Prinsloo v Minister van Veiligheid en Sekuriteit (2099/06) [2009] ZAECPEHC 13 (11 March 2009)

55 Reportability

Brief Summary

Delict — Unlawful arrest and detention — Claim for damages arising from unlawful arrest and prosecution of a police officer — Applicant, a police inspector, claimed damages for wrongful arrest, detention, and prosecution by fellow officers — Respondent conceded the unlawfulness of the arrest and detention, limiting the proceedings to the quantum of damages — Court evaluated the evidence presented by the applicant, which remained unchallenged, and determined the appropriate compensation for the emotional and reputational harm suffered by the applicant as a result of the unlawful actions.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Eastern Cape High Court, Port Elizabeth
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Eastern Cape High Court, Port Elizabeth
>>
2009
>>
[2009] ZAECPEHC 13
|

|

Prinsloo v Minister van Veiligheid en Sekuriteit (2099/06) [2009] ZAECPEHC 13 (11 March 2009)

FORM A
FILING SHEET FOR EASTERN CAPE,
PORT ELIZABETH
PARTIES
:
PIETER ROELF PRINSLOO V THE MIN OF SAFETY & SECURITY
NOT REPORTABLE
Case
Number:
2099/06
High
Court:
EASTERN
CAPE, PORT ELIZABETH
DATE
HEARD:
5
& 6 MARCH 2009
DATE
DELIVERED:
11
MARCH 2009
JUDGE(S):
JANSEN
J
LEGAL
REPRESENTATIVES –
Appearances:
for
the Applicant(s):
ADV
B PRETORIUS
for
the Respondent(s):
ADV
WESSELS & ADV NOBATANA
Instructing
attorneys:
Applicant(s):
NEL
MENTZ INC
Respondent(s):
STATE
ATTORNEY
CASE
INFORMATION -
Nature
of proceedings
:
Key
Words
:
Summary:
IN
DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
NIE
RAPPORTEERBAAR NIE
OOS-KAAPSE AFDELING, PORT ELIZABETH
Saak no.: 2099/06
Datum gelewer:
11 Maart 2009
In die saak tussen:
PIETER ROEL
F
PRINSLOO
Eiser
en
DIE MINISTER VAN
VEILIGHEID EN SEKURITEIT
Verweerder
UITSPRAAK
JANSEN, R:
Hierdie is weereens
’n saak wat aanhangig gemaak is teen die Minister van Veiligheid en
Sekuriteit waarin skadevergoeding geëis
word deur ’n persoon
wat onregmatiglik gearresteer, aangehou en vervolg is deur
polisiebeamptes wat in die uitvoering van hul
ampspligte opgetree
het. Die eiser in hierdie aangeleentheid is self ’n
polisiebeampte, ’n speurder-inspekteur in diens van
die
Suid-Afrikaanse Polisie Diens gestationeer te Humansdorp.
Die verweerder het
die eiser se eis in die geheel teengestaan en die partye het
ooreengekom dat die meriete van die saak en die
quantum
van skade geskei word. Met die aanvang van die verhoor op die
meriete het die verweerder toegegee dat die arrestasie en die
aanhouding
en die vervolging van die eiser onreëlmatig was. Die
saak voor my was dus slegs beperk tot die
quantum
van skadevergoeding. Ingevolge die eiser se Gewysigde Besonderhede
van Vordering het hy R250 000 geëis vir onregmatige arrestasie

en berowing van sy vryheid, ook R250 000 skadevergoeding vir die
skending van sy
fama
en
dignitas
deur die onregmatige arrestasie en aanhouding, asook R250 000 vir die
onregmatige vervolging en skending van sy
fama
en
dignitas
weens sodanige onregmatige vervolging. Die eiser het verder
regskoste om homself te verdedig geëis in die bedrag van R6 000

