Johnson v Klaff (20203/05;37170/06) [2011] ZAGPPHC 6 (17 January 2011)

70 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Contract — Breach of contract — Claim for repayment — Eiser, Henri Johnson, instituted two actions against Leon Klaff and Capstone 482 (PTY) LTD for the repayment of R500,000 and US$70,000 paid into Klaff's trust account — Eiser alleged that Klaff and Capstone failed to fulfill their contractual obligations related to the marketing of FlightScope technology — Klaff counterclaimed for payment from the eiser — Court held that the eiser was entitled to repayment as the conditions of the contract were not met and the defendants failed to demonstrate any valid counterclaims.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2011
>>
[2011] ZAGPPHC 6
|

|

Johnson v Klaff (20203/05;37170/06) [2011] ZAGPPHC 6 (17 January 2011)

NEE
RAPPORTEERBAAR
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA
(NOORD
GAUTENG, PRETORIA)
Saaknommer:
20203/05
Datum
aangehoor:29/11/ tot 9/12/2010
Datum
van uitspraak:17/01/2011
In
die saak tussen:
Henri
Johnson
...........................................................................................
EISER
en
Leon
Klaff
….............................................................................................
VERWEERDER
En
in die saak tussen:
Saaknommer:
37170/06
Henri
Johnson
…......................................................................................
EISER
en
Capstone
482 (PTY) LTD
…...................................................................
VERWEERDER
UITSPRAAK
DU
PLESSIS R:
Die
eiser het twee aksies ingestel wat saam verhoor is. Die eerste aksie
is ingesteel teen mnr Leon Klaff, 'n prokureur. Die tweede
een is
ingestel teen Capstone 482 (Edms) Bpk (Capstone). Mnr Leon Klaff se
seun Nata het 'n wesenlike belang by Capstone terwyl
mnr Klaff self
'n mindere belang het.
In
albei aksies eis die eiser, op verskillende regsgronde, dat die
onderskeie verweerders (Leon Klaff en Capstone) 'n bedrag van
R500
000 terugbetaal wat hy (eiser) op 29 Januarie 2004 in mnr Leon Klaff
se trustrekening inbetaal het. In die aksie teen Capstone
(die
"Capstone-saak") eis die eiser 'n verdere bedrag van US$70
000.
In
die aksie teen horn ("die Klaff-saak") het mnr Leon Klaff
persoonlik en as sessionaris 'n teeneis ingestel vir betaling
deur
die eiser van sekere bedrae. Die besonderhede van die teeneis sal
mettertyd blyk.
Die
twee aksies is saam verhoor omdat albei, en die teeneis in die
Klaff-saak, uit dieselfde feitestel voortspruit en omdat die

feitelike geskilpunte in die twee sake ooreenstem. Ten einde die
geskilpunte verstaanbaar te ontleed, is dit nodig om eers die
feite
wat gemeensaak is uiteen te sit.
Gemeensaak-feite
Die
eiser is 'n elektroniese ingenieur wat tegnologie ontwikkel het
waarmee die snelheid van 'n projektiel elektronies gemeet kan
word.
Deur middel van 'n maatskappy, EDH (South Africa) (Edms) Bpk ("EDH
SA") is die tegnologie kommersieel aangewend,
ondermeer om
stelsels te ontwikkel wat die balsnelheid in verskeie sportsoorte kan
meet. Die tegnologie is met merkbare sukses
in tennis- en kriekter
toernooie oor die wereld aangewend. Van belang in hierdie saak is 'n
toestel bekend as FlightScope wat EDH
SA ontwikkel het. Met die
FlightScope kan die stoksnelheid van 'n gholf-hou, die gevolglike
snelheid van die bal, die afstand wat
dit trek en ander verwante
aspekte van die hou gemeet word. Die aanwending van FlightScope wat
in hierdie saak ter sake is, is
dat die toestel by gholf-dryfbane
geplaas word. Gholfspelers huur dan tyd op die toestel en meet die
onderskeie aspekte van hulle
spel.
In
die loop van die jaar 2000 het die eiser se pad gekruis met die van
mnr Robert Lowe. Laasgenoemde het betrokke geraak by die
bemarking
van die ter saaklike tegnologie. Lowe het probeer finansiering kry om
die bemarking te doen. In daardie konteks, en op
voorstel van Lowe,
is die EDH groep van maatskappye op die been gebring. EDH Holdings
(SA) (Edms) Bpk (Holdings) sou die groep
se houermaatskappy wees. Die
beplanning was dat EDH SA en verskeie ander maatskappye deel van die
groep sou wees.
Lowe
se pogings om finansiering te kry was nie suksesvol nie. Die eiser
het daarin geslaag om by die Nywerheidsontwikkelingskorporasie
(NOK)
finansiering te kry, Dit het tot gevolg gehad dat die NOK aandele in
Holdings bekom het en ook verteenwoordiging op die direksie.
Teen
die einde van 2002 het mnr Natan Klaff van EDH se sukses met die
aanwending van die tegnologie vir tennis en krieket te wete
gekom. Hy
was van mening dat die bemarking van die tegnologie vir gholf
doeleindes in veral Thailand baie potensiaal het. Natan
Klaff het met
Lowe in verbinding gekom. Die twee het toe by wyse van 'n sg.
Powerpoint-aanbieding vir die hoof-roispelers in Holdings,
ondermeer
die eiser en sy broer (Tom), gewys hoe hulle meen die FlightScope in
die Ooste bemark kan word, en hoe die onderneming
gefinansier kan
word. Natan Klaff was in beheer van Capstone wat toe net besigheid
begin doen het as The Investment Shop. Hy het
toe namens Capstone aan
Holdings 'n skriftelike aanbod gemaak om die bemarking van
FlightScope in lande in die Ooste te finansier.
Die aanbod is teen
die einde van Februarie 2003 deur Holdings se direksie aanvaar.
Vir
doeleindes van bemarking van FlightScope in die Ooste, is 'n
maatskappy met die naam EDH Golf Asia (Pte) Ltd ("GA")
in
Singapoer geregistreer. Die gedagte was dat GA dee! van die EDH groep
sou wees en dat die direkteure daarvan die eiser, mnr
Tom Johnson en
Lowe sou wees. Omdat wetgewing in Singapoer dit vereis, sou mnr LeeYY
van Singapoer ook 'n direkteur wees. In die
lig van die kontrak wat
ek in die volgende paragraaf bespreek, sou Capstone een
nie-uitvoerende direkteur vir GA kon benoem.
In
Maart 2003 is 'n skriftelike kontrak gesluit ingevolge waarvan
Capstone bedryfskapitaal vir GA sou voorsien. Die partye tot hierdie

ooreenkoms (Die "GA kontrak") was Capstone, Holdings en GA.
Robert Lowe, die eiser en Tom Johnson het ook die GA kontrak

onderteken, maar dit is in geskil of hulle kontrakpartye was.
Ingevolge
die GA kontrak sou Capstone R11 000 000 bedryfskapitaal aan GA
voorsien. Die geld sou in paaiemente oor die tydperk Maart
tot Julie
2003 betaal word. Die laaste betalings was aan voorwaardes wat nie
tans ter sake is nie, onderhewig. Capstone sou ingevolge
die GA
kontrak 1 per sent van die aandele in GA kry (die res sou deur
Holdings gehou word). Capstone sou ook, as die voile bedrag

beskikbaar gestel is, 18 per sent van GA se inkomste ontvang. As
Capstone minder as die R11 milj. beskikbaar stel, sou die gemelde
18
per sent proporsioneel verminder. Ingevolge die GA kontrak kon
Capstone se reg om in GA se inkomste te deel in sekere omstandighede

