About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Eastern Cape High Court, Port Elizabeth
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Eastern Cape High Court, Port Elizabeth
>>
2009
>>
[2009] ZAECPEHC 1
|
|
S v Clifford (Bosch) and Others (CC62/04) [2009] ZAECPEHC 1 (3 March 2009)
FORM
A
FILING
SHEET FOR SOUTH EASTERN CAPE LOCAL DIVISION JUDGMENT
ECJ:
In
the mattaer between the
:
The
State
And
MAUREEN
CLIFFORD (BOSCH) Beskuldigde 1
DELENE
DE WIT (CONWAY) Beskuldigde 2
THELMA
VAN ROOYEN Beskuldigde 3
NIEL
TERBLANCHE Beskuldigde 4
OTTO
SWART Beskuldigde 5
GERHARDT
VISAGIE Beskuldigde 6
Registrar:
CC62/04
Magistrate:
High
Court:
SOUTH
EASTERN CAPE LOCAL DIVISION
DATE
HEARD: 01/12/2008 - 09/02/2009
DATE
DELIVERED: 03/03/2009
JUDGE(S):
KROON J
LEGAL
REPRESENTATIVES â
Appearances:
State(s): ADV:
Stander
Accused(s):
Accused no.
1 A
dv T Price
Accused no
2
A
dv
J van der Spuy
Accused no
3 A
dv W Jurgens
Accused no
4 Mnr N du Toit
Accused no
6 Adv J Wessels & Adv van Rooyen
Instructing
attorneys:
Applicant
(s):
Respondent(s):
CASE
INFORMATION -
Nature
of proceedings
:
Sentence
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(PORT
ELIZABETH)
SAAK
NR: CC 62/04
Datum
van verhoor
op vonnis:
1
Desember 2008 â 09 Februarie 2009
Datum
van vonnis: 3 Maart 2009
In die saak
tussen:
DIE STAAT
en
MAUREEN
CLIFFORD (BOSCH) Beskuldigde 1
DELENE
DE WIT (CONWAY) Beskuldigde 2
THELMA VAN
ROOYEN Beskuldigde 3
NIEL
TERBLANCHE Beskuldigde 4
OTTO
SWART Beskuldigde 5
GERHARDT
VISAGIE Beskuldigde 6
UITSPRAAK
OP VONNIS
KROON
R:
Mev Bosch,
mev Conway, mev van Rooyen, mnr Terblanche en mnr Visagie, julle is
elk op ân aanklag van bedrog skuldig bevind.
U, mev Bosch, is ook aan diefstal skuldig bevind. Dit is nou my
taak om op gepaste vonnisse wat julle opgelê moet word,
te
besluit. Oorweging moet aan al die tersaaklike
omstandighede
gegee word, sommige waarvan in jul guns
tel, en ander wat dan verswarend inwerk. Aan die einde van die dag
moet ek ân billike
balans tussen hulle probeer opmaak.
Vanselfsprekend is die taak ân onbenybare een en ek moet onmiddelik
beken dat dit my werklike
hoofbrekens besorg het.
Soos in die
hoofuitspraak gekonstateer ressorteer die skuldigbevinding aan bedrog
onder die toepaslike bepalings van Wet 105 van
1997 (âWet 105â).
A 51 van hierdie Wet maak voorsiening vir ân verpligte minimum
vonnis behalwe waar bepaalde omstandighede
teenwoordig is. Ek sal
later breedvoerig met hierdie aspek handel.
Op
hierdie stadium maak ek die volgende algemene
opmerkings
oor die Hof se banadering tot die
vasstelling van ân gepaste vonnis.
Die geykte
ben
adering is om drie breë oorwegings
in ag te neem, naamlik die welbekende triade (in
S
v Zinn
1969 (2) SA 537
(A) op 540G na
verwys) van die aard van die misdrywe gepleeg, die belange van die
gemeenskap en die veroordeelde as persoon, in
die besonder sy of haar
persoonlike
omstandighede. Sorg moet aan
die dag gelê word dat geen van die oorwegings oorbeklemtoon
word tot die ongeregverdigde nadeel
van die ander nie. Ook moet die
Hof, by die vasstelling van die vonnis, ân insigryke begrip vir die
veroordeelde se menslike
swakhede toon, asook enige ander relevante
versagtende omstandigheid, en hulle teen die boosheid van die daad
wat bestraf moet
word, weeg. Soos dit in
S
v Dzukuda and Others; S v Tshilo
[2000] ZACC 16
;
2000
(2) SACR 443
(CC) para [12] gestel is:
â
More particularly, in relation to sentencing in the
context of the present case, it seems to me that what the right to a
fair trial
requires, amongst other things, is a procedure which does
not prevent any factor which is relevant to the sentencing process
and
which could have a mitigating effect on the punishment to be
imposed, from being considered by the sentencing court. .....â
Tot die
mengsel moet ân verdere bestanddeel bygevoeg word, dié van
genade, die mate waarvan van die omstandighede van die
besondere saak
afhang.
In hierdie verband kan die
volgende gewysdes na verwys word. In
S
v V
1972 (3) SA 611
(A) op 614D het
Holmes
AR
hom soos volg uitgelaat:
â
Punishment
should fit the criminal as well as the crime, be fair to the accused
and to society, and be blended with a measure of
mercy; see
S
v Sparks and Steytler
(A.D.,
18 May 1972). The element of mercy, a hallmark of civilised and
enlightened administration, should not be overlooked, lest
the Court
be in danger of reducing itself to the plane of the criminal;
compare the remarks in
S
v De Bruyn en ân Ander
,
1968 (4) S.A. 498
(A.D.) at p 513D. True mercy has nothing in common
with soft weakness, or maudlin sympathy for the criminal, or
permissive tolerance.
It is an element of justice itself. As was
said by this Court in
S
v Harrison
,
1970
(3) S.A. 684
(A.D.) at p 686A: â
Justice
must be done; but mercy, not a sledge-hammer, is its concomitant.â
In
S
v Groenemeyer
1974 (2) SA 542
(K) op
544A-B verskyn die volgende:
â
Die howe is nie hier om wraak te neem nie..... Die
hof het genade ..... vir elke persoon wat voor hom verskyn. Daar kan
geen geregtigheid
wees sonder genade nie.â
In
S
v Sidyno
2001 (2) SACR 613
(T) op 615h
word weer eens beklemtoon dat straf deur genade getemper word sodat
voorkom word dat ân veroordeelde se hele toekoms
met ân voorhamer
vergruis word.
Straftoemeting
het verskeie fasette of oogmerke waarby ingesluit afsk
rikking
en voorkoming, rehabilitasie en hervorming, en, in gepaste gevalle,
vergelding. Weer eens moet gewaak word teen die oorbeklemtoning
van
een element tot die ongeregverdigde nadeel van ân ander. Daar
is gesag vir die stelling dat afskrikking histories die
mees
belangrikste aspek van straftoemeting is.
S
v Khumalo
[1984] ZASCA 30
;
1984 (3) SA 327
(A);
R
v Karg
1961 (1) SA 231
(A).
Afskrikking kan algemeen wees (dws op die algemene publiek gerig) of
individueel (dws op die veroordeelde gerig). Die mate
waarin
erkenning aan hierdie element verleen word, moet egter van die
omstandighede van die besondere saak afhang, en daarenteen
kan genoem
word dat die tendens in die jongste tyd al toenemend eerder is om die
elemente van rehabilitasie en hervorming op die
voorgrond te plaas.
In
Sidyno
op 615f is ook, met verwysing na die doelwit dat straf tot die
voorkoming van misdaad moet bydra, uitgewys dat ân gevaarlike
misdadiger van die gemeenskap weggehou moet word en dat ander
voornemende misdadigers afgeskrik moet word, maar dat uiteraard aan
hierdie doelwit perke gestel word; ân mens mag nie gestraf word
bloot ter wille van die effek wat dit op ander mag hê nie.
Soos dit meermale in ander sake gestel is: die veroordeelde moet nie
op die altar van afskrikking opgeoffer word nie. Kyk bv
S
v Webster
2007 (1) SACR 672
(E) para
[9]. Die element van vergelding geniet deesdae nie die belang van
vroeër jare nie en is dit in ân groot mate
op die agtergrond
geskuif. Waar gepas moet dit egter ân mate van erkenning geniet,
onderhewig daaraan dat, soos in
Sidyno
op 615d uitgewys is, onthou moet word dat vergelding nie op gewone
wraak moet neerkom nie en dat dit essensieel beteken dat die
straf
verband moet hou en gebalanseer moet word met die erns en aard van
die misdryf wat gepleeg is. ân Aansluitende oorweging
is die plig
van die Hof om te sorg dat die vonnis opgelê die geregverdigde,
maar behoorlik ingeligte, verontwaardiging van
regdenkende lede van
die gemeenskap jeens die misdrywe gepleeg, weerspieël, om te
verhoed dat die regspleging in diskrediet
verval.
Karg
op 236B. In hierdie verband moet egter
weer eens daarteen gewaak word dat die openbare mening slaafs
nagevolg word; die Hof moet
eerder die voortou neem en die openbare
mening leiding gee. Hy is nie daar om die openbare mening te
bevredig nie maar om die
openbare belang na te streef.
S
v Mhlakaza and Another
1997 (1) SACR
515
(SCA) op 518e.
Die volgende vonnisopsies was
tydens argument die onderwerp van debat:
â
n boete, met die
alternatief van gevangenisstraf;
gevangenisstraf, insluitende
gevangenissetting wat óf in sy geheel óf gedeeltelik
op gepaste voorwaardes opgeskort
word;
gevangenisstraf
ingevo
lge die bepalings van a 276(1)(i)
van die Strafproseswet 51 van 1977;
â
n
gemeenskapsgebaseerde vonnis in die vorm van korrektiewe toesig
ingevolge a 276(1)(h) van die Strafproseswet wat gemeenskapsdiens,
huisarres, opgeskorte gevangenisstraf en ander voorwaardes kan
behels. (Kyk a 52 (1) van die Wet op Korrektiewe Dienste 111
van
1998).
Ingevolge a
51(5) van Wet 105 waar ân hof
ân
minimum vonnis soos in a 51 beoog oplê is hy nie by magte om
die vonnis, of ân gedeelte daarvan, op te skort nie (met
uitsonderings wat nie huidig van toepassing is nie). Aan die ander
kant is opskorting wel geoorloof waar vanweë die teenwoordigheid
van die vereiste omstandighede ân mindere vonnis opgelê word.
Ingevolge a
276(3) van die Strafproseswet, soos huidig bewoord, kan die hof nie
ân vonnis ingevolge óf a 276(1)(h) óf
276(1)(i) oplê
waar a 51 van Wet 105 ân minimum vonnis voorskryf nie. Die
betrokke bewoording is egter by wyse van ân
wysiging deur a 5 van
Wet 22 van 2005 ingevoer wat op 11 Januarie 2006 in werking getree
het. Die wysiging is derhalwe nie van
toepassing in die huidige saak
wat oor ân misdryf in 2000 gepleeg gaan nie. Vgl
S
v Willemse
1999 (1) SACR 450
(C) op
454a-b en
S v Erasmus
1999
(1) SACR 93
(SE) op 98b, waar bevind is dat a 51 nie terugwerkende
krag het nie en is dus nie van toepassing op oortredings gepleeg voor
die
inwerkingtreding van die Wet. Kyk ook a 35(3)(n) van die
Grondwet.
Die eerste
opsie
vroeër
gemeld, die oplê van ân boete kan onmiddelik buite rekening
gelaat word. Ek volstaan deur op te merk dat ek geen twyfel
het dat
ân boetevonnis geensins van pas sou wees nie en dit is ook nie
ernstig deur enige van die regsverteenwoordigers bepleit
nie.
Dieselfde
opmerkings
geld ten opsigte van gevangenisstraf wat in sy geheel opgeskort word.
Gevangenisstraf,
wat ten mi
nste hoofsaaklik direkte
gevangenissetting behels, het noukeurige aandag geniet tydens beide
getuienislewering asook die betoë
op vonnis.
Dit staan v
as
dat menige gevalle voor die howe dien waar wat ookal die persoonlike
omstandighede
van
die veroordeelde mag wees en welke versagtende
omstandighede
ookal
teenwoordig mag wees, die aard en
erns van die misdryf gepleeg en die belange van die gemeenskap
dikteer dat die oplegging van direkte
gevangenisstraf eenvoudig nie
vermybaar is nie. In die geval van ernstige misdrywe verdien die
gemeenskap se gevoel van vergryp
en die doelwit van
afskrikking
aansienlike klem en dit is daardie doel
waarop gevangenisstraf in hoofsaak gemik is. Derhalwe, ondanks die
kommentaar in die opvolgende
paragrawe hieronder, behoort die hof nie
die moontlikheid van gevangenisstraf as vonnisopsie in ân gegewe
geval op oppervlakkerige
wyse uitsluit nie.
S
v Swart
2004 (2) SACR 370
(SCA) para
[14].
â
n Magdom
van getuienis, wat tydens betoog ingeroep is, is aan my voorgelê
betreffende die aard en effek van gevangenisstraf.
Vanselfsprekend
het gevangenissetting ân geweldige impak op die persoon wat dit
opgelê word. Va
ndaar die houding dat
strafbeleid bepaal dat gevangenisstraf spaarsaam en oordeelkundig op
besluit moet word, dat dit as ân
laaste uitweg beskou moet word en
gereserveer word tot gevalle waar daar werklik geen ander rasionele
alternatief is nie. (Kyk
bv
S v
Scheepers
1997 (2) SA 154
(A)). Die
redes daarvoor is voor-die-hand-liggend. In die eerste plek word die
veroordeelde van sy of haar vryheid ontneem, met
alles wat daardeur
behels word, wat, onnodig om te noem, op sigself ernstige inbreuk op
die persoon se lewe maak. Maar gevangennistraf
beteken veel meer as
bloot die verlies van vryheid. Die veroordeelde word daardeur aan
die gevangenismilieu onderwerp. Daarmee
is in detail tydens die
verrigtinge gehandel en dié waarna hieronder verwys word is
welbekend. By wyse van voorbeeld verwys
ek na die verlies van
privaatheid, die oorbevolking in die tronke van hierdie land (vernaam
in tronke waar manlike persone aangehou
word), die bende-aktiweiteite
wat plaasvind, die voortdurende gevaar van aanrandings en ander
intimidasie deur mede-aangehoudendes,
die voorkoms van Vigs, die
blootstelling aan die beskikbaarheid van dwelms, wat ân versoeking
daarstel vir persone wat noodwendig
vir kenbare tydperke ledig moet
sit, die blootstelling aan die invloed van verharde misdadigers, en
dies meer. Daar is ook ân
tekort aan sielkundiges, psigiaters en
welsynwerkers wat aan konsultasieprogramme kan deelneem. Die
aangehoudende word ook die
geleentheid ontneem om as nuttige lid van
die gemeenskap sy of haar bydrae tot die welvaart van die gemeenskap
te maak, die keersy
van die muntstuk synde dat daardie voordeel deur
die gemeenskap verloor word. Uiteraard, waar van toepassing, word
die aangehoudende
se naasbestaandes en afhanklikes benadeel, en dan
meer as in ân finansiële sin. Laastens, kan genoem word dat
gevangenisstraf
ten koste van die Staat, en derhalwe van die
gemeenskap, geskied. (Vgl oor die algemeen bv
S
v Holder
1979 (2) SA 70
(A) op 80D. Op
77H-78A is egter weer eens daarop gewys dat enige ernstige misdryf
gevangenisstraf ten gevolg kan hê en op
80D is gemaan dat ân
middelkoers gevolg moet word sodat uiterstes vermy word).
