Van Aardt NO v Van Niekerk and Others (A218/2010) [2011] ZAGPPHC 178 (2 September 2011)

35 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Execution — Appeal against absolution from instance — Appellant, as executor of deceased estate, sought to enforce a claim for payment of VAT against respondents arising from a property sale — Appellant alleged he was misled into paying VAT by first respondent and failed to prove a legal duty on second and third respondents to advise him against such payment — Court found that the appellant's claim was based on a misunderstanding of contractual obligations and that the respondents had no legal duty to provide the disputed advice — Appeal dismissed with costs.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2011
>>
[2011] ZAGPPHC 178
|

|

Van Aardt NO v Van Niekerk and Others (A218/2010) [2011] ZAGPPHC 178 (2 September 2011)

NOT
REPORTABLE
IN
DIE NOORD GALTENGSE HOeHOF, PRETORIA
(
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA)
Saaknommer:
A218/2010
DATUM:02/09/2011
In
die saak tussen:
PIETER
MARTHINUS VAN AARDT N.O.
….......................................................
Appellant/Eiser
en
IZAK
JOHANNES MATHYS van NIEKERK
…................................
Ist
Respondent/Verweerder
KIRCHNER
ElENDOMME
...............................................................
2de
Respondent/Verweerder
OLIVIER.
CRONJe & STIGLINGH PROKU-
REURS
...............................................................................................
3de
Respondent/Verweerder
UITSPRAAK
[1]
Die appellant is die eksekuteur in die boedel van wyle Gideon
Johannes Louw
("die
eiser"). Die eiser het voor sy afsterwe 'n aksie in die
landdroshof. Brits teen die eerste. tweede en derde rcspondente
as
eerste. tweede en derde verweerders ingestel. Die landdros het na
aanhoor van die eiser se getuienis en sluiting van sy saak.
'n bevel
van absolusie van die instansie met koste toegestaan. Hierdie is 'n
appel teen die bevel van die landdros.
[2]
Die eiser se eis teen die respondente het voortgespruit uit "n
koopkontrak wat die eiser met die eerste respondent gesiuit
het
ingevolge waarvan die eiser "n onroerende eiendom van die eerste
respondent gekoop het vir 'n koopprys van R 450 000.00.
Die eiser se
skuldoorsaak teen die eerste respondent is 'n condictio indebiti. Die
bewerings in die dagvaarding is dat die eiser
gedurende Oktober 2006
op aandrang en versoek van die eerste respondent, alternatiewelik die
tweede respondent en derde respondent,
"n bedrag van R55 263.00
aan die eerste respondent betaal het ten opsigte van BTW wat deur die
respondente aan die eiser voorgehou
is as synde regtens deur horn
betaalbaar aan die eerste respondent uit hoofde van die koopkontrak
terwyl die koopkontrak. op "n
korrekte interpretasie daarvan.
die BTW ingesluit het; dat die eiser oorreed is om 'n lening by die
tweede respondent aan le gaan
om die BTW netaling te kan doen; en dat
die eiser die gemelde bedrag in die bona fide en redelike geloof dat
dit deur horn betaalbaar
v\as. aan die eerste respondent betaal het.
[3]
Die eiser se skuldoorsaak teen die eerste en tweede respondente. wat
onderskeidelik die betrokke eiendomsagentskap en die prokureurs
wat
moes toesien lot die registrasie van oordrag van die eiendom was. was
dat daar 'n regsplig op die tweede en derde respondente
gerus het om
die eiser te adviseer dai die BTW by die koopprys van die eiendom
ingesluit was. dat hulle v\edereglelik en opsetiik.
alternatiewelik
nalatiglik versuim het om die korrekte advies aan horn te gee. dat hy
daardeur beinvloed en oorreed is om die BTW
aan die eerste respondent
te betaal wat hy nie regtens verplig was om te doen nie. en dai hy as
gevolg van die tweede en derde
respondente sc verbreking van hulle
regsplig skadc gely het.
[4]
Die eiser se getuienis was dat die eerste respondent onge\eer lien
maande na sluiting van die koopooreenkoms vir hom gese het
dat hy vir
BTW geregistreer is en dat die eiser die BTW van ongeveer R60 000.00
moes betaal. Die eiser was baie ongelukkig dat
dit eers op daardie
stadium vir hom gese is en hy hei nie die geld daarvoor beskikbaar
gehad nie. Hy wou he die eerste respondent
moet dit betaal. Die
verteenwoordiger van die tweede respondent het vir hom gese dat hy
nie bekommerd moet wees nie. hulle sal
'n plan maak. Ongeveer 'n week
daarna is die eiser deur die eerste respondent gekoniak en meegedeel
dat hy hom in sy kantoor moet
gaan si en aangesien hy iemand gekry
het om "n lening aan hom toe te staan.
[5]
Die eiser se getuienis in kruisverhoor oor sy gesprek met die eerste
respondent was die volgende:
"Indien
die verweerder sou kom getuig dat op 27 Julie 2006 daar 'n
vergadering was waaronder itself en die eerste verweerder
teemvoordig
was, en u 'n skikking met die eerste verweerder hereik het —nee
ek hei geen skikking met iemand' gesluit nie.
En
dan as die verweerder sou getuig u 'n addisionele bedrag van R55
263.00. —ja dit is waar.
Bo
en behalwe die bedrag van R450 000,00.

