About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
2012
>>
[2012] ZASCA 136
|
|
Roos v Roos en Ander (412/11) [2012] ZASCA 136 (27 September 2012)
DIE Hoogste
HOF
VAN APPÈL VAN SUID-AFRIKA
UITSPRAAK
Nie Rapporteerbaar
Saak no: 412/11
PHILIP GIDEON ROOS
.
...................................................................................
Appellant
v
WILHELMINA MAGDALENA
ROOS
...............................................
Eerste
Respondent
INVESTEC INVESTMENT
MANAGEMENT
SERVICES (EDMS) BPK
...............................................................
Tweede
Respondent
Neutrale verwysing:
Roos v Roos en `n Ander
(412/11)
[2012] ZASCA 136
(27
September 2012)
BANK: BRAND, MALAN ARR
and ERASMUS WnAR
AANGEHOOR: 24 August
2012
GELEWER: 27 September
2012
OPSOMMING: Egskeiding
– skikkingooreenkoms – dwaling in die beweegrede –
invloed op afdwingbaarheid.
___________________________________________________________________
BEVEL
___________________________________________________________________
Op appèl
vanaf
: Noord Gauteng Hooggeregshof, Pretoria (Kruger WR sittende
as die hof van eerste instansie).
Die appèl
word van die hand gewys met koste.
2. Die hof a quo se
bevel word aangepas om soos volg te lees:
‘
(a)
Dit word gelas dat die eerste respondent verplig is om binne 7 (sewe)
dae na sy onttrekking van die fonds gehou kragtens lidnommer
194495/121993/IPPF/1 en lidnommer 194495/122897/IPPP1 by die tweede
respondent die bedrag van R868 682.00 aan die applikant te
betaal.’
(b) Die eerste
respondent word gelas om die koste van die aansoek te betaal.’
___________________________________________________________________
UITSPRAAK
___________________________________________________________________
ERASMUS Wn AR (BRAND
en MALAN ARR stem saam):
[1]
Die appellant (mnr Roos) kom in hoër beroep teen `n bevel van
die Noord Gauteng Hooggeregshof, Pretoria met verlof van
daardie hof,
waarin die tweede respondent (Investec) gelas is om `n endossement
aan te bring op twee van sy polisse om `n bedrag
van
R868
682.00
direk aan die eerste respondent (mev Roos)
uit te betaal. Die hof het in die alternatief gelas dat by die
versuim van Investec om
die vermelde endossement aan te bring of die
direkte betaling te maak, mnr Roos gelas word om binne sewe dae na sy
onttrekking
van die fondse die genoemde bedrag aan mev Roos te
betaal. Investec, wat gesiteer is as 'n party, beide in die
Hooggeregshof en
op appèl, het deurgaans berus by die
beslissing van die hof.
[2] Mnr en mev Roos
is in Augustus 1974, buite gemeenskap van goedere getroud. Die
huwelik is in November 2006 ontbind deur `n bevel
van die
Hooggeregshof `n skikkingsooreenkoms, wat die vermoënsregtelike
aspekte van die partye omvat, is by die egskeidingsbevel
ingelyf.
[3] Die relevante
gedeelte van die skikkingsooreenkoms lees soos volg:
“
Pensioene
en Beleggings
2.7 Die partye
notuleer dat verweeder [mnr Roos] `n lid en /of eienaar is van die
Voorsieningsfonds bekend as Investec Investment
Linked Provident
Fund, Lidnommer 194495/121993/IPPF/1 en Investec Limited Preservation
Plan, Lidnommer 194495/122897/IPPP/1 (hierna
die “pensioenbelang”
genoem).
2.8 Die partye kom
ooreen dat die eiseres [mev Roos] geregtig is op deel van die
verweeder [mnr Roos] se pensioenbelang soos omskryf
in Artikel 1 van
die Wet op Egskeiding Wet 70/1979.
2.9 Die partye kom
ooreen dat die eiseres [mev Roos] geregtig is op R868, 682, 00 van
die verweerder [mnr Roos] se pensioenbelang
soos op die datum van
egskeiding. Die bedrag van R868, 682,00 moet direk aan die eiseres
[mev Roos] betaal word deur Investec Asset
Management op die tydstip
wanneer enige deel van die pensioenbelang aan die verweerder [mnr
Roos] toekom of aan hom toegewys word,
welke datum die vroegste is.