asook ’n bedrag van R3 515 vir psigiatriese en sielkundige koste
wat hy reeds aangegaan het sowel as ’n bedrag van R321 200
vir
toekomstige psigiatriese en sielkundige onkoste.
Hierdie is nog ’n
geval wat in die afgelope tyd dikwels voorkom waar die regspan wat
namens ’n verweerder optree, spesifiek
waar ’n Staatsdepartment
by betrokke is, nie behoorlike opdrag gekry het nie. Soos gebruiklik
is in ’n siviele verhoor het
die regspanne van beide partye my die
oggend voor die verhoor in kamers kom sien. Ek het hulle uitgevra
omtrent die saak en wat
nog in geskil was en wat hulle verwagtinge
was hoe lank die saak sou duur. Die eiser se advokaat het my
meegedeel dat benewens
die eiser self ten minste nog drie getuies,
twee waarvan deskundige getuies is, in die eiser se saak sou getuig.
Die verweerder
se advokate het my meegedeel dat die verweerder se
regspan geen opdragte vanaf die verweerder kon kry ten aansien van
die houding
wat hulle in die saak moes inneem nie. Ek is meegedeel
dat korrespondensie wat gerig is aan die verweerder se kantoor
onbeantwoord
gelaat is. Die verrigtinge het daarna in die hof begin.
Met die materiaal tot sy beskikking het mnr
Wessels
,
namens die verweerder, die getuienis wat namens die eiser aangebied
is getoets na die beste van sy vermoë. Aan die einde
van die
eerste dag het ek in die ope hof mnr
Wessels
versoek om weereens stappe te neem ten einde behoorlike instruksies
van die verweerder te verkry. Dit was op daardie stadium duidelik

dat die getuienis namens die eiser onbetwis gelaat sou word. Geen
stelling kon namens die verweerder gemaak word teenoor die getuienis

namens die eiser wat op ’n feitegeskil kon uitloop nie. Op die
oggend van die tweede dag van die verhoor is ek meegedeel deur
mnr
Wessels
dat sy opdraggewende prokureur uiteindelik daarin kon slaag om
telefoniese kontak te maak met die verweerder se kantoor, en dat

bloot opdrag gegee is dat voortgegaan moet word om die eiser se saak
teen te staan. Uiteindelik het vier getuies namens die eiser
getuig
en die verweerder se saak is gesluit sonder enige getuienis wat gelei
is. Die gevolg is, en dit is by implikasie deur mnr
Wessels
toegegee, dat die
quantum
van die eiser se skade bepaal moet bloot op ’n evaluering van die
getuienis wat namens die eiser aangebied is. Die houding van
die
verweerder kan op die beste vir die verweerder toegeskryf word aan óf
’n gebrek aan belangstelling, óf ’n
gebrek aan kennis en
begrip.
Die eiser, tans 42
jaar oud, het hom in die vroeë jare negentig van die vorige eeu
by die munisipale polisie te Humansdorp
aangesluit. Kort daarna was
die munisipale polisie by die Suid-Afrikaanse Polisie ingelyf. Kort
voor hierdie inlywing was die
eiser betrokke by twee voorvalle wat
gelei het tot sy skuldigbevinding in ’n hof. In die een geval is
hy ’n boete opgelê
en in die ander geval is hy op drie
aanklagte wat uit een voorval gespruit het, tot ’n boete wat in
die geheel opgeskort is
gevonnis. In een van hierdie gevalle is hy
gearresteer en het hy oornag in ’n polisiesel deurgebring. Sedert
sy indiensneming
by die Suid-Afrikaanse Polisie Dienste het die eiser
’n onberispelike rekord gehad. Hy het uiteindelik gevorder tot die
rang
van inspekteur en is aangestel by die speurtak te Humansdorp.
Uit die stukke wat aan my voorgelê is blyk dit dat hy
uitstaande
werk verrig het as ’n speurder en dat hy talle
komplemente ontvang het en getuigskrifte wat dui op uitstaande
speurwerk wat hy
gedoen het. Hy het ’n hoë aansien geniet as
’n speurder in die gemeenskap.
Die eiser is gebore
en het groot geword in Humansdorp. Hy het ook daar skool gegaan. Sy
vader was ’n boukontrakteur wat hoë
aansien in die gemeenskap
geniet het.
Die
eiser het ook nog vyf broers wat saam met hulle vader betrokke geraak
het in ’n boukontrakteursonderneming.
Die
hele familie het groot aansien geniet in die Humansdorp omgewing.
Die opvoeding wat deur die Prinsloo uitgebreide familie toegepas
was
het ’n sterk Christelike inslag gehad. Die eiser self het betrokke
geraak in die kerk en is gekies as diaken op ’n baie
jeugdige
ouderdom.
Hy
het sy bes gedoen om ’n voorbeeldige lewe te lei en het ook
betrokke geraak in gemeenskapsprojekte. Hy is getroud met ’n