Die ander
vraag wat opduik gaan oor die rehabilitasiewaarde van tronkstraf. In
ân sin kan gesê word dat waar, by ân oorsig
van al die
tersaaklike oorwegings, direkte gevangenisstraf niks meer is dan die
verdiende loon van die veroordeelde nie, en dit
word só deur
die gevonnisde aanvaar, die uitdien daarvan ân rehabiliterende
effek op die persoon behoort te hê,
en hopelik sal dit, vernaam
waar hervormingsprogramme beskikbaar is en bygewoon word. Die
praktyk leer egter dat in menige gevalle
word daardie doel eenvoudig
nie verwesenlik nie. Statistiek toon aan dat die residivissyfer
onder veroordeeldes wat verplig is
om gevangenissetting te ondergaan
ongelukkig onaanvaarbaar hoog is. In wese is die doelwit van
langtermyn gevangenisstraf nie
rehabilitasie nie, maar eerder die
verwydering van die veroordeelde vanuit die gemeenskap ter beskerming
van die publiek. Maar,
by die vasstelling van die termyn moet ân
hof gedagtig wees aan die volgende opmerking in
S
v Khumalo
[1984] ZASCA 30
;
1984 (3) SA 327
(A) op 331D:
â
It
is the experience of prison administrators that unduly prolonged
imprisonment, far from
contributing towards reform, brings about the complete mental and
physical deterioration of the prisoner.â
Die
gevangenisstraf in a 276(1)(i) van die Strafproseswet na verwys word
in die artikel beskryf as dié wat deur die Kommissaris
van
Korrektiewe Dienste of ân paroolraad in korrektiewe toesig omskep
kan word (waarop die kommen
taar in die
opvolgende paragrawe hieronder van toepassing sou wees). Dié
gevangenisstraf kan slegs opgelê word waar
die hof van oordeel
is dat die misdryf die oplê van gevangenisstraf (met of sonder
die opsie van ân boete) vir ân tydperk
wat nie vyf jaar oorskry
nie regverdig (a 276A(2)(a)) en die straf kan derhalwe nie ân vaste
tydperk van vyf jaar oorskry nie
(a 276A(2)(b)). Hoewel die maksimum
tydperk waarvoor voorsiening gemaak word aandui dat die straf in
betreklik ernstige gevalle
van pas kan wees, is in
S
v Scheepers
2006 (1) SACR 72
(SCA)
uitgewys dat die artikel oorweeg moet word waar besluit word dat ân
bewaringsvonnis aangewese is maar die aard van die
oortreding aandui
dat gevangenissetting vir ân lang tydperk nie nodig is nie; die
artikel versag ân vonnis van gevangenisstraf
in ân aansienlike
mate deur die
vroeër
vrylating van die veroordeelde op gepaste voorwaardes toe te laat.
Aangeneem kan word dat omskepping slegs oorweeg sou word onder
andere
waar die gevangene hom of haar in die gevangenis goed gedra het en
aangetoon dat sy of haar rehabilitasie kenbaar gevorder
het en waar
hy of sy andersins ân geskikte persoon is om aan korrektiewe toesig
onderwerp te word. Dermate hou hierdie vonnisopsie
hopelik die
voordeel in dat die moontlikheid van omskepping die gevangene sal
aanspoor om sy of haar kant by te bring wat rehabilitasie
aanbetref.
Korrektiewe
toesig verskil van ander strafvorms en is daarop gemik om ân leemte
aan te vul wat wêreldwyd ondervind is.
Daar is ân gaping
tussen gevangenisstraf, ân besondere swaar vorm van straf, aan die
eenkant, en aan die anderkant, tradisionele
vorms van
nie-bewaringstraf wat telkens ontoereikend is om die doelwitte van
straftoemeting te behaal, en korrektiewe toesig kan
die gaping
aanvul. In
S v Omar
1993 (2) SASV 5 (K) op 15hâi is soos volg verklaar:
â
One
of the important objectives of the correctional supervision sentence
is the imposition
of a
sentence which, because of the extent to which it deprives the
accused of his or her liberty, is sufficiently severe, and is
seen by
society to be sufficiently severe, to meet the deterrent and
retributive needs of society but, at the same time, is a
sentence
which will not disrupt the accusedâs employment and family life or
endanger her or his prospects of rehabilitation or
subject him or her
to the potentially harmful consequences of the prison environment.
These latter considerations are also important
from societyâs
point of view.â
Kyk ook
S
v Maluleka
2008 (1) SACR 49
(T) paras
[33] en [34] wat as volg lui:
â
But
on the other hand restorative justice, properly considered and
applied, may make a significant contribution in combating recidivism
by encouraging offenders to take responsibility for their actions and
assist the process of their ultimate reintegration into society
thereby.
In
addition, restorative justice, seen in the context of an innovative
approach
to sentencing, may become an important tool in reconciling the victim
and the offender, and the community and the offender.
It may provide
a whole range of supple alternatives to imprisonment. This would ease
the burden on our overcrowded correctional
institutions.â
Ingevolge a
276A(
1) is ân voorvereiste vir oorweging
van korrektiewe toesig as vonnisopsie die voorlegging aan die hof
van ân verslag soos in
die artikel voorgeskryf (waaraan in die
geval van elk van julle voldoen is) en korrektiewe toesig kan
uiteraard slegs oorweeg
word waar die eerste vraag wat opduik
bevestigend beantwoord word, naamlik of die betrokke veroordeelde ân
geskikte kandidaat
vir hierdie vonnisopsie is.
In hierdie
ver
band kan genoem word dat die
ondervinding van hierdie Hof is dat korrektiewe toesig beamptes
telkens die houding inneem dat waar
die veroordeelde geensins
verantwoordelikheid vir die optrede waaraan hy of sy skuldig bevind
is aanvaar nie of geen berou toon
nie of nie insig in die erns van
die betrokke misdryf openbaar nie, hy of sy nie as ân geskikte
kandidaat vir korrektiewe toesig
beskou kan word nie. Vermoedelik is
dit die standpunt dat in sulke omstandighede die rehabilitasie wat
onder andere die oogmerk
van korrektiewe toesig is nie geredelik
haalbaar is nie. Ek het ân mate van begrip vir hierdie benadering
maar ek sou onmiddelik
byvoeg dat na my oordeel is aanvaarding van
kriminele aanspreeklikheid in die sin dat die persoon erken dat hy of
sy korrek skuldig
bevind is, daarin insig het en daarvoor berou toon
nie ân onontbeerlike voorvereiste vir die oplê van
korrektiewe toesig
is nie, en ander faktore kan aandui dat die
persoon tóg ân geskikte kandidaat vir hierdie vonnisopsie
is. (Vgl
S v V
1996 (2) SASV 133 (T)). Die voorgeskrewe verslag of verslae moet
derhalwe aandui dat die veroordeelde ge-evalueer is en waarom
hy of
sy by die besondere straf sal baat, hoe dit sy naasbestaandes sal
raak en deur die gemeenskap en ook die gegriefde klaer
ervaar sal
word. Uiteraard moet ook met die
beskikbare
fasiliteite en die omskrywing van die toesig wat voorgehou word
gehandel word.
S v Croukamp
1993 (1) SASV 439 (T) op 443b;
V supra
op 138A.
In
teenstelling met gevangenissetting het korrekti
ewe
toesig onder andere die volgende voordele (kyk
S
v Volkwyn
1995 (1) SACR 286
(A) op 288i
-289c):
D
ie
proeweling kan beter die voordeel trek van die normaliserende
invloede van die gemeenskap;
H
y
of sy word nie aan die negatiewe invloede van verharde misdadigers
en die gevangenis-subkultuur blootgestel nie;
D
ie
rehabilitasieproses vind binne die gemeenskap plaas waar die beste
resultate behaal kan word;
D
it
is ân meer lonende opsie;
D
aar
is minder druk op beskikbare tronkakkomodasie;
D
ie
isolerende effek en stigma van gevangenissetting word vermy;
I
n
ân groot mate word die negatiewe resultate van gevangenissetting
uitgeskakel, soos bv verlies van self-respek, verlies van
inkomste
en die daaropvolgende
onvermoë
om
afhanklikes te onderhou, en die verbrokkeling van die familielewe.
Kyk ook
S
v Kelly
1993 (2) SACR 492
(A) en die
saak van
M
,
later in hierdie
uitspraak
meer breedvoerig bespreek, waar die volgende in para [62] verskyn:
â
Another
advantage of correctional supervision is that it keeps open the
option of restorative justice in a way that imprisonment
cannot do.
Central to the notion of restorative justice is the recognition of
the community rather than the criminal-justice agencies
as the prime
site of crime control. Thus, our courts have observed that one of its
strengths is that it rehabilitates the offender
within the community,
See
too Pinnock What kind of Justice? University of Cape Town, Institute
of Criminology Occasional Paper Series 4-95 (1995),
http://web.uct.ac.za/depts/sjrp/publicat/whatknd.htm,
accessed on 16
August 2007; Maepa (ed) Beyond Retribution: Prospects for Restorative
Justice in South Africa Institute for Security
Studies
Monographs/No111/Chap2.htm at ch 2 where Batley points out that
although there are anumber of definitions of restorative
justice,
they all contain the following three principles: (1) crime is seen as
something that causes injuries to victims, offenders
and communities
and it is in the spirit of ubuntu that the criminal-justice process
should seek the healing of breaches; (2) the
redressing of imbalances
and the restoration of broken relationships; and (3) not only
government, but victims, offenders and their
communities should be
actively involved in the criminal-justice process at the earliest
point and to the maximum extent possible;
and the community is
responsible for establishing peace. [See also
http://www.iss.co.za/index.php?link_id=24&slink_id=1843&link_type=12&slink_type=12&slink_type=12&tmpl_id=3-Eds.]
without
the negative impact of prison and destruction of the family. It is
geared to punish and rehabilitate the offender within
the community
leaving his or her work and domestic routines intact, and without the
negative influences of prison.â
Hoewel,
ingevolge a 276A, korrektiewe toesig slegs vir ân vaste tydperk wat
nie drie jaar
oorskry nie opgelê kan
word kan dit ook só ingeklee word dat dit werklike straf
daarstel.
S v R
1993
(1) SACR 209
(A). Soos in
S v Kotze
1994 (2) SACR 214
(O) op 227b-c opgemerk is: enige konsepsie dat
korrektiewe toesig, met of sonder gemeenskapsdiens, ân â
soft
option
â is is heeltemaal ongegrond
(met verwysing uiteraard na ân behoorlik geformuleerde korrektiewe
toesig vonnis). Dit word derhalwe
nie vir slegs minder ernstige
oortredings voorbehou nie, maar moet ook oorweeg word â
in
serious cases where a non-custodial sentence would not bring the
judicial system into discredit in the community
â
(
S v Abrahams
1990 (1) SACR 172
(C)) of waar straf sonder die verwydering van die
persoon vanuit die gemeenskap aangewese is (
S
v Ingram
1995 (1) SACR 1
(A) op 9e-f).
Daar sal
egter gevalle wees waar die belange van die gemeenskap nie voldoende
beskerm word deur onmiddelike korrektiewe toesig
nie. In so ân geval kan die hof a 276(1)(i) toepas.
S
v Erasmus
1999 (1) SACR 93
(E) op
99f-h. Ook is in
S v Schutte
1995 (1) SACR (C) op 350 gemaan dat:
â
......
courts should be cautious not to debase the coinage of correctional
supervision as a form of punishment ..... if it is used
indiscriminately it
will soon forfeit its credibilityâ.
Die bepalings
van Wet 105 word nou bespreek. Met dié wetgewing het die
wetgewer dit goed geag om bepaalde minimum vonnisse
vir verskeie
ernstige misdade voor te skryf. Kla
arblyklik
was dit die wetgewer se bedoeling om die voorkomssyfer van die
betrokke misdrywe meer effektief na te streef. Daar is
reeds in die
hoofuitspraak gekonstateer dat die bedrog waaraan julle skuldig
bevind is binne die trefwydte van a 51(2) van die
Wet saamgelees met
paragrawe (a) en (b) van deel II van Skedule 2 daarvan onder die
opskrif: bedrog, ressorteer, en wel op grond
daarvan onderskeidelik
dat bedrae meer as R500 000,00 by die bedrog betrek is en dat bedrae
meer as R100 000,00 betrek is en waar
bewys is dat die misdryf deur
ân persoon of persone gepleeg is ter uitvoering of bevordering van
ân gemeenskaplike oogmerk
of sameswering. Die voorgeskrewe minimum
vonnis vir die misdryf is dan 15 jaar gevangenisstraf in die geval
van ân eerste oortreder.
Die bepalings
van a 51(2) is egter onderhewig aan onder andere die bepalings van
subartikel (3). Subartikel (3)(a) bepaal dat waar
die hof tevrede is
dat wesenlike en dwingende omstandighede teenwoordig is wat ân
vonnis minder dan die voorgeskrewe minimum
vonnis regverdig, beskik
die hof, na aantekening van sodanige omstandighede, oor ân
diskressie om sodanige mindere vonnis op
te lê.
Die begrip
wesenlike en dwingende omstandighede het sedert die inwerkingtreding
van die Wet meermale die aandag van die howe geniet,
ook beide die
Hoogste Hof van Appél en die Konstitutionele Hof. Die
beginsels wat uitgekristalliseer het kan soos volg
saamgevat word.
By beantwoording van die vraag of wesenlike en dwingende
omstandighede teenwoordig is moet die hof al die omstandighede
van
die saak in ag neem, insluitende al die
oorwegings
wat tradisioneel deur die howe by die vasstelling van ân gepaste
vonnis in ag geneem word. Dit volg derhalwe dat om
as wesenlik en
dwingend te kwalifiseer hoef die omstandighede nie buitengewoon te
wees nie in die sin dat hulle selde teëgekom
word, nóg is
die omstandighede beperk tot dié wat die morele
verwytbaarheid van die veroordeelde verminder nie.
Oor die algemeen
was dit egter die wetgewer se bedoeling om voorsiening te maak vir ân
skerp gestandaardiseerde en konsekwente
respons vanaf die howe, tensy
werklik oortuigende redes bestaan, wat só waarneembaar is, vir
ân ander respons. Met ander
woorde, die voorgeskrewe minimum
vonnisse moet oor die algemeen as die gepaste vonnisse vir die
betrokke misdrywe beskou word en
daarvan moet nie afgewyk word sonder
gewigtige regverdiging daarvoor nie (anders gestel: â
the
sentence that should
ordinarily
be imposed in the absence of weighty justification
â
vir ân mindere vonnis). Indien die hof, by ân oorsig van al die
omstandighede, tevrede is dat die voorgeskrewe minimum
vonnis ân
onreg tot gevolg sou hê, is hy geregtig om die omstandighede
as wesenlik en dwingend te kategoriseer (anders
gestel: â
any
circumstances that would render the prescribed sentence
disproportionate to the offence would constitute weighty
justification
for a lesser sentence
â).
In daardie geval is nóg die minimum vonnis nóg enige
ander vonnis verpligtend. Die vasstelling van die vonnis
berus dan
binne die diskressie van die hof, onderhewig daaraan dat die hof
verplig is om kennis te neem van die wetgewer se begeerte
dat
strenger straf as dié wat in die verlede as paslik beskou sou
gewees het, vasgestel moet word. Soos dit in
S
v Abrahams
2002 (1) SACR 116
(SCA)
gestel is:
â
As
to the
imposition of
sentence under the provisions of the
Criminal Law Amendment Act 105
of 1997
it was clear that the Court
a
quo
considered
that, having found substantial and compelling circumstances, it was
at liberty to impose a sentence consonant with those
applied before
the Act came into force - hence the sentence one year lighter than
that in
S v B
.
That approach was incorrect as the prescribed sentences the Act
contained played a dual role in the sentencing process. Where
factors of substance do not compel the conclusion that the
application of the prescribed sentence would be unjust, that sentence
has to be imposed. However, even where such factors were present, the
sentences the Act prescribed created a legislative standard
that
weighed upon the exercise of the sentencing courtâs discretion.
This entailed sentences for the scheduled crimes that were
consistently heavier than before.â
Ek gaan nou oor om die misdrywe
waaraan julle skuldig bevind is, en die gemeenskap se belang daarby,
te bespreek.
Dat bedrog op
sigself as ân ernstige misdaad aangemerk moet word, is nou eenmaal
so. Die reg wat elke lid van die gemeenskap
het, en waarby die
gemeenskap as geheel ân belang het, om kommersiële transaksies
aan te gaan sonder die
risiko dat die ander
kontrakterende party hom aan bedrog rakende die transaksie skuldig
maak, is ân reg waarop die howe baie jaloers
is. Die gemeenskap
het verder ân belang daarby dat aanvaar kan word dat die bankwese
in die land ingevolge normale bankpraktyk
bestuur word. Dít
is ân houding wat uitbasuin moet word. Dit moet ondubbelsinnig by
julle, asook andere wat eendersdenkend
mag wees, tuisgebring word dat
bedrieglike optrede eenvoudig nie geduld sal word nie. Die
beskerming deur die howe van die gemeenskap
teen sulke optrede dra by
tot die ekonomiese vooruitgang van die gemeenskap as geheel. Vgl
Zinn
op
539D-540C. Kyk ook
S v Kwatsha
2004
(2) SACR 564
(E);
S v Sadler
2000 (1) SACR 331
(SCA).
Die pleeg van
die misdaad is met ver
skeie verswarende
omstandighede gepaardgegaan. Eerstens, hoewel, soos later bespreek
sal word, die onderskeie rolle wat julle in
die pleeg van die misdaad
gespeel het verskil het, kan tereg aangemerk word dat in die geval
van elk van julle daar nie sprake
daarvan is dat op die ingewing van
die oomblik gehandel is nie; inteendeel, dit was in iedere geval ân
saak van volgehoue en
berekende optrede oor ân uitgerekte tydperk,
waartydens daar ruim geleentheid vir besinning was.
