About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
2009
>>
[2009] ZASCA 145
|
|
Gabriel v S (073/2009) [2009] ZASCA 145; [2010] 2 All SA 212 (SCA) (26 November 2009)
Links to summary
DIE
HOOGSTE HOF VAN APPEL
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
UITSPRAAK
Saak
no
:
073/2009
Geen
gesagswaarde
DONELLE GABRIEL
APPELLANT
en
DIE STAAT
RESPONDENT
Neutrale
sitasie:
Gabriel
v Die Staat (
073/09)
[2009] ZASCA 145
(26 November 2009)
Coram:
Mthiyane
AR, Malan AR en Leach WnAR
Verhoordatum:
19
November 2009
Gelewer:
26
November 2009
Opsomming
Strafbare
manslag – motorbotsing – gevangenisstraf – eerste
oortreder – tersydestelling van vonnis –
vonnis gevel op
basis van verkeerde uitgangspunt
______________________________________________________________
BEVEL
______________________________________________________________
Op app
è
l
vanaf die Kaap die Goeie Hoop Provinsiale Afdeling (Griesel R en
Steyn WnR as hof van tweede instansie)
Die app
è
l
teen skuldigbevinding word van die hand gewys en die app
è
l
teen vonnis slaag. Die volgende bevel is gemaak:
Die skuldigbevinding word bekragtig.
Die vonnis wat deur die landdros
opgelê is word ter syde gestel en deur die volgende vervang:
‘
Aanklagte 1 en 3 word vir
doeleindes van vonnis saam geneem en die beskuldigde word tot ‘n
boete van R 6 000 of 6 maande gevangenisstraf
gevonnis en tot ‘n
verdere een jaar gevangenisstraf opgeskort vir ‘n tydperk van
drie jaar op voorwaarde dat die beskuldigde
nie skuldig bevind word
aan ‘n misdryf wat die roekelose of nalatige bestuur van ‘n
motorvoertuig behels nie en wat
gepleeg is tydens die periode van
opskorting en waarvoor hy gevonnis word tot gevangenisstraf sonder
die keuse van ‘n boete.’
______________________________________________________________
UITSPRAAK
______________________________________________________________
MALAN AR (MTHIYANE AR en LEACH WnAR
stem saam)
[1] Die appellant
is op 24 November 2006 in die landdroshof op Atlantis skuldig bevind
op ‘n aanklag van strafbare manslag
en van ‘n oortreding
van artikel 61(1)(a) van
die Nasionale Padverkeerswet Wet 93 van 1996. Hy het onskuldig
gepleit op die aanklag van strafbare manslag maar skuldig op
laasgenoemde
aanklag dat hy versuim het om sy voertuig onmiddellik na
‘n motorbotsing tot stilstand te bring. Die aanklagte spruit
uit
‘n botsing wat op 5 Februarie 2005 op die Weskuspad,
oftewel die R 27 deurpad, by die aansluiting met die Dassenbergrylaan
na Atlantis plaasgevind het en waarin ene Ruth Jass omgekom het. Die
landdros het beide skuldigbevindings vir doeleindes van
vonnisoplegging
gesamentlik oorweeg en die appellant tot twee jaar
gevangenisstraf gevonnis.
[2] Verlof om te
appelleer is deur die landdros geweier maar na ‘n versoekskrif
aan die Regter President is verlof verleen
om na die Provinsiale
Afdeling van die Hooggeregshof van die Kaap die Goeie Hoop teen beide
die skuldigbeving op die aanklag van
strafbare manslag en die vonnis
te appelleer. Die app
è
l
is op 12 September 2008 deur Griesel R en Steyn WnR van die hand
gewys. Op 27 Oktober 2008 is verlof egter verleen om teen beide
skuldigbevinding en vonnis na hierdie hof in ho
ë
r
beroep te kom.
[3] Die oorledene was ‘n
passasier in ‘n Mazda motorvoertuig wat deur LeRoy Collins
bestuur is en het agter die bestuurder
gesit. Collins was op pad van
Melkbos waar hy en sy passasiers, drie dames en ‘n kind, die
laat namiddag deurgebring het.
