L v L In re: L v L (24167/2006) [2010] ZAGPPHC 189 (5 November 2010)

58 Reportability

Brief Summary

Family Law — Divorce — Maintenance — Appeal against maintenance order — Appellant challenging the duration and amount of maintenance awarded to the respondent — Court finding that the appellant's arguments lacked merit and failed to demonstrate any grounds for appeal — Court affirming the respondent's entitlement to maintenance based on her financial needs and the appellant's failure to provide adequate evidence to counter the respondent's claims.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2010
>>
[2010] ZAGPPHC 189
|

|

L v L In re: L v L (24167/2006) [2010] ZAGPPHC 189 (5 November 2010)

SAFLII
Note:
Certain
personal/private details of parties or witnesses have been
redacted from this document in compliance with the law
and
SAFLII
Policy
NEE
RAPPORTEERBARE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD
GAUTENG AFDELING)
SAAKNR.:
24167/2006
DATUM:
05/11/2010
In
die aansoek van
L,
AM
.................................................................................................................
Applikant
en
L,
A
...............................................................................................................
Respondent
In
re:
L,
A
........................................................................................................................
Eiseres
en
L,
A
M
.............................................................................................................
Verweerder
CORAM:
EBERSOHN WR. Afgegee op 5 November 2010
UITSPRAAK
OP
AANSOEK VIR VERLOF OM TE KAN APPELLEER IN DIE HOOFGEDING
EBERSOHN
WR.
[1]
In
hierdie uitspraak om verlof om te kan appelleer in hierdie onnodig
onaangename saak, teen die uitspraak in die hoofgeding tussen
die
partye, word na die partye soos in die hoofgeding verwys.
[2]
a)
In die kennisgewing van aansoek om te kan appelleer is nie minder dan
twaalf gronde vermeld nie.
b)
By die aanhoor van die aansoek het Mnr. Smith, wat vir die verweerder
verskyn het, net twee van die aspekte wat in die gronde
geopper word
geargumenteer, welke hy vermeld het wat hy as van belang beskou,
naamlik die toepassing van die aanwasbedeling en
die onderhoud,
nieteenstaande die feit dat die hof horn daarop gewys het dat hy nie
onderhewig is aan enige tydsbeperking nie.
[3]
AD
EERSTE, TWEEDE EN DERDE GRONDE AANWASBEDELING.
a)
Met betrekking tot die aanwasbedeling het hierdie hof alreeds in
paragraaf [5] van die uitspraak in die hoofgeding daarop gewys
dat in
terme van die bepalings van Hoofstuk 1 van die Wet op
Huweliksgoedere, Nr. 88 van 1984 ("die WOH") gades oor en

weer 'n reg verkry vir die betaling van 'n bedrag gelyk aan
een-helfte van die verskil in die aanwas van die partye se boedels.

Die verwysing, later in die uitspraak, in paragraaf [182] van die
uitspraak, na art. 7(3) van die Wet op Egskeiding, Nr. 70 van
1979
("die WE") was
per
incuriam
en moes gewees het "Hoofstuk 1 van die Wet op Huweliksgoedere,
Nr. 88 van 1984" en die uitspraak sal reggestel word in
terme
van Eenvormige Hofreel 42. Die hof sal paragraaf [5] van die
uitspraak ook regstel in terme van Eenvormige Hofreel 42 aan
die
einde daarvan met die volgende sin: "Die ooreengekome aangepaste
waarde in terme van art. 4(l)(b)(iii) van die Wet op
Huweliksgoedere,
Nr. 88 van 1984, is R32 384,01 met betrekking tot die eiseres en R203
659,41 met betrekking tot die verweerder."
Paragraaf 4.10 van
die bevel sal gevolglik ook reggestel word deur dit te vervang word
met die volgende paragraaf:
"4.10
Die verweerder is geregtig om R171 275,40 (synde die verskil tussen
die aangepaste waarde van die partye by huweliksluiting
nl. R203
659,41 en die eiseres se waarde nl. R32 384,01) in skuldvergelyking
te bring met enige bedrag wat hy uit hoofde van hierdie
paragraaf aan
die eiseres moet betaal, uitgesonderd onderhoud."
Dit
is jammer dat geeneen van die partye hierdie hof op die oorsigte
gewys het nie sodat regstellings dadelik ingevolge Eenvormige
Hofreel
42 gedoen kon word.
b)
Met betrekking tot Mnr. Smith se argument dat die verdeling van die
aanwas slegs in geld kon geskied het Mnr. Smith geen gesag
vir sy
stelling aangehaal nie en hy het bloot gesteun op die woorde
"the
amount"
soos
dit in die Engelse teks van art. 4 van die WOH verskyn. In die
Afrikaanse teks, synde die getekende teks van die WOH, word
die
begrip
"netto
waarde"
gebruik.
In art. 10 van die WOH word voorsiening gemaak daarvoor dat
voldoening van 'n
interim
aanwasvordering ook kan geskied by wyse van
"die
lewering of oordrag van bepaalde bates, wat die hof billik ag."
Die
vraag ontstaan nou hoekom die Wetgewer voldoening aan 'n
interim
aanwasvordering
in
specie
magtig en dit nou, volgens Mnr. Smith, nie in
specie
kan geskied wanneer die huwelik ontbind word nie? Mnr. Smith se
argument is geforseerd en ooglopend verkeerd. Die hof het alreeds
in
paragraaf [160] van die uitspraak na hierdie aspek verwys. Mnr. Smith
het voorts ook die gebruik van die woorde
"onkonvensionele
beslissing"
in
paragraaf [167] van die uitspraak gekritiseer en betoog dat dit 'n
"bewys" van 'n "regsdwaling" aan die kant
van die
hof was.
c)
Die hof het in paragraaf [167] van die uitspraak verwys na die
verweerder se versuim om te voldoen aan die gebiedende bepalings
van
art. 7 van die WOH. Sy versuim om dit te doen en om die werklike en
nie versinde waardes van die bates voor die hof te plaas
was die
direkte oorsaak vir die manier van verdeling van die bates deur die
hof. Me. Vermaak-Hay het tydens betoog daarop gewys
dat spesifieke
vrae tydens die voorverhoorkonferensie aan die verweerder gevra was
oor sy bates en die waarde daarvan en dat die
verweerder oneerlik was
daarmee in sy antwoorde en in sy getuienis.
d)
Daar bestaan geen vooruitsigte van sukses vir die verweerder op
hierdie onderhawige gronde nie.
[4]
AD
VIERDE GROND VAN APPeL - ONDERHOUD.
a)
Vele en onjuiste bewerings is gemaak deur die verweerder in die
subpragrawe wat op hierdie aspek betrekking het.
b)
Die verweerder val, eerstens, die gedeelte van die bevel wat lees dat
die onderhoud sal wees tot die dood of hertroue van die
eiseres en,
tweedens, die bedrag van die bevel, aan.
c)
Die aspek van onderhoud is behandel in paragrawe [152] tot [166] van
die uitspraak. Die eiseres se mislukkings in die verlede
is
uitgestippel in paragraaf [164] van die uitspraak.
d)
Mnr. Smith het geargumenteer dat die beginsels soos vervat in die
Beaumont-saak (na verwys in paragraaf [152] van die uitspraak),
nie
van toepassing was nie maar dat die beginsels soos na verwys in die
saak van Singh v Singh 1983(1) SA 781(CPD) op 788 e.v.
toegepas moes
gewees het deur die hof. Die Singh-saak is klaarblyklik nie van
toepassing op die feite
in
casu
nie aangesien die verweerder
in
casu se onaanvaarbare optrede die huwelik laat verbrokkel het en daar
nie sprake kan wees daarvan dat die eiseres haar reg op onderhoud

verbeur het nie.
e)
Mnr. Smith het ook verwys na die saak van Botha v Botha
2009 (3) SA
89
(WLD) en betoog dat 'n vrou nie "as of right" geregtig
is op onderhoud nie en dat onderhoud in die diskresie van die
verhoorhof is nadat die vrou 'n feitelike basis gele het vir haar
onderhoud en ook bewys het dat sy nie selfversorgend is nie en
dat sy
as gevolg van die huwelik haarself nie selfversorgend kon maak nie.
Wat Satchwell R in die Botha-saak gese het is egter
bekende en geykte
reg en is niks nuut of nuus nie en die toepaslike beginsels is deur
die hof in aanmerking geneem tydens oorweging
van die uitspraak.
f)
Mnr. Smith het ook geargumenteer dat die eiseres moes bewys het:
i)
dat sy te oud is om te werk;
ii)
dat sy nie gekwalifiseerd vir 'n betrekking is wat 'n voldoende
salaris vir haar sou meebring wat haar selfversorgend sou maak
nie;
iii)
daar is geen moontlikheid vir rehabilitasie nie, en
iv)
daar is geen moontlikheid van 'n hertroue vir die vrou nie.
g)
Mnr. Smith se argument oor die vier "vereistes", soos wat
hy dit gestel het, hou nie water nie. Daar is baiemeer en
ander
faktore wat in aanmerking geneem word gedagtig daaraan dat die feite
van saak tot saak verskil. Die hof het al die tersaaklike
faktore
oorweeg soos duidelik uit die hof se uitspraak blyk.
h)
Mnr. Smith het voorts geargumenteer dat rehabiliterende onderhoud
slegs aan middeljarige vrouens toegestaan sal word en onderhoud
tot
dood of hertroue slegs aan bejaarde vrouens toegestaan sal word.
i)
Mnr. Smith het geen gesag vir sy stellings voorgehou nie en sy
argumente was baie simplisties en hy het uit die oog verloor dat
elke
saak sy eie feitestel het en dat die hof aan die einde van die saak
die hof se diskresie moes uitoefen. Dit het die hof gedoen.
Die
eiseres se getuienis oor haar behoefte vir onderhoud en gebrek aan
verdienstevermoe was duidelik en is nie weerle deur die
verweerder
nie. Die kwessie van onderhoud is aan die einde van die saak in die
hof se diskresie en die hof oorweeg dan al die feite
aan die hand van
die toepaslike gesag. Dit het die hof in hierdie saak ook gedoen. Die
hof het na die eiseres se getuienis, soos
in 'n groot mate gestaaf
deur die verweerder, geluister en uiteindelik tot die beredeneerde
konklusie gekom dat onderhoud toegestaan
moes word soos wat dit
toegestaan is.
j)
Oor die bedrag onderhoud het die hof kennis geneem van, maar horn nie
laat lei nie, deur die toekenning van die bedrag onderhoud
deur die
Onderhoudshof in die verlede en ook die bedrag onderhoud verleen
naamlik R17 500 deur middel van die Eenvormige Reel 43
aansoek. Die
hof het ook in aanmerking geneem, welke aspekte Mnr. Smith nie in
gedagte gehou het nie, dat deur die aanwasbevel
wat die hof verleen
het aangaande die belange van die verweerder in die vliegtuig en die
beslote korporasie wat die jagplaas besit,
die verweerder se
geldelike verpligtinge daaromtrent ligter word want dit word
oorgeplaas op die eiseres en word haar las aan die
ander kant
derhalwe swaarder. Die hof het ook die feit dat die kinders se plek
van verblyf na die egskeiding kon verander maar
daarvoor is die
Onderhoudshof daar om die nodige aanpassing mettertyd, soos en
wanneer nodig, te maak.
k)
Mnr. Smith kon geen regsgronde verskaf op sterkte waarvan die
verweerder die seun Rohan se vliegopleiding, wat tydens die verhoor

RI0 833,34 per maand bedra het, selfs so ver tot die behaal van 'n
kommersiele vlieglisensie wat nog 'n lang tyd in beslag sou
neem,
moes betaal nie. Die hof het in paragraaf [166] van die uitspraak met
hierdie aspek en die ander opgeblaasde uitgawes van
die verweerder
gehandel.
l)
Die hof het in aanmerking geneem dat nie een van die eiseres se
kwalifikasies vir haar tydens die verhoor, en selfs vir etlike

resente jare voor die verhoor, van enige nut was en enige inkomste
vir haar ingebring het nie. Die verweerder het, in 'n ondeugdelike

poging aangewend om 'n saak te probeer uitmaak dat die eiseres nie
wou werk nie. Hierdie aanval op haar was ongefundeerd en heeltemal

uit pas met die feite voor die hof. Haar onderwyskwalifikasie is
onvoldoende (uitspraak [43]), haar bedrywigheid in die eiendomsmark

as eiendomagent het jare gelede op 'n verlies tot einde gekom en sy
is nie kapitaalkragtig om haarself weer te finansier nie (uitspraak

[36] - [39]). Sy is nie sodaniglik gekwalifiseerd dat sy haar kan
voorhou as 'n binnenshuise versierder nie (uitspraak [44] - [45]).

Daar is geen getuienis voor die hof oor wanneer daar weer eendag 'n
eiendomsmark sal wees wat 'n vrou soos die eiseres sal kan
betree
nie. Dieselfde is die posisie met binnenshuiseversiering. Dit was die
positiewe getuienis van die eiseres oor haar donker
vooruitsigte en
die verweerder het nie daarin geslaag om dit te weerle nie.
m)
Die hof het deeglik besin oor 'n sg. "skoon breuk" tussen
die partye en moontlike maniere om dit te bewerkstellig,
oorweeg maar
die getuienis voor die hof het dit nie daartoe geleen om so 'n bevel
te maak nie en as die hof so 'n bevel sou maak
sou dit gebaseer
gewees het op blote spekulasie aan die kant van die hof en sou die
hof ondeurdagte en ongefundeerde aannames moes
maak, iets wat 'n hof
nie kan doen nie.
n)
Wat die bedoeling van die bewering in paragraaf 4.17 van die aansoek
waarin verwys word na die een maal se owerspel wat die eiseres
jare
gelede
in
'n oomblik van swakheid gepleeg het, bedoel is om te beteken, gesien
in die Kg van die verweerder se verhoudings met ander vrouens

gedurende die huwelik, is nie duidelik nie.
o)
Me. Vermaak-Hay het, in antwoord op Mnr. Smith se argumente, betoog
dat die getuienis voor die hof was dat:
i)
die eiseres kan hoogstens klerklike werk kry, as sy werk kry, wat
haar 'n inkomste van ongeveer R5 000 per maand sal besorg welke
nie
genoeg vir haar is om van te lewe nie;
ii)
die eiseres ophou werk het op die aandrang van die verweerder.
p)
Daar is geen vooruitsigte van sukses met 'n appel met betrekking tot
die onderhoudsbevel nie.
[5]
AD
VYFDE GROND - BEWEERDE VOOROORDEEL AAN DIE KANT VAN DIE HOF
a)
Die beweerde vooroordeel was nooit tevore geopper nie en word nou
nadergetrek in hierdie aansoek vir verlof om te kan appelleer.
Die
hof se uitspraak is volledig en duidelik en die bevindings van die
hof is op 'n deeglik objektiewe basis gemaak en is gefundeer
in die
getuienis soos uiteengesit in die uitspraak asook die hof se redes
vir die bevindings teen die verweerder.
b)
Die verwysing na die verweerder se uniform is te vinde in paragraaf
[150] van die uitspraak. Die uniform was deel van sy
facade
(Fr.) wat hy aan die hof voorgehou het en hy het netjies, gepoleerd
en goed voorbereid voorgekom. Die verwysing na sy uniform was
nie
neerhalend nie.
c)
Daar is geen vooruitsigte van sukses met 'n appel met betrekking tot
die onderhawige beweerde grond nie.
[6]
AD
SESDE GROND - DIE EISERES BEWEERDELIK TOEGELAAT OM TE LANK TE GETUIG.
a)
Hoe lank 'n party kan getuig is nie in die hof se hande nie en die
hof kan 'n party nie aan bande le nie. Die hof kan egter aan
die
einde van 'n saak sekere opmerkings maak oor die hantering van 'n
party se saak en dit was wat die hof gedoen het rakende die

verweerder se optrede en getuienis. Dit was nodig want dit affekteer
noodwendigerwys bevindings oor geloofwaardigheid en 'n uiteindelike

kostebevel.
b)
Die eiseres se getuienis en die vele feite waarop sy gesteun het wat
haar getuienis in hoof so lank gemaak het was duidelik.
Die
kruisondervraging het dikwels voorgekom as 'n uitrek van die saak
en/of 'n onsuksesvolle gryp na grashalms.
c)
Daar is geen vooruitsigte van sukses met 'n appel met betrekking tot
die onderhawige beweerde grond nie.
[7]
AD
SEWENDE GROND - GELOOFWAARDIGHEIDSBEVTNDINGE
a)
Die bewering is dat die hof gefouteer het deur die eiseres as 'n
geloofwaardige getuie te bevind en te bevind dat die verweerder
nie
geloofwaardig was nie.
b)
Die verweerder se getuienis word behandel van paragraaf [98] tot
paragraaf [150] en telkens word na die onbevredigende aspekte
van sy
getuienis verwys en word dit geillustreer.
c)
Die geloofwaardigheidsbevinding teen die verweerder was in terme van
hierdie hof se bevinding gebaseer op die getuienis van en
die optrede
van die verweerder in die getuiebank.
d)
Daar is geen vooruitsigte van sukses met 'n appel met betrekking tot
die onderhawige beweerde grond nie.
[8]
AD
AGSTE GROND - DATUM VAN BEPALING VAN DIE AANWASBEDELING MOES GEWEES
HET DIE DATUM AFHANDELING VAN DIE VERHOOR NAAMLIK
26
MAART
2009
EN
NIE DATUM VAN UITSPRAAK NIE TE WETE
23
DESEMBER
2009.
a)
Weens die welbekende hoe werkslading in hierdie Afdeling, en saak na
saak wat sonder onderbreking daagliks op 'n regter se tafel
aanland
vir onmiddellike verhoor, kry 'n hof nie geleentheid om direk na
afhandeling van 'n verhoor aan die uitspraak te werk nie
en moet 'n
hof soos en wanneer daar tyd is, aan uitsprake werk. Hierdie was 'n
lang saak wat 'n lang uitspraak geverg het en daar
is met tussenposes
aan die uitspraak gewerk en die uitspraak kon eers in die reses na
die vierde hoftermyn van 2009 voltooi word.
Die vertraging word
betreur maar dit kon nie verhelp word nie.
b)
Daar was geen ooreenkoms en geen versoek van enige van die partye dat
'n egskeidingsbevel verleen moes word alreeds op 26 Maart
2009 nie.
Die verweerder het tot die bitter einde volhard daarmee dat die
huwelik in terme van sy teeneis ontbind moes word. Selfs
in die
voorgenome appel wil die verweerder daarmee volhard.
c)
Die hof het in elk geval geen diskresie of bevoegdheid om 'n huwelik
te ontbind op 'n sekere datum (soos in hierdie geval wel
gebeur het
op 23 Desember 2009) en te gelas dat die effek van die verdeling van
die aanwasbedeling teruggedateer moet word nie.
Sien in hierdie
verband art. 4(l)(a) van die WOH. In hierdie verband het die
verweerder, verbasend genoeg, ge-eis dat dit teruggedateer
moes word
na 15 Augustus 2006, synde die datum wat hy dit goed gevind het om
die gemeenskaplike woning te verlaat. Die verweerder
en sy
regsvertenwoordigers was blykbaar van meet af ooglopend onbewus van
die bestaan van die gemelde artikel 4(1 )(a) van die
WOH.
d)
Die ywer van die verweerder, in die laaste sin van hierdie beweerde
grond, om hierdie hof se onbevooroordeeldheid verdag te maak
deur die
ongefundeerde stelling dat die hof se bevooroordeeld blyk uit die
feit dat die hof nie die inwerkingtreding gelas het
te geskied vanaf
26 Maart 2009, val op.
e)
Daar is geen vooruitsigte van sukses met 'n appel met betrekking tot
die onderhawige beweerde grond nie.
[9]
AD
NEGENDE GROND - DIE HOF MOES AAN DIE EISERES VOORDELE IN DIE
VERWEERDER SE PENSIOENBELANG TOEGEKEN HET SOOS OP 15 AUGUSTUS 2006

ALTERNATIEWELIK 26 MAART 2009 EN NIE SOOS OP DATUM VAN DIE BEVEL
NAAMLK 23 DESEMBER 2009, NIE.
a)
Die hof het geen diskresie in die saak gehad nie en die toekenning
kon slegs soos op datum van die egskeidingsbevel naamlik 23
Desember
2009 geskied. Mnr. Smith het geen gesag vir hierdie beweerde grond
vermeld nie.
b)
Tydens argument het Mnr. Smith horn ook daaroor bekla dat die
pensioen belang uitbetaal moet word. Hy het beweer dat dit die

verweerder aan 'n statutere pensioenfonds behoort en dat dit
gevolglik regtens nie gedoen kan word nie. Die hof het hom gevra vir

besonderhede van die beweerde beletsel maar Mnr. Smith het te kenne
gegee dat hy nie kennis dra van enige wetsbepaling of gesag
in
hierdie verband nie.
c)
Daar is geen vooruitsigte van sukses met 'n appel met betrekking tot
die onderhawige beweerde grond nie.
[10]
AD
TIENDE GROND - TOESTAAN VAN ONDERHOUD AAN DIE EISERES
a)
Hierdie algemene grond is alreeds volledig mee gehandel in paragraaf
[4] van hierdie uitspraak.
b)
Daar is geen vooruitsigte van sukses met 'n appel met betrekking tot
die onderhawige beweerde grond nie.
[11]
AD
ELFDE GROND - DIE KOSTEBEVEL TEEN DIE VERWEERDER.
rim
a)
Die verweerder wil appelleer teen die kostebevel onder andere dat die
hof beweerdelik nie in ag geneem het die regskoste wat
die verweerder
aangegaan het nie.
b)
Koste is in die diskresie van die verhoorhof. In hierdie geval het
die hof in paragraaf [183] duidelik aangedui hoekom die besondere

kostebevel gemaak is. Die redes vir die besondere bevel blyk
oorvloediglik uit die geheel van die uitspraak.
c)
Daar is geen vooruitsigte van sukses met 'n appel met betrekking tot
die onderhawige beweerde grond nie.
[12]
AD
TWAALFDE GROND - DIE HOF HET GEFOUTEER DEUR DIE VERWEERDER SE TEENEIS
TE VERWERP.
a)
Die hof het in die volledige beredeneerde uitspraak uiteengesit
hoekom die teeneis afgewys word en hoekom die eiseres se eis
geslaag
het.
b)
Daar is geen vooruitsigte van sukses met 'n appel met betrekking tot
die onderhawige beweerde grond nie.
[13]
Dit is duidelik dat verlof om te appelleer geweier moet word.
[14]
Die aspek van koste van hierdie aansoek verdien nou oorweging. Dit is
duidelik dat die koste die uitspraak moet volg.
[15]
Die volgende bevel word gevolglik gemaak:
"Die
aansoek van die verweerder vir verlof om te kan appelleer word
afgewys met koste."
P.Z.
EBERSOHN
WAARNEMENDE
REGTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF
Applikant/Verweerder
se advokaat Adv. D. Smith SC
Applikant/Verweerder
se prokureurs Schoemans Attorneys
Verw.
J. Schoeman/0315
Tel.
012x665 4807
Respondent/Eiseres
se advokaat Adv. I. Vermaak-Hay
Respondent/Eiseres
se prokureurs VAN ZYL'S ING.
Verw.
LAN7/0001/Mnr. van Zyl/mb
Tel.
012x667 5111