Desnieteenstaande het julle
in jul onderskeie optrede volhard. Deur
jul misleiding van beleggers oor die finansiële welvaart van
Usapho, waartoe die
misleiding van ABSA oor die wyse waarop Usapho se
bankrekening gehanteer word en sou word bygedra het, het julle beide
die
beleggers
asook ABSA op bedrieglike wyse ernstige skade of potensiele skade
berokken.
Ten tweede,
soos adv
Stander
,
namens die Staat, heel tereg beklemtoon het is die erns van die
misdryf verswaar deur die omvang van die totale bedrag wat deur
beleggers (honderde en honderde in getal) verloor is, en wel in die
omgewing van R150 000 000,00. Ek verloor nie uit die oog
nie dat die
kapitaal wat deur
beleggers
verloor is ietwat minder was en dat ân kenbare gedeelte van die
totale verlies deur die wanbetaling van rente daargestel is
(welke
rente teen werklike hoë koerse bereken is). Feit bly staan dat
die rente die beleggers toegekom het en is dié
deur hulle
verloor. Hul verlies word deur ân enorme bedrag verteenwoordig.
In hierdie
verband is die volgende oorweging deur van die regsverteenwoordigers
aan my egter voorgehou. Daar is uitgewys dat,
as synde versagtende
omstandighede, van die slagoffers welgestelde, inderdaad ryk, mense
was wat bloot op soek na buitengewone
winste was, en dat
geldgierigheid of hebsug ân belangrike stuwende krag was agter hul
besluit om sake met Usapho te doen. Dit
mag wel so wees maar gesien
die feit dat dit Usapho was wat, benewens die gee van ondubbelsinnige
valse gerusstellings dat ân
belegging by hom veilig was, die
verhoogde rente aangebied het en wel met die oogmerk om beleggings
uit te lok en daardeur menslike
swakhede uitgebuit het (wat
aanleiding tot die verliese van die
beleggers
gegee het) moet enige versagtende effek van
die punt wat ingeroep is nie beklemtoon word nie. Daarbenewens is
die keersy van die
muntstuk ook dat daar heelwat beleggers was wat
pensionarisse of afgetredenes was wat hul pensioengeld of
aftreepakkette verbeur
het of ander persone was wat bloot hul karige
heenkomes wou aanvul.
Die verdere
oorweg
ing aan verdedigingskant ingeroep was
twee-ledig van aard. Daar is naamlik genoem dat heelwat van die
beleggers geen verliese
hoegenaamd gely het nie (en inteendeel met
hul
beleggings
aansienlik gewen het) en dat in die geval van ander beleggers wat
gedurende die jare voor 2000 sake met Usapho begin doen het
openbaar
die rekenkunde dat aan die einde van die dag hulle tog ân wins uit
hul totale beleggings by Usapho ontvang het, hoewel
met die val van
Usapho geld nog aan hulle geskuld was wat verloor is. Weer eens is
ek egter van oordeel dat enige versagtende
effek van hierdie
oorweging nie oorbeklemtoning verdien nie.
Ten derde, is
dit gemeensaak dat sogenaamde â
witboordjie
â misdaad
â aan die toeneem is en
dit is ân verdere verswarende omstandigheid. Uiteraard, sou dit
verkeerd wees om ân veroordeelde
die sondebok vir die optrede van
vorige oortreders te maak en die voorkomssyfer van ân besondere
misdaad kan nie ân ongeregverdigde
straf op ân huidige oortreder
fundeer nie. Dit gesê, sluit hierdie aspek aan by my
vroeër
opmerkings oor die nodigheid dat die vonnis opgelê die nodige
afskrikking
daarstel.
In hierdie verband haal ek as voorbeeld aan die volgende passasies
in die verhoorhof se uitspraak op vonnis waaraan die
Appélhof
in
S v Blank
1995 (1) SACR 62
(A) sy goedkeuring aangeheg het (kyk bl 79):
Op 73
a:
â
I
am aware of the fact, and take judicial notice of it, that so-called
âwhite collar crimeâ is on the increase in South Africa
;
and that it has taken on such proportions that a special task force,
the Office of Serious Economic Offences, has been set up
to combat
it.â
Op 73
c:
â
In
view of all these facts, I feel fully justified in imposing a
sentence which will deter not only the accused and other stockbrokers
from committing crimes similar to those of which the accused has been
convicted, but also others involved in business who may be
tempted to
indulge in large
r-scale
crimes of dishonesty. The time has already arrived when the severity
of punishments imposed for this sort of crime while
of course taking
the personal circumstances of a particular accused into account,
should proclaim that society has had enough
and that the courts, who
are the mouthpiece of society, will not tolerate such crimes and will
severely punish offenders: cf
S
v Zinn
1969 (2) SA
537
(A) at 542D-E.â
Ten vierde,
ân aspek wat u,
mnr Terblanche, en u, mnr
Visagie, raak, is dat julle jeens ABSA in ân vertrouensposisie
gestaan het en daarvan het julle misbruik
gemaak. In
S
v Guntenhöner
1990 (1) SACR 642
(W) op 648i verskyn die volgende passasie:
â
Corrupt bank
officials, and more so those in managerial positions, strike at the
root of a bank's function. Bank officials, and
particularly those
clothed with functions of importance, should be warned of the
consequences of betraying the trust placed in
them and of performing
corrupt practices. They work with confidential material. They work
with very large sums of money. The punishment
in this case should
serve as a warning to bank officials who might be minded to succumb
to temptation, not to betray this trust.
The punishment should serve
as a strong deterrent. It should fit the criminal as well as the
crime.â
In
S
v Prinsloo
1998 (2) SACR 669
(W) op
671g-h is soos volg verklaar:
â
In the world of commerce employers are compelled to
place trust in their employees. It is not possible for them to
conduct all
the business of their concerns themselves. .....No
alternative remains to them but to repose confidence in their
employees and
where an employee breaches that trust his conduct must
in my opinion be heavily penalisedâ.
Weliswaar is
die erns van die bedrog wat teenoor ABSA gepleeg is deur die
versagtende omstandighe
id dat aan die
einde van die dag die bank geen geldelike verlies gely het nie,
getemper. Beklemtoon moet word egter dat, soos in
die hoofuitspraak
bevind is, die bedrog teenoor ABSA ân integrale komponent uitgemaak
het van die optrede wat die bedrog teenoor
die beleggers daargestel
het.
Die verdere
misdryf waara
an u, mev Bosch, skuldig
bevind is, die diefstal van R30 000,00 by die klaer Simpson, was ook,
onnodig om te sê, ernstig van
aard, waaroor ek nie hoef uit te
brei nie.
Die soeklig
moet nou op jul persoonlike omstandighede geplaas word.
In hierdie verband word genoem dat korrektiewe dienste en
welsynbeampte
verslae
ten opsigte van julle aan my voorgelê is, en ten opsigte van
drie van julle is die verslae van deskundige getuies
ook in
getuienis
aangebied, welke deskundiges ook tydens die
vonnisverrigtinge getuig het. Ook het elk van julle relevante
getuienis
gegee
(óf mondelings óf by wyse van beëdigde
verklarings) toe aansoek om verlenging van borg na die
skuldigbevinding
gedoen is en u, mev Bosch, en u, mev van Rooyen,
het ook self ter versagting getuig en relevante
getuienis
gegee.
Hoewel ek
hieronder
onderskeidelik met jul ander
persoonlike omstandighede seriatim handel, kan drie faktore, wat
julle almal met mekaar gemeen het,
eers genoem word.
Die eerste
faktor is die feit dat elk van julle eerste oortreders is met geen
vorige veroordelings op jul kerfstokke nie. Om klaarblyklike
redes
word in ons regspleging hierdie faktor waarlik as ân betekenisvolle
versagtende omstandigheid aangemerk, en in ons regspraak
is daar ân
volheid beslissings wat daardie benadering onderstreep. In die
normale gang van sake word veroordeeldes wat hul oortredings
herhaal,
en wat derhalwe nie hul les geleer het nie, deur die howe meer streng
behandel. Dit is veral in die geval van eerste
oortreders waar die
howe aandag gee aan die beginsel dat waar enigsins moontlik direkte
gevangenissetting as vonnisopsie vermy
moet word.
Die tweede
aspek wat tydens betoog voorgehou is is ân aansluitende een,
naamlik dat nie een van julle gedurende die afgelope agt
jaar, dit is
sedert die gebeure gedurende 2000, wat die onderwerp van die klagtes
teen julle uitgemaak het, weer enige oortredi
ng
van die wet begaan het nie. Weliswaar is dit so, soos adv
Stander
uitgewys het, dat in die betrokke agt jaar julle julle nie in
soortgelyke omstandighede bevind het soos dié wat in 2000
geheers het nie. Maar die advokaat se verdere submissie, dat daar
derhalwe nie die geleentheid vir ân herhaling van julle oortreding
was nie en gevolglik dat die betoog namens julle niks om die lyf het
nie, kan nie gehandhaaf word nie. Dié submissie sou
slegs
betrekking hê op ân identiese, of ten minste soortgelyke,
oortreding. Feit bly staan dat elk van julle ân skoon
paadjie oor
die laaste agt jaar geloop het en na my oordeel moet daardie feit
asân versagtende omstandigheid aangemerk word.
Die derde
aspek het ook betrekking op geme
lde tydperk
van agt jaar. Ek verwys hier na die feit dat die klagte van bedrog
ân swaard was wat oor julle koppe gehang het.
Daar was
getuienis
dat reeds kort na die val van Usapho daar
sprake daarvan was dat julle arresteer gaan word. Aansluitend daarby
is die feit dat
julle ân werklik uitgerekte verhoor moes deurmaak â
met tussenpose tussenin oor ân tydperk van langer as vier jaar.
Die
aansienlike ontwrigting van persoonlike lewens en die spanning en
emosionele trauma wat uiteraard uit so ân verhoor voortvloei
moet
weer eens as ân versagtende omstandigheid, en ân gewigtige een,
aangemerk word. Ter aanvulling daarvan moet ook genoem
word dat,
soos tydens argument van melding gemaak is, gedurende die tydperk wat
die verhoor aan die gang was julle gedurigdeur
ongunstige persberigte
moes verduur. Vernaam u, mev Bosch, is gereeld in die pers aan die
kaak gestel en beskrywings soos bv â
disgraced
investment queen
â was aan die orde
van die dag.
Wat u ander
persoonlike omstandighede aanbetref, mev Bosch, kan as volg opgemerk
word. U is huidig 65 jaar oud, wat ân gevorderde
leeftyd
verteenwoordig. U gesondheid is nie na wense nie en
getuienis
is voor my geplaas dat u medisyne moet
neem vir onder andere stres, depressie, slaapprobleme, hoë
bloeddruk en suikersiekte.
Tydens u skooljare het u familie dit nie
breed gehad nie en het u groot geword in ân woongebied wat deur
armoedige sosio-ekonomiese
toestande gekenmerk was. Die familie was
egter in hoofsaak ân aaneengeslote een, hoewel die verhouding
tussen u en u moeder
nie heeltemaal gevlot het nie. U het slegs tot
Std 6 (huidig Graad 8) op skool gevorder. Ek is meegedeel dat u
dislekties is
en dat u op gemelde
vroeë
stadium die skool verlaat het omdat u akademies gesukkel het.
Desondanks het u verskeie werksgeleenthede benut (wat u van tyd
tot
tyd gewissel het omrede u beter vooruitsigte in ander geleenthede
gevind het) totdat u die besigheid begin het wat later deur
Usapho
bedryf is. Dermate was u ân nuttige lid van die gemeenskap.
Genoem kan word ook dat luidens die
getuienis
was gemelde besigheid aanvanklik hoogs
suksesvol. U het die eerste keer in die huwelik getree toe u 17
jaar oud was. Die huwelik
was egter nie ân gelukkige een nie en is
u deur u man aan verbale, fisiese, emosienele en psigologiese
mishandeling onderwerp,
wat die hoofsaaklike rede was waarom die
huwelik gedurende 1982 tot niet is. Tien jaar later is u met mnr
Clifford getroud en
hierdie huwelik was ân gelukkige en stabiele
een en het u u verlore selfagting herwin. Mnr Clifford is gedurende
2002 oorlede.
Daarna het u weer met mnr Bosch in die huwelik getree
toe hy 96 jaar oud was en weer eens was die huwelik ân liefdevolle
een.
Mnr Bosch is egter ân paar jaar daarna oorlede. Ongeveer 14
maande gelede het u na Oos-London verhuis en u woon nou in die huis
van ân sekere mnr Kapps wie sieklik is en wie deur u versorg word,
met gratis blyplek vir u as teenprestasie. U huidige inkomste
is
maar bra karig en bestaan uit ân pensioen van R4 780,00 per maand
vanaf mnr Clifford se voormalige werkgewer en een van R1
600,00 per
maand vanaf mnr Bosch se voormalige werkgewer. U het ook ander
familielede verloor, naamlik u dogter, mev Pieterse,
wie kort na die
val van Usapho self-moord gepleeg het en ân ander dogter, Mandy
Honiball, wie in ân motorongeluk gedurende
Junie 2000 omgekom het,
asook ân kleinkind wat verdrink het. U en mev Conway dra by tot
die versorging van u vyf kleinkinders.
Ook was die afsterwe van u
vader ân traumatiese knou vir u wat u moeilik verwerk het. Hoewel u
ân lid van die Nederduitse
Gereformeerde Kerk is en ook ân ander
kerk van tyd tot tyd besoek woon u nie ere-dienste by nie. U het
gedurende 1991 begin
alkohol gereeld gebruik en gedurende die jare
2000 tot 2001 het u misbruik daarvan gemaak. U het egter gedurende
2002 opgehou
om alkohol te misbruik. Die verhoor het ook aanleiding
tot vervreemding tussen u en u sibbe gegee.
Opsommenderwys
moes u in u lewe verskeie gebeure deurmaak ten opsigte waarvan gesê
kan word dat die noodlot u nie met genade behandel het
nie.
Luidens die
verslag van mnr Heilbron, ân welsynbeampte, en u het ook so getuig,
is dit u houding dat hoewel u die uitspraak van
hierdie Hof
waarvolgens u skuldig bevind is respekteer, aanvaar u nie dat u u aan
bedrog skuldig gemaak het nie. Inteendeel, hoewel
u aanvaar dat u
Usapho se besigheid wanbestuur het (wat u toeskryf aan u misbruik van
alkohol en die feit dat u die verlies van
geliefdes moes verwerk)
plaas u die werklike blaam vir die ineenstorting van Usapho en u
skuldigbevinding voor die deur van personeel
wat, so beweer u, by
onreëlmatighede in die besigheid betrokke geraak het. Hierdie
standpunt strook egter eenvoudig nie met
die bevindings in die
hoofuitspraak vervat nie. U het ook aan mnr Heilbron voorgehou dat
u jammer voel vir die
beleggers
wat geld by Usapho verloor het en dat sou u daartoe in staat gewees
het u hulle vir hul verliese sou vergoed. Gesien die feit
dat daar
net nie enige sprake van vergoeding kan wees nie, en u houding
teenoor u skuldigbevinding, moet hierdie stelling deur
u as geveins
aangemerk word. Wat betref die diefstal aanklag het u toe u ter
versagting getuig het bloot beweer dat u nie die
voorval kan onthou
nie. Dié stelling het ek egter reeds in die hoofuitspraak
verwerp. Van opregte berou aan u kant is
daar derhalwe geen sprake
nie. Dít word nie as ân verswarende omstandigheid beskou
nie, bloot dat versagting in die vorm
van berou afwesig is.
U, mev
Conway, is huidig 35 jaar oud. Uit u eerste huwelik met mnr de Wit
is twee kinders gebore, Teneal, ân dogter wat tans
12 jaar oud is
en Charel, ân seun tans 9 jaar oud. Ek sal later breedvoerig met
die omstandighede van die kinders handel vir
sover dié
oorweging die
vasstelling
van
ân gepaste vonnis raak wat u opgelê moet word. Ek het reeds
vroeër
toe
ek die persoonlike omstandighede van u moeder geskets het, na die
hoogs ongelukkige huwelik tussen u ouers verwys, wat hoofsaaklik
aan
u vader se aggressiewe houding te wyte was. Die egskeiding tussen u
ouers het plaasgevind toe u nege jaar oud was. U was
derhalwe van ân
gebroke huis afkomstig. Aanvanklik is u saam met die twee jongste
van u vier sibbes in u vader se sorg geplaas
terwyl u twee oudste
susters, dié wat nou oorlede is, by u moeder gewoon het.
Later is u en u jongste suster met u moeder
herenig, u op 11-jarige
ouderdom. Die verhouding tussen u en u vader was ân swak een en u
het geen gebondenheid daarin ervaar
nie. Hy was ân onbetrokke ouer
wat u nooit bygestaan het met skoolwerk of ander aktiwiteite nie.
Hy het self op ân dag die
gesin na die hawe geneem en gedreig om
die gesin te vergas. Ook u moeder het u as ân emosioneel
onbetrokke ouer ervaar en haar
emosionele ondersteuning as
ontoereikend beleef. Sy was inderdaad in u oë, en dié
van andere, ân selfgesentreerde,
dominerende en voorskriftelike
persoon. U vormingsjare was derhalwe ân ongelukkige tydperk. Die
karaktertrekke van u moeder
so pas na verwys het voortgeduur nadat u
by Usapho begin werk het, en weer eens sal ek in ân ander samehang
daarna terugkeer.
Op 21-jarige ouderdom het u met mnr de Wit
getrou. Hoewel die huwelik aanvanklik gelukkig was het julle later
mekaar ontgroei,
en u het in ân buite-egtelike verhouding met u
huidige man, mnr Conway, betrokke geraak. Die egskeidingsverrigtinge
tussen u
en mnr de Wit het nie vlot verloop nie en was eers na ân
lang tydperk op 11 Junie 2002 gefinaliseer, nadat hulle deur baie
argumente
gekenmerk is. Gelukkig is dit alles nou iets van die
verlede en daar heers huidig ân baie goeie verhouding tussen julle
twee.
U tweede huwelik, met mnr Conway, is in Junie 2004 voltrek.
Geen kinders is uit hierdie verbintenis gebore nie. U het in 1990
by
ân plaaslike skool gematrikuleer waarna u die N4 diploma in
kommunikasie en rekenaars by ân tegniese kollege verwerf het.
Vir
vier jaar daarna het u administrasiewerk by eiendomsagentskappe
verrig en in 1996 het u by Usapho aangesluit waar u gewerk
het tot
die trust se ineenstorting in September 2000. Huidig is u nie
werksaam nie en in hoofsaak word u tyd bestee in die versorging
van
u twee kinders. U ontvang onderhoud vir die twee kinders vanaf hul
vader en u word verder deur u huidige man finansieel ondersteun.
U
is baie betrokke in u gemeenskap. U gee tans Sondagskool en
Kinderkerk by u kerkgemeente en volgens die leraar is u betrokkenheid
ân groot aanwins vir die gemeente en geniet u laasgenoemde se
ondersteuning en respek. U is ook reeds vir omtrent 2 ½
jaar
doenig as onbetaalde vrywilliger by AAA Haven waar u dienste en
lojaliteit hoog aangeskryf word. U kan derhalwe as ân nuttige
lid
van die gemeenskap beskryf word, in die verlede asook tans.
Wat die aspek
van berou aanbetref het mev Paxton, ân kliniese maatskaplike werker
wat u en u omstandighede ge-evalueer het, in
haar verslag
gekonstateer dat u verantwoordelikheid daarvoor aanvaar dat u wel
beleggers ingewin het om te belê en dat baie
beleggers groot
skade gely het as gevolg van u aandeel. U het aan haar voorgehou dat
in retrospeksie u besef dat u naïef
was om u moeder oor die
welvaart van Usapho so onvoorwaardelik te glo en dat daar definitief
waarskuwingstekens tot die teenoorgestelde
was soos gedishonoreerde
tjeks en oortrokke rekenings, wat u geïgnoreer het aangesien u
volle vertroue in u moeder se besigheidsvermoë
gehad het en vele
keer gesien hoe sy die besigheid uit sulke situasies gered het.
Beklemtoon moet word egter dat hierdie voorgehoue
gemoedstoestand
lynreg bots met die bevindings in die hoofuitspraak. Kortliks gestel,
is bevind dat u met subjektiewe bedrieglike
opset teenoor beleggers
asook ABSA opgetree het. Mev Paxton konstateer verder dat tydens
haar onderhoudsvoering met u u geverbaliseer
het dat u werklik berou
het oor die beleggers se verliese en dat sou dit binne u vermoë
wees u hulle graag daarvoor sou wil
vergoed. Ek volstaan deur te
konstateer dat in hierdie verband die opmerkings vroeër ten
opsigte van u moeder gemaak eweneens
mutatis
mutandis
op u van toepassing is. Dit volg dat ook in u geval bevind moet word
dat van opregte berou as ân versagtende omstandigheid
daar geen
sprake kan wees nie.
Ek keer nou
terug na ân oorweging van die belange van u twee kinders en hoe dié
geraak sou word afhangende van die vonnis
wat u opgelê word.
Die omstandighede van die kinders, en aanverwante aspekte, soos
weergegee in die verslag van mev Paxton
en in u eie
getuienis
,
sien soos volg daaruit. Die kinders is in u sorg en is u dus hul
primêre versorger. Hulle besoek hul vader elke tweede
naweek.
Hy en sy saamleefmaat bewoon ân drieslaapkamer meenthuis en word
die vader se maat ten volle deur u kinders aanvaar.
Mnr Conway se
kinders woon nie by julle nie maar volgens hom was u ân baie goeie
stiefmoeder vir die twee dogters wat uit sy
vorige huwelik gebore is
gedurende hul tienerjare. Daar is ook ân goeie verhouding tussen u
en sy 30-jarige seun. Jul huweliksverhouding
is baie gelukkig en
stabiel. Mnr Conway is reeds vir ân paar jaar in die buiteland
werksaam en kom hy slegs elke drie maande
vir vier weke huis toe. Hy
verkies gemelde werk wat hom in staat stel om in die gesin se
behoeftes te voorsien. Teneal, tans
in Graad 7, vaar akademies goed
op skool, het verskeie toekennings ontvang en is sy ook tot die
leerlingraad vir 2009 verkies.
Charel is nou in Graad 4 by dieselfde
skool. Hy vaar uitsonderlik goed in wiskunde. Hy is gediagnoseer
met tekens van disleksie
en woon hy weekliks ekstra klasse by. Sy
leesvaardighede het aansienlik verbeter maar hy benodig nog
voortgesette remediërende
onderrig. Beide kinders neem deel aan
verskeie sport en ander buite-muurse aktiwiteite. U is ân baie
goeie en daaglikse betrokke
ouer by die kinders se aktiwiteite en
dien ook op die ouer-onderwyser vereniging van die skool. U maak
werk daarvan om die kinders
se vader en sy maat deel van die kinders
se lewe en hul aktiwiteite te maak. Daar heers ân goeie en hegte
verhouding tussen
die kinders en hul vader. Indien nodig kan die
kinders by hom en sy saamleefmaat aan huis gaan woon, al sou hy,
vanweë sy
werksomstandighede, nie dieselfde aandag aan die
kinders se skoolaktiwiteite as u kan gee nie.
U het dit
gerade geag, ter beskerming van die kind
ers,
om hulle nie in te lig oor die strafsaak totdat u skuldig bevind is
nie. Die bespreking met die kinders wat toe gevolg het
is met die
hulp van ân sielkundige gedoen. Slegs die skuldigbevinding is
egter bespreek, nie die moontlike gevolge wat daarop
kan volg nie.
Die gemelde beskerming van die kinders het aanleiding tot groot
spanning vir u gegee, soveel so dat u met tye snags
vomeer en
slaapsteurnisse en hartkloppings deurmaak vanweë u bangheid vir
wat die toekoms vir u en die kinders, die middelpunt
van u bestaan,
inhou.
In haar
verslag het mev Paxton, met verwysing na die beslissing in
S
v M
(
Centre
for Child Law
as
Amicus
Curiae
)
[2007] ZACC 18
;
2007 (2) SACR 539
(CC), op
verskeie beginsels gewys wat van toepassing is waar die belange van
kinders geraak sou word deur ân vonnis wat hul primêre
versorger opgelê word, onder andere die beginsel dat waar op ân
toepassing van die benadering in
Zinn
ân verskeidenheid van strawwe moontlik van pas is die hof verplig
is om die beginsel dat die kinders se belange oorheersend is
as
belangrike riglyn moet gebruik in die besluit welke vonnis gevel moet
word. (Ek handel hieronder meer breedvoerig met die benadering
wat
in
M
voorgestaan word). Voorts verklaar mev Paxton onder andere soos
volg: Gevangenisstraf het ân langdurige negatiewe uitwerking
op
gesinne wat dikwels oorgedra word na die volgende geslag. Indien u
vanuit die samelewing verwyder word as gevolg van die oplê
van
gevangenisstraf sal dit ân traumatiese effek op u kinders hê.
Alhoewel hulle tans goedaangepaste kinders is dit ân
ope vraag is
hoe hul moeder se verwydering uit hul jong lewens, wat hul primêre
versorger is, hul lewens en hul emosionele
status sal beïnvloed,
aangesien hulle aan alternatiewe versorging oorgelaat sal word.
Implisiet verklaar sy verder dat bogenoemde
negatiewe resultate nie
teenwoordig sal wees indien die vonnisopsie van korrektiewe toesig
op besluit word.
A 28
(2)
van die Grondwet bepaal dat ân kind se beste belange oorheersende
belangrikheid in elke saak rakende die kind geniet. In
M
het die Konstitutionele Hof die geskilpunt aangespreek wat die pligte
van ân hof is insake vonnis in die lig van bogemelde artikel
en
enige ander relevante statutêre bepalings waar die persoon wat
gevonnis word die primêre versorger van minderjarige
kinders
is. In daardie saak was die
beskuldigde
die enkelouer van drie kinders, met
ouderdomme 16,12 en 8 jaar. Sy is aan betreklik ernstige klagtes van
bedrog en diefstal skuldig
bevind. Sy het tersaaklike vorige
veroordelings gehad. ân Streekhof se vonnis van vier jaar direkte
gevangenisstraf is op
appél deur die Provinsiale Afdeling na
vier jaar gevangenisstraf ingevolge a 276(1)(i) verander (wat
beteken het dat nadat
sy agt maande van die vonnis uitgedien het die
Kommissaris van Korrektiewe Dienste haar vonnis in korrektiewe toesig
kon omskep).
Die saak het uiteindelik sy weg gevind na die
Konstitutionele Hof. Van die beginsels deur die hof neergelê
is die volgende:
waar ân bewaringsvonnis oorweeg word moet die hof
vasstel welke uitwerking dit op die kinders sal hê; in so ân
geval
moet die hof ook aandag gee aan die vraag of stappe gedoen moet
word om te verseker dat die kinders behoorlik versorg word terwyl
hul
primêre versorger in die tronk is; of ân bewaringsvonnis
duidelik die gepaste vonnis is moet aan die hand van die
Zinn
â benadering beslis word; waar die gepaste vonnis duidelik nie
gevangenissetting insluit nie, moet ân gepaste vonnis op besluit
word met inagneming van die belange van die kinders, en dan ook die
beginsel van oorheersende belangrikheid reeds hierbo na verwys.
Para
[39] van die uitspraak maak dit egter duidelik dat:
â
........
a court must sentence an offender, albeit
a primary caregiver, to prison if on the ordinary approach adopted in
Zinn
a custodial
sentence is the proper punishment. The children will weigh as an
independent factor to be placed on the sentencing scale
only if there
could be more than one appropriate sentence on the
Zinn
approach, one of which is a non-custodial
sentence. For the rest, the approach merely requires a sentencing
court to consider the
situation of children when a custodial sentence
is imposed and not to ignore them.
â
Para [35] kan ook met nut
aangehaal word.
â
Thus, it is not
the sentencing of the primary caregiver in and of itself that
threatens to violate the interests of the children.
It is the
imposition of the sentence without paying appropriate attention to
the need to have special regard for the children's
interests that
threatens to do so. The purpose of emphasising the duty of the
sentencing court to acknowledge the interests of
the children, then,
is not to permit errant parents unreasonably to avoid appropriate
punishment. Rather, it is to protect the
innocent children as much as
is reasonably possible in the circumstances from avoidable harm.
â
Op die feite
van die saak, en
in die lig van die
voordele van korrektiewe toesig
vroeër
in hierdie uitspraak na verwys (met insluiting egter van die verdere
voordeel dat herstelbetaling aan die
beskuldigde
se slagoffers as voorwaarde bygevoeg is)
,
en ondanks die verswarende omstandighede van die saak, is deur die
meerderheid van die Hof besluit dat korrektiewe toesig ingevolge
a
276(1)(h) die aangewese vonnis was.
U, mev van
Rooyen,
is huidig 62 jaar oud, wat ook ân
gevorderde leeftyd verteenwoordig. U vormingsjare kan in hoofsaak
oor dieselfde kam as dié
van Mev Bosch geskeer word, u synde
haar suster. Volgens wat u aan die welsynbeampte, mev Wewers,
oorgedra het was daar wel verskille
in die wyse waarop u en
beskuldigde 1
die
gesinslewe ervaar het maar ek ag dit nie nodig om daarop uit te brei
nie. U het gedurende 1964 vir die eerste keer in die huwelik
getree.
Drie kinders is uit die huwelik gebore. Aanvanklik was die huwelik
gelukkig maar daarna, hoofsaaklik as gevolg van u
man se misbruik van
alkohol, het die huwelik tot ân mate verbrokkel hoewel julle nie
uitmekaar gegaan het nie. Ongelukkig is
u man daarna in ân
skietongeluk oorlede. U was toe vyf maande swanger met u derde kind.
Lede van u skoonfamilie het in die
bres getree en u ondersteun,
finansieel en emosioneel. U was verplig om na Pretoria te verhuis
waar u aan huis by ân tante van
u oorlede man gegaan het. U moes
daarna na Port Elizabeth terugkeer om ân sieklike moeder to versorg
en die twee oudste kinders
het by die tante aangebly. Onder
omstandighede wat nie uiteengesit hoef te word nie is gemelde kinders
deur die tante aangeneem
en het u kontak met hulle verloor, wat ân
traumatiese tyd vir u gewees het. Eers nadat die derde kind skool
begin het en die
aangenome ouers oorlede is is u met die ander twee
kinders herenig. Daar is nou ân hegte verband tussen julle. U
tweede huwelik,
met mnr van Rooyen, het gevolg drie jaar na die
afsterwe van u eerste man. Dié huwelik het vir 27 jaar geduur
en hoewel
geen kinders gebore is nie was die verhouding ân stabiele
een en u en u man was in staat om in die behoeftes van die gesin te
voorsien. Gedurende 2007, terwyl die verhoor in hierdie saak aan die
gang was, is u man, wat aan aggressiewe Alzheimers gely het,
oorlede.
Weens sy siekte kon hy u nie gedurende die verhoor emosioneel
ondersteun nie en inderdaad was hy in ân ouetehuis opgeneem
omdat u
hom nie kon versorg nie (wat aanleiding tot ân aansienlike
skuldgevoel aan u kant gegee het). Sedertdien is u by u dogter
in
Kaapstad woonagtig. U is aan die Pinksterkerk te Despatch verbonde
en woon eredienste by wanneer u u in Port Elizabeth bevind.
Op skool
het u tot Graad 8 gevorder maar is verplig om die volgende jaar die
skool te verlaat weens die slegte sosio-ekonomiese
toestande wat tuis
geheers het en u wou onafhanklik word. Oor die jare het u verskeie
werkbetrekkinge aanvaar, en u nuttigheid
as ân lid van die
gemeenskap bewys. Vir die laaste sewe jaar van die bestaan van die
besigheid wat Usapho oorgeneem het was
u aldaar werksaam. Huidig is
u werkloos en u enigste inkomste is ân maandelikse pensioen ten
bedrae van R1 800,00 vanaf u man
se voormalige werkgewer, plus ân
sosiale pensioen van R350,00 per maand. Soos te verstane is sukkel u
om kop bo water te hou
en is u op die finansiële ondersteuning
van u kinders aangewese. U self het nooit misbruik van alkohol of
dwelms gemaak
nie.
Wat berou
aanbetref is dit so dat u op die bedrogaanklag onskuldig gepleit
het. Maar soos in die hoofuitspraak gekonstateer, namate u
getuienis in die verhoor
gevorder
het het u al toenemend ope kaarte gespeel en openhartigheid aan die
dag gelê, dermate dat u ruiterlik u aandeel in
die bedrog erken
het. Aan die welsynbeampte het u oorgedra dat u verantwoordelikheid
vir u rol aanvaar (hoewel u genoem het dat
u nie volle kennis gedra
het van die volle omvang van die bedrieglike aktiwiteite wat by u
werksplek plaasgevind het nie) en dat
u simpatiek jeens die
slagoffers van die misdryf staan, vernaam die bejaarde persone wat
verliese gely het. U het ook self só
getuig. Daar is ook
getuienis
dat
na die sekwestrasie van Usapho u u volle samewerking aan die polisie
en Usapho se likwidateure verleen het. Onder die omstandighede,
en in
teenstelling met die ander
beskuldigdes, is
daar in u geval wel sprake van werklike berou, en dit stel versagting
daar.
