About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Eastern Cape High Court, Port Elizabeth
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Eastern Cape High Court, Port Elizabeth
>>
2009
>>
[2009] ZAECPEHC 24
|
|
Gerber v Padongelukkefonds (763/08) [2009] ZAECPEHC 24 (26 May 2009)
FORM A
FILING SHEET FOR EASTERN CAPE,
PORT ELIZABETH
PARTIES
:
LINDA MINETTE GERBER V PADONGELUKKEFONDS
NOT REPORTABLE
Case
Number:
763/08
High
Court:
EASTERN
CAPE, PORT ELIZABETH
DATE
HEARD:
21
MAY 2009
DATE
DELIVERED:
26
MAY 2009
JUDGE(S):
JANSEN
J
LEGAL
REPRESENTATIVES â
Appearances:
for
the Applicant(s):
ADV
P JOOSTE
for
the Respondent(s):
ADV
N PATERSON
Instructing
attorneys:
Applicant(s):
LE
ROUX INC
Respondent(s):
KETSE
NONKWELO INC
CASE
INFORMATION -
Nature
of proceedings
:
Key
Words
:
Summary:
IN
DIE HO
OGGEREGSHOF
VAN SUID-AFRIKA
NIE
RAPPORTEERBAAR NIE
OOS-KAAP,
PORT ELIZABETH
Saaknr.:763/08
Datum gelewer: 26
Mei 2009
In
die saak tussen:
LINDA
MINNETTE GERBER
Eiser
e
n
DIE
PADONGELUKKEFONDS
Verweerder
UITSPRAAK
JANSEN,
R:
Hierdie is ân
aksie om skadevergoeding voor
tspruitende
uit ân motorvoertuigongeluk. Die partye het ooreengekom op die
quantum
van
skade indien ek sou bevind dat die eiseres daarop geregtig is. Die
meriete van die eiseres se eis was in geskil.
Dit is gemeensaak
dat die eiseres in ân Astra motorvoertuig kort na agtuur die oggend
op 20 Maart 2006 betrokke was in ân motorongeluk
met ân bus van
die Algoa Busdiens op ân stukkie pad, waarvan die naam nie aan die
partye bekend is nie, tussen Strandstraat
in Port Elizabeth en die
bus depot op die Port Elizabethse hawe. Die eiseres was alleen in
die motor en die versekerde bestuurder
alleen in die bus.
Die eiseres het by
die Port Elizabethse stasie aangedoen om vir ân treinkaartjie te
betaal. Sy was op pad werk toe. Uit fotoâs
wat ingehandig is blyk
dit dat die pad vanaf die stasiegebou in die rigting van Somerstrand,
soos die eiseres gery het, slegs eenrigtingverkeer
in daardie rigting
toelaat.
Kort
nadat sy weggetrek het, het die eiseres, volgens haar, by ân
stopteken stilgehou.
Dit
was vir haar veilig om verder te ry
en
sy het aanbeweeg.
Sy
moes toe regs draai in die straat sonder naam om uiteindelik in
Strandstraat regs te draai om uiteindelik by haar werksplek te
Greenacres uit te kom. Op die hoek is ân toegeeteken. Volgens die
eiseres het sy by die toegeeteken gestop en links gekyk en
daarna
regs en daarna weer links en toe stadig weggetrek en weer regs gekyk
om seker te maak of dit vir haar veilig was om in die
straat in te
draai na regs. Volgens haar was dit veilig. Sy het geen verkeer
gesien nie. Die volgende oomblik, net toe sy in
haar baan inbeweeg,
het sy skielik die groot bus reg voor haar gesien. Sy kon nie die
botsing vermy nie en die regter voorkant
van haar voertuig het die
bus voor in die middel getref.
Op daar
die
selfde hoek het ân taxibestuurder van Somerset-Oos, mnr Adam
Booysen, by ân houtstruktuur en ân karavaan, wat gebruik
word as
ân kaartjiekantoor, gestaan. Volgens hom het hy in die rigting van
Somerstrand gekyk. Hy het bewus geword van die eiseres
se voertuig
wat by die toegeeteken stop.