in aandeelhouding omskep word. Capstone sou een nie-uitvoerende
direkteur van GA kon aanstel en het volgens die GA kontrak 'n
effekttewe vetoreg gehad met betrekking tot sekere besluite van GA.
Die lande waarin GA die FlightScope sou bemark is in die GA
kontrak
gei'dentifiseer maar dit is vir huidige doeleindes genoeg om daarna
bloot as "die Ooste" te verwys.
Dit
was 'n voorwaarde van die GA kontrak dat EDH SA per kontrak aan GA
die regte sou verleen om die FlightScope te gebruik. EDH
SA moes
kragtens die kontrak ook onderneem om die FlightScope aan GA te
lewer. So 'n kontrak tussen GA en EDH SA is ook in Maart
2003
gesluit.
Capstone
het twee betalings ingevolge die GA kontrak gemaak: In Maart 2003 is
US$203 000 betaal en in April 2003 is R2milj. betaal.
Die US$203 000
was afkomstig van me Louise Klaff, mnr Leon Klaff se dogter. Die
R2mi!j was afkomstig van mnr Leon Klaff en sy eggenote,
mev Sarah
Klaff
1
.
Dit is nie in geskil dat, die destydse wisselkoers in ag genome,
Capstone 'n totaal van R3milj. betaal het nie.
Teen
Mei 2003 was Natan Klaff nie tevrede met GA se prestasie nie, veral
nie in terme van die hoeveelheid toestelle wat by dryfbane
geplaas is
nie. Gevolglik het Capstone nie die betaling wat vir Mei 2003
geskeduleer was gemaak nie. Dit, saam met ander faktore,
het GA se
bedryf nadelig geraak. Dit blyk trouens uit al die getuienis dat GA
se besigheid nooit werklik op die been gekom het
nie.
Op
9 Julie 2003 het die belanghebbendes 'n vergadering gehou. Die status
van die vergadering en die presiese besluite wat geneem
is, is nie
van
belang
nie. Die resuitaat was dat Capstone steeds nie verdere betalings
gemaak het nie.
GA
se probleme het voortgeduur en Natan Klaff se ontevredenheid het
toegeneem. Dit het die eiser laat besluit om persoonlik in tegryp.
Op
18 Augustus 2003 het hy, mnr Leon, mev Sarah en mnr Natan Klaff
mekaar in Sandton ontmoet om die probleme te bespreek. Dit is
nie in
geskil dat mnr en mev Klaff dit tydens die ontmoeting aan die eiser
oorgedra het dat die Klaffs, en veral me Louise Klaff,
hulle
beleggings (die hele R3milj) wou terug he nie. Dit is ook nie in
geskil dat die eiser onderneem het om te kyk wat hy kon
doen om te
help nie.
Na
die ontmoeting in Sandton, op 28 Augustus 2003, het Natan Klaff per
e-pos aan die eiser voorgestel dat hy teen terugbetaling
van die
eerste R1 miljoen wat Capstone in GA bele het, 'n deel van Capstone
se belange in die GA kontrak koop. Die eiser se reaksie,
ook per
e-pos, was dat 'n familieonderneming van horn sou belangstel om 'n
derde, die helfte of 100 per sent van Capstone se belegging
oor te
neem. Uiteindelik het die partye ooreengekom dat die eiser self 50
per sent van die belang sou koop. Mnr Leon Klaff het
'n skriftelike
kontrak tussen die eiser en Capstone opgestel. Die partye het dit op
23 en 25 September 2003 onderteken. Na hierdie
kontrak sal ek as "die
eerste terugkoop" verwys.
Volgens
die eerste terugkoop sou die eiser 50% van Capstone se "rights
and obligations"
2
in die GA kontrak koop. Luidens die eerste terugkoop was die koopprys
R1000 plus "the undertaking and obligation by the purchaser
to
refund and pay the first investor the sum of 203 000 US Dollars".
Dit is nie in geskil dat die "first investor"
me Louise
Klaff is nie. Dit is ook nie in geskil dat die eiser in Desember 2003
$70 000 aan haar (Louise) betaal het nie. Teen
die einde van 2003
moes die eiser dus nog $133 000 ingevolge die eerste terugkoop aan me
Louise Klaff betaal.
Dit
is gemeensaak dat die eiser en Natan Klaff na September 2003 daaroor
onderhandel het dat die eiser ook die res van Capstone
se belang in
die GA kontrak sou koop. Die verweerders beweer dat 'n ooreenkoms tot
daardie effek tot stand gekom het, maar die
eiser ontken dit. Na die
beweerde tweede kontrak sal ek as "die tweede terugkoop"
verwys. Dit is volgens die verweerders
op 22 Oktober 2003 aangegaan
en die koopprys was na bewering R1,8milj. betaalbaar aan die "second
investor", Leon Klaff
en sy eggenote, Sarah.
In
ongeveer Oktober 2003 het die eiser Singapoer en Bangkok toe gereis.
Daar het hy vasgestel dat Lowe 90% van die aandele in GA
op sy eie
naam geregistreer het. Hy en LeeYY (die direkteur van Singapoer) was
die enigste direkteure en aandeelhouers. Die eiser
het verder
uitgevind dat Lowe homself as die ontwikkelaar van FlightScope en
hoof uitvoerende beampte van Holdings
voordoen.
Dit het daartoe gelei dat Lowe in Desember 2003 as direkteur van
Holdings en GA bedank het.
Teen
November 2003 was GA se besigheid, tot die mate dat dit ooit van
grond af gekom het, effektief gestaak. Teen daardie agtergrond
het
die eiser vir mnr LeeYY geskryf dat alles met betrekking tot die
FlightScope van toe af deur EDH SA hanteer sou word. Ek keer
later na
hierdie feite toe terug.
Alhoewel
mnre. Natan en Leon Klaff van mening is dat dit net
vertragingstaktiek was, het die eiser in November en Desember 2003
en
selfs in Januarie 2004 finansiering gesoek om vir Capstone se belange
in die GA kontrak te betaal. (Of hy slegs finansiering
vir die eerste
terugkoop of ook finansiering vir die tweede terugkoop gesoek het,
sal ek later oorweeg.) In sy soektog het die
eiser 'n vriend van
horn, mnr Fred de Kock genader. Die belang hiervan sal later blyk.
Ek
het vroeer daarop gewys dat dit 'n voorwaarde van die GA kontrak was
dat EDH SA en GA 'n kontrak moes sluit waarkragtens EDH
SA onderneem
om FlightScope aan GA te verskaf en aan GA die reg gee om daarmee
handel te dryf. Die ooreenkoms is in Maart 2003
gesluit en sowat 33
FlightScopes is daarkragtens deur EDH SA aan GA voorsien. Op 15
Januarie 2004 het mnr Tom Johnson namens EDH
SA vir GA by
laasgenoemde se geregistreerde adres in Singapoer geskryf dat EDH SA
van voorneme is om die gemelde ooreenkoms te
kanselleer en die
FlightScopes terug te neem omdat GA nie besigheid doen nie en nie sy
rekening by EDH SA betaal nie.
Op
29 Januarie 2004 het die eiser R500 000 in mnr Leon Klaff se
trustrekening inbetaal. Hierdie is die betaling wat die eiser nou
van
mnr Klaff alternatiewelik van Capstone af terugeis en ek sal later
meer volledig daarna verwys. Dit staan egter vas dat die
geld ten
behoewe van Capstone en op versoek van mnr Natan Klaff in Leon Klaff
se trustrekening inbetaal is. Dit staan ook vas dat
die geld, hetsy
kragtens die eerste terugkoop of kragtens die beweerde tweede
terugkoop, betaal is as deel van die koopprys van
'n deel van
Capstone se belange in die GA kontrak.
Ek
keer terug na die lotgevalle van GA. Op 16 Februarie 2004 is 'n
verslag oor GA se bedrywighede aan 'n vergadering van Holdings
se
direksie voorgele. Daaruit blyk dit dat die hele GA onderneming 'n
totale mislukking was. 'n Plan om die onderneming te beeindig
is
voorgele. Die klaarblyklike gedagte was om toerusting wat aan GA
gelewer is, terug te bring of te gelde te maak. Daar is nie
twyfel
dat die EDH groep aanvaar het dat GA nie verder sal probeer besigheid
doen nie.
Oor
'n tydperk wat so omtrent in die middel van 2004 begin het, het EDH
SA die FlightScopes wat aan GA gelewer is na Suid Afrika
begin
terugbring. Soos ek mnr Tom Johnson se onbetwiste getuienis verstaan,
was die terugbring 'n uitgerekte proses en kon die
eenhede nie in
bruikbare toestand teruggebring word nie. Die wat wel teruggebring
is, is hier as onderdele vir ander toestelle
aangewend.
Omdat
dit nie meer besigheid gedoen het nie, is GA op 3 Desember 2005 van
die register van maatskappye in Singapoer geskrap deur
daardie land
se ekwivalent van ons registrateur van maatskappye. Die partye is dit
eens dat die effek van die skrapping is dat
die maatskappy nie meer
bestaan as 'n regspersoon nie en dus sedert die skrapping geen
geldige besluit kon neem nie.
Ek
gaan elkeen van die eiser se eise en mnr Leon Klaff se teeneis
agtereenvolgens oorweeg. Soos wat sal blyk, is daar 'n paar feitelike

geskille wat in die proses bereg moet word. Ek maak dus eers 'n paar
algemene opmerkings oor die getuies.
Die
getuies
Vir
die eiser het hyself en sy broer, mnr Tom Johnson getuig. Vir die
verweerders het mnr Natan Klaff en sy vader, mnr Leon Klaff
getuig.
Alhoewel die getuienis meer as ses hofdae in beslag geneem het, is
daar bitter min werklike feitelike verskille. My indruk
van al vier
die getuies was aat hulle eerlik was. Die eiser se getuienis kan in
een of twee opsigte gekritiseer word. Ek meen byvoorbeeld
dat hy meer
afstand tussen homself en 'n trust wat die aandele in Holdings hou
wou plaas as wat daar werklik is. Hy het egter nie
feite verdraai
nie. Mnr Natan Klaff het baie keer betoog gelewer eerde as om feite
voor die hof te plaas. Dit, meen ek, het nie
met oneerlikheid te make
nie, maar eerder met 'n jong man wat sy familie se geld op die spel
geplaas en moontlik sy vingers verbrand
het. Mnr Natan Klaff het
klaarblyklik met sy argumente probeer om die skade te beperk. Ook wat
mnr Leon Klaff betref sou 'n mens
hier een daar punte kon uitwys waar
sy getuienis eerder betoog as feite was. Ek neem dit in ag, maar ek
meen nie dat dit sy eerlikheid
affekteer nie.
Die
eiser se eis teen mnr Leon Klaff
Ek
het daarop gewys dat die eiser die R500 000 wat hy op 29 Januarie
2004 in mnr Klaff se trustrekening inbetaal het, terugeis.
Die
volgende feite onderle hierdie eis.
Die
eiser en Capstone het op 25 September 2003 die eerste terugkoop
aangegaan. Daarvolgens het die eiser 50 per sent van Capstone
se
regte en verpligtinge ingevolge die GA kontrak gekoop vir R1000 plus
"the undertaking and obligation by the PURCHASER to
refund and
pay the first investor the sum of 203 000 US DOLLARS Dit is
gemeensaak dat US$70 000 reeds in 2003 aan die eerste
belegger, me
Louise Klaff, betaal is.
Die
verweerders beweer dat die eiser en Capstone op 22 Oktober 2003 'n
tweede terugkoop aangegaan het ingevolge waarvan die eiser
die res
van Capstone se belang in die GA kontrak vir R1000 plus R1.8milj.
gekoop het. Mnr Natan Klaff het in sy getuienis beweer
dat die R500
000 ingevolge die tweede terugkoop betaal is. Die eiser ontken dat
daar 'n tweede terugkoop aangegaan is. Dit is dus
in die eerste plek
nodig om te beslis of daar inderdaad 'n tweede terugkoop aangegaan
is. Ek oorweeg dit vervolgens.
Dit
is die verweerders se saak dat die tweede terugkoop hoofsaaklik by
wyse van e-pos korrespondensie tot stand gekom het. Slegs
mnr Natan
Klaff se aanvanklike aanbod om die res van Capstone se belange in die
GA kontrak te verkoop was volgens die verweerders
mondeling.
Na
die sluiting van die eerste terugkoop het Natan Klaff by herhaling
met die eiser in verbinding getree en horn probeer oorreed
om die res
van Capstone se belang in die GA kontrak ook oor te neem. Op 20
Oktober 2003 het die eiser per e-pos aangebied om die
res van
Capstone se belang te koop vir R1,8miljoen (wat rente ingesluit het)
betaalbaar binne ses maande. Die eiser het die e-pos
afgesluit met:
"Please proceed to draw up the contract if you agree to the
offer. Email the contract to me for review."
Mnr Natan Klaff se
reaksie (ook per e-pos) was dat hy vir mnr Leon Klaff gevra het om
die kontrak op te stel. Hy het egter bygevoeg
dat, om die partye se
kontantvloei te vergemaklik, hy voorstel dat die eiser die koopprys
betaal by wyse van "6 equal payments
of R300k each month...
starting the 7
th
of November". Ek meen nie dat daar enige twyfel is dat hierdie
'n teenaanbod van mnr Klaff se kant was nie.
Die
eiser se reaksie op die teenaanbod was kort: "I don't have the
money to make equal payments". Daardeur, meen ek het
die eiser
die teenaanbod verwerp. Dit is gemeensaak dat mnr Leon Klaff intussen
'n skriftelike kontrak opgestei het wat soos die
eerste terugkoop lui
maar waarvolgens die koopprys R1000 plus R1,8miljoen betaalbaar aan
die "second investor" voor of
op 15 April 2004 sou wees.
Mnr Natan Klaff het die dokument op 22 Oktober per e-pos aan die
eiser gestuur. Dit is gemeensaak dat
die eiser nie daarop reageer het
nie en ook dat geen van die partye die dokument geteken het nie. Dit
is die verweerdes se saak
dat hierdie e-pos met die aangehegde
dokument die tweede terugkoop gefinaliseer het.
Na
my oordeel toon die gemelde korrespondensie nie dat daar
wilsooreenstemming was nie. Alhoewe! die dokument wat mnr Leon Klaff