Hy sou regs draai in Dassenbergrylaan
op pad na Atlantis. Die Weskuspad verdeel kort voor die aansluiting
in twee bane, een vir
verkeer wat na regs draai en die ander vir
deurverkeer. Dassenbergrylaan het ook twee bane wat deur ‘n
middelmannetjie geskei
word: die een kant waar die appellant gery het
is vir verkeer wat in die Weskuspad na links of regs draai en die
ander kant vir
verkeer wat in Dassenbergrylaan indraai. Collins het
nie die appellant se voertuig voor die botsing gewaar nie maar net ‘n
harde slag gehoor. Sy voertuig is regs agter aan die sykant getref en
die oorledene is onmiddelik of kort na die botsing oorlede.
[4] Die appellant,
‘n taxibestuurder, was op pad van Atlantis in ‘n wit
Toyota Hilux minibus. Hy het getuig dat toe
hy die aansluiting met
die Weskuspad nader hy ietwat spoed verminder het maar nie gestop het
nie en, omdat hy geen verkeer in die
Weskuspad opgemerk het nie, oor
die stopteken in Dassenbergrylaan ‘gerol’ en na links in
die Weskuspad gedraai het.
Die botsing het plaasgevind sonder dat hy
die voertuig waarin die oorledene was gesien het. Hy het wel opgemerk
dat hierdie voertuig
in sy, die appellant, se baan was. Dit sou onder
die omstandighede beteken dat die voertuig waarin die oorledene gery
het in die
baan was waarin die appellant na links gedraai het. Die
plek waar die botsing plaasgevind het is egter deur Collins aan die
polisiebeampte,
inspekteur Jacobs, uitgewys as synde aan die ander,
Collins se korrekte, kant van die Weskuspad.
[5] In sy uitspraak het die landdros
oorweeg waar die botsing plaasgevind het. Hy moes ‘n beslissing
maak oor die geskil tussen
die bewering van die appellant dat die
botsing aan ‘sy kant’ gebeur het en die suggestie deur
die staatsgetuies dat
dit aan ‘hulle’ kant van die
Weskuspad was. Die landdros se gevolgtrekking is die volgende:
‘
Daar
was geen getuienis aangebied dat die motorvoertuig waarin die
oorledene was na die botsing beweeg het, of jammer, daar was
geen
getuienis dat die motorvoertuig waarin die oorledene was na die
botsing beweeg het vanaf waar beskuldigde s
ê
die botsing sou plaasgevind het nie totdat die polisie op die toneel
gekom het nie. Daar was ook geen getuienis aangebied dat die
voertuig
uit die pad geskuif was tot waar die polisie dit gevind het nie. Daar
is ook geen getuienis aangebied dat die voertuig
nie beskadig was
soos deur die polisie getuig was nie. Al wat die Hof van beskuldigde
se kant het is dat hy nie op die toneel was
nie en enigiets kon
gebeur het.
Wanneer
die Hof kyk na die omstandighede, die toneel, die skade aan die
motorvoertuig waarin die oorledene was soos getuig deur
die polisie,
is die Hof van mening dat die enigste manier hoe die ongeluk kon
plaasgevind het of gebeur het en waarskynlik gebeur
het die volgende
is. Die beskuldigde het teen ‘n ho
ë
spoed spoed ho
ë
r
as 20 kilometer per uur die stopstraat verontagsaam. Hy het oorbeweeg
in die baan van aankomende verkeer toe hy na links draai
en het hy
die motorvoertuig waarin die oorledene ‘n passasier was getref
en daarna die toneel verlaat wetende die ongeluk
niemand anders as sy
skuld was nie. Die Hof sal self tot hierdie bogenoemde bevinding kom
al sou Cornelia Sam nie getuig het nie,
in ag genome die
omstandighede en feite van die saak. Die Hof is verder van mening dat
beskuldigde se optrede grens aan roekeloosheid
en bevind dat hy grof
nalatig was in sy optrede.’
Die landdros se bevinding is gevolglik
dat die appellant se optrede aan roekeloosheid grens en dat hy grof
nalatig was.
