Ferreira v Roux and Another (428/09) [2010] ZAECPEHC 57 (14 September 2010)

45 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Contract — Statement of account — Claim for delivery of a specified account — Plaintiff, appointed as project manager for construction, sought a detailed account of costs from defendants — Defendants denied obligation to provide such account — Court held that no legal basis for the claim existed as there was no fiduciary relationship, contractual obligation, or statutory duty requiring defendants to furnish the account — Plaintiff's inability to prove entitlement to the account due to lack of retained evidence of costs further undermined the claim.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Eastern Cape High Court, Port Elizabeth
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Eastern Cape High Court, Port Elizabeth
>>
2010
>>
[2010] ZAECPEHC 57
|

|

Ferreira v Roux and Another (428/09) [2010] ZAECPEHC 57 (14 September 2010)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA nie rapporteerbaar nie
OOS
KAAP, PORT ELIZABETH
Saak
nr:: 428/09
Datum
aangehoor: 7 September 2010
Datum
gelewer: 14 September 2010
In
the saak tussen:
DANIEL
THEODORUS FERREIRA
…........................................
Eiser
en
JOHAN
ROUX
….........................................................................
Eerste
Verweerder
TRACY
ROUX
….........................................................................
Tweede
Verweerder
UITSPRAAK
EKSTEEN
R:
[1] Hierdie aangeleentheid kom by wyse
van ‘n gestelde saak voor my. Die eiser het dagvaarding
uitgereik teen die verweerders
waarin hy die volgende regshulp
vorder:
"(a) Lewering van ’n
behoorlike gespesifiseerde rekening tesame met die tersaaklike bewyse
deur Verweerders van die totale
boukoste wat insluit "arbeid,
bou- met materiaalkoste" vir die huis van die Verweerders wat
gebou is op Erf 3709, Platkroonlaan,
Jeffreysbaai ...;
(b) Debatering van voormelde rekening
ten einde die boukoste "alle arbeid, bou- en materiaalkoste”
van die betrokke huis
geleë te Erf 3709, Platkroonlaan,
Jeffreysbaai te bepaal;
(c) Betaling deur die Verweerders aan
die Eiser van sodanige bedrag wat 20% van die boukoste uiteengesit in
bedes 1 en 2 hierbo
insluit minus die bedrag van R158 000,00;
(d) Alternatiewelik tot bedes (a) tot
(c) betaling deur die Verweerders aan die Eiser van ’n bedrag
van 20% van die boukoste
van die huis geleë te Erf 3709,
Platkroonlaan, Jefrreysbaai, minus die bedrag van R158 000,00; en
(e) Rente
a
tempore morae
... "
[2] Die verweerders ontken dat die
eiser geregtig is op die lewering van ‘n rekening en die
debatering daarvan soos gevorder.
By ooreenkoms tussen die partye is
’n gestelde saak nou voor my geplaas en die vraag of die eiser
geregtig is op die lewering
van 'n behoorlike gespesifiseerde
rekening deur die verweerders is geskei van al die ander geskilpunte
in die aangeleentheid.
[3] In die Besonderhede van Vordering
beweer die eiser soos volg:
"4. Gedurende of omtrent Oktober
2007 en te Jeffreysbaai het die Eiser in persoon en die Verweerders
handelende in persoon
'n mondelinge ooreenkoms gesluit in terme
waarvan die Verweerders gesamentlik vir die Eiser aangestel het as
projekbestuurder vir
die aanbou van hul huis en muur geleë op
Erf 3709, Platkroonlaan, Jeffreysbaai.
5. Die relevante bepalings was dat:
5.1 Eiser sou as projekbestuurder vir
die bou van voormelde huis optree;
5.2 Eiser sou vergoeding betaal word
in 'n bedrag van 20% van alle arbeid, bou- en materiaalkoste vir die
totale oppervlakte van
die huis wat 318,1 vierkante meter was
uitgesluit sekere items waarop die partye sou ooreenkom;
5.3 Eiser sou vergoed word in twee
paaiemente, die helfte waarvan sou geskied wanneer die huis ongeveer
helfte voltooi is en die
tweede by finalisering van die kontrak.