Een verdere
spesifieke aspek moet aangeraak word. Mev Wewers het geboekstaaf dat
een van die bronne wat sy geraadpleeg het haar
meegedeel het dat hy
inligting ontvang het dat u ân verslaafheid aan dobbel gedurende
die tydperk wat die bedrog gepleeg is gehad
het maar dat hy, die
bron, nie bevestiging van die inligting kon verkry nie. Die
aantyging is deur u ontken. Weliswaar is die
aantyging tydens die
verrigtinge geopper en wel deur mev Bosch terwyl sy ter versagting
getuig het. Sy het daardeur gepoog om
ân verontskuldigende
verduideliking vir haar voor te hou deur aan te voer dat die beweerde
dobbelaktiwiteite verband gehou het
met onreëlmatighede wat in
Usapho se besigheid sonder haar wete plaasgevind het. Die aantyging
strook nie met die bevindings
in die hoofuitspraak nie en ek
volstaan deur op te merk dat dit geignoreer word.
U, mnr
Terblanche, is tans 46 jaar oud. Luidens die verslag van dr
Labuschagne, die forensiese kriminoloog wat u ge-evalueer het,
het u
nie besonder gelukkige óf ongelukkige herinnerings van u
kinderdae nie. Dit is nie nodig om hierdie uitspraak te
beswaar met
ân verwysing na wat u aan dr Labuschagne oorgedra het oor bepaalde
karaktertrekke van u ouers nie. Hulle is geskei
toe u 20 jaar oud
was maar dit is nie u herinnering dat die egskeiding met bakleiery
tussen u ouers voorafgegaan is nie. Die familie
het dit wel nie
breed gehad nie maar het nie ân behoeftige bestaan gevoer nie. U
skooloopbaan het in hoofsaak normaalweg verloop.
Genoem kan word
egter dat u op 3-jarige ouderdom met porfirie gediagnoseer is wat
inbreuk op u buitemuurse aktiwiteite en sosiale
verkeer as kind
gemaak het. U self was voorheen getroud en is die vader van twee
kinders, dogters van 17 en 12. Die verbrokkeling
van die huwelik was
ân traumatiese ervaring vir die hele gesin, en genoem kan word dat
die bedroghofsaak ân bydraende faktor
was. Dié kinders is
in die sorg van u gewese vrou en die inligting voor my geplaas is dat
u u onderhoudsverpligtinge teenoor
die kinders ten bedrae van R8
000,00 per maand nougeset nakom en dat u altyd bereid is om
addisioneel by te dra tot enige onvoorsiene
uitgawes wat mag opduik.
Die verhouding tussen u en die dogters is ân hegte een en besoek
hulle u elke tweede naweek. U woning
is ruim genoeg om voldoende
huisvesting vir hulle aan te bied. Dat u vir hulle ân stabiele
tweede tuiste geskep het is vir u
belangrik. U gewese vrou het geen
probleme met die wyse waarop u u rol as vader uitvoer nie. Die twee
dogters verkeer onder spanning
as gevolg van die hofsaak maar hul
aanvaarding van u as vader en hul respek vir u bly behoue. U is weer
verloof en die verhouding
tussen u en u verloofde is ân stabiele
een en deur wedersydse respek en liefde gekenmerk. Daar is geen
aanduiding van enige
verhoudingsprobleme tussen u verloofde en die
kinders nie; inteendeel, hulle kom met mekaar goed oor die weg. U
gewese vrou het
aan die welsynbeampte gerapporteer dat die twee
kinders emosioneel geaffekteer sal word indien u opgesluit word en sy
voorsien
dat sy self nie instaat sal wees om in hul behoeftes te
voorsien nie. U was
vroeër
vir ân tydperk van ongeveer 20 jaar in hoofsaak aan die bankwese
verbonde tot u bedanking by ABSA in Maart 2001 waar u die senior
vlak
van verhoudingsbestuurder behaal het. U bedryf huidig ân
groothandelsbesigheid in Humansdorp saam met u voormalige
mede-beskuldigde,
mnr Swart. Die besigheid, wat voor u oorname
daarvan in ernstige finansiële verknorsing verkeer het, is nou
winsgewend en
word op ân gesonde grondslag bedryf en u inkomste
daaruit beloop ongeveer R20 000,00 per maand. U word beskryf as
hardwerkend.
Aan die welsynbeampte het u verklaar dat u nie volle
vertroue het in u vennoot se vermoë om die besigheid te bestuur
sou
u opgesluit word nie en u personeel se finansiële
sekuriteit mag geraak word. ân Nuttige lid van die gemeenskap is u
derhalwe wel. U huidige gesondheid is nie na wense nie en u ly aan
hoë bloeddruk, chroniese dikdermprobleme, hoë cholesterol
en porfirie. Dié toestande word egter deur chroniese
medikasie beheer. U toon geen psigiese afwykings nie maar u ly wel
aan baie spanning as gevolg van die hofsaak wat tot slaapversteurings
lei, waarvoor medikasie benodig word. Daar is geboekstaaf
dat u ân
geheelonthouer is.
Aan die
welsynbeampte het u beken dat gedurende die tydperk waaroor die
bedrogaanklag gegaan het u ABSA se bankprosedures en riglyne
verbreek
het maar, hoewel u hierdie Hof se bevindings teen u aanvaar en
respekteer, u aangedui het dat u nie die basis waarop u
aan bedrog
skuldig bevind is kan begryp nie. U glo nie dat u u aan enige
oneerlikheid skuldig gemaak het nie, en u houding is
bloot dat u
berou het en innig spyt is indien die erkende optrede aan u kant
skade aan die slagoffers ten gevolg gehad het. Na
die mening van
die welsynbeampte aanvaar u nie verantwoordelikheid vir die betrokke
misdryf nie en het u nie insig in u betrokkenheid
daarby nie. In u
geval is daar ook nie sprake van versagting in die vorm van berou
nie.
U, mnr
Visagie, is ook 46 jaar oud. U is reeds vir ân tydperk van
ongeveer 20 jaar met u vrou getroud. Twee dogters is uit die
huwelik
gebore, 17 en 13 jaar oud. Die gesin word beskryf as ân
aaneengeslote en gelukkige een. Dieselfde geld vir die gesin
waarin
u grootgeword het. Inderdaad, prof Louw, die kliniese sielkundige
wat u ge-evalueer het, verklaar dat u kinderjare as ideaal
beskou kan
word. Uiteraard beleef u en u gesin die hofsaak as een van die mees
angstige tydperke wat julle moes deurmaak en is
dit emosioneel
afbrekend, vernaam in die geval van die kinders. Op skool het u
uitstekend presteer, op akademies, sport en leierskap
gebiede, en was
u ân werklike voorbeeld vir u medeleerders. U het ân B Com
(Hons) graad op universiteit verwerf. Na ander
vroeër
e
werksbetrekkinge het u u in die bankwese begeef. U het by ABSA tot
takbestuurder van die Port Elizabethse hooftak gevorder, en
in 2002
het u bedank. Huidig is u die bestuurder van ân dienssentrum, ân
besigheid wat in Aliwal-Noord bedryf word. Die
personeel bestaan
uit 36 lede. Die besigheid is uitgebrei om ân eetplek in te sluit
wat deur u vrou bestuur word. Fyftien gemeenskapslede
is by haar
werksaam. Die voortbestaan van die eetplek is afhanklik van die
kontrak wat die dienssentrum met ân nasionale oliemaatskappy
het.
Gesamentlik verdien u en u vrou ân inkomste van R35 000,00 per
maand. Godsdiens speel ân belangrike rol in die gesinslewe.
U het
geen gesondheidsprobleme nie. U speel ook ân rol in
gemeenskapsbedrywighede. Weer eens moet gekonstateer word dat u
as
ân nuttige lid van die gemeenskap beskou moet word.
Wat betref
berou aan u kant word in die korrektiewe dienste verslag verklaar dat
u die bevinding van hierdie Hof aanvaar. So ook,
verklaar die
verslag van die welsynbeampte dat u die uitspraak van die Hof
aanvaar en respekteer. Dit blyk egter dat hierdie
opmerkings bloot
aandui dat u aanvaar dat bepaalde bevindings deur my gemaak is. Die
welsynbeampte verslag konstateer dat u genoem
het dat u nie die
geleentheid gehad het om te getuig nie en dat
getuienis
deur u die bevindings kon beïnvloed
het en die ander verslag verklaar dat u nie â
verantwoordelikheid
vir die pleeg van die misdryf aanvaar nie
â.
Weer eens is dit ân geval waar daar nie sprake van versagting in
die vorm van opregte berou is nie.
Die onderskeie vonnisse wat
julle opgelê moet word word nou bespreek. Geriefshalwe, handel
ek eers met u geval, mev van Rooyen.
Adv
Stander
het nie betoog dat in u geval die vereiste wesenlike en dwingende
omstandighede nie teenwoordig was nie. Hy het aangevoer dat
die
vernaamste aspekte ter versagting in u geval is die berou wat u
geopenbaar het, u kleiner aandeel in die pleeg van die misdryf
en u
gebrek aan kennis van Usapho se banksake. Hy het egter, met
verwysing
na die
rol wat u in die pleging van die misdryf gespeel het, betoog dat u
tóg gevangenisstraf opgelê moet word, en
wel
gevangenisstraf ingevolge a 276 (1)(i). Wat oorweeg moet word is
die gepastheid van daardie vonnis in teenstelling met ân
vonnis van
korrektiewe toesig.
Twee
voorvonnis
verslae ten opsigte van u is aan
my voorgelê. Die eerste verslag, opgestel deur ân
maatskaplike werker, mev van Onselen,
verbonde aan die Department
Korrektiewe Dienste, handel met die evaluering van u geskiktheid om
aan korrektiewe toesig onderwerp
te word. Dié vraag is
bevestigend deur haar beantwoord. Ek verwys in hierdie verband na
die volgende faktore wat in
die verslag genoem word. Huidig woon u
by u dogter (die Staatsgetuie, mev Moore) in Durbanville in die Kaap,
en u voorneme is
dat hierdie reëling permanent sal wees. U
betaal nie huur nie maar u help mev Moore vrywillig met die besigheid
wat sy vanaf
die woning bedryf, asook huistake. Dié woning is
geleë in ân gebied waar die Gemeenskapskorreksies Kantoor te
Bellville
die nodige monitering sou waarneem. Die woning bied meer
as voldoende leefruimte vir u en mev Moore. Laasgenoemde is bereid
om
u permanent te huisves en verantwoordelikheid vir u te aanvaar sou
ân vonnis van korrektiewe toesig opgelê word. Inderdaad,
openbaar u kinders ân positiewe gesindheid jeens u en bied hulle
ondersteuning vir u, en korrektiewe toesig sou die geleentheid
bied
vir die behoud van gesinsbande. Indien nodig sal hulle u ook
finansieel bystaan. Die wenslike ondersteuning in familieverband
sal
derhalwe daar wees. ân Risikofaktor dat u weer die wet sal oortree
gebaseer op die bestaan van vorige veroordelings is afwesig.
U het
baie goeie samewerking tydens die evaluering gebied en u verstaan en
toon insig in die eise wat korrektiewe toesig sou stel.
U is
gewillig om onder huisarres geplaas te word (wat in elk geval nie
problematies sal wees nie aangesien u meeste van u tyd
by die huis
deurbring). U voorsien ook nie ân probleem met die verrigting van
gemeenskapsdiens nie aangesien u naweke geen formele
verpligtinge het
nie. (Ek meld egter dat in u geval gemeenskapsdiens nie noodwendig
oor naweke verrig sal moet word nie). U is
ook bereid om enige
programme by te woon wat tot u groei sal bydra, wat ek opvat as ân
aanduiding dat u u kant sal bybring ter
verwesenliking van die
rehabilitasie wat die programme wat gestipuleer mag word ten doel
sal hê. Soos mev van Onselen dit
gestel het, programbywoning
vorm ân integrale deel van korrektiewe toesig aangesien dit ân
impak het om verdere kriminaliteit
te voorkom en beskikbare programme
kan op doelgerigte wyse geïmplementeer word om u maatskaplike
funksionering te verbeter
en bevorder. Wat daarby aansluit is dat u
geen sielkundige afwyking openbaar nie en ook nie misbruik van
alkohol of dwelms maak
nie. Die verslag van mev Potgieter, ân
welsynbeampte, openbaar ook niks wat bevraagtekening van u
geskiktheid om korrektiewe
toesig te ondergaan regverdig nie.
Ek is egter
genoop om die volgende te meld. Beide opstellers van die verslae het
gewag daarvan gemaak dat die impak van die misdaad
op die slagoffers
en die erns van die saak by die vasstelling van u vonnis in aggeneem
moet word. Uiteraard, ingevolge die beginsels
vroeër
in hierdie uitspraak uiteengesit, moet ek wel só maak. Mev
Potgieter spreek selfs die mening uit dat genoemde faktore u
persoonlike en maatskaplike omstandighede ver oortref. Dit is egter
ân vraag wat deur my, en my alleen, beantwoord moet word.
Ek het reeds
daarna verwys dat die misdryf ân enorme impak op die slagoffers
gehad het en dat die misdryf ân ernstige een was.
Ek moet egter u
rol in die pleeg van die misdaad nader ontleed. Soos reeds
gekonstateer, is die misdaad deur u oor ân uitgerekte
tydperk
gepleeg en die rol wat u gespeel het kan geensins as van ân mindere
aard bestempel word nie. Inteendeel, kan bv klem
daarop gelê
word dat u betrek is by die onwettige voorskiet (inderdaad diefstal)
deur mev Botha van ân aardige bedrag
geld, meer as ân miljoen
Rand, vanuit die tesourie by ABSA se tak by Die Brug vir die voordeel
van Usapho. U het ook dwarsdeur
2000, op verskeie wyse, ân groot
getal beleggers bedrieg deur hulle te oortuig dat ân belegging by
Usapho veilig was, wat tot
u wete ân valse stelling was, en hulle
daardeur oorreed, tot hul nadeel, om beleggings by Usapho te plaas.
Daarenteen moet ek
aan die volgende aspekte gedagtig wees. U rol was
kenbaar minder as dié van mev Bosch en mev Conway en het u bv
nie deel
aan die bestuur van Usapho gehad nie. U het ook nie
spesifieke kennis van die omvang van die finansiële verknorsing
waarin
Usapho verkeer het gehad nie, en was u nie direk betrokke by
die manier waarop Usapho se banksake bedryf is. Hoewel u
persoonlikheid
ân minsame een blyk te wees, en daar was wel
getuienis
dat u
skakeldiens met beleggers van ân hoë gehalte was, kan ek nie
anders nie as om te konstateer dat my eie waarneming
van u openbaar
dat u nie ân sterk of kragtige persoonlikheid het nie. In die
besonder, sou dit nie opgewasse teen dié
van mev Conway nie,
en seer sekerlik nie dié van mev Bosch, gewees het nie.
Vernaam laasgenoemde, soos ek in die hoofuitspraak
genoem het, was
uiters dominerend en baaspelerig, asook manipulerend, wie se woord
wet was. U moes daardeur beïnvloed gewees
het en soos u advokaat
dit gestel het was u ân volgeling. Wat daarby aansluit is die
bevinding in die hoofuitspraak dat u nie
met ân hoë
intelligensie geseën is nie. Wat u ook vasgevang het vanweë
u huishoudelike omstandighede, was u behoefte
aan die loon, skaars
vorstelik soos dit was, wat u by Usapho verdien het. Hoewel ek
versigtig is om dit nie te oorbeklemtoon
nie aanvaar ek dat in ân
mate u tóg deur omstandighede meegesleep is.
Die aard van
u persoonlikheid raak ook ân ander faktor. Ek het reeds verwys na
die strengheid van die gevangenismilieu. Ek is
oortuig daarvan dat u
kenbaar
sou sukkel om daardie omstandighede
te verwerk en daar bestaan ân wesenlike gevaar dat u die
gevangenis sou verlaat ân gebroke
persoon. U het inderdaad getuig
dat die een nag wat u in aanhouding was nadat u gearresteer is ân
â
verskriklike nagmerrie
â
was. Gemelde gevolg sou in die belang van nóg u nóg
die gemeenskap wees.
Aan die
anderkant, sal ân vonnis van korrektiewe toesig die voordele, vir
beide u en die gemeenskap, meebring waarna ek
vroeër
verwys het.