stafverpleegster en vir hulle is drie kinders gebore. Die oudste
werk tans in die Verkeersafdeling te Graaff-Reiniet terwyl die

tweede, ’n dogter, studeer aan die NMMU te Port Elizabeth.
Die
jongste, ook ‘n dogtertjie, is tans nog op skool in Humansdorp.
Ten einde hulle lewensomstandighede te verbeter het die eiser
en sy
eggenote ‘n huis aangekoop en dit ombou tot ‘n winkel waaraan
gekoppel is ‘n afdeling waar jongmense hul tyd kom verwyl
met
allerhande aktiwiteite. In kort, die eiser was ‘n vooraanstaande
lid van die gemeenskap na wie die lede van die gemeenskap
opgesien
het as ‘n polisiebeampte, as ‘n kerkman en ‘n gemeenskapsleier.
Toe kom die oggend
van 28 November 2004.
Dit
was ’n Sondagoggend. Die eiser was op daardie stadium die speurder
op bystandsdiens. Ongeveer half ses die oggend was daar
’n klop
aan sy huis se deur. Die eiser se vrou het hom wakker gemaak, waarna
hy opgestaan het en na die voordeur gestap het.
Twee
polisiebeamptes, kaptein Kok en kaptein Ketteldas, een verbonde aan
die speurtak en die ander een aan die uniformtak, was
by die deur.
Kaptein Kok het aan hom meegedeel dat twee speurders vanaf
georganiseerde misdaad met hom ’n gesprek wil voer.
In opdrag van
kaptein Kok het die eiser sy selfoon en sy vuurwapen aan die kaptein
oorhandig. Dit was vir hom reeds ’n vernedering.
Hy is verder
meegedeel dat hy nie by magte was om sy amptelike polisievoertuig te
bestuur nie.
Kaptein
Ketteldas het dit gedoen. Dit was ook vir hom ’n vernedering.
Kaptein Ketteldas het die voertuig bestuur en die eiser
het saam met
kaptein Kok in sy voertuig gery. By die polisiekantoor aangekom is
hy na die stasiebevelvoerder se kantoor. Daar
is hy deur die
stasiebevelvoerder, vroue-superintendent Mene, meegedeel dat twee
polisiebeamptes vanaf georganiseerde misdaad hom
wil arresteer. Sy
het toe ’n telefoonoproep gemaak. Die polisiebeamptes was in die
kantoor langs hare. Twee polisiebeamptes
vanaf georganiseerde
misdryf, inspekteur Arries en inspekteur Dyan, het daarop die kantoor
ingekom en hom meegedeel dat hulle hom
arresteer op ’n aanklag dat
hy in mandrax handel gedryf het. Daar was glo sewe sake teen hom.
Hierdie was ’n erge skok vir
hom en hy het onmiddellik aan die huil
geraak. Sy vrou was in die omgewing nadat hy vroeg, toe hy by die
huis weg was, vir haar
gevra het om ook na die polisiekantoor te kom.
Hy het aan sy vrou
geskree dat hy gearresteer is. Sy het histeries geraak by die
aanhoor van die nuus. Op versoek van inspekteur
Arries het kaptein
Kok die eiser na die Jeffreysbaai Polisiekantoor geneem waar hy na ‘n
sel geneem is en alleen aangehou is.
Op
daardie stadium was superintendent Patrick Goeda die waarnemende
stasiebevelvoerder. Die eiser en hy het mekaar goed geken.
Die
eiser het eintlik voor superintendent Goeda groot geword. Hy is
vanuit die sel na superintendent Goeda se kantoor geneem.
Toe hulle
mekaar sien het die eiser in trane uitgebars. Hy het onmiddellik aan
superintendent Goeda gesê dat hy onskuldig
gearresteer is.
Superintendent Goeda het gepoog om ’n staatsaanklaer in die hande
te kry sodat ’n borgaansoek gebring kon
word nie. Dit kon egter
nie gedoen word nie. Die eiser is daardie dag alleen in ’n sel
aangehou. Die volgende dag is drie
ander persone by hom geplaas.
Twee van hulle was aan hom bekend. Sy versoek dat hy eerder alleen
aangehou word, of saam met ’n
ander polisiebeampte wat ook in
aanhouding was in ’n sel geplaas word, het op dowe ore geval. ’n
Aanduiding is deur die polisie
in beheer van die selle gegee dat daar
gevrees is dat die eiser, indien hy alleen aangehou word die Maandag,
sy eie lewe sou neem.
Die afleiding wat hieruit gemaak kan word is
dat daar op daardie vroeë stadium reeds opgelet is hoe erg
emosioneel en depressief
die eiser was en hoe ’n negatiewe effek
die arrestasie op hom gehad het. Die eiser het getuig dat hy op
daardie stadium totaal
gebroke gevoel het. Op Dinsdag 30 November
2004 is die eiser na die hof te Humansdorp geneem. Die hofsaal was
gepak met mense.
Behalwe familielede wat hom ondersteun het asook
vriende was daar baie nuuskierige mense teenwoordig. R10 000 borgtog
is aan
die eiser toegestaan. ’n Voorwaarde was egter dat hy elke
Vrydag by die polisiekantoor te Jeffreysbaai moet gaan aanmeld. Hy