6. Voormelde ooreenkoms is op 23
Oktober 2007 skriftelik bevestig deur die Tweede Verweerder namens
Eerste en Tweede Verweerder
in 'n dokument gedateer 23 Oktober 2007
en onderteken deur Tweede Verweerder en die Eiser. “
[4] Die skrywe lees soos volg:

HIERMEE
BEVESTIG ONS TRACY EN JOHAN ROUX DAT ONS DALE FERREIRA AANWYS AS
PROJEKBESTUURDER VAN DIE BOU VAN ONS HUIS EN MUUR OP ERF
3709 TE
PLATKROONLAAN, JEFFREYSBAAI.
DIE VERGOEDING IS 20% VAN ALLE ARBEID,
BOU EN MATERIAAL KOSTE VIR TOTALE OPPERVLAKTE VAN 318,1 VM,
UITGESLUIT ITEMS OM BEPAAL TE
WORD BV VERF, TEELS, MATTE EN
KOMBUISKASTE.
SOOS OOREENGEKOM SAL BOGENOEMDE
PERSENTASIE VERGOEDING GESKIED IN TWEE PAAIEMENTE WAARVAN DIE LAASTE
BETALING BY VOLTOOING VAN GEKONTRAKTEERDE
WERK (SAL GESKIED).“
(
Sic)
[5] Die eiser beweer dan dat hy
uitvoering gegee het aan sy verpligtinge onder die ooreenkoms as
projekbestuurder en dat die verweerders
se woning behoorlik voltooi
is in gevolge die ooreenkoms gedurende of omtrent Oktober 2008. Die
Besonderhede van Vordering bepaal
verder soos volg:

8. Gedurende
die bou van die betrokke huis het Eiser bewyse van alle kostes vir
materiaal en arbeid aan die Verweerders gelewer
ter bewys van kostes
aangegaan om die huis te voltooi. Eiser het nie afskrifte van die
bewyse van al die uitgawes gehou nie en
is Eiser nie in staat om te
bepaal wat die kostes was vir die arbeid en bou van die betrokke huis
hiervoor uiteengesit nie.
9. Verweerders het op 17 Julie 2008 'n
bedrag van R158 000,00 aan Eiser betaal ...
10. Verweerders is tans in besit van
alle bewyse om te bepaal wat die bou, arbeid en materiaalkoste van
die betrokke huis is en
(eiser) is nie in staat om dit te bepaal nie
aangesien die Verweerders in besit van die nodige bewyse is.
11. Eiser het die Verweerders
behoorlik aangemaan ...
12. In die vooropstelling is die Eiser
geregtig op die lewering van 'n behoorlike gespesifiseerde rekening
deur die Verweerders
om aan te toon wat die totale boukoste aan die
huis geleë op Erf 3709, Platkroonlaan is dog weier of versuim
die Verweerders
om sodanige rekening aan die Eiser te lewer.
13. ...“
[6] Die wese van die eiser se saak is,
soos dit my voorkom, dat hy inderdaad bewyse van al die kostes van
materiaal en arbeid in
die uitvoering van die kontrak ontvang het,
maar dat hy versuim het om afskrifte daarvan te hou. Verweerders is
nou in besit van
hierdie bewyse en derhalwe kan hy nie bepaal wat aan
hom toekom nie.
[7] Die bewerings wat tersake is vir
doeleindes van die beoordeling van die huidige vraagstuk is nie
wesenlik in geskil geplaas
nie. Dit is egter nodig om kortliks te
verwys na die verweerskrif in antwoord op paragraaf 8 van die
Besonderhede van Vordering.
