Molakeng v Padongelukfonds (53523/07) [2010] ZAGPPHC 201 (16 November 2010)

70 Reportability
Personal Injury Law - Road Accident Fund

Brief Summary

Damages — Loss of support — Deduction of compensation received under the Compensation for Occupational Injuries and Diseases Act — Plaintiff’s husband fatally injured in a motor accident — Defendant admitted liability for loss of support — Parties agreed on quantum of claim — Dispute arose over whether compensation received under the Act should be deducted from the claim amount — Court held that compensation received must be deducted in accordance with section 36(2) of the Act, aligning with precedent set in Sasol Synthetic Fuels (Pty) Ltd v Lambert — Plaintiff ordered to pay defendant's costs for the argument.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2010
>>
[2010] ZAGPPHC 201
|

|

Molakeng v Padongelukfonds (53523/07) [2010] ZAGPPHC 201 (16 November 2010)

SAFLII
Note:
Certain
personal/private details of parties or witnesses have been
redacted from this document in compliance with the law
and
SAFLII
Policy
NOT
REPORTABLE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA
(NOORD
GAUTENG, PRETORIA)
Saaknommer:
53523/07
Datum
aangehoor: 05/11/2010
Datum
van uitspraak: 16/11/2010
In
die saak tussen:
MAMONATE
SARAH MOLAKENG
en
PADONGELUKFONDS
..........................................................................
VERWEERDER
UITSPRAAK
DU
PLESSIS:
Op
7 Junie 2005 is die eiseres se eggenoot en die vader van haar twee
minderjarige kinders noodlottig beseer in 'n motorongeluk.
Die
verweerder gee
toe
dat dit aanspreeklik is om die eiseres en die kinders te vergoed vir
hulle verlies aan onderhoud. Die partye het ooreengekom
dat, as daar
voorsiening gemaak word vir gebeurlikehede waarop hulle ook
ooreengekom het, die omvang van die eiseres en die kinders
se eis op
R356 348 te staan kom. Dit is gemeensaak dat die gemelde motorongeluk
plaasgevind het in omstandighede wat die eiseres
en die kinders
geregtig gemaak het op betaling van vergoeding ingevolge die
bepalings van die Compensation
for
Occupational
Injuries and Diseases Act,
130
van
1993
1
("die
Wet"). Dit is verder gemeensaak dat die eiseres en die kinders
inderdaad sodanige vergoeding ontvang het. Die enigste
geskilpunt is
of daardie vergoeding afgetrek moet word van die verlies aan
onderhoud soos wat dit by ooreenkoms gekwantifiseer
is. As bevind
word dat dit nie afgetrek moet word nie dan, so is ooreengekom, moet
vonnis vir die eiseres toegestaan word in die
bedrag hierbo vermeld.
As bevind word dat die vergoeding wel afgetrek moet word, is die
partye dit eens dat vonnis vir R84 418
toegestaan moet word.
Geen
mondeiinge getuienis is aangebied nie, maar die partye het by
ooreenkoms 'n brief van die vergoedingskommissaris voor die hof

geplaas. In die brief word die vergoeding wat die eiseres en die
kinders kragtens die Wet ontvang het uiteengesit. Die partye het

