Geyser and Another v Silver Charm Investements (Edms) Beperk (4705/10) [2010] ZAGPPHC 202 (17 November 2010)

35 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Contract — Conditions precedent — Validity of agreement — Applicants sought declaration that a purchase agreement had lapsed due to non-fulfilment of a suspensive condition regarding the acquisition of water rights — Respondent contended that an application for the necessary license was still pending — Court held that as long as the application for the license remained active, the contract was still valid and enforceable; thus, the application was dismissed with costs.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2010
>>
[2010] ZAGPPHC 202
|

|

Geyser and Another v Silver Charm Investements (Edms) Beperk (4705/10) [2010] ZAGPPHC 202 (17 November 2010)

NOT
REPORTABLE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD
GAUTENG HOE HOF, PRETORIA)
SAAKNOMMER:
4705/10
DATUM:
17/11/2010
In
die saak tussen:
FREDERIK
HENDRIK
GEYSER
....................................................
EERSTE
APPLIKANT
SONIA
GEYSER
vs
SILVER
CHARM INVESTEMENTS (EDMS) BEPERK
.............
RESPONDENT
UITSPRAAK
BOTHA
R:
Die
applikante vra dat daar verklaar word dat 'n koopooreenkoms tussen
hulle en die respondent, gemerk FHG2, op 15 Junie 2009 verval
het.
Verder word gevra dat daar verklaar word dat die applikante geregtig
is om besit te neem van die waterlysting van 25.7 hektaar
uit die
Loskop Staatswaterskema ten aansien van Gedeelte 167 van die plaas
Loskop Noord 12 (Gedeelte 167) en dat die respondent
nie geregtig is
om dit te gebruik nie.
Op
22 Julie 2005 het die applikante ingevolge "n skriftelike
ooreenkoms, gemerk FH62, die 25.7 hektaar waterlysting ten aansien

