Du Toit en Anders v Direkteur van Openbare Vervolging en Anders (33769/11) [2011] ZAGPPHC 134 (21 July 2011)

62 Reportability
Constitutional Law

Brief Summary

Human Rights — Treatment of detainees — Applicants, part of the accused in the Boeremag case, sought restoration of their rights after privileges were revoked following an escape attempt by other accused — Legal issue centered on the balance between the applicants' rights to dignity and fair treatment versus the security concerns of the respondents — Court held that the applicants, not involved in the escape attempt, were entitled to the restoration of their rights and privileges as their treatment was unjustly affected by the actions of others.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2011
>>
[2011] ZAGPPHC 134
|

|

Du Toit en Anders v Direkteur van Openbare Vervolging en Anders (33769/11) [2011] ZAGPPHC 134 (21 July 2011)

NOT
REPORTABLE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA NOORD
GAUTENG,
PRETORIA.
SAAKNOMMER
33769/11
DATUM:21/07/2011
In
die tussen:.
M
DU TOIT en 5
ANDER
.......................................................................................
APPLIKANTE
vs
DIE
DIREKTEUR VAN OPENBARE
VERVOLGING
.......................................
le
RESPONDENT
DIE
MINISTER VAN VEILIGHEID EN
SEKURITEIT
.....................................
2e RESPONDENT
MINISTER
VAN KOSTITUSIONELE ONTWIKKELING
.................................
3e
RESPONDENT
MINISTER
VAN KORREKTIEWE
DIENSTE
.................................................
3e RESPONDENT
UITSPRAAK
Gelewer
op
R
D CLAASSEN R:
1.
Die
vyf applikante vorm deel van die beskuldigdes wat in hierdie hof
teregstaan in die sg Boeremagsaak. Op 31 Mei 2011 het van die
ander
beskuldigdes probeer ontsnap vanuit die hofsaal tydens 'n verdaging.
As gevolg van die voorval is baie van die voordele en
voorregte wat
die beskuldigdes geniet het, summier ontneem. Die ses applikante was
nie deel van diegene wat inderdaad probeer wegkom
het nie. Op grond
van daardie feit bring hulle hierdie aansoek op sterkte van art. 38
van die Grondwet, vir die onmiddellike herstel
van al hul voormalige
(mense-)regte. Hierdie saak het voor my gekom as 'n dringende
aansoek. Dit handel oor hulle menseregte, en
meer in besonder hoe
hulle hanteer word, binne en buite die hof. Die volgende hoftermyn
begin weer volgende week. Dit is vir hulle
belangrik dat hierdie
aansoek voor daardie tyd beslis word. Die beginsels hier ter sprake
is diepgaande vir ons regspleging. Vanwee
die kort tyd tot my
beskikking sal dit nie moontlik wees 'n diepgaande en rigtinggewende
uitspraak daaroor te gee nie. Ek kan maar
hoogstens na sekere van die
feite van die besondere saak verwys, en daarop beslis. Daarvoor moet
ek by voorbaat verskoning vra.
2.
Volgens
die Kennisgewing van Mosie eis hulle in wese die herstel van die
volgende "regte":
2.1
Dat hulle sonder voetboeie in die hof verskyn
2.2
Dat hulle selle eers 22.00 uur saans gesluit word
2.3
Herstel van reelings m.b.t. Vorige konsultasies met
regsverteenwoordigers en mede beskuldigdes
2.4
Besoeke, insluitende kontakbesoeke, met familie en naasbestaandes
2.5
Gebruik van skootrekenaars in die hof en in die gevangenis
2.6
Ontvangs van kos- en ander pakkies
2.7
Dat Sesde Applikant se besoeke deur sy Sielkundige en Geestelike
werker herstel word, by die hof asook by die gevangenis.
2.8
Dat die Applikante in 'n aparte voertuig vanaf die tronk na die hof
vervoer word.
3.
Dit
is gemeensaak dat die leier van die Eerste Respondent se regspan, die
dag na die ontsnapping, in die hof aangekondig het dat
al bg regte
summier ingekort word. Daar was geen konsultasie vooraf met die
beskuldigdes se regspanne hieroor nie.
4.
Op
versoek van die applikante, is die (dringende) aansoek verhoor in
dieselfde hof waar die strafverhoor plaasvind. Dit is duidelik
gedoen
om aan my, wat nie betrokke is in die strafverhoor nie, te wys wat
die omstandighede is met betrekking tot die beveiliging
van die
beskuldigdes tydens hofsittings. As gevolg van die verskillende eise
gestel deur die applikante, het ek toe ook 'n inspeksie
ter plaatse
gedoen van die omstandighede buite die hof, asook onder in die
aanhoudingsgebied. Daar kan kortliks na die volgende
aspekte verwys
word:
4.1
In die hof alleen was daar ten minste 12-14 uniform-polisiemanne en
-vroue teenwoordig, wat reg rondom die hof gestaan het,
afgesien van
die ondersoekbeampte. Binne en buite elke deur.was daar ten minste
3-4 polisie teenwoordig. Die regter se toegangsdeur
word gesluit
tydens die hofverrigting. Onder in die aanhoudingsgebied, waar die
beskuldigdes,
volgens
inligting van die balie af, in verskillende selle aangehou word, was
daar ten minste 7-8 polisie teenwoordig.
4.2
Die konsultasiekamer agter die hof, wat deel is van die algemene
openbare foyer van die hofgebou, is aan die Oostekant van die
foyer,
en kan sekerlik tegnies afgesper word. Dit bevat egter ook 'n
openbare toilet, en daar is 'n buitedeur, wat nie tans gesluit
kan
word nie. Die konsultasiekamer self, kan egter gesluit word. In
daardie omgewing het ek ook talle polisie opgemerk, en die