aanvaar dat, as vergoeding wat ingevolge die Wet ontvang is regtens
aftrekbaar is, moet die voile bedrag wat ontvang is afgetrek
word.
Dit is dus nie vir my nodig om te handel met hoe die totale bedrag
saamgestel is nie. Ek volstaan dus deur daarop te wys
dat die
vergoeding
ingevolge artikel 54(1)(b) gelees met artikel 54(1)(a) van die Wet
ontvang is en ook ingevolge artikel 54(2).
Volgens
die definisie van "employee" in artikel 1 van die Wet sluit
"employee" ook die afhanklikes van 'n oorlede
werknemer in.
Saamgelees met die definisie van "employee", bepaal artikel
36(1 )(a) van die Wet dan;
"(1)
If an occupational injury or disease in respect of which compensation
is payable, was caused in circumstances resulting
in some person
other than the employer of the employee concerned (in this section
referred to as the "third party") being
liable for damages
in respect of such injury or disease ... the employee,
including
his dependants,
may
claim compensation in terms of this Act and may also institute action
for damages in a court of law against the third party".
Die
eiseres en die kinders se aksie teen die verweerder val dus binne die
trefwydte van artikel 36(1 )(a).
Artikel
36(2) van die Wet bepaal:
"In
awarding damages in an action referred to in subsection (1)(a) the
court shall have regard to the compensation paid in
terms of this
Act."
2
Toegepas
op die huidige feite bepaal artikel 36(1 )(a) en (2) dus dat 'n
oorlede werknemer se afhanklikes aksie teen die Padongelukkefonds
mag
instel vir skadevergoeding weens verlies aan onderhoud, maar dat die
hof wat in daardie aksie skadevergoeding toestaan, die
vergoeding wat
ingevolge die Wet
betaal
is,
in ag moet neem. Die advokate was dit eens,
en
tereg,
dat die verpligting wat die hof net om die vergoeding kragtens die
Wet "in ag te neem", daarop neerkom dat die
hof sodanige
vergoeding moet aftrek van die skadevergoeding wat aan 'n eiser
toegeken word.
Namens
die eiser het Mnr Dreyer egter betoog dat die vergoeding wat in
hierdie geval aan die eiseres en die kinders betaal is, nie
in ag
geneem kan word nie. Vir daardie betoog het hy in die eerste plek
gesteun op artikel (1) van die Wet
op
die Berekening van Skadevergoeding, 9 van 1969
("die
Berekeningswet") wat bepaal:
"Wanneer
in 'n geding ... skadevergoeding bereken word vir die verlies van
onderhoud ten gevolge van iemand se dood, word geen
... pensioen of
voordeel wat ten gevolge van die dood betaal is of betaal sal word of
moontlik betaal sal word, in aanmerking geneem
nie." In die
artikel woord "pensioen" sodanig wyd omskryf dat dit die
vergoeding wat die eiseres en die kinders
kragtens die Wet ontvang
het sou inlsuit.
Mnr
Dreyer se betoog gaan van die standpunt uit dat daar 'n botsing is
tussen die bepalings van artikel 36(2) van die Wet en artikel
1 (1)
van die Berekeningswet. Die vraag na sodanige botsing en die wese van
Mnr Dreyer se argument het pertinent ter sprake gekom
in
Sasol
Synthetic Fuels (Pty) Ltd and Others v Lambert and Others
2002 (2) SA
21
(SCA).
Dit
het
in
daardie saak ook gegaan oor die vraag of vergoeding wat aan
afhanklikes
betaal
is
van hulle eis om verlies aan onderhoud afgetrek moet word. Die
Hoogste Hof van Appel het bevind dat daar geen botsing tussen
artikel
36
(2)
van
die Wet en artikel 1(1) van die Berekeningswet is nie en dat die
vergoeding ingevolge die Wet wel van die afhanklikes se eis
afgetrek
moet word. Toe die
Sasol
-saak
beslis is, het artikel 36
(2)
ietwat
anders gelui as wat dit nou lui. Die verskil raak nie die vraag
waaroor dit tans gaan nie. Ek is dus aan die beslissing in
die
Sasol
-saak
gebonde, onderhewig aan mnr Dreyer se verdere argument waarmee ek nou
gaan handel.
Op
grond van die appelhof se beslissing in
Erasmus,
Ferreira & Ackerman and Others v Francis and Others
2010 (2) SA
228
(SCA)
het
mnr Dreyer betoog dat hierdie hof, ten spyte van die beslissing in
die
Sasol
-saak
(supra),
'n
diskresie het om nie die vergoeding ingevolge die Wet van die eiseres
en die kinders se eis af te trek nie. Die
Erasmus
Ferreira
-saak
het nie oor vergoeding ingevolge die Wet gegaan nie. Die diskresie
waarna mnr Dreyer verwys het in 'n heeltemal ander konteks
ter sprake
gekom. Die hof moes naamlik ondermeer besluit of pensioengeld wat die
eiseres ontvang het van haar eis teen die verweerders
afgetrek moet
word kragtens die
res
inter alios
acfa-reel
van die gemene reg. Volgens die gemelde gemeenregtelike reel kan 'n
handeling of 'n transaksie tussen partye nie persone
wat nie deel van
daardie handeling of transaksie was, bevoordeei of benadeel nie. Op
grond van die gemelde reel het die howe al
meermale geweier om sekere
voordelige gevolge van 'n delik wat die eiser toeval, van sy
skadevergoeding af te trek. (Kyk paragrawe
15 tot 17 van die
Erasmus
Ferreira
-saak.)
Die vraag oor wanneer die
res
iner alios
acra-reel
toegepas moet word, het die Hoogste Hof van Appel bevind, is een wat
beslis moet word aan die hand van "policy principles
and equity"
(paragraaf 18 van die versiag). Die hof het nie, soos mnr Dreyer se
betoog dit wil he, beslis dat alle aftrekkings
van skadevergoeding 'n
kwessie van beleid en billikheid is nie. Ek kom dus tot die
gevolgtrekking dat hierdie hof gebonde is om,
ooreenkomstig die
Sasol
-beslissing
die vergoeding wat die eiseres en die kinders kragtens die Wet
ontvang het van hulle ooreengekome skade af te trek.
Die
partye het aan my 'n konsep-bevel voorgele waarin ek, so het hulle
ooreengekom, slegs die finale bedrag in ooreenstemming met
hierdie
beslissing moet invul. Daarin het hulle ook oor die gepaste
kostebevel ooreengekom. Ek is egter meegedeel dat die saak
die dag
voor dit vir verhoor geplaas is, reeds geskik is en dat die enigste
oorblywende geskilpunt toe reeds die een was waaroor
hierdie
uitspraak handel. In die lig daarvan, het mnr Stevens vir die
verweerder betoog, is sy klient geregtig op 'n bevel dat
die eiseres
die verweerder se koste vir die argument voor my moet betaal. As die
eiser nie aangevoer het dat die vergoeding ingevolge
die Wet nie
afgetrek moet word nie,
was
geen argument nodig nie en kon die saak afgehandel gewees het sonder
die addisionele koste van verweerder se advokaat. Mnr Dreyer
het
aangedui dat hy met mnr Stevens se betoog saamstem. Ek meen dit is
billik om sodanige bevel te maak.
Gevolglik
word die volgende bevel gemaak:
1
.
Die
konsepbevel gemerk "X" waarvan 'n afskrif hierby aangeheg
word, word 'n bevel van die hot gemaak.
2.
Die
eiseres word gelas om die verweerder se koste veroorsaak deur die
argument op
5
November 2010 te betaal.
B.R.
du Plessis
Regter
van die Hooggeregshof
IN
THE NORTH GAUTENG HIGH COURT,
PRETORIA
(REPUBLIC OF SOUTH AFRICA)
CASE
NUMBER: 53523/2007
In
the matter between:
MS
MOLAKENG
..............................................................................................
PLAINTIFF
and
THE
ROAD ACCIDENT
FUND
....................................................................
DEFENDANT
DRAFT
ORDER
AFTER
HAVING HEARD COUNCIL FOR BOTH PARTIES, IT IS ORDERED THAT:
1.
The
Defendant is to pay the Plaintiffs attorney of record payment in the
sum of
84
481
The
Plaintiffs Attorney's trust account details are as follows:
ACCOUNT
HOLDER:
BRANCH:
BRANCH
CODE:
TYPE
OF ACCOUNT:
ACCOUNT
NUMBER:
Namens
die Eiser:
Van
Zyl, Le Roux en Hurter
13de
vloer,
SALU
gebou h/v Scoeman- en Andriesstrate
Pretoria
Adv.
W. Dreyer
On
behalf of the Defendants:
Dyason
Prokureurs
Muckleneukstraat
134
Pretoria
Adv.
B.D. Stevens
In
the event of default on the above payment, interest is shall accrue
on such outstanding amount at 15.5 per cent per annum calculated
from
due date to date of payment.
2.
Payment of the Plaintiffs taxed or agreed party and party costs,
which cost shall include, but not be limited to the following:
2.1
The
full fees of Senior Junior Counsel;
2.2
The
cost of obtaining all actuarial- and any other related reports of an
expert nature that were furnished to the defendant;
2.3
The
reasonable taxable preparation and reservation fees of all experts,
if any;
2.4
That
miss Belina Nthejane be declared a necessary witness;
2.5
The
above-mentioned payment with regard to costs shall be subject to the
following conditions:
2.5.1
The
Plaintiff shall, in the event that costs are not agreed, serve the
notice of taxation on the Defendant's attorney of record;
and
2.5.2
The
Plaintiff shall allow the Defendant 7(seven) Court days to make
payment of the taxed costs
THE
REGISTRAR
1
Ek
gebruik die Engelse weegawe van die Wet omdat die Afrikaanse
weergawe nie opgedateer is nie.
2
Volledigheidshalwe
wys ck daarop dat begrafniskoste wat ingevolge artikel 54(2) betaal
is, kragtens artikel 36(4) ook deel van
die "vergoeidng"
vorm. Vanwee die partye se "alles of niks"-benadering hang
niks daarvan af dat deel van
die vergoeding wat die eiseres ontvang
het, befrafniskoste was nie.