About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2011
>>
[2011] ZAGPPHC 78
|
|
Masilo v Padongelukkefonds (1110/2010) [2011] ZAGPPHC 78 (23 May 2011)
SAFLII
Note:
Certain
personal/private details of parties or witnesses have been
redacted from this document in compliance with the law
and
SAFLII
Policy
IN
DIE NOORD GAUTENG HOe HOF,
PRETORIA
(REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA)
Saaknommer: 1110/2010
DATUM:23/05/2011
In
die saak tussen:
L
T
MASILO
................................................................................................................
Appellant
en
DIE
PADONGELUKKEFONDS
................................................................................
Respondent
UITSPRAAK
GOODEY
WR:
[1]
INLEIDING:
(1.1)
Hierdie aangeleentheid het slegs op quantum betrekking.
(1.2)
Hierdie is slegs (per ooreenkoms met die advokate) 'n kort uitspraak
en sal ek op 'n latere stadium meer volledige redes
verskaf indien so
versoek.
(1.3)
Die partye het 'n konsep-bevei opgestel ten opsigte waarvan ek
versoek is om dit 'n bevel te maak, nadat ek siegs 'n besiissing
gemaak het ten opsigte van:
1.3.1
Paragraaf 1 daarvan synde die globale bedrag van die eis wat ek gelas
as synde die totaal van die bedrag wat ten opsigte van
algemene skade
toegeken word plus die bedrag wat toegeken word ten opsigte van
verlies aan toekomstige verdienste.
(1.4)
Al die ander aspekte is ooreengekom soos uit die konsep-
bevei wat
ek as "X" sal merk.
[2]
AGTERGROND:
(2.1)
Die Eiser se eis spruit voort uit 'n motorbotsing (waarvan die
meriete toegegee is en wel 100 persent daarvan). Die gemelde
botsing
het plaasgevind soos uit die besonderhede van vordering blyk.
(2.2)
Volgens paragraaf 9 van die besonderhede van vordering
(wat
gemeensaak is) het die Eiser die voigende beserings opgedoen:
"9.
As
gevolg van voormelde mototvoertuigongeluk het die Eiser die voigende
liggaamlike beserings opgedoen:
9.1
'n Hoofbesering;
9.2
'n Laserasie van die regterken;
9.3
'n Laserasie van die nek;
9.4
'n Sagte weefsel besering van die nek met gepaardgaande nekspier
spasma;
9.5
Emosionele skok."
(paragraaf
9 van die besonderhede van eis)
(2.3)
Ek is dus slegs gevra om te beslis ten opsigte van die
aspekte
vermeld in paragraaf 1.3 hierbo en in hierdie
verband is die Eiser
se eis (par 11.3 van die besonderhede
van vordering) soos volg:
2.3.1
Verlies aan verdienste R332 076.00 (toekomstig):
2.3.2
Algemene skade:R250 000.00
Totaal:R664 076.00
(2.4)
Die Verweerder betwis nie dat die Eiser geregtig is op algemene
skade nie, maar die bedrag in hierdie verband is in dispuut.
Die
Verweerder ontken dat die Eiser enigsins geregtig is op enige bedrag
ten opsigte van toekomstige verlies aan verdienste en
sy saak is dat
dit nie enigsins bewys is nie en ook nie sodanig uit die deskundige
verslae afgelei kan word nie.
(2.5)
Slegs die Eiser het deskundige getuies van kennis gegee en 'n bundel
in hierdie verband saamgestel en die opsommings daarvan
is as
gemeensaak bevestig. Beide partye het in hierdie verband
geargumenteer.
[3]
DIE KERN VAN DIE DISPUUT:
(3.1)
Algemene skade:
3.1.1
Die Eiser se eis is R250 000,00;
3.1.2
Die Verweerder gee toe dat 'n bedrag aan die Eiser betaal moet word,
maar die kwantum daarvan is in geskil soos reeds hierbo
gese.
(3.2)
Verlies aan toekomstige verdienste:
3.2.1
Dit is gemeensaak dat daar geen geiede verlies aan verdienste was
nie.
3.2.2
Die Eiser se dat hy in die toekoms 'n verlies aan verdienste sal he
en die risiko in hierdie verband loop as gevolg van die
emosionele
skok.
