About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2010
>>
[2010] ZAGPPHC 207
|
|
Hoogenboezem v Amalgameerde Mikroleners van Suid-Afrika (Edms) BPK (38432/2006) [2010] ZAGPPHC 207 (2 December 2010)
NOT
REPORTABLE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(GAUTENG-NOORD
AFDELING)
SAAKNR.:
38432/2006
DATE:
02/12/2010
In
die saak tussen
A.P.
HOOGENBOEZEM
..............................................................................
Respondent/Eiser
en
AMALGAMEERDE
MIKROLENERS VAN
SUID-AFRIKA
(EDMS) BPK.
…................................................................
Applikant/Verweerder
CORAM:
EBERSOHN WR. Aangehoorop: 25 November 2010
Uitspraak
afgegee op: 2 Desember 2010
UITSPRAAK
EBERSOHN
WR.
[1]
Die partye sal in hierdie uitspraak na verwys word as die eiser en
verweerder en nie as appiikant en respondent nie.
[2]
Die eiser het 'n dagvaarding teen die verweerder uitgereik, die
verweerder het verset aangeteken, 'n verweerskrif ingedien en
ook
etlike teeneise teen die eiser ingestel.
[3]
Die verweerder het daarna 'n kennisgewing van wysiging afgelewer
waarin sekere gedeeltes van die verweerskrif gewysig staan
te word.
Die eiser het beswaar gemaak teen die voorgenome wysigings.
[4]
Die aangeleentheid is omvattend geargumenteer deur mnr. de Wet namens
die verweerder en mnr. van Ryneveld namens die eiser.
Uitspraak is
daarna voorbehou.
[5]
Paragraaf 3 van die besonderhede van vordering lees soos volg:
"3.
Gedurende ongeveer Mei 2001 en te Naboomspruit, het die eiser,
persoonlik en die verweerder, behoorlik verteenwoordig deur
DANIEL
ELARDUS DE BEER, 'n deel skriftelike en deels mondelinge ooreenkoms
aangegaan met die volgende uitdruklike, alternatiewelik
stilwyende,
verder alternatiewelik geVmpliseerd relevante terme:
3.1
Die
verweerder sou die eiser aanstel met onmiddellike effek as
streeksbestuurder/streeksverteenwoordiger van die eiser vir die
Noord-Kaap streek;
3.2
Die
eiser sou in sy hoedanigheid as
streeksbestuurder/streeksverteenwoordiger
die
uitbouing, onderhouding en gesonde funksionering van die kantore van
die vergundes van die verweerder in die Noord-Kaap streek
monitor en
hanteer;
3.3
Die
eiser sou vergoed word in sy hoedanigheid as streeksbestuurder /
streeksverteenwoordiger, in 'n persentasie te wete 25 per sent
van
die rentedeel betaalbaar deur die kantore van vergundes van die
verweerder in die Noord-Kaap streek, teenoor die verweerder,
welke 25
per sent deel van die rentedeel betaalbaar sou wees aan die eiser
binne 30 dae na maandeinde;
3.4
'n
Afskrif van die skriftelike gedeelte van die voormelde ooreenkoms,
synde die eiser se aansteilingsbrief as streekbestuurder,
gedateer 28
Mei 2001, word hierby aangeheg gemerk aanhangsel "A"."
[6]
Paragraaf 3 van die verweerskrif wat handel met paragraaf 3 van die
besonderhede van vordering, lees soos volg:
"Die
inhoud van hierdie paragraaf word erken."
[7]
Die verweerder het skynbaar, tydens 'n verdere konsultasie, tot die
besef gekom, so lees die stawende verklaring tot die aansoek
vir 'n
bevel wat die wysiging magtig, dat die paragraaf nie die ware beeld
en verweer van die verweerder weergee nie derhalwe is
die omvattende
kennisgewing van voorneme om te wysig opgestel en beteken. Soos
voormeld opponeer die eiser die wysiging en dit
is die eiser se saak
dat die verweerder gebonde is aan die "erkenning" wat die
verweerder gemaak het.
