gelyk gegee. Die oorsaak
van die geskilpunt is die bewering in die aansoekstukke dat op die
datum van die aansoek sowat 1 327 000
m
3
water op
Grootvlakte gestoor is (ongeveer 400 000 m
3
meer as wat
onder die permitstelsel moontlik was) omdat die sg Foreldam op
Grootvlakte âop ân stadium sonder dat daar wettige
toestemming
daarvoor verkry isâ, heelwat vergroot is.
[12] Kennisgewing 290 bevat die volgende verklaring oor die effek van
die deproklamering van die opvangsgebied as staatswaterbeheergebied:
â
As gevolg hiervan sal beheer oor
die uitneem, opdamming, opgaring en gebruik van openbare water van
alle openbare strome in die betrokke
gebiede voortaan onder andere
ingevolge artikels 9, 9B en 10 van die Waterwet geskied.â
Die verwysing na art 9 (wat met normale stroming handel) en art 10
(wat met surpluswater handel) kan alleen maar beteken dat die
gebruik
van water in die gebied deur die gewone reëls oor die gebruik van
water beheers sou word. Dis nie te versoene met ân gedagte
dat die
ministeriële permittoekennings sou bly voortbestaan nie. Na my
oordeel was die permitte se beperkings afhanklik van die
voortbestaan
van die staatswaterbeheergebied.
[13] Die verwysing in Kennisgewing 290 na art 9B help nie die
appellante nie. Hoewel die artikel met die beheer oor die opdam en
uitneem van openbare water bo ân sekere hoeveelheid handel, is die
artikel se verbod bloot op die oprigting, verandering of vergroting
van ân waterwerk gerig. Met ander woorde, die opdam van meer water
as wat deur die vervalle permit veroorloof is, word nie verbied
nie;
wat verbied word is werke wat die bestaande kapasiteit bo die
voorgeskrewe norm vergroot. Nogtans, weens die bepalings van
Kennisgewing
283, wat ingevolge art 9B(1C)(a) van die Wet afgekondig
is (waarkragtens die limiete in art 9B(1)(a) drasties verlaag is),
mag die
betrokke boere nie water in nuwe werke stoor wat hierdie
voorgeskrewe limiet oorskry nie. Dit beteken dat as daar damme op ân
plaas
is wat ten tye van die afkondiging van die
staatswaterbeheergebied reeds bestaan het en wat meer water kon berg
as as wat deur die
herroepe permitte gemagtig was, sou ân boer tans
geregtig wees om daardie damme se kapasiteit ten volle te benut binne
die perke
deur art 10 opgelê.
[14] Indien die Foreldam na die relevante datum vergroot is, sou dit
beteken dat Grootvlakte meer water opberg as waarop die plaas
geregtig is maar omdat, soos gemeld, die appellante geen regshulp in
die hof benede aangevra het wat op die neem van oormatige hoeveelhede
water vir Grootvlakte gebaseer is nie en die respondente nie eintlik
die punt direk aangespreek het nie (bv oor die datum waarop
die
Foreldam vergroot is), sou dit onvanpas wees om op hierdie stadium ân
bevel in dier voege uit te reik.
Naude v Fraser
[1998] ZASCA 56
;
1998 (4) SA
539
(SCA) op 563E-564A (per Schutz AR).
[15] Dit bring my by die kernpunt, nl die uitkeer deur Geldenhuys van
water na die Inverdoorn-gebied, iets wat ân verdere
feite-uiteensetting
verg. Die verhaal kan gerieflikerwyse by die
1960-hofbevel begin. Dit was die gevolg van ân geding tussen o a
die eerste appellant
(Hexvallei) aan die een kant en die
Inverdoorn-boere aan die ander kant wat geskik is. Die Vlakte-boere,
m a w, die oewer-eienaars
aan die Spekrivier en sy sytak, die
Valschgatrivier, was nie partye tot die bevel nie en die bevel raak
nie hulle regte nie. Volgens
die bevel is die Inverdoorn-boere
vis-Ã -vis Hexvallei dwarsdeur die jaar geregtig op alle water wat in
die Spekrivier beskikbaar
is met ân makimum van twee kusek (en niks
meer nie, hetsy verkry âby wyse van verjaring of andersinsâ). M a
w, die eerste twee
kusek water wat in die Spekrivier na die
appelllante se regsgebied kan afloop, moet uitgekeer word na die
Inverdoorngebied sonder
dat dit die Vlakte-boere se voorkeur (indien
enige) op daardie water affekteer. (Die bevel maak ook voorsiening
vir ân toekenning
aan die Inverdoorngebied uit die Valschgatrivier
maar dit kan vir huidige doeleindes buite rekening gelaat word.)
