Johaar and Another v S (652/08) [2009] ZASCA 46; 2010 (1) SACR 23 (SCA) ; [2009] 3 All SA 520 (SCA) (21 May 2009)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Cumulative effect of sentences — Appellants convicted of multiple counts of robbery and related offences — First appellant sentenced to 30 years imprisonment, second appellant to 16 years — Whether cumulative effect of sentences excessively harsh — Court finding no misdirection in sentencing discretion exercised by trial court — Sentences upheld as appropriate given the nature and severity of the offences committed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
2009
>>
[2009] ZASCA 46
|

|

Johaar and Another v S (652/08) [2009] ZASCA 46; 2010 (1) SACR 23 (SCA) ; [2009] 3 All SA 520 (SCA) (21 May 2009)

DIE
HOOGSTE HOF VAN APPéL
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
UITSPRAAK
Saaknommer: 652/08
In die saak tussen:
WAYNE JOHAAR EERSTE APPELLANT
GLENNEAL OCTOBER TWEEDE APPELLANT
en
DIE STAAT
RESPONDENT
Neutral citation:
Johaar
v Die Staat
(652/2008)
[2009] ZASCA 46
(21 Mei 2009)
Coram
: Cloete,
Snyders ARR en Griesel Wnde AR
Verhoor
: 6
Mei 2009
Gelewer
: 21
Mei 2009
Opsomming
:
Vonnis
– menseroof en veelvuldige aanklagte van roof met verswarende
omstandighede – eerste appellant gevonnis tot effektiewe
termyn van
30 jaar gevangenisstraf en tweede appellant tot 16 jaar
gevangenisstraf – of kumulatiewe effek van die opgelegde vonnisse

buitensporig is.
BEVEL
Op appél vanaf:
Kaapstadse
Hooggeregshof (Le Grange R en Samela Wnde R)
,
sittende as ’n
hof van appèl teen ’n uitspraak van die streekhof:
Bevel
:
‘Beide
appèlle word van die hand gewys.’
UITSPRAAK
GRIESEL Wnde AR
(Cloete
en Snyders ARR stem saam):
Inleiding
[1]
Beide
appellante het onsuksesvol geappelleer na die Kaapstadse
Hooggeregshof (Le Grange R en Samela Wn R) teen die
vonnisse
aan hulle opgelê in die streekhof te Kaapstad ten
opsigte van ’n verskeidenheid van misdade. Met verlof van die hof
a
quo
kom die
appellante tans in hoër beroep na hierdie Hof
teen
die opgelegde vonnisse
.
[2] Die twee appellante het
oorspronklik, as beskuldigdes 2 en 3 onder­skeidelik, saam met ’n
derde mede-beskuldigde (die
eertydse beskuldigde 1) in die streekhof
tereg gestaan op die volgende aanklagte:
1
1.
menseroof;
2. roof met verswarende
omstandighede;
3. gebruik van ’n motorvoertuig
sonder die eienaar se toestemming;
4. roof met verswarende
omstandighede;
5. roof met verswarende omstandighede
(slegs beskuldige 2);
6. roof met verswarende omstandighede
(
motorvoertuig)
;
7. huisbraak met die opset om te
steel en diefstal (slegs beskuldige 2);
8. roof met verswarende omstandighede
(slegs beskuldige 2);
9. roof met verswarende omstandighede
(slegs beskuldige 2);
10. roof met verswarende
omstandighede (slegs beskuldige 2);
11/12. onwettige besit van ’n
vuurwapen en ammunisie (slegs beskuldige 2);
13. roekelose bestuur (slegs
beskuldige 2).
[3] Beskuldigde 2 het op al dertien
aan­klagte skuldig gepleit terwyl beskuldigde 3 op aanklagte 1,
2, 3, 4 en 6 skuldig gepleit
het. Skriftelike ver­klarings
ingevolge art 112(2) van die Strafproses­wet is namens die
beskuldig­des inge­handig
en hulle is behoorlik skuldig
bevind soos aan­gekla op grond van die bewerings vervat in hul
ver­klarings. Na bewys van
sekere vorige veroor­delings teen
beskuldigde 2 en na verkryging van proef­beampteverslae ten
opsigte van beide appel­lante
is hulle soos volg gevonnis:
Beskuldigde
2
:
Aanklag
1: 10 jaar gevangenisstraf
Aanklagte
2, 4, 5, 8, 9 en 10: elke aanklag 5 jaar gevangenisstraf
Aanklag
3: 12 maande gevangenisstraf in geheel opgeskort
Aanklag
6: 12 jaar gevangenisstraf
Aanklag
7: 3 jaar gevangenisstraf
Aanklagte
11 & 12 (saam geneem): 3 jaar gevangenisstraf
Aanklag
13 (roekelose bestuur): gewaarsku en ontslaan
Beskuldigde
3
:
Aanklag 1: 8 jaar
gevangenisstraf
Aanklagte
2 en 4: elke aanklag 4 jaar gevangenisstraf
Aanklag
3: 12 maande gevangenisstraf in geheel opgeskort
Aanklag
6: 10 jaar gevangenisstraf.
2
[
4]
In
die geval van beskuldigde 2 kom dit neer op ’n totaal van 58 jaar
gevangenisstraf, maar ten einde die kumulatiewe effek van
die
vonnisse te versag, het die streeklanddros gelas ‘dat 28 jaar van
hierdie vonnis same­lopend uitgedien sal word’; met
ander
woorde ’n effektiewe vonnis van 30 jaar gevangenisstraf. In die
geval van beskuldigde 3 het die hof gelas dat 10 jaar van
die totaal
van 26 jaar samelopend uitgedien word, dus ’n effektiewe vonnis van
16 jaar.
[5]
Die
vraag vir beregting is of die kumulatiewe effek van hierdie vonnisse
so buitensporig is dat hierdie Hof geregtig is om op appèl

daarmee in te meng.
Feitelike agtergrond
[6] Die getuienis rondom die
agtergrond tot die gebeure is effens karig en is slegs op die
beskuldigdes se verklarings ingevolge
art 112(2) gebaseer. Daaruit
blyk dit dat die reeks misdade gepleeg is gedurende die periode
tussen 25 en 29 Junie 2001 en op verskillende
plekke tussen Kaapstad
en Mosselbaai. Die eerste reeks misdade het op 25 Junie 2001 in
Zonnebloem in Kaapstad begin toe beskuldigdes
2 en 3 vir die klaer,
mnr Adam Donnely, met
’n vuurwapen gedreig het en hom gedwing het om sy Ford Fiesta
motorkar aan hulle te oorhandig en saam met
hulle te ry. Hulle het
ook geld van hom geëis, waarop hy R60 kontant aan die appellante
oorhandig het (aanklagte 1–3).
[7] By ’n Engen vulstasie aan die
N2 het die appellante by ’n Quickstop-winkel ingegaan, die
winkel­assistente met ’n
vuurwapen gedreig en hulle gedwing om
R200 kontant, een pakkie sigarette en vuurhoutjies te oorhandig
(aanklag 4). Daarvandaan
het hulle Mosselbaai toe gery (waar
beskuldigde 3 skynbaar vandaan kom). Hulle het by ’n sekere huis
daar aangeklop en ‘’n
tyd lank daar deurgebring’. Later het
hulle daar aan die slaap geraak en nadat hulle wakker geword het, het
die appellante ‘pille
gekoop en daar dit gerook’. Daarvandaan het
hulle terug­gery Kaap toe. Donnely was steeds saam met hulle en
het in ’n sekere
stadium self die motor bestuur tot by Caledon,
waar beskuldigde 2 die plaaslike tak van American Swiss beroof het
van R3 000
deur die winkel­assistente met die vuurwapen te
dreig (aanklag 5). By ’n onbekende bestemming het die appellante
uit­geklim
en die klaer se R60 aan hom teruggegee, saam met ’n
verdere bedrag van R50, met die
opdrag
dat hy niemand moes vertel van sy ondervinding nie. (Vermoedelik het
die beskul­digdes ook in daardie stadium sy motor
aan hom
teruggegee, alhoewel dit nie uitdruklik so in die verklarings vermeld
word nie.)
[8] Ongeveer twee dae later, op 28
Junie 2001, toe die appellante terug was in die Kaap en nadat
beskuldigde 1 ook by hulle aangesluit
het, het die drie van hulle
in
Vredehoek ‘in die rondte geloop’ toe hulle Me Michelle Churchill
opmerk waar sy met haar GTS Golf by haar motorhuis intrek.
Beskul­digde 2 het
haar in haar motorhuis met ’n vuurwapen gedreig terwyl beskuldigdes
1 en 3 haar van die sleutels van haar
motor sowel as ’n handsak met
R1 000 kontant en ’n selfoon beroof het (aanklag 6).
[9] Met die gesteelde voertuig het
die drie beskuldigdes weer die pad gevat Mosselbaai toe. Op
Riviersonderend het hulle stilgehou
en het beskul­digdes 1 en 2
by die besigheidsperseel van
Glenville
Hill BJ’s Restaurant
ingebreek en ’n geldlaai bevattende ongeveer R1 280 kontant
gesteel (aanklag 7).
[10] Later, by ’n vulstasie in
Albertinia, het beskuldigde 2 weer eens die betrokke
winkel­assistente met ’n vuurwapen gedreig
en hulle beroof van
kontant ter waarde van ongeveer R4 500 (aanklag 9).
[11] Op dieselfde dag het beskuldigde
2 op sy eie ’n verdere vulstasie te Mosselbaai beroof van R2 239
kontant en telefoonkaarte
ter waarde van R1 068 (aanklag 8).
(Beskuldigdes 1 en 3 het by ’n huis in Mosselbaai agtergebly.)
Daarvandaan het beskuldigde
2 ’n sportwinkel in Mosselbaai besoek,
waar hy die winkelassistent met die vuurwapen gedreig en van drie
paar skoene beroof het
(aanklag 10). Toe die beskuldigde die winkel
verlaat, het ’n sekuriteits­beampte alarm gemaak, wat daartoe
gelei het dat
die polisie ontbied is. Beskuldigde 2 het probeer om
van die polisie weg te jaag en het hom in die proses skuldig gemaak
aan roeke­lose
bestuur (aanklag 13). Hy is egter uiteindelik deur
die polisie aange­keer en gearres­teer. Hy was op daardie
stadium in
onwettige besit van ’n .38-rewolwer en een rondte
ammunisie (aanklagte 11 en 12).
[12] Soos reeds genoem, het al drie beskuldigdes by die
aanvang van die verhoor skuldig gepleit op die onderskeie aanklagte
wat
op elk van hulle betrekking het. Al drie het ook onder eed berou
uitgespreek oor hul optrede en het die klaers (in dié se

afwesigheid) om vergifnis gevra.
Bespreking
[13] Die benadering op appèl
ten opsigte van vonnis is welbekend en hoef nie hierin herhaal te
word nie.
Namens die
appellante is die opgelegde vonnisse oor ’n wye front aan­geveg.
Daar is onder andere
aangevoer dat die streeklanddros misgetas het deur die minimum
vonnis­wetgewing as begin­punt te gebruik,
eerder as om
aandag te skenk aan die proporsionaliteit van die onderskeie
vonnisse, soos deur hierdie Hof vereis is in
Vilakazi
v S
.
3
Volgens my oordeel steek daar niks in hierdie betoog nie. Die
streeklanddros het inderdaad verwys na die toepaslike bepalings van

die minimum vonnis­wetgewing, maar het bevind dat daar wel
wesenlike en dwingende omstandig­hede aanwesig was wat die
op­legging van vonnisse minder as die voor­geskrewe minimum
regverdig. Sy het daarop voortgegaan en vonnisse opgelê
wat
veel minder is as die voorgeskrewe vonnisse. Ek is derhalwe tevrede
dat geen mistasting in hierdie opsig deur die streeklanddros
begaan
is nie.
[14] Wat die individuele aanklagte
aanbetref, was dit veral die vonnisse opgelê ten opsigte van
die aanklag van menseroof
– 10 jaar en 8 jaar gevangenisstraf
onderskeidelik – wat namens die appellante gekritiseer is. Weens my
siening van die saak
as geheel is dit egter nie nodig om ’n finale
mening hieroor uit te spreek nie. Selfs indien die appellante ten
opsigte van die
vonnis op hierdie aanklag gelyk gegee sou word, sou
dit myns insiens geen verskil maak aan die uiteindelike vonnis nie.
Waar ’n
veelvuldigheid van misdade bestraf moet word, moet die hof
ag slaan op die totaliteit van die betrokke misdadige optrede en
sigself
afvra wat die gepaste vonnis is vir
al
die misdade gesamentlik.
4
Waar die vonnis ten
opsigte van aanklag 1 dus moontlik gekritiseer mag word dat dit te
swaar is, is die vonnisse op ander aanklagte
(bv die aanklagte van
roof met verswarende omstandighede), aan die ander kant, op die oog
af aan die ligte kant. Ook wat aanklag
13 aan­betref, is dit die
eerste keer waarvan ek weet dat ’n beskuldigde weens roeke­lose
bestuur van ’n motorvoertuig
op ’n openbare pad met slegs ’n
waar­skuwing en ontslag daarvan afkom.
[15]
Die
enigste vraag wat dus oorbly, is of daar so ’n treffende onderskeid
is tussen die effektiewe vonnisse opgelê deur die
streekhof en
die vonnisse wat hierdie Hof sou opgelê het dat inmenging
geregverdig is. In hierdie verband is namens die appellante
betoog
dat die streekhof nie die kumu­latiewe effek van die vonnisse
behoorlik in ag geneem het nie met die gevolg, aldus die
betoog, dat
‘die vonnis skokkend onvanpas en buiten­sporig swaar is’.
Voorts is betoog dat ’n hele reeks versagtende
faktore, hoewel
genoem deur die streek­landdros, nie genoegsame gewig verleen is
by vonnis­oplegging nie.
[16]
Ek
stem nie met hierdie betoë saam nie. Dit blyk uit die uitspraak
oor vonnis dat die streek­landdros sorgvuldige oorweging
geskenk
het aan
al
die tersaaklike faktore, insluitend die persoonlike om­standighede
van elke beskuldigde, sowel as die feit dat al drie berou
getoon het.
Verder is dit op­vallend dat die streek­landdros by
vonnis­oplegging doel­bewus daarna gestreef het
om deur
middel van ’n verskeidenheid meganis­mes die kumu­latiewe
effek van die vonnisse te versag. Nie alleen het sy
gelas dat ’n
groot gedeelte van die totale vonnisse same­lopend uitgedien moet
word nie; sommige aan­klagte is saam geneem
vir doel­eindes
van vonnis (aanklagte 11 en 12); vonnis ten opsigte van een van die
aanklagte is in geheel opgeskort (aanklag
3); beskul­digde 2 is
op een van die aanklagte gewaarsku en ont­slaan (aanklag 13);
vonnisse is opgelê – veral
ten opsigte van die roof­aanklagte
– wat veel ligter is as wat elke individuele misdaad normaalweg sou
verdien (aanklagte
2, 4, 5, 8, 9 en 10).
[17] Waar dit voorheen, tot ongeveer
die vroeë 1990’s, ongewoon was vir ons howe om vonnisse van
meer as 25 jaar gevangenisstraf
op te lê,
was daar niks om dit te belet nie.
5
Sedertdien – veral sedert inwerking­treding van die
minimum-vonnis-wetgewing ingevolge Wet 105 van 1997 – het daardie
tendens verander. In sigself kan ’n vonnis van 30 jaar
gevange­nisstraf dus nie as buitensporig of steurend onvanpas
bestempel
word nie. Die vraag is bloot of dit wel ’n gepaste vonnis
in die huidige saak is. In hierdie verband hou ek in gedagte –
‘
. . . dat
die bepaling van ’n spesifieke tydperk van gevangenisstraf in ’n
gegewe geval nie volgens enige eksakte,
objektief-geldende maatstaf
kan geskied nie, en dat daar dikwels ’n area van onsekerheid kan
bestaan waarbinne menings oor die
gepaste termyn van gevangenisstraf
geldiglik kan verskil; in so ’n geval, selfs al sou hierdie Hof
meen dat hy ’n heelwat ligter
vonnis sou opgelê het, sou hy
nogtans nie ingryp nie, omdat die nodige oortuiging sou ontbreek dat
die Verhoorregter nie
redelikerwyse die vonnis kon opgelê het
waarop hy besluit het nie.’
6
[18] Die hof
a
quo
het opgemerk
dat die op­gelegde vonnisse weliswaar ‘aan die swaar kant’
is, maar ‘nie buite ver­houding tot die aard
en erns van die
misdrywe, die belange van die gemeenskap en die appellante se
persoonlike omstandighede nie’. Waar die onderhawige
vonnisse tot
dusver deur
drie
ervare
vonnisopleggers as gepas beskou is, is dit ’n faktor wat myns
insiens
nie geïgnoreer
behoort te word nie.
[19] Wat die aard en erns van die
onderhawige misdade aanbetref, het die hof
a
quo
verklaar dat
die appellante ‘soos twee rampokkers te werk gegaan het met die
pleging van hierdie misdrywe’. Geen kritiek kan
myns insiens teen
hierdie beskrywing of teen die hof se algemene benadering geopper
word nie. Die misdade waaraan die beskuldigdes
skuldig bevind is, is
klaarblyklik ernstig.
Wat
gewapende roof van motor­voertuie aanbetref, het hierdie hof in
S
v
Khambule
7
onder andere die volgende gesê:
‘
In gevalle van ’n gewapende roof van ’n
motorvoertuig, met die voor die hand liggende gevaar van ontvoering,
ernstige aanranding
en moord op die bestuurder en insittendes, kan
die howe nie anders as om swaar strawwe op te lê nie. Die
pleeg van hierdie
misdaad het so alledaags geword, veral in en om ons
groot stede, dat onskuldige mans en vrouens met beklemming op die pad
gaan
en die ergste vrees. Die brutale optrede van rowers doen ons
land enorme skade aan en gooi ’n donker skaduwee oor die vertroue

van ons gemeenskap in polisiëring, vervolging en regspleging.‘
[20]
Verder
moet in gedagte gehou word dat die misdade waaraan die appellante
skuldig bevind is nie eenmalige gebeurtenisse was wat
by
’n enkele geleentheid
op
die ingewing van die oomblik gepleeg is nie; dit was ’n hele reeks
misdade wat
oor ’n
periode van vier of vyf dae gepleeg is. Beskuldigde 2 het ruiter­lik
teenoor die proefbeampte erken dat hy die leidende
rol gespeel het in
die beplanning en uitvoering van die reeks misdade.
Hy
en sy mede-beskuldigdes het oor­genoeg geleentheid gehad om tot
besinning te kom
en hul
misdadige optrede te staak
,
maar hulle het desnie­teenstaande voortgegaan om verdere misdade
te pleeg. Dit was slegs die tydige
tussenkoms
van
die polisie in
Mosselbaai waardeur die reeks rooftogte beëindig is.
[2
1] Namens
die appellante
is ook betoog dat die verhoorhof
misgetas het deur nie hul vooruitsigte op rehabilitasie in ag te neem
nie. In die eerste plek is
ek nie oortuig dat die verhoorhof wel
hierdie aspek oor die hoof gesien het nie. Die blote feit dat dit nie
uitdruklik in die uitspraak
vermeld word nie beteken nie dat dit nie
in aanmerking geneem is nie.
In
ieder geval
moet die
oogmerk van rehabili­tasie in die geval van ernstige misdade soos
hierdie dikwels terug­staan vir oogmerke soos
afskrikking en
vergelding.
8
Soos dit gestel is in
S
v Mhlakaza
:
9
‘
Given
the
current
levels of
violence
and
serious
crimes in this country, it seems proper
that, in sentencing especially such crimes, the emphasis should be on
retribution
and deterrence. . . .
Retribution
may even be decisive.’
[2
2] Wat
betref beskuldigde 2 se persoonlike omstandighede, was hy ten tyde
van die pleging van die misdade 23 jaar oud, ongetroud
en werkloos.
Op daardie stadium het hy egter alreeds die volgende rekord opgebou:
Hy is op 4 Februarie 1998 gevonnis
tot 18 maande korrektiewe toesig sowel as 288 uur gemeenskapsdiens
op twee aanklagte van huis­braak
en twee aanklagte van diefstal.
Minder as ses maande later pleeg hy weer diefstal,
waarvoor hy op 21 April 1999 gevonnis is tot ’n boete van R600 of
60 dae
gevangenisstraf.