2.10 Investec Asset
Management word gelas in terme van Artikel 7(8) van die Wet op
Egskeiding om `n endossement in hul rekords te
maak teen sodanige
pensioenbelang om die verpligting in paragraaf 2.8 en 2.9 vermeld,
aan te teken.
2.11 Die partye kom
ooreen dat `n skrywe gerig aan Investec Asset Management deur
prokureurs BUURMAN STEMELA LUBBE, tesame met `n
gesertifiseerde
afskrif van die Hofbevel en skikkingsakte, gestuur sal word ten einde
die endossement te bewerkstellig.
2.12 Die partye
noteer dat die verweerder [mnr Roos] verantwoordelik sal wees vir
enige belasting betaalbaar op die bedrag van R868,
682.00 maar ook
alle groei op sodanige bedrag vanaf datum van egskeiding sal ontvang.
2.13 Die partye kom
ooreen dat gemelde Investec Asset Management gemagtig word om alle
inligting met betrekking tot die eiseres
[mev Roos] se bedrag direk
aan [die eiseres] te verskaf en direk met haar te kommunikeer. Die
eiseres [mev Roos] sal toesien dat
Investec Asset Management op
hoogte gehou word van haar kontakbesonderhede” (My invoegings).
[4] `n Breë
agtergrond tot die sluiting van die skikkingsooreenkoms is nodig.
Beide partye het slegs een prokureur opdrag gegee.
Hulle het toe hul
finansiële inligting aan die prokureur beskikbaar gestel met die
oog daarop om ooreenkoms te bereik. In
`n skrywe ‘in `n gees
van onderlinge samewerking en ooreenkoms en ter afhandeling van die
egskeidingsproses op `n vriendskaplike
wyse’ het mnr Roos die
Investec voorsorgfonds en bewaringsfonds as deel van sy bates
aangedui. `n Konsep skikkingsooreenkoms
het die lig gesien en is aan
Investec gestuur vir hul ‘goedkeuring’, met betrekking
tot die klousule wat betrekking
het op die belange van mnr Roos, en
om te bevestig dat die endossement soos verlang aangebring sal word.
`n Amptenaar van Investec
het die prokureur meegedeel dat die
skikkingsooreenkoms wel uitvoerbaar is en dat die endossement
aangebring kan word na `n hofbevel
bekom is. Die gevolg was dat die
ooreenkoms hierbo aangehaal, by die hofbevel ingelyf was.
[5] Met verloop van
tyd, na die egskeiding, het dit egter tot mev Roos se aandag gekom
dat die endossement in die rekords van die
fondse wat aandui dat `n
spesifieke bedrag aan `n ander party as die lid betaalbaar is, nooit
teen die betrokke polisse aangebring
is nie. Sy is toe deur `n ander
amptenaar van Investec meegedeel dat hulle, soos Investec die
wetgewende bepalings verstaan, nie
regtens by magte was om die
endossement aan te bring nie. Na hierdie verwikkelinge aan die lig
gekom het, was daar `n drastiese
verandering in mnr Roos se
benadering tot die aangeleentheid, in sterk teenstelling tot sy
vroeëre gees van ‘onderlinge
samewerking en ooreenkoms’
en van ‘vriendelikheid’. Die redes vir sy skielike
ommeswaai is nie onmiddellik duidelik
nie.
[6] Hoe dit ook al
sy, mev Roos het die aansoek in die hooggeregshof geloods vir `n
verklarende bevel wat haar regte, soos sy dit
verstaan, vergestalt.
Sy het die hof genader vir `n bevel dat Investec die fondse endosseer
ingevolge artikel 7(8) van die Wet
op Egskeiding
1
sodat die
ooreengekome bedrag direk aan haar uitbetaal sal word. As
alternatief, het sy die hof versoek om mnr Roos te beveel om
die
ooreengekome bedrag binne sewe dae na onttrekking van die fonds aan
haar oor te betaal.
[7] Mnr Roos het die
aansoek in geheel teengestaan en aangevoer dat die
skikkingsooreenkoms of die tersaaklike klousule nietig is;
of dat die
hof beveel dat mev Roos op aansienlik minder geregtig is as wat hulle
ooreengekom het.
Daarbenewens
het hy `n teen-aansoek geloods wat die afdwingbaarheid van die
skikkingsooreenkoms aanveg. Volgens hom sou hy in wese,
indien hy
geweet het die voorsorg- en bewaringsfondse nie bates in sy boedel
was nie, nie die skikkingsooreenkoms op die terme
soos hierbo
weergegee,
aangegaan
het nie. Verder het hy aangevoer dat die feit dat hy onder die
veronderstelling gehandel het dat die bate een was waaroor
hy
onmiddellik kon beskik,
`n
wesenlike dwaling was wat die skikkingsooreenkoms, of die tersake
dele daarvan, nietig of ten minste onafdwingbaar gelaat het.
Op `n
behoorlike uitleg van die toepaslike regsposisie,
wat
ten tyde van die skikkingsooreenkoms geheers het, so het hy betoog,
2
was die bedrae
vervat in die twee polisse nie deel van sy boedel nie, aangesien dit
nie 'n pensioenbelang was nie. Die hof a quo
het die regsposisie
tereg soos volg beskryf:
‘
Die
tersake statutêre bepalings wat in ag geneem moet word by die
bepaling van die endosseringsvraag kan ten beste bestempel
word as `n
oerwoud bestaande uit definisies, kruis definisies, uitsonderings op
definisies en betekenisgewing aan oorvleuelende
en soms wedersydse
uitsluitende begrippe. Die wetgewing is wollerig, onelegant, onnodig
breedsprakig en vereis van die uitlegger
daarvan om, byna soos die
bouer van `n legkaart, die stukke daarvan inmekaar te probeer pas –
sommige waarvan, ten minste
op die oog af, nêrens inpas nie.
’
In die lig van my
uiteindelike slotsom is dit egter,
onwenslik
dat hierdie hof daarmee handel. Na my mening, kan die appèl
beslis word met verwysing na die skikkingsooreenkoms
alleen, veral
omdat die wetgewing in elk geval intussen gewysig is.
3
[8] In antwoord op
mnr Roos se teenaansoek, verklaar die prokureur wat indertyd as
gesamentlike adviseur vir die partye opgetree
het:
‘
6.4
Ek wens ook daarop te wys dat die uiteindelike skikking die resultaat
was van berekeninge wat die partye se totale bates ingesluit
het (ook
Applikant se pensioenbelang/voorsorgfonds van R498,370.00 wat in ag
geneem is). Die feit dat die partye uiteindelik ooreengekom
het om
die verskil uit die Respondent se Investec fondse te betaal, was dus
bloot `n metode van betaling wat hom gepas het aangesien
hy nie
soveel kontant gehad het nie.
Ongeag die
omskrywing van Bewarings- en Voorsieningsfondse het die eerste
Respondent sy bedoel waarde aan my voorgelê tydens
skikkings
onderhandelinge en ingevolge hierdie syfers het die partye
`n
ooreenkoms bereik. Daar was consensus tussen die partye en ek herhaal
dat die eerste Respondent die tegniese aard van die endossement
gebruik om sy verpligting in terme van die skikking en Hofbevel te
probeer vryspring. Regsargument sal aangevoer word met betrekking
tot
die insluiting van die waarde van die Voorsorgfonds.’
[9] `n Uitleg van
die bepalings van die skikkingsooreenkoms is nodig om die onderskeie
remedies deur die partye aan gevra te beoordeel.
Die een ding wat
soos `n paal bo water staan is dat dit die hoofdoel van die bedinge
onder oënskou was om die bedrag van R868 682
aan mev Roos
te laat toekom. Die res van die bedinge is ondergeskik en bykomend
tot hierdie hoofdoel. Ten eerste word die bedrag
twee keer spesifiek
genoem. Die kontrak kon eenvoudig stipuleer dat sy geregtig is op die
pensioenbelang, maar dit het nie.
Dit spesifiseer
die bedrag waarop sy geregtig is. 'n Verdere aanduiding dat sy op die
bedrag,
eerder as die pensioenbelang as sulks
geregtig is, is die feit dat mnr Roos geregtig sou wees op alle groei
van die belegging bo
R868,682 en dat hy verantwoordelik is vir alle
belasting wat op dié bedrag verskuldig sou wees. Mev Roos se
regte is dus
spesifiek op die geldwaarde van R868 682.00 toegespits.
Niks meer nie, niks minder nie. Dit is te verstane,
aangesien
die partye die skikkingsooreenkoms bereik het deur die geldwaardes
van al hulle verskillende belange in berekening te
bring en onderling
te verdeel. Die aard van die spesifieke belang wat te berde gebring
is, of dit nou `n voorsorgfonds, `n bewaringsfonds,
`n pensioenfonds
of wat ook al was, was van mindere belang.