[6] Die Staat het die getuienis van
Nico Christopher Jacobs, Gail Grewe, LeRoy Collins en Cornelia Sam
aangebied. Die laaste drie
getuies was almal in die motor wat deur
Collins bestuur is.
[7] Jacobs was ‘n inspekteur in
die Suid-Afrikaanse polisiediens wat die toneel na die botsing besoek
het. Hy het nie self
die botsing sien plaasvind nie maar het die
voertuig waarin die oorledene was dwars oor die pad sien staan. Hy
het ‘n skets
van die toneel gemaak. Hierop word die punt van
botsing met ‘n ‘X’ aangedui soos dit deur Collins
aan hom uitgewys
is. Hierdie punt is aan Collins se kant van die
Weskuspad geleë effens voor en nie regoor die aansluiting nie.
Jacobs kon
egter nie ‘n aanduiding gee oor presies waar hierdie
punt in verhouding met ander verwysingspunte was nie omdat, soos hy
dit uitgedruk het, die bestuurder ‘n ‘vae beeld’
aan hom gegee het van waar die voertuig hom getref het. Die skade
aan
hierdie voertuig was op die regter agterdeur. Dit was donker op die
toneel en daar was geen straatbeligting nie.
[8] By
sy beoordeling van die getuienis van Cornelia Sam het die landdros
bevind dat sy hom as ‘n goeie getuie beïndruk
het. Hy het
egter, soos geredelik deur die Staat toegegee word, ‘n
onreëlmatigheid began deur die kruisvraging van hierdie
getuie
oor haar polisieverklaring te verbied en te vereis dat die
verdediging die polisiebeampte wat die verklaring afgeneem het
in ‘n
binneverhoor oor die toelaatbaarheid daarvan as getuie moes roep.
Hierdie beslissing van die landdros kom op ‘n
klaarblyklike
onreëlmatigheid neer.
1
Met ‘n beroep op
S
v Heslop
,
2
is betoog dat die appellant nie ‘n billike verhoor gehad het
nie en gevolglik op sy ontslag geregtig is. Ek stem nie hiermee
saam
nie. Die onreëlmatighede wat in
Heslop
ter
sprake gekom het was van ‘n uiteenlopende aard en nie
vergelykbaar met die weiering van die landdros in hierdie saak om
die
kruisverhoor van ‘n enkele getuie oor een aspek toe te laat
nie. Indien die getuienis van Cornelia Sam geheel en al buite
rekening gelaat word kan dit nie gesê word dat ‘geregtigheid
ten gevolge van so ‘n onreëlmatigheid of gebrek
inderdaad
nie geskied het nie’ (artikel 322(1) van die Strafproseswet 51
van 1977).
3
[9] Gail Grewe het links agter in die
voertuig gesit met ‘n kind op haar skoot. Sy kon nie getuig
vanaf welke rigting die
taxi wat deur die appellant bestuur is gekom
het nie en het nooit die ligte van ‘n ander voertuig sien
aankom nie. Sy het
wel verklaar dat die voertuig waarin sy was
stadiger gery het net voordat die taxi in hulle vasgery het. Sy kon
nie verduidelik
in welke baan hulle kort voor die beplande draai na
regs gery het nie. Haar getuienis dra ook niks by tot die spoed
waarteen hulle
en die appellant gery het nie.
[10] Collins
was die bestuurder van die voertuig waarteen die taxi gebots het. Hy
het bevestig dat hy die punt van botsing aan die
polisiebeampte
uitgewys het. Hy het egter glad nie die taxi sien aankom nie en meld
trouens dat hy geen voertuig gesien het nie.
Hy het net die slag
gehoor. Toe hy onder kruisverhoor met sy polisieverklaring waarin hy
vermeld het dat hy ‘n witkleurige
kombi teen ‘n hoë
spoed sien aankom en die draai te wyd gevat het gekonfronteer word,
het hy getuig dat hy deur die
speurder voorgesê is. Onder
kruisondervraging sou hy skielik onthou wat gebeur het. Ten spyte van
hierdie onbevredigende
kante van Collins se getuienis word hy deur
die landdros as ‘n goeie getuie bestempel.