Intussen, en slegs ’n maand na die
vorige diefstal, pleeg die beskuldigde weer huisbraak met die opset
om te steel en diefstal,
waarvoor hy op 12 November 1998 gevonnis
word tot 18 maande gevangenis­straf. Beide laasgenoemde misdade
is dus gepleeg terwyl
hy veronderstel was om onder korrektiewe
toesig te wees.
Hy is op 22 Junie 1999 op
parooltoesig vrygelaat tot 10 Julie 2000. Minder as ’n jaar na
verstryking van sy parool pleeg die
beskuldigde die huidige reeks
misdade.
[23]
Uit
hierdie geskiedenis, sowel as sy gedrag tydens die reeks mis­dade
tans onder bespreking, is die afleiding onafwendbaar dat
die
appel­lant min respek toon vir die regte van ander en die waardes
van ’n ordelike gemeen­skap. Die
geleenthede
wat die howe hom in die verlede gebied het om homself te rehabiliteer
het hy nie benut nie.
Die
moontlikheid van herhaling van sy
mis­dadige gedrag is dus sterk en ten einde dit te
voorkom
,
is dit noodsaaklik dat hy vir ’n lang tyd uit die gemeenskap
verwyder word.
[24] Wat beskuldigde 3 se posisie
aanbetref, is hy weliswaar ouer as beskuldigde 2 (27 jaar), maar het
hy ’n mindere rol as beskuldigde
2 gespeel en is hy ook aan minder
aanklagte skuldig bevind. Daarbenewens het hy, anders as beskuldigde
2, geen vorige veroordelings
nie. Daarvoor het die streekhof hom
egter volle krediet gegee deur hom te vonnis tot ongeveer die helfte
van die effektiewe vonnis
van beskuldigde 2. Indien in gedagte gehou
word dat die voorgeskrewe vonnis vir
een
aanklag van roof
met verswarende omstandighede normaalweg 15 jaar gevangenis­straf
is vir ’n eerste oortreder, het beskuldigde
3 – wat op
drie
aanklagte van roof met verswarende omstandighede
sowel
as menseroof
skuldig
bevind is – myns insiens geen rede om te kla oor die ‘afslag’
wat hy op die totaliteit van die misdade ontvang het
nie.
Gevolgtrekking
[2
5] In
al die omstandighede is ek van oordeel dat daar geen gronde is om met
die opgelegde vonnisse in te meng nie. Beide appèlle
word
gevolglik van die hand gewys.
________________________
B M GRIESEL
WNDE
APPèlr
EGTER
VERSKYNINGS:
NMS APPELLANTE: M Calitz
In opdrag van
Regshulpkantoor
Kaapstad
Regshulpkantoor
Bloemfontein
NMS RESPONDENT: W Tarantal
In opdrag van
Direkteur van Openbare Vervolgings
Kaapstad
Direkteur van Openbare Vervolgings
Bloemfontein
1
Geriefshalwe
verwys ek hierin na die onderskeie beskuldigdes ooreenkomstig hul
beskrywing in die streekhof.
2
Die eertydse
beskuldigde 1 is op aanklagte 6 en 7 skuldig bevind en gevonnis tot
altesaam 17 jaar gevangenisstraf.
3
[
[2008] ZASCA 87
;
2008]
4 All SA 396
(HHA) para 18.
4
‘(T)he court must look at the
totality of the criminal behaviour and ask itself what is the
appropriate sentence for all the
offences’. (
Thomas
Principles
of Sentencing
2ed
(1979) p 56, met
goedkeuring
aangehaal
in
S
v Mpofu
1985 (4) SA 322
(ZH) op 324G–J.)
5
S
v Nkosi
1993 (1) SASV 709 (A) op 717
a–c
en die sake daarin aangehaal.
6
S v Pieters
1987 (3) SA 717
(A) op 734G–I.
7
2001 (1)
SASV 501 (HHA) para 24. Sien ook
art
51(1), saamgelees met Deel II van Bylaag 2 van die
Strafregwysigingswet 105 van 1997.
8
S v Mungati
1992 (1) SASV 550 (A);
Vilakazi
v S
[2008] ZASCA 87
;
[2008] 4 All SA 396
;
Mokoena v S
[2009]
ZASCA
14
para 11.
9
1997 (1) SA 515
(HHA) op 519
d–e
.