ondersoekbeampte was in besit van die deur se sleutel.
4.3
Die konsultasiekamers onder in die aanhoudingsgebied, waarvan daar
omtrent 5 is, bevat elkeen dieselfde geriewe as in die een
buite die
hof. Die groot verskil is dat die kamers van tralies voorsien is, nie
vensters nie, maar kan ook gesluit word. Die groot
probleem is dat
elke kamer direk aanliggend is tot die algemene gang, wat baie nou
is. Dit was duidelik, selfs onder die omstandighede
waar net die lede
van die hof teenwoordig was, dat daar 'n baie groot eggo-effek is, en
dat die geringste geluide in die gang,
baie steurend sal wees vir
enige konsultasie in daardie kamers.
5.
Die
belang van die verskillende konsultasie-geriewe, by die hof, is dat
die applikante, en hulle regspanne, ernstig kla dat konsultasies

onder in die aanhoudingsgebied, totaal onmoontlik is, omdat die
polisie wat daar diens doen so 'n lawaai maak, dat hulle nie sinvol

met mekaar kan kommunikeer nie. Daarom wil hulle die
konsultasiekamers in die foyer, agter die hof, gebruik. Die polisie
het vanwee
die feite reeds na verwys, beswaar hierteen uit 'n
sekuriteitsoogpunt.
6.
Die
kern van die geskil gaan natuurlik oor die botsing enersyds tussen
wat die applikante beskryf as hulle menseregte om met waardigheid

behandel te word, en onderskei te word van die betrokke beskuldigdes
wat probeer ontsnap het, en andersyds, die belange van die

respondente om die veiligheid en bewaring van die beskuldigdes en die
veiligheid van die publiek te verseker. Hierdie aspekte moet
teenoor
mekaar opgeweeg word.
7.
Dit
is dienstig om met die verskillende eise afsonderlik te handel, en
dan soos dit van toepassing is op die Derde en Vierde Respondente
onderskeidelik.
Ek handel eerstens met die Vierde Respondent se betrokkenheid. In
wese is die eise teen Vierde Respondent die volgende:
7.1
Herstel van die regte vervat in "Aanhangsels B" en "CI
- C4".
7.2
Selle sal eers om 22.00 uur gesluit word i.p.v. 16.00 uur
7.3
Gebruik van rekenaars, en dat hulle in dieselfde konsultasiekamer
met hul regsverteenwoordigers, langsmekaar, mag sit sodat
hulle
gelyktydig na mekaar se rekenaars kan kyk.
8.
Tot
en met 31 Mei 2011 was daar 'n regime wat geheers het in die
gevangenis m.b.t. al die beskuldigdes. Dit is vervat in 'n skrywe
van
die Staatsprokureur wat in 2004 'n bevel van die hof gemaak is.
(Aanhangsel B tot die aansoek.) Dit is algaande aangevul deur
verdere
reelings, wat vervat is in verdere skrywes, wat aangeheg is as
Aanhangsels CI - C4 van die aansoek. Hierdie reelings is
getref
terwyl die beskuldigdes in "C Max"-gevangenis aangehou was.
Hulle was van Pretoria "Lokaal" daarheen
oorgeplaas terwyl
verbeterings gedoen was aan Lokaal. In April hierdie jaar is hulle
toe weer teruggeplaas in Lokaal terwyl verbeterings
aan C Max gedoen
word. Op 23 Mei 2011 het die betrokke Staatsprokureur (Mnr Nel) aan
die Vierde Respondent 'n brief geskryf waarin
lg meegedeel word dat
Aanhangsels B en CI - C4 net gegeld het ten opsigte van C Max en dat
die besondere regte summier opgeskort
moet word. Daar was geen
verklaring van Nel aangeheg nie. Dit het onder andere behels dat die
beskuldigdes saans opgesluit is om
16.00 uur, in plaas van 22.00 uur
soos tevore. Die situasie in Lokaal is ook sodanig dat konsultasies
geskied vanuit aparte lokale
wat teenoor mekaar is, maar met tralies
geskei word. Hulle moet dus deur die tralies konsulteer. Dit is egter
moontlik om dokumente
en geheuestokkies en dies meer oor en weer te
gee. In C Max was daar geriewe waar hulle langsmekaar kon sit. Dit
het gesorg dat
die besondere advokaat en klient langs mekaar kon sit
en gelyktydig mekaar se rekenaars kon lees en vergelyk.
9.
Wat
betref die toesluit ure, is dit gemeensaak dat sedert hul terugkeer
na Lokaal, was hulle selle eers gesluit om 22.00 uur, totdat
Nel se
brief ontvang is. Vierde Respondent maak beswaar teen die latere tyd
omdat dit strydig is met hulle gewone roetines en dissipline,
en dalk
ekstra marmekrag verg om "na ure" die selle te sluit. Daar
is geen verduideliking hoekom dit vroeer kon geskied
het, maar nie
nou meer nie, behalwe vir die skrywe van Nel. Sonder 'n ander
verklaring is dit vir my duidelik dat die reeling gegeld
het omdat
die
spesiale omstandighede van die saak dit vereis het, en nie omdat dit
slegs ten opsigte van C Max gegeld het nie. Die feit dat
dit wel vir
omtrent 'n maand bestaan het, bewys dat dit moontlik is. Die beswaar
van die Vierde Respondent in hierdie opsig gaan
nie op nie. Wat
betref die spesiale omstandighede van die saak, verwys ek onder
andere na die feit dat die beskuldigdes besig is
met hulle slot
betoe, ten opsigte van 'n oorkonde van omtrent 80 000 bladsye, en
7000 bladsye se hoofde van argument. Daarbenewens
het sekere van die
beskuldigdes (nie noodwendig die applikante nie), ook nuwe raadsmanne
bekom. Dit is duidelik dat dit intensiewe
studie en samewerking verg.
10.
Die
konsultasie geriewe is egter 'n probleem. Die Vierde Respondent se
dat hulle eenvoudig nie sulke geriewe het nie. Die huidige
geriewe is
sodanig dat slegs tralies hulle van mekaar skei. Dit is dus moontlik
om die rekenaars om te draai dat die ander party
dit kan lees.
Hierdie aspek lyk dus nie vir my na 'n onoorkomelike probleem nie.
11.
Wat
betref die ander eise wat voortspruit uit die betrokke aanhangsels,
het dit meer betrekking op die Derde Respondent (die "Polisie").

Soos Mnr Sithole SC namens die Vierde Respondent gese het, spruit dit
alles voort uit die ontsnapping per se, wat by die hof gebeur
het,
onder die jurisdiksie van die Polisie, en het met hulle niks te doen
nie.
12.
Wat
betref die Polisie, is dit hoofsaaklik 'n opweging van belange wat
die veiligheid en bewaking van die applikante behels, teenoor
hulle
eie "regte", voorregte en eise. Geen twee sake is dieselfde
nie. Hierdie is 'n buitengewone saak wat al meer as
8 jaar duur, en,
volgens 'n skatting vanaf die balie, nog meer as 'n jaar sal duur.
Sekere van die regte en voorregte geld al tussen
4-8 jaar. Alles geld
nie noodwendig vir alle beskuldigdes nie. Die groot verskil vir
doeleindes van die huidige saak is dat daar
op 31 Mei 2011 'n derde
ontsnappingspoging was. Twee van die beskuldigdes, nie die applikante
nie, was al tevore betrokke by sulke
pogings. Hulle is ook sedertdien
anders behandel as die huidige applikante. Die detail daarvan is nie
van belang vir die huidige
nie, behalwe dat twee van hulle sedert die
vorige ontsnapping in voetboeie in die hof verskyn. Dit is gemeensaak
dat nie een van
die applikante gepoog het om te ontvlug nie. Hulle
word ook nie daarvan aangekla in die huidige ondersoek na die voorval
nie. Hulle
aanslag
in
die huidige aansoek is dat hulle nou gestraf word" vir die
wandade van andere, wat onmenslik en onregverdig is. Hulle voer
aan
dat hulle oor die jare heen of gevestigde regte, of redelike
verwagtings verkry het wat nie eensydiglik en summier ontneem
mag
word nie.
13.
Aan
die anderkant is die polisie se houding, in kort, dat *n noodtoestand
geheers en nou ontstaan het wat noodmaatreels verg. Daar
word verwys
na hulle regulasies oor die hantering en behandeling van gevangenes
na en van, en by die hof. Eerstens mag "uncontrollable"

individue ook in die hof geboei word. Yerder is dit duidelik uit die
aanhangsels na verwys, dat as enige reel oortree word kan
die regte
ingetrek word. Dan is daar die kwessies van nie alleen beskikbare
mannekrag nie, maar ook vir gespesialiseerde dienste
ten opsigte van
vervoer en bewaking. Daar is betoog dat selfs met die huidige
kontingent van meer as 24 polisie, wat ek self waargeneem
het, en
voetboeie, die ontsnapping nie gekeer kon word nie. Daar word op
gewys dat, deur valse voorwendsels, middels ingesmokkel
is wat die
ontsnappers in staat gestel het om te ontsnap. Op grond van daardie
oorwegings, in die bree, was dit noodsaaklik om
die reelings te
verander. Ek sal nou na die besondere aspekte verwys.
14.
Voetboeie.
Hierdie
is waarskynlik die neteligste kwessie van almal. Die argument hieroor
werk twee kante toe. Enersyds het voetboeie nie 'n
ontsnapping gekeer
nie, en andersyds was dit nie genoeg om dit te keer nie. Volgens die
polisie is die ondersoek nog aan die gang.
Daarom kon geen inligting
daaroor bekendgemaak word nie. Daar is ook die verklaring van
Majoor-Generaal Hankel. Hy- meld onder
andere: "Previous
intelligence in this regard which was liaised and ope
rationalised
led to the foiling of the escape attempt on 2011-05-31 where numerous
of the individuals were charged vide Pretoria
Central CAS
1672/05/2011 for escaping or attempting to escape." (Par 4
pl75). (My klem) Hy is ook in besit van hoogs betroubare
inligting
dat sommige van die beskuldigdes nog 'n ontsnapping beoog binnekort.
Niks daarvan is bekendgemaak nie. Wat egter wel
blyk is dat die
inligting deurgegee is, maar dit is of nie deur die regte persone
ontvang nie, en/of nie toegepas nie. Dit maak
dit moeilik om veel
waarde aan die polisie.se besware te heg. Dit lyk eerder asof die
polisie nalatig was in die hele affere. Om
daardie rede lyk dit nie
vir my asof dit nodig is om die applikante in hierdie opsig te
enigsins
daaraan
te onderwerp nie. Ek vind dat hulle sonder voetboeie mag verskyn in
die hof.
15.
Konsultasies
by die hof:
Ek
het reeds verwys na die omstandighede by die hof. Die beswaar teen
konsultasie in die selle, is die lawaai wat deur die polisie
gemaak
word. Behoudens dit, is daar geen rede om dit nie in die
aanhoudingsgebied te hou nie. In hierdie opsig moet daar eenvoudig
'n
bevel gemaak word dat die polisie die applikante (en die ander
beskuldigdes) se regte in hierdie opsig moet beskerm deur die
nodige
stilte te bewaar. Indien dit nie gebeur nie, sal daar noodwendig na
ander moontlikhede gekyk moet word, en dan moet die
polisie hul nie
bekla daaroor nie.
16.
Skootrekenaars
by die Hof:
Hierdie
geskil is reeds opgelos deurdat die polisie toegegee het dat die
applikante (en ek vermoed al die beskuldigdes, maar ek
maak geen
bevinding daaroor nie) wel hul rekenaars mag inbring hof toe, maar
sonder die drasakke. Hierdie toegewing is deur die
applikante
aanvaar.
17.
Besoeke
en ontvangs van pakkies.
Voorheen
kon die beskuldigdes op Vrydae na die hofsitting kontakbesoeke
ontvang by die hof. Kontakbesoeke by die tronk word nie
toegelaat
nie. Daar kon ook kos- en ander pakkies oorhandig word. Dit is alles
opgeskort. Weereens is daar "wedersyds vernietigende"

argumente hieroor. Die applikante se dit geld al amper 8 jaar. Daar
is geen bewys dat enige van die applikante enigsins betrokke
was of
behulpsaam was met die oordra van ontsnappingsmiddels nie. Daar is
ook geen bewering vanaf die polisie dat enigeen van hulle
(by naam)
betrokke was nie. As dit nie vir hierdie besoeke was nie, sou een of
meer van hulle nog nie eens hul nuutgebore kinders
kon vashou nie.
Vyf van die beskuldigdes is ook alreeds geskei. Daarom word hierdie
besoek so hoog geag. Behalwe om weereens te
verwys na wat vroeer gese
is oor die polisie se inligting, en dat daar goed "ondere valse
voorwendsels" ingebring is,
kan die polisie die saak nie eintlik
verder voer nie. Indien daar "valse voorwendsels" was, moes
dit aan iemand gemaak
gewees het. Daar is geen aanduiding aan wie,
deur wie, of waar dit gemaak is nie. Enersyds verstaan mens dat
bekendmaking daarvan
dalk die ondersoek na die gebeure kan belemmer
of bemoeilik. Andersyds egter is daar tot op hede die onbetwiste
getuienis dat nie
een van die applikante daarby betrokke was nie.
Weereens kan mens nie help om te dink dat daar dalk ook nalatigheid
by die polisie
was nie. Daardie soort optrede kan nie teen die
applikante gehou word nie. In die omstandighede moet hierdie soort
besoeke hervat
word.
18.
Sesde
Applikant se besoeke:
Hierdie
applikant het nie alleen by die tronk nie, maar ook by die hof tydens
etenspouses, sekere besoeke ontvang van 'n Me Jordaan,
wat horn as
geestelike en sielkundige raadgewer bygestaan het. Die besoeke by die
hof is ook afgeskaf. Wat my betref kon die polisie
geen aanvaarbare
rede verskaf hoekom dit nodig was nie. Dieselfde argumente geld hier
soos m.b.t die andere besoeke. Om dieselfde
redes moet dit herstel
word.
19.
Aparte
vervoer na en van die hof:
Hierdie
is ook 'n moeilike vraagstuk. Die Derde Respondent se dit sal feitlik
dubbel die mannekrag en voertuie verg om dit te realiseer.
Dit vereis
die betrokkenheid van spesiale magte, wat ook elders moet diens doen.
Dit is vir hulle feitlik onmoonthk. Die Applikante
se dat wel in die
begin stadium gedoen is, en daar is geen rede verskaf hoekom dit nie
weer gedoen kan word nie. Hulle vrese is
dat as daar weer 'n
ontsnappingspoging sou wees, kan dit hulle lewens en omstandighede in
gevaar stel. Weereens moet daar verwys
word na al die feite reeds
vroeer opgenoem. Indien na alles gekyk word, is ek nie oortuig dat
hulle lewens ens tot so 'n mate in
gevaar gestel word, dat dit
hierdie eis regverdig nie. Dit word dus afgewys.
20.
Die
laaste aspek wat oorbly is koste. Die applikante het wesenlike sukses
gehad. Hulle is geregtig op hulle koste. Die vraag is
of die koste
van twee advokate geregverdig is. Myns insiens wel. Die Vierde
Respondent het 'n senior en junior advokaat gehad.
Die Polisie is
deur 'n baie ervare senior-junior advokaat verteenwoordig. Dit behoef
geen betoog nie dat dit eneresyds 'n baie
besondere saak is, en
andersyds ook baie belangrik is vir al die partye. Daarom sal die
koste van twee advokate ('n senior en 'n
junior) toegelaat word.
By
gevolg maak ek die volgende bevel:
1.Die
Applikante moet sonder voetboeie in die hof verskyn.
2.
Die kontakbesoeke en oorgee van pakkies, ten opsigte van die
Applikante, moet herstel word.
3.
Die gebruik van skootrekenaars in die hof deur die applikante, moet
herstel word, maar sonder drasakke.
4.
Konsultasies met regsverteenwoordigers sal geskied in die
aanhoudingsgebied onder hof.
5.
Sesde Applikant se besoeke deur sy geestelike en sielkundige
raadgewer moet herstel word.
6.
Die selle van die Applikante moet eers om 22.00 uur gesluit word.
7.
Die Derde en Vierde Respondente moet die Applikante se kostes betaal,
gesamentlik en afsonderlik, wat insluit die koste van 'n
senior en
junior advokaat.
8.
Die eis vir aparte vervoer word afgewys.
RD
CLAASSEN
REGTER
VAN DIE HOOGGEREGSHOF.