[8]
In die voorgenome wysiging van die verweerder erken die verweerder in
effek die inhoud van paragraaf 3 van die besonderhede
van vordering
maar brei daarop uit en verwys na die volledige kontraktuele
verhouding soos wat die verweerder beweer te bestaan
tussen die eiser
en die verweerder. Dat die eiser nie al die voorwaardes van die
ooreenkoms tussen die eiser en die verweerder
gepleit het in
paragraaf 3 van die besonderhede van vordering nie, word gestaaf deur
die gebruik van die woorde tot die effek dat
die eiser net wat die
eiser as "relevante" voorwaardes ag, gepleit het met die
onvermydelike implikasie dat daar nog
ander voorwaardes is, wat die
eiser nie voor die hof geplaas het nie.
[9]
Dit wat die verweerder wil doen is in effek nie 'n uit en uit
terugtrekking van 'n erkenning nie maar is die regstelling van
'n
erkenning in die verweerskrif welke erkenning 'n verkeerde beeld,
soos dit tans staan, voor die hof plaas.
[10]
Die hof sal 'n wysiging toestaan waar die oogmerk van die wysiging is
om die ware geskil tussen die partye voor die hof te
plaas. (Sien:
Cross v Ferreira
1950 (3) SA 447
(C) en die sake daarin vermeld;
Zarug v Parvathie N.O.
1962 (3) SA 87
(O); President
Versekeringsmaatskappy Bpk. v Moodley
1964 (4) SA 109
(T)).
In Heeriah & Others v Ramkisoon
1955 (3) SA 222
(N) het Broome RP
met goedkeuring die volgende passasie uit die uitspraak van Bowen LJ
in Cropper v Smith
L.R. 26 Ch. D. 710-711
, aangehaal:
"I
know of no kind of error or mistake which, if not fraudulent or
intended to overreach, the court ought not to correct, if
it can be
done without injustice to the other party. Courts do not exist for
the sake of discipline, but for the sake of deciding
matters in
controversy, and I do not regard such amendment as a matter of favour
or grace..... It seems to me that as soon as it
appears that the way
in which a party has framed his case will not lead to a decision of
the real matter in controversy, it is
as much a matter of right on
his part to have it corrected, if it can be done without injustice,
as nothing else in the case is
a matter of right......."
[11]
Na noukeurige oorweging van die voorgenome wysiging, nadat die
gedeeltes wat mnr. de Wet aangedui geskrap word uit die voorgenome
wysiging, is die hof tevrede dat dit 'n gepaste geval is waar die
oorblywende gedeelte van die wysiging toegestaan behoort te word.
[12]
Die eiser was geregtig om die aansoek te bestry gevolgiik sal die
verweerder gelas word om die koste van die aansoek te betaal.
[13]
Die volgende bevel word verleen:
1.
Die
verweerder se aansoek om sy verweerskrif te wysig soos uiteengesit in
die kennisgewing van voorneme om te wysig word toegestaan
uitgesonderd paragraaf 3.5 en die tweede sin van paragraaf 3.8
daarvan.
2.
Die
verweerder moet die vervangende bladsye beteken en liaseer binne 'n
periode van 10 hofdae na die verlening van hierdie bevel.
3.
Die
verweerder moet die koste van die aansoek, asook die verkwiste koste
veroorsaak
deur
die,
wysiging, betaal.
P.
Z. EBERSOHN
WARWEMENDE
REGTERVAN DIE HOOGGEREGSHOF
Applikant/Verweerder
se advokaat
…..........................................
Adv.
H.N. de Wet
Applikant/Verweerder
se prokureurs
….....................................
Cilliers
& Reynders Ing.
…
...........................................................................................................
Verw.
T.A. van Schalkwyk/HC002127
…
...........................................................................................................
Tel.
(012) 667 2405
Respondent/Eiser
se advokaat
.................................................
Adv.
P.M. van Ryneveld
Respondent/Eiser
se prokureurs
…........................................
Le
Grange Prokureurs Ing.
…
.......................................................................................................
Verw.Mnr.
le Grange/ 111/06L/MH
…
.......................................................................................................
Tel.
(012) 344 2611