van Gedeelte 167 aan die respondent, Silver Charm Investments (Edms)
Bpk, soos verteenwoordig deur mnr Charles Rossouw, verkoop
vir 'n
bedrag van R350 000.00.
Klousule
1 van FHG2 bevat 'n opskortende voorwaarde tot die strekking dat die
ooreenkoms sal verval indien die applikante nie daarin
sou slaag om
Gedeelte 167 van die Martin Schmidt Trust aan te koop nie.
Klousule
2 maak daarvoor voorsiening dat die respondent die water kwota vanaf
die 2005-2006 water jaar kan gebruik en dat hy dan
R2 000.00 per
maand huur sal betaal.
Klousule
4.1, wat ressorteer onder 'n paragraaf met die opskrif "Wanprestasie
deur die Koper", lui as volg:
"4
.1
Indien
hierdie transaksie nie suksesvol afgehandel word nie en die oordrag
van die waterlysting nie plaasvind nie met ander woorde
"n
lisensie kragtens die Nasionale Water Wet uitgereik deur die
Nasionale Kantoor van die Departement van Waterwese en Bosbou,
nie
toegestaan word nie sal hierdie koopooreenkoms verval en van nul en
geen waarde wees nie".
Die
applikante beweer dat die respondent op 13 Februarie 2006 om "n
lisensie soos beoog in klousule 4.1 aansoek gedoen het;
dat die
aansoek op 29 Mei 2008 geweier is; dat die respondent op 17 Julie
2008 ingevolge artikel 148 van die Nasionale Waterwet,
1998 (Wet 36
van 1998) na die Watertribunaal appelleer het, dat die appel op 13
Mei 2009 aangehoor is; en dat die Watertribunaal
op 6 Julie 2009 sy
redes gegee het vir die afwysing van die appel.
Onder
die omstandighede beroep die applikante hulle op klousule 4.1 en voer
aan dat FGH2 verval het.
Die
respondent, by monde van mnr Rossouw, verduidelik dat FGH2 aangegaan
is met die oog daarop om water regte te verkry vir n ander
eiendom,
Gedeelte 221, wat die respondent aangekoop het, maar wat nie oor
water regte beskik het nie.
Omdat
die respondent daarvan bewus was dat swart bemagtiging in aanmerking
geneem word by aansoeke om die oordrag van waterregte,
het die
respondent stappe gedoen om 'n trust te stig waardeur swart
bemagtiging toegepas kan word.
Hy
het verwys na die uitspraak van die Watertribunaal en betoog dat die
aansoeke nie op die meriete geweier is nie. Die effek van
die
uitspraak was dat die aansoek van die applikant prematuur was omdat
die bemagtingsprogram nog nie op dreef gekom het nie. Die
uitspraak
van die tribunaal skep ruimte vir die applikant om die Departement
van Waterwese weer vir 'n lisensie te nader wanneer
die
bemagtigingsprogram in werking gestel is. Dit het nou plaasgevind en
'n verdere aansoek is reeds aan die Departement gestuur.
Die
besluit van die Tribunaal lui as volg:
"6.1
In die premises the appeal fails, and; 6.2 The file shall be closed.
Die
laaste paragraaf van die Tribunaal se redes lui as volg:
"
In the conclusion the Tribunal was of the view that the application
was premature insofar as the empowerment programme had
not yet been
completed. The appellant should, however, be applauded and encouraged
in the direction which it was taken. In the
Tribunal's considered
view the appellant shall be entitled to approach the respondent for
the relevant licence once its programme
has been completed."
Die
vraag is eenvoudig of 'n lisensie soos beoog in klousule 4.1 van FGH2
nie toegestaan is nie.
Mnr
Pelser SC, wat namens die applikante verskyn het, het verwys na die
redes van die Watertribunaal en daarop gewys dat dit blyk
dat die
oorspronklike aansoek afgewys is nadat die respondent die geleentheid
gegun is om verdere inligting voor te le. Dan het
hy daarop gewys dat
daar op appel voor die tribunaal getuienis aangaande die oprigting
van die trust as die voertuig vir die bemagtigingsprogram
voorgele
is. Hy het die punt gemaak dat die appel wel op meriete, insluitend
die vereiste van 'n bemagtigings program , oorweeg,
en van die hand
gewys is. Onder die omstandighede het hy betoog dat die aansoek vir
die doeleindes van klousule 4.1 van FHG2 nie
toegestaan is nie. In
die alternatief het hy betoog dat die respondent geen behoorlike
getuienis voorgele het dat daar tans "n
aansoek voor die
Departement hangende is nie.
Mr
Vorster SC. wat namens die respondent verskyn het, het daarop gewys
dat die respondent se onbetwiste bewering is dat die probleme
met
bemagtiging reggeste! is en dat daar 'n nuwe aansoek voor die
Departement dien. Hy het die punt gemaak dat klousule 4.1 geen

tydperk neerle waarbinne aansoek gedoen moet word nie. Hy het daarop
gewys dat die respondent intussen rente moet betaal en betoog
dat tyd
nie wesenlik is nie.
Ek
stem saam met mnr Vorster dat die bewering van die respondent en
paragraaf 9 van die beantwoordende verklaring dat 'n verdere
aansoek
na die Departement gestuur is nie verwerp kan word nie.
Die
respondent is nie verplig om die aansoek om "n lisensie binne 'n
sekere tyd af te handel nie. Mens moet aanvaar dat so
'n aansoek
minder formeel as "n aansoek in "n hof afgehandel kan word
en dat daar meer ruimte sal wees vir die applikante
om gebreke reg te
stel. Selfs die Watertribunaal sien dit so. Vandaar die bevinding dat
die aansoek prematuur was en dat die respondent
die Departement weer
kan nader sodra sy program in plek is.
Die
feit is eenvoudig dat die hof moet aanvaar dat die aansoek nog
iewendig is. As die aansoek nog lewendig is, is die kontrak nog

lewendig.
As
die applikante meen dat die respondente onredelik sloer, kan hulle
die respondent aanmaan om die aansoek binne 'n redelike tyd
te
volvoer. Tot tyd en wyl dit gebeur, is die respondent onder geen
verpligting om die aansoek binne 'n gegewe tydbestek af te
handel
nie.
Onder
die omstandighede is ek van oordeel dat die aansoek van die hand
gewys moet word.
Die
volgende bevel word verleen:
Die
aansoek word van die hand gewys met koste, welke koste die koste van
'n senior advokaat sal insluit."
C.
BOTHA
REGTERVAN
DIE HOOGGEREGSHOF.