Dirk v Ruiters en Ander (1336/01, 2572/02) [2009] ZAECPEHC 53 (8 December 2009)

62 Reportability

Brief Summary

Delict — Negligence — Liability of employer for employee's actions — Plaintiff injured while attempting to board bus owned by first defendant — Dispute over whether plaintiff was a passenger or a pedestrian at the time of injury — Court found that plaintiff was in the process of boarding the bus when it moved, causing her to fall and sustain injuries — First defendant held liable for negligence as the bus driver was acting within the course and scope of employment.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Eastern Cape High Court, Port Elizabeth
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Eastern Cape High Court, Port Elizabeth
>>
2009
>>
[2009] ZAECPEHC 53
|

|

Dirk v Ruiters en Ander (1336/01, 2572/02) [2009] ZAECPEHC 53 (8 December 2009)

FORM A
FILING SHEET FOR EASTERN CAPE,
PORT ELIZABETH
PARTIES
:
LENA MOLIN DIRK V JOEY CEDRIC RUITERS (2572/02) & DIE
PADONGELUKKEFONDS (1336/01)
Case
Number:
as
above
High
Court:
PORT
ELIZABETH
DATE
HEARD:
30.11.09
and 1.12.09
DATE
DELIVERED:
8
DECEMBER 2009
JUDGE(S):
JANSEN
J
LEGAL
REPRESENTATIVES –
Appearances:
for
the Plaintiff(s):
ADV
L SCHUBART
for
the Defendant(s):
ADV
N PATERSON (1
ST
DEF – RUITERS)
ADV
J NEPGEN (2
ND
DEF - PADONGELUKKEFONDS)
Instructing
attorneys:
Plaintiff(s):
GOLDBERG
& DE VILLIERS
Defendant(s):
JOHAN
CRONJE ATTORNEYS (RUITERS)
WILKE
WEISS AND VAN ROOYEN (PADONGELUKKEFONDS
)
CASE
INFORMATION -
Nature
of proceedings
:
Key
Words
:
Summary:
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
nie rapporteerbaar nie
OOS-KAAP, PORT
ELIZABETH
Datum gelewer: 8 Desember 2009
In die saak tussen:
LENA MOLIN DIRK
Eiseres
en
JOEY CEDRIC
RUITERS
Eerste Verweerder
(saak no. 1336/01)
en
DIE
PADONGELUKKEFONDS
Tweede Verweerder
(saak no. 2572/02)
UITSPRAAK
JANSEN,
R:
Hierdie is ‘n
aksie vir skadevergoeding. Die partye het ooreengekom dat die
meriete van die saak en die quantum van die skade
geskei word.
Hierdie uitspraak handel slegs met die meriete van die saak.
Die eiseres was
werksaam by die Patensie Sitrus Korporasie. Sy was woonagtig te
Hankey. Op 10 Junie 1989 was sy een van verskeie
werkers wat op die
perseel van die Korporasie gestaan en wag het vir busvervoer na
Hankey. Een van die busse wat vervoer sou verskaf
het behoort aan
die eerste verweerder. Dit was ’n Mercedes-Benz bus met
registrasienommer BHW 685 EC wat bestuur was deur ene
Martin
Plaatjies. Hy was 'n gelisensieerde bestuurder op daardie stadium
tydelik in diens van die eerste verweerder. Dit is gemeensaak
dat
die eiseres op die betrokke dag ernstige beserings aan haar
linkeronderbeen opgedoen het toe die linkervoorwiel van die bus

bestuur deur Plaatjies oor haar linkerbeen geloop het.
Die eiseres het
aksie ingestel teen die eerste verweerder op 6 Junie 2001 en
spesifiek in die Besonderhede van Vordering aangevoer
dat sy in die
proses was om as ’n betalende passasier die bus te bestyg toe die
bus skielik vorentoe beweeg het wat tot gevolg
gehad het dat die
eiseres vanaf die bus geval het waarna die bus oor haar been beweeg
het. Dit is spesifiek gepleit dat weens
die feit dat Plaatjies die
bus bestuur het in die uitvoering van sy pligte in diens van die
eerste verweerder, die eerste verweerder
middellik aanspreeklik is
vir die skade van die eiseres.
Die eerste
verweerder het op die eiseres se Besondering van Vordering spesifiek
gepleit en ontken dat die eiseres beseer is terwyl
sy in die proses
was of gepoog het om die bus te bestyg. Die eerste verweerder het
gepleit dat die eiseres beseer is terwyl sy
’n voetganger was. Dit
is gepleit dat die eiseres slegs van die vervoer wat die bus
aangebied het gebruik wou maak, maar ontken
dat sy in die proses was
om op die bus te klim. Dit is gepleit dat die eiseres, terwyl sy ’n
voetganger was, na die bus beweeg
het terwyl die bus in beweging was
en op pad na die bushalte. In hierdie proses, en voordat die eiseres
die bus bestyg het, het
sy volgens die eerste verweerder se pleit
geval en is sy beseer. Die pleit is gedateer 28 Junie 2001.
Die eerste
verweerder se pleit het tot gevolg gehad dat die eiseres aksie
ingestel het teen die tweede verweerder op 21 Oktober
2002. In die
Besonderhede van Vordering in hierdie aangeleentheid teen die tweede
verweerder het die eiseres haar bewering herhaal
dat sy in die proses
was om die bus te bestyg as ’n betalende passasier, dat sy in die
proses was om die bus te bestyg, dat
die voertuig skielik vorentoe
beweeg het as gevolg waarvan sy geval het vanaf die bus, waarna die
bus oor haar been gery het.
In die alternatief is gepleit dat die
eiseres ’n voetganger was en dat die versekerde voertuig met die
eiseres in botsing gekom
het.
In reaksie op die
eiseres se Besonderhede van Vordering het die tweede verweerder
gepleit dat die eiseres in die proses was om die
bus te bestyg met
die bedoeling om vervoer te word as 'n passasier daarin, waarop sy
van die bus geval het waarop die bus oor haar
been gery het. Die
tweede verweerder het spesifiek ontken dat die eiseres op die stadium
toe sy beseer is 'n voetganger was en
het ook enige nalatigheid aan
die kant van die bestuurder ontken. Dit was verder die tweede
verweerder se pleit dat in die geval
van ’n bevinding dat die
eiseres beseer is terwyl sy in die proses was om die bus te bestyg,
en dat die beserings veroorsaak
is deur die nalatigheid van die
bestuurder, die tweede verweerder se aanspreeklikheid beperk is tot
’n bedrag van R25 000 ingevolge
die bepalings van artikel 18 van
Wet 56 van 1996. Dit is ook dan gemeensaak dat op 22 April 2004 die
tweede verweerder formeel
’n tender gemaak het aan die eiseres vir
die betaling van die bedrag van R25 000.
Op aansoek is ’n bevel gegee wat die
twee aksies gekonsolideer het.
Die enigste vraag
wat op hierdie stadium beantwoord moet word is die vraag of die
eiseres besig was om die bus te bestyg toe dit
vorentoe beweeg en sy
geval het en daarop beseer is, of andersins of sy, soos namens die
eerste verweerder beweer is, ’n voetganger
was en deur ’n
drukkende klomp mense onder die wiel van die bus laat val is.
Dit is heeltemal
te
reg
nie deur mnr
Paterson
,
namens die eerste verweerder, betoog dat indien die eiseres in die
proses was om die bus te bestyg sy nie as 'n passasier gereken

behoort te word nie. Met ander woorde, dit is namens die eerste
verweerder aanvaar dat indien ek sou bevind dat die eiseres in
die
proses was om die bus te bestyg sy wel as ’n passasier gereken
behoort te word.
Dit blyk uit die
getuienis wat aangebied is dat op die betrokke dag verskeie van die
werkers by die Sitrus Korporasie haastig was
om by die huis te kom.
Alhoewel toue gevorm is deur van die werkers ten einde vervoer te
bekom, is daar ook heelwat gedruk en
gestamp deur ongeduldige
voornemende passasiers om eerste ’n plek op ’n vervoermiddel te
kry. Dit was duidelik ook die geval
met die betrokke bus. Dit is
gemeensaak dat toe die bus met Plaatjies as bestuurder op die terrein
waar hy die passasiers sou
oplaai aangekom het, heelwat passasiers
reeds gestaan en wag het op die vervoer. Daar was egter ook ander
busse en vragmotors
op die toneel. Plaatjies het ’n wye draai
gery. Toe hy die toneel nader waar die eiseres gestaan en wag het,
was sy, volgens
haar, omtrent 20ste in die ry. Toe die bus tot
stilstand kom het die mense begin saamdrom na die deur van die kante
af. Die bus
het toe ’n ent vorentoe beweeg. Dit het weer tot
stilstand gekom en die mense het weer saamgedrom na die deur toe.
Die bus
het ’n tweede keer ’n entjie vorentoe beweeg. Die
voornemende passasiers het weer op die deur toegesak. Die bus het
daarop
vir die derde keer vorentoe beweeg. Tot dit weer tot
stilstand kom het die eiseres op haar getuienis haarself voor by die
deur
van die bus bevind. Sy het daarop begin om die bus te bestyg.
Toe sy haar voet op die trappie geplaas het om in te gaan het die
bus
weereens vorentoe beweeg waarop sy haar balans verloor en met haar
linkerbeen onder die regtervoorwiel te lande gekom het.
Die eiseres
is intensief onder kruisverhoor geneem, maar het deurgaans ontken dat
sy in die proses waar mense gedruk het om die
bus te bestyg geval het
en sodoende beseer is. Sy het volgehou dat sy met haar linkervoet op
die trappie was besig om die bus
te bestyg toe dit beweeg het en sy
geval het. Tydens kruisverhoor is sy gewys op mediese verslae van ’n
deskundige getuie, Dr
Forgus, waarop aangetoon is dat sy aan hom sou
vertel het dat sy met haar regtervoet op die trappie was en nie met
haar linkervoet
nie. Op die oog af is dit ’n weerspreking, maar na
my oordeel nie van veel belang nie. Die insident het meer as elf
jaar gelede
plaasgevind en dit is goed moontlik dat daar in die tyd
’n fout kon insluip omtrent watter voet op die trappie was toe die
voorval
plaasgevind het. Die eiseres is ook gekonfronteer met ’n
verklaring wat sy aan die polisie afgelê het drie maande na die

voorval. In die verklaring het sy nie spesifiek genoem dat sy besig
was om die bus te bestyg toe dit vorentoe beweeg het nie.
Sy noem
“dat 'n klomp mense was besig om te probeer opklim“ toe die bus
vorentoe beweeg. Sy hou egter vol dat sy self op
daardie stadium
besig was om op te klim.
Die eiseres word in
alle wesenlike opsigte gestaaf deur die getuie Charlton Potgieter.
Hy was ook werksaam by
die Sitrus Korporasie as ’n sogenaamde “shop steward“.
Volgens
hom was die eiseres net voor hom in die ry. Hy erken dat mense
gedruk het en vorentoe beweeg het in ’n poging om eerste
in die bus
in te klim. Hy bevestig die getuienis van die eiseres dat die
bestuurder van die bus drie keer nadat hy die eerste
keer gestop het
vorentoe beweeg het, duidelik in ’n poging om die drukkende
voornemende passasiers te beheer. Hy staaf die eiseres
se getuienis
dat sy met haar linkervoet op die trap was toe die bus weer vorentoe
beweeg en sy toe geval het en onder die wiel
beland het. Nadat die
wiel oor haar gery het, het hy haar onder die bus uitgetrek en haar
probeer gemaklik maak. Potgieter het
’n stelling namens die eerste
verweerder dat hy reeds op die bus was en nie buite agter die eiseres
toe die voorval plaasgevind
het ten sterkste ontken.
Kort na die voorval
was inspekteur Booysen van die Suid-Afrikaase Polisie op die toneel.
Hy het die bestuurder van die bus, Plaatjies,
baie goed geken. Hy
het Plaatjies om ’n verduideliking gevra. Plaatjies het aan hom ’n
verduideliking gegee. Die eiseres
was in pyn en het nie met hom
gekommunikeer nie. Kort na die voorval het inspekteur Booysen ’n
inskrywing in die voorvalleboek
gemaak omtrent sy waarneming op die
toneel. Hy het onder andere die volgende genotuleer:
“Die bestuurder
van die bus, Martin Plaatjies, beweer dat die mense wat op die bus
geklim het die deur beskadig het.
Hulle
het mekaar gedruk om binne die bus te kom. Die bus het toe stadig
vorentoe gery en in die proses het Lena Dirk se been
onder die bus
se wiel beland.”
Hierdie beskrywing
wat Plaatjies aan inspekteur Booysen gegee het is inderdaad stawing
vir die getuienis van die eiseres. Alhoewel
dit nie genoem is aan
inspekteur Booysen dat die eis
eres
haar voet alreeds op die trap gehad het nie word dit genoem dat die
mense mekaar gedruk het om in die bus te kom. Plaatjies
het daar ook
aan die polisiebeampte erken dat hy stadig vorentoe gery het en in
die proses die eiseres se been onder die bus se
wiel beland het.
Daar bestaan geen
rede om die akkuraatheid van die inskrywing van inspekteur Booysen in
twyfel te trek nie. Geen betoog in hierdie
verband is ook namens die
eerste verweerder gelewer nie. Die eiseres, en in die besonder
Charlton Potgieter, het beindruk as getuies.
Geen betoog tot die
teendeel is namens die eerste verweerder gelewer nie. Namens die
tweede verweerder het mnr
Nepgen
ook aan die hand gedoen dat hulle getuienis aanvaar behoort te word.
Potgieter staaf die eiseres in alle wesenlike opsigte. Hulle

getuienis is duidelik sonder weerspreking en sonder enige
onwaarskynlikhede.
Namens die eerste
verweerder het Plaatjies sowel as ene Ivan Mambo getuig. Plaatjies
was die busbestuurder en Mambo beweer dat
hy ook die betrokke dag op
die toneel was toe die voorval plaasgevind het. Hy het ook deeltydse
werk by die Patensie Sitrus Korporasie
verrig. Hy sou ook van die
transport gebruik het. Volgens Plaatjies het hy, toe hy die perseel
ingekom het, ’n wye draai gery
ten einde die passasiers op te laai
waar hulle gestaan en wag het. In die ry het Potgieter en nog drie
ander persone op die bus
gespring. Potigieter het in opdrag van
Plaatjies die deur toe gemaak en toe gehou. Volgens hom wou van die
werkers inklim terwyl
hy ry. Hy het egter aanhou beweeg tot op die
punt waar hy die werkers sou oplaai. Die mense het die bus bestorm.
Ongeveer ’n
meter of twee van waar hy wou stop het hy die mense
hoor skreeu en hy toe gestop, uitgeklim en die eiseres op die grond
sien lê.
Hy het gevra wat gebeur het waarop mense gesê
het dat die eiseres geval het. Plaatjies se getuienis was vaag en
verwarrend.
Ek vind dit onwaarskynlik dat die mense sou opgetree het
soos hy sê en in die besonder Potgieter. Volgens hom het
Potgieter
en die drie ander persone terwyl hy nog gery het die deur
oopgemaak en ingespring. Toe hulle binne was het Potgieter die deur
toegehou en het die mense die bus bestorm en almal wou opgeklim het
terwyl die bus nog beweeg het. Hy erken dat dit 'n gevaarlike

situasie was maar dat hy nie gestop het nie. Die mense het saam met
hom beweeg in ’n poging om in die ry in te kom, maar hy
het
aangehou ry. Volgens hom is dit iets wat elke dag gebeur. Hy erken
dat in die proses wat die mense die bus so bestorm om
in te klim die
deur van die bus beskadig word. Hy het verantwoordelik gevoel vir
die skade aangesien die eerste verweerder nie
gelukkig daaroor was
nie. Plaatjies erken dat hy inspekteur Booysen op die toneel gesien
het, maar ontken dat hy enige rapport
aan hom gemaak het. Volgens
hom het Booysen dit wat hy in die voorvalleboek aangeteken het uit sy
duim gesuig. Volgens Plaatjies
het hy aan inspekteur Booysen gesê
dat hy nie geweet het wat gebeur het nie. Hy ontken dat hy, soos
Potigeter getuig het,
na die ongeluk ’n aanmerking sou gemaak het
dat die besering van die eiseres as gevolg van die drukkery gekom
het. Hy het hierdie
stelling nie teenoor sy advokaat ontken nie.
Tydens kruisverhoor is Plaatjies uitgevra omtrent sy getuie Ivan
Mambo. Volgens
hom het hy na Mambo gegaan in November, kort voor die
verhoor, toe sy prokureur getuies gesoek het. Volgens Plaatjies het
Mambo
erken dat hy op die toneel was en gesien het dat die eiseres
met die gestoot deur die skare geval het. Dit is duidelik uit sy
getuienis dat daar konsultasie tussen hom en Mambo was. Tydens
kruisverhoor namens die eiser het Plaatjies gesê dat hy Mambo

goed ken vir langer as tien jaar en reeds vanaf voor die ongeluk. Hy
het hom op die toneel gesien en na die ongeluk het Mambo
in die bus
ingeklim, hom aan die skouer gevat en “jammer“ vir hom gesê.
Mambo het verder aan hom gesê dat hy die
mense agter die bus
aan sien hardloop het en dat hulle mekaar teen die bus verdruk het.
Mambo het namens
die eerste verweerder getuig. Hy ontken dat hy Plaatjies ken en hy
ontken dat Plaatjies hom genader het met die
oog op die litigasie
teen die eerste verweerder. Hy ontken verder dat hy na die voorval
by Plaatjies in die bus geklim en hom
aan die skouer gevat het en aan
hom ’n woord van vertroosting gebied het. Alhoewel hy ook getuig
het dat Potgieter in die ry
in die bus ingespring het was daar
volgens hom nie drie ander persone, soos Plaatjies getuig het, wat
dieselfde gedoen het nie.
Hy weerspreek ook Plaatjies se getuienis
dat die mense wat die bus gevolg het teen die kante van die bus
geslaan het. Hy kan
ook nie onthou dat daar ’n getoeter was soos
Plaatjies getuig het nie. Volgens hom het hy nie agterna saam met
Plaatjies in
die bus gery nie, maar vervoer op 'n ander voertuig
gesoek. Volgens Mambo het die bestuurder Plaatjies aandag aan die
eiseres
gegee het en nie Potgieter nie.
Daar is talle
weersprekings tussen Plaatjies en Mambo. Nie een van hulle het my
gunstig beindruk nie. Mnr
Paterson
,
namens die eerste verweerder, het ook glad nie my probeer oortuig dat
enige een van hulle goeie getuies was nie. Die valse ontkenning
van
Mambo omtrent kontak wat hy met Plaatjies gehad het dui duidelik op
’n samespanning aan die kant van die getuies namens die
eerste
verweerder.
Ek het geen
huiwering om die getuienis van die eiseres, soos gestaaf deur
Potgieter en verder gestaaf in die weergawe van Plaatjies
aan
inspekteur Booysen, te aanvaar nie. Ek het ook geen huiwering om die
getuienis van Plaatjies en Mambo te verwerp nie. Na
my oordeel het
die eiseres op ’n oorwig van waarskynlikhede bewys dat sy besig was
om die voertuig te bestyg toe Plaatjies, waarskynlik
uit frustrasie
weens die wanorde van die mense, en in vrees vir die verdere
beskadiging van die deur, vorentoe gery het. In die
proses het die
eiseres haar balans verloor en geval en is sy beseer deur die
linkervoorwiel van die bus.
Dit is derhalwe my
beslissing dat die eiseres bewys het dat sy ’n passasier op die bus
was. Daar kan geen twyfel bestaan dat
die bestuurder van die bus
nalatig was met sy optrede om vorentoe te ry op die staduim toe die
eiseres besig was om die bus te
bestyg nie. Dit is ook nie namens
die eerste verweerder betoog dat daar nie in sulke omstandighede
nalatigheid aan die kant van
die busbestuurder was nie. Wat mnr
Paterson
egter wel aan die hand gedoen het is dat die eiseres bydraend nalatig
was deurdat sy in die lig van haar getuienis dat die bus
tevore
gestop en weggetrek het seker moes gemaak het dat dit vir haar veilig
was om die bus te bestyg. Indien dit die geval is,
sou sy nooit die
bus kon bestyg nie. Die plig van ’n busbestuurder onder
soortgelyke omstandighede is bespreek deur Kroon AJ,
soos hy toe was,
in
Mali
v Shield Insurance Company Limited
1984 (2) SA 798
(SECLD) op bl. 805B-C waar die geleerede Regter die
volgende sê:
“
It seems to me that a person
wishing to board a stationary bus is entitled to assume that the
driver will take cognizance of his
presence and will not set the bus
in motion after he had already commenced mounting the bus and it
would be exacting too high a
standard of care from a would-be
passenger to require him to draw the driver’s attention to, or
otherwise satisfy himself that
the driver is aware of, the fact that
he is boarding the bus which was not yet in motion.”
Volgens die eiseres was die bus
stilstaande. Sy was besig om die bus te bestyg. Daar is niks wat
aandui dat Plaatjies nie bewus
was van die feit dat sy besig was om
die bus te bestyg nie. Die feit dat hy stilgehou het was in elk
geval bedoel om passasiers
geleentheid te gee om op die bus te klim.
Na my oordeel is daar nie bydraende nalatigheid aan die kant van die
eiseres bewys nie.
Die eerste
verweerder, Ruiters, is derhalwe verantwoordelik om die eiseres se
skade te betaal wat voortgespruit het uit die ongeluk.
Die tweede
verweerder gee toe dat dit verantwoordelik is om die bedrag van R25
000 soos getender aan die eiseres te betaal. Koste
behoort die
resultaat te volg. Dit sluit in die koste van die tweede verweerder
wat aangegaan is na die tender gemaak is.
Bygevolg maak ek die volgende bevel:
Die tweede verweerder word gelas om
die eiseres ’n bedrag van R25 000 te betaal.
Die eerste
verweerder word gelas om die eiseres sulke verdere skadevergoeding
te betaal as wat sy mag bewys.
Die tweede
verweerder word gelas om die eiseres se koste te betaal op die
Landdroshofskaal ten aansien van die aksie ingestel
in saaknommer
2572/02 tot en met 22 April 2004.
Die eerste
verweerder sal verantwoordelik wees om die eiseres se koste te
betaal soos getakseer of ooreengekom op ’n party
en party skaal
(a) ten aansien
van die aksie ingestel in saaknommer 1336/01;
(b) ten aansien
van die gekonsolideerde aksies in respek van saaknommer 1336/01
en 2572/02;
(c) ten aansien van die koste van
fotos;
(d) ten aansien
van ’n voorverhoorinspeksie ter plaatse bygewoon deur die
eiseres se prokureur;
(e) ten aansien
van koste voorbehou veroorsaak deur die aansoek om konsolideering
van die aksies.
Die eerste
verweerder word verantwoordelik gehou vir die tweede verweerder se
koste soos getakseer of ooreengekom op ’n party
en party skaal
vanaf 22 April 2004.
________________________
J C H JANSEN
REGTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF
______________________
J C H JANSEN
REGTER VAN DIE
HOOGGEREGSHOF