Pretorius v Padongelukke Fonds (15225/2006) [2011] ZAGPPHC 204 (24 October 2011)

65 Reportability
Personal Injury Law - Road Accident Fund

Brief Summary

Negligence — Motor vehicle collision — Claim for damages arising from injuries sustained in a motorcycle-truck collision — Eiser (motorcyclist) attempting to photograph an approaching train, made a U-turn on a bridge — Evidence from passengers of the truck and expert witnesses conflicting regarding the circumstances of the collision — Court found that the truck driver acted reasonably and that the motorcyclist was negligent in making the U-turn, leading to the collision — Eiser's claim for damages dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2011
>>
[2011] ZAGPPHC 204
|

|

Pretorius v Padongelukke Fonds (15225/2006) [2011] ZAGPPHC 204 (24 October 2011)

IN
DIE HOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA NOORD
GAUTENG
AFDELING: PRETORIA
Saaknr.:
15225/2006
Datum:24/10/2011
In
die saak tussen:
P.
PRETORIUS
en
PADONGELUKKE
FONDS
UITSPRAAK
Coram:
RABIE R
1.
Die eiser het die verweerder gedagvaar vir skadevergoeding
voortspruitend uit beserings wat hy opgedoen het tydens 'n botsing
op
die Nelspruit - Sabie pad op 30 Junie 2001. Die partye het 'n aansoek
om die skeiding van die kwessie van aanspreeklikheid en
quantum
gedoen en omdat dit gepas was om dit te doen, is so 'n bevel gemaak.
Die verhoor is voortgesit slegs ten opsigte van die
kwessie van
nalatigheid.
2.
Die eiser was die bestuurder van 'n motorfiets wat noord in die
rigting van Sabie gery het en dit is gemene saak dat die versekerde

voertuig, 'n vragmotor, voor die botsing in dieselfde rigting gery
het.
3.
Die eiser se getuienis was dat hy die operasionele bestuurder van
die aksie was wat Transnet deur middel van 'n mediese trein
bedryf
het en wat mediese dienste in die platteland gelewer het. Op die
betrokke dag het die trein van Sabie na Nelspruit beweeg.
Die eiser
het padiangs op 'n motorfiets gery en foto's van die trein vir
bemarkingsdoeieindes geneem. Aangekom by die Rosewall
stasie het die
eiser beoog om foto's van die trein te neem soos dit uit die
plantasie area die stasie sou nader. Hy het egter gevind
dat daar
treintrokke op die stasie staan wat sy uitsig na die aankomende trein
sou belemmer. Hy het toe besluit om 'n entjie met
die pad terug te ry
na 'n plek waar sy uitsig op die aankomende trein onbelemmer sou
wees.
4.
Dit het beteken dat die eiser uit die pad van die stasie links
gedraai het in die pad wat van die Sudwala grotte af kom. Hierdie
pad
vorm 'n paar meter verder 'n T-aansluiting met die pad wat regs van
Nelspruit kom en na Sabie loop. Daar het die eiser by die
stopstraat
gestop en links in die rigting van Sabie gery. Ongeveer 50 meter
verder begin die brug wat oor die treinspoor loop.
Die eiser het
beoog om oor die brug te ry en te stop waar 'n pad 'n paar meter
anderkant die brug na links afdraai. Hierdie plek
was hoer as die
treinspoor en die eiser sou 'n goeie en onbelemmerde uitsig oor die
aankomende trein he.
5.
Eiser het getuig dat die laaste wat hy kan onthou was dat hy
weggetrek het by die stopstraat en besig was om te versnel en ratte

te verwissel en dat hy aan die linkerkant van die pad was. Hy weet
niks van wat daarna gebeur het nie en het dae later in die hospitaal

wakker geword. Hy het ernstige beserings aan ongeveer die hele
regterkant van sy lyf en ook aan sy kop opgedoen.
6.
Die bestuurder van die versekerde voertuig, die vragmotor, is
intussen oorlede en die getuienis van sy twee passasiers is
aangebied.
Die getuienis van mnr A.A. Cumbane en mnr F. Manyike was
merkwaardig dieseifde. Albei het getuig dat hulle vir die eerste keer
die motorfiets waargeneem het toe dit by die T-aansluiting links
gedraai het en dat die motorfiets toe maar ongeveer 13 na 15 meter

