About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2010
>>
[2010] ZAGPPHC 185
|
|
Pierce v Padongeluk Fonds (21591/2008) [2010] ZAGPPHC 185 (8 November 2010)
NEE
RAPPORTEERBARE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA
(NOORD
GAUTENG HOOGGEREGSHOF)
Saak
nommer: 21591/2008
Datum:
8 November 2010
In
die saak tussen:
D.T.
PIERCE
........................................................................................................
Eiser
en
DIE
PADONGELUK
FONDS
...........................................................................
Verweerder
UITSPRAAK
PRETORIUS
R,
Hierdie
is 'n aksie ingestel deur die eiser vir skadevergoeding as gevolg van
persoonlike beserings wat hy opgedoen het tydens 'n
motorbotsing. Die
partye het ooreengekom om slegs getuienis ten opsigte van die meriete
te lei en dan die hof toe te spreek met
betrekking tot kwantum.
Die
enigste feit in geskil was of die eiser en of versekerde bestuurder
nalatig was en of daar, indien 'n bevinding ten opsigte
van
nalatigheid gemaak word, 'n verdeling moet wees tussen die eiser en
verweerder as gevolg van die eiser se bydraende nalatigheid.
Mnr
David Pierce, die eiser. het getuig dat hy op 18 Julie 2006 die
bestuurder van 'n bakkie met registrasienommer PJD492GP was,
die
eiendom van Mnr Burger. Mnr Burger was die passasier en het hulle
gery op die alternatiewe Potgietersrus roete vanaf Tzaneen
in 'n
noord-suid rigting. Dit was ongeveer 20h00, die weer was goed, en dit
was reeds donker. Die betrokke pad is smal en reguit.
Die
eiser het 'n vragmotor van voor sien aankom. sy ligte verdof en
gesien dat die vragmotor ook sy ligte verdof het. Toe die vragmotor
by die eiser se bakkie kom, het die eiser skielik 'n sleepwa met hout
reg voor die bakkie in die pad gesien in die vragmotor se
ligte. Dit
was te laat om uit te swaai. Die eiser het rem getrap en agter in die
sleepwa vasgery. Die eiser se getuienis was dat
hy op daardie stadium
tussen 80-100 kilometer per uur gery het en geen kans gehad het om
die botsing te vermy nie. Hy getuig dat
hy nie die chevronstrepe en
agterligte van die sleepwa gesien het nie, aangesien die vrag hout
dit bedek het. Hy het egter nie
gesien die hout bedek die
chevronstrepe, agterligte en weerkaatsers van die sleepwa nie, maar
het slegs so 'n afleiding gemaak.
Hy
het verskeie beserings aan sy kop, sy gesig, sy linkerarm en been
opgedoen en is afgevoer na die hospitaal. Hy was vir meer as
'n maand
nie in staat om te werk nie. Hy het egter geen permanente beserings
opgedoen wat horn in die toekoms onbevoeg sou maak
om te werk nie.
Onder
kruisverhoor getuig hy dat hy dikwels die pad ry en dit goed ken. Hy
is bewus daarvan dat daar gevare op die pad kan wees
in die donker,
soos beeste en donkies. Verder getuig hy dat die vragmotor se ligte
horn deels verblind het. Die vragmotor was 200
meter van horn af toe
hy dit die eerste keer gesien het. Hy kan geen verklaring gee waarom
hy die sleepwa so laat gesien het terwyl
sy motor se ligte en die
vragmotor se ligte aan was nie. Hy getuig dat hy spoed verminder het
toe hy die vragmotor van voor sien
aankom het, maar dat hy op daardie
stadium tussen 80 tot 100 kilometer per uur gery het.
Mnr
Burger, die eienaar van die voertuig en die passasier in die bakkie
se getuienis het die saak nie veel verder geneem nie, aangesien
dit
duidelik blyk uit sy getuienis dat sy aandag nie op die pad was nie.
Hy het die vragmotor van voor en die sleepwa skielik gesien
en die
volgende oomblik het die botsing plaasgevind. Hy het foto's van die
bakkie, trekker en sleepwa, wat ingehandig is as bewysstukke,
geneem
na die botsing.
Die
versekerde bestuurder, mnr J Masetloa, getuig dat hy met 'n trekker
en sleepwa langs die pad van Noord na Suid gery het. Die
sleepwa was
gepak met brandhout en daar het twee mense op die hout gesit. Al die
ligte van die trekker en sleepwa was aangeskakel
en het gewerk. Hy
het gevoel hoe 'n voertuig van agter met die sleepwa gebots het.
Hy
ontken dat die hout die chevronstreep en agterligte en weerkaatsers
van die sleepwa bedek het . Hy het teen 15 kilometer per
uur gery ten
tye van die botsing. Die sleepwa en regterkantste lig van die sleepwa
was beskadig. Geen deskundige getuienis is gelei
ten opsigte van die
toneel van die botsing en van hoe die botsing kon plaasgevind het
nie.
Mnr
Kilian, namens Verweerder, gee toe dat die getuienis van die
versekerde bestuurder ten opsigte van waar hy gery het, nie aanvaar
kan word nie. Die hot moet saamstem met mnr Killian dat die hot geen
afleidings kan maak uit die skade wat die onderskeie voertuie
opgedoen het nie. Daar is ook geen deskundige getuienis in hierdie
verband gelei nie. Dit is duidelik dat die eiser die afleiding
gemaak
het dat die hout die chevron streep en ligte bedek het, aangesien hy
dit nie gesien het nie.
As
die hof aanvaar dat die versekerde bestuurder wel nalatig was ten
opsigte van die sigbaarheid van die sleepwa, moet die hof vasstel
of
die eiser bydraend nalatig was.
Aangesien
daar geen ander getuienis ten opsigte van die toestand van die
sleepwa was net voor die botsing is nie, moet die hof op
waarskynlikhede bevind dat dit moontlik is dat die chevronsteep en
ligte deur hout bedek was.
In
Santam
Versekeringsmaatskappy Bpk v Strydom 1977
(4)
SA
899 (AA)
het
Diemont AR in 'n soortgelyke saak bevind op p 912
"n
Versigtige bestuurder, meen ek, sou nie onder die omstandighede met
gedompte ligte tussen 'n spoed van 80 en 100 kilometer
gery het nie,
veral op 'n betreklike nou pad waar die ligte van die verkeer horn
moontlik gaan lastig val.
Respondent
het onder kruisverhoor eiken dat hy verblind is toe die aankomende
kar se ligte na die draai op horn geval het."
(Hof
se klem)
en
"Die afleiding is dat dit dus nie 'n skielike of onverwagte
verblinding was nie en dat die respondent 'n tout begaan het om
slegs
sy voet van die petrol-pedaal afte haal. Hy moes sy remme getrap
het."
Die
hof bevind dat die eiser wel tot 'n mate nalatig was deur steeds 80
tot 100 kilometer per uur te ry terwyl hy getuig het dat
die
aankomende vragmotor se ligte horn verblind het. Hy was bewus daarvan
dat dit 'n nou pad was en was bewus dat dit 'n gevaarlike
pad in die
nag was. Die hof bevind dus dat die eiser nie behoorlike uitkyk gehou
het in die omstandighede wat geheers het nie.
Die versekerde
bestuurder was egter veel meer nalatig en sal 'n verdeling van 85%.-
15% billik wees.
Die
verweerder het toegegee met betrekking tot die onderneming, die
bedrag ten opsigte van gelede mediese uitgawes en die bedrag
ten
opsigte van verlies aan inkomste vanaf die botsing totdat die
dagvaarding uitgereik is.
Na
aanleiding van die eiser se getuienis het Mnr du Plessis, namens die
eiser tereg toegegee dat geen toekomstige verlies aan inkomste
toegestaan behoort te word nie. Die hof is van oordeel, nadat al die
getuienis, asook die deskundige getuienis oorweeg is, dat
'n bedrag
van R250 000.00 billik is vir algemene skade vir pyn en lyding en
verlies aan lewensgenietinge.
Die
hof maak die volgende bevel:
1.
Die
Verweerder betaal die Eiser die bedrag van R257,053.00 (Tweehonderd
sewe en vyftig duisend drie en vyftig rand) welke betaal
moet word in
die trustrekening van prokureur Nicolene van der Walt, Stone
Prokureurs Trust Rekening, Nedbank, Rekening nommer:
1604741783,
Takkode 160445, Verwysing: TP/P068/1681;
2.
Die
bedrag hierbo moet betaal word in trust van die eiser se prokureur en
nadat die koste op prokureur en klientskaal afgetrek is,
moet die
restant aan die eiser betaal word.
3.
Die
Verweerder lewer aan die Eiser 'n onderneming kragtens Artikel
17(4)(a) van die Pad Ongelukke Fondswet 45 of 1996, om die eiser
se
koste te betaal ten opsigte van toekomstige verblyf van die eiser in
'n hospitaal of verpleeginrigting, of behandeling of lewer
van 'n
diens of goedere gelewer aan horn wat voortspruit uit beserings wat
hy
C
Pretorius
Regter
van die Hooggeregshof