opgestei het daarop dui dat Capstone teen daardie tyd bereid was om
die wese van die eiser se aanvanklike aanbod te aanvaar, toon
die
getuienis nie dat die aanbod nog vir aanvaarding oop was nie. In elk
geval was die aanvanklike aanbod onderhewig daaraan dat
die eiser nog
die geskrewe kontrak wou hersien voordat finaal gekontrakteer word.
Die getuienis is nie dat die eiser die kontrak
wat aan horn gestuur
is in daardie vorm aanvaar het nie. Die kontrak bevat terme waaroor
nie ooreengekom is nie, bv. dat die eiser
aan Capstone R1000 sou
betaal benewens die R1,8milj. en, meer wesentlik, dat die koopprys
teen 15 April 2004 betaal sou word, wat
minder as ses maande in die
toekoms was.
Die
verdere optrede van die partye toon na my oordeel ook dat daar geen
tweede terugkoop aangegaan is nie. Op 21 November het Natan
Klaff aan
die eiser geskryf dat hy "would like us to conclude the
remaining points regarding the remaining portion of the
investment.
If we use your offer as a base and adjust it for your concerns I am
sure wee will have a workable solution". Die
e-pos bevat verdere
voorstelle oor hoe die R1,8miljoen betaal kan word. Die eiser se
reaksie was dat hy "would also like to
progress our discussion,
but believe me there is just TOO MUCH
(sic)
on
my plate at the moment to make any decisions on the TIS matter, more
than I have already done and discussed". Die e-pos
gaan voort
dat die eiser eers sy voete wil vind waarna hulle kan probeer om die
besonderhede uit te werk. Dan sluit die eiser af:
"Please
understand my position and know that we will work towards the goals
identified in our discussions soonest". Ek
meen dat die e-pos
onomwonde toon dat nie een van die partye gemeen het daar is 'n
tweede terugkoop aangegaan nie.
Dit
is uit die getuienis duidelik dat die hele GA onderneming teen
daardie tyd ernstige probleme gehad het: Capstone het sy voorsiening

van kapitaal gestaak en Lowe se optrede het die probleme vererger.
Soos die eiser dit gestel het, "die wiele het afgekom".
In
daardie konteks het hy navraag van mnr LeeYY uit Singapoer gehad oor
wat aangaan. In November het die eiser vir LeeYY geskryf
dat EDH SA
in die toekoms ailes sou hanteer wat op die FlightScope in die Ooste
betrekking het. Die eiser en Tom Johnson het verduidelik
dat dit maar
die praktiese manier was waarop hulle die probleme probeer beredder
het. Dit het nie beteken, het die eiser getuig,
dat hy Capstone se
regte oorgeneem het nie. Objektief is dit ook nie wat die e-pos aan
LeeYY beteken nie.
Intussen
het die eiser boonop gesukkel om geld in die hande te kry om
ingevolge die eerste terugkoop te betaal. Alhoewel hy dit
nie getuig
het nie, sal ek aanvaar dat hy ook sou probeer het om genoeg geld te
kry om die res van Capstone se beiange terug te
koop. Nadat verskeie
pogings nie geslaag was nie, het die eiser met 'n vriend van horn,
mnr Fred de Kock, gepraat om by horn geld
te kry. Vir daardie doel
het die eiser 'n kontrak tussen horn en De Kock opgestei of, soos hy
dit gestel het, "gecut en paste",
dit is, saamgeflans uit
verskillende voorbeelde. In daardie kontrak, wat in Desember 2003
opgestei is, het die eiser geskryf dat
dit aangegaan word ondermeer
omdat hy "has obtained the right to purchase the existing rights
of The Investment Shop in EDH
Golf Asia". Namens die verweerders
is dit aan horn gestel dat dit aantoon dat hy toe gemeen het dat hy
inderdaad die tweede
terugkoop ook aangegaan het. Die eiser se
verduideliking was dat hy gemeen het hy het 'n opsie om die balans
van die regte te kry
maar nie dat hy dit inderdaad al gekoop het nie.
Na my oordeel toon die kontrak wat die eiser opgestei het nie dat hy
gemeen het
hy het reeds die res van die belang in die GA kontrak
gekoop nie. Dit toon dat hy gemeen het hy kan dit koop, en dit is
inderdaad
so dat dit op daardie stadium duidelik was dat hy dit kon
koop.
Dit
is nie in geskil dat, na 22 Oktober 2003 (die datum waarop Natan
Klaff die kontrak aan eiser gestuur het) het die eiser en Tom
Johnson
nie meer aan Capstone oor GA se bedrywighede verslag gedoen nie. In
isolasie gesien sou dit wel kon beteken dat die eiser
reeds die res
van die belang gekoop het. Die feit dat daar nie meer aan Capstone
verslag gedoen is nie, moet egter in die lig van
al die getuienis
gesien word: Capstone wou van al sy belange ontslae raak en GA se
bedrywighede het vir praktiese doeleindes opgehou.
Die eiser het
geweet dat, as hy geld kan kry, kan hy die res van Capstone se belang
koop. In die voile feitelike konteks is dit
waarskynlik dat die eiser
en Tom Johnson eenvoudig nie gedink het dit is meer van belang om aan
Capstone verslag te doen nie.
E-pos
en SMS korrespondensie toon dat die eiser tot aan die einde van
Desember, en selfs nog in Januarie 2004 rondgeval het om dollars
in
die hande te kry om me Louise Klaff mee te betaal. Ten einde raad het
hy vir Natan Klaff laat weet dat hy in Rand gaan betaal.
Dit is nie
in geskil dat Natan Klaff volgehou het dat die eiser vir Louise in
dollars moet betaal nie. Mnr Natan Klaff het getuig
dat hy ook vir
die eiser gese het dat as hy in Rand betaal, sou Capstone dit as
betaling aan die tweede belegger beskou. Ek aanvaar
dat dit
subjektief is wat Natan Klaff wou he, maar in die lig van die voile
feite beteken dit nie dat daar inderdaad 'n tweede
terugkoop
aangegaan is nie.
Ek
meen dat die getuienis toon dat die partye geen finale ooreenkoms oor
die koop van die res van Capstone se belang bereik het
nie. Dit was
wel duidelik dat Capstone bereid sou wees om die regte teen
R1,8miljoen te verkoop, maar die onderhandelinge is nie
tot
finaliteit gebring nie. Alhoewel die eiser en Tom Johnson
onteenseglik probeer het om die probleme met die bedryf van GA se

besigheid te beredder, meen ek dat dit praktiese maatreels was wat
nie beteken dat hulle gemeen het die eiser het Capstone se regte