mag ook nie sonder die toestemming van die ondersoekbeampte die
distrik van Humansdorp verlaat het nie. Die eiser het dit erg

vernederend gevind om na Jeffreysbaai te ry om hom te gaan aanmeld by
die polisiestasie. As gevolg van hierdie arrestasie van
die eiser is
hy sonder betaling uit die polisie geskors. Hierdie hele insident
het ’n ernstige nadelige effek op sy familie
gehad. Sy vrou was
gebroke en sy kinders, wat baie respek vir hulle pa gehad het, was
erg geskok oor die voorval.
Die eiser se
arrestasie en hofverskyning het ook groot publisiteit in die pers
geniet.
’n Berig in ’n koerant “Our Times“, wat wyd versprei word in
die Koega area, met ’n foto van die eiser by die
berig, het nuus
gedra omtrent die eiser se inhegtenisname wat ’n skokgolf deur die
gemeenskappe van Jeffreysbaai en Humansdorp
gestuur het. Dit word
ook as ’n feit genoem dat die eiser ’n baie besondere knap
speurder was wat aktief betrokke by gemeenskapsbedrywighede
was.
Gewag is gemaak van die feit dat met sy verskyning in die hof hy
geklee was in verslete sandale, ’n kortbroek, ’n T-hemp
en ’n
windjakker. Daar was ook ’n voorbladberig omtrent die arrestasie
van die eiser in “Die Burger“ wat in die hele
Oos-Kaap
gesirkuleer word, met groot plakkate wat die voorbladberig geklemtoon
het wat op lamppale aangebring is.
Op 18 Februarie
2005 is die eiser se borgvoorwaarde gewysig en is die bepaling dat hy
elke Vrydag by Jeffreysbaai Polisiestasie
moes rapporteer geskrap.
Op 8 Maart 2005 is alle aanklagte teen die eiser teruggetrek. ’n
Dag tevore is ’n berig in “Our
Times“ geplaas, ook op die
voorblad, waar ’n onderhoud gevoer is met die eiser en hy sy mening
uitgespreek het dat daar gekonkel
is met die saak teen hom. Die hoof
opskrif van die artikel het gelei: “Speurder sê hy’s glo
geframe“ Op 11 Maart
is daar weereens in die pers aandag aan die
eiser gegee. ’n Berig met die opskrif ”Hof trek saak teen
Prinsloo terug“ gepubliseer
in ”Our Times” verskyn ’n foto
van die eiser saam met familielede van hom wat glo “in beter dae“
geneem is. In die berig
word gemeld dat die saak teen die eiser
teruggetrek is en weereens word klem gelê oor die skokgolwe wat
sy arrestasie deur
die gemeenskappe van Jeffreysbaai en Humansdorp
gestuur het. Weereens word melding gemaak dat hy ’n knap speurder
is en aktief
betrokke was by gemeenskapsbedrywighede.
Dit is nie in
geskil geplaas nie dat die arrestasie, aanhouding en vervolging van
die eiser, wat deur die verweerder erken is onregmatig
was, ernstige
sielkundige effek op die eiser gelaat het. Volgens die eiser self
het hy kort na sy vrylating op borgtog besef dat
hy ernstige
emosionele probleme ondervind. Selfmoordgedagtes het sterk na vore
gekom. Hy het besluit om mediese hulp in te roep
en vroeg in
Desember 2004 het hy sy eerste besoek by dr Sonja Prinsloo, ’n
psigiater in Port Elizabeth, afgelê. Volgens
dr Prinsloo, wat
namens die eiser getuig het, was hy huilerig en het gekla van
slaaploosheid, moegheid en het moedeloos voorgekom.
Sy het hom
uiters getraumatiseerd gevind en was van oordeel dat hy duidelik die
kriterium vir ’n toestand van major depressie
bereik het.
Selfmoordneigings was ernstig.
Sy
het hom beskryf as ’n baie siek mens. Sy het hom anti-depressante
en slaappille voorgeskryf. Dit het duidelik die gewenste
uitwerking
gehad. Die eiser het egter dit as vernederend beskou om bekend te
wees as ’n persoon wat moet leef op ’n anti-depressant.
Hy het
daarop, na ’n paar maande waartydens hy dit gebruik het, besluit om
die inname daarvan te staak. Hy het geglo dat hy
geestelik sterk
genoeg sou wees om die probleme wat hy emosioneel ondervind het te
bowe te kom. Hy was ongeveer ’n jaar van
die medikasie af, maar sy
toestand het so versleg dat hy uiteindelik weer dr Prinsloo se hulp
ingeroep het.
Dr
Prinsloo het die eiser weer op 16 November 2007 gesien. Volgens haar
oordeel was hy weereens ’n baie siek man en het teruggeval
in sy
vorige toestand met dieselfde simptome. Die besliste
selfmoordgedagtes was sterk. Sy het sterker medikasie voorgeskryf

wat die eiser tans nog gebruik. Haar diagnose van die eiser is dat
hy nie net ’n major depressiewe versteuring het nie, maar
ook ’n
post traumatiese stres versteuring. Sy prognose is swak. Daar
bestaan ’n 70-80% waarskynlikheid dat indien die eiser
weer sy
medikasie sal staak hy in dieselfde toestand sal verval waarin hy aan
die begin van Desember 2004 en weer in November 2007
was. Volgens dr
Prinsloo sal die eiser waarskynlik die medikasie moet neem vir die
res van sy lewe. Ten spyte van die inname
van die medikasie het die
lewe van die eiser in sy geheel verander. Sy vermoë om te werk
is nadelig beinvloed. Sy selfwaarde
is aangetas.
Sy
sosiale lewe het daaronder gelei. Dr Prinsloo beskryf dit as ’n
ernstige aantasting van sy lewe. Die medikasie wat hy vir
sy
toestand van depressie moet gebruik het ook ’n nadelige effek op sy
seksuele lewe.
Tydens kruisverhoor
van dr Prinsloo
,
wat mnr
Wessels
moes doen sonder ’n behoorlike opdrag wat hy van ’n deskundige
namens die verweerder kon verkry, het sy beklemtoon dat alhoewel
die
simptome wat die eiser openbaar met die medikasie verbeter het, hy
nog steeds nie gesond is nie.
Hy
is nog steeds gespanne en sy gemoedstoestand is laag.
Slaap
is nog ingekort. Hy is angstig en ontwikkel ’n vinnige hartklop.
Hy is nog steeds van oordeel dat daar ’n stigma aan
hom kleef ten
spyte van die feit dat die saak teruggetrek is en dat kennis reeds
deur die pers bekend gemaak is dat toegegee is
dat die arrestasie
onregmatig was. Dr Prinsloo bevestig die eiser se getuienis dat hy
nie meer gemotiveerd is om sy werk te doen
soos tevore nie, en dat hy
dit oorweeg om uit Humansdorp te verhuis om van die stigma wat aan
hom kleef weg te kom. Hy oorweeg
selfs om die Polisie te verlaat.
Ten aansien van sy
werksomstandighede het die eiser self getuig dat hy met energie
gewerk het en hoë ideale aan hom gestel
het. Dit ontbreek nie.
Waar hy tevore op sy hoede was met sy werk, doen hy dit nou op ’n
traak-my-nie- agtige wyse.
Hy
het nie meer dieselfde geduld en verdraagsaamheid teenoor sy gesin
nie. W
aar
hy tevore met selfvertroue opgetree het, het hy nou nie meer geloof
in homself nie. Hy het ’n gedurige moegheid oor hom en
sweet
oormatig.
Inspekteur Patrick
Goeda,
wat die waarnemende bevelvoerder by Jeffreysbaai Polisiestasie was,
het die eiser se getuienis in alle wesenlike opsigte gestaaf.
Hy
beskryf die eiser se emosionele toestand in die selle waar hy hom
besoek het. Hy het ook getuig omtrent die nadelige effek
wat die
aangeleentheid op die hele familie van die eiser gehad het. Hy kon
ook agter kom, ten spyte van die feit dat die saak
teen die eiser
teruggetrek is en sy skorsing opgehef is, daar nog onsekerhede en
twyfel by kollegas van die eiser bestaan. Superintendent
Goeda het
negatiewe emosionele gedrag opgemerk by die eiser en getuig ook van
sy selfmoordneigings. Hy het ’n persoonlikheidsverandering
by die
eiser waargeneem en getuig ook van woede uitbarstings wat nou
plaasvind wat nooit tevore by hom bestaan het nie. Na sy
skorsing
opgehef is moes die eiser groot druk op homself plaas om terug te
keer werk toe. Die passie wat die eiser gehad het om
die werk na die
beste van sy vermoeë te doen het verdwyn.
Dr Richard Holmes
,
wat gekwalifiseerd is en geregisteer is as ’n industriële
sielkundige, ‘n opvoedkundige sielkundige en ‘n kliniese

sielkundige het ook onderhoude met die eiser gevoer, psigometriese
toetse op hom gedoen en onderhoude met kolaterale bronne gevoer.
Sy
verslag, wat hy as korrek bevestig het, is nie in geskil geplaas
namens die verweerder nie. Hy het die getuienis van dr Sonja

Prinsloo tot ’n groot mate bevestig en het ook sy oordeel
uitgespreek dat die eiser tans lei aan ’n major depressiewe
versteuring
sowel as ’n post traumatiese stres versteuring. Hy is
van oordeel dat die eiser se gediagnoseerde psigatriese versteurings
’n
kroniese status bereik het en dat volgehoue behandeling
noodsaaklik is. Hierdie behandeling sluit nie alleen medikasie in
nie,
maar ook konsultasies en behandeling deur psigiaters en
sielkundiges. Hy is ook van oordeel dat die prognose deur dr
Prinsloo
korrek is. Die kanse op herstel is baie skraal.
Dit bring my by die
quantum
van skade.
Beide advokate het in hul betoë
die stelling gemaak, heeltemal korrek, dat hierdie saak uniek is.
Nie een van hulle kon my
verwys na ’n soortgelyke aangeleentheid
waar skadevergoeding toegeken is nie. Ek kon self nie so iets vind
nie. Beide advokate
het my verwys na gerapporteerde sake waar
skadevergoedingsbevele toegestaan is aan eisers wat gespruit het uit
onregmatige arrestasie,
aanhouding en vervolging. Elke saak moet
egter op sy meriete behandel word. Dit blyk uit die psigiatriese
getuienis wat in die
onderhawige geval aangebied is dat die eiser se
reaksie op die onregmatige arres, aanhouding en vervolging ernstig
was.
Hy het
dit uiters traumaties ervaar. ’n Ander polisiebeampte sou moontlik
nie dieselfde reaksie getoon het nie. Die feit bly
staan dat die
onregmatige optrede deur inspekteur Arries en sy kollega die
permanente versteurings, waarna ek hierbo verwys het,
by die eiser
tot gevolg gehad het. Die eiser se lewe is verpletter. Selfs tydens
sy getuienis in die hof het hy telkemale in
trane uitgebars wanneer
hy die gebeure van meer as vier jaar gelede moes beskryf. Soos
hierbo aangetoon het die eiser sy eis geformuleer
in paragraaf 14(1),
(2) en (3) onder drie verskillende hoofde vir skade wat hy gelei het
weens die onregmatige optrede deur polisiebeamptes
in diens van die
verweerder. Die onregmatige optrede hou egter tot so ’n mate
verband met mekaar dat ek van oordeel is dat dit
gepas sal wees om ’n
enkele bedrag skadevergoeding toe te ken vir die bedrae geëis
onder die drie paragrawe. Na my oordeel
behoort ’n
skadevergoedingsbedrag hierop van R400 000 toegeken te word.
Dit is gemeensaak
dat die eiser nie sy strafsaak regskoste van R6 000 bewys het nie.
Dit blyk uit dr
Sonja Prinsloo se rekeningstaat dat uitgawes in die totaal van R3
515,50 reeds aangegaan is. Die feit dat die uitgawes
in hierdie
verband nie uit die eiser se sak gekom het nie, maar deur sy mediese
hulpskema betaal is, doen dit nie afbreuk aan die
feit dat die eiser
daarop geregtig is nie.
Sien
Free State Consolidated
Goldmines Operations Ltd t/a the Ernest Opperheimer Hospital v
Multilateral Motor Vehicle Accident Fund
[1998] ZASCA 27
;
1998 (3) SA 213
SCA op p. 218 I.
Volgens dr Sonja Prinsloo se
berekenings, wat konserwatief gedoen is, is die toekomstige
psigatriese en sielkundige onkoste van
die eiser beraam op R321
200,00.
Dit
is nie namens die verweerder aan die hand gedoen dat hierdie uitgawe
buitensporig is nie en ook nie aan die hand gedoen dat
die bedrag nie
aan die eiser toegestaan moet word nie.
Namens die
verweerder is toegegee dat koste van die geding aan die eiser
toegeken moet word insluitende kwalifiserende uitgawes
van die
deskundige getuies, indien enige. Dit is gemeensaak dat tot op die
stadium wat die verweerder die meriete toegegee het,
die eiser
gebruik gemaak het van die dienste van twee advokate. Na die
toegewing op die meriete het mnr
Pretorius
alleen sonder sy junior voortgegaan. Hy doen aan die hand dat koste
van twee advokate geregverdig is, waar gebruik. Die verweerder
is
deurentyd deur twee advokate verteenwoordig. Mnr
Wessels
het aan die hand gedoen dat die eiser nie geregtig is op die koste
van die tweede advokaat waar hy by die voorbereiding van die
saak op
die meriete betrokke was nie. Hierdie saak was van groot belang vir
die eiser en die onregmatigheid van sy arrestasie
was die grootste
geskilpunt in die aangeleentheid. Na my oordeel was dit ’n wyse en
’n versigtige besluit van die eiser om
op die meriete van die saak
van die dienste van twee advokate gebruik te maak.
Bygevolg maak ek die volgende bevel:
1. Die verweerder word gelas om die
eiser skadevergoeding van R724 715,50 te betaal.
2. Die verweerder
word gelas om die eiser se koste van geding te betaal
,
insluitende die koste van twee advokate op die meriete van die saak,
plus die kwalifiserende koste aangegaan deur dr Richard Holmes
en dr
Sonja Prinsloo, indien enige.
__________________________
J C H JANSEN
REGTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF