About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2010
>>
[2010] ZAGPPHC 163
|
|
S v Prinsloo and Others (CC384/2006) [2010] ZAGPPHC 163 (14 October 2010)
REPORTABLE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA
(NOORD
GAUTENG HOOGGEREGSHOF)
Saak
nommer:
CC384/2006
Datum:
14
Oktober 2010
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
teen
MARIA
JOHANNA
PRINSLOO
...........................................................
BESKULDIGDE
1
HERBERT
HENRY
PRINSLOO
............................................................
BESKULDIGDE
2
MARIA
JOHANNA LEMSTRA
….........................................................
BESKULDIGDE
3
GERRIT
LEMSTRA
...............................................................................
BESKULDIGDE
4
WILLEM
JACOBUS
PELSER
..............................................................
BESKULDIGDE
5
IZABEL
ENGELBRECHT
.....................................................................
BESKULDIGDE
6
HENDRIK
ENGELBRECHT
..................................................................
BESKULDIGDE
7
VONNISUITSPRAAK
Pretorius
R
[1]
Al sewe beskuldigdes is skuldig bevind aan verskeie ernstige klagtes
waar daar deur wetgewing of mininum vonnisse of hoe maksimum
vonnisse
voorgeskryf word. Die beskuldigdes is ook aan talle mindere klagtes
skuldig bevind.
[2]
Alhoewel die assessore hulp van onskatbare waarde verleen het tydens
die bepaling van die meriete van die verhoor, is die moeilike
taak
van vonnisoplegging die hof s'n alleen. In
S
v Lekaota
1978 (4) SA 684
(AA)
bevind
Rabie AR op 688 - 689:
"Die
assessore se funksie as lede van die Verhoorhof het geeindig toe
hulle beslis het oor die vraag of daar versagtende omstandighede
aanwesig was al dan nie. Hulle het geen bevoegdheid gehad om daarna
deel te neem aan die beslissing oor die straf wat opgele moes
word
nie. Dit is bekende reg."
en
verder:
"Dit
is nie onreelmatig vir 'n Verhoorregter om met sy assessore oor die
vraag van 'n gepaste vonnis te raadpleeg nie (S v
Sparks and Another
(supra te 404G - H))
;
maar hy moet vanself, op syeie, daaroor beslis."
[3]
Ek het die kwessie van versagting en verswaring met betrekking tot
vonnis met die assessore bespreek, maar het hulle geen aandeel
in die
vonnisse soos wat dit opgele sal word nie. Beide assessore is in die
duister oor watter vonnisse opgele sal word en is die
vonnisse nie
met hulle gedeel nie. Hoe om te bepaal welke vonnis gepas is in elke
geval steeds een van die moeilikste take van
'n regter.
[4]
Beskuldigdes 1, 2, 3, 4 en 6 is skuldig bevind aan twee klagtes
waarvoor die maksimum voorgeskrewe vonnis in terme van die Wet
op die
Voorkoming van Georganiseerde Misdaad, Wet 121 van 1998 (POCA)
lewenslange gevangenisstraf of n boete van hoogstens R1000
miljoen
is. Beskuldigde 1 is verder aan oortreding van artikel 2(1 )(f) van
POCA skuldig bevind met dieselfde maksimum vonnis.
Beskuldigde 5 is
skuldig bevind aan oortreding van artikel 2(1 )(b) van POCA, wat
beteken dat dieselfde straf van toepassing is.
Beskuldigdes 1, 4, 6
en 7 is ook op verskeie klagtes van oortreding van artikel 4 van POCA
skuldig bevind waar die maksimum voorgeskrewe
straf R100 miljoen of
30 jaar gevangenisstraf is.
[5]
Die hof het bevind dat die onderneming deur 'n patroon van rampokkery
bedryf is soos uiteengesit in die uitspraak. Die beskuldigdes,
uitgesonderd beskuldigde 7, is ook aan verskeie klagtes van bedrog,
diefstal en oortreding van bepalings van verskeie wette skuldig
bevind. Beskuldigde 7 is aan twee klagtes in terme van artikel 4 van
POCA, dit is geldwassery, skuldig bevind.
Dit
is duidelik uit die maksimum vonnisse wat deur POCA bepaal word, dat
rampokkery in 'n baie ernstige lig deur die wetgewer beskou
word.
[6]
In die sogenaamde Z/nn-trits waar Rumpff AR in
S
v Zinn
1969 (2) SA 537
(AD)
op
540 bevind het:
"It
then becomes the task of this Court to impose the sentence which it
thinks suitable in the circumstances.
What
has to be considered is the triad consisting of the crime, the
offender and the interests of society.
"(Hof
se klem).
[7]
Dit
is verder belangrik om na die pligte van 'n regter te verwys by
vonnisoplegging soos Rumpff AR in die
Zinn
saak
(supra)
uiteengesit
het op 541:
"As
regards the duties of a Judge in imposing punishment, we have been
referred, inter alia , to Voet, vol. 1, p. 57, where,
in a note, it
is said ( Gane's translation, vol. 2, p. 72):
'It
is true, as Cicero says in his work on Duties , Bk.
1, Ch. 25
, that
anger should be especially kept down in punishing, because he who
comes to punishment in wrath will never hold that middle
course which
lies between the too much and the too little. It is also true that it
would be desirable that they who hold the office
of Judges should be
like the laws, which approach punishment not in a spirit of anger but
in one of equity.'
In
the same note, also, it is stated that
'among
the faults of Judges which are most harmful are hastiness, the
striving after severity and misplaced pity'.
The
same author, at XL VIII, 19, 4., comments on the duty of a Judge as
follows:
'he
must be watchful to see that no step is taken either more harshly or
more indulgently than is called for by the case'
and
'in
trivial cases indeed Judges ought to be more inclined to mildness,
but in more serious cases to follow the severity of the laws
with a
certain moderation of generosity'
(
Gane's trans., vol. 7, p. 504)."
[8]
Die
27n
/7
-trits
bestaan uit die misdaad, die misdadiger en die gemeenskapsbelang, wat
in hierdie geval die talle beleggers insluit wat miljoene
rande
verloor het. Dit word van die hof verwag om al die faktore op te weeg
en in aanmerking te neem om 'n gebalanseerde vonnis
op te le. Ten
einde dit te doen moet die hof elke misdaad waaraan elke beskuldigde
skuldig bevind is, deeglik oorweeg om 'n gepaste
vonnis te bepaal.
Dit is belangrik om te vermeld dat in hierdie geval al die misdade
waaraan die beskuldigdes skuldig bevind is,
verband hou met mekaar,
aangesien die misdade tydens die bestaan van die onderneming wat deur
rampokkery bedryf is, gepleeg is.
[9]
In
S
v Rabie
1975 (4) SA 855
(AD)
op
862 A - B het Holmes AR bevind:
"The
main purposes of punishment
are
deterrent, preventive, reformative and retributive;"
En
op 862
G-H:
"Punishment
should fit the criminal as well as the crime, be fair to society, and
be blended with a measure of mercy according
to the
circumstances
."
(Hof
se
klem).
[10]
In
Sv
Swart 2004(2) SACR 370 (SCA)
op
378 in par12 bevind Nugent AR:
"What
appears from those cases is that in our law retribution and
deterrence are proper purposes of punishment and they must
be
accorded due weight in any sentence that is imposed. Each of the
elements of punishment is not required to be accorded equal
weight,
but instead proper weight must be accorded to each according to the
circumstances.
Serious
crimes will usually require that retribution and deterrence should
come to the fore and that the rehabilitation of the offender
will
consequently play a relatively smaller role."
(Hof
se klem.)
[11]
Die ems waarmee die wetgewer die oortreding van artikel 2 van POCA
bejeen, blyk duidelik uit die maksimum strawwe wat opgele
kan word,
naamlik R1000 miljoen of lewenslange gevangenisstraf. Dieselfde geld
ten opsigte van die minimum vonnisse soos uiteengesit
in artikel 51
van Wet 105 van 1997 waar 15 jaar gevangenisstraf die minimum vonnis
voorgeskryf is in sekere gevalle soos uiteengesit
in Deel 11 van
Skedule 2 van die Wet.
[12]
Die hof moet hierdie strawwe nie uit die oog verloor by die bepaling
en beoordeling van strafverswarende en/of strafversagtende
faktore
nie. Die beskuldigdes is ook aan verskeie klagtes skuldig bevind waar
die minimum vonnis 15 jaar gevangenisstraf is.
[13]
In
S
v Abrahams 2002 (1) SASV 116 (SCA)
het
Cameron AR ten opsigte van minimum vonnisse op 126 bevind:
"Even
when substantial and compelling circumstances are found to exist, the
fact that the Legislature has set a high prescribed
sentence as
'ordinarily
appropriate'
is
a consideration that the courts are
'to
respect, and not merely pay lip service to'.
When
sentence is ultimately imposed, due regard must therefore be paid to
what the Legislature has set as the
'bench
mark'."
[14]
Dit is so dat die beskuldigdes skuldig bevind is aan verskeie klagtes
waar lewenslange gevangenisstraf hulle in die gesig staar.
In terme
van artikel 4 van POCA kan hulle ook op elk van die tien klagtes van
geldwassery R100 miljoen of 30 jaar gevangenisstraf
opgele word. Dan
is hulle skuldig bevind aan verskeie klagtes wat 'n minimum vonnis
van 15 jaar vereis. Die hof kan nie anders
as om hierdie misdade in
'n baie ernstige lig te beskou nie, veral waar die skade aan die
gemeenskap onmeetbaar was. Die klagtes
van bedrog en diefstal waaraan
hulle skuldig bevind is, hang nou saam met die vorige klagtes, maar
is ernstige klagtes wat nie
sonder meer afgemaak kan word nie en moet
die hof afsonderlik aandag skenk aan 'n gepaste straf in elke geval.
[15]
Die maksimum straf vir die bedryf van 'n bank in terme van artikel
11(1) van die Bankwet is 'n maksimum R100 000.00 of 5 jaar
gevangenisstraf of beide. Uit die strafbepaling is dit duidelik dat
ook hierdie misdaad nie 'n geringe misdaad is nie, maar het
die
Wetgewer 'n hoe straf bepaal om die erns van die misdaad te
beklemtoon. In terme van artikel 91 van die Bankwet 94 van 1990
is
die straf voorgeskryf vir oortreding van artikel 84(8)(c) en (d) 'n
maksimum boete of gevangenisstraf van 5 jaar of beide. Die
Wetgewer
het hier dus ook nie 'n geringe straf voorgeskryf nie en word
oortreding van hierdie artikels in 'n ernstige lig beskou.
[16]
Die beskuldigdes is skuldig bevind aan oortreding van artikel
135(3)(a) van die Insolvensiewet waar die maksimum gevangenisstraf
wat op elke klag opgele kan word 2 jaar gevangenisstraf is. In terme
van artikel 42 van die Kooperasiewet 91 van 1981 is die strafbepaling
vir oortreding van die artikel hoogstens R 5000.00 of gevangenisstraf
van hoogstens 12 maande of beide. Artikel 104(1) van die
Inkomstebelastingwet 58 van 1962 handel met ontduiking van belasting
en is die strafbepaling 'n boete of gevangenisstraf van hoogstens
5
jaar. By die diefstal en bedrogklagtes waar bedrae van meer as R 100
000.00 per klagte betrokke is geld die minimum vonnis van
15 jaar
gevangenisstraf op elke klagte, tensy wesenlike en dwingende
omstandighede deur die hof bevind word om nie die minimum
vonnis op
te le nie .
[17]
Die bedryf van 'n skadelike sakepraktyk se maksimum vonnis is R 200
000.00 of gevangenisstraf van 5 jaar of beide. Weereens
is hierdie
dus ernstige klagtes. Die roekelose bedryf van 'n beslote korporasie
in terme van artikel 64(2) van die Wet op Beslote
Korporasies, Wet 69
van 1984 se strafbepaling is R 2000.00 of 2 jaar gevangenisstraf of
beide. In terme van artikel 441(1)(d) van
die Maatskappywet 61 van
1973 is die roekelose bedryf van 'n maatskappy strafbaar met 'n boete
of gevangenisstraf van hoogstens
2 jaar.
[18]
Die hof wil beklemtoon dat al die deskundige verslae, getuienis,
gesag en die argumente van al die regsverteenwoordigers behoorlik
nagegaan en oorweeg is.
[19]
Die hof handel nie weer met die feite van die saak nie, aangesien die
hof reeds in die uitspraak met die meriete van die saak
gehandel het.
Indien ek nie uitdruklik melding maak van sekere versagtende of
verswarende feite nie, is dit nie omdat ek nagelaat
het om dit te
oorweeg nie. Die hof is ook van oordeel dat in die lig van die erns
van die meeste van die oortredings kan die klagtes
nie saamgevat word
vir doeleindes van vonnis nie maar moet die hof afsonderlik met elke
klagte handel.
[20]
In
S
v Immelman
1978 (3) SA 726
AA
op
p728 - 729 het Corbett AR beslis:
"In
my view, difficulty can also be caused on appeal by the imposition of
a globular sentence in respect of dissimilar offences
of disparate
gravity. The problem that may then confront the Court of appeal is to
determine how the trial Court assessed the seriousness
of each
offence and what moved it to impose the sentence which it did. The
globular sentence tends to obscure this."
[21]
In hierdie geval weeg die erns van die misdrywe en die gevolge van
die misdrywe meer as die beskuldigdes se belang. Die vergelding
en
voorkomende elemente van die vonnisse moet voor die beskuldigdes se
belange gestel word as die hof al die omstandighede in aanmerking
neem en veral in die lig van die verswarende omstandighede soos aan
die hof voorgehou en wat nie deur enige van die beskuldigdes
betwis
is nie. Die hof moet egter steeds nie die beskuldigdes as
menswaardige wesens op die altaar van vergelding opoffer nie,
maar
moet wel die gepaste vonnisse met genade temper.
[22]
Die hof kan ook nie gesamentlik na die beskuldigdes se omstandighede
kyk en dit opweeg nie. Elke beskuldigde moet op sy of
haar eie
meriete beoordeel word ten opsigte van sy of haar deelname aan die
onderneming; die klagtes waaraan hulle skuldig bevind
is, asook hulle
persoonlike omstandighede.
Derhalwe
behandel die hof die beskuldigdes afsonderlik by die oplegging van
vonnis. In
St
v de Kock 1997 (2) SASV 171 (TPA)
het
Van der Merwe R op p183 bevind:
"By
vonnisoplegging is dit die vonnisoplegger wat met alle moontlike
ervaring en wysheid in pag vir die eerste en laaste keer
met 'n
besondere individu werk. Daarom moet alles wat 'n invloed op die
pieging van die misdrywe gehad het oorweeg word ten einde
'n korrekte
besluit te kan neem oor die toekoms van daardie besondere individu."
[23]
Ongelukkig het slegs beskuldigde 6 haar weg oopgesien om te getuig
ter versagting en moet die hof in die ander ses beskuldigdes
se geval
staatmaak op die deskundiges se getuienis en die
regsverteenwoordigers se argumente, asook die feite soos bevind op
elke
aanklag.
[24]
Beskuldigdes is ook skuldig bevind aan verskeie misdade wat bedrog en
diefstal insluit waar artikel 51 (2) van die Wet 105
van 1997 van
toepassing is. Die misdade genoem in Bylae 2 Deel 2 van die Wet wat
hier geld is:
"'n
Misdryf wat verband hou met deviese beheer, afpersing, bedrog,
vervalsing, uitgifte, diefstal, of'n misdryf in Dele 1 tot
4, of
artikel 17, 20 of 21 (vir sover dit op voornoemde misdrywe betrekking
het) van Hoofstuk 2 van die Wet op die Voorkoming en
Bestryding van
Korrupte Bedrywighede, 2004-
(a)
waarby
bedrae van meer as R500 000,00 betrokke
is;
(b)
waarby
bedrae van meer as R100 000,00 betrokke is, indien bewys is dat die
misdryf deur 'n persoon, groep persone, sindikaat of
'n onderneming
handelende in die uitvoering of ter bevordering van 'n gemeenskapiike
doel of sameswering gepleeg is;"
[25]
Die minimum vonnis in hierdie geval is 15 jaar gevangenisstraf tensy
daar wesenlike en dwingende omstandighede is wat 'n mindere
vonnis
regverdig. In
S
v Dodo 2001 (1) SASV 594 (CC)
op
p 614 bevind Ackermann R:
"[38]
To attempt to justify any period of penal incarceration, let alone
imprisonment for life as in the present case, without
inquiring into
the proportionality between the offence and the period of
imprisonment, is to ignore, if not to deny, that which
lies at the
very heart of human dignity.
Human
beings are not commodities to which a price can be attached; they are
creatures with inherent and infinite worth; they ought
to be treated
as ends in themselves, never merely as means to an end."
(Hof
se klem)
[26]
In
S
v Malgas 2001 (1) SASV 469 (SCA)
bevind
Marais AR op p 481:
"Courts
are required to approach the imposition of sentence conscious that
the Legislature has ordained life imprisonment (or
the particular
prescribed period of imprisonment) as the sentence that should
ordinarily and in the absence of weighty justification
be imposed for
the listed crimes in the specified circumstances. Unless there are,
and can be seen to be, truly convincing reasons
for a different
response, the crimes in question are therefore required to elicit a
severe, standardised and consistent response
from the courts.
The
specified sentences are not to be departed from lightly and for
flimsy reasons. Speculative hypotheses favourable to the offender,
undue sympathy, aversion to imprisoning first offenders, personal
doubts as to the efficacy of the policy underlying the legislation,
and marginal differences in personal circumstances or degrees of
participation between co-offenders are to be excluded.''
(Hof
se klem)
[27]
Die hof neem in aanmerking dat dit sewe jaar geneem het voordat die
saak verhoor is en dat die beskuldigdes verder 'n jaar
op verhoor
was. Hierdie feit is strafversagtend vir al die beskuldigdes
aangesien die beskuldigdes nie normaal met hulle lewens
kon voortgaan
nie, maar geweet het die saak moet nog bereg word. Dit is duidelik
uit die kliniese sielkundiges en maatskaplike
werkers se verslae en
getuienis dat die beskuldigdes 'n karige bestaan gevoer het nadat
hulle op borgtog vrygelaat is. Dit is verder
onder die hof se aandag
gebring dat dit ook emosioneel en sielkundig moeilik vir die
beskuldigdes was om die afgelope agt jaar
te wag vir beregting van
die saak. Weens die omvang van die saak, het die ondersoek daarvan
deur die Suid-Afrikaanse Polisie Diens
en PwC veel langer geneem as
wat die geval is in eenvoudiger en kleiner sake. Daar was
l
n
verdere vertraging van 'n jaar deurdat die beskuldigdes 'n
onsuksesvolle aansoek gebring het vir staking van vervolging. Die
verkryging van regshulp vir die beskuldigdes het weens talle tegniese
probleme verdere vertragings veroorsaak. Die vonnisse wat
die hof
ople, weerspieel die feit dat die hof die vertragings as erg
versagtend aangemerk het. Sonder hierdie feit sou etlike jare
by elke
beskuldigde se vonnis gevoeg gewees het. Dit moetegter gemeld word
dat die beskuldigdes slegs vier dae in aanhouding was
voordat borg
aan hulle verleen is en dat dit dus onderskeibaar is van gevalle waar
beskuldigdes in aanhouding was en is minder
strafversagtend. Al die
beskuldigdes het al hulle bates verloor as gevolg van hulle eie
optrede en staan vandag voor die hof sonder
enige middele om boetes
te betaal en was deurgaans tydens hierdie verrigtinge aangewese op
regshulp deur die Regshulpraad verskaf.
[28]
Beskuldigdes 1, 3, 4, 5, 6 en 7 het almal minderjarige kinders. Die
hof moet uiteindelik bepaal wat van die kinders sal word
indien
gevangenisstraf aan die beskuldigdes opgele word en het derhalwe die
onderskeie regsverteenwoordigers versoek dat daar in
alle opsigte
gehandel word met al die kinders se omstandighede indien die ouers
tot gevangenisstraf gevonnis sou word.
[29]
In
S
v M 2007 (2) SASV 539 KH
het
die Konstitusionele Hof gehandel met die vonnis van primere
versorgers van kinders. Hierdie uitspraak het gehandel met artikel
28
van die
Grondwet
Wet 108 van 1996
wat
bepaal:
"(1)
Elke kind het die reg-(a)...;
(b)
op gesinsorg of ouerlike sorg, of op gepaste alternatiewe sorg
wanneer die kind uit die gesinsomgewing weggeneem
word;
(2)
'n
Kind se beste belang is van deurslaggewende belang in elke
aangeleentheid wat die kind raak.
(3)
In
hierdie artikel beteken "kind" iemand onder die ouderdom
van
18
jaar."
[30]
Die Konstitusionele Hof bevind in
S
v
M
(Supra)
in
par 17:
"The
four great principles of the CRC which have become international
currency, and as such guide all policy in South Africa
in relation to
children, are said to be survival, development, protection and
participation. What unites these principles, and
lies at the heart of
s
28,
I
believe, is the right of a child to be a child and enjoy special
care...
[18]
The unusually comprehensive and emancipatory character of s 28
presupposes that in our new dispensation the sins and traumas
of
fathers and mothers should not be visited on their children."
(Hof
se Klem)
[31]
Die hof bespreek in
S
v M
(Supra)
die
begrip "oorheersend" wat gebiedend is in artikel 28, maar
kom tot die gevolgtrekking in par 25 en 26:
"The
problem, then, is how to apply the paramountcy principle in a
meaningful way without unduly obliterating other valuable
and
constitutionally protected interests,
[26]
This Court, far from holding that s 28 acts as an overbearing and
unrealistic trump of other rights, has declared that the
best-interests injunction is capable of limitation."
[32]
Dit is die verantwoordelikheid van die hof om te bepaal of daar 'n
impak op die kind sal wees as die primere versorger gevangenisstraf
sonder keuse van 'n boete opgele sou word. Die hof moet ook
onafhanklik die beste belange van die kind oorweeg en die nodige
gewig
daaraan heg. Die hof moet verseker wees dat die kind versorg
sal wees indien die primere versorger gevangenisstraf opgele word.
[33]
Sachs R bevind in par 35:
"[35]
Thus, it is not the sentencing of the primary caregiver in and of
itself that threatens to violate the interests of the
children.
It
is the imposition of the sentence without paying appropriate
attention to the need to have special regard for the children's
interests that threatens to do so.
The
purpose of emphasising the duty of the sentencing court to
acknowledge the interests of the children, then,
is
not to permit errant parents unreasonably to avoid appropriate
punishment.
Rather,
it is to protect the innocent children as much as is reasonably
possible in the circumstances from avoidable harm."
(Hof
se klem)
[34]
In hierdie geva! moet die hof dus die belange van die kinders opweeg
teen die belange van die Staat en die gemeenskap om persone
te straf
vir hulle misdadige optrede. Sachs R bevind in par 40 [Supra]:
"Indeed,
it is profoundly in the interests of children that they grow up in a
world of moral accountability where self-centred
and antisocial
criminality is appropriately and publicly repudiated. In practical
terms, then, the difficulty is how appropriately
and on a
case-by-case basis to balance the three interests as required by
Zinn, without disregarding the peremptory provisions
of s 28. This
requires a nuanced weighing of all the interlinked factors in each
sentencing process."
[35]
Die hof moet dus in hierdie gevai bepaal of die belang van die
kinders en die van beskuldigdes 1, 3 ,4 ,5, 6 en 7 die belang
van die
gemeenskap oorskadu as dit opgeweeg word.
[36]
In
S
v Howells 1999 (1) SASV 675 (CPD)
het
Van Heerden Wnr R (soos sy toe was) bevind op p 682:
"On
the facts placed before this Court, it would appear that there is a
real risk that, should the appellant be imprisoned,
her children will
have to be taken into care. This is obviously highly regrettable and
makes this Court reluctant to condemn appellant
to imprisonment.
But
it is undoubtedly true that 'detection, apprehension and punishment
in the way of imprisonment are prospects which a person
embarking on
this sort of crime must always foresee' ( S v Prinsloo ( supra ) at
672 i).''
(Hof
se klem)
[37]
Dit is so dat in hierdie geval daar ses minderjarige kinders betrokke
is. Die hof het egter deeglik navraag gedoen en vasgestel
wat van
elke en iedere kind sal word indien die primere versorger direkte
gevangenisstraf opgele word. Die hof is tevrede dat die
alternatiewe
versorging vir al ses kinders aangespreek is en maak dan aan die
einde van die uitspraak die nodige bevel wat handel
met die kinders
waar nodig.
[38]
Die kumulatiewe effek van die vonnisse veroorsaak dat dit 'n
sogenaamde Metusalemvonnis is soos uiteengesit in
S
v Nkosi 2003 (1) SASV 91
op
p 95 waar Farlam AR bevind:
"[97
Thus,
under the law as it presently stands, when what one may call a
Methuselah sentence is imposed (ie a sentence in respect of
which the
prisoner would require something approximating to the longevity of
Methuselah if it is to be served in full) the prisoner
will have no
chance of being released on the expiry of the sentence and also no
chance of being released on parole after serving
one half of the
sentence.
Such
a sentence will amount to cruel, inhuman and degrading punishment
which is proscribed by s 12(1) (e) of the Constitution of
the
Republic of South Africa Act 108 of 1996..."
(Hof
se klem)
[39]
Hierdie hof neem nie die moontlikheid van parool in ag nie, aangesien
dit 'n onbekende faktor is wat nie deur howe bepaal word
nie, maar
deur die Departement van Korrektiewe Dienste. Verder is die hof
telkemale verwys na die toestande in die gevangenisse.
Reeds in
S
v Holder
1979 (2) SA 70
AA
het
Rumpff HR bevind op p. 76 - 77:
"Die
konstatering van die feit dat die Republiek se gevangenisse oorvol
is, en dit 'n ekonomiese las op die Staat plaas, is
feite wat niks te
doen het met die vraag wat 'n gepaste vonnis in 'n besondere geval is
nie.
Die
oorvol gevangenisse mag te wyte wees, oa, aan die groei van stedelike
bevolking met meegaande vermeerdering in ernstige misdade
en 'n
versuim om voldoende gevangenisse te bou. Dit is 'n ernstige
mistasting in die meerderheidsuitspraak om in 'n besondere geval
op
hierdie feite staat te maak."
(Hof
se klem)
[40]
Daar is ook klem gele dat persone wat korrektiewe toesig kry vee!
beter behandeling vir depressie en rehabilitasie kan verkry.
Dit is
egter sekerlik nie die toets nie. In
S
v Lister 1993 (2) SASV 228 (A)
bevind
Nienaber AR op p.
232:
"Prison,
one knows, is not a congenial place and the conditions may well be
less than ideal for psychotherapy. But then, a
prison is primarily an
institution of punishment, not cure. As the Court a quo was at pains
to point out, the approach of a sentencing
officer is not the same as
that of a psychiatrist. The sentencing officer takes account of all
the recognised aims of sentencing
including retribution; the
psychiatrist is concerned with diagnosis and rehabilitation.
To
focus on the well-being of the accused at the expense of the other
aims of sentencing, such as the interests of the community,
is to
distort the process and to produce, in all likelihood, a warped
sentence."
(Hof
se klem)
[41]
In
S
v Johaar 2010 (1) SASV 23 (HHA)
in
par 14 bevind Griesel WnAR:
"Waar
'n veelvuldigheid van misdade bestraf moet word, moet die hof ag
slaan op die totaliteit van die betrokke misdadige optrede
en sigself
afvra wat die gepaste vonnis is vir al die misdade gesamentlik.
Waar
die vonnis ten opsigte van aanklag 1 dus moontlik gekritiseer mag
word dat dit te swaar is, is die vonnisse op ander aanklagte
(bv die
aanklagte van roof met verswarende omstandighede), aan die ander
kant, op die oog af aan die ligte kant."
(Hof
se klem)
[42]
Die hof neem ook in aanmerking dat die ouderdomsprofiel van die
slagoffers aandui dat 75% van die beleggers ouer as 40 jaar
was,
terwyl 28% tussen 50
en
97 jaar oud was. Dit bevestig die getuienis dat talle mense hulle
pensioene en afleggingspakette bele het in die onderneming.
[43]
Beskuldigde 1 is skuldig bevind aan drie klagtes waar die maksimum
vonnis R1000 miijoen of lewenslange gevangenisstraf is.
Sy is skuldig
aan tien klagtes van geldwassery in terme van artikel 4 van POCA. Sy
is skuldig bevind aan 31 215 klagtes van bedrog
waar minimum vonnisse
van toepassing is. Sy is ook skuldig bevind aan oortreding van
artikel 11(1) (1 klagte); artikels 84(8)(c)
(5 klagtes); artikel
84(8)(d) (12 698 klagtes) en artikel 83(3)(a) (44 573 klagtes) van
die Bankwet. Sy is skuldig bevind aan drie
klagtes van oortreding van
artikel 135(3)(a) van die Insolvensiewet. Sy is skuldig bevind aan 9
070 klagtes van oortreding van
artikel 42 van die Kooperasiewet. Sy
is skuldig bevind aan 2 039 klagtes van oortreding van artikel
104(1)(d) van die Inkomstebelastingwet.
Sy is skuldig bevind aan 816
klagtes van diefstal. Sy is skuldig bevind aan 17 972 klagtes van die
bedryf van 'n skadelike sakepraktyk
naamlik 'n
vermenigvuldigingskema; en 1 klagte van oortreding van artikel 64(2)
van die Wet op Beslote Korporasies. Dan is sy skuldig
bevind aan drie
klagtes van oortreding van artikel 424{3) van die Maatskappywet.
[44]
Beskuldigde 1 was die persoon wat vanaf die begin van MP Finance in
1998 tot aan die einde van Krion in Junie 2002 die onderneming
bestuur en bedryf het deur 'n patroon van rampokkery. Die hof moet in
aanmerking neem dat sy, ongeag van vele waarskuwings en 'n
verbod om
voort te gaan deur die owerhede, net voortgegaan het met die
onderneming. Die hof moet verder in aanmerking neem dat
hierdie
onderneming vanaf die einde van 1998 tot Junie 2002, 'n tydperk van
bykans vier jaar, bedryf is. Dit ongeag die feit dat
beskuldigde 1 al
vanaf 16 Mei 2000 aan die Departement van Handel en Nywerheid
voorgegee het dat alle beleggers terugbetaal is
en dat daar nie
voortgegaan word met die onderneming nie. Sy het reeds in Desember
2000 geweet sy tree in stryd met die Bankwet
op. Hierdie optrede van
beskuldigde 1 dui daarop dat sy geensins enige respek vir die
waarheid of enige gesag gehad het nie. Sy
het haar bes probeer om
haar gedrag en die bedryf van die onderneming te verberg en te
verbloem vir die owerhede. Die hof bevind
dat dit erg verswarend is,
veral in die lig daarvan dat sy doelbewus daarmee voortgegaan het.
[45]
Die hof bevind dit ook verswarend dat sy haar kinders en familie
betrek het in die onderneming, terwyl sy geweet het dat sy
onregmatig
opgetree het. Sy het hulle telkemale gerusgestel dat sy met haar
regsverteenwoordigers die probleme sou uitsorteer.
Dit terwyl sy
geweet het dat sy opsetlik nooit die ware toedrag van sake aan haar
regsverteenwoordigers geopenbaar het nie en hulle
nie die probleme
kon uitsorteer op die valse en onvolledige inligting wat sy aan hulle
verskaf het nie. Haar optrede het veroorsaak
dat beide haar
eggenotes, mnre Pelser en Prinsloo, asook haar twee kinders,
skoonseun en niggie betrokke geraak het by die onderneming.
Sy het
ook deur beskuldigde 6, haar niggie, haar onderneming uitgebrei na
die Vrystaat en deur middel van agente het sy die onderneming
landswyd uitgebrei.
[46]
'n Verdere verswarende faktor is dat sy aan PwC voorgegee het dat sy
mnre Louis Strydom en Danie Bredenkamp se hulp verlang
om die
onderneming te wettig, terwyl sy geweet het dit was blote
oeverblindery sodat PwC nie die ware toedrag van sake moes uitvind
nie. Sy het daarna eers die agente aangestel en die onderneming teen
'n asemrowende pas uitgebrei. Sy het die ondersoek van die
Suid-Afrikaanse Reserwebank en PwC gebruik om beleggers gerus te stel
deur hulle te mislei deur te beweer dat die PwC bevind het
dat die
onderneming regmatig was. Mev Pieterse, die maatskaplike werker, se
getuienis is duidelik dat beskuldigde 1 nog steeds
nie voile
verantwoordelikheid vir haar optrede aanvaar nie, maar steeds die
blaam op haar regsverteenwoordigers en PwC plaas.
