About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2011
>>
[2011] ZAGPPHC 167
|
|
Deale v Padongelukfonds (21484/2008) [2011] ZAGPPHC 167 (16 September 2011)
NOT
REPORTABLE
IN
DIE NOORD GAUTENG HOE HOF, PRETORIA
SAAKN0MMER:-
21484/2008
DATUM:16/09/2011
In
die saak tussen:
M.S.
DEALE
.....................................................................................................................
EISER
en
PADONGELUKFONDS
.....................................................................................
VERWEERDER
UITSPRAAK
HIEMSTRA
WR
[1]
Die geskil in hierdie saak gaan oor die vraag of skade weens verlies
van onderhoud gely deur die weduwee van die oorledene as
gevolg van
die nalatige bestuur van 'n versekerde motorvoetuig verminder moet
word weens die bydraende nalatigheid van die oorledene
deurdat hy 'n
motorfiets bestuur het sonder 'n vaihelm. Indien so bevind word, moet
die Hof die mate bepaal waartoe enige skadevergoeding
verminder moet
word.
[2]
Die partye is dit eens dat bestuurder van die versekerde voertuig die
botsing veroorsaak het deurdat hy 'n stopteken verontagsaam
net, en
dat die verweerder derhaiwe aanspreelik is vir 100% van die eiseres
se bewese of ooreengekome skade.
[3]
Die verweerder het ingevolge Reel 33(4) van die Eenvormige Hofreels
versoek dat die vraag van aanspreeklikheid van die verweerder
vir die
eiseres se skade en die verdeling daarvan ingevolge artikel 1(1) van
die We top er-deling van Skadevergoeding, 34 van 1956
soos gewysig,
geskei word van die vraag ten aansien van die kwantum van die skade.
Mnr Geach het hierdie aansoek bestry, maar toegegee
dat die
bewoording van die subreel nie voorsiening maak daarvoor dat sodanige
versoek geweier kan word nie. Ek het derhaiwe sodanige
bevel gemaak,
en die saak ten aansien van die kwantum van die skade sine die
uitgestel. Mnr Geach het verder betoog dat ek die
verweerder moet
gelas om die verspilde koste te betaal wat teweeggebring is deur die
uitstel. Hierdie versoek is gegrond op die
feit dat die verweerder op
'n laat stadium aangedui het dat hy sodanige versoek sou rig, en dat
die eiser om daardie rede voorbereid
was om op beide aanspreeklikheid
en quantum voor te gaan. Ek het sodanige bevel gemaak insluitend die
koste van die deskundige
verslae wat betrekking het op die kwantum
van die eiseres se skade.
[4]
Mnr Willem Deale (die oorledene) is oorlede as gevolg van 'n botsing
tus-sen 'n motorfiets en 'n Toyota Corolla. Die oorledene
het die
motorfiets bestuur en mnr John Hoddamby, die eienaar daarvan, was 'n
passassier agter op die motorfiets. Volgens mnr Hoddamby
het die
bestuurder van die versekerde voetuig die stopteken op die hoek van
Oxford- en Benonistrate, Rustenburg, verontagsaam en
reg voor die
motorfiets ingery. Volgens skatting het die motorfiets tussen 80 en
100 km per uur gery in Benonistraat onmiddellik
voor die botsing.
[5]
Dit is gemeensaak dat die oorledene nie 'n valhelm gedra het nie.
[6]
Hy het beswyk as gevolg van frakture van die skedel met ekstensiewe
be-serings van die inferior oppervlakte van die regter temporale
lob
asook die frontale iobbe van die brein.
[7]
Ek is verwys na al die toepaslike gesag oor die vraag of die versuim
om 'n valhelm te dra of van 'n veiligheidsgordel gebruik
te maak,
bydraende nalatigheid kan uitmaak. Na voeere beslissings tot die
teendeel, is dit nou geykte reg dat dit we I bydraende
nalatigheid
daarstel waar die beserings van so 'n aard is dat 'n vaiheim of
veiligheidsgordel op die waarskynlikhede die skade
sou beperk het.
1
[8]
Beide partye steun op deskundige getuienis wat handel met die mate
waartoe die dra van 'n valhelm die risko van dood of ernstige
beserings kan beperk. Dr J.W. Van der Spuy, 'n geregistreerde chirurg
en voormalige hoof van die Medico-regsdepartement aan die
Universiteit van Kaapstad, met be-sondere ervaring van verkeerstrauma
het ten gunste van die eiseres getuig. Hy het verwys na 'n
aansienlike volume internasionale portuur-beoordeelde (peer reviewed)
literatuur. Die literatuur is gebaseer op hospitaalstatistieke
en
sluit derhaiwe nie ongelukke in waar bestuurders geen beserings
opgedoen het nie. Die statistieke reflekteerdus die beskermende
effek
van valheims laer as die werklikheid. Volgens dr Van der Spuy se
analise van die literatuur is die oorweldigende mening die
volgende:
[8.1]
Persone wat nie valheims dra nie, se kanse om skedelfrakture op te
doen is tien maal hoer as die wat dit wel dra, vier maal
hoer om
ernstige bre-inskade op te doen en drie maal hoer om
gesigbeenfrakture op te doen.
[8.2]
Deur 'n valhelm te dra, die oorledene die risiko van 'n noodlottige
geisoleerde skedel- en breinbeserings sou verminder het
met 90
persent; anders gestel, as hy 'n valhelm gedra het sou daar 'n 10
persent moontlikheid gewees het dat hy 'n hoofbesering
sou opdoen. In
daardie gevai is dit hoogs waarskynlik dat die beserings veel minder
ernstig sou wees. Hy bevind ook dat dit hoogs
onwaarskynlik is dat hy
noodiottig beseer sou word.
[9]
Dr Leon Wagner, 'n regsgeneeskundige konsultant en forensiese
patoloog en entosiastiese motorfietsryer, het ten gunste van die
verweerder getuig. Sy getuienis en versiag is in wese 'n antwoord op
die verslag van dr Van der Spuy. In sy verslag is hy snydend
in sy
kritiek teen dr Van der Spuy se bevindinge en verskil ten sterkste
daarvan.
Afrika.
Valhelms vir motorfietsryers is ook diesiefde. Die statistieke is dus
uni-verseel.
[9.2]
Hy verskil "ten sterkste" met die stelling dat die dra van
'n valhelm 'n noodlottige hoofbesering sou voorkom. Dit
is egter
gladnie wat dr Van der Spuy gese het nie. Hy het gese dat 'n
noodlottige hoofbesering hoogs onwaarskynlik sou wees ("distinctly
unlikely").
[9.3]
Hy beweer dat die verslag veralgemeen en geensins handei met die
di-rekte feite, beserings en/of nagevolge van hierdie betrokke
geval
nie. Geeneen van die twee deskundiges dra kennis van die betrokke
geval nie en grond hulle getuienis op die verslag van die
nadoodse
ondersoek. Dr Wagner was dus in presies dieselfde posisie as dr Van
der Spuy. Tot die mate dat dr Van der Spuy se verslag
nie met die
direkte feite en beserings handei nie, handei sy eie verslag ewe min
daarmee.
[9.4]
Hy beweer dat die internasionale statistieke waarna dr Van der Spuy
ver-wys nikseggend is. Hierdie is 'n onverklaarbare stelling.
Die
mensiike skedel in die Verenigde State of enige ander piek is presies
dieselfde as in Suid-Afrika. Valhelms vir motorfietsryers
is ook
diesiefde. Die statistieke is dus uni-verseel.
[10]
Dr Wagner se konklusie in sy verslag is dat daar geen bewyse is dat
die dra van 'n goedgekeurde motorfietsvalhelm die beserings
en/of
komplikasies van hierdie besering sou kon voorkom nie. Onder
kruisverhoor moes hy egter toegee dat die waarskynlikheid van
'n
noodlottige besering minder sou wees indien die oorledene 'n valhalm
sou gedra het. Hy het 'n persentasie van 33.3 persent gewaag
teenoor
dr Van_der Spuy se 90 persent.
[11]
Ek vind dr Wagner se verslag en getuienis foutvinderig en geniepsig.
Insoverre hy verskil van dr Van der Spuy, verkies ek die
getuienis
van dr Van der Spuy.
[12]
Die mate van vermindering van risiko deur die dra van 'n valhelm is
egter nie bepalend van die persentasie waartoe die skade
van die
eiseres verminder moet word nie. Die vraag is uitvoering behandel in
General Accident Versekeringsmaatskappy v Uijs N.O
2
(die Uijs-saak). Die eerste vraag is hoe-ver die eiser (in hierdie
geval die oorledene) afgewyk het van die norm van die bonus
pater
familias.
3
In hierdie geval meen ek dat dit so voor die hand liggend is dat 'n
valhelm in alle gevalle gedra moet word, dat die oorledene
se versuim
om een te dra neerkom op 'n 100 persent afwyking van daardie norm.
[13]
Die partye is dit eens dat die bestuurder van die versekerde voertuig
ook 100 persent afgewyk het van die norm van die bonus
pater
familias. Daar kan dus moontlik betoog word dat albei gelyke skuld
het met betrekking tot die veroor-saking van die skade.
Ingevolge
arikel 1(1)(a) van die Wet op Verdeling van Skadevergoeding moet sy
skade egter verminder word tot die mate waartoe dit
regverdig en
billik is. Die skuld van die twee bestuurders is anderssoortig. Die
oorledene het geensins bygedra tot die veroorsaking
van die botsing
nie. As dit nie vir die versekerde bestuurder se nalatigheid was nie,
sou geen botsing plaasgevind het nie. Daarom
ag ek dit biliik dat die
verweerder vir die grootste deel van die skade aanspreekiik gehou
moet word.
[14]
Die persentasie skuld toegeken in gevalle waar persone versuim om
sit-plekgordels te gebruik skyn nie 25 persent te oorskry
nie. Die
hot a
quo
in
die Uijs-saak het gese dat daar geen gerapporteerde Suid-Afrikaanse
uitspraak is waarin meer as 25% skuld op 'n eiser geplaas
is nie.
4
Ek kon ook geen latere saak vind waar 'n hoer persentasie skuld op so
'n eiser geplaas is nie. Ek kon ook nie 'n gewysde vind wat
spesifiek
handei met dieversuim om 'n valhelm te dra waar 'n verdeling van
skadevergoeding toegepas is nie.
[15]
Daar is nie 'n beginselverskil tussen die versuim om 'n sitplekgordel
te dra en die versuim om 'n valhelm te dra nie. Ek meen
egter dat die
risiko ver-bonde aan die versuim om
:
n
valhelm te dra groter is as die versuim om 'n sit-plekgordel te dra.
'n Persoon in 'n motorvoertuig is immers geisoleer deur die
kajuit
van die voertuig. Verder val 'n persoon in
l
n
motorvoertuig nie nood-wendig op die pad nie, soos dit onvermydelik
die geval is by 'n motorfiets. Ek beskou 'n persoon wat versuim
om 'n
valhelm op
l
n
motorfiets te dra as veel meer roekeloos en onverantwoordelik as 'n
persoon wat versuim om 'n sit-plekgordel te dra.
[16]
Na my mening is dit regeverdig en biliik om die skade wat die eiseres
bewys te verminder met 30 persent.
Gevolglik
maak ek die volgende bevel:
1.
Die
verweerder is aanspreekiik vir 70 persent van die skade wat die
eiseres mag bewys;
2.
Die
verweerder word gelas om die eiser se koste tot op datum te betaal
insluitende die koste van die deskundige verslag van dr Leon
Wagner,
asook die Eiseres se reis- en verblyfkostes vir bywoning van die Hof.
HIEMSTRA
WAARNEMENDE
REGTER VAN DIE HOE HOF
Datum
van die verhoor: 2011-09- 14
Datum
van uitspraak: 2011-09-16
Advokaat
vir die Eiser: Adv B.P. Geach SC
Prokureur
vir die Eiser:N. Geach Prokureurs
Advokaatj/jr
die Verweerder:Adv-W.W. Geyser
Prokureur
vir die Verweerder:Dyason Ing
1
Union
National South British Insurance Co Ltd v Vitoria 1982 (1) SA444
(A); Vorster & Another v AA Mutual insurance Association
Ltd
1982 (1) SA 145
(T); Bowkers Park Komga Cooperative Ltd v
South African Railways & Harbours
1980 (1) SA 91
(E); Genera!
Accident Versekeringsmaatskappy v Uijs NO 1993 (4) SA 228 (A)
2
Supra
3
Op
235C-D
4
Uijs-saak
op 234G-l