voor die vragmotor was. Verder dat die vragmotor agter die motorfiets
gery het sonder dat daar probleme was maar dat die probleem
gekom het
toe die motorfiets 'n u-draai op die brug gemaak het. Beide het
getuig dat die bestuurder van die vragmotor na regs probeer
draai het
om die ongeluk te vermy. Hulle het die punt van botsing aangedui as
ongeveer op die middel van die brug en ongeveer op
die middel van die
pad of ietwat oor op die aankomende laan. Op die brug is daar slegs
een laan vir voertuie in elke rigting. Volgens
beide getuies was die
vragmotor ook maar ongeveer 13 na 15 meter van die motorfiets toe die
u-draai gemaak was. Uit hulle getuienis
kan ook afgelei word dat die
vragmotorbestuurder op 'n stadium gerem het maar het vera! mnr
Manyike se getuienis hieroor gewissel.
7.
Voordat die getuienis van die twee getuies namens die verweerder
beoordeel word, is dit nodig om na die getuienis van die twee

deskundige getuies te verwys wat ook namens die partye aangebied was.
Namens die eiser het mnr Grobbelaar getuig en namens die
verweerder
het Me Badenhorst getuig. Albei is ongeluk rekonstruksie deskundiges.
8.
Vir doeleindes van haar aanvanklike verslag het me Badenhorst
hoofsaaklik staatgemaak op sekere swart en wit foto's wat die toneel

en die skade aan die motorfiets en die vragmotor toon, 'n
polisiesketsplan en die getuieverklarings van die betrokkenes. Mnr
Grobbelaar
se mening was baseer op sy eie waarnemings van die toneel,
foto's wat hy self geneem het, kleurfoto's wat die dag van die
botsingstoneel
geneem is en afmetings wat hy self gemaak het asook
die getuieverklarings van die betrokkenes.
9.
Grootliks op sterkte van die verklarings van die verweerder se twee
getuies en die polisie sketsplan en die swak swart en wit
foto's, het
me Badenhorst aanvanklik die mening gehandhaaf dat die motorfiets
dwars voor die vragmotor was, dws ongeveer teen 'n
90 grade hoek, op
die oomblik van impak. Mnr Grobbelaar het horn oor die punt van
botsing uitgespreek en gevind dat dit nie op
die brug was nie maar
voor die brug of by die begin daarvan en verder dat die motorfiets of
parralel met die vragmotor was of teen
'n baie geringe hoek na regs
was op die oomblik van impak.
10.Die
deskundiges het 'n gesamentlike verslag voorberei nadat me Badenhorst
ook die kleurfoto's en afmetings en foto's van mnr
Grobbelaar onder
oe gehad het. Die kwessie van die kleurfoto's is belangrik omdat die
skade aan veral die motorfiets baie beter
sigbaar is op die
kleurfoto's en daardie skade wesenlik is om die ongeluk te
rekonstrueer. So ook toon die foto's die posisie van
die eiser en die
motorfiets kort na die botsing baie beter aan. Hierdie aspekte is
wesenlik om die punt van botsing en die bewegings
van die vragmotor
en die motorfiets onmiddellik voor die botsing, te kan beoordeel.
11.Beide
deskundiges was die meing toegedaan dat aangesien die eiser na die
botsing op die pad gele het ongeveer by die beging van
die reling van
die brug aan die suidekant, en die motorfiets nog ongeveer 10 meter
verder terug, die botsing plaasgevind het op
die verste waar die
motorfiets was maar meer eerder nog verder terug in die suidelike
rigting na Nelspruit. Hierdie bevinding van
die deskundiges is logies
en aanvaarbaar en beteken dat die getuienis van die twee passasiers
van die vragmotor in hierdie opsig
nie aanvaar kan word nie.
12.
Beide deskundiges was dit ook eens dat die remmerke op die
teeroppervlake van die pad deur die vragmotor gelaat is en dat dit

toon dat die die vragmotor onmiddellik voor die impak horisontaal met
die wit lyn in die middel van die pad beweeg het, dat daar
geen
skuins of sydelingse beweging van die vragmotor voor en tydens die
botsing was nie, dat die vragmotor se regterwieie ongeveer
een meter
links van die witlyn was en dat die vragmotor se linkerwiel dus
basies op of direk langs die iinkerkant van die rylaan
was. Op die
brug is die Iinkerkant van die rylaan deur 'n geel streep gemerk en
voor die brug met (n wit stippellyn. Die rede vir
die wit stippellyn
is omdat die pad op daardie plek begin verbreed terug na die
T-aansluiting.
13.Anders
gestel, en beskou van die kant vanwaar beide voertuie voor die
botsing gekom het, is daar die T-aansluiting waar die eiser
links
gedraai het. Daar is die stoplyn waarby die eiser se hy gestop het.
Dit is ongeveer 50 van die begin van die brug. Hierdie
stoplyn is
egter ietwat terug van die laan wat van die suide, van Nelspruit, af
kom. By die stoplyn verbreed die pad na links en
kan ln voertuig dus
na links beweeg voordat dit die laan van die Nelspruit-Sabie pad
binnegaan. Daardie area vernou egter soos
die brug genader word. Aan
die regterkant van hierdie nouerwordende laan is die wit stippellyn.
:n Voertuig, veral 'n smal een
soos 'n motorfiets, kan dus redelik
ver, dws ongeveer 30 na 50 meter in 'n noordelike rigting ry en
basies parralel met die laan
van die pad van die suide, voordat dit,
kort voor die brug, ongeveer 10 tot 15 meter voor die brug, die laan
van die suide binnegaan.
Ek moet byvoeg dat die afstande deur my
genoem nie absoluut korrek is nie maar dat dit afleidings van die
foto's en mnr Grobbelaar
se afmetings is. Die absolute akkuraatheid
van hierdie afmetings is egter nie wesenlik nie.
14.Soos
voormeld blyk dit op die waarskynlikhede en volgens die deskundige
menings dat die botsing plaasgevind het in die omgewing
waar die die
gedeelte links van die wit stippellyn so vernou dat 'n voertuig
daaroor moet beweeg en die laan van die Nelspruit-Sabie
pad
binnegaan. Namens beide partye is hierdie feit aanvaar.
15.Wat
volgende beoordeel moet word is wat die bewegings van die voertuie
onmiddellik voor die botsing was. In die eerste plek is
dit
onteenseglik dat die getuienis van mnre Cumbane en Manyike dat die
vragmotor na regs uitgeswaai het, nie aanvaar kan word nie.
Ook nie
dat die motorfiets in die middel van die baan voor die vragmotor gery
het nie. Die vragmotor het te alle tye reguit beweeg
en boonop styf
teenaan die Iinkerkant van sy rylaan. Die vragmotor het dus geen
spasie gelaat tussen horn en die motorfiets indien
die motorfiets ook
in daardie laan gery het of op die punt was om in daardie laan in te
ry nie.
16.
Ten aansien van die hoek waarteen die vragmotor en die motorfiets
mekaar getref het, het die getuienis en die submissies namens
die
parye gewissel. Namens die verweerder is betoog dat die hof kan en
behoort te bevind dat die eiser wel (n u-draai wou maak
en dus daarom
'n gevaar of noodsituasie veroorsaak het en dus dat daar geen
nalatigheid aan die kant van die bestuurder van die
vragmotor was
nie. Hierdie submissies is enersyds baseer op die getuienis van die
twee passasiers. Dit mag so wees dat die verwerping
van gedeeites van
'n getuie se getuienis nie noodwendig die geheel van sy getuienis
affekteer nie, maar in die onderhawige gevai
was hierdie getuies se
getuienis so onbevredigend dat ek dit hoegenaamd nie as betroubaar
kan aanmerk nie. Wesenlike aspekte het
hulle eenvoudig verkeerd
gehad. Verder het beide getuies van hulle getuienis afgewyk en by
kere vrae ontwyk of eenvoudig nie geantwoord
nie.
17.Andersyds
het die submissies namens die verweerder ook gesteun op die getuienis
van Me Badenhorst. Haar uiteindelik mening was
dat die vragmotor die
motorfiets teen ongeveer 'n 45 grade hoek getref het. Die betoog was
dan dat indien hierdie getuienis aanvaar
word, dit die weergawe van
'n u-draai ondersteun, al was dit dan heelwat meer na die suide as
wat mnr Cumbane en Manyike getuig
het. Volgens Me Badenhorst word die
posisie van die 45 grade hoek ondersteun deur die skade aan die
vragmotor en die motorfiets.
18.
Mnr Grobbelaar se menig is dat dit nie die gevai kan wees nie. Die
belangrikste aanduiding hiervan is volgens horn dat indien
die
vragmotor die motorfiets getref het teen 'n 45 grade hoek, daar op
die waarskynlikhede gevind sou gewees het dat die vurk van
die
voorwie! ook beskadig was en verder dat daar ook skade aan die
Iinkerkant van die motorfiets sou gewees het omdat die motorfiets

omgestamp sou gewees het.
19.Die
skade aan die vragmotor was die linker voorlig wat teruggedruk was
saam met die onmiddellike area van die bakwerk om en agter
die lig
aan die kant van die vragmotor, en dat daar geel verf aan die sykant
van die wiei van die vragmotor was. Die skade aan
die motorfiets was
die volgende: die voorwiel was gebuig en heelwat van die speke was
totaal afgebreek. Die deskundiges was dit
eens dat een van die wiele
van die vragmotor oor die voorwiel van die motorfiets gery het.
Verder was die regter handvatsel van
die motorfiets na vore gebuig.
Die deskundiges was dit eens dat dit veroorsaak is deur die impak met
die vragmotor se linker voorlig.
Verder was daar 'n duik in die
petroltenk aan die regterkant wat volgens die deskundiges deur die
linker voorwiel van die vragmotor
veroorsaak is omdat dieselfde geel
verf aan die vragmotor se wiel gevind is. Laastens is die langwerpige
gereedskap kassie wat
onder die enjin van die motorfiets vas is,
opgebuig aan die Iinkerkant. Dit het waarskynlik gebeur toe die
voorwiel van die motorfiets
in die grond vasgetrap is.
20.Wat
belangrik is, is dat daar geen skade elders op die motorfiets is nie.
Die motorfiets het dus nie op sy Iinkerkant gevai nie
en dit is een
van die redes waarom mnr Grobbelaar van menig is dat indien die
motorfiets teen ln hoek getref is, die hoek nie meer
as ongeveer 5
tot 10 grade sou wees nie. Die ander rede is dat die vurk wat van bo
af bo oor die voorwiel gaan, nie enige skade
toon nie. Die vurk loop
in die area tussen die handvatsels en die voorwiel en sou nie skade
ontsnap het indien die motorfiets teen
'n 45 grade hoek getref is
nie.
21.Na
my mening is die opinie van mnr Grobbelaar meer waarskynlik die
korrekte een en ek se dit om, onder andere, die volgende redes.
Teen
'n 45 grade hoek en met die eerste impak tussen die vragmotor se
linker voorlig en die motorfiets se regterhandvatsel, sou
'n redelike
groot area van die motorfiets voor die vragmotor gewees het. Daardie
area sluit in die hele stuurkolom, die stuurstang
met die stuurvurk
en die hele voorwiel. Daarbenewens het die vragmotor 'n metaalbuffer
wat heel voor en om die hoek van die vragmotor
en direk onder die
linker voorlig posisioneer is. Die buffer en die metaal area bo die
buffer tot by die lig sou dus die motorfiets
getref het feitlik op
dieselfde oomblik as wat die lig die motorfiets se handvatsel getref
het. Ons weet ook dat die motorfiets
nie weggespat het van die
vragmotor toe die handvatsel getref is nie aangesien die vragmotor se
wiel die motorfiets se petroltenk
getref het en oor sy voorwiel gery
het. Ek vind dus dat op die waarskynlikhede daar wel skade aan die
vurk van die motorfiets sou
gewees het indien die motorfiets op so 'n
skuins posisie was op die oomblik van impak. Insgelyks is dit hoogs
waarskynlik dat die
motorfiets dan ook na sy Iinkerkant sou omgeval
het en skade aan daardie kant sou gehad het.
22.Die
enkele duik in die petroltenk van die motorfiets tesame met die skade
en die afwesigheid van skade pas meer waarskynlik in
met die mening
dat die vragmotor die motorfiets se handvatsel getref het terwyl die
motorfiets parraiel of amper parraiel met die
vragmotor beweeg het.
23.Twee
ander aspekte wat hierdie menig ondersteun en dus die gedagte van 'n
45 grade hoek en ln u-draai minder waarskynlik maak,
is die volgende:
Eerstens
was die eiser juis van voorneme om oor die brug te ry sodat hy foto's
kon neem van die naderende trein. Daar was dus vir
horn geen rede om
*n u-draai voor die brug te maak en weg te ry nie. Namens die
verweerder is betoog dat die eiser van besluit
kon verander het maar
net nie daarvan onthou nie. Dit is omdat die eiser getuig het dat die
laaste wat hy kan onthou was dat hy
na die brug op pad was, en
volgens die betoog kan dit nie uitgesluit word dat in die tydperk
waarin hy vandag nie meer 'n geheue
oor het nie, hy wel sou kon
besluit het om om te draai. Hierdie submissie is uiters
onwaarskynlik. Die eiser het juis die betrokke
dag besluit om met die
motorfiets te ry om foto's van die trein te neem. Sy getuienis was
duidelik oor hoekom hy besluit het om
sy kamera anderkant die brug op
te stel. Dit is nie aan die eiser gestel dat hy kon besluit het om om
te draai en nie foto's van
daardie plek te neem nie. Boonop blyk dit
dat indien die eiser nie eers sy geheue met die botsing verloor het
nie, wat wel 'n moontlikheid
is, dit 'n kwessie van sekondes of
minder moes gewees het tussen die botsing en waar sy geheue horn in
die steek laat. Op die waarskynlikhede
was die eiser dus op pad na
die oorkant van die brug en was dit teen die waarskynlikhede dat hy
'n u-draai sou wou maak.
24.Tweedens
kan verwys word na die area waarin die botsing plaasgevind het en dan
ook meer spesefiek die plek van die botsing met
verwysing na die kant
van die pad. Dit kan aanvaar word, soos wat die partye gedoen het en
ek hierbo bevind het, dat die punt van
impak baie na aan die wit
stippellyn aan die linkerkant van die vragmotor se laan was. Verder
kan aanvaar word dat die botsing
plaasgevind het baie na aan waar die
linker gedeelte 'n nou hoek begin vorm en 'n voertuig na die laan
waarin die vragmotor was,
moes inbeweeg het. Gedagtig aan die feit
dat daar nie getuienis was dat die eiser ooit tot stilstand gekom het
nie, en hy dus in
een beweging 'n u-draai sou moes maak as hy wet
het, is die onwillekeurige afleiding dat daar baie min spasie en op
die waarskynlikhede
te min spasie sou gewees het vir die eiser om sy
motorfiets reeds teen (n 45 grade hoek te he op die stadium toe sy
voorwiel oor
die lyn van die wit stippeliyn begin beweeg het. Om die
motorfiets in so 'n posisie te kry sou 'n onnatuurlike beweging van
die
eiser geverg het.
25.Alles
in ag genome kan na my mening met veiligheid op die waarskynlikhede
bevind word dat die motorfiets nie teen 'n 45 grade
deur die
vragmotor getref is nie maar eerder toe die motorfiets vir alle
praktiese doeieindes parralel met die vragmotor beweeg
het en op die
punt was om aan te sluit op die laan waarin die vragmotor was.
Hierdie siening strook met die moontlike 5 tot 10
grade hoek waarvan
mnr Grobbelaar getuig het.
26.Die
skade aan die motorfiets asook die beserings aan die liggaam van die
eiser strook ook met hierdie bevinding.
27.Dit
is derhalwe duidelik dat die bestuurder van die vragmotor nalatig was
deurdat hy die motorfiets van agter ingehaal het maar
nie die nodige
spasie gelaat het om met veiligheid verby die motorfiets te ry nie
maar inteendeel aan die linkerkant van sy laan
gebly het. Die
motorfiets het nie 'n u-draai gemaak nie en die bestuurder van die
vragmotor het die motorfiets getref omdat hy
nie 'n veilige afstand
gehandhaaf het nie.
28.Die
verder vraag ontstaan derhalwe of daar enige bydraende nalatigheid
aan die kant van die eiser was. Namens die verweerder
is betoog dat
die verdeling groot in die guns van die verweerder behoort te wees en
namens die eiser is betoog dat hy geensins
nalatig was nie en indien
wel, baie gering.
29.Met
die eerste opslag is dit duidelik dat indien die vragmotor na regs
beweeg het, hy die motorfiets met veiligheid verby sou
gegaan het.
Wat egter ook opval is dat die motorfiets nie in die laan van die
vragmotor kon gewees het op die oomblik van botsing
nie. Indien wel
sou die vragmotor van agter teen die motorfiets gebots het omdat die
vragmotor teenaan die linkerkant van sy laan
beweeg het. Namens die
eiser is betoog dat die eiser in die gedeelte links van die wit
stippellyn kon gewees het, en dus niks verkeerd
gedoen het nie, en
dat sy handvatsel deur die vragmotor se lig, wat die heel
linkerkantste punt van die vragmotor is, getref is.
30.Dit
mag miskien so wees maar hierdie argument verloor uit die oog dat die
voertuie in beweging was en dat die geheel van die
gebeure beoordeel
moet word. Na my mening kan na die volgende verwys word: Die eiser se
dat toe hy by die stopstraat gestop het,
hy nie die vragmotor sien
aankom het nie. Gedagtig aan hoe gou die botsing plaasgevind het
nadat die eiser na links gedraai het,
is ek ietwat ongemaklik met
hierdie getuienis van die eiser. Sy getuienis is egter nie weerle nie
en ek hou ook in ag dat die stopstreep
ietwat terug van die laan van
die suide gelee is en daar 'n grondwal langs die pad is wat die eiser
se uitsig na regs kon versper
het. Boonop is daar 'n bult verder aan
wat wat ook die uitsig op aankomende verkeer verhoed. As dit nie vir
hierdie faktore was
nie, sou die eiser die vragmotor van redelik ver
sien aankom het. As die eiser direk die laan van die suide wou
binnegaan of oorsteek
sou hy waarskynlik weer die area na regs moes
beskou het voordat hy dit gedoen het.
31.Indien
dus aanvaar kan word dat dit vir die eiser veilig was om links te
gaan, sou dit slegs veilig wees om in die deel links
van die linker
stippellyn te beweeg. Dit is inderdaad wat die eiser gedoen het
omdat, soos ek reeds hierbo genoem het, die eiser
nooit voor die
botsing volledig in die laan van die suide was nie. Soos genoem sou
die die vragmotor die motorfiets dan van agter
getref het.
32.Hoe
dit ook al sy, ek aanvaar dus en bevind dat die eiser nie nalatig was
om links te draai toe hy wel het nie. Wat egter wel
in ag gehou moet
word is dat die eiser dan, eerstens, van 'n stiistaande posisie
beweeg het in die rigting van die brug en dat
hy vir tussen 30 en 50
meter beweeg het tot waar hy die lyn van die wit stippellyn aan die
linkerkant van die iinkerlaan van die
suide bereik het. Teen 'n
gemiddelde spoed van versnelling sou hy dus vir 'n tydjie in die
gedeelte links van die laan waarin die
vragmotor beweeg het, gery het
en sou sy aandag na voor gevestig gewees het. Indien sy gemiddelde
spoed 30 km per uur was, sou
hy tussen 3,6 en 6 sekondes in 'n
posisie gewees het waar hy in die rigting van die brug ry voordat hy
in die laan van die vragmotor
hoef in te gaan. Selfs al was die eiser
se gemiddelde spoed meer en die afstand korter beteken dit nog dat hy
vir 'n tydjie na
die brug se kant gery het en nie sou geweet het wat
agter horn gebeur nie tensy hy spesifiek gekyk het nie.
33.Soos
ek reeds tevore bevind het, het die botsing plaasgevind so te se op
die laaste punt waar die eiser in die laan waarin die
vragmotor was,
sou kon inbeweeg het. Op die waarskynlikhede het die eiser nie na
agter gekyk voor hy op die punt was om in die
laan in te ry nie of
het hy te laat gekyk, en is die motorfiets se handvatsel en moontlik
ook die lyf van die eiser op daardie
oomblik deur die vragmotor
getref wat intussen die eiser van agter ingehaal het. Die eiser se
motorfiets was dus te naby aan die
lyn van die wit stippellyn indien
die posisie van die vragmotor in ag gehou word. Selfs al het die
eiser nie beoog om die laan
waarin die vragmotor was binne te gaan
nie maar links van die stippellyn en later die geel streep te bly,
dan sou daardie spasie
waarskynlik steeds te nou gewees het indien
die vragmotor se posisie in ag gehou word.
34.Indien
die eiser na agter of in sy truspieel gekyk het of betyds gekyk het,
sou hy die vragmotor gesien het wat aan die linkerkant
van die laan
op horn afpyl. Aangesien hierdie weegawe van die botsing nooit aan
die eiser gestel is nie en die voorbereiding van
die deskundiges nie
werklik daarop gerig was nie, alles vanwee die verkeerde inligting
vervat in die verklarings van die twee passasiers
wat nooit voor die
verhoor aangebreek het, kwalifiseer was nie, is dit moeilik om die
graad van die eiser se nalatigheid te bepaal.
Die eiser mag
byvoorbeeld wei gekyk het maar kon dit te laat gewees het om iets te
doen of dalk was sy poging eenvoudig nie effektief
nie, alles vanwee
die feit dat die vragmotor onnatuurlik naby aan die linkerkant van sy
laan beweeg het en die eiser nie 'n voertuig
in daardie posisie
verwag het nie. Die spoed van die vragmotor kon ook nie bepaal word
nie. Wat ook al die geval, ek is egter tevrede
dat daar wel
nalatigheid aan die kant van die eiser was deurdat hy te naby aan die
begin van die laan waarin die vragmotor was,
gery het, maar is
insgelyks tevrede dat sy nalatigheid baie gering was indien dit met
die nalatigheid van die bestuurder van die
vragmotor vergelyk word.
35.Die
nalatigheid van die bestuurder van die vragmotor was substansieel. Hy
het te alle tye die eiser voor horn sien beweeg op
die gebied links
van sy laan en moes geweet het dat die eiser geleidelik voor horn op
die linkerbaan sou inbeweeg of selfs links
van die stippellyn en
uiteindelik die geel streep sou hou. Desnieteenstaande behou hy sy
koers wat feitlik noodwendig tot 'n botsing
sou lei en beweeg nie 'n
iota na regs nie. Boonop slaan hy sy remme aan relatief naby aan die
punt van die botsing nadat dit reeds
te laat was. Die eiser het nie
'n vinnige of onverwagse beweging uitgevoer wat in die besondere
omstandighede wat geheers het,
'n gevaar geskep het nie. Die
bestuurder van die vragmotor kon met gemak die botsing vermy het deur
eenvoudig nader aan die regterkant
van sy baan te ry of desnoods
ietwat oor die midde! van die pad te gaan. Daar was geen aankomende
verkeer nie. Om te volhard met
sy lyn van beweging teenaan die
linkerkant van sy baan, wetende dat die area links van die baan
uiteindelik te klein sou wees vir
die motorfiets om in te beweeg en
boonop dat die bakwerk van die vragmotor breer is as die wieie en dus
waarskynlik oor die linkerkant
van die baan sou strek, grens aan die
roekeiose.
36.Na
my mening behoort die nalatigheid van die bestuurder van die
vragmotor op 90 persent gestel te word en die bydraende nalatigheid

van die eiser op 10 persent.
Ek
bevind dus dat die Verweerder aanspreekWk is om die Eiser vir 90
persent van sy skade te vergoed.
37.
Wat betrei die koste van die saak behoort die koste die u\ts\ag te
volg. Wat betref die koste van die deskundige is ek meegedeel
dat die
takseerbare koste op party en party skaal hedendaags slegs 'n gerlnge
bedrag \nhou wat onrealisties is en hoegenaamd nie
in pas is met wat
getuies soos mnr Grobbelaar op geregtig sou wees nie. Die gewone
bevel sou dus inhou dat die eiser onregverdiglik
penaliseer sou word.
Ek is tevrede dat hierdie betoog ge\d\g is en dat die kostebevel
aangepas behoort te word ten einde te verhoed
dat die eiser onnodig
'n verelies ly.
38.
Bygevolg maak ek die volgende bevel:
1.
Dit word bevind dat die Veweerder aanspreeklik is vir 90 persent van
die skade wat die Eiser mag slaag om te bewys dat hy gely
het in die
botsing op 30 Junie 2001 of van die skade waarop die partye
ooreenkom.
2.
Die Verweerder word gelas om die Eiser se koste te betaal ten opsigte
van die verhoor voor hierdie Hof en van die saak vir sover
dit
betrekking het op die meriete van die saak wat deur hierdie hof bereg
is, welke koste die volgende sal \ns\u\t:
2.1
Die koste van senior-junior advokaat vir drie dae verhoor.
3.2Die
redelike en billike koste yerbonde aan die kwalifisering van, en di
voorbereiding en samestelling van 'n verslag en gesamentlike
versls
deur, Mnr B. Grobbelaar.
3.3Die
redelike en billike koste verbonde aan die voorbereiding vir, en die
bywoning van die verrigtinge deur, die deskundige getuie
Mnr
B.
Grobbelaar vir 'n periode van drie dae, sodanige koste om
getakseer te word op die skaal soos tussen prokureur en klient en
onderhewig
aan die Takseermeester se diskresie.
3.
Mnr B. Grobbelaar word verklaar as 'n noodsaaklike getuie.