Van Niewenhuizen v Ingelyf (28781/09) [2010] ZAGPPHC 208 (2 December 2010)

40 Reportability

Brief Summary

Professional negligence — Mandate — Attorney's duty to act in client's best interests — Plaintiff claimed damages for breach of mandate after attorney paid contractor before services were completed — Court found that the attorney failed to adhere to the terms of the mandate, which required payment only upon satisfactory completion of services — Plaintiff's testimony deemed credible, establishing that the attorney's actions caused financial harm.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2010
>>
[2010] ZAGPPHC 208
|

|

Van Niewenhuizen v Ingelyf (28781/09) [2010] ZAGPPHC 208 (2 December 2010)

NOT REPORTABLE
DIE NOORD GAUTENG
HOe HOF, PRETORIA
(REPUBLIEK VAN SUID
AFRIKA)
SAAKNOMMER:
28781/09
DATUM:
2/12/2010
In die saak tussen:
R. J. Jansen van
Niewenhuizen
.................................................................................
Eiser
en
Harvey Nortje
Ingelyf
..................................................................................................
Verwerder
UITSPRAAK
ENGELBRECHT WR:
1. Die eiser,
verteenwoodig deur advokaat Ellis SC, spreek die verweerder in hulle
professionele hoedanigheid as prokureurs, verteenwoodig
deur advokaat
Griesel, vir skadevergoeding aan vir gelede skade wat die eiser sou
gely het Die eiser beweer in sy besonderhede
van vordering dat daar
'n ooreenkoms tussen die eiser en die verweerder was. wat as inhoud
het dat die verweerder as die eiser
se prokureur die volgende
professionele dienste sou verrig:
3.1 To effect the
transfer of Portion 6 of Plot 57, Seekoeiwater Agricultural Holdings
to the purchaser thereof, D.H.S. Stander;
3.2 To put up
security for the installation of bulk services as required by the
Emalahleni Local Municipality in respect of the
subdivision of plot
57, Seekoeiwater Agricultural Holdings, and to utilize for such
purpose the guarantees and/or purchase price
together with any
payment in respect of bulk services made by Stander, the purchaser of
Portion 6 of Plot 57 Seekoeiwater;
3.3 Not to make any
payment to the contractor, Zeranza Electrical Engineering Services
(Pty) Limited (hereinlater "Zeranza"),
which contractor had
been contracted to effect the bulk services at Plot 57 Seekoeiwater
by Plaintiff, before all services had
been installed to Plaintiffs
satisfaction, and before Plaintiff specifically instructed Defendant
to make such payment.
4. It was an implied
term of the agreement between the parties that the Defendant would
perform the services in a proper and professional
manner and without
negligence.
Strydig met hierdie
mandaat het die verweerder die bedrag van R256 308-52 aan Zeranza
uitbetaal
2. Die verweerder
ontken die bewerings en pleit dat die eiser 'n mandaat met die
volgende terme uitgreik het:
4.1.1 Op 16
Februarie 2006 te Witbank het die eiser handelende persoonlik aan die
verweerder opdrag gegee om namens horn 'n waarborg
of onderneming vir
betaling aan Zeranza (die kontakteur) vir sekere dienste wat hulle
moes lewer uit te reik aan prokureurs Marais
& Basson wat op of
na datum van registrasie van transport van Gedeelte 6 van Hoewe 57
Seekoeiwater Landbouhoewes sou uitbetaal.
3. Die eiser het
blykens die getuienis geen ondervinding en kennis as
eiendomsontwikkelaar gehad nie en spoedig agtergekom dat hy
'n
kontantvloeiprobleem het omdat hy, anders as wat hy gedink het, hy
verantantwoordelik was vir die verskaffing van die nodige
infra
strukture soos water en elekrisiteit. Om vir hierdie onvoorsiene
uitgawes voorsiening te maak is een van die gedeeltes aan
Stander vir
R205 000-00 verkoop. Dit is onoding om verder met die koop van Pinto
te handel aangesien die geen verdere rol in hierdie
saak gepeel het
nie. Stander het ook 'n bydrae addisioneel tot die koopprys gemaak.
4. Die verweerder
was die prokureur van die verkoper (eiser) en die koper Stander. Daar
word nie met Standard Bank gehandel nie
want dit is gemeensaak dat na
registrasie van die verband is die bedrag aan die verweerder
uitbetaal en dit is verder gemeensaak
dat die waarborg waarna in
paragraaf 2 verwys word wel uitgereik is sonder dat die eiser kennis
gedra het van die inhoud daarvan.
Dit is ook gemeensaak dat die
kontrakteur betaal is voordat die werk voltooi is en dat die
kontrakteur met geld en al verdwyn het.
5. Die eiser se
getuienis is dat hy die mandaat soos uiteengesit in paragraaf 3 van
sy besonderhede van vordering aan die verweerder
gegee het ten
opsigte van die geld. Die eiser se getuienis is dat die geld strydig
met sy mandaat uitbetaal is. Die verweerder
se saak is gevoer op die
basis soos uiteengesit in paragraaf 4.1.1 van sy pleit.
6. Ten einde hierdie
geskilpunt te besleg is die hof geroepe om 'n geloofwaarigheids
bevinding te maak. Sodanige bevinding kan gemaak
word sonder om in
detail na die getuienis te verwys.
7. Ek hou in gedagte
dat die eiser 'n enkel getuie is, dat hy skade gely het en gevolglik
'n motief kan he om sy getuienis so te
plooi om sy saak te bevorder.
Ek het die geleentheid gehad om die eiser dop te hou en ek stem met
advokaat Ellis SC saam dat die
eiser 'n onkundige en naTwe getuie
was. Dit is so dat die eiser nie al die gebeure kon onthou nie maar
dit is te verwagte indien
die tydsverloop in aanmerking geneem word
en die eiser het seer sekerlik nie verwag dat hy later oor die
gebeure in die hof as
getuie sal staan nie. By die evaluering van die
eiser se geloofwaardigheid hou ek in gedagte Advokaat Griessel se
kritiek oor die
geloofwaardigheid van die eiser.
8. Advokaat Griessel
bevraagteken in paragraaf 24 van sy hoofde van betoog die egtheid van
Bewysstuk A. Ek sal aanvaar dat die inhoud
van die faks eers op 16
Junie 2006 tot die kennis van die verweeder gekom het-dit is voor die
19 de September 2006, die dag van
die konsultasie met die eiser en
die verweerder se verteenwoordigers by die verweerder se kantore op
welke geleentheid die eiser
na bewering te kenne sou gegee het dat
daar geen naiatigheid aan die kant van die verweerder was nie. Ek is
tevrede dat Bewysstuk
A deur die eiser op skrif gestel is om en by
die 18 de Januarie 2006 en dat die inhoud daarvan konsekwentheid aan
die kant van
die eser aantoon. Botha en Wagenaar was wel deeglik
bewus van die moontlike bestaan van botsende belange-die inhoud van
die mandaat.
Wagenaar gee toe dat die eiser nie by die aanvang van
die konsultasie verwittig is dat hy geregtig was om die dienste van
'n regsverteenwoordiger
te bekom om na sy belange om te sien nie. Ek
vind dit vreemd dat die aspek van naiatigheid en onprofessionaliteit
op die agenda
geplaas was. Indien die verweerder se weergawe korrek
was oor die inhoud van die mandaat was so 'n besprekingspunt onnodig.
Ek
stem met Advokaat Ellis SC saam dat hierdie samesprekings niks
anders as 'n "cover-up" vir die onaanvaarbare situasie

rondom Zeranza was nie.
9. Die eiser se
getuienis moet nie in isolasie beoordeel word nie. Die enigste ander
getuie wat kan getuig oor die inhoud van die
mandaat wat die eiser
aan die verweerder gegee het is me Anette Joubert die
aktesekretaresse in die kantoor van die verweerder.
Volgens haar het
die eiser aan die verweerder opdrag gegee om by registrasie van
Gedeelte 6 op die naam van Stander die bedrag
van R256 308-52 in die
Trustrekening van Marais Basson Ing. te betaal. Sy het voldoen
hieraan.
10. Die getuienis
van Kasselman en Wagenaar lewer geen wesenlike bydrae tot die
beslegting van die geskilpunt nie behalwe dat Wagenaar
se beweerde
onkunde oor die inhoud van die transaksie vir my onaanvaarbaar is. Hy
word deur Joubert weerspreek waar sy getuig dat
sy die versoek van
Marais Basson met horn bespreek het.
11. Die getuienis
van Joubert aangaande die inhoud van die mandaat word as vals
verwerp. Die indruk wat sy as getuie by my gelaat
het was dat sy
haarself en die verweerder wou beskerm. Sonder dat sy daarom gevra
word getuig sy dat die beleid in die katoor van
die verweerder was om
nie toe te laat dat 'n kontrakteur vir dienste betaal word voordat
die dienste gelewer is nie. Sy bly 'n
antwoord skuldig hoekom die
beleid nie gevolg is met die eiser nie. Haar getuienis bots met die
waarskynlikhede. Dit is ondenkbaar
dat 'n persoon in die posisie van
die eiser opdrag sal gee dat die voile bedrag uitbetaal moet word
voordat die dienste gelewer
is. Dit is meer aanvaarbaar dat die eiser
betaling sou magtig soos wat die werk vorder en voltooi word.
12. Die getuienis
van die eiser word as geloofwaardig en betroubaar aanvaar en sonder
huiwering bevind ek dat die mandaat die term
bevat het nl dat geen
betaling moes plaasvind voordat die kontrakteur die dienste waarop
oorgekom is gelewer het nie. Aan hierdie
mandaat het die verweerder
nie voldoen nie en teenstrydig met die mandaat we! die uitbetaling
gemaak wat skade vir die eiser tot
gevolg gehad het.
Die volgende bevel
word gemaak.
1 .Die verweerder is
teenoor die eiser aanspreekiik vir die koste verbonde aan die
installering van water en elektriese dienste
ter voldoening aan die
vereistes van die Emalahleni Plaaslike Munisipaliteit gedateer 24
November 2004.
2. Die bepaling van
die eiser se quantum word sine die uitgestel.
3. Die verweerder
moet die eiser se koste tot op datum betaal.