Sy
het toe vorentoe beweeg op ân stadium toe dit vir haar veilig was
om dit te doen. Net toe sy begin beweeg het die Algoa Bus
vanuit die
rigting van Russellweg vanuit Strandstraat links in die straat sonder
naam ingedraai.
Hierdie
beweging, indien dit uitgevoer was, was duidelik in stryd met ân
geel pyl wat op die pad in Strandstraat geverf is en
wat geen draai
na links toelaat nie. Volgens mnr Booysen het die bus vanaf die hoek
waar dit links ingedraai het tot op die punt
van botsing ân afstand
van 20 na 30m afgelê het. Die afstand wat mev Gerber, die
eiseres, afgelê het nadat sy by
die toegeeteken weggetrek het
was, volgens mnr Booysen, ongeveer 5 tot 6m.
Die eiseres kon
glad nie getuig uit watter rigting die bus gekom het toe dit in die
straat sonder naam ingedraai het nie. Onmiddellik
na die botsing het
sy woorde uitgeroep tot die effek âWaar het die bus vandaan gekom?â
Mnr Booysen het daarop aan haar meegedeel
dat die bus vanuit
Strandstraat vanaf Russellweg se rigting in stryd met die padteken in
die straat sonder naam ingedraai het.
Toe dit aan mnr Booysen gestel
is dat die bus vanaf Somerstrand se rigting gekom het en ân
regmatige draai na regs in die straat
sonder naam uitgevoer het op
pad na die depot, het hy dit ontken. Sy getuienis was dat hy op
daardie hoek gestaan en wag het en
in die rigting van Somerstrand
gekyk het. Volgens mnr Booysen sou hy die bus gesien het indien die
bus vanuit daardie rigting
gekom het.
Dit is nie in
geskil geplaas namens die eiser nie dat mnr Lukwe, die busbestuurder,
die oggend met sy bus op ân roete wat hom
geneem het vanaf
Motherwell deur Somerstrand via NMMU en terug deur Somerstrand gery
het. Daardie roete, terug op pad na die bus
depot op die hawe, sou
die bus in Strandstraat laat beland het in die regterkantse baan van
drie bane vanaf Somerstrand in die
rigting van Russellweg. Mnr Lukwe
het dan ook getuig dat hy op pad na die depot op die hawe by die
verkeerslig in Strandstraat,
waar dit kruis met die straat sonder
naam, gestop het by ân verkeerslig wat vir hom rooi was. Waar hy
gestop het is ân padteken
aangebring wat ân verpligte draai na
regs aandui. Nadat die verkeerslig groen in sy guns geslaan het, het
hy gewag vir verkeer
van voor vanaf die rigting van Russellweg totdat
dit vir hom veilig was om na regs te draai. Hy het dit gedoen. Toe
hy reeds
in die straat sonder naam was het hy die Astra voertuig van
die eiseres gesien vinnig van voor aankom en opgelet dat dit nie by
die toegeeteken stop nie. Sy het regs gedraai en toe in hom vasgery.
Die regter voorkant van die Astra het met die regter voorkant
van
die bus gebots. Volgens mnr Lukwe was hy in sy korrekte baan. Daar
was niks wat hy kon doen om die botsing te vermy nie.
Volgens hom
het die eiseres te vinnig gery.
Die onus was op die
eiseres om nalatigheid aan die kant van die versekerde bestuurder te
bewys. Sy self het glad nie die bus gesien
tot onmiddellik voor die
botsing nie. Sy steun op die getuienis van mnr Booysen dat die bus
vanaf Russellweg se kant met ân
oortreding van ân padteken links
vanaf Strandstraat in die straat sonder naam ingedraai het.
Voor my is twee totaal verskillende
weergawes geplaas. Op die een weergawe het die bus min of meer van
oos na wes gery en op die
weergawe van mnr Booysen van die
teenoorgestelde kant gekom. Die busbestuurder, mnr Lukwe, het my
gunstig beïndruk. Sy getuienis
was dat hy vanaf Somerstrand die
bus op die terminus op die hawe moes gaan parkeer.
Daar
was vir hom geen rede om draaie te ry en om die hawe vanaf die
verkeerde rigting te nader nie. Volgens mnr Booysen het hy
in die
rigting van Somerstrand gekyk en sou hy gesien het indien die bus
vanaf daardie rigting gekom het. Dit moet egter in gedagte
gehou
word dat daar geen rede vir mnr Booysen was om spesifiek op te let na
busse vanuit daardie rigting nie.
Hy
het erken dat sy aandag as ân taxi-eienaar by sy taxi was.
Dit
was daar geparkeer. Hy kon nie die taxi onbewaak laat nie, sê
hy, weens gevaar van diefstal. Hy was ook in die onmiddellike
omgewing waar kaartjies verkoop word. Op die posisie waar mnr
Booysen gestaan het sou hy in ieder geval nie die bus gesien het
terwyl dit in Strandstraat vanaf Russellweg se rigting was nie. Op
die hoek waar hy gestaan het is die uitsig na Strandstraat
belemmer
deur ân houtstruktuur soveel as ân karavaan waarvandaan besigheid
gedoen word. Dit was in elk geval mnr Booysen se
getuienis dat hy
meteens die bus gesien het in die straat sonder naam en dit is
duidelik dat hy die afleiding gemaak het dat die
bus vanaf Russellweg
se kant gekom het. Hy het vantevore gesien hoe busse in stryd met
die padteken links in daardie straat vanaf
Strandstraat uit
Russellweg se rigting draai. Dit is die eiseres se saak dat
onmiddellik op die toneel dit aan haar meegedeel
is deur mnr Booysen
dat die bus in stryd met die padteken sou gery het. Nogtans is
hierdie nie aanvanklik deur die eiseres gepleit
as ân grond vir
nalatigheid nie. Eers op ân laat stadium is dit met ân wysiging
van die Besonderhede van Vordering as ân
grond vir nalatigheid
geopper. Wat verder insiggewend is, is die feit dat volgens beide
die eiseres en mnr Booysen die botsing
sou plaasgevind het in die
baan waarin sy regmatig na haar draai na regs sou gery het terwyl die
bus in sy verkeerde baan bestuur
is. Dit was nooit in hierdie terme
deur die eiseres gepleit nie.
Ek kan geen rede
vind om nie die getuienis van die versekerde bestuurder te aanvaar
dat hy vanaf die rigting van Somerstrand regs
in die straat ingedraai
het soos hy geregtig was om te doen nie.
Op die eiseres se
eie getuienis het sy nie behoorlike uitkyk gehou nie. Sy het nie die
bus gesien nie. Selfs indien dit aanvaar
word dat die bus die draai
geneem het soos getuig deur mnr Booysen, dan is dit nog steeds
duidelik dat die eiseres nie behoorlik
uitkyk gehou het nie. Op mnr
Booysen se weergawe moes die bus ân draai geneem het van minder as
90º. Hy kon gewis nie
vinnig om daardie draai gekom het nie.
Nogtans moes hy ân afstand van 20 na 30m gery het voordat dit met
die eiseres se voertuig
in botsing gekom het. Die eiseres,
daarenteen, het slegs ân afstand van 5 na 6m gery. Gesonde
verstand dikteer dat selfs in
die omstandighede soos deur mnr Booysen
geskets die bus baie duidelik sigbaar moes gewees het vir die eiseres
voordat sy vanaf
die toegeeteken weggetrek het. Volgens haar was
daar niks verkeer nie. Die feit dat die busbestuurder op die eiseres
se weergawe
ân padteken verontagsaam het kan nie kousaal verbind
word met die ongeluk nie. Mnr
Paterson
het aan die hand gedoen dat selfs op die eiseres se weergawe sy nie
geregtig is op ân verdeling van meer as 50/50 nie. Ek het
die saak
sorgvuldig oorweeg. Dit is nie vir my duidelik op watter basis ân
toegewing gemaak is dat op die aanvaarding van die
eiseres se
weergawe daar enige nalatigheid aan die kant van die versekerde
bestuurder was nie.
Die eiseres se eis word afgewys met
koste.
_____________________
J C H JANSEN
REGTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF