About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2011
>>
[2011] ZAGPPHC 171
|
|
Lausberg v Pandongelukfonds (35025/2002) [2011] ZAGPPHC 171 (16 September 2011)
NOT
REPORTABLE
IN
DIE NOORD GAUTENG HOE HOF. PRETORIA /ES
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
SAAKNO: 35025/2002
DATUM:16/09/2011
IN
DIE SAAK TUSSEN
REGHARDT
LAUSBERG
....................................................................................
EISER
EN
PADONGELUKFONDS
......................................................................................
VERWEERDER
UITSPRAAK
PRINSLOO.
R
[1]
Die eiser dagvaar die verweerder in terme van die Padongelukfondswet
56 van 1996 vir skadevergoeding wat voortspruit uit ernstige
liggaamlike beserings wat hy opgedoen het in 'n motorbotsing wat
plaasgevind het op 16 Desember 1999 om ongeveer 00:30 op die hoek
van
Panoramaweg en Klapperstraat. Kempton Park.
[2]
Voor my het mnr De Jager SC. bygestaan deur mm Maritz, vir die eiser
verskyn en mnr Giildenpfennig, bygestaan deur mnr Uys,
vir die
verweerder.
[3]
Die quantum van die eis het nie voor my ter sprake gekom nie.
Agtergrond
en 'n samevatting van die geskilpunte
[4]
Op die betrokke datum en tyd hot die eiser, toe 17 jaar oud. rofweg
van suid na noord in Panoramaweg gery op sy 125cc motorfiets.
[5]
Panoramaweg is 'n teerpad wat in die middel verdeel is deur n soliede
wit lyn. Dit dra enkel-verkeer in beide rigtings naamlik
suid-noord
en noord-suid. Elke baan is 3.5m wyd. Ten weste van die pad is daar
'n hoe muur wat parallel daarmee gebou is. Die muur
is 5,5m van die
westelike randsteen van die pad af.
[6]
Aan die westekant van die pad is daar 'n skuins randsteen en tussen
die randsteen en die muur is die area met gras bedek.
[7]
Die eiser se bewustelose liggaam is gevind op 'n punt ongeveer 55m
ten noorde van waar Klapperstraat van wes na oos in 'n T-aansluiting
by Panoramaweg aansluit. Die Klapperstraat verkeer word by die
aansluiting deur 'n stopteken beheer.
[8]
Die eiser het ongeveer in die middel van die grasgedeelte gele tussen
'n kraginstallasie of 'n kas waarin kragpunte gei'nstalleer
is en 'n
elektriese paal, wat albei ongeveer in die middel van die
grasgedeelte en ten weste van Panoramaweg opgerig is. Die eiser
het
ongeveer 5,6m ten suide van die elektriese paal gele en sy motorfiets
ongeveer 15m ten noorde daarvan naby aan die muur. Effens
ten suide
van waar die motorfiets gele het was daar skraapmerke teen die muur
wat vermoedelik (op albei kante se weergawes) deur
die motorfiets
verdorsaak is.
[9]
By die Klapperstraat aansluiting en in die boog van 'n regop gedeelte
van die randsteen voordat die randsteen reguit begin loop
en die
westelike kant van Panoramaweg vorm, is daar twee swart merke teen
die regop randsteen gevind wat moontlik deur die voorwiel
van die
motorfiets veroorsaak is. Die veiling van die voorwiel van die
motorfiets was ook beskadig.
[10]
Verder ten suide van die plek waar die eiser gevind is, sluit
Greenstraat ook by Panoramaweg aan. Vanaf hierdie aansluiting
en vir
ongeveer 220m tot waar die eiser gevind is loop Panoramaweg reguit.
[11]
Daar is 'n formele erkenning op rekord geplaas wat lui dat die
ongelukstoneel slegs ongeveer een kilometer ten suide van die
eiser
se ouerhuis is waar die eiser gebore en getoe is en die eiser het,
ten tye van die ongeluk, die betrokke pad elke dag gery.
[12]
Dit is ook gemene saak dat soos die eiser die Greenstraat aansluiting
sou genader het daar 'n reeks draaie in die pad is, en
hierdie
toedrag van sake word soos volg beskryf op bewysstuk "C12"
wat 'n foto is wat deel vorm van bewysstuk "C"
wat 'n
bundel van dokumente en foto's is:
"When
approaching the intersection with Green Street (to the back of the
camera position) motorists must traverse a series
of tight curves
with very few escape routes. This requires careful driving?1
[13]
Dit is ook gemene saak dat die eiser. weens die beserings wat hy
opgedoen het. geen berinnering het ten opsigte van die ongeluk
nie.
Hy was vir ongeveer 'n week in 'n koma en ly aan amnesia. Om hierdie
rede het die eiser self nie getuig nie. en is daar nie
gevra dat
enige nadelige afleiding gemaak behoort te word weens die eiser se
versuim om te getuig nie.
[14]
Daar is geen ooggetuies, of minstens ooggetuies wat bekend is aan
enige van die partye, van die ongeluk nie.
[15]
Bewysstuk "Dl" is 'n handige sketsplan van die
ongelukstoneel wat die Klapperstraat aansluiting aantoon asook
Panoramaweg
en die muur wat aan die weste kant van Panoramaweg gebou
is. Dit toon ook die kraginstallasie, die lamppaal en die posisies
waar
die eiser en die motorfiets gevind is. Ten suide van die
ongelukstoneel, tussen die kraginstallasie en die Klapperstraat
aansluiting,
is daar nog 'n elektriese kragpaal. ook op die
grasgedeelte ten weste van Panoramaweg en min of meer halfpad tussen
die muur en
die straat.
[16]
In terme van die eiser se gewysigde besonderhede van vordering. het
daar op die betrokke datum en tyd en plek n botsing plaasgevind
tussen 'n motorvoertuig ("die versekerde voertuig") met
registrasienommer JCJ064 GP bestuur deur ene Franzozo. en die
eiser
se motorfiets wat toe deur laasgenoemde. bestuur is, met
registrasienommer FLK711GP. Dit is gemene saak dat hierdie betrokke
"versekerde voertuig" 'n Corsa bakkie is ("die Corsa
bakkie").
[17]
In sy verweerskrif ontken die verweerder dat so 'n botsing
plaasgevind het.
[18]
Hierdie ontkenning het die eiser genoop om sy besonderhede van eis te
wysig om in die alternatief 'n bewering in te sluit dat
die botsing
plaasgevind het tussen die motorfiets en 'n motorvoertuig waarvan die
eienaar asook die bestuurder en die registrasie
besonderhede aan die
eiser onbekend is.
[19]
Voor my het die verweerder ook so 'n botsing ontken, en aangevoer dat
die eiser om een of ander onverklaarbare rede, en sonder
dat sy
motorfiets van agter aangery is, beheer daaroor verloor het, in die
boog van die regop randsteen by die Klapperstraat aansluiting
teen
die randsteen gebots het, en die motorfiets daarna buite beheer op
die gras langs getol en beweeg het tot waar dit meer as
50m verder
tot rus gekom het.
[20]
Die kern geskil voor my was dus die vraag of, op die waarskynlikhede,
die motorfiets in botsing was met of die Corsa bakkie
of 'n
ongeidentifiseerde voertuig en, in die alternatief, of daar glad nie
so 'n botsing was nie.
Die
Corsa bakkie
[-24-] By die aaavaag van die vcrhoor
is~ek meegedeel dat daar getuienis sou wees dat die Corsa bakkie
inderdaad op die ongelukstoneel
gesien is. Dit was ook nie in geskil
nie. Die verweerder se saak sou wees dat die bestuurder van die Corsa
bakkie nie ontken dat
hy op die toneel was nie maar sal se dat hy
slegs na die tyd daar opgedaag het.
[22]
In die bewysstukke was daar foto's van skade wat 'n tydjie na die
ongeluk te sien was aan die voorkant van die Corsa bakkie.
[23]
Die eiser het deskundige getuienis aangebied wat daarop gemik was om
te bewys dat die skade aan die Corsa bakkie versoenbaar
was met die
skade teen die agterkant van die motorfiets en, so is dit getuig,
gevolglike skade wat veroorsaak sou word toe die
eiser bo-op die
enjinkap van die Corsa bakkie geval het. Namens die verweerder is
aangevoer dat die betrokke skade opgedoen is
in 'n ander botsing
tussen die Corsa bakkie en 'n Landrover.
[24]
Uiteindelik is ek meegedeel deur die advokate van die eiser dat daar
nie volhard word met die saak dat die Corsa bakkie in
die botsing
betrokke was nie en dat die eiser horn toespits op die alternatiewe
saak, naamlik dat die motorfiets van agter aangery
is deur 'n ander
voertuig, vermoedelik een wat hoer van die grond af met die agterkant
van die motorfiets gebots het as wat die
Corsa bakkie met die
motorfiets sou gebots het.
Die
getuienis
[25]
Die eerste en enigste getuie namens die eiser was Hendrik Johannes
Phillipus Fourie ("Fourie").
[26]
Fourie is 'n deskundige op die gebied van die ondersoek van
motorbotsings en die rekonstruksie daarvan. Hy het toepaslike
opleiding in hierdie verband by die WNNR deurloop en die nodige
praktiese ondervinding oor 'n aantal jare opgedoen.
[27]
'n Groot gedeelte van Fourie se getuienis was daarop gemik om my te
oortuig dat die Corsa bakkie (of minstens die bestuurder
daarvan) die
sondebok was. Die grootste gedeelte van sy kruisondervraging het ook
hiermee te doen gehad. Omdat die saak ten opsigte
van die Corsa
bakkie laat vaar is, hoef ek my nie verder met hierdie getuienis te
bemoei nie.
[28]
Wat myns insiens van belang is, is Fourie se getuienis, wat ek
oortuigend gevind het, dat die skade aan veral die agterste
gedeelte
van die motorfiets op die waarskynlikhede dui op 'n botsing met 'n
ander voertuig. Fourie stel dit soos volg in sy deskundige
verslag.
Dit is para 11 op "C14":
"In
my opinion, three specific aspects of the visible damage strongly
indicate a rear impact on the motor cycle. The seat and
pillion
handle grip had"been forced upwards and~forwards (photo 11).
This is typical of a'reaf wheel override in a rear end
collision. The
second aspect is the circumferential scuffing on the rear wheel
(photo 11) and the fact that the splash tray had
been ripped out
(photo 11) and is seen lying on the tyre in the photos presented.
This was also caused by rear wheel override.
Lastly, the sprocket
chain had been dislodged, which is only possible if the rear wheel
was forced violently forwards or twisted
sideways. In the context of
this incident, it is clear that the wheel was forced forward by a
rear end collision to dislodge the
sprocket chain."
Hierdie
skade word ook duidelik geillustreer op fotos in bewysstuk "C"
wat die eiser se vader dieselfde dag van die motorfiets
geneem het.
Dit is fotos 9, 10 en 11 watte vinde is op "CI 4" en "C15".
[29]
In sy getuienis het Fourie hierdie skade en sy gevolgtrekkings verder
toegelig. Die sitplek is vorentoe en boontoe geknak.
Dit sou strook
met 'n botsing van agter deur 'n groter en swaarder voertuig. Die
"circumferential scuffing" is skraapmerke
wat die omtrek
van die agterband van die motorfiets volg. Die skraapmerke loop in
die rigting wat die band sou beweeg het.
Die
"splash tray" is 'n plastiese skerm binne in die
modderskerm om die bestuurder teen modder wat opspat te beskerm.
Dit
is los geskeur van die hegtingspunt en ook aanduidend van 'n botsing
van agter.
Die
feit dat die ketting los geskeur het. is versoenbaar met 'n botsing
van agter en "override" naamlik waar die groter
hoer
voertuig van agter gedeeltelik oor die agterste gedeelte van die
motorfiets beweeg. Dit is die "sprocket chain"
wat oor die
getande rat gei'nstalleer is. Al hierdie skade is in harmonie met 'n
botsing van agter en "override".
Die
bokant van die nommerplaat is ook beskadig en dit dui daarop dat dit
vorentoe verplaas is. Dit dui ook op 'n botsing van agter.
[30]
Verder is die staal strukture net bokant die wiel ook vorentoe
gebuig. Dit is 'n aluminium pyp, sterker as die bak dele maar
nie
soliede staal nie.
[31]
Die krapmerke aan die muur kan nie met die skade wat die getuie oor
uitgewei het vereenselwig word nie. Dit kon moontlik deur
die punt
van die voetstuk waarop die eiser se voet gerus het veroorsaak gewees
het ("die voetrus").
[32]
Daar is wel gras sigbaar bokant die agterste nommerplaat wat
verstrengel is in die gedeelte wat beskadig is bokant die
nommerplaat.
Volgens Fourie doen dit nie afbreuk aan sy getuienis dat
daar 'n botsing van agter moes gewees het nie. Namy mening was daar
eers
'n botsing van agter en daarna sou die motorfiets agteroor
tuimel in die gras in.
[33]
Pomie was van mening dat al die_skade~wat sigbaar was aarrdie
agterkant van die motorfiets nie deur 'n blote agteroor rotasie
op
grond en gras veroorsaak kon gewees het nie. In so 'n geval sou hy
verwag het dat die sitplek aan die agterkant opwaarts sou
buig en nie
sou knak soos die geval sou wees m 'n botsing met 'n ander voertuig
nie.
[34]
In kruisondervraging is Fourie gekonfronteer daarmee dat dit volgens
die fotos blyk dat die onderste deel van die nommerplaat
ongeskonde
was en slegs aan die boonste gedeelte en verder bokant die
nommerplaat skade aan die agterkant van die motorfiets aangerig
was.
Dit is aan Fourie gestel dat dit onwaarskynlik is dat die onderste
deel ongeskonde sou bly in 'n botsing tussen 'n motorvoertuig
en die
wiel van die motorfiets. Fourie het getuig dat die rotasie veroorsaak
deur die botsing sodanig kan wees dat die onderste
deel ongeskonde
bly totdat die boonste deel van die nommerplaat die kap van die motor
tref. Daar was ook merke sigbaar op die onderkant
van die nommerplaat
maar dit was nie duidelik of dit botsing skade was al dan nie. Fourie
het in kruisondervraging getuig dat die
merke ("scuffing")
op die band veroorsaak word as gevolg van 'n botsing van agter
waardeur die wiel effens skuins gedraai
word en skuur teen strukture
van die motorfiets en nie strukture van die motor wat daarmee bots
nie. Fourie het getuig dat die
bandmerke tipies is van 'n "override".
[35]
In kruisondervraging het Fourie toegegee dat die skade aan die
veiling van die voorwiel en die merke op die randsteen by
Klapperstraat
se aansluiting versoenbaar is met 'n motorfrets-wat die
randsteen geiref het. Fourie het egter nie toegegee dat dit onomwonde
aanvaar
kan word dat die skade aan die voorwiel deur die randsteen
veroorsaak is nie.
Bewysstuk
"08" toon die plek op die randsteen waar die merke gevind
is, ongeveer 55m vanaf die elektriese installasiekas.
Soos ek Fourie
se getuienis verstaan het. meen hy dat dit onwaarskynlik is dat die
motorfiets en die eiser so ver sou getol het
sonder die tussenkoms
van 'n botsing van agter. Na my mening is daar veel te se vir so 'n
gevolgtrekking. Ek meen dat dit onwaarskynlik
is dat die eiser, as hy
vir 'n ander rede as 'n botsing van agter beheer verloor het en by
Klapperstraat teen die randsteen gebots
het so ver sou tol en steeds
op die motorfiets sou bly totdat hy nog ten noorde van die
kraginstallasie op die gras beland het.
Die motorfiets het nog meer
as 20m verder te lande gekom, met ander woorde meer as 70m vanaf die
Klapperstraat randsteen. Dit is
ook gemene saak dat daar 'n 60kpu
spoedbeperking geld op hierdie punt waar die ongeluk plaasgevind het.
Dit moet natuurlik toegegee
word dat die eiser moontlik vinniger as
60kpu gery het.
[36]
Wanneer die waarskynlikhede onder die loep kom, is die vraag
natuurlik ook wat die eiser sou besiel het om van sy normale roete
wat hy elke dag ry, naamlik op die ryvlak van Panoramaweg. af te wyk
en met die ronding (in die Klapperstraat kruising) van die
regop
randsteen te bots. Dit is myns insiens meer waarskynlik dat so iets
sou gebeur het as gevolg van 'n botsing van agter wat
die motorfiets
van sy koers sou aa afwyk as wat dit sou gebeur het vir 'n ander en
onverklaarbare rede sonder die tussenkoms van
'n motorvoertuig wat
die motorfiets van agter aangery het.
[37]
Die getuie het volhard met sy mening dat die omstandighede, soos hy
dit geskets het. insluitende die skade aan die motorfiets.
op die
waarskynlikhede eerder dui op 'n botsing as 'n "ongeluk"
sonder dat daar 'n botsing met 'n ander voertuig was.
[38]
In hierdie opsig het ek Fourie se getuienis bevredigend gevind. Ek
laat my nie uit oor wat ek dink van sy getuienis wat daarop
gemik was
om die Corsa bakkie by die botsing te betrek nie.
[39]
Nadat die eiser sy saak gesluit het, het die verweerder mnr Barry
Grobbelaar as enigste getuie geroep. Mnr Grobbelaar is 'n
bekende en
gerespekteerde deskundige wat gereeld in hierdie hof getuig oor die
rekonstruksie van motorbotsings.
[40]
Breedweg kan dit gese word dat mnr Grobbelaar getuig het dat die
skade aan die motorfiets ook versoenbaar is bloot met 'n botsing
of
botsings met die gras oppervlakte nadat die motorfiets die randsteen
by Klapperstraat getref het sonder dat dit in 'n ander
botsing
betrokke was.
[41]
In hulle gesamentlike verslag. in die besonder in para 7 op "C41",
word die verskil tussen die benaderings van die
twee deskundiges so
uitgespel:
"Mr
Fourie is of the opinion that the damage at the rear of the motor
cycle, notably the way that the pillion seat had been
pushed up. the
dislodged splash tray of the rear wheel and the circumferential
discoloration on the side wall of the rear tyre
of the motor cycle
are typical signs of a rear end override indicating that the motor
cycle was struck from behind by a motor vehicle.
Mr Grobbelaar is of
the opinion that this damage is all compatible with motion of the
motor cycle to its position of rest. In this
regard, when considering
that the motor cycle at least at some point made contact with a
grassy surface with the rear thereof,
this would account for the
pillion seat pushed upwards when it struck the grassy surface. This
also implies at least one half-rotation
of the motor cycle to its
position of rest. During such motion, it is likely that other
parts/sections of the motor cycle including
the side wall of the rear
tyre also impacted with objects and/or surfaces in its path. In this
regard the evidence against the
wall in the photographs provided also
indicates probable impact with the wall."
[42]
Ek het reeds te kenne gegee dat die waarskynlikhede myns insiens
eerder Fourie se weergawe ondersteun. Die skade wat aan die
agterkant
van die motorfiets aangetref is, is in vele opsigte, aldus Fourie se
oortuigende getuienis in hierdie verband. versoenbaar
met 'n botsing
van agter wat veroorsaak is deur 'n ander voertuig. Daar is ook die
geweldige afstand tussen die Klapperstraat randsteen
en die plek waar
die eiser en die motorfiets gevind is. bykans 70m ten noorde van die
Kiapperstraat aansraiting. -Verder is daar-die
-feit,-
soos-oorcengekom-tussen -die-partye, dat die eiser destyds hierdie
pad daagliks gery het en dat hy vroeer, voor die Greenstraat
aansluiting, moeilike draaie in die pad sou trotseer het sonder om bv
teen die randsteen vas te ry.
[43]
Dan het mnr Grobbelaar ook. heel korrek. sekere toegewings in
kruisonder\Taging gemaak. In die algemeen moet ek se dat mnr
Grobbelaar my ook bei'ndruk het as 'n goeie en indrukwekkende getuie.
Hy het toegegee dat as 'n ander voertuig as die Corsa bakkie,
wat
hoer van die grond af met die agterwiel van die motorfiets gebots het
die veel ligter motorfiets dan vorentoe gedryf het, dieselfde
resultaat kon ingetree het. Die ligter voorste voertuig word makliker
versnel na die spoed van die swaarder agterste voertuig wat
nie self
veel spoed verloor nie. So 'n resultaat kon mnr Grobbelaar nie
uitsluit nie. Die meganika van so 'n botsing wat mnr Grobbelaar
self
verduidelik het is net so versoenbaar met die alternatiewe scenario
van die eiser wat self vir 'n ander onverklaarbare rede
beheer oor
die motorfiets verloor het.
Gevolgtrekking
[44]
Vir al die redes wat ek genoem het, het ek tot die gevolgtrekking
geraak dat die eiser daarin geslaag het om op 'n oorwig van
waarskynlikhede te bewys dat sy motorfiets met 'n ander voertuig in
botsing was en dat hierdie botsing veroorsaak het dat hy beheer
oor
die motorfiets verloor het en die beserings opgedoen het wat gelei
het tot sy eis om skadevergoeding.
[45]
Ek voeg by dat daar geen betoog was oor nalatigheid as sodanig nie:
as daar gevind word, soos ek gedoen het, dat 'n onbekende
voertuig
die motorfiets van agter aangery het en toe die toneel verlaat het.
is die enigste redelike afleiding dat die besluurder
van die
onbekende voertuig nalatig was. en dat sodanige nalatigheid bygedra
het tot die ongeluk en die skade van die eiser.
Daar
was ook geen betoog dat daar bydraende nalatigheid aan die kant van
die eiser sou wees as hy deur 'n ander voertuig van agter
aangery is
nie. So iets is ook nie gepleit deur die verweerder nie.
[46]
Teen hierdie agtergrond volg dit derhalwe dat die verweerder
aanspreeklik gehou moet word vir 100% van die eiser se bewese
of
ooreengekome skade.
Koste
en kwalifiserende fooie
[47]
Vanwee die moeilikheidsgraad van die saak is ek tevrede dat die eiser
billik opgetree het deur die dienste van twee advokate
in te roep.
Die verweerder het dieselfde gedoen.
[48]
Ek is ook van mening dat Fourie se getuienis van 'n toepaslike
deskundige aard was en noodsaaklik was vir die eiser om sy saak
te
bewys.
Die
bevel
[49]
Ek maak die volgende bevel:
1.
Dit word verklaar dat die verweerder aanspreeklik is vir 100 persent
van die eiser se bewese of ooreengekome skade voortspruitend
uit die
botsing van 16 Desember 1999.
2.
Die verweerder word gelas om die koste te betaal wat die koste van
twee advokate insluit asook die deskundige Fourie se kwalifiserende
fooie.
W
R C PRINSLOO
REGTER VAN DIE NOORD GAUTENG HOE HOF
35025-2002
GEHOOROP:
2 TOT 4
AUGUSTUS 2011
VIR
DIE EISER: P J J DE JAGER SC EN S MARITZ
IN
OPDRAG VAN: N VAN DER WALT ING
VIR
DIE VERWEERDER: J S M GULDENPFENNIG EN P L UYS
IN
OPDRAG VAN: GILDENHUYS LESSING MALAT.II PROKUREURS