Wat betref
die strafdoelwit van
afskrikking
glo ek dat die kanse dat u weer ân misdryf van oneerlikheid sal
pleeg uiters skraal is. Die element van afkrikking sal derhalwe
eerder die doelwit van waarskuwing aan andere moet dien en, soos
vroeër
uiteengesit, moet hierdie doelwit nie oorbeklemtoon word nie.
By ân
oorsig van al die oorwegings in hierdie uitspraak bespreek is u na
my oordeel nie ân persoon wat uit die gemeenskap verwyder
behoort
te word nie, en sal ân behoorlik ingeklede vonnis van korrektiewe
toesig, wat werklike straf daarstel, nie die regspleging
in
diskrediet bring nie.
Die verskeie
faktore in die voorafgaande bespreking genoem, saamgelees met u ander
persoonlike omstandighede en die verdere versagtende
omstandighede
wat
vroeër
in hierdie uitspraak mee gehandel is, stel na my oordeel die vereiste
wesenlike en dwingende omstandighede daar wat ân afwyking
van die
voorgeskrewe minimum vonnis van 15 jaar gevangenisstraf regverdig,
en wel dermate dat in u geval ân vonnis van korrektiewe
toesig die
gepaste vonnis is.
â
n
Ko
nsepbevel is deur u advokaat aan my
voorgelê vir oorweging. In hoofsaak was die bepalings daarin
vervat aanvaarbaar maar
ek is genoop om sekere wysigings daarvan aan
te bring. Die bewoording van die korrektiewe toesig vonnis waarop ek
besluit het
word aan die einde van hierdie uitspraak uiteengesit.
Ter verduideliking daarvan dat ân reeks landdrosdistrikte wat u nie
sonder
toestemming mag verlaat nie in die bevel genoem word verwys ek
daarna dat u bystand aan u dogter in haar besigheid wat sy vanuit
haar huis bedryf ook die aflewering van die fudge wat sy produseer
aan klante wat oor die hele Kaapse skiereiland woonagtig is,
behels.
Die plek waar u die betrokke gemeenskapsdiens moet verrig is, so is
ek deur adv
Jurgens
meegedeel, na aanleiding van telefoniese
oorlegpleging tussen hom en die korrektiewe toesig beampte te
Belville, op besluit.
Ek handel
vervolgens met u
, mnr Visagie. Daar is
namens u betoog dat ân bewaringsvonnis om verskeie redes nie in u
geval van pas sou wees nie en dat die
aangewese vonnis een van twee
alternatiewe is: (a) ân opgeskorte vonnis van gevangenistraf waar,
benewens die gebruiklike voorwaarde
rakende die pleeg van ân
relevante misdryf in die toekoms, die verrig van gemeenskapdiens as
ân bykomende voorwaarde bygevoeg
kan word, of (b) korrektiewe
toesig onderhewig aan bepaalde voorwaardes. Daar is gesteun op die
getuienis
van
prof Louw die kliniese sielkundige wat u ge-evalueer het en ook ân
verslag aan my voorgelê. In hoofsaak was sy
getuienis
ten effekte dat u nie gevangenismaterial
is nie en dat ân
gemeenskapsbaseerde
vonnis beide u en die
gemeenskap sal baat.
Vir sover nodig handel ek hieronder met die getuienis van prof
Louw.
Die eerste
van bovermelde twee alternatiewe vonnisopsies moet onmiddelik
uitgesluit word. Na my oordeel, wat ookal die aard van
die
gemeenskapsdiens wat gestipuleer sou word, sou sodanige vonnis in al
die omstandighede totaal ontoereikend wees en sou dit
seer sekerlik
die regspleging in
diskrediet
bring.
Die vrae wat
beantwoord moet word is of bevind kan word dat wesenlike en dwingende
omstandighede teenwoordig is wat ân mindere
vonnis as die
voorgeskrewe
minimum vonnis van 15 jaar
gevangenisstraf regverdig. Indien wel, moet besluit word of ân
mindere vonnis van gevangenisstraf,
moontlik met ân gedeelte
daarvan opgeskort, aangewese is, alternatiewelik, of hierdie ân
gepaste geval is vir die oplegging
van korrektiewe toesig onderhewig
aan bepaalde voorwaardes.
Adv
Stander
,
met verwysing na die beperkte rol wat u in die pleeg van die misdryf
gespeel het (waarmee ek hieronder handel), het aanvaar dat
die
vereiste wesenlike en dwingende omstandighede teenwoordig is. Hy
het egter aangevoer dat u rol tóg gevangenisstraf
verdien en
wel vir ân tydperk van 6 tot 8 jaar, gedeelte waarvan opgeskort kon
word. Hy het derhalwe ân vonnis van korrektiewe
toesig óf
ân vonnis ingevolge a 276(1)(i) teengestaan.
Ek handel
eers met die vraag of u ân geskikte kandidaat is om aan korrektiewe
toesig onderwerp te word. Dié vraag word
deur
mev
Whittaker, ân welsynbeampte aan die
Departement Korrektiewe Dienste verbonde, wat u ge-evalueer het,
bevestigend beantwoord.
U huishoudelike omstandighede en finansiële
status is reeds vroeër in hierdie uitspraak mee gehandel. Wat
bygevoeg
kan word is dat
mev
Whittaker
konstateer dat u woonadres moniteerbaar is (en dieselfde sal geld ten
opsigte van u werksadres). U het positiewe bystandsisteme
binne
gesinsverband. In u geval ook is ân risikofaktor dat u weer die
wet sal oortree gebaseer op die bestaan van vorige veroordelings
afwesig en
mev
Whittaker
het verder genoem dat streng kontrolemaatreëls saam met
rehabilitasieprogramme sal bydra tot ân voorkoming van
verdere
oortredings. Implisiet in die verslag is dat u u samewerking tydens
die evaluering verleen het en, tweedens, dat u positief
ingestel is
jeens alle voorwaardes wat gestel sou word; inderdaad, was dit die
basis van die saak wat namens u aangevoer is.
Ek het geen gronde om
te betwyfel of die ware toedrag van sake daardeur weerspieel word
nie. Weer eens aanvaar ek derhalwe dat
u u kant sou bybring tot die
verwesenliking van die rehabilitasie wat ân vonnis van korrektiewe
toesig onder andere ten doel
het. Die verdere opmerkings wat ek in
hierdie verband vroeër ten opsigte van mev van Rooyen gemaak
het is eweneens op u
van toepassing U ook toon geen sielkundige
afwykings nie en misbruik van alkohol of dwelms is nie ân faktor
nie.
Weliswaar, is
opregte berou aan u kant nie teenwoordig nie siende dat u nie
strafregtelike verantwoordelikheid vir u optrede, wat
ek bevind het
bedrog daargestel het, aanvaar nie. Maar ek het reeds
vroeër
in hierdie uitspraak die houding geboekstaaf dat aanvaarding van
gemelde verantwoordelikheid nie ân onontbeerlike vereiste
vir die
oplê van ân vonnis van korrektiewe toesig is nie. Daar is
niks in óf die verslag óf die
getuienis
van prof Louw wat bevraagtekening van u
geskiktheid om aan korrektiewe toesig onderwerp te word vereis nie.
Aan die
anderkant moet ek weer eens gedagtig wees aan die erns van die
misdryf en die impak daarvan op die slagoffers, ten opsigte
waarvan
ek reeds my siening geboekstaaf het. Wat nodig is is om u rol in die
pleeg van die misdryf nader te betrag. Weer eens
moet beklemtoon
word dat die misdryf d
eur u oor ân
uitgerekte tydperk gepleeg is en die rol wat u gespeel het kan
geensins as van ân mindere aard bestempel word nie.
Daarenteen
moet die volgende aspekte genoem word. U rol in die direkte
misleiding van beleggers was kenbaar aansienlik minder
as dié
van u mede-beskuldigdes. U rol in die misleiding van ABSA rakende
die hantering en manipulering van die Clifford-groep
se rekeninge is
weliswaar verswaar deur die feit dat u as takbestuurder aan die hoof
van die tak gestaan het en van u is verwag
om eerder leiding te gee
as om deel te neem aan van die betrokke handelings of hulle toe te
laat. Maar aan die anderkant was die
rol wat u gespeel het kenbaar
minder van aard as dié van mnr Terblanche en van die slinkse
en oorduidelik berekende bedrieglike
optrede waaraan laasgenoemde hom
skuldig gemaak het, soos bv die wisselruitery, kan u nie toegereken
word nie. Ek noem ook dat
daar geen
getuienis
is dat u persoonlik direk finansieel deur
u optrede gebaat het nie, hoewel, soos in die hoofuitspraak
uiteengesit, vanweë
u eie belegging in Usapho en dié van
instansies of familielede waarin u ân indirekte belang gehad het, u
tóg ân
belang in die voortbestaan van Usapho gehad het.
Moontlik kan u optrede gedeeltelik toegeskryf word aan ân
verdwaalde siening
dat ABSA bevoordeel sou word deur die voortgesette
behoud van die Clifford-groep se rekenings wat baie winsgewend vir
ABSA was.
ân Verdere faktor wat ek nie uit die oog verloor nie is
dat die milieu in die bank, wat in ân mate verontagsaming deur
verskeie
bankamptenare van bepaalde bankreëls en prosedures
behels het, ân bydraende faktor tot die pleeg van die misdryf kon
gewees
het. (Dié aspek word later meer breedvoerig gehandel
wanneer die geval van mnr Terblanche bespreek word).
Die
opmerkings
vroeër
gemaak toe ek die geval van mev van Rooyen behandel het rakende die
voordeel van ân vonnis van korrektiewe toesig, die nastreef
van die
doelwit van afskrikking, die vraag of dit nodig is dat u uit die
gemeenskap verwyder behoort te word, die vraag of ân
vonnis van
korrektiewe toesig die regspleging in diskrediet sal bring, en die
aanpassing van die konsepbevel wat ingehandig is,
is eweneens op u
van toepassing. Wat laasgenoemde aspek aanbetref het die konsepbevel
voorsiening gemaak vir gemeenskapsdiens
vir 100 uur per maand. Na my
oordeel egter sou hierdie ure buitensporig wees en wel om twee redes.
Eerstens, sou dit opsigself
ân las op u plaas wat te swaar is, en
sou dit gelykstaande wees aan heelwat meer as ân helfte van ân
voltydse betrekking.
Ten tweede, sou dit ân ongevraagde en
onaanvaarbare inbreuk maak op die tyd wat u aan u eie
besigheidsbedrywighede moet bestee,
met waarskynlike nadeel nie
alleen vir u nie maar ook u gesin en u werknemers.
So ook, op
dieselfde basis
mutatis mutandis
as met mev van Rooyen, bevind ek dat die vereiste wesenlike en
dwingende omstandighede wat ân afwyking van die
voorgeskrewe
minimum vonnis
regverdig teenwoordig is en
wel dermate dat ân vonnis van korrektiewe toesig aangewese is.
Een laaste
aspek moet aangeraak word, naamlik die aard en omvang van die
gemeenskapsdiens wat u beveel moet word om te verrig.
In sy verslag
(wat hy in sy
getuienis
ondersteun het) het prof Louw onder andere soos volg opgemerk. Met
die oog op die toepassing van die beginsel van
herstellingsgeregtigheid
(ârestorative justiceâ) in u geval het
hy kontak met mev van der Merwe, die kampusbestuurder van die Ikhala
Public Further
Education and Training College in Aliwal-Noord gemaak.
Die kollege gee onderrig aan na-matriek leerders en ook leerders wat
Graad
9 op skool gemaak het en aan bepaalde ander kriteriums voldoen.
Prof Louw is onder andere
meegedeel
(a) dat die kollege so pas hul dosent in rekeningkunde verloor het,
geen kandidate vir die betrekking beskikbaar is nie en studente
word
deur ân mede-student klas gegee; (b) dat ân herbergsaamheidsâ
en toerismesentrum ter waarde van meer as R5 miljoen
in die nuutste
tyd by die kollege geopen is, wat met die korrekte leierskap en
bestuur, waaraan die kollege ân behoefte het,
ân sukses van
gemaak kan word. Na prof Louw se mening is u by uitstek ân
geskikte persoon om sig in die bres te stel. Dit
sou dan ân
tipiese geval wees waar ân persoon die gemeenskap kan vergoed op ân
wyse waar ân âwin-winâ situasie behaal
kan word. Hy het
derhalwe aan die hand gedoen dat u beveel word om as dosent by die
kollege klas te gee. ân Brief deur mev
van der Merwe is ook tydens
argument aan my voorgelê. Daarin brei sy volledig uit oor die
aktiwiteite van die kollege wat
ân Staatsinrigting is en wat deur
die
Departement
Onderwys gesubsideer word. Sy bevestig die inligting wat deur prof
Louw aan my oorgedra is. Sy verklaar haar bereidwilligheid
om van u
dienste gebruik te maak en meld dat u kundigheid van nut sal wees in
die onderrig in vakke soos rekeningkunde, besigheidspraktyk
en
ondernemingskap, asook met die operasionele en finansiële
beplanning en bestuur van die nuwe projek hierbo na verwys.
Ek gaan
akkoord met die benadering van prof Louw en mev van der Merwe. Ek
het egter aanvanklik bedenkinge gekoester oor die praktiese
implementering van die beoogde gemeenskapdiens met verwysing na die
monitering van die gehalte van u diens en die maatstawwe wat
gebruik
sou word. Prof Louw noem egter dat die kollege ân streng kontrole-
en evalueringsisteem uitoefen en dat mev van der
Merwe die owerhede
onmiddelik sal ken in enige tekortkominge in u nakoming van u
verpligtings. In hierdie verband lui mev van
der Merwe se kommentaar
as volg:
â
Teaching hour subscribed by the DoE is 25 contact
hours minimum per week and 35 hours at the College per week. We
control that
with an attendance register signed morning and
afternoon. That goes to the Admin Centre on a weekly basis.
We
also have an IQMS (Integrated Quality Management System) in place
where evaluation is done on a quarterly basis. The evaluation
is
done by the HOD (Head of Department) who is the Senior of the
Lecturersâ.
In die lig van bogenoemde het ek
tot die slotsom geraak dat ân behoorlike sisteem in plek sal wees
vir die effektiewe en doeltreffende
monitering van die wyse waarop u
die betrokke dienste verrig.
Die
bewoording van die v
onnis van korrektiewe
toesig wat ek u oplê word aan die einde van hierdie uitspraak
uiteengesit.
Ek handel nou met u geval, mev
Bosch.
Weer eens
is die eerste vraag wat opduik of wesenlike en dwingende
omstandighede teenwoordig is wat afwyking van die voorgeskrewe
minimum vonnis sou regverdig. Sou daardie
vraag bevestigend beantwoord word sou die moontlike alternatiewe
vonnisse weer eens wees
gevangenisstraf vir ân mindere tydperk, ân
gedeelte waarvan opgeskort kan word, gevangenisstraf ingevolge a 276
(1)(i) en
korrektiewe toesig.
Adv
Stander
het dit onomwonde gestel dat hy nie die afwesigheid van wesenlike en
dwingende omstandighede bepleit nie. Waarna hy spesifiek
verwys
het was u gevorderde ouderdom en die verlies van verskeie
familielede. Hy het nogtans, met verwysing na bepaalde verswarende
omstandighede wat u rol in die misdryf gekenmerk het, ân vonnis
van gevangenisstraf vir tussen 10 tot 15 jaar bepleit.
Ek kan egter
nie aanvaar dat die twee gemelde
persoonlike
omstandighede die enigste oorwegings is wat die kwessie of wesenlike
en dwingende omstandighede teenwoordig is
raak nie. Daar moet
ook gekyk word na u ander persoonlike omstandighede en die
versagtende omstandighede wat op u geval van
toepassing is wat ek
reeds vroeër in hierdie uitspraak mee gehandel het, al moet
hulle teen die verswarende omstandighede
geweeg word. Na my oordeel
stel u persoonlike omstandighede en die versagtende omstandighede
wel die vereiste wesenlike en
dwingende omstandighede daar.
Adv
Price
,
namens u, het, in ân volledige en breedvoerige betoog, ân
ernstige pleidooi gelewer dat u ân nie-bewaringsvonnis opgelê
moet word en dat ân gemeenskapsgebaseerde vonnis aan al die
vereistes van die saak sal voldoen en ân behoorlike balans opmaak
tussen die tersaaklike oorwegings en teenoorwegings. In die
alternatief, sou ek tot die slotsom geraak dat langtermyn
gevangenisstraf
onvermybaar is, het hy aan die hand gedoen dat ek tóg
die straf met genade temper en gevangenisstraf van nie meer as agt
jaar oplê nie.
Adv
Stander
het, bloot as riglyn voorbeelde, onder andere die volgende sake
aangehaal waar die aard van die misdrywe in ân mate soortgelyk
was
as dié in hierdie saak (wat, volledigheidshalwe genoem kan
word, hy ook ten opsigte van die ander beskuldigdes ingeroep
het):
(a)
S v Blank supra
waar die erns van die misdryf en die impak op die slagoffers minder
was as in hierdie saak (ân totale bedrag van R9,25 miljoen
was
betrokke) en ân vonnis van agt jaar gevangenisstraf deur die
verhoorhof op ân beskuldigde wat skuldig gepleit het opgelê
op appél bekragtig is. Op 74d-e verskyn die volgende:
â
I go so far as
to say that in the circumstances of this case a fine coupled with
community service, even if the rendering of such
community service
were to be made a condition of the suspension of a period of
imprisonment, would not only fail to serve the interest
of the
community but would bring the system of the administration of justice
into disrepute. Such a sentence would be unbalanced
and too lenient.
The game would still be worth the gamble.
â
(b)
S v Assante
2003 (2) SACR 106
(SCA) waar ân 50-jarige geskeide vader van twee
dogters met geen vorige veroordelings nie, wat goeie vordering by die
bank gemaak
het wat die slagoffer van 108 klagte van bedrog was
waarby ân totale bedrag van R345 miljoen betrokke was (hoewel die
uiteindelike
kapitale verlies (rente uitgesluit) die bedrag van R127
miljoen was), en wat nie direk as gevolg van die bedrog gebaat het
nie,
teen die vonnis wat die verhoorhof opgelê het geappelleer
het. Die beskuldigde het skuldig gepleit. Op elk van die klagtes
is
ân vonnis van 15 jaar gevangenisstraf opgelê wat, met een
uitsondering, beveel is om saam te loop. In die een geval
is beveel
dat slegs ses jaar van die 15-jaar vonnis met die ander vonnisse
saamloop. Die gevolg was dat die beskuldigde se effektiewe
vonnis
een van 24 jaar gevangenisstraf was. ân Appél teen die
vonnis is afgewys. Daar is opgemerk dat op elk van 80
van die
klagtes waar die betrokke bedrae R1 miljoen of meer was ân vonnis
van 15 jaar gevangenisstraf nie met die erns van die
misdrywe
rekening sou gehou het nie, en dat die verhoorhof die aangeleentheid
op ân billike wyse behandel het.
(c) ân Hele
reeks ongerapporteerde beslissings in hierdie afdeling, asook
beslissings in ander afdelings waar beskuldigdes skuldig
gepleit het
en skuldig bevind is aan diefstal van bedrae geld wat geensins
vergelykbaar is met die bedrag wat in die huidige saak
betrokke is.
Vonnisse van middeltermyn en langtermyn gevangenisstraf is opgelê.
Met sy
inroeping van bogemelde sake het die advokaat toegegee dat rekening
gehou moet word met verskille in die persoonlike omstandighede
van
veroordeeldes, maar het hy aan die hand gedoen dat oor die algemeen
moet vonnisse vir soortgelyke oortredings in ân groot
mate
konsekwent wees om te verhoed dat die
gemeenskap
sy vertroue in die regstelsel verloor. In hierdie verband het hy na
bv
S v Marx
1989 (1) SA 222
(A) verwys.
Ek gee dan
aandag aan die rol wat u gespeel het. Na my oordeel staan dit vas,
en dit is só
in die hoofuitspraak
weerspieël, dat u, wie aan die hoof van Usapho gestaan het,
deurentyd
dié
leidende rol in die pleeg van die misdaad gespeel het. U het
inderdaad berekend opgetree en daarin deurentyd volhard,
nieteenstaande
dat daar geen sprake daarvan was dat u in nypende nood
of weens ân tekort aan lewensmiddele gehandel het nie. Wat
beklemtoon
kan word is dat u ân aktiewe rol in die manipulering van
Usapho se bankrekening gespeel het insluitende die wisselruitery
asook
die verkryging van die aansienlike bedrag geld vanuit ABSA se
tesourie waarna ek reeds verwys het. Dié faktore moet as
ernstige verswarende omstandighede aangemerk word. Die oorduidelike
erns van u misdryf, en die enorme impak daarvan op die slagoffers,
moet in die vonnis wat ek oplê, weerspieël word.
Daardie opmerking is uiteraard, ingevolge die verskeie beginsels
vroeër uiteengesit, onderhewig aan ân balansering van gemelde
faktore teen die ander relevante faktore, sodat individualisasie
van
vonnis behaal word.
Wat
afskrikking aanbetref, aanvaar ek dat die
kanse dat u weer ân oneerlikheidsmisdryf sal pleeg ietwat skraal is
en die doelwit
van afskrikking van u persoonlik kan slegs ân heel
mindere rol speel in die vasstelling van die vonnis. Maar
afskrikking van
eendersdenkende persone teen die speel van leidende
rolle in grootskaalse bedrieglike skemas moet tóg ân
kenbare oorweging
in die vasstelling van die vonnis wees. So ook,
verg die erns van die misdryf en die enorme impak daarvan op die
slagoffers kenbare
erkenning van die element van vergelding.
Daarenteen moet u persoonlike omstandighede en die versagtende
omstandighede waarna
ek vroeër verwys het geweeg word.
Die vereiste
balansering
soefening is deur my gedoen en
wel met angstige oorweging van die gewig wat aan die verskeie
kompeterende faktore geheg moet word.
My gevolgtrekkinge word in die
opvolgende
paragrawe uiteengesit.
Die
kor
rektiewe dienste verslag aan my voorgelê
meld dat u houding dat u nie verantwoordelikheid vir enige
bedrieglike optrede aanvaar
nie u diskwalifiseer van oorweging van
ân vonnis van korrektiewe toesig. Ek ag dit nie nodig om enigsins
verdere aandag aan
u geskiktheid, of die afwesigheid daarvan, as
kandidaat vir daardie vonnis te oorweeg nie. Na my oordeel, kan nie
anders bevind
word nie as dat sodanige vonnis totaal ontoereikend sou
wees. Ek is oortuig dat in die oë van regdenkende lede van die
gemeenskap,
wat behoorlik oor die tersaaklike feite ingelig is, so ân
vonnis die regspleging in ernstige diskrediet sal bring. Dié
vonnisopsie moet derhalwe uitgesluit word.
Dieselfde
opmerkings geld
ten opsigte van ân vonnis
van gevangenisstraf ingevolge a 276(1)(i), al sou dit ân tydperk
van gevangenissetting behels.
Ek gaan
akkoord met die betoog dat
u behoort vanaf
die gemeenskap verwyder te word en dat langtermyn gevangenisstraf
die enigste gepaste vonnis sal wees. Ek vertrou
dat die vonnis
waarop ek besluit het, wat aan die einde van hierdie uitspraak
uiteengesit word, die nodige balans tussen die relevante
faktore
opmaak.
D
ie
oorblywende aspek is u skuldigbevinding aan klagte 3, die diefstal
van R30 000,00 by die klaer Simpson. Die skuldigbevinding
is daarop
gefundeer dat, met valse voorwendsels, u die R30 000,00 by Simpson
bekom het terwyl u geen bedoeling gehad het om die
bedrag terug te
betaal nie en inderdaad geweet het dat u nie in staat sou wees om
die terugbetaling te laat geskied. Soos reeds
gekonstateer, was die
oortreding ernstig van aard.
Die
vasstelling van die vonnis op hierdie
klagte moet egter rekening hou met die vonnis wat op klagte 1, die
klagte van bedrog, gevel
moet word en moet daar na die kumulatiewe
effek van die vonnisse gekyk word.
Adv
Stander
het voorgestel dat ek hierdie klagte met die klagte van bedrog moet
saamneem vir doeleindes van vonnis en een vonnis ten opsigte
van
beide misdrywe vasstel.
Ek stem saam
dat dit nie van pas sou wees dat u verplig word om bykomende
effektiewe
gevangenisstraf uit te dien
nie. Ek meen egter dat die verkieslike formule sou wees die
vasstelling van ân aparte vonnis ten
opsigte van die diefstal
skuldigbevinding en ân bevel dat daardie vonnis met dié wat
vir die bedrog skuldigbevinding opgelê
word moet saamloop.
In u geval,
mev Conway, duik dieselfde
vrae op as dié
wat van toepassing is op u moeder, beskuldigde 1. Ek ag dit nie
nodig om hulle te herhaal nie. Ek verloor
egter nie uit die oog nie
dat hoewel julle sekere versagtende omstandighede in gemeen het,
daar verskille is in jul persoonlike
omstandighede en wel verskille
van ân wesenlike aard, indersonderheid die feit dat, soos reeds
vermeld, u die primêre
versorger is van twee jong kinders. Ek
keer later terug na hierdie belangrike aspek. Daar is ook verskille
rakende die onderskeie
rolle wat u en beskuldigde 1 in die pleeg van
die misdaad gespeel het.
In u geval is
twee deskundige verslae aan my voorgelê, naamlik deur mnr
Breedt, ân kliniesesielkundige, en me
v
Paxton, ân kliniese maatskaplike werker, beide van wie ân
voorvonnis evaluering van u onderneem het. Beide het ook voor my
getuig.
Die standpunt
wat deur adv
Stander
ingeneem is was dat, hoewel na die feit dat u twee jong kinders het
waarvan u die primêre versorger is gekyk kan word ter
beantwoording van die vraag of die vereiste wesenlike en dwingende
omstandighede teenwoordig is, daar inderdaad aan die einde
van die
dag bevind moet word dat onvoldoende basis bestaan vir ân afwyking
van die voorgeskrewe vonnis. Inteendeel, het hy
ân selfs swaarder
vonnis bepleit.
Om die redes
wat hieronder sal blyk kan ek nie met daardie
betoog
akkoord gaan nie.
Die eerste
aspek wat bespreking verg is die rol wat u in die pleeg van die
misdaad
gespeel
het. Ek het reeds gekonstateer dat mev Bosch dié leidende
rol in die uitvoering van die bedrieglike skema gespeel
het. Maar
ek het ook in die hoofuitspraak die bevinding gemaak dat u ân
bestuurs- en besluitnemingsposisie by Usapho beklee
het en luidens
die
getuienis
het u inderdaad ook ân leidende rol in die bedrogspul gespeel,
jeens beide die beleggers sowel as ABSA. En u ook het deurentyd
berekend in u volgehoue optrede volhard (wat ook betrokkenheid by die
wisselruitery en die verkryging van geld vanuit ABSA se tesourie
behels het). Ook u het nie in nypende nood gehandel nie. Weer eens,
soos in die geval van mev Bosch, stel hierdie faktore ernstige
verswarende omstandighede daar.
Aan die
anderkant moet die rol wat u gespeel het, hoewel ân leidende een,
in die lig van die volgende faktore gesien word. Die
hoof rolspeler
was u moeder. Ek het
vroeër
in hierdie
uitspraak
,
en meer breedvoerig in die hoofuitspraak, gehandel met u moeder se
persoonlikheid. As ân saak van waarskynlikheid moes u deur
daardie
verwantskap en dominerende geaardheid beïnvloed gewees het. Dat
u onder daardie invloed gehandel het merk ek as ân
versagtende
omstandigheid aan.
â
n Verdere
oorweging moet genoem word. Daar is geen
getuienis
voor my geplaas dat, afgesien van u besoldiging en ander voordele
wat u as werknemer van Usapho ontvang het, u enige
finansiële
voordeel van die bedrogspul gehad het nie. Inteendeel, het u
uiteindelik finansieel gely. U het naamlik teenoor
ABSA borg vir van
Usapho se skulde gestaan en is u verplig om daardie borge gestand te
doen nadat Usapho gesekwestreer is, en wel
ten bedrae van ongeveer
R900 000,00. Dit het uiteraard kenbare buite-regtelike straf
daargestel.
Die
opmerking
s vroeër gemaak toe ek u
moeder se geval bespreek het oor die volgende aspekte is eweneens
mutatis mutandis
op u van toepassing: die erns van
die misdryf, die enorme impak daarvan op die slagoffers, die element
van afskrikking (wat beide
u en andere aanbetref), die element van
vergelding en die nodigheid dat ek die vereiste balanseringsoefening
moet aanpak.
Soos in die
geval van
mev Bosch, is ek tevrede dat as
ek u persoonlike omstandighede asook die ander versagtende
omstandighede wat vroeër in
hierdie uitspraak uiteengesit
is, behoorlik in oënskou neem en hulle teen die boosheid van u
misdryf en die belange van
die gemeenskap weeg, eersgenoemde tóg
die vereiste wesenlike en dwingende omstandighede daarstel.
Adv
van
der Spuy
, namens u, het ook ân
ernstige pleidooi gelewer dat ek u nie ân bewaringsvonnis moet
oplê nie maar wel ân gemeenskapsbaseerde
vonnis in die vorm
van korrektiewe toesig. Met inroeping van die verslag en getuienis
van mev Paxton, is veral klem gelê
op die belange van u twee
jong kinders, en heel tereg. In hierdie verband verwys ek na die
vroeër breedvoerige bespreking
in hierdie uitspraak van die
oorheersende belangrikheid van die belange van kinders in elke saak.
Dit is met daardie aspek wat
ek lank en angstig geworstel het. Daar
is ook staatgemaak op die verdere getuienis van mev Paxton en mnr
Breedt, wat saamgelees
moet word. Onder andere is die mening
uitgespreek ten effekte dat u nie gevangenismaterial is nie en is
voorgehou dat om verskeie
redes ân gemeenskapsbaseerde vonnis in
die belang van beide u en die gemeenskap sou wees. In hoofsaak het
die redes na u
persoonlike omstandighede verwys saamgelees met die
oorwegings en teenoorwegings wat die vonnisse van gevangenisstraf en
korrektiewe
toesig raak, aspekte wat ek reeds vroeër mee
gehandel het. In navolging van die beginsels vroeër
uiteengesit het
ek ernstige oorweging aan hierdie opinies geskenk,
en opgemerk kan word dat hoewel, soos adv
Stander
betoog het, die getuies op u belange gefokus het, kan nie bevind word
dat die erns van die misdryf en die belange van die gemeenskap
oor
die hoof gesien is nie. Ek is egter genoop om die kommentaar te
maak dat hoewel die getuies melding van laasgenoemde twee
oorwegings
gemaak het was hul klem inderdaad op die belange van u. In hierdie
verband kan die volgende passasie in
S
v Lister
1993 (2) SA 228
(A) op 232 g-h
aangehaal word.
â
I remain
unpersuaded by the submission in counsel's heads of argument that the
court should have adopted the opinion of Dr Sidley
that a gaol
sentence would undermine the treatment to which she would have to
submit herself. Prison, one knows, is not a congenial
place and the
conditions may well be less than ideal for psychotherapy. But then, a
prison is primarily an institution of punishment,
not cure. As the
Court
a quo
was at
pains to point out, the approach of a sentencing officer is not the
same as that of a psychiatrist. The sentencing officer
takes account
of all the recognised aims of sentencing including retribution; the
psychiatrist is concerned with diagnosis and
rehabilitation. To focus
on the well-being of the accused at the expense of the other aims of
sentencing, such as the interests
of the community, is to distort the
process and to produce, in all likelihood, a warped sentence.â
Soos reeds
aangedui, is die feit dat u nie
verantwoordelikheid
vir u bedrieglike optrede aanvaar nie ân negatiewe faktor wat
betref u geskiktheid om aan korrektiewe toesig
onderwerp te word,
hoewel nie ân deurslaggewende diskwalifiserende faktor nie. Ek
aanvaar inderdaad, na aanleiding van die betrokke
verslae aan my
voorgelê, dat u wel ân geskikte kandidaat vir daardie
vonnisopsie is. Die vraag is of sodanige vonnis
in al die
omstandighede gepas sou wees.
Die slotsom waartoe ek geraak
het nadat ek die vereiste balanseringsoefening gedoen het is
dieselfde as in die geval van mev Bosch:
sodanige vonnis sou totaal
ontoereikend wees en die oplegging daarvan sou die regspleging in
diskrediet bring.
Weer eens
geld dieselfde opmerkings ten opsigte van ân vonnis van
gevangenisstraf ingevolge a 276(1)(i).
Weer eens
is ek oortuig dat u behoort uit die gemeenskap verwyder te word en
dat langtermyn gevangennistraf die enigste gepaste vonnis is,
en weer
eens vertrou ek dat die vonnis waarop ek besluit het, wat aan die
einde van hierdie uitspraak uiteengesit word, die nodige
balans
tussen die relevante faktore opmaak.
Om
na
die belange van u kinders terug te keer. Weliswaar sal u
gevangenissetting ten gevolg hê dat u kinders uit die sorg van
die persoon wat huidig hul primêre versorger is geneem word.
Maar soos reeds gekonstateer heers daar ân hegte verhouding
tussen
die kinders en hul vader, u gewese man, en my opvatting van die
getuienis is dat aanvaar word dat sou u tronk toe gestuur
word
hulle in sy sorg geplaas sal word. Uiteraard sal die omstandighede
van die kinders verskil van wat hulle tans is. Genoem
kan word bv
dat die vader werksaam is en dat hy nie dieselfde vrye tyd het as u
tot dusver gehad het om aan die kinders te bestee
nie. Ek is egter
tevrede dat na die belange van die kinders bevredigend omgesien sal
word.
Die vrae wat
beantwoord moet word by die vasstelling van u vonnis, mnr Terblanche,
is dieselfde
as die wat ek reeds mee
gehandel het by die benadering tot die vasstelling van die vonnisse
van beskuldigdes 1 en 2. Weer eens,
hoewel daar versagtende
omstandighede is wat u met hulle in gemeen het is u persoonlike
omstandighede verskillend, en ook is
daar versagtende omstandighede
wat spesifiek u raak, en daarmee moet ek rekening hou.
Weer eens
het adv
Stander
die houding ingeneem dat wat ookal u persoonlike omstandighede is
en wat ookal die versagtende omstandighede wat in u geval
geld, die
vereiste wesenlike en dwingende omstandighede vir ân afwyking
van die voorgeskrewe minimum vonnis nie teenwoordig
is nie;
inteendeel, is ân selfs swaarder vonnis van pas.
Weer eens
om die redes wat hieronder sal blyk gaan ek nie met daardie betoog
akkoord nie. Na my oordeel stel u persoonlike omstandighede
en die
versagtende omstandighede wat in u geval van toepassing is, geweeg
teen die erns van die misdryf en die belange van
die gemeenskap, die
vereiste wesenlike en dwingende omstandighede daar.
U ook
het ân leidende rol in die bedrogspul gespeel, jeens beide
beleggers sowel as ABSA. U het ook deurentyd berekend in u volgehoue
optrede volhard. Inderdaad, was u die brein agter en die aanstigter
van die manipulering van Usapho se bankrekeninge by ABSA wat
op
grootskaal en in verskeie vorms uitgevoer is, insluitende die
wisselruitery. En nie alleen het u direk ân aansienlike getal
beleggers bedrieg deur aan hulle valse gerusstelling te gee oor die
veiligheid van ân belegging by Usapho nie, maar u het ook
Usapho
van valse skrywes oor sy finansiële status en die wyse waarop sy
bankrekening bedryf word voorsien, welke skrywes met
u medewete
aangewend is om beleggers gerus te stel en te bedrieg. Weer eens
stel hierdie faktore ernstige verswaring daar.
Aan die
anderkant moet
bepaalde bykomende
versagtende omstandighede genoem word. Eerstens, daar is geen
aanvaarbare getuienis dat u persoonlik enige
finansiële
voordeel van die bedrogspul gehad het nie. Soos in die geval van mnr
Visagie is dit moontlik dat u optrede toegeskryf
kan word aan ân
verdwaalde siening dat ABSA bevoordeel sou word deur die voortgesette
behoud van die Clifford-Groep se rekenings
wat vir ABSA baie
winsgewend was.
Ten tweede,
verloor ek w
eer eens nie uit die oog nie
dat, soos u ook getuig het, die milieu in die bank, wat in ân mate
verontagsaming van bepaalde bankreëls
en prosedures behels het,
u gemoedstoestand beïnvloed het en tot van u optrede bygedra
het. Ek moet egter nader aandag skenk
aan sekere opmerkings wat deur
dr Labuschagne, ân forensiese kriminoloog, wat ân voorvonnis
evaluering van u gedoen het en
ân verslag aan my voorgelê,
gemaak is. Ek noem as voorbeeld die volgende. Onder die opskrif
â
Die Leerteorie
â
verklaar sy in haar verslag onder andere die volgende:
â
Te
dikwels glo uitvoerende amptenare dat oneerlikheid of misleiding in
die beste b
elang van
die maatskappy, die organisasie of selfs die land is:
â
....in business, whatever is normal is ethical. It
may not be legal but from a business standpoint, if it is normal
practice,
it is ethicalâ (Bartol, 1995: 302).
Uiteraard,
onnodig om te sê, kan so ân houding nie onderskryf word nie.
ân Onwettige praktyk kan eenvoudig nie ân etiese
een wees nie,
hoe â
normaal
â
die praktyk ookal mag wees. En vir sover enige werknemer, u inkluis,
daardie benadering handhaaf is hy die spoor ernstig byster.
En in
elk geval kan die milieu waarna ek hierbo verwys het as
versagtende
omstandighede
nie enigsins hoog
aangeslaan word nie. Weliswaar is van die bankreëls en
prosedures deur ander bankamptenare verontagsaam,
en wel in verband
met die Clifford-groep se rekenings, en dit is ook so dat ABSA en sy
streekkredietafdeling bewus geword het van
van die onreëlmatighede
waaraan u u skuldig gemaak het en hoewel daar deurentyd daarop
aangedring is dat u die onreëlmatighede
in die reine stel het
hulle, soos dit tydens die verhoor gestel is tot op ân laat
stadium, in sekere opsigte, â
geblaf
maar nie gebyt nie
â. Maar hierdie
opmerkings is slegs van toepassing op van u optrede en, weer eens
onnodig om te sê, is die volgehoue misleiding
van ABSA en die
bedrog teenoor hom waaraan u u skuldig gemaak het ân perd van ân
heeltemaal ander kleur. Weer eens kan na
Guntenhöner
gekyk word waar, op
648h, soos volg verklaar is:
â
Counsel for the
accused has referred to what he submits is inadequate control at the
bank. The manager has pointed out that in the
last resort it is
inevitable that a bank would have to rely upon the honesty and
integrity of employees at the bank and particularly
of staff at
managerial level. Even if there was lax control it was nevertheless
the accused's duty to monitor this, not to take
advantage of it, and
in fact to report Shefer's activities.
â
Ten derde, ân
faktor wat by die tweede een aansluit, is dat die
getuienis
geopenbaar het dat mev Bosch ân
veeleisende klient was wat u onder groot druk geplaas het en ek
aanvaar dat ook u, wie as ân
introvert beskryf is, tot ân mate
deur haar gedomineer is. Begrip vir menslike swakhede kom hier na
vore.
Ten vierde,
by oorweging van die gepastheid van gevangenisstraf moet ek nie die
volgende faktore uit die oog verloor nie:
(a) Die feit dat u nie u
besigheidsbedrywighede sal kan voortsit nie sal ân ernstige knou
vir u wees.
Terseldetyd
sal die finansiële sekuriteit van die besigheid se werknemers
(50 in getal waarvan 10 permanente werkers en
die res tydelik) op
risiko wees.
Daarbenewens,
en heel belangrik, sal u vermoë om u twee kinders te onderhou
in die gedrang kom en dit, tesame met die verwydering
van die
vaderfiguur in hul lewens, sou weer eens die beginsel van die
oorheersende
belangrikheid van ân kind se beste
belange in elke saak rakende die kind, waarmee ek reeds vroeër
breedvoerig mee gehandel
het, in die spel bring.
â
n
Spesifieke aspek wat
mnr
du
Toit
geopper het was die nodigheid dat
u ân bepaalde medikasieregime moet volg en het hy betoog dat sou
sake in dié verband
in die tronk skeefloop, veral ten opsigte
van die porfirie waaraan u ly, dit ernstige nagevolge vir u kan
inhou. Die antwoord
is egter dat reëlings getref kan, en moet,
word ten einde te verseker dat u die nodige medikasie ontvang en,
indien nodig,
sou u die hof kan nader vir ân gepaste bevel. Vgl
S
v Mabutho
2005 (1) SACR 485
(W).
Ook mnr
du
Toit
, namens u, het ân
nie-bewaringsvonnis bepleit en wel ân vonnis van korrektiewe
toesig, en veral klem op u persoonlike omstandighede
gelê en
in hierdie verband sterk gesteun het op die getuienis van dr
Labuschagne.
Die
opmerkings wat ek
vroeër ten opsigte
van die benadering van mev Paxton en mnr Breedt gemaak het toe ek mev
Conway se geval bespreek het is
ook op die getuienis van dr
Labuschagne van toepassing.
Die
opmerkings wat ek ten opsigte van
beskuldigdes
1 en 2 gemaak het oor die gepastheid van ân korrektiewe toesig
vonnis is egter eweneens op u van toepassing en
is die slotsom
waartoe ek geraak het dieselfde as in hulle geval. So ook, my
gevolgtrekking rakende ân vonnis van gevangenisstraf
ingevolge a
276 (1)(i).
Weer eens, en
op dieselfde benadering as in die gevalle van
beskuldigdes
1 en 2, is ek oortuig dat slegs ân vonnis van langtermyn
gevangenisstraf van pas is.
Gevolglik
word die
beskuldigdes soos in die
paragrawe wat volg uiteengesit gevonnis.
Beskuldigde 1:
Op klagte 1: Twaalf (12) jaar
gevangenisstraf.
Op klagte 2: Twee (2) jaar
gevangenisstraf, wat met die vonnis op klagte 1 sal saamloop.
Beskuldigde 2:
Tien
(10) jaar gevangenisstraf.
Beskuldigde 3:
1. Drie (3) jaar gevangenisstraf
wat in die geheel opgeskort word vir ân tydperk van vyf (5) jaar
op voorwaarde:
dat die
beskuldigde nie skuldig bevind word aan
bedrog of diefstal of ân poging daartoe wat gedurende die tydperk
van opskorting
gepleeg word en ten opsigte waarvan sy tot
onopgeskorte gevangenisstraf sonder die keuse van ân boete
gevonnis word nie;
dat die
beskuldigde die bepalings van die bevel in
paragraaf
2 uiteengesit stiptelik nakom;
2. Die
beskuldigde word onder korrektiewe toesig
ingevolge artikel 276(1)(h) van die Strafproseswet 51 van 1977 vir
ân tydperk van drie
(3) jaar geplaas, onderhewig aan die volgende
bepalings:
(a) Die
beskuldigde sal onder huisarres wees te Wilgerstraat 13, Amanda Glen,
Durbanville onder die toesig van die Kommissaris
van Korrektiewe
Dienste (hierna âdie Kommissarisâ genoem) tussen die ure vanaf
18h00 tot 06h00 sewe (7) dae ân week vir die
volle duur van die
korrektiewe toesig: met dien verstande dat die Kommissaris gemagtig
word om die ure en termyn van die huisarres
op te skort óf te
verminder óf ân opgeskorte of verminderde gedeelte her in te
stel afhangende van die beskuldigde
se omstandighede, haar volgehoue
nakoming van die voorwaardes ten opsigte van die korrektiewe toesig
gestel, haar samewerking met
die departement Korrektiewe Dienste en
die mate waarin sy toon dat sy vertrouenswaardig is;
(b) Die beskuldigde sal nie
haar woonadres sonder vooraf goedkeuring deur die Kommissaris
verander nie;
(c) Die
beskuldigde sal nie die gebied van die landdrosdistrikte van
Bellville / Goodwood / Kaapstad / Wynberg / Simonstad / Mitchellâs
Plain / Kuilsrivier / Paarl / Stellenbosch / Strand / Somerset-wes
sonder vooraf goedkeuring deur die Kommissaris verlaat nie.
(d)
Die
beskuldigde sal vir twintig (20) ure per maand, op tye soos deur die
Kommissaris bepaal, vir die volle duur van die korrektiewe
toesig,
gratis gemeenskapsdiens by Huis Olivier, Durbanville verrig deur
skoonmaak- en algemene instandhoudingswerk te doen onder
die toesig
van die hoof van Huis Olivier: met dien verstande dat die
Kommissaris gemagtig word om die aantal ure van gemeenskapsdiens
te
verminder óf te vermeerder afhangende van dieselfde oorwegings
as in paragraaf (a) hierbo vermeld en/of waar verdienstelik
die aard
en plek van die gemeenskapsdiens te verander.
(e) Die
beskuldigde sal ân oriënterings- en lewensvaardigheidsprogram,
of ander program of programme, bywoon soos deur die
Korrektiewe
Toesig en Paroolraad bepaal.
(f
) Die
beskuldigde sal haar weerhou van alkoholmisbruik of die gebruik van
dwelmmiddels anders as op voorskrif van ân mediese praktisyn.
Die
Kommissaris
sal toesien dat bogemelde
voorwaardes nagekom word en dat by verbreking daarvan ooreenkomstig
artikel 70 van die Wet op
Korrektiewe
Dienste 111 van 1998 opgetree word.
Die
beskuldigde sal voor of op 6 Maart 2009 by die kantoor van
Gemeenskapskorreksies, Departement
van
Korrektiewe Dienste, Belville aanmeld.
Beskuldigde
4
:
Tien (10)
jaar
gevangenisstraf.
Beskuldigde 6:
1. Drie (3) jaar gevangenisstraf
wat in die geheel opgeskort word vir ân tydperk van vyf (5) jaar
op voorwaarde:
d
at
die beskuldigde nie skuldig bevind word aan bedrog of diefstal of
ân poging daartoe wat gedurende die tydperk van opskorting
gepleeg word en ten opsigte waarvan hy tot onopgeskorte
gevangenisstraf sonder die keuse van ân boete gevonnis word
nie.
dat die
beskuldigde die bepalings van die bevel in
paragraaf
2 uiteengesit stiptelik nakom.
Die
beskuldigde word onder korrektiewe toesig
ingevolge artikel 276(1)(h) van die Strafproseswet 51 van 1977 vir
ân tydperk van
drie (3) jaar geplaas onderhewig aan die volgende
bepalings:
Die
beskuldigde sal onder huisarres wees te 90A Smithstraat,
Aliwal-Noord onder die toesig van die Kommissaris van Korrektiewe
Dienste (hierna âdie Kommissarisâ genoem) tussen die ure van
20h00 tot 06h00 sewe (7) dae ân week vir die volle duur
van die
korrektiewe toesig: met dien verstande dat die Kommissaris
gemagtig word om die ure en die termyn van die huisarres
op te
skort óf te verminder óf ân opgeskorte of
verminderde gedeelte her in te stel afhangende van die
beskuldigde se omstandighede, sy volgehoue nakoming van die
voorwaardes ten opsigte van die korrektiewe toesig gestel,
sy
samewerking met die Departement Korrektiewe Dienste en die mate
waarin hy toon dat hy vertrouenswaardig is;
Die beskuldigde sal nie sy
woonadres sonder vooraf goedkeuring deur die Kommissaris verander
nie;
Die beskuldigde sal nie die
landdrosdistrik van Aliwal-Noord sonder vooraf goedkeuring deur
die Kommissaris verlaat nie;
Die
beskuldigde sal gratis gemeenskapsdiens by die Ikhala Public
Further Education and Training College (hierna âIkhalaâ
genoem) te Somersetstraat, Aliwal-Noord verrig. Die
gemeenskapsdiens sal gedurende die jaar 2009 verrig word, en wel
as volg:
onderrigs- en aanverwante
dienste onder die toesig van die departementshoof, vir vier (4)
ure per week gedurende die kollegekwartale;
administratiewe
dienste onder die toesig van die kampusbestuurder van Ikhala vir
twee (2) ure per week.
Die dienste
en die dae en tye waarop hulle verrig word sal in oorleg tussen die
kampusbestuurder en die Kommissaris bepaal word:
met dien verstande
dat die Kommissaris gemagtig word om die aantal ure van
gemeenskapdiens te verminder óf te vermeerder
afhangende van
dieselfde oorwegings as in paragraaf (a) hierbo vermeld en/of waar
verdienstelik die aard en plek van die gemeenskapsdiens
te verander.
Die
beskuldigde sal hom weerhou van alkoholmisbruik en die gebruik van
dwelmmiddels anders as op voorskrif van ân mediese
praktisyn.
D
ie
Kommissaris
sal toesien dat bogemelde
voorwaardes nagekom word en dat by verbreking daarvan ooreenkomstig
artikel 70 van die Wet op Korrektiewe
Dienste 111 van 1998 opgetree
word.
Die
beskuldigde sal voor of op 6 Maart 2009 by
die kantoor van Gemeenskapskorreksies, Departement
Korrektiewe Dienste, Aliwal-Noord
aanmeld.
_________________
F KROON
Regter van die Hooggeregshof
3 Maart 2009
Namens die
Staat:
A
dv
M Stander
Namens die Verdediging:
Beskuldigde
1 A
dv T Price
Beskuldigde 2
A
dv J van der
Spuy
Beskuldigde
3 A
dv W Jurgens
Beskuldigde 4 Mnr N du Toit
Beskuldigde
6 Adv J Wessels & Adv van Rooyen