[47]
Mev Pieterse getuig:
"Verantwoordelikheidsaanvaarding
deur die beskuldigde word as gedeeltelike evalueer aangesien die
beskuldigde slegs sekere
aspekte van die aanklagte erken. Die
beskuldigde se weergawe van sekere aspekte tydens die proses van
verhoor bei'ndruk as oneerlik
en twyfelagtig."
[48]
Die beskuldigde het ook nie onder eed ter strafversagting getuig of
op enige stadium in die hof berou getoon nie. Die hof neem
in
aanmerking dat 'n persoon wat steeds oortuig is sy is onskuldig nie
berou sal toon nie.
[49]
Die getuienis van die beleggers was dat hulle alles verloor het tot
so 'n mate dat hulle by familie moes intrek of vir maande
saam met
die hond moes eet. Die ellende wat hierdie onderneming veroorsaak het
word beskryf in 'n verslag wat deur 'n ouditeur,
Mnr R G Moore,
opgestel is en wat nie deur die verdediging ontken is nie. Mev
Pieterse het die verslag van die impak op die slagoffers
in haar
verslag inkorporeer. Dit is duidelik dat talle mense, waaronder
pensioenarisse, alles verloor het. Hierdie feit blyk ook
uit
getuienis wat in die hof afgele is. Die onderneming het 'n geweldige
invloed op die ekonomie in Vanderbijlpark gehad aangesien
skole en
kerke voedingskemas moes instel en kospakkies en ander lewensmiddele
moes voorsien. Daar is aanmerklik meer gevalle van
mense met
depressie behandel - tot soveel as 35% meer. Die impak van die
ineenstorting van die onderneming het nie net op die beleggers
'n
impak gehad nie, maar op die hele gemeenskap wat die slagoffers
finansieel, emosioneel en op praktiese wyses moes ondersteun.
[50]
Beskuldigde 1 se verskoning was dat persone self gekies het om
betrokke te raak, maar is dit duidelik dat sy op die goedgelowigheid
en gierigheid van, onder andere, die minderbevoorregtes en
ongesofistikeerde mense ten opsigte van finansies geteer het. Die
gierigheid
van mense is deur Mev Heath, die kliniese sielkundige, as
l
n
"tsunami" beskryf en het natuuriik bygedra tot die pleging
van die misdrywe. Dit is egter nie versagtend nie, aangesien
nie een
van hulle ooit in kennis gestel is van die ware toedrag van sake nie.
Inteendeel, hulle is telkens gerusgestel dat PwC
nie fout gevind het
met die onderneming nie. Die feit dat beskuldigde 1 geweet het dat
met elke belegging wat sy geneem het sy
nie die belegger kon
terugbetaal nie het haar nooit gestuit nie. Inteendeel, dit het haar
aangespoor om meer en meer beleggings
te neem om haar in staat te
stel om vorige beleggers gelukkig te hou sodat hulle nuwe beleggers
na haar kon verwys. Hierdie optrede
het haar ego gestreel, aangesien
sy op die hoogtepunt van die onderneming bekend gestaan het as, onder
andere, "Die Engel
van Vanderbijlpark". Die getuienis was
dat sy vanaf Januarie 2002 al meer druk op die agente geplaas het om
meer beleggings
te kry om die onderneming in staat te stel om vorige
beleggers se rente te betaal. Dit is duidelik dat die onderneming te
groot
geraak het om die rente-uitbetalings vol te hou, terwyl daar
geen kapitaal was om die onderneming te steun nie. Die onderneming
is
as 'n tipiese Ponzi-skema bedryf.
[51]
Die lis waarmee beskuldigde 1 te werk gegaan het om die onderneming
van die owerhede weg te steek, is uiteraard verswarend.
Sy het nie
net telkemale blatante leuens vertel om die voorstelling en omvang
van die onderneming te verbloem nie, maar het aktief
opgetree om die
onderneming te vergroot en te verberg. Sy het leningsdokumente laat
vervals deur beskuldigde 6 en Mnr Bothma wat
aan sy die
Suid-Afrikaanse Reserwebank gestuur het om te bewys dat daar lenings
in die mark was en om hulle gerus te stel. Sy het
erken dat sy talle
vals dokumente aan die owerhede voorgehou het om te verhoed dat hulle
die onderneming staak. Haar optrede deur
voor te gee dat sy van
regsverteenwoordigers gebruik gemaak het en voor te gee dat sy van
PwC se hulp sou gebruik maak, het die
Suid-Afrikaanse Reserwebank
gerusgestel. Die optrede van beskuldigde 1 is verswarend, want dit
het haar in staat gestel om die
onderneming onder 'n skyn van
ordentlikheid, wettigheid en hulpverlening aan pensioenarisse vir
byna vier jaar te bedryf. Sy het
toe PwC op die toneel verskyn het al
die leers onmiddellik geskuif, en agente aangestel om te verberg dat
die onderneming voortgaan.
Haar optrede het dit onmoontlik gemaak vir
die owerhede om die omvang en die feit dat sy die onderneming uitbrei
vas te stel. Sy
het so ver gegaan as om 'n maatskappy te stig met
twee wildvreemde mans, naamlik die Van Wyk broers, as direkteure van
Krion en
te sorg dat haar naam op geen van die maatskappydokumente
verskyn nie. Dit terwyl sy weer in die hof getuig het dat Krion haar
maatskappy was en die van Wyk's niks met Krion te doen gehad, behalwe
waar sy opdragte aan hulle gegee het. Dit is duidelik uit
hierdie
optrede van beskuldigde 1 dat sy te alle tye bewus was dat sy die
onderneming onregmatig bedryf het en tog volgehou het
daarmee. Krion
is gestig met die uitsluitlike doel om die owerhede om die bos te lei
en te verbloem dat sy steeds voortgaan met
die onderneming.
[52]
Beskuldigde 1 is tans 56 jaar oud en ly aan depressie volgens die
kliniese sielkundige en ly aan hoe bloeddruk met hoe cholestrol,
wat
uit die aard van die saak in die gevangenis behandel kan word.
[53]
Haar persoonlike omstandighede is dat sy en beskuldigde 2 geskei is
tydens die verhoor. Sy, beskuldigde 5 en die seun, Pierre,
beskuldigde 5 se biologiese seun wat sy aangeneem het woon in 'n
tuinwoonstel. Hulle is aangewese op die barmhartigheid van die
kerk
en die gemeenskap. Pierre is tans 15 jaar oud. Dit is duidelik dat
daar 'n baie hegte verhouding tussen horn en beskuldigde
1 bestaan.
Die hof het die impak van direkte gevangenisstraf vir beskuldigde 1
op Pierre baie deeglik opgeweeg en kennis van geneem.
Dit is so
jammer dat by enige misdaad dit die onskuldigde partye is wat net
soveel geraak word as die beskuldigdes. Dit is duidelik
uit a! die
getuienis dat Pierre nie
l
n
gewone, normale en gelukkige kinderlewe gehad het nie en dat die saak
reeds 'n groot impak op sy lewe gehad het en ook in die
toekoms gaan
he. Mev Pieterse, die maatskaplike werkster, het die hof verseker dat
Pierre onmiddellik versorg sal word en dat daar
reeds plek vir horn
in die Jakaranda Kinderhuis is.
[54]
Beskuldigde 1 het steeds in die hof voorgehou dat sy geen misdaad
gepleeg het nie, maar slegs die beleggers wou beskerm. Verder
het sy
telkemale erken dat sy gevrees het die owerhede sal die onderneming
staak. Hierdie twee weergawes is nie versoenbaar nie
en vind die hof
dat haar optrede deurgaans was om te verhoed dat die owerhede teen
haar optree, aangesien sy presies geweet het
dat haar optrede
wederregtelik was.
[55]
Tydens haar getuienis in die hof was dit duidelik dat beskuldigde 1
geen insig gehad het in die effek van haar optrede by die
pleging van
die misdrywe nie. Beskuldigde 1 het geen berou getoon en geen
simpatie getoon met die beleggers wat alles verloor het
nie. Sy het
ook verkies om nie onder eed ter versagting te getuig nie, maar het
staatgemaak op die deskundige verslae en Mnr Pienaar,
haar
regverteenwoordiger, se pleidooi.
[56]
Dit is verder verswarend dat Mnre Biackbeard en Strydom getuig het
dat daar baie Ponzi- of piramideskemas per jaar ondersoek
word. Dit
is duidelik dat daar baie soortgelyke ondernemings in die mark is en
die algemene publiek het beskerming nodig teen gewetenlose
operateurs
van sulke ondernemings. Die getuienis is ook dat as gevolg van
hierdie onderneming daar talle ander ondernemings ontstaan
het met
tragiese gevolge vir die beleggers. Afskrikking by die oplegging van
vonnis moet ook in hierdie geval 'n groot rol speel
as bogenoemde in
ag geneem word. Sien
S
v Seegers
1970 (2) SA 506
(AA)
waar
AR Rumpff bevind het op p 511:
"Prevalence
of a particular offence, as such, does not, of course, necessarily
elevate a case in which a fine only ought properly
to be imposed to
the category of cases where imprisonment ought to be imposed.
Whether
or not the prevalence of a particular offence ought to be considered
as an aggravating feature depends entirely on the type
of offence
committed and the circumstances in which the offence is committed."
(Hof
se klem)
[57]
Hierdie
dicta
het
direk betrekking op die huidige saak en word as stafverswarend
beskou.
[58]
Dit is ook verswarend dat die bedrae betrokke in hierdie saak meer as
R1,5 miljard was. Daar was ten minste 14 000 beleggers
wat R 908
miljoen in Krion bele het en nie terugbetaal is nie.
[59]
Die beskuldigde is egter 'n eerste oortreder wat nie op die altaar
van voorkoming geoffer moet word nie. In
S
v Sobandla 1992 (2) SASV 613 (A)
bevind
Howie AR op p 617:
"Having
regard to all the facts of the present matter, however, it seems to
me that appellant's counsel was right in contending,
in effect, that
appellant was sacrificed on the altar of deterrence, thus resulting
in his receiving an unduly severe sentence.
Where
this occurs in the quest for an exemplary sentence, a trial court
exercises its discretion improperly or unreasonably"
(Hof
se klem)
[60]
Feite is aan die hof voorgehou ter versagting as wesenlike en
dwingende omstandighede. Die hof neem in aanmerking dat dit agt
jaar
geneem het om die saak te finaliseer en die impak wat dit op
beskuldigde 1 se fisiese, emosionele en psigiese welstand gehad
het
soos duidelik blyk uit die deskundiges se getuienis. Hierdie feit
word by al die beskuldigdes in aanmerking geneem en derhalwe
is die
vonnisse wat opgele word minder as die voorgeskrewe minimum vonisse.
Beskuldigde 1 se ouderdom word ook in aanmerking geneem
aangesien sy
as 'n bejaarde vrou uit die gevangenis sal kom. Sy sal die jare wat
sy haar kinders en kleinkinders se grootword en
samesyn kon geniet
soos ander vrouens van haar ouderdom, verbeur. Beskuldigde 1 is ook
'n eerste oortreder en al die verslae en
getuienis dui daarop dat die
kanse gering is dat sy weer 'n misdaad sal pleeg. Die hof bevind dat
hierdie feite wesenlik en dwingend
is by die oplegging van minimum
vonnisse.
[61]
Weens die erns en aard van die misdrywe waaraan beskuldigde 1 skuldig
bevind is, is die hof na deeglike oorweging van oordeel
dat enige
ander vonnis as gevangenisstraf nie gepas is nie en derhalwe nie van
toepassing is nie.
[62]
Beskuldigde 2 is skuldig bevind aan twee klagtes van oortreding van
artikel 2 van POCA, waar die maksimum vonnis R 1000 miljoen
of
lewenslange gevangenisstraf is. Hy is skuldig bevind aan twee klagtes
van bedrog; een klagte van oortreding van artikel 11(1)
van die
Bankwet; 815 klagtes van diefstal; 2 039 klagtes van oortreding van
artikel 104(1)(d) van die Inkomstebelastingwet; 17
972 klagtes van
bedryf van 'n skadelike sakepraktyk naamlik 'n
vermenigvuldigingskema; 1 klagte van oortreding van artikel 64(2)
van
die Wet op Beslote Korporasies en twee klagtes van oortreding van
artikel 424(3) van die Maatskappywet.
[63]
Die hof het bevind dat beskuldigde 2 vanaf 27 Mei 2001, die datum
waarop Martburt as maatskappy geregistreer is, betrokke was
by die
onderneming.
Dit
is ook bevind dat hy aktief by die onderneming betrokke was na
aanleiding van sy deelname aan Martburt, M&B Kooperasie,
MP
Finance SACCO en Krion. Hy was van die begin af in beheer van
ongeveer 65 agente. Hierdie agente is aangestel sodat PwC nie
sou
weet dat die onderneming voortgaan en uitbrei met astronomiese bedrae
nie. Sy naam het deel gevorm van "Martburt"
en M&B
Kooperasie -
hy
was
dus nie net 'n meeloper nie, maar twee van die entiteite is na
horn
vernoem.
[64]
Dit moet as verswaring in ag geneem word dat beskuldigde 2 'n
beleggingsbankier was voordat
hy
by
die onderneming betrokke geraak het. Hy het sy hele werkslewe in die
wereld van finansies gewerk tot met sy aftrede. Beskuldigde
2 was nie
net 'n helper
of
werknemer
in die onderneming nie. Hy het aktief deelgeneem in die onderneming
en aktief meegewerk om Krion op die been te bring
en te bevorder,
terwyl hy geweet het dat dit 'n onwettige onderneming was. Hy het
meegewerk om bedrog teenoor beleggers en/of die
Suid-Afrikaanse
Reserwebank te pleeg soos die hof reeds bevind het. Daar is geen
twyfel by die hof dat beskuldigde 2 deelgeneem
het aan die patroon
van rampokkery nie. Hy het geweet nuwe beleggers se rente word uit
vorige beleggers se beleggings betaal. Hy
het aan beleggers op
vergaderings verduidelik waarom daar van al die ander entiteite na
Krion oorgeteken moet word, terwyl hy geweet
het aandele moes in
Krion opgeneem word en nie net oorgeteken word uit ander entiteite
nie. Hy het die Van Wyk broers gewerf as
sogenaamde direkteure van
Krion, welwetend dat hulle slegs in naam direkteure sou wees en dat
die onderneming sou
voortgaan
in
Krion.
Hy
het
ook
aktief meegewerk om vals voorstellings in die
aansoek van MP Finance SACCO vir registrasie daar te stel. Verder het
hy wederegtelik en met voorbedagde rade die internetbetalings
uit
Krion se bankrekening gereel. Alhoewel Mnr Klein betoog dat hy nie
seker is oor die bevinding van die hof van wanneer beskuldigde
2
betrokke geraak het in die onderneming nie, blyk dit duidelik dat hy
reeds in Mei 2001 aangestel is as direkteur in Martburt
en in Junie
2001 vergaderings bygewoon het. Hy was nie net 'n "laatkommer"
soos deur Mnr Klein betoog nie, maar het aktief
deelgeneem aan die
onderneming.
[65]
Tot op hede het beskuldigde 2 nog geen verantwoordelikheid vir die
misdade aanvaar nie en hou hy steeds vol, volgens die deskundige
getuienis, dat hy onskuldig is. Hy verplaas al die blaam na
beskuldigde 1. Daar is dus geen sprake van berou by beskuldigde 2
nie. In die lig van sy ontkenning van sy deelname aan die misdade kan
die hof nie enige afleiding maak dat hy nie berou toon nie,
aangesien
daar reeds verlof tot appel teen die skuldigbevinding liaseer is. Die
hof vind dit vreemd dat beskuldigde 2 ook nie ter
versagting getuig
het nie, maar slegs staatgemaak het op die verslae en getuienis van
die deskundiges wat kom getuig het en sy
regsverteenwoordiger se
argument ter versagting.
[66]
Beskuldigde 2 is tans bykans 67 jaar oud en is dus alreeds 'n
bejaarde persoon. Hy het geen afhanklikes nie. Hy en beskuldigde
1
was getroud, maar is tydens die verloop van die hofverrigtinge
geskei. Die hof neem as strafversagting in aanmerking dat hy 'n
eerste oortreder is, veral in die lig van die hoe ouderdom wat
beskuldigde 2 bereik het met 'n skoon rekord. Hy het aansien as
'n
goedhartige Christen en sy familie en vriende is geskok oor sy
skuldigbevinding. Dit is ook strafversagtend dat beskuldigde
2 sy
pensioen verloor het in die onderneming en a! sy besittings verloor
het met sy inhegtenisname. Hy kry slegs 'n karige pensioen
en leef in
'n kamer.
[67]
Alhoewel Mnr Klein voorstel dat 'n opgeskorte vonnis of 'n vonnis in
terme van artikel 276 (h) van die Strafproseswet opgele
moet word, is
die aard en ems van die misdrywe waaraan beskuldigde 2 skuldig bevind
is, sodanig dat die hof nie so 'n vonnis kan
oorweeg nie. Die tyd wat
'n bejaarde persoon gewoonlik gebruik om terug te kyk na 'n
suksesvolle lewe gaan beskuldigde 2 ongelukkig
in die gevangenis
deurbring sonder die voorreg om tyd met sy kinders en kleinkinders te
spandeer.
[68]
Die hof se indruk van beskuldigde 2 in die getuiebank was dat hy
verontwaardig was dat hy aangekla is. Volgens die deskundige
verslag
is hy geskok dat hy skuldig bevind is. Dit is wel so dat hy nie van
die begin van die onderneming af betrokke was nie,
maar sy optrede by
die stigting van MP Finance SACCO en Krion, dui daarop dat hy nie net
'n werknemer was nie, maar aktief die
onderneming deur 'n patroon van
rampokkery help bevorder het. Hy het selfs teenoor Mnr Van Wyk gespog
dat hy met die sesde rykste
vrou in Suid-Afrika gaan trou, toe hy Mnr
Van Wyk gewerf het as direkteur van Krion. Die hof neem ter
versagting in aanmerking
beskuldigde 2 se ouderdom, maar dit skeld
horn nie kwyt van gevangenisstraf nie. In
S
v Zinn
(supra)
het
die hof, na aanleiding van van der Linden 2.2.7 op 541 H bevind:
"According
to the author, old age, when accompanied by toss of mental capacity,
obviously is a ground for mitigation
but
generally speaking old age is not a ground for leniency,..."
(Hof
se klem)
[69]
In
St
v Heller
1971 (2) SA 29
(AA)
op
55 bevind die hof:
"The
appellant was 62 years of age when he was convicted, a circumstance
which evokes a note of compassion in considering the
bleak recompense
of imprisonment in the afternoon of his years."
[70]
In
S
v Munyai & Others
1993 (1) SACR 252
(A)
op
255 bevind Nestadt AR:
"Nevertheless,
our Courts have (as for example in S v Heller
1971 (2) SA 29
(A) at
55C) treated old age per se as a mitigating factor when deciding on
an appropriate period of imprisonment. This has been
done on the
basis of compassion coupled, I think, with the perception that the
community expect old people to be treated with sympathy
(D P van der
Merwe Sentencing at 5-26). Perhaps the reason for this is embodied in
the saying 'pity at last is due to a feeble
octogenarian' (Oxford
English Dictionary sv 'Octogenarian').
Even
in the absence of any evidence that the first appellant suffered from
diminished insight or responsibility,
I
think
that this approach should apply here. Of course, in sentencing,
misplaced pity must be guarded against."
(Hof
se klem)
[71]
Die hof neem beskuldigde 2 se ouderdom in aanmerking, maar moet die
hof ook in aanmerking neem dat hy reeds 59 jaar oud was
by sy
arrestasie. Hy was reeds middeljarig toe hy by die onderneming
betrokke geraak het en daarom sal sy ouderdom wel tot 'n mindere
mate
strafversagtend wees.
[72]
Mev Heath, die kliniese sielkundige getuig:
"
Dit is my opinie dat hy waarskynlik besluit het om vir beskuldigde 1
te begin werk grotendeels as gevolg van hulle verhoudig,
die
geselskap en die saamwees,
nie
dat aansien en geld geen rol gespeel het"
[73]
Beskuldigde 3 is die dogter van beskuldigde 1. Beskuldigde 3 is
skuldig bevind aan twee klagtes waar die maksimum vonnis R1000
miljoen of lewenslange gevangenisstraf is; sy is skuldig bevind aan 1
klagte van oortreding van artikel 11(1) van die Bankwet.
Sy is verder
skuldig bevind aan een klagte van bedrog; skuldig aan drie klagtes
van oortreding van artikel 135(3)(a) van die Insolvensiewet;
12 697
klagtes van oortreding van artikel 84(8)(d) van die Bankwet; 44 573
klagtes van oortreding van artikel 83(3)(a) van die
Bankwet; 2 039
klagtes van oortreding van artikel 104(1)(d) van die
Inkomstebelastingwet; 815 klagtes van diefstal; 17 972 klagtes
van
bedryf van 'n skadelike sakepraktyk; een klagte van oortreding van
artikel 64(2) van die Wet op Beslote Korporasies en drie
klagtes van
oortreding van artikel 424(3) van die Maatskappywet; een klagte van
oortreding van artikel 75(1)(a) van die
Inkomstebelasting
Wet en twee klagtes van oortreding van artikel 104 (1)(a) van die
Inkomstebelasting Wet. [74] Sy was van die begin
af in diens van die
onderneming. Sy en beskuldigde 5 is op 29 Desember 1998 aangestel as
lede van MP Finance BK, die eerste entiteit
van die onderneming. Sy
was bewus van die feit dat geen verdere deposito's geneem kon word
nadat die Departement van Handel en
Nywerheid dit verbied het in Mei
2000 nie en het geweet dat beskuldigde 1 voorgegee het alle
deposito's terugbetaal is. Sy was
teenwoordig tydens die vergadering
op 6 Junie 2001 toe PwC onomwonde verklaar het dat geen verdere
deposito's geneem kon word nie,
maar het geen ag geslaan op hierdie
bevele van die owerhede nie.
[75]
Sy het getuig dat sy voortgegaan het met die onderneming omdat
beskuldigde 1 haar aangese het om voort te gaan. Dit is duidelik
uit
haar getuienis dat sy geweet het daar is 'n probleem aangesien sy op
'n stadium aan beskuldigde 1 gevra het hoe die rente uitbetaal
word,
aangesien daar meer uitbetalings as beleggings was. Die hof het reeds
bevind dat dit beskuldigde 3 gepas het om nie vrae
te vra of self
ondersoek in te stel na die onderneming nie, alhoewel sy deurgaans
bewus was van probleme met die Departement van
Handel en Nywerheid,
PwC en die Suid-Afrikaanse Reserwebank. Sy het meegehelp om die
bestaan en voorstelling van die onderneming
te verberg deur niks aan
mnre Louis Strydom of Danie Bredenkamp te laat blyk dat die
onderneming steeds voortgegaan het nie, te
help om die beleggersleers
te skuif en weg te steek en steeds as lid, direkteur en werknemer in
die onderneming aan te bly tot
Junie 2002.
[76]
Sy was 'n direkteur van Madikor en Martburt. Hierdie posisie van
beskuldigde 3 is verswarend aangesien sy nie 'n ongeletterde
persoon
was nie en presies geweet het dat die doel was om die onderneming te
verberg en te verbloem vir PwC. Sy was bewus daarvan
dat die
onderneming voortgaan, terwyl dit deur die owerhede verbied is. Sy
het talle geleenthede gehad om die feite van die onderneming
aan mnr
Danie Bredenkamp te openbaar, maar het aktief besluit om die ware
feite ten opsigte van die onderneming te verbloem. Sy
was ten voile
bewus van die onregmatigheid van die onderneming en het steeds
daarmee voortgegaan. Selfs die dag in Junie 2002 toe
Mnr Danie
Bredenkamp by die Krionkantoor te Constantiakloof opgedaag het, het
sy steeds probeer verhoed dat hy die perseel betree
en die ware
toedrag van sake vasstel.
[77]
Beskuldigde 3 is tans 38 jaar oud en is getroud met beskuldigde 4. Sy
het vier kinders wat deur haar en beskuldigde 4 grootgemaak
word.
Slegs die jongste seun is beskuldigde 4 se seun, maar beskuldigde 4
het vandat die kinders klein was af verantwoordelikheid
vir al vier
kinders aanvaar. Die sielkundige getuig dat beskuldigde 3 dankbaar
was teenoor beskuldigde 1 wat haar 'n metode gegee
het om te oorleef
met drie klein kinders. Die hof neem in aanmerking dat
gevangenisstraf van beskuldigdes 3 en 4 'n geweldige impak
op die
vier kinders sal he, maar in die lig van die erns en aard van die
misdrywe kan die hof nie anders as om direkte gevangenisstraf
te
oorweeg nadat die hof reeds al die ander vonnis opsies oorweeg het
nie.
[78]
Die hof het ondersoek ingestel na die kinders se omstandighede sou
gevangenisstraf opgele word en is dit duidelik dat die familie
van
beskuldigdes 3 en 4 hulle oor die kinders sal ontferm hangende 'n
ondersoek deur die Departement van Maatskaplike Dienste en
Bevolkingsontwikkeling.
[79]
Dit is so dat beskuldigde 3 deel van 'n familiegroep was tydens die
bestaan van die onderneming. Volgens Mev Heath, die kliniese
sielkundige, kon die beskuldigdes dus makliker goedgelowig wees en
kon mekaar vertrou in omstandighede waar dit nie behoort te
gebeur
nie, waar sogenaamde groepsdruk kon plaasvind. Dit is ook, volgens
Mev Heath, moontlik dat waar daar 'n sterk leiersfiguur
was, soos
beskuldigde 1, dat familielede dan alle verantwoordelikheid aan haar
abdikeer. Die hof kon egter nie hierdie bevinding
in hierdie geval
maak na aanleiding van die getuienis voor die hof nie. Slegs
beskuldigde 6 het ter versagting van vonnis getuig.
Beskuldigde 3 het
besef dat daar fout is, maar het beskuldigde 1 ten spyte van alles
geglo as sy haar gerusgestel het. Dit is egter
duidelik dat sy
beskuldigde 1 gehelp het en aktief meegedoen het om die ware toedrag
van sake van PwC weg te steek, ten spyte van
die opdrag om geen
verdere deposito's te neem nie. Sy was immers teenwoordig toe hierdie
opdrag gegee is.
[80]
Ter versagting neem die hof in aanmerking dat verskeie getuies en
beskuldigdes 1 en 3 self getuig het dat beskuldigde 1 'n
dominerende
persoon was en beskuldigde 3 grootgemaak het om nie vrae te vra as
beskuldigde 1 haar opdragte gee nie. Dit verskoon
haar egter nie,
want op die stadium toe sy by die onderneming betrokke was, was sy
reeds 'n volwasse vrou met haar eie kinders
wat haar eie besluite ten
opsigte van reg en verkeerd moes neem. Sy het dan ook op 'n stadium
vrae begin vra aan beskuldigde 1,
maar het net te geredelik
beskuldigde 1 se woord aanvaar. Sy het nooit vir beskuldigde 1 gevra
waarom hulle voortgaan met die onderneming
ten spyte van die
Suid-Afrikaanse Reserwebank se verbod op 6 Junie 2001 om so te doen
nie.
[81]
Beskuldigde 4 is beskuldigde 3 se eggenoot en beskuldigde 1 se
skoonseun. Beskuldigde 4 is skuldig bevind aan ernstige klagtes
waarvoor minimum vonnisse voorgeskryf word en aan oortreding van POCA
waar die maksimum vonnis R 1 000 miljoen of lewenslange
gevangenisstraf is. Dit is dus duidelik dat hier baie ernstige
misdade ter sprake is. Beskuldigde 4 is skuldig bevind aan twee
klagtes waar die maksimum vonnis R1000 miljoen of lewenslange
gevangenisstraf is. Hy is skuldig aan sewe klagtes van geldwassery
in
terme van artikel 4 van POCA; 1 klagte van oortreding van artikel
11(1) van die Bankwet; twee klagtes van bedrog; en een klagte
van
oortreding van artikel 135(3)(a) van die Insolvensiewet. Hy is ook
skuldig bevind aan 12 697 klagtes van oortreding van artikel
84(8)(d)
van die Bankwet; 9 070 klagtes van oortreding van artikel 42 van die
Kooperasiewet; 2039 klagtes van oortreding van artikel
104(1)(d) van
die Inkomstebelastingwet en 815 klagtes van diefstal. Hy is verder
skuldig bevind aan 17 972 klagtes van die bedryf
van 'n skadelike
sakepraktyk; en drie klagtes van oortreding van artikel 424(3) van
die Maatskappywet.
[82]
Beskuldigde 4 was vanaf 1999 werksaam by die onderneming in
verskillende en verskeie hoedanighede. Beskuldigdes 3 en 4 se seun
Andre is in Augustus 1999 gebore en is tans 11 jaar oud. Die drie
kinders van beskuldigde 3 is tans onderskeidelik 16 jaar, 14
jaar en
13 jaar oud. Beskuldigde 4 aanvaar voile verantwoordelikheid vir die
3 kinders asof hulle sy eie kinders is, alhoewel hy
hulle nooit
regtens aangeneem het nie. Beide beskuldigdes 3 en 4 het nadat hulle
op borgtog vrygelaat is, gewerk in talle plekke
om sodoende vir hulle
en die kinders te versorg. Beide beskuldigdes het die hof beTndruk
dat hulle sorgsame ouers is wat bekommerd
is oor wat met hulle
kinders sal gebeur as gevangenisstraf aan hulle opgele word. Dit is
ook duidelik dat hulle reeds pro-aktief
opgetree het en dat die
kinders deur familielede versorg sal word. Beide beskuldigdes 3 en 4
het vir bykans vier jaar by SBV Dienste
gewerk totdat hulle skuldig
bevind is. Die maatskaplike werkster het 'n tuisbesoek gedoen en voer
die gesin volgens haar 'n karige
bestaan, maar probeer die beste doen
met beperkte lewensmiddele.
[83]
Beskuldigde 4 is tans 41 jaar oud en staar 'n termyn gevangenisstraf
in die oe. Die feit dat daar sewe jaar gesloer is voordat
die saak
bereg is het 'n negatiewe impak op beskuldigdes 3, 4 en hulle kinders
se lewens in alle opsigte gehad. Die hof neem dit
as 'n versagtende
faktor wat wesenlike en dwingende omstandighede daarstel in
aanmerking ten opsigte van beide beskuldigde 3 en
4. Beskuldigde 4 is
ook 'n eerste oortreder wat nog nooit tevore met die gereg gebots het
nie.
[84]
Die verswarende faktore wat die hof in aanmerking neem is dat
beskuldigde 4 van die begin af betrokke was by die onderneming
totdat
Krion gelikwideer is - 'n tydperk van vier jaar. Hy het vanaf Junie
2001 geweet daar mag geen verdere depositos geneem word
nie, maar het
voortgegaan om depositos te neem. Alhoewel hy en beskuldigde 1 tans
in 'n slegte verhouding verkeer, was die getuienis
dat hy beskuldigde
1 se vertroueling was en daarom meer geweet het as sommige van die
ander beskuldigdes van die onderneming. Hy
is skuldig bevind aan baie
ernstige oortredings. Sy gedrag het tot gevolg gehad dat duisende
mense alles wat hulle besit het, verloor
het. Hy het toegang tot die
rekenaar gehad en was baie meer bewus van die werkswyse van die
onderneming en die omvang van die onderneming.
Hy het aktief
wederregtelik oorplasings uit Krion se bankrekening gedoen om
beleggers in vorige entiteite se rente te betaal terwyl
hy geweet het
dat Mnr van Wyk dit glad nie sou toelaat nie.
[85]
Dit is baie verswarend dat, nadat PwC op die toneel verskyn het, hy
aktief meegedoen het om die omvang en aard van die onderneming
te
verbloem. Hy het talle geleenthede gehad om PwC van die ware toedrag
van sake in kennis te stel, maar het verkies om dit nie
te doen