[16] Na aanleiding van die bevel is ân verdelingswerk in the
Spekrivier gebou wat water uit die rivier in ân kanaal, die
Spekrivierkanaal,
uitkeer. Dit het twee sluise met meetgeute. Die een
sluis (sluis A) is so ontwerp dat dit permanent in ân oop posisie
is en deurgaans
twee kusek water uit die Spekrivier vir die
Inverdoorn-gebied na die Spekrivierkanaal deurlaat. Die ander sluis,
nl die verstelbare
regterkantste oewersluis (sluis B), laat as dit
oop is 25,6 kusek water deur na die kanaal wat beteken dat met die
twee kusek wat
vir Inverdoorn bedoel is, sowat 27,6 kusek met die
kanaal afgelei word. Die 25,6 kusek water is klaarblyklik vir die
oewerboere,
te wete die Vlakte-boere, bedoel. As hulle nie die water
gebruik nie moet dit volgens gewone beginsels en ook in terme van die
hofbevel
terug in die Valschgatrivier gekeer word sodat dit na die
Lakensvalleydam kan afloop. As sluis B toe is, sal die oorskot water
wat
nie deur sluis A loop nie in ieder geval met die Spekrivier na
die dam vloei.
[17] Die Spekrivierkanaal loop vanaf die Spekrivier se
verdelingswerke na verdelingswerke in die Valschgatrivier. Op pad
soontoe
kan water vir Grootvlakte en Erfdeel uit die kanaal onttrek
word. Toe die aansoek aan die begin September 2006 geloods is, was al
die damme op hierdie twee plase vol (indien nie oorvol nie, soos
hierbo bespreek). Hexvallei het toe sluis B toegesluit sodat die
oorskot water wat nie deur sluis A na Inverdoorn hoef te vloei nie
met die Spekrivier na die Lakenvalleydam kan vloei.
[18] Geldenhuys en sy voorman het die slot gebreek, die sluis
oopgemaak en in ân oop posisie gesluit. Dit het aanleiding tot die
aansoek gegee waarin die appellante gevra het dat die slot verwyder
word en die sluis oopgelaat word vir die duur van die droë
somerseisoen.
Soos gemeld, is hierdie regshulp geweier.
[19] Dit is relevant ten einde die respondente se betoog te verstaan
om die posisie by die verdelingswerke in die Valschgatrivier
te
beskryf. Die water wat met die Spekrivierkanaal gelei word, val in
die verdelingswerke. Vandaar word dit met die Inverdoornkanaal
in ân
westelike rigting gelei. Hierdie kanaal bedien, alvorens dit die
waterskeiding bereik, enkele Vlakte-boere wat die water
waarop hulle
as oewereienaars aan die Spekrivier geregtig is, daaruit onttrek.
Water wat nie daar deur die Vlakte-boere onttrek word
nie, vloei dan
verder na die Inverdoorngebied.
[20] Die appellante se skuldoorsaak soos in die funderende stukke
geformuleer, is heel eenvoudig. Dit is naamlik dat die respondente
sluis B oopgemaak het sodat meer as twee kusek water na die
Inverdoorn-gebied afgevoer word vir die gebruik van die
Inverdoorn-boere
(spesifiek Geldenhuys) en dat hierdie optrede
onregmatig is omdat dit in stryd met die bepalings van die
1960-hofbevel is. Soos dit
in die vestigende beëdigde verklaring
gestel word, die respondente is âblatant, in stryd met die 1960
hofbevel se terme, besig
. . . om al die Spekrivier se water na
[Geldenhuys] se Inverdoorneiendomme weg te voer.â (Die respondente
het nie beweer dat die
Inverdoorngebied ân aanspraak op die water
het anders as uit hoofde van die hofbevel nie.) Dit is immers
gevestigde reg, soos die
hof benede aanvaar het, dat âhe who is
entitled to the use of water of a public stream, is entitled to an
interdict against anyone
who interferes with the course of that
stream to his detrimentâ (Hall & Burger
Hall on Water Rights
4 e uitg (1974) op 131).
[21] Fourie R het nie hierdie âkortpadbetoogâ aanvaar nie.
Volgens hom moes die appellante in hulle vestigende verklaring, as
deel van hulle skuldoorsaak, aantoon dat aan al die Vlakte-boere se
waterbehoeftes voldoen is alvorens hulle daarop kon aandring
dat
sluis B toegemaak moes word. Die appellante het in hulle aansoek
slegs beweer dat Grootvlakte en Erfdeel se damme vol was en
nie ook
die damme van die ander Vlakte-boere nie, ook nie dié wat water uit
die Inverdoornkanaal kan onttrek alvorens dit die waterskeiding
bereik nie. Die appellante het gepoog om dié âtekortkomingâ in
die repliserende stukke reg te stel deur verklarings van al dié
boere aan te heg wat daarop dui dat hulle damme op die tersaaklike
tydstip vol was. Fourie R het egter hierdie bewerings deurgehaal
omdat dit op die skep van ân nuwe skuldoorsaak in repliek sou
neerkom. Die getuienis dat hulle die aansoek steun, is egter nie
deurgehaal nie en daardeur is die nie-voegingpunt wat deur die
respondente geopper is, gekelder.
[22] Na my oordeel het hy die reël op ân ontoepaslike wyse
aangewend. Die reël is nie een van Mede en Perse nie (
Smith v
Kwanonqubela Town Council
1999 (4) SA 947
(SCA) te [15]). Die
bewerings van die belanghebbendes dat aan al hulle behoeftes voldoen
is, het nie ân nuwe skuldoorsaak geskep
nie maar slegs ân gebrek
aangevul; die bewerings kon beswaarlik in dispuut gestel word; en die
respondente se betoog dat hulle
die bewerings wou ondersoek en dan
betwis, klink geveins.
[23] Die addisionele getuienis was myns insiens egter onnodig omdat
die respondente en die hof benede die appellante se skuldoorsaak
verkeerd verstaan het. Geldenhuys het nie sluis B oopgemaak of laat
oopmaak om aan die behoeftes van die Vlakte-boere te voldoen
nie; hy
het dit gedoen ten einde die water na sy Inverdoorn-plaas af te lei.
Dit impliseer noodwendigerwyse dat die belange van die
Vlakte-boere
nie op die spel was nie. Geldenhuys was nòg saakwaarnemer nòg
barmhartige Samaritaan; hy het die sluis oopgemaak onder
die
dekmantel van sy âeiendomsregâ (as trustee) in die oewerplaas
Grootvlakte ten voordeel van homself as eienaar van Matjiesrivier.
[24] Die respondente het betoog dat solank al die Vlakte-damme nie
vol is nie moet die water deur sluis B met die kanaal bly afvloei
al
gebruik die Vlakte-boere nie die water nie sodat die ongebruikte
water na Inverdoorn kan afvloei vir Inverdoorn se gebruik. Die
blote
formulering van die betoog toon dat dit ongegrond is. Elke
oewereienaar is geregtig om surpluswater te onttrek om aan sy
behoeftes
te voldoen. Neem hy dit nie, moet dit afvloei na die
volgende oewereienaars, in hierdie geval die Hexvallei-boere.
Aangesien hierdie
water na Inverdoorn afgevoer is, moet ook op
hierdie beginsel die respondente se optrede onregmatig wees.
[25] Die respondente het in hulle betoogshoofde aangevoer dat
aangesien die Spekrivier-verdeelsluis buite die grense van Hexvallei
se regsgebied val, is Hexvallei nie bevoeg om die sluis te beheer
nie. Met die betoog is nie tydens die verhoor gehandel nie, myns
insiens tereg. Die betoog het niks om die lyf nie (vgl
AW Burman
Holdings (Pty) Ltd v Great Letaba Irrigation Board
1995 (3) SA
158
(T) en
Naude v Heatlie
2001 (2) SA 815
(SCA) op 822-823)
en het niks met die aangevraagde regshulp te doen nie.
[26] Hieruit volg dit dat die appèl op die meriete moet slaag. Die
volgende vraag ter beslegting, is die vorm van die bevel. Die
appellante vra tans om ân bevel wat verklaar dat die respondente en
hulle regsopvolgers nie geregtig is om enige water na Inverdoorn
te
lei wat deur middel van sluis B uit die Spekrivier gekeer word nie.
Die respondente betoog dat so ân bevel vaag sou wees en
dat dit
derhalwe nie toegestaan kan word nie. Hulle kon egter nie ân
bewoording voorstel wat hulle gewaande probleme aanspreek
nie. Na my
oordeel sal so ân bevel, gelees in die lig van die feite en die
regsposisie soos uiteengesit, duidelik en afdwingbaar
wees. Die
respondente weet presies wat hulle verkeerd gedoen het. Natuurlik kan
daar praktiese probleme ontstaan want die water het
ân ver pad om
te loop, kanale kan lek, Vlakte-boere kan versuim om hulle regte uit
te oefen en dies meer maar dit regverdig nie
dat die appellante die
hof met leë hande moet verlaat nie.
[27] Wat koste betref, is die appellante geregtig op die koste van
twee advokate in beide howe. Die vraag is egter of die
deurhalingsbevel
moet staan en die appellante aanspreeklik moet wees
vir die tersaaklike koste. Na my oordeel is die ânuweâ getuienis
aangebied
om die spook wat die respondente in hulle beantwoordende
verklaring opgeroep het, te besweer. Die deurhalingsaansoek is dus
ten onregte
deur die respondente veroorsaak en moet die respondente
die gevolge daarvan dra.
[28] Die volgende bevel word gevolglik uitgereik:
1. Die appèl word gehandhaaf met koste wat die koste van twee
advokate insluit.
2. Die bevel van die hof benede word vervang met die volgende bevel:
(a) Dit word verklaar dat geen water na die Inverdoorngebied gelei
mag word wat deur middel van die verstelbare regterkantste oewersluis
uit die Spekrivier gekeer word nie.
(b) Die respondente moet, gesamentlik en afsonderlik, die
gedingskoste betaal, insluitend die koste van twee advokate.
___________________________
L T C HARMS
WNDE ADJUNK-PRESIDENT
STEM SAAM:
STREICHER AR
NAVSA AR
VAN HEERDEN AR
CACHALIA AR