gekoop nie.
Opgesom
kom ek tot die gevolgtrekking dat daar geen tweede terugkoop
aangegaan is nie. Toe die eiser dus op 29 Januarie 2004 R500
000 in
mnr Leon Klaff se trustrekening inbetaal het, was hy, sover dit die
verweerders aangaan, slegs die balans van die koopprys
ingevolge die
eerste terugkoop verskuldig. Dit is gemeensaak dat mnr Natan Klaff
namens Capstone sy vader se trustrekening aangewys
het as die plek
waar die eiser betalings moes maak.
Die
eiser het die R500 000 bloot in die trustrekening inbetaal. Geen
dekbrief of verduideliking het die betaling vergesel nie. In
die
omstandighede het Natan Klaff, verkeerdelik, vir sy vader gese dat hy
die betaling vir die tweede belegger moes ontvang. Op
12 Februarie
2004 het mnr Leon Klaff dus vir die eiser geskryf dat hy opgemerk het
dat die geld sonder opdragte in sy trustrekening
inbetaal is, dat hy
dit in trust ontvang het vir die voordeel van die "second
investor" en dat hy dit aan die "second
investor" sou
uitbetaal. Op dieselfde dag het mnr Leon Klaff 'n trust-tjek vir R400
000 ten gunste van die Klaff Family Partnership
getrek. Die geld is
die volgende dag uit die trustrekening onttrek. Op 16 Februarie is
die balans van R100 000 ook aan die Klaff
Family Partnership betaal.
Dit is nie in geskil dat mnr Leon Klaff die betalings aan die "second
investor", hyself en
sy eggenote, betaal het nie. Ek aanvaar dat
die vennootskap bloot as geleibuis gebruik is om die betalings te
ontvang. Geeneen
van die partye het enige punt oor die betaling aan
die vennootskap gemaak nie, en ek laat dit daar.
Nadat
die geld reeds aan die tweede belegger uitbetaal is, op 17 Februarie
2004 het die eiser vir Leon Klaff geskryf dat hy volgens
ooreenkoms
met Natan Klaff die geld in die trustrekening inbetaal het en dat dit
betaal is "on behalf of die eerste terugkoop.
Daar is dus geen
twyfel dat die eiser se aanvanklike bedoeling met die betaling was om
ingevolge die eerste terugkoop, die enigste
ter saaklike skuld wat hy
gehad het, te betaal nie.
Nadat
hulle met die eiser konsulteer het, het die eiser se destydse
prokureurs, Cluver Markotter, tot die gevolgtrekking gekom dat
die
eerste terugkoop nietig is. Dit is nie nou nodig om op hulle redes
daarvoor in te gaan nie. Dit is tans van belang dat hulle
op 20
Februarie vir Leon Klaff geskryf dat die betaling sonder oorsaak
gemaak is en dat Leon Klaff dit aan geen derde party mag
oorbetaa!
Nie.
Mnr
Leon Klaff se reaksie was om op dieselfde datum, 20 Februarie 2004,
aan die eiser se prokureurs te skryf dat hy die geld reeds
uitbetaal
het. Klaff het ontken dat die geld sonder oorsaak betaal is en
aangevoer dat dit betaal is omdat dit aan beleggers verskuldig
was.
Op
6 Junie 2005, sowat twee jaar later, het Leon Klaff vir die eiser se
prokureur geskryf dat die geld terugbetaal is in sy trustrekening
en
dat hy dit daarna aan Louise Klaff, die "first investor",
betaal het.
Opgesom
toon die getuienis dus dat, toe die eiser die R500 000 betaal het,
was hy slegs geld ingevolge die eerste terugkoop verskuldig.
Die
eiser het ook bedoel om die geld kragtens die eerste terugkoop, en
dus vir voordeel van me Louise Klaff, te betaal. Omdat die
betaling
nie van 'n uitdruklike opdrag vergesel was nie, het mnr Leon Klaff
dit in opdrag van Capstone (by monde van Natan Klaff)
aan die tweede
belegger geallokeer aan wie die eiser niks verskuldig was nie. Nadat
die geld verkeerdelik aan die tweede belegger
uitbetaal is, het die
eiser by monde van sy prokureurs vir mnr Klaff opdrag gegee om die
geld aan geen derde te betaal nie. Na
die laasgenoemde opdrag het mnr
Leon Klaff die geld aan me Louise Klaff, vir wie dit aanvanklik
bedoel was, uitbetaal.
Teen
hierdie feitelik agtergrond kan die eiser se eise teen mnr Leon Klaff
nou oorweeg word.
Die
eiser se eis dat mnr Leon Klaff die R500 000 aan horn moet
terugbetaal is gegrond op 'n beweerde onregmatige daad waardeur die

eiser na bewering skade berokken is. Die beweerde onregmatige daad
word in die eiser se besonderhede van vordering op drie alternatiewe

grondslae gefundeer.
In
die eerste plek word beweer dat die R500 000 sonder opdrag in Klaff
se trustrekening inbetaal is. Dit, volgens die eiser, het
tot gevolg
gehad dat Klaff teenoor horn 'n regsplig gehad het om die geld in
trust te hou hangende die eiser se opdrag.
Dit
is wel so dat, waar geld sonder opdrag in 'n prokureur se
trustrekening inbetaal word, daardie prokureur 'n regsplig het "to

deal with trust account money in such a way that loss is not
negligently caused, inter alia, to the depositor"
(Du
Preez and others v Zwiegers
[2008] ZASCA 42
;
2008 (4) SA 627
(SCA)
paragraaf
19). Waar die geld vir 'n bepaalde doel in die trustrekening inbetaal
is, moet die prokureur, as algemene reel
3
3
,
natuurlik dienooreenkomstig met die geld handel.
In
hierdie geval is die geld wel sonder uitdruklike opdrag in die
trustrekening inbetaal. Daar is egter geen twyfel dat sowel Natan
as
Leon Klaff
goed
geweet het dat die geld betaal word as deel van die koopprys om
Capstone se belange in die GA kontrak terug te koop nie. Daar
was net
een sodanige skuld, nl. die eerste terugkoop. Dit was waarvoor die
geld bedoel is en dit is waarvoor dit aangewend moes
word. Alhoewel
die geld 'n lang draai geloop het, staan dit vas dat dit uiteindelik
aangewend is vir die doel waarvoor dit betaal
is. Op die eerste
grondslag kan die eiser se delikseis dus nie slaag nie.
Die
eiser se alternatiewe eisgrondslag is dat, toe sy prokureur op 20
Februarie 2004 vir mnr Leon Klaff geskryf het dat hy nie die
geld aan
enige derde mag uitbetaal nie, is die aanvanklike opdrag gewysig.
Kragtens die gewysigde opdrag het mnr Leon Klaff toe
volgens eiser 'n
regsplig gehad om die geld onderhewig aan die opdrag te hou. Klaff
het volgens die eiser daardie regsplig onregmatig
en skuldig verbreek
en dit het die eiser skade in die bedrag van R500 000 berokken.
Argumentsonthalwe
aanvaar ek dat, toe Klaff in Junie 2005 die geld in sy trustrekening
terugbetaal het. moes hy dit kragtens die
opdrag van 20 Februarie
2004 gehou het en dit nie aan me Louise Klaff uitbetaal het nie. Ek
sal verder aanvaar, maar ek bevind
dit nie, dat deur nie die geld te
hou nie, mnr Klaff 'n onregmatige daad gepleeg het.
Vir
redes wat later sal blyk, meen ek dat die eerste terugkoop geldig
was. Ek meen ook vir redes wat later sal blyk dat die eiser,
toe hy
die R500 000 betaal het en ook toe Leon Klaff vir Louise Klaff betaal
het, wel die verpligting gehad het om die geld aan
laasgenoemde te
betaal. Gevolglik het die betaling aan Louise Klaff tot die mate van
die betaling, 'n regsverpligting van die eiser
gedelg. Die betaling
aan Louise Klaff het die eiser dus nie skade berokken nie. Die
alternatiewe eis teen mnr Leon Klaff kan dus
ook nie slaag nie.
Dit
volg dat die eiser se eis teen mnr Leon Klaff nie kan slaag nie.
Die
eiser se alternatiewe eis teen Capstone
Die
eiser voer aan dat, as sy eis teen mnr Leon Klaff nie slaag nie, dan
is Capstone op 'n aantal alternatiewe gronde verplig om
die R500 000
aan horn terug te betaal. Op dieselfde gronde vorder hy die $70 000
wat hy ingevolge die eerste terugkoop aan Louise
Klaff betaal het,
terug. Ek oorweeg vervolgens elkeen van die gronde waarop die twee
bedrae van Capstone teruggeeis word.
Die
eerste eisgrond teen Capstone.
In
die eerste plek voer die eiser aan dat Capstone die geld wat hy
(eiser) kragtens die eerste terugkoop betaal het, moet terugbetaal

omdat daardie kontrak van meet af aan nietig was.
Die
feitelike agtergrond tot die bewering dat die eerste terugkoop van
die begin af nietig was, is kortliks die volgende. Ingevolge
die
eerste terugkoop het die eiser sekere van Capstone se regte en
verpligtinge ingevolge die GA kontrak gekoop. Klousule 25 van
die GA
kontrak bepaai:
"No
party shall be entitled to:
25.1
cede
his rights;
25.2
delegate
his obligations;
25.3
assign
his rigths and obligations;
under
this agreement unless the other party or parties consent thereto in
writing."
Volgens
die eiser beteken klousule 25 dat die partye tot die GA kontrak nie
sonder die vooraf verkree skriftelike toestemming van
al die ander
partye hulle regte kragtens die GA kontrak mag "verkoop en/of
vervreem en/of oordra" nie. Omdat al die partye
tot die GA
kontrak nie tot die eerste terugkoop toegestem het nie, so beweer die
eiser, is die eerste terugkoop "regtens ongeldig
... en
onafdwingbaar". Klousule 1.8 van die eerste terugkoop maak die
GA kontrak by verwysing deel van die eerste terugkoop.
Dit volg dus
dat nie net die GA kontrak nie, maar ook die eerste terugkoop die
gemelde beperking op die oordrag van regte en verpligtinge
kragtens
die GA kontrak bevat.
Na
my mening is die eiser se uitganspunt vir hierdie eis nie korrek nie:
Klousule 25 van die GA kontrak verbied nie die verkoop
van regte en
verpligtinge nie. Dit verbied die oordrag daarvan sonder die partye
se skriftelike toestemming. Niks het Capstone
dus verhoed om sy regte
en verpligtinge ingevolge die GA kontrak aan die eiser te verkoop
nie.
Vir
die eiser het mnr Van der Walt betoog dat die eerste terugkoop egter
nie slegs 'n verbintenisskeppende kontrak was nie, maar
ook 'n
saaklike een. Daar was, so is betoog, geen verdere ooreenkoms nodig
om regte en verpligtinge oor te dra nie. Tot die mate
dat die eerste
terugkoop 'n saaklike ooreenkoms is, is dit dus volgens die betoog
nietig. Dit gee voor, so is betoog, om die regte
en verpligtinge
sonder toestemming oor te dra.
Al
word aanvaar dat die eerste terugkoop 'n verbintenisskeppende sowel
as 'n saaklike ooreenkoms was, volg dit nie dat die partye
met die
eerste terugkoop voorgegee het dat die regte en verpligtinge reeds by
sluiting van die ooreenkoms sal oorgaan nie. Inteendeel,
die partye
het spesifiek ooreengekom dat die regte en verpligtinge eers later
sou oorgaan. Eerstens het die partye ingevolge klousule
4 van die
eerste terugkoop ooreengekom dat Capstone se regte en verpligtinge
eers op die eiser sou oorgaan wanneer die voile koopprys
betaal is.
Tweedens, omdat klousule 25 van die GA kontrak by die eerste
terugkoop ingelyf is, is dit 'n verdere bepaling van laasgenoemde
dat
die nodige toestemming verkry moes word voordat die regte en
verpligtinge sou oorgaan. Kortom, die eerste terugkoop gee nie
voor
om regte en verpligtinge kragtens die GA kontrak sonder toestemming
te laat oorgaan op die eiser nie. (Ek hou in
gedagte
dat die eiser en Natan Klaff albei getuig het dat hulle tydens die
aangaan van die eerste terugkoop nie van klousule 25
bewus was nie.
Dit is egter ekstrinsieke getuienis tot die skriftelike eerste
terugkoop wat die GA kontrak as deel daarvan ingelyf
het. Daardie
getuienis kan nie daaraan verander dat klousule 25 deel van die
eerste terugkoop was nie.)
Ek
kom dus tot die gevolgtrekking dat die eerste terugkoop nie van die
begin af nietig was nie. Capstone het daarvolgens die verbintenis

aangegaan om teen betaling van die koopprys, sekere regte en
verpligtinge aan die eiser oor te dra. Die feit dat Capstone
toestemming
moes kry voordat die regte en verpligtinge oor sou gaan,
raak nie die geldigheid van die kontrak nie. Dit posisie is analoog
aan
'n verkoper wat 'n saak verkoop waarvan hy nie die eienaar is
nie. Dit maak nie die kontrak nietig nie. (Vgl. bv.
Zulman
en Karinos: Norman's Law of Purchase and Sale in South Africa
(5
de
uitgawe, bl. 3). Dit beteken slegs dat die verkoper die verpligting
het om die nodige voorbereiding te doen ten einde horn in staat
stel
om te presteer
(De
Wet en Van Wyk, Kontraktereg en Handelsreg
(5
de
uitgawe, bl. 328 by voetnote 83 en 84).
My
gevolgtrekking maak dit onnodig om verdere verwere wat Capstone
geopper het te oorweeg.
Die
eerste alternatiewe eisgrond teen Capstone
In
die alternatief voer die eiser aan dat prestasie ingevolge die eerste
terugkoop sedert kontraksluiting onmoontlike geword het.
Gevolglik,
so voer die eiser aan, is die eerste terugkoop beeindig. Deur die
eiser se betalings van $70 000 en R500 000 is Capstone
ongeregverdig
verryk ten koste van die eiser en daarom moet Capstone die twee
bedrae aan die eiser terugbetaal
Mnr
Van der Walt het, tereg, daarop gewys dat waar een party se prestasie
ingevolge 'n kontrak na kontraksluiting onmoontlik word,
dan verval
die ander kontrakparty se wederkerige verpligting om teenprestasie te
lewer. (Vgl. vir die algemene reel by onmoontlikwording
van prestasie
Christie,
The Law of Contract in South Africa
(5
de
uitgawe, bl. 472 en 473;
De
Wet en Van Wyk
aw.,
bl. 172 e.v.;
Southern
Era Resources v Farndell
2010 (4) SA 200
(SCA)
by
para. 8.) Daar is egter uitsonderings op die algemene reel. Een
daarvan is die risiko-reel by koopkontrakte waarna ek netnou
sal
verwys.
Vir
Capstone het mnr. Dreyer betoog dat die eiser se verpligting om die
eerste belegger te betaal voortspruit uit 'n beding ten
behoewe van
die derde. Omdat die derde (me Louise Klaff) die voordeel aanvaar
het, is die eiser die betaling aan haar verskuldig
en nie aan
Capstone nie. Gevolglik, so is betoog, is Capstone se verpligting om
die regte en verpligtinge oor te dra nie wederkerig
tot die eiser se
verpligting om die geld te betaal nie.
Ek
meen dat mnr Dreyer se betoog die uitdruklike bepalings van die
eerste terugkoop uit die oog verloor. Klousule 2 bepaal dat die

koopprys vir Capstone se regte en verpligtinge "is the sum of
R1000 ... plus the undertaking and obligation by the PURCHASER
to
refund and pay the first investor the sum of 203 000 US DOLLARS
Klousule 4 van die eerste terugkoop bepaal dat "ownership
in the
rights and obligations sold herewith will only pass on full payment
of the Purchase Price". Na my mening maak die eerste
terugkoop,
en veral die klousules wat ek nou net aangehaal het, dit duidelik dat
die betaling aan me Klaff deel van die koopprys
sou wees. Capstone se
verpligting om die regte en verpligtinge oor te dra sou ontstaan as
die koopprys ten voile betaal is, en
as teenprestasie daarvoor.
Capstone se verpligting is dus wederkeng tot die eiser se verpligting
om die R1000 en die bedrag aan
die eerste beleggerte betaal. Ek vind
dit onnodig om te oorweeg of die eerste terugkoop regstegnies 'n
beding ten behoewe van 'n
derde was. Dit is na my mening uit die
kontrak self duidelik dat die eiser teenoor Capstone die verbintenis
aangegaan het om me
Klaff te betaal. Of hy regtens ook met me Klaff
'n verbintenis aangegaan het is onnodig om te oorweeg.
Mnr.
Dreyer het verder betoog dat die algemene reel by onmoontlikwording
van prestasie nie in hierdie geval geld nie omdat hierdie
geval deur
die risiko-reel by koopkontrakte beheers word. Ek handel vervolgens
met daardie betoog en mnr. Van der Walt se betoog
dat die algemene
reel geld.
Ek
het daarop gewys dat dit 'n opskortende voorwaarde van die GA kontrak
was dat GA en EDH SA 'n ooreenkoms moes aangaan om aan
GA die
FlightScope te lewer en die regte te verleen om daarmee te handel
("die lisensie-ooreenkoms"). EDH SA het nooit
die
lisensie-ooreenkoms formeel gekanselleer nie. Mnr. Van der Walt het
egter aangevoer dat dit teen Februarie 2004 deur gedrag
gekanselleer
is. Ek sal dit aanvaar.
Die
aangaan van die lisensie-ooreenkoms was wel 'n opskortende voorwaarde
tot die GA kontrak, maar dit is vervul. Die voortbestaan
van die
lisensie-ooreenkoms was egter nie terselfdertyd 'n ontbindende
voorwaarde tot die GA kontrak nie. Na die kansellasie van
die
lisensie-ooreenkoms het die GA kontrak dus nog bly voortbestaan. Die
kansellasie van die lisensie-ooreenkoms het waarskynlik
wel die
waarde van Capstone se regte en verpligtinge kragtens die GA kontrak
nadelig geraak, maar daardie regte en verpligtinge
het nie toe tot
niet gegaan nie.
Die
kansellasie van die lisensie-ooreenkoms het dus nie prestasie
ingevolge die eerste terugkoop onmoontlike gemaak of die koopsaak

vernietig nie: GA se toestemming kon nog verkry word en die GA
kontrak het nog bestaan sodat regte en verpligtinge daarkragtens
nog
oorgedra kon word.
EK
wys daarop dat al is ek verkeerd, en al het die GA kontrak tot niet
gegaan toe die lisensie-ooreenkoms gekanselleer is, verander
dit nie
aan die gevolgtrekking waartoe ek later kom nie. Dit sal maar net
beteken dat die koopsaak ingevolge die eerste terugkoop
(regte en
verpligtinge kragtens die GA kontrak) vroeer tot niet gegaan het.
Ek
meen dat die ter saaklike gebeurtenis die deregistrasie van GA in
Desember 2005 is. Die partye is dit eens dat GA van daardie
dag af as
regsentiteit ophou bestaan het. Vir die eerste terugkoop het daardie
feit twee gevolge gehad wat nou ter sake is. Ek
handel
agtereenvolgens met daardie twee gevolge.
Eerstens
het prestasie kragtens die eerste terugkoop met deregistrasie van GA
onmoontlik geword omdat GA van toe af nie meer tot
die oordrag van
regte en verpligtinge kon toestem nie. As dit die enigste gevolg van
die deregistrasie was, sou die algemene reel
by onmoontlikwording van
prestasie waarskynlik ingetree het.
Die
deregistrasie van GA het egter 'n tweede ter saaklike gevolg gehad.
Die GA kontrak self het tot niet gegaan. Ek meen dat die
vir die
volgende redes so is.
Die
deregistrasie van 'n maatskappy is vergelykbaar met die dood van 'n
natuurlike persoon
(Traub
v Barclays National Bank Ltd; Kaik v Barclays National Bank Ltd
1983
(3) SA 619
(A)
op
133 onder en 134 bo;
Miller
and others v Nafcoc Investment Holding Co Ltd and others
2010 (6) SA
390
(SCA)
te
para. 11). Die dood van een kontrakparty bring nie noodwendig 'n
einde aan die kontrak nie
(Christie
a.w.
op bl. 494). Ook die deregistrasie van 'n maatskappy wat 'n
kontrakparty is, bring nie noodwendig 'n einde aan verbintenisse

kragtens daardie kontrak nie (Vgl. die
Traub/Kalk
saak
waarna ek hierbo verwys het). Die vraag of die dood of tot niet gaan
van 'n kontrakparty die kontrak beeindig is egter een
wat van die
aard van die kontrak afhang. Sommige kontrakte kan vanwee hulle aard
nie voortbestaan as een kontrakparty wegval nie
(Christie,
t.a.p.).
Die hele grondslag van die GA kontrak was dat GA sou voortgaan om
besigheid te doen. Toe GA gederegistreer is, het daardie
grondslag
weggeval en dus die kontrak self ook.
Die
tot niet gaan van die GA kontrak self het beteken dat ook Capstone se
regte en verpligtinge daarkragtens tot niet gegaan het.
Die meeste
van daardie regte en verpligtinge was die koopsaak in die eerste
terugkoop. Dit volg dat die koopsaak in die eerste
terugkoop met GA
se deregistrasie tot niet gegaan het. Die feit dat GA nie meer tot
die oordrag van regte en verpligtinge kon toestem
nie, het dus
irrelevant geword: Daar was niks meer om oor te dra nie.
Dit
bring my by die risiko-reel by koopkontrakte. Ek wys ten aanvang
daarop dat daar geen twyfel is dat die GA kontrak inderdaad
'n
koopkontrak in die regstegniese sin was nie, en mnr. Van der Walt het
ook nie tot die teendeel betoog nie.
De
Wet en Van Wyk
(a.w.,
bl. 347) formuleer die risiko-reel by koopkontrakte soos volg: "Sodra
die koopkontrak
perfecta
is,
en dus selfs nog voordat die saak aan die koper gelewer is, gaan die
risiko vir enige toevallige onheil wat die saak mag tref
op die koper
oor. Dit beteken dat die koper die koopprys verskuldig bly selfs al
kan die verkoper nie meer die saak lewer nie (Vgl.
ook die
Southern
Era
-saak
waarna ek hierbo verwys het te para. 9;
Zulman
& Karinos, Norman's Law of Purchase and Sale in South Africa
(5
de
uitgawe)
bl.87.) Toegepas op die huidige saak het die risiko-reel by
koopkontrakte die gevolg dat die eiser, ten spyte van die tot
niet
gaan van die koopsaak, nog die koopprys kragtens die eerste terugkoop
verskuldig is mits die koopkontrak
perfecta
was
voordat die koopsaak tot niet gegaan het.
Die
vraag of 'n koopkontrak
perfecta
geword
het, hang van verskillende feite af. As 'n algemene reel is 'n
koopkontrak
perfecta
as
die koopsaak en die koopprys vasstaan en die kontrak is nie aan 'n
voorwaarde onderhewig nie (vgl.
Norman's
Law of Purchase and Sale
t.a.p.
en ook
De
Wet en Van Wyk
by
die aangehaalde plek). Die koopprys en koopsaak ingevolge die eerste
terugkoop het te alle ter saaklike tye vasgestaan.
Die
partye tot die GA kontrak se toestemming tot die oordrag van Capstone
se regte en verpligtinge moes bekom word voordat daardie
regte en
verpligtinge ingevolge die eerste terugkoop op die eiser sou oorgaan.
Die partye tot die eerste terugkoop het egter nie
die gemelde
toestemming tot 'n voorwaarde van die terugkoop verhef in die sin dat
die voortbestaan van die terugkoop aan die kry
van die toestemming
onderhewig was nie. Ek het hierbo al daarop gewys dat Capstone die
verpligting gehad het om die toestemming
te kry. Die eerste terugkoop
was dus nie aan 'n voorwaarde onderhewig nie (Vgl. oor die aard van
'n voorwaarde bv. paragrawe 11
en 20 van die
Southern
Era
saak
waarna ek reeds verwys het). Ek kom dus tot die gevolgtrekking dat
die eerste terugkoop te alle ter saaklike tye
perfecta
was.
Of die koopsaak nou reeds in Februarie 2004 of eers in Desember 2005
tot niet gegaan het, die risiko daarvoor het die heeltyd
by die eiser
gerus en hy het dus die koopprys verskuldig gebly al het die koopsaak
tot niet gegaan. In daardie konteks is die feit
dat GA self nie meer
toestemming kan gee nie, nie ter sake nie. Die eiser se eerste
alternatiewe eis teen Capstone kan dus ook
nie slaag nie.
Die
tweede alternatiewe eisgrond teen Capstone
Die
eiser voer aan dat hy die koopprys kragtens die eerste terugkoop (die
$70 000 en die R500 000) betaal het onder die veronderstelling
dat
die nodige toestemming ingevolge klousule 25 verkry sou kon word.
Omdat die toestemming nie verkry is nie, so beweer die eiser,
is
Capstone deur die betaling ongeregverdig verryk.
Ek
meen nie dat die feite toon dat die eiser wel op die gemelde
veronderstelling die eerste terugkoop aangegaan het nie. Hy het
self
getuig dat hy eers in 2006 van die noodsaak vir toestemming bewus
geword het.
In
elk geval was die eiser vanwee die werking van die risiko-reel
deurgaans die koopprys verskuldig. Capstone was dus op betaling
van
die koopprys geregtig en is nie ongeregverdig verryk nie.
Die
eiser se derde alternatiewe eisgrond teen Capstone.
Hierdie
eisgrond verskil nie van die eerste alternatiewe eisgrond nie. Ek het
dit reeds afgehandel.
Mnr
Leon Klaff se teeneis teen die eiser.
As
sessionaris van ondermeer Capstone en me Louise Klaff eis mnr Leon
Klaff van die eiser betaling van die balans van die koopprys
kragtens
die eerste terugkoop. Mnr Klaff eis ook betaling van die koopprys
kragtens die beweerde tweede terugkoop.
Ek
het reeds bevind dat die tweede terugkoop nie aangegaan is nie. Mnr
Klaff se eis vir die koopprys da'arkragtens kan dus nie slaag
nie.
Ek
handel met die eerste terugkoop. Alhoewel die eiser aanvanklik die
sessie van Capstone en me Klaff se regte daarkragtens ontken
het, is
dit in die loop van die verhoor erken. Dit is, omdat albei hulle
regte aan mnr Leon Klaff sedeer het, nie vir my nodig
om te besluit
of dit Capstone of me Klaff is wat die balans van die koopprys
kragtens die eerste terugkoop moet eis nie.
Normaalweg
moet 'n verkoper wat die balans van die koopprys eis lewering van die
koopsaak as teenprestasie aanbied. In sy teeneis
bied mnr Klaff nie
lewering aan nie. Hy pleit ook nie feite wat die verkoper van die
verpligting om die koopsaak te lewer verskoon
nie. In betoog het mnr
Dreyer egter aangevoer dat die risiko-reel wat ek reeds hierbo
bespreek het, die verkoper geregtig maak
om die balans van die
koopprys te eis sonder om lewering van die koopsaak aan te bied.
Mnr
Van der Walt het nie aangevoer dat ek mnr Dreyer se betoog nie kan
oorweeg omdat die grondslag daarvoor nie gepleit is nie.
Omdat die
eiser beweer het dat prestasie onmoontlik geword het en omdat hy
beweer het dat dit horn van teenprestasie verskoon het,
is die
feitelike grondslag vir die toepassing van die risiko-reel behoorlik
ondersoek tydens die verhoor. Ek meen dus nie dat die
eiser benadeel
word deur die toepassing van die reel al is dit nie gepleit nie.
Nadat
die eiser $70 000 aan me Klaff betaal het, was daar nog volgens die
eerste terugkoop $133 000 uitstaande. Daarvan het die
eiser R500 000
betaal en mnr Klaff eis nou die balans. Vir die redes wat ek reeds
gegee het, het die risiko-reel die gevolg dat
die eiser die balans
moet betaal al het die koopsaak tot niet gegaan.
Die
verkoper sou natuurlik betaling in rand kon weier en op betaling in
dollars kon aandring. Mnr Natan Klaff het dit ook aanvanklik
gedoen.
In die teeneis krediteer mnr Leon Klaff egter die eiser met die R500
000 en ek gaan dus voort op die basis dat die verkoper
nou tot
betaling in rand ingestem het.
Mnr
Leon Klaff se teeneis vir betaling van die balans van die koopprys
kragtens die eerste terugkoop moet dus slaag.
Koste
In
sowel die Klaff-saak as die Capstone-saak is die onderskeie
verweerders dus suksesvol. Die eiser moet dus die koste van albei

verweerders betaal.
Die
saak was in November 2009 ook op die verhoorrol. Kort voor die
verhoordatum het die eiser sy pleit op mnr Klaff se teeneis gewysig

om dit in ooreenstemming met sy eise teen Capstone te bring. Mnr
Klaff het aangevoer dat hy deur die laat wysiging benadeel is
omdat
hy nie voldoende tyd gehad het om dit te oorweeg nie. Op
gelyksoortige gronde is aangevoer dat die verweerder benadeel is
deur
'n kennisgewing met betrekking tot die aanbied van deskundige
getuienis wat die eiser laat afgelewer het. Die koste van die
uitstel
is voorbehou. Mnr Van der Walt het betoog dat die verweerders die
voorbehoue koste moet betaal omdat, soos dit later geblyk
het, geen
repliek tot die pleit in die Klaff-saak geliasseer is nie en omdat
die getuienis van die betrokke deskundige later erken
is.
Die
koste van die uitstel moet egter nie met die voordeel van nakennis
oorweeg word nie. Die uitstel was nodig juis om die aard
en effek van
die gewysigde pleit en die deskundige getuienis te oorweeg. Ten einde
dit te oorweeg was tyd nodig. Die uitstel het
daardie tyd verleen.
Die feit dat die verweerders die tyd op 'n bepaalde wyse aangewend
het, beteken nie dat hulle nie die tyd
nodig gehad het nie. Die feit
dat die verweerder die tyd nodig gehad het, was te wyte daaraan dat
die eiser se optrede laat was.
Ek meen dat die koste van die uitstel
ten beste vir die eiser die resultaat moet volg.
Die
volgende bevele word dus gemaak:
In
die saak van
Henri
Johnson v Leon Klaff,
saaknommer
20203/2005:
1.
Die
eiser se eis word van die hand gewys.
2.
Die
verweerder se tweede teeneis word van die hand gewys.
3.
Vonnis
teen die eiser ten gunste van die verweerder word toegestaan vir
betaling van US Dollar 133 000 minus die US Dollar ekwivalent
van
R500 000 soos op 29 Januarie 2004 plus rente daarop teen 15.5 per
sent per jaar vanaf 29 Januarie 2004 tot datum van betaling.
4. Die
eiser word gelas om die verweerder se koste te betaal.
In
die saak van
Henri
Johnson v Capstone 482 (Edms) Bpk,
saaknommer
37170/2006:
1.
Die eiser se eis word van die hand gewys met koste.
B.R.
du Plessis
Regter
van die Hooggeregshof
Namens
die eiser:
Culver
Markotter ING.

.............................
Culver
Markotter Gebou

.............................
Meulstraat

............................
Stellenbosch

............................
p/a
Savage Jooste & Adams Ing.

............................
Boshoffstraat

...........................
141
Nieuw Muckleneuk

..........................
PRETORIA

............................
Adv:
D.J. van der Walt
Namens
die verweerders:
......
Christo
Botha Prokureurs

..............................................
960
Schoeman Straat

..............................................
Tussen
Hill & Festival straat

..............................................
Arcadia

..............................................
Pretoria

..............................................
Adv:
J.H. DreyerSC
1
'
Daar is sprake dat die R2milj moontlik van die Klaff Family
Partnership afkomstig was. In die konteks van hierdie saak is dit

van geen belang nie. Ek gaan dus voort op die grondslag dat die ge!d
van mnr en mev Klaff afkomstig was.
2
Sekere regte ingevolge die GA kontrak is van die koop uitgesluit,
maar dit is nie ter sake nie.
3
Daar is uitsonderings, soos dat die docl geoorloof moet wees.