[11]
Normaalweg
sal ‘n hof op app
è
l
nie geredelik die feitelike bevindinge en
geloofwaardigheidsbeslissings van die verhoorhof bevraagteken nie.
In
R
v Dhlumayo and Another
is opgemerk:
4
'The
principle which has been adopted that an appellate court will not
ordinarily interfere with a finding of fact by a trial
judge
- with which I shall deal in a moment - is certainly not a rule of
law. It probably may be called a "rule of practice",
though
I can find no authority which goes so far as to call it such. . . .
It is no more than a common-sense recognition of the
essential
advantages which the trial judge has had, as a consequence of which
the right of the appellate court to come to its own
conclusions on
matters of fact, free and unrestricted on legal theory, is
necessarily in practice limited.'
In
die lig van die verrassende wending wat Colllins se getuienis geneem
het kan hy beswaarlik as ‘n bevredigende getuie beskou
word.
Dit beteken egter nie dat die landdros, soos namens die appellant
betoog is,
5
die aansoek om ontslag moes toegestaan het nie. Hierdie saak is nie
‘n geval waar daar geen getuienis teen die appellant
aan die
einde van die staatsaak was nie. Daar was voldoende getuienis
aangevul deur die erkennings van die appellant wat hom op
sy verweer
geplaas het en op grond waarvan skuldig bevind sou kon word. Sy
onslag is tereg geweier en meneer Smit wat namens die
appellant
verskyn het het dit in die verloop van sy betoog toegegee.
[12] Die
appellant het getuig dat hy die taxi die aand bestuur het en hy het
geredelik toegegee dat hy nie by die stopstraat by
die aansluiting
met die Weskuspad gestop het nie. Hy het teen minder as 20 kilometer
per uur na links in hierdie pad ingedraai.
Hy het nie Collins se
voertuig gewaar nie en die botsing het plaasgevind in sy eie baan
terwyl Collins probeer het om in die pad
na Atlantis in te draai. Hy
het voor hy gedraai het seker gemaak dat daar geen aankomende verkeer
was nie. Die appellant het verder
getuig dat hy gereeld hierdie pad
ry en dat hy altyd op hierdie wyse oor die stopstraat ‘rol’
wanneer hy geen aankomende
verkeer in die Weskuspad gewaar nie. Deur
sekere feitebevindinge te maak het die landdros egter die appellant
se getuienis implisiet
verwerp.
[13] Die hof a quo het opgemerk dat
die appellant op sy eie getuienis minstens grof nalatig was. Griesel
R het soos volg opgemenrk:
‘
Op sy eie weergawe
het die appellant die betrokke aand nie soos ‘n redelike en
versigtige bestuurder opgetree nie. Hy het
versuim om by die
stopstraat stil te hou. Hy het ‘n aansluiting met ‘n
besige deurpad binnegegaan sonder om behoorlik
te kyk vir aankomende
verkeer en op ‘n tydstip toe dit onveilig was om dit te doen.
Hy het in alle waarskynlikheid die draai
te wyd geneem en het in die
proses in Collins se baan beland waar die botsing plaasgevind het,
soos aangedui op die polisieplan
en soos gestaaf deur die posisie van
Collins se voertuig onmiddellik na die botsing. Daarna het hy die
ongelukstoneel verlaat en
homself uit die voete gemaak, strydig met
sy wetlike verpligtinge om te stop, die omvang van skade vas te stel
en hulp te verleen
of the ontbied, indien nodig. Die afleiding is
onvermydelik dat hy die ongelukstoneel weens ‘n skuldgevoel, en
nie weens
skok, verlaat het.’
[14] Ek stem saam dat die appellant op
sy eie weergawe nalatig was. Hy het die aansluiting binnegegaan op ‘n
tydstip toe dit
onveilig was en sonder om behoorlik te let op
aankomende verkeer. Die botsing het kort na hy oor die stopteken
‘gerol’
het plaasgevind. Die motor wat deur Collins
bestuur was moes dus onvermydelik voor hom of baie na aan die
appellant se taxi gewees
het. Indien hy enigsins versigtig bestuur
het sou hy dit gesien het en sou hy die ongeluk kon vermy het. Die
appellant is gevolglik
tereg skuldig bevind.
[15] Die
landdros het die appellant tot twee jaar gevangenisstraf gevonnis. Hy
het vir hierdie doel die twee klagte waarop hy skuldig
bevind is saam
beoordeel. Die appellant was ‘n eerste oortreder wat ten tye
van die misdaad vyf en twintig jaar oud was.
Hy is getroud en het
drie kinders. Hy was toe werksaam as taxibestuurder vir sy vader.
Tydens die verhoor was hy ‘n groente-
en vrugtesmous wat
ongeveer R 2400 per maand verdien het. Hy het standard 7 geslaag. Die
landdros het behoorlik van hierdie persoonlike
omstandighede kennis
geneem. Met vonnisoplegging het hy egter van die standpunt uitgegaan
dat die botsing op die punt wat deur
Jacobs op die sketsplan
aangedui is plaasgevind het. Verder meen die landdros dat die
appellant teen ‘n spoed wat hoër
as 20 kilometer per uur
was – ‘n hoë spoed - die stopstraat verontagsaam, in
die baan van aankomende verkeer inbeweeg
en teen die voertuig waarin
die oorledene was gebots het. Hierdie optrede meen die landdros was
grof nalatig en grens aan roekeloosheid.
Na my mening word hierdie
uitgangspunt van die landdros nie deur betroubare getuienis
ondersteun nie. Daar is enersyds geen betroubare
getuienis deur die
staat aangebied oor die spoed waarteen die appellant sou bestuur het
nie. Collins se getuienis is eenvoudig
nie aanvaarbaar nie en Grewe
se getuienis het niks tot die saak bygedra nie. Cornelia Sam se
getuienis moet om die redes vermeld
buite rekening gelaat word. Dit
laat slegs die getuienis van die appellant. Verder meen ek kan die
bevinding van die landdros dat
die botsing aan Collins se korrekte
kant van die pad plaasgevind het bevraagteken word. Karige getuienis
hieroor is aangebied.
Jacobs, ‘n ervare polisiebeampte, se eie
getuienis is dat hy nie self die punt van botsing op grond van sy eie
waarnemings
sou kon bepaal nie. Hy was kort na die botsing op die
toneel en het die punt op die sketsplan slegs aangedui omdat Collins
dit
aan hom uitgewys het. Collins se eie getuienis is onbetroubaar en
die aanwesigheid van glasstukke rondom die voertuig gee geen
aanduiding van waar die punt van botsing kon wees nie. Daar was geen
olie- of remmerke nie. Jacobs self, soos ek opgemerk het,
kon nie
bepaal waar die punt van botsing was nie. Daar is gevolglik geen
betroubare getuienis hieroor nie en geen betroubare getuienis
dat die
botsing op die plek op die sketsplan aangedui plaasgevind het nie.
[16] Dit
is geykte reg dat ‘n hof van appèl nie ligtelik met die
uitoefening van ‘n diskresie en gevolglik met
die vonnis wat
deur ‘n laer hof opgelê is sal inmeng nie. ‘n Hoër
hof sal slegs inmeng indien ‘n
laer hof ‘n mistasting
begaan het wat van so ‘n aard, graad of erns is dat dit
regstreeks of by afleiding gesê
kan word dat die hof sy
diskresie nie uitgeoefen het nie of dit onbehoorlik or onredelik
uitgeoefen het. Indien dit die geval is
staan dit die hof van appèl
vry om na eie goeddunke vonnis op te lê.
6
In hierdie aangeleentheid is gevangenisstraf die appellant opgelê
op grond van feitebevindinge wat nie deur die getuienis
gestaaf word
nie. Dit regverdig hierdie hof om opnuut vonnis te vel.
[17]
Die erns van die appellant se oortreding en die onherroeplikheid van
die gevolge van sy optrede kan en word nie onderskat
nie. Dit is
egter gepas om in ‘n saak soos hierdie die graad van die
appellant se nalatigheid te beoordeel.
7
In die afwesigheid van geloofwaardige getuienis tot die teendeel moet
die weergawe van die appellant aanvaar word. Volgens sy getuienis
het
hy spoed verminder toe hy die aansluiting nader en na links en regs
gekyk maar geen aankomende verkeer gewaar nie. Hy het klaarblyklik
nie behoorlik gekyk nie maar gegewe hierdie feite volg dit nie
noodwendig dat sy optrede as grensende aan roekeloos of grof nalatig
aangemerk kan word nie. Die appellant se versuim om die voertuig van
Collins te gewaar kan byvoorbeeld te wyte wees aan ‘n
kortstondige gebrek aan konsentrasie of onagsaamheid. Hierby moet in
ag geneem word dat die appellant sedert hy op 20 Desember
2007
gevonnis is in aanhouding was totdat borg hangende appèl op 13
Mei 2008 aan hom verleen is. In die lig hiervan is namens
die Staat
toegegee dat ‘n verdere tydperk van gevangenisstraf nie gepas
sou wees nie en dat ‘n boete met gevangenisstraf
as alternatief
asook ‘n opgeskorte verdere tydperk van gevangenisstraf die
gepaste vonnis sou wees.
[18] Die volgende bevel word gemaak;
Die skuldigbevinding word bekragtig.
Die vonnis wat deur die landdros
opgelê is word ter syde gestel en deur die volgende vervang:
‘
Aanklagte
1 en 3 word vir doeleindes van vonnis saam geneem en die beskuldigde
word tot ‘n boete van R 6 000 of 6 maande gevangenisstraf
gevonnis en tot ‘n verdere een jaar gevangenisstraf opgeskort
vir ‘n tydperk van drie jaar op voorwaarde dat die beskuldigde
nie skuldig bevind word aan ‘n misdryf wat die roekelose of
nalatige bestuur van ‘n motorvoertuig behels nie en wat
gepleeg
is tydens die periode van opskorting en waarvoor hy gevonnis word tot
gevangenisstraf sonder die keuse van ‘n boete.’
MALAN AR
V
erskynings:
Vir
Appellant: JA Smit
In
opdrag van:
Van
Ieperen Prokureurs
V
ir
Respondent: CJ Teunissen
1
S v Mayekiso en Andere
1996
(2) SASV 298 (K) 304
a
en 304
h –
305
b
en vgl die opmerkings oor
kruisondervraging van getuies na aanleiding van hul
polisieverklarings in
S v
Govender en andere
2006
(1) SA SASV 322 (E) 327
b-f
;
S v Crossberg
2008 (2) SASV 317 (HHA) paras 70 and 80.
2
2007 (1) SA 461
(HHA) paras 12 en 23.
3
Cf
Engles v Hofmann en ‘n
ander
1992 (2) SA 650
(K).
4
1948 (2) SA 677
(A) 695-6;
S
v Robinson en andere
1968
(1) SA 666
(A) 675 G - H.
5
Met ‘n beroep op onder andere
S
v Ndlangamandla en ‘n ander
1999 (1) SASV 391 (W) en ook
S v Jama en ‘n ander
1998
(2) SASV 237 (N) waar op 241
e-f
opgemerk word: ‘I share the views … that an accused
should be discharged if there is no evidence upon which a reasonable
man might convict and the only basis of putting him on his defence
is to hope that this own evidence will augment that of the
State.’
Sien ook
S v Legote en ‘n
ander
2001 (2) SASV 179
(HHA) para 9;
S v Lubaxa
2001 (4) SA 1251
(HHA)
paras 17 en 18 en Kriegler en Kruger
Hiemstra
Suid-Afrikaanse Strafproses
6de
uitg (2002) op 452-3.
6
S v Pillay
1977
(4) SA 531
(A)
535 F.
7
Sien
S v Nyathi
2005 (2) SASV 273 (HHA) paras 14 tot 21;
S
v Crossberg
2008 (2) SASV
317 (HHA) paras 85 to 110.