[10] In sy
teenaansoek, veg mnr Roos die afdwingbaarheid van die
skikkingsooreenkoms aan terwyl mev Roos die skikkingsooreenkoms
wil
afdwing. Ek handel eers met mnr Roos se teen-aansoek en daarna kom
mev Roos se aansoek aan die beurt. Ek doen dit so aangesien
dit
prakties meer sinvol is om eers te beslis of die kontrak afdwingbaar
is alvorens die hoofaansoek, wat neerkom op 'n eis vir
spesifieke
nakoming, oorweeg word.
[11] Die dwaling
waarop mnr Roos steun is in wese dat hy verkeerdelik geglo het dat
die betrokke fondse neergekom het op 'n ‘pensioenbelang’
wat deel van sy boedel was. Mnr Roos se benadering noodsaak verwysing
na die benadering tot skikkingsooreenkomste in ons reg. Voor
so `n
ooreenkoms gesluit word is daar onsekerheid. Daar is `n bestaande
geskil of ten minste die moontlikheid of vooruitsig op
`n geskil. Die
partye tot die skikkingsooreenkoms erken dan dat dit beter sal wees
om bymekaar te kom en konsensus te bereik en
so die onsekerheid uit
die weg te ruim. Soos De Wet en Van Wyk dit onomwonde stel: “Die
doel van `n skikking is juis om sekerheid
te bring daar waar daar
eens onsekerheid bestaan het.”
4
[12] Die aanvaarding
van `n skikkingsooreenkoms kom neer op `n kompromie. Die partye kom
tot `n vergelyk oor hoe die tersaaklike
aangeleentheid gereël
moet word. Hierby ingeslote is `n risiko dat die kompromie nie so
voordelig is soos wat litigasie sou
gewees het nie. Dit spreek dus
vanself, dat `n party wat homself tot `n skikkingsooreenkoms gebind
het, nie toegelaat moet word
om homself op allerhande ongegronde
argumente, gebaseer op feite soos dit voor die sluiting van die
ooreenkoms bestaan het, te
beroep om uit die ooreenkoms te ontsnap
nie. `n Party behoort kwalik sy eie fout oor `n punt wat geskik word,
teen die afdwinging
van `n kontrak waarvan die hele doel is om dit
onnodig te maak vir die partye om op die keper ondersoek in te stel
na die werklike
feite, te kan opper.
5
[13] Daar dien ook
gelet te word op wat hierdie hof in
Gollach
& Gomperts v Universal Mills and Produce Co
beslis het.
6
Die hof moet dit in
ag neem wanneer dit deur `n party genader word wat kla dat, sou hy
van sekere feite bewus gewees het, hy nie
die skikkingsooreenkoms
gesluit het nie. Sou howe dit wel te geredelik toelaat, sal dit die
hele doel van `n skikkingsooreenkoms
ondergrawe.
[14] Dit gesê,
en aangesien `n skikkingsooreenkoms `n ooreenkoms soos enige ander
is, sal `n dwaling wat normaalweg 'n ooreenkoms
onafdwingbaar maak
ook `n skikkingsooreenkoms onafdwingbaar maak.
Die
dwaling waarop mnr Roos steun het betrekking op die aard van die
fondse.
Die
uiteensetting van ons reg wat hier die mees direkte toepassing geniet
is die van Harms AR in
Van
Reenen Steel (Pty) Ltd v Smith NO
.
7
Waar `n verkeerde
gemeenskaplike veronderstelling rakende `n spesifieke toedrag van
sake deur twee partye tot `n kontrak gehuldig
word, soos oor die aard
van die belang hier, kan partye slegs daarop steun om hul ooreenkoms
te ontsnap as die veronderstelling
tot `n beding van die kontrak
verhef is. Slegs indien die gemeenskaplike verkeerde veronderstelling
tot `n voorwaarde van die geldigheid
van die kontrak verhef word, sal
`n party daarop kan steun om die ooreenkoms vry te spring.
8
In Harms AR se
woorde:
‘
Whether
or not a motive leading up to an agreement is based upon an
assumption of fact, it remains a motive. A party cannot vitiate
a
contract based upon a mistaken motive relating to an existing fact,
even if the motive is common, unless the contract is made
dependent
upon the motive, or if the requirements of a misrepresentation are
present.
’
9
[15] In die
onderhawige geval is die ooreenkoms geensins afhanklik gemaak van die
korrektheid van die veronderstelling nie. Soos
reeds gesê, is
die hoofdoel van die bedinge onder oënskou juis om die bedrag
van R868 682.00 aan mev Roos te laat toekom.
Die afdwingbaarheid van
die bepaling is geensins afhanklik gestel aan die aard van die belang
nie. Die skikkingsooreenkoms is dus
afdwingbaar teenoor die partye
daartoe. Mev Roos steun op die skikkingsooreenkoms tussen haar en mnr
Roos vir die regshulp versoek.
Ten eerste het sy gevra vir `n bevel
wat Investec, wat nie `n party tot daardie kontrak was nie, gelas om
die endossement soos
in die kontrak voorsien aan te bring. In die
alternatief was haar versoek vir `n bevel dat mnr Roos die bedrag van
R868 682.00
aan haar oorbetaal binne sewe dae na onttrekking van die
tersaaklike fondse.
[16] Die hof a quo
het beide die bevele soos versoek verleen. Die bevel teen Investec
was egter gebaseer op 'n uitleg van die betrokke
wetgewing waarvan ek
nie seker is dat dit korrek is nie. Veral in die afwesigheid van
Investec, wat direk daardeur geraak word
en ook omdat dit nie in wese
noodsaaklik is nie, vind ek dit onwenslik om 'n finale uitleg te gee
aan 'n wetsbepaling wat in elk
geval intussen gewysig is, maar tog
nog van toekomstige belang mag wees.
[17] Die appèl
moet dus gedeeltelik slaag deurdat pargraaf 1 daarvan, wat handel met
die endossement en uitbetaling deur
Investec, deurgehaal word. Die
mate van sukses wat die appellant behaal het, regverdig egter myns
insiens nie enige kostebevel
in sy guns nie.
[18] 1. Die appèl
word van die hand gewys met koste.
2. Die hof a quo se
bevel word aangepas om as volg te lees:
‘
(a)
Dit word gelas dat die eerste respondent verplig is om binne 7 (sewe)
dae na sy onttrekking van die fonds gehou kragtens lidnommer
194495/121993/IPPF/1 en lidnommer 194495/122897/IPPP1 by die tweede
respondent die bedrag van R868 682.00 aan die applikant te
betaal.’
(b) Die eerste
respondent word gelas om die koste van die aansoek te betaal.’
_________________
N ERASMUS
WAARNEMENDE
APPÉLREGTER
VERSKYNINGS
Vir Appellant: J G
Bergenthuin Sc
L Kellerman
In opdrag van:
Cornelius –
Boshoff Ing, Pretoria
Hill McHardy &
Herbst Ing, Bloemfontein
Vir Respondent: P A
Van Niekerk SC
F V Erasmus
In opdrag van:
Buurman, Stemela &
Lubbe Ing, Pretoria
Honey Prokureurs,
Bloemfontein
1
7
van 1979
.
2
Vervolgens
dat die voorsorgfonds nie binne die definisie van `n “pensioenfonds”
volgens die Wet op Pensioenfondse
val nie. Die definisie van
“pensioenfonds” in artikel 1 van die Wet op Egskeidings
verwys na die definisie van artikel
1(a) van die Wet op
Pensioenfondse wat bepaal dat “pensioenfonds” verwys na
`n “pensioenfondsorganisasie”.
Wet 22 van 2008 het `n
wesenlike verandering teweegebring. Dit wysig die definisie van
“pensioenfondsorganisasie”
sodat voorsorg-en
bewaringsfondse sonder twyfel binne die kader van die definisie val.
3
Sien
vn 2
.
4
J
C
de Wet en A H Van Wyk
Kontraktereg
en Handelsreg
Vol 1 5 ed (1992) op
270.
5
Natal
Bank v Kuranda
1907 TH 155
op
168.
6
1978
(1) SA 914
(A).
7
Van
Reenen Steel (Pty) Ltd v Smith NO
2002
(4) SA 264
(SCA).
8
Id
.
S
ien
ook
Wilson
Bayly Holmes (Pty) Ltd v Maeyane
&
Others
1995
(4) SA 340
(T)
.
9
Van
Reenen Steel
para
9
.