Die verweerders erken dat hulle in besit
is van bewyse van alle kostes van materiaal en arbeid, maar ontken
dat hulle daardie bewyse
vanaf die eiser bekom het en beweer dat dit
direk aan hulle gelewer is deur die betrokke verskaffers. Verweerders
erken verder
dat die eiser afskrifte van die bewyse aangevra het en
beweer dat hulle reeds op 14 Januarie 2009 afskrifte van al hierdie
bewyse
aan die eiser gelewer het. Op iedere weergawe is die eiser op
een of ander stadium in besit geplaas van al die bewyse. Eiser het

egter versuim om afskrifte te maak en te bewaar.
[8] Vir doeleindes van die gestelde
saak het die partye ooreengekom op die volgende feite:

4. Gedurende
of omtrent Oktober 2007 het die Verweerders in terme van 'n
mondelinge ooreenkoms die Eiser aangestel as Projek Bestuurder
vir
die aanbou van hul huis en muur geleë op Erf 3709,
Platkroonlaan, Jeffreysbaai.
5. Voormelde ooreenkoms is op 23
Oktober 2007 skriftelik bevestig ...
6. In terme van die ooreenkoms was die
Eiser se vergoeding 20% van alle arbeid, bou en materiaalkoste vir
die totale oppervlakte
van die huis.
7. Die Verweerders het alle
verskaffers van materiaal en die werkers en vakmanne betaal vir die
oprigting van die huis.
8. Op die stadium toe die huis voltooi
is, was die Verweerders in besit van en is steeds in besit van alle
fakture wat gelewer is
vir materiaal aangekoop en dienste gelewer
asook bewyse van betalings van alle arbeid tydens die oprigting van
die huis.
9. Die Eiser was op datum van
uitreiking van dagvaarding nie in besit van afskrifte van die
dokumente in paragraaf 8 genoem nie.”
[9] Op hierdie grondslag beweer die
eiser dat hy geregtig is op die lewering van 'n behoorlike
gespesifiseerde rekening tesame met
die tersaaklike bewyse ten
opsigte van die totale boukoste wat insluit, arbeid, bou- en
materiaalkoste vir die huis van die verweerders.
Die verweerders,
daarinteen, voer aan dat die voorgaande nie n verpligting skep om 'n
rekening te lewer nie.
[10] Daar is in ons
gemene reg geen algemene regsbeginsel dat wanneer een party nie weet
hoeveel aan hom verskuldig is deur 'n ander
hy geregtig is om die
ander aan te maan om aan hom 'n volledige rekening te lewer nie.
Sien
Rectifier and Communication Systems (Pty) Ltd v Harrison
and Others
1981 (2) SA 283
(K) op 287H-288A;
Priday
v Thos Cook & Son (SA) Ltd
1952 (4) SA 761
(C);
Zabow
v Mauerberger Ltd
1936 CPD 205
;
Victor Products SA
(Pty) Ltd v Lateulere Manufacturing Ltd
1975 (1) SA 961
(W).
Ten einde met aanspraak op die lewering en debatering van rekening te
slaag moet die eiser aantoon of dat (a) hy en die verweerder
in ‘n
vertrouensverhouding tot mekaar gestaan het; of dat (b) die
verweerder hom kontraktueel daartoe verbind het; of dat
(c) daar ‘n
statutêre verpligting op die verweerder gerus het om ‘n
rekening te verskaf en daaroor debat te voer.
Sien
Maitlands
Cattle Dealers (Pty) Ltd v Lyons
1943 WLD 1
at 19;
Rectifier
and Communication Systems(Pty) Ltd v Harrison
and
Others
supra
op 289H;
Doyle and Another v Fleet
Motors PE (Pty) Ltd
1971 (3) SA 760
(AD) op 762F;
Victor
Products SA (Ltd)
v Lateulere Manufacturing Ltd
supra
op 963B-C en
Absa Bank Beperk v Janse van Rensbrug
2002
(3) SA 701
(SCA) op 708 paragrawe 15 en 16.
[11] In
Victor Products SA (Ltd)
v Lateulere Manufacturing Ltd
supra
op 963
verklaar Moll R soos volg:

The right at
common law to claim a statement of account is, of course, recognised
in our law,
provided
the allegations in support thereof make it clear that the said claim
is founded upon a fiduciary relationship between the
parties or upon
some statute or contract which has imposed upon the party sued the
duty
to give an account. Allegations which do no more than to indicate a
debtor creditor relationship would not justify a claim for
a
statement of account.” (My onderstreping)
(Sien ook
Rousseau NO v Cloete
1952 (3) SA 703
at 707D-F.)
[12] In die huidige aangeleentheid
beweer die Besonderhede van Vordering die bepalings van die
ooreenkoms en in die besonder dat
die eiser teen 20% van die koste
van alle arbeid, bou- en materiaalkoste vergoed sou word. Daardie
bepaling stel bloot die omvangs
van sy vergoeding vas. Dit word
voorts beweer dat die eiser bewyse van al hierdie uitgawes aan die
verweerders gelewer het en sy
kontraktuele verpligtinge vervul het.
Daardie bewering is slegs daarop gerig om te bewys dat die tydstip
vir betaling aangebreek
het. Dit word egter beweer dat die eiser nie
afskrifte van hierdie fakture behou het nie en dat hy by uitreiking
van dagvaarding
nie in staat was om te bepaal wat die kostes was wat
die arbeid en bou van die huis beloop het nie. Hierdie bewering sê
niks
meer as dat hy nie weet hoeveel aan hom verskuldig is nie.
[13] Daar word geen
bewering gemaak in die Besonderhede van Vordering of in die gestelde
saak van enige kontraktuele bepaling ingevolge
waarvan die
verweerders die verpligting om 'n rekening te lewer op hulle geneem
het nie. Daar is ewe eens geen verwysing na einge
statutêre
bepaling wat so ’n plig op die verweerder sou lê nie.
Enige suggestie van ’n vertrouensverhouding
is afwesig uit die
Besonderhede van Vordering en uit die gestelde saak. Op hierdie
grondslag alleen is ek van mening dat daar geen
saak gemaak is waarop
ek kon bevind dat die verweerders verplig is om ’n rekening te
lewer soos wat gevorder word nie.
(Sien
Victor Products
SA (Pty) Ltd v Lateulere Manufacturing
supra
at 963;
and
Rousseau NO v Cloete
supra
at 707D-F.)
[14] In argument het mnr
Pretorius
,
namens die eiser, toegegee, tereg na my mening, dat daar geen
grondslag gelê is vir enige argument dat daar ’n
kontraktuele
bepaling in die onderliggende kontrak vervat is
ingevolge waarvan die verweerders onderneem het of verplig is om ’n
rekening
te lewer nie. Hy gee ewe eens toe, weereens tereg na my
mening, dat daar geen statutêre verpligting is wat toepassing
vind
op die huidge feitestel nie.
Mnr
Pretorius
argumenteer egter dat, nieteenstaande die
afwesigheid van die genoemde bewerings in die Besonderhede van
Vordering, die aard van
die kontrak soos uiteengesit in die
Besonderhede van Vordering, soos saamgelees met die ooreengekome
feite, ‘n vertrouensverhouding
tussen die partye geskep het en
dat ek behoort te bevind dat die verweerders derhalwe verplig is om
‘n volledige rekening
te lewer en te debateer. Ek kan my
hiermee nie vereenselwig nie.
[15] Die ooreenkoms
wat in die Besonderhede van Vordering uiteengesit is maak slegs
voorsiening daarvoor dat die eiser sekere werk
sou verrig en dat die
verweerders hom sou vergoed in ‘n bedrag gelykstande aan 20%
van alle arbeid, bou- en materiaalkoste
vir die totale oppervlakte
van die huis wat 318,1 vierkante meter sou beslaan. Dit is duidelik
uit die bewerings in paragraaf 8
van die Besonderhede van Vordering
dat die eiser in die vervulling van sy funksies “bewyse van
alle kostes vir material en
arbeid” sou ontvang en dat hy dit
aan die verweerders sou lewer. Dit, beweer die eiser, het hy gedoen.
Dit is gevolglik die
eiser se saak dat hy in besit geplaas is van al
hierdie bewyse en toegang gehad het tot die volle besonderhede
daarvan.
Hy voer egter aan, soos reeds
vermeld, dat hy versuim het om afskrifte daarvan te hou.
[16] Dit is duidelik uit die
Besonderhede van Vordering dat die ooreenkoms nie ten doel gehad het
dat die verweerders die uitsluitlike
finansiële rekordhouding
tot uitsluiting van die eiser sou behartig nie. Dit is klaarblyklik
nie ’n geval waar die verhouding
tussen die partye van so ’n
aard is dat die besonderhede van die uitgawes nie vryelik tot eiser
se beskikking sou wees tydens
die uitvoering van die kontrak nie. Na
my mening openbaar die Besonderhede van Vordering en die ooreengekome
feitestel niks meer
as ’n gewone verhouding tussen ’n
skuldeiser en sy skuldenaar nie. Ek bevind derhalwe dat die
ooreenkoms, soos gepleit,
en soos verder toegelig deur die
ooreengekome feite, geen vertrouensverhouding tussen die partye
geskep het nie. Dit volg dat ek
van mening is dat eiser nie geregtig
is op die lewering van 'n rekening nie.
[17] Ek is in die loop van die
beredenering van hierdie aangeleentheid egter verwys na verskeie
beslissings wat die eiser aanvoer
steun bied vir sy standpunt. In die
eerste instansie was ek verwys na die aangeleentheid van
Krige
v Van Dijk’s Executors
1918 AD op 117 waar Solomon AR
die aard van die aksie in daardie aangeleentheid en die doel daarvan
opgesom het soos volg:

The real
object of the action in the court below was to obtain payment from
the defendant of the money in his hands belonging to
the estate of
the late J. H van Dijk, which he was employed by the plaintiffs, the
executors, to administer on their behalf. The
prayer for the
rendering of an account was merely a means to an end, that end being
to ascertain the amount of the defendant's
indebtedness.”
[18] Dit is duidelik uit die
aangehaalde passasie dat Solomon AR hier te make gehad het met ‘n
ware vertrouensverhouding.
Die verweerder, Krige, was deur die
eksekuteers van die bedoel van Van Dijk aangestel om die geld in die
boedel van Van Dijk namens
hulle te administreer. Krige het gevolglik
die geld van ’n ander, naamlik van die boedel, geadministreer.
Hy alleen kan verantwoord
vir sy administrasie van die boedel. Hy was
in ’n vertrouensposisie teenoor die eksekuteer. Die feite van
daardie saak is
egter moeilik vereenselwigbaar met die huidige
situasie. In die huidige saak het die verweerders niks namens die
eiser administreer
nie.
[19] Namens die eiser, is swaar
gesteun op
Auerbach v Sunbeam Neon Light Company
1938
CPD. In daardie aangeleentheid was die eiser aangestel as 'n
verkoopsman namens die verweerder om sekere Neon apparaat te
verkoop.
Dit was 'n bepaling van die ooreenkoms dat waar die eiser ’n
Neon apparaat verkoop het of waar hy instrumenteël
was in die
verkoop van so ’n apparaat die verweerder aan hom ’n
kommissie sou betaal. Dit wil voorkom uit die verslag
dat bestellings
direk aan die verweerder gelewer is en dat dit derhalwe nie moontlik
was vir die eiser om te kon bepaal hoeveel
verkope inderdaad
materialiseer het en wat die kooppryse daarvan was nie. Uit die aard
van die verhouding wat in die kontrak geskep
was tussen die partye,
was daar inligting wat in die uitsluitlike kennis van die verweerder
sou setel en waartoe die eiser op geen
stadium ooit toegang sou hê
nie. Na aanleiding hiervan het Sutton R op bladsy 476 hom soos volg
uitgelaat:

Now is this
a case where the principal should furnish an account? It think it is,
because without an account being furnished justice
cannot be done
between the parties. It is impossible for the plaintiff to know how
much is due to him, and it is peculiarly within
the knowledge of the
defendant company whether anything is due to him or not, because the
defendant company and not the plaintiff
is the only one who knows
what orders were received in consequence of the canvassing of the
plaintiff.”
[20] Sutton R het swaar klem gelê
daarop dat geregtigheid tussen die partye nie kan geskied sonder dat
die eiser toegang kry
tot die inligting nie omdat eiser nie kon weet
watter bestellings ontvang is nie.
Hierdie
feitestel is ook wesenlik onderskeibaar van die feite in die saak
tans onder oorweging. In die huidige aangeleentheid was
die
verhouding wat die ooreenkoms in die vooruitsig gestel het een waar
die eiser inderdaad bewys van alle onkostes sou ontvang
het. Dit is
inderdaad sy saak dat hy dit wel ontvang het en dat hy dit toe
gelewer het aan die verweerders. Verweerders aan die
ander kant
beweer dat hulle die bewyse self bekom het.
Hulle
beweer egter dat hulle dit aan hom beskikbaar gestel het.
Eiser
het derhalwe geweet watter materiaal aangekoop is en watter arbeid
benut is. Hy het immers ook toesig gehou oor die uitvoering
van die
kontrak. Hy is in ’n posisie om ’n skatting te maak van
die bedrag waarop hy geregtig is, welke bedrag later,
na behoorlike
blootlegging, aangepas kan word. Die eiser kan ook, indien dit hom
geval, die dienste van ’n bestekopnemer
bekom om die redelike
omvang van die arbeid, bou- en materiaalkoste te bepaal.
Na my
mening vind die uitlating van Watermeyer RP in
Rectifier and
Communication Systems(Pty) Ltd v Harrison
and Others
supra
op 287H-288B toepassing in hierdie geval waar hy
hom soos volg uitlaat:

There is in
my opinion no general principle of law that when one party does not
know how much he is owed by another he can call
upon the latter to
render him an account. … A plaintiff is often faced with
uncertainty as to the amount of his claim but
this can usually be
overcome by obtaining a discovery order, and see also
Priday's
case
supra
at
764H where the learned Judge refers to what was said in
Messina
Bros, Coles & Searle v Hansen & Schrader Ltd
1911
CPD 781
concerning such a situation.”
[21] In die aangeleentheid van
Priday
v Thos Cook & Son (Pty) Ltd
,
supra
waarna
Watermeyer RP verwys, het Van Winsen R hom soos volg uitgelaat op
764H:

The
conclusion to which I have come ... is that such claim must fail. In
my opinion this result does not work inequity. If, because
of some
information at his disposal, the applicant considers that he has not
been paid the bonus due to him, he should sue for
such a amount as
his information leads him to think may be due bearing in mind the
remarks of
Hopley,
J,
in
Messina’s
case
supra
at
page 787,788. If, on the other hand, the applicant has no information
upon which he could even
prima
facie
conclude
that he has a claim against the respondent company, then I cannot see
the injustice of refusing to allow him access to
the books and
documents of the company.”
[22] In al die omstandighede is ek van
mening dat die uitlating van Sutton R, wat gefundeer was op die aard
van die verhouding wat
in die ooreenkoms geskep is en die gevolglike
noodsaaklikheid van die regshulp ten einde geregtigheid te laat
geskied, geen toepassing
kan vind in die huidige geval nie.
[23] Ek is verder verwys na
Dale
Street Congregation Church v Hendrikse en Andere
1992 (1) SA
133
(OKA). Hierdie was ‘n geval waar die respondente
onderskeidelik aangestel is as hoof prediker en kassiere van die
appellant
gemeente en was hulle in daardie posisies gesamentlik in
die alleen beheer van die appellant se geldsake en rekords.
Op
die stadium toe hulle dienste beeindig is, het die gemeente geeis dat
daar behoorlik aan die gemeente verreken word deur die
lewering van
'n behoorlike gespesifiseerde rekening. Hierdie eis is toegestaan.
[24] Die
aangeleentheid in
Dale Street
Congregation Church
is klaarblyklik
weereens ‘n ware vertrouensverhouding waar die respondente die
geldsake en rekords van ander persone, naamlik
die gemeente, bestuur
het. In die huidige aangeleenheid is daar geen suggestie daarvan dat
die verweerders enige iemand ander se
bates bestuur het nie. Hulle
het enkel en alleen hul eie boedel bestuur.
[25] Die eiser het
tydens die beredenering van die aangeleentheid ook swaar gesteun op
die aangeleentheid van
Field and
Another NNO v Compuserve (PVT) Ltd
1991
(4) SA 490
(ZHC). In hierdie aangeleentheid is egter nie gesteun op
’n vertrouensverhouding nie, maar wel op 'n kontraktuele
bepaling
wat die verweerder sou verplig om van tyd tot tyd 'n
rekening te lewer. In hierdie aangeleentheid is beweer dat 'n
mondelinge ooreenkoms
aangegaan is met 'n uitdruklike bepaling dat
die verweerder namens 'n maatskappy, Super Scanners, geld sou
kollekteer wat Super
Scanners sou toekom ten opsigte van
rekenaartoerusting wat verkoop is. Dit is beweer dat dit 'n
stilswyende bepaling van die ooreenkoms
was dat die verweerder van
tyd tot tyd aan Super Scanners ’n rekening sou lewer ten
opsigte van die gelde wat hy so gekollekteer
het. In hierdie
aangeleentheid was dit trouens gemeensaak dat verweerder 'n plig
gehad het om 'n rekening te lewer. Verweerder
het egter die
kontraktuele bepaling waarop eiser staatgemaak het ontken en
verweerder het beweer dat die partye vennote was. Dit
was dus
verweerder se saak dat die plig om 'n rekening te lewer ontstaan uit
’n vertrouensverhouding. Verweerder het slegs
argumenteer dat
die tydstip vir die lewering van ’n rekening nog nie aangebreek
het nie. Daar is bevind dat selfs op verweerder
se weergawe eiser
geregtig was op die lewering van 'n rekening. In die huidige geval
word daar hoegenaamd nie gesteun op enige
kontraktuele bepaling
ingevolge waarvan die verweerders onderneem het om ’n rekening
te lewer nie. Daar is ook geen vernootskap
nie. Ek meen nie dat
hierdie beslissing enigsins bydra tot die beslegting van die huidige
vraagstuk nie.
[26] In al die omstandighede en by
oorweging van die argumente wat aan my voorgelê is bly ek van
mening dat die eiser nie
geregtig is op die lewering van ’n
behoorlike gespesifiseerde rekening deur die verweerders op die
grondslag uiteengesit
in die gestelde saak, soos gelees tesame met
die pleitstukke nie. In die omstandighede maak ek die volgende bevel:
1. Die eiser se vordering vir die
lewering van ’n gespesifiseerde rekening en die debatering
daarvan word van die hand gewys.
2. Die verdere
geskilpunte uiteengesit in die pleitstukke word uitgestel
sine
die
.
3. Die eiser word beveel om die koste
wat teweeggebring is deur die gestelde saak te betaal.
________________________
J W EKSTEEN
REGTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF
Verskynings:
Namens Eiser:
Adv Pretorius in opdrag van Jacques du Preez
Prokureurs, Port Elizabeth
Namens
Verweerders :
Adv Nepgen in opdrag
van De Villiers en Vennote, Port Elizabeth