S en Baadjies (CC10/2016) [2016] ZAECPEHC 45 (10 August 2016)

50 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Minimum sentences under the Criminal Law Amendment Act — Accused convicted of murder and attempted murder in the context of gang violence — Court required to impose a minimum sentence of life imprisonment unless substantial and compelling circumstances are present — Accused's youth and economic activity considered but found insufficient to justify a lesser sentence — Court emphasizes the need for a strong message against gang-related violence.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Eastern Cape High Court, Port Elizabeth
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Eastern Cape High Court, Port Elizabeth
>>
2016
>>
[2016] ZAECPEHC 45
|

|

S en Baadjies (CC10/2016) [2016] ZAECPEHC 45 (10 August 2016)

NIE
RAPPORTEERBAAR
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA
(OOSKAAPSE
PLAASLIKE AFDELING, PORT ELIZABETH)
Saak Nr.: CC10/2016
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
En
PRESTON
BAADJIES

Beskuldigde
Coram:
Chetty J
Aangehoor:
8 Augustus 2016
Gelewer:
10 Augustus 2016
VONNIS
Chetty
R:
[1]
In helder daglig in die namiddagure van 12 Julie 2013, het die
beskuldigde, tesame met twee van sy makkers, die oorledenes,
gemeld
in die klagstaat, met voorbedagte rade doodgeskiet. Dit blyk duidelik
uit Reservis Konstable
Alexander
se getuienis dat die beskuldigde se groep se teenwoordigheid op die
tonneel nie toevallig was nie. Hul gedrag onmiddelik nadat
hulle uit
die huurmotor geklim het toon onteenseglik daaraan dat hulle
verwittig was dat die oorledenes op die vlak was. Hulle
is daarheen
met hul vuurwapens uitgepluk. Daar bestaan ook geen twyfel dat die
moorde voortspruit uit bende bedrywighede nie. Konstable
Matroos
,
verbonde aan die Bethelsdorp polisie stasie, was belas om ‘m
profiel van vermoedelike verdagtes op te stel. Sy het uiteindelike
‘n
foto album van bekende bendelede opgestel waarna
Gallant
,
soos in my vorige uitspraak verwys, die beskuldigde uitgewys het.
Jansen
het die beskuldigde ook uitgewys as ‘n bendelid en dié
getuienis is geensins weerspreek nie. Kort daarna, en nadat
Konstable
Hendricks
homself aangekondig het as ‘n polisieman, is daar gepoog om hom
ook dood te skiet. Verskeie skote is na hom gevuur.
[2]
Dit is gemenesaak dat die Wet op minimum vonnisse, die
Strafwysiging
Wet
[1]
(die
Wet), van toepassing is met betrekking tot die moord aanklagtes.
Artikel 51 (1) van die Wet verplig ‘n hof om ‘n
minimum
vonnis van lewenslange gevangenisstraf op te lê tensy die hof
bevind dat daar wesenlike en dwingende omstandighede
bestaan wat ‘n
mindere vonnis regverdig. Dit is namens die beskuldigde aangevoer dat
sodaninge omstandighede wel bestaan
en dat lang termyn
gevangenisstraf aangewese sal wees.
[3]
Dit is inderdaad so dat die beskuldigde nog ‘n jong man is en
dat hy, soos aangevoer, ekonomies aktief was. Alhowel hierdié

faktore tot ‘n mate as versagtend beskou kan word, voldoen dit
nie, na my mening, aan die vereistes nie. Soos in
S
v Malgas
[2]
tereg beklemtoon, niksduidende faktore geld glad nie. Die vlaag van
misdaad wat daagliks in die gemeenskap uitspeel het ‘n
kritieke
punt bereik en berus daar ‘n plig op die howe om ‘n sterk
boodskap uit te stuur dat hierdie tipe moedswilligheid
gaan nie. en
sal nie geduld word nie. Die roekeloosheid waarop daar op Konstable
Hendricks
gevuur is’ dui ook daarop dat die bendelede geen respek vir die
gesag het nie. Na my mening, is die faktore waarop staat
gemaak is,
nie wesenlik en dwingend wat ‘n mindere vonnis regverdig nie.
[4]
Die beskuldigde word soos volg gevonnis:
[4.1]
Aanklag 1   -       lewenslange
gevangenisstraf;
[4.2]
Aanklag 2   -
lewenslange gevangenisstraf;
[4.3]
Aanklag 4   -       12 jaar
gevangenisstraf;
[4.4]
Aanklag 5   -       5 jaar
gevangenisstraf;
[4.5]
Aanklag 6   -       1 jaar
gevangenisstraf.
Ek
gelas dat die vonnis op aanklagte 5 en 6 saamloop met die vonnis op
aanklag 1.
______________________
D.
CHETTY
REGTER
VAN DIE HOOGGEREGSHOF
[1]
Wet Nr, 105 van 1997
[2]
2001(1) SASV 469 SCA