3.2.3
Verweerder se betoog is in wese dat enige eis in hierdie verband nie
uit die botsing voortgespruit het nie en bowendien versuim
die Eiser
om vir behandeling te gaan of te ondergaan en dat sy probleem 'n
drankmisbruik is wat hy nie wil beheer nie en ook nie
behoorlik laat
behandel nie.
[4]
DESKUNDIGE VERSLAE:
(4.1)
Lys van deskundige verslae:
4.1.1
Kennisgewing in terme van Reel 1-15 36(9)(a) & (b) - Dr PP Kruger
4.1.2
Kennisgewing in terme van Reel 16 - 28 36(9)(a) & (b) - Dr AP
Rossouw
4.1.3
Kennisgewing in terme van Reel 29 - 34 36(9)(a) & (b) - Dr ML
Mathey
4.1.4
Kennisgewing in terme van Reel 35 - 36 36(9)(a) - PC Diedericks
4.1.5
Kennisgewing in terme van Reel 37 - 38 36(9)(a) - Prof HLM du
Plessis
4.1.6
Kennisgewing in terme van Reel 39-40 36(9)(a) - Dr F Liebenberg
4.1.7
Kennisgewing in terme van Reel 41 -60 36(9){b) - PC Diedericks
4.1.8
Kennisgewing in terme van Reel 61 -71 36(9)(b)-Dr Liebenberg
4.1.9
Kennisgewing in terme van Reel 72 - 77 36(9)(b) - Prof HLM du
Plessis
(Die
verwysings is na die bladsye van die deskundige bundel wat gemeensaak
is).
(4.2)
Ad: Dr PP Kruger - oorlede (Ortopediese Chirurg)
•
Datum
van ondersoek: 15 Maart 2010
•
Datum van verslag: 15
Maart 2010
•
Teenswoordige klagtes:
"3.
TEENSWOORDIGE KLAGTES: Nek:
Hy
het tans geen klagtes tov van sy nek nie. Hy het nie pyn in die nek
nie, hy het nie pyn
in
die boonste ledemate nie en hy het ook nie parestesiee nie.
Hy
is regshandig en hy het 'n ferm handgreep.
Hy
kry 'n occipito-frontale hoofpyn 2-3 keer/week.
Hy
het geen flickers voor sy oe of suising van sy ore nie.
Hy
gebruik voorskrif medisyne vir die hoofpyn."
(My
aksentuering)
•
Sport: "3.1.2 Sport:
Hy
het sokker gespeel voor die ongeluk en na die ongeluk neem hy nie
meer hieraan deel nie. Met spesiale navraag, kon hy nie 'n
rede
verskaf nie". (My aksentuering)
•
Prognose:
Die
volgende blyk uit die gemelde verslag:
6.1.2
- Daar is geen langtermyn basis dat
daar 'n swak prognose is nie;
6.2
- Daar is geen ongeskiktheid voortspruitend uit die ongeluk nie;
6.3
- Geen konserwatiewe behandeling of chirurgie word voorsien nie;
6.8.3
- Die pyn wat die Eiser tans ondervind
is nie chronies van aard
nie;
6.9
- Geen afwesigheid van werk word voorsien nie.
(4.3)
Ad: Dr Rossouw: (Neuroloog)
•
Datum van ondersoek:
19-04-2010
•
Datum van verslag:
19-04-2010
•
Beserings:
Dit
blyk baie gering van aard te wees soos blyk uit bladsy 19 van die
deskundige bundel.
•
Post-traumatiese stres
simptome:
Die
Eiser het hiervoor behandeling ontvang soos blyk uit bladsy 20 van
die verslag en uit die gemelde bladsy blyk dit ook dat hy
geen
medikasie neem vir sy hoofpyne nie.
•
Staanvas
Rehabilitasiesentrum:
Uit
bladsy 22 van die deskundige bundel blyk dit dat die Eiser drie weke
behandeling in hierdie verband ondergaan het.
•
Kognitiewe vermoens:
Uit
bladsy 25 biyk dit dat hy oormatige alkohol gebruik waaraan die swak
geheue toegeskryf kan word.
•
Werk tot by aftree
ouderdom:
Uit
bladsy 26 blyk die volgende:
"On
a purely neurological point of view the patient is quite capable of
working until the normal retirement age provided he
stops his
excessive intake of alcohol".
•
Opsomming:
Bladsy
28 van die verslag:
"The
patient had a minor head injury which resulted in headache but also
post-traumatic stress with drepressing and this day
rise to excessive
intake of alcohol which is at present his major problem and the
consequences can be disastrous."
(4.4)
Ad: Dr Mathey: (Psigiater)
•
Datum van ondersoek:
10-05-2010
•
Datum van verslag:
10-05-2010
•
Ander ongeluk:
"Hy
word vir berading gestuur, maar hy is van mening dat dit van weinig
waarde was. Hy aanskou gedurende 2009 'n soortgelyke
botsing waarna
alle simptome weer sterk na vore kom. Sy alkohol misbruik neem
dermate toe dat hy gedurende Januarie 2010 in Stabilis
Kliniek
opgeneem word vir rehabilitasie."- bladsy 31 van die bundel (My
beklemtoning)
Op
hierdie punt moet gemeld word dat dit gemeensaak is dat hy in Mei
2010 laas vir enige behandeling aangemeld het van enige aard
en dat
die ander botsing deur die Verweerder na verwys word as die moontlike
oorsaak van sy probleme insoverre dit mag bestaan.
•
Behandeling:
Uit
bladsy 33 blyk dit dat hy nog geen behandeling vir sy psigiatriese
probieme ontvang het nie.
•
Verdere aanbevelings:
Hy
moet so spoedig moontlik na 'n psigiater verwys word vir gepaste
verdere behandeling en sy algehele prognose behoort goed te
wees
-bladsy 34 van die bundel.
(4.5)
Ad: Mnr PC Diedericks: (Industriele Sielkundige)
•
Datum van evaluering:
7-02-2011
•
Onsekerheid oor
finansiele implikasies:
"..
.it is not possible to reliably predict the financial impact that
these risk could hold for his likely future income."
- bladsy 57
van die verslag
(4.6)
Dr F Liebenberq:
(Ortopediese
Chirurg)
•
Datum van versiag:
7-04-2011
•
Hoofpyn:
"Hy
het tans geen nekpyn nie en ondervind selde hoofpyn. - paragraaf 9,
bladsy 68 van die bundel.
•
Werksvermoe:
"Hy
behoort instaat te wees om sy huidige of soortgelyke werk te verrig,
tot hy normale aftree ouderdom bereik." - bladsy
69 van die
bundel
GEVOLGTREKKING:
(5.1)
Ad: Toekomstiqe verlies aan verdienste:
5.1.1
Dit is gemeensaak dat die Eiser die bewyslas in hierdie verband dra.
5.1.2
Uit die verslag van Dr Mathey is dit duidelik dat hy uit die
aanhaling iaat blyk dat die botsing wat hy in 2009 aanskou het
die
oomblik was waarna alle simptome weer sterk na vore gekom het -dit
dui daarop dat dit nie op die oorwig van waarskynlikhede
gese kan
word dat die botsing in casu die oorsaak van die Eiser se probleme is
nie en dat dit net so goed aan die 2009 botsing
se aanskouing
toegskryf kan word.
5.1.3
In elk geval gaan hy ook nie vir behandeling nie en is dit duidelik
dat indien hy behandeling sou ondergaan sy algehele prognose
goed
behoort te wees soos blyk uit bladsy 34 van die deskundige bundel.
Ondanks die advies in hierdie verband het hy dit eenvoudig
nie gedoen
nie.
5.1.4
Hy het hom dus nie van sy bewyslas in hierdie verband gekwyt nie en
kan geen bedrag toegeken word ten opsigte van toekomstige
verlies aan
verdienste nie.
5.1.5
Dien ten gevolge het die Eiser horn in hierdie verband nie van sy
bewyslas gekwyt nie.
(5.2)
Ad: Algemene skade:
5.2.1
Uit bladsy 8 synde paragraaf 3.1.2 van die deskundige bundel is sy
sportaktiwiteite nie ingeperk nie en in elk geval ondanks
spesiale
navraag kon hy nie 'n rede daarvoor verskaf nie.
5.2.2
Hy het volkome herstel en is sy lewensverwagting hoegenaamd nie
geaffekteer nie.
5.2.3
In kort, is hierdie 'n geringe nekbesering en in totaliteit is 'n
bedrag van R50 000,00 in hierdie verband die gepaste bedrag
wat ek
toeken.
(5.3)
Diengevolge word in paragraaf 1 van die konsep-bevel gemerk "X"
die totale bedrag van R50 000,00 aan die Eiser toegeken
en word dit
ook dan herhaal in paragraaf 1(a) op
bladsy 2 van die konsep-bevel
synde R50 000,00 en geen bedrag word ten opsigte van paragraaf (ff),
verlies aan verdienste toegeken
nie.
(5.4)
Bygevolg soos hierbo uiteengesit is en by ooreenkoms tussen die
partye, benewens soos hierbo uiteengesit is en met inagneming
daarvan, word die konsep-bevel gemerk "X" met die totale
toekenning aan die Verweerder van R50 000,00 ln bevel van die
Hof
gemaak.
GOODEY
WR
Datum
van verhoor: 11 Mei 2011
Datum
van uitspraak: 23 Mei 2011
Namens
die Eiser:
Adv
F Diedericks SC Christo Botha
Prokureurs
Lynnwood Pretoria
Namens
die Verweerder:
Adv
Mphahlele Prokureurs Fourie, Fismer Pretoria
christo
botha attorneys
748
tel: (012) 430 6737
IN
THE NORTH GAUTENG HIGH COURT,
PRETORIA
(REPUBLIC OF SOUTH AFRICA)
CASE NUMBER: 1110/2010
In
the matter between:
L
T
MASILO
...............................................................................................................
PLAINTIFF
and
ROAD
ACCIDENT
FUND
.....................................................................................
DEFENDANT
(CLAIM
NUMBER: & LINK NUMBER: )
HAVING
HEARD the parties, the following is made an Order of Court:
1.
The Defendant is ordered to pay the amount of
R
50 000
to the plaintiff into the following trust cheque bank
account of Christo Botha Attorneys on or before 28 MAY 2011:
CHRISTO
BOTHA ATTORNEYS
ABSA BANK - LYNNWOOD RIDGE
BRANCH CODE
TRUST
ACCOUNT :
REFNO ELN1/3563
DRAFT
ORDER
The
aforesaid amount is computed as follows:
(a)
General damages
R 50 000
.
(b)
Loss of earnings R_
none
,
2.
No interest will be payable on the aforesaid amount provided,
however, that in the event of late payment interest will be payable
on the aforesaid amount at a rate of 15,5 persent per annum from 23
May 2011.
3.
The Defendant is ordered to provide the Plaintiff with an undertaking
in terms of Section 17(4)fa) of Act 56 of 1996 for payment
of 100
percent of the costs of the future accommodation of the plaintiff in
a hospital or nursing home or treatment of or rendering
of a service
to him or supplying of goods to him arising out of the injuries
sustained by him in a motor vehicle collision which
occurred on 25
July 2005, after such costs have been incurred and upon proof
thereof.
4.
The Defendant is ordered to pay the plaintiff's taxed or agreed party
and party costs on the High Court scale, which costs will.
Inter
alia, include:
4,1
The costs consequent upon the obtaining of the medico legal reports
of the following experts:
4.1.1
Dr P P Kruger
4.1.2
Dr A P Rossouw
4.1.3
Dr MLMathey
4.1.4
PC Diedericks
4.1.5
Dr F Uebenberg
4.1.6
Prof H LMdu Plessis
4.1.7
Wilma van der Walt
4.2
The reasonable reservation and qualifying fees (if any) of:
4.2.1
DrAPRossouw
4.2.2
DrMLMathey
4.2.3
P C Diedericks
4.2.4
Dr F Liebenberg
4.2.5
Wilma van der Walt
4.3
The costs of senior counsel.
4.4
The costs consequent upon the attending of Plaintiff's counsel of the
pre-trial conference.
5.
The costs referred to in paragraph 4 above shall be paid into the
aforementioned trust account of Christo Botha Attorneys.
BY
ORDER REGISTRAR