About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
2009
>>
[2009] ZASCA 138
|
|
Schoombee v Marais (635/08) [2009] ZASCA 138; [2010] 2 All SA 184 (SCA) (9 November 2009)
DIE
HOOGSTE HOF VAN APPÈL
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
UITSPRAAK
Saak no: 635/08
ANDRIES GOTTLIEB
SCHOOMBEE
Appellant
en
ANNA-MARIE
MARAIS Respondent
Neutrale
sitasie:
Schoombee
v Marais
(635/08)
[2009] ZASCA 138
(9 November 2009)
Coram:
STREICHER,
LEWIS, BOSIELO ARR, HURT en GRIESEL Wn ARR
Verhoordatum:
9
NOVEMBER 2009
Gelewer:
9
NOVEMBER 2009
Opsomming:
Professionele
nalatigheidseis van die hand gewys.
BEVEL
Op appèl vanaf: die
Transvaalse Provinsiale Afdeling (Van Rooyen Wn R as hof van eerste
instansie).
Die appèl word gehandhaaf
met koste en die bevel gemaak deur die hof benede word vervang met
die volgende bevel:
â
Die eiseres se aksie word van
die hand gewys met koste.â
UITSPRAAK
STREICHER JA (LEWIS, BOSIELO ARR,
HURT en GRIESEL AAR
stem
saam)
[1] Die appellant is
`n prokureur wat vir die respondent opgetree het in `n
egskeidingsgeding teen haar destydse eggenoot, Mnr Marais. Die
egskeidingsgeding
is mettertyd geskik op die basis dat Marais `n
bedrag van R600 000 aan haar betaal, dat sy afstand doen van
haar reg op onderhoud
en dat Marais `n bydrae van R15 000 tot
haar koste maak. Nadat `n egskeidingsbevel op hierdie basis
toegestaan is, het die
respondent die appellant in die Transvaalse
Provinsiale Afdeling van die Hooggeregshof gedagvaar vir
skadevergoeding op grond daarvan
dat hy kontrakbreuk gepleeg het deur
nalatiglik aan haar sekere verkeerde advies te gee. Die hof benede,
by monde van Van Rooyen
Wn R, het bevind dat die appellant wel
nalatiglik verkeerde advies aan die respondent gegee het en het hom
beveel om skadevergoeding
ten bedrae van R1.1m tesame met rente aan
haar te betaal. Dit is teen hierdie bevel wat die appellant, met die
verlof van die hof
benede, appelleer.
[2] In haar
besonderhede van vordering het die respondent beweer dat die
appellant met haar ooreengekom het om haar te verteenwoordig
in haar
egskeidingsgeding teen Marais en dat dit `n term van die ooreenkoms
was dat die appellant sy dienste sonder enige nalatigheid
sou
uitvoer. Die respondent het verder beweer dat die appellant sy
kontraktuele verpligtinge teenoor haar verbreek het deur haar
nalatiglik en verkeerdelik te adviseer â
(i) om die
egskeidingsgeding af te handel op die basis dat die huweliksbedeling
tussen haar en Marais buite gemeenskap van goed
was; en
(ii) om die
saak te skik op die basis dat Marais aan haar R600 000 betaal in
volle en finale vereffening van enige vermoënsregtelike
eis
insluitende enige eis vir onderhoud wat sy teen Marais mag gehad het.
[3] Nadat die
geding reeds etlike dae in die hof benede gedien het en die
respondent reeds vir etlike dae gekruisvra is, het sy
haar
besonderhede van vordering gewysig deur `n alternatiewe basis vir
haar skadevergoedingeis in te voeg. Ingevolge die wysiging
het sy in
die alternatief beweer dat die appellant nalatiglik en verkeerdelik
nagelaat het om haar te adviseer om nie die saak
op die voormelde
basis te skik nie.
[4] Die hof
benede het bevind dat die appellant `n oordeelsfout begaan het met
betrekking tot die advies wat hy gegee het aangaande
die
huweliksbedeling tussen die respondent en Marais maar dat âdie
oordeelsfout nie `n nalatige een was waarvoor hy regsaanspreeklikheid
sou kon opdoen nieâ. In hierdie verband het die hof benede verwys
na
Mouton
v Mynwerkersunie
1977 (1) SA 119
(A) op 142H â 143B.
[5] Die hof
benede het verder bevind dat die appellant nie in een van die opsigte
genoem in die besonderhede van vordering nalatig
was nie maar dat hy
wel in `n ander opsig nalatig was. Ek gaan dus voort om met
laasgenoemde bevinding te handel.
[6] In sy
nadere besonderhede vir doeleindes van verhoor het Marais sy bates
gewaardeer teen R6 022 290 waarvan R2 842 500
die
waarde was wat hy op sy plaaseiendomme geplaas het. Die respondent
was egter van mening dat sy bates minstens R14m werd was.
Die
appellant het gevolglik voorgestel dat `n waardeerder aangestel word
om die plaaseiendomme te waardeer. `n Waardeerder het
R8 500
gekwoteer om so`n waardasie te doen maar die respondent het gevoel
dat dit te duur was en het opdrag aan die appellant
gegee om nie
voort te gaan met die waardasie nie. Alhoewel die appellant op `n
vroeëre stadium in `n brief aan die respondent
melding gemaak
het van die moontlikheid om aansoek te doen vir `n bydrae tot koste
het die appellant nie voorgestel dat dit gedoen
word ten opsigte van
die koste van die waardeerder nie. Ter verduideliking hiervan het die
appellant getuig dat hy nooit die indruk
gekry het dat die respondent
sukkel met die betaling van regskoste nie. Die respondent het ook
toegegee dat wanneer ookal sy deur
die appellant gevra is om
regskoste te betaal sy dit betaal het, soms selfs meer as wat gevra
is. Sy het nietemin getuig dat sy
nie die R8 500 kon bekostig
nie.
[7] Op grond
van die voormelde getuienis het die hof benede beslis dat die
appellant wel nalatig was deur nie te gepoog het om die
respondent te
oortuig dat die reël 43 prosedure onder die omstandighede
noodsaaklik was ten einde fondse te bekom om die respondent
in staat
te stel om `n waardasie van Marais se plaaseiendomme te laat doen
nie. Nadat die hof benede so beslis het, het dit toestemming
verleen
dat die saak heropen word sodat die respondent getuienis kon aanbied
ten aansien van die waarde van die plaaseiendomme
soos ten tyde van
die skikking. Ten einde aan die respondent die geleentheid te gee om
die plaaseiendomme te laat waardeer soos
ten tyde van die skikking
het die hof benede ook die saak uitgestel. By die hervatting van die
verhoor het dit geblyk dat `n waardeerder
deur die respondent
aangestel die oorgrote meerderheid van Marais se eiendomme waardeer
het teen minder as die waarde wat deur
Marais op die betrokke
eiendomme geplaas is in die egskeidingsgeding.
[9] Die hof
benede het `n argument dat dit, in die lig van die waardasies, geen
verskil aan die verloop van die egskeidingsgeding
sou gemaak het
indien `n reël 43 aansoek gebring is en indien `n waardasie van
Marais se eiendomme voor die skikking van die
saak verkry is nie,
verwerp. Dit het bevind dat daardie argument âdie punt misâ.
Volgens die hof benede het die appellant se
versuim om haar te
adviseer soos voormeld âveroorsaak dat (die respondent) nie `n
keuse kon uitoefen om te litigeer of nie te
litigeer nieâ. In
hierdie verband het die hof benede verwys na sake waarin gehandel is
met die aanspraak op skadevergoeding as
gevolg van die verlies van `n
geleentheid.
1
Die hof benede het ook spesifiek verwys na die volgende passasie in
Burger
v Union National South British Insurance Company
1975 (4) SA 72
(W) te 74H waar Colman R sê:
2
â
Causation
is one thing and quantification is another
. . .. It has never, within the range of my knowledge and experience,
been the approach of our Courts, when charged with the assessment
of
damages, to resolve by an application of the burden of proof such
uncertainties as I have referred to.â
[10] Die
respondent is egter nie `n geleentheid ontneem om te litigeer of nie
te litigeer nie of om `n keuse uit te oefen om te
litigeer of nie te
litigeer nie. Ten beste vir haar het die appellant versuim om te
verseker dat sekere inligting tot haar beskikking
gestel word. Slegs
indien daar `n moontlikheid bestaan dat sy in die lig van daardie
inligting moontlik nie die saak sou skik kan
dit gesê word dat
sy moontlik skade gely het as gevolg van die feit dat die inligting
nie tot haar beskikking gestel is nie.
Dit is egter op `n oorwig van
waarskynlikhede bewys dat die inligting geen verskil sou gemaak het
nie. Die respondent het gemeen
dat die eiendomme veel meer werd was
as wat Marais beweer het die geval was maar het nietemin geskik op
die voormelde basis. Dit
is dus duidelik dat die mening van `n
waardeerder dat die eiendomme selfs minder werd was as wat Marais
beweer het die geval was
haar eerder sou aanmoedig as ontmoedig om op
daardie basis te skik. Die respondent het gevolglik geen skade gely
as gevolg van
die feit dat geen waardasie van die plaaseiendomme ten
tyde van die egskeidingsgeding bekom is nie. Die kwantifikasie van
skade
kom dus glad nie ter sprake nie.
[11] Voor ons
was daar geen verskyning vir die respondent nie. Dit is gevolglik nie
voor ons betoog dat die respondent se vordering
op enige van die
ander basisse geopper in haar besonderhede van vordering moes slaag
nie. So ân betoog sou ook nie suksesvol
kon wees nie. Die
respondent bekla haar in die eerste plek daaroor dat die appellant
aanbeveel het dat die egskeidingsgeding afgehandel
word op die basis
dat die huweliksbedeling tussen haar en Marais buite gemeenskap van
goed was. Dit is egter duidelik dat dit futiel
en `n mors van geld
sou wees om te betwis dat die huwelik buite gemeenskap van goed was.
Die respondent en Marais is getroud in
1972. Vanaf 1986 het hulle
apart gewoon en die saak is geskik in 1998. Haar handtekening verskyn
op `n huweliksvoorwaardekontrak
ingevolge waarvan die huwelik buite
gemeenskap van goed sou wees. Volgens haar identiteitsdokument was sy
buite gemeenskap van
goed getroud. Die huis waarin sy vanaf 1986 tot
in 1998 apart van Marais gewoon het was in haar naam geregistreer en
die registrasie
dokumente sou aangedui het dat sy buite gemeenskap
van goed getroud was. Volgens die notaris wat die
huweliksvoorwaardekontrak
verly het was dit sy gebruik om aan persone
wat `n huweliksvoorwaardekontrak aangaan die effek van so ân
kontrak te verduidelik.
Hy kon nie aan enige rede dink waarom hy dit
nie ook aan die respondent sou verduidelik nie. Onder daardie
omstandighede sou geen
hof haar getuienis aanvaar dat sy slegs `n
enkelblad en nie die huweliksvoorwaardekontrak bestaande uit vier
bladsye voor die notaris
geteken het nie, dat sy vir 27 jaar gemeen
het dat sy binne gemeenskap van goed getrou het en dat sy deur die
notaris mislei is.
`n Hof sou dit veral nie aanvaar het nie in die
lig van haar getuienis dat die notaris in antwoord op haar vraag âwat
teken ekâ
geantwoord het âdit is `n formaliteit, u notuleer dat u
van plan is om buite gemeenskap van goed te trouâ en dat sy toe
haar
naam geteken het, âmin wetende, dit was die agterblad van my
huweliksvoorwaardekontrak, wat ek eers uitgevind het 27 jaar daarnaâ.
[12] Die
appellant het getuig dat hy nie die respondent aanbeveel het om op
die voormelde basis te skik nie, dat hy deurentyd, vir
`n periode van
ongeveer `n jaar en `n half, dit aan haar duidelik gemaak het dat
daar geen rede was om die saak te skik nie en
dat dit `n goeie saak
was om hof toe te neem. Hy het ook getuig dat hy aan haar die nadele
uitgewys het om afstand te doen van
onderhoud en om `n enkelbedrag te
aanvaar.
Desnieteenstaande
het die respondent, met volle kennis van haar regte, hom uitdruklik
opdrag gegee om die saak op die voorgestelde
basis te skik.
Die hof benede
het die appellant â`n besonder eerlike getuie gevindâ en daar
blyk geen rede te wees om van hierdie bevinding
te verskil nie. Onder
die omstandighede kon die respondent ook nie op enige van die ander
basisse vermeld in haar besonderhede
van vordering slaag nie.
[13] Die appèl
word gevolglik gehandhaaf met koste en die bevel gemaak deur die hof
benede word vervang met die volgende
bevel:
â
Die eiseres se aksie word van
die hand gewys met koste.â
___________________
P E STREICHER
APPÈLREGTER
VERSKYNINGS
:
Namens appellant: J P Vorster SC
Instruksies deur:
Routledge Modise, Johannesburg
Webbers, Bloemfontein
Namens respondent:
Instruksies deur:
Rooth Wessels Motla Conradie,
Pretoria
McIntyre & Van der Post,
Bloemfontein
1
De Klerk v Absa Bank Ltd and others
2003 (4) SA 315
(SCA) paras 30 to 32.
2
Aangehaal deur Schutz JA in
De Klerk v Absa
Bank Ltd and others
2003 (4) SA 315
(SCA) te para 33.