maar
daar was geen skikking nie, ek he! geweet dit is die VAT wat betaal
moet word op 'n stadium, ek kan nie die da turns onlhou
presies nie.
Maar ek was nie his vir 'n hakleiery nie., dit is hoe kom ek die
lening aanvaar het. En omdat ek a/reeds RI00 000.00
deposito gegee
hei en het ek al verskeie, ek het geld spandeer op die eiendom al was
dit nog nie op my naam nie. As die eiendom
se prys meer sou rank as
R450 000,00 sou ek ook nie helanggestel he! om dii ie koop nie. "
[6]
Die lening is deur die tweede respondent aan die eiser toegestaan.
Die bedrag van die lening was R63 300,00 en het die eiser
in staat
gestel om nie slegs die BTW van R 55 263.00 te betaal nie. maar ook
'n gedeelte van die transportkoste en die koste vir
die registrasie
van sy verbandlening. ten aansien waarvan hy slegs "n gedeelte
van die bedrag beskikbaar gehad het.
[7]
Dit is duidelik uit die eiser se getuienis dat die rede waarom hy die
BTW betaal het. nie was omdat hy bona fide maar verkeerdelik
geglo
het dat hy verplig is om dit te betaal nie. Die rede was dat die
eerste respondent nie die BTW wou betaal nie en die eiser
toe
ingestem het om dit te betaal omdat hy nie in "n bakleiery
betrokke wou raak nie en omdat hy reeds die deposito betaal
het en
geld op die eiendom spandeer het. Op daardie getuienis kon die
condictio indebiti teen die eerste verweerder nie geslaag
het nie.
[8]
Wat die eis teen die tweede en derde respondente betref. het die
eiser in sy dagvaarding bloot die bewering gemaak dat die tweede
en
derde verweerders 'n regsplig gehad het om die eiser te adviseer dat
hy nie die BTW hoef te betaal nie. Dit is "n konkiusie
wat in
die dagvaarding gepleit is sonder dat enige leite daarvoor beweer is.
Die getuienis wat deur die eiser aangebied is het
ook nie enige
stawing vir so "n regsplig gebied nie. Die argument namens die
appellant was dat die tweede respondent en die
derde respondent
onderskeidelik 'n eiendomsagentskap en 'n prokureursfirma is wat
behoort te weet dal artikel 10(2)(ii) van die
Wet op Belasting op
Toegevoegde Waarde.
89
van 1991. hepaal dat waar 'n koopkontrak nie voorsiening maak vir
betaling \an BTW deur die koper nie. die BTW geag word b\ die

koopprys ingesluit te wees. Selfs al het die tweede en derde
respondente dit geweet. en onderhewig aan wat hierna oor klousule
3
van die koopkontrak gese word, volg dii myns insiens nie dat hulle 'n
regsplig gehad het om die eiser daaroor te adviseer nie.
Die eiser
het hulle ook nie vir hulle advies gevra toe die eerste respondent
die standpunt ingeneem het dat hy nie die BTW wil
betaal nie. Hy het
omdat hy nie in "n bakleiery betrokke wou raak nie en omdat hy
nie die transaksie wou laat skipbreuk ly
nie. ingestem om die BTW te
betaal. Op die eiser se getuienis kon die eis teen die tweede en
derde respondente gegrond op die verbreking
van "n beweerde
regsplig leenoor die eiser. derhalwe ook nie geslaag het nie.
|9]
In die lig van die voorgaande. was die landdros se bevel van
absolusie van die instansie met koste na my mening korrek.
[10]
Dit is nodig om na klousule 3 van die koopkontrak te verwys. Dit lees
soos volg:
"Die
Koper sal aanspreeklik wees vir helaling van Transport koste.
hereregte en of BTW. seelregte en koste in verband daarinee.
en sal
sodanige gelde op aanvraag aan die Transportprokureur betaal. "
Daarvolgens
was die eiser in elk geval aanspreeklik vir betaling van of die
hereregte of die BTW wat op die transaksie betaalbaar
sou wees, in
die lig daarvan dat die eerste respondent vir BTW geregistreer was.
was daar me hereregte nie. maar wel BTW betaalbaar.
Die eerste
respondent se standpunt dat hy nie die BTW wou hetaal nie. was dus
geregverdig. en die eiser se instemming om die BTW
te hetaal was dus
in elk geval in ooreenstemming met sy aanspreeklikheid ingevolge
klousuie 3 van die koopkontrak.
[11]
Die respondente het op 4 Augustus 2011, ongeveer twee en 'n half weke
voor die aanhoor van die appel. "n aansoek geliasseer
waarin
gevra word dat die appel van die rol geskrap word, alternatiewelik
dat die appel opgeskort word en die appellant gelas word
om binne
sewe dae "n behooiiik ondertekende vol mag te liasseer waarin
die appellant se prokureurs gemaglig word om die appel
voort te sit.
om binne sewe dae sekurileit in die bedrag van R50 000.00 vir die
koste van die appel te stel en om binne sewe dae
"n volledige
appel rekord le liasseer.
[12]
Wat die voimag betref. het dit geblyk dat die appellant se prokureurs
reeds op 1 Augustus 2011 "n kennisgewing geliasseer
het waarbv
"n brief van die appellant aangeheg was waarin hy sy prokureurs
se mandaat bevestig het. Wat die gebrekkige rekord
betref. het die
appellant se prokureurs op 19 Augustus 2011. twee dae voor die
aanhoor van die appel. "n aansoek om kondonasie
geliasseer
waarbv die ontbrekende gedeeltes van die oorkonde aangeheg is. Die
appellant se prokureur het in haar ondersteunende
eedsverklaring gese
dat sy die hetrokke dokumente uit die rekord weggelaat het omdat s\
van mening was dat dit nie nodig was om
dit by die rekord in te sluit
nie. Die dokumente was bewysstuk "A" in die landdroshof.
wat uit 47 bladsye bestaan het.
die landdros se uitspraak en bladsye
1 tot 5 van die verhoor iranskripsie. Hoewel nie al die dokumente
noodsaaklik was vir die
appel nie. was die landdros se uitspraak
klaarblyklik noodsaaklik en moos "n aantai bladsye van bewysstuk
"A" ook
by die rekord ingesluit gevvees hei. Bladsye 1 tot
5 van die transkripsie van die verhoor het bestaan uit die
openingshetoog van
die partye se regsverleenw-'oordigers. en was nie
nodig nie. Die aansoek vir sekuritcit vir koste is nie beslis nie
aangesien die
appel op die meriele geargumenteer en afgehandel is.
[13]
Die respondente se bogenoemde aansoek was dus gedeellelik suksesvol.
Na my mening is die respondente geregtig op die helfte
van die koste
van die aansoek. Die appellant het die koste veroorsaak deur die
liassering van s\ kondonasie aansoek getender.
[13]
Advokaal Klopper. wat namens die respondente verskyn het. hei gevra
dat. indien die appel van die hand gewys word, die appellant
en s\
prokureurs gelas moet word om de bonis propriis die respondente se
koste te betaal aangesien dit uit briewe wat deur die
appellant aan
die derde respondent geskryfhet geblyk het dat daar geen fondse in
die boedel is om die appel mee te voer nie. en
dal die respondente
nie hul koste sal kan verhaai indien so "n bevel nie gemaak word
nie. Dit biyk egter dal daar "n
onroerende eiendom in die boedel
is en dal die boedelrekening nog gefinaliseer moet word. Dit is ook
nie geargumenteer dat die
appellant of sy prokureurs roekeloos
opgetree het om die appel voort te sit nie. In die omstandighede meen
ek nie dal "n kostebevel
soos deur meneer Klopper versoek
geregverdig is nie.
[14]|
In die omstandighede word die volgende bevel gemaak:
1.
Die appel word van die hand gewys met koste;
2.
Die appellant word gelas om die koste van sy kondonasie aansoek van
17 Augustus 2011 asook die helfte van die koste van die respondente

se aansoek van 4 Augustus 2011 te betaal.
J
W LOUW, R
Ek
stem saam:
S
W SAPlRE, W R
APPELLANT/EISER
SE ADVOKAAT: ADV N KRUGER-HECKROODT
Tel:
012-424 4000
Sel:
076 824 0070 PROKUREURS VIR DIE APPELLANT/EISER:
RINA
RHEEDERS PROKUREURS
Brooklynweg
361
BROOKLYN.
PRETORIA
Verw:
R Seheffer/Rv0055 Tel: 012-460 9819
RESPONDENT
SE ADVOKAAT: Onbekend
EERSTE,
TWEEDE EN DERDE VERWEERDERS/ RESPONDENTE SE PROKUREURS:
OLIVIER,
CRONJe & STIGHLINGH PROKUREURS
Harringtonstraat
70
BRITS
Verw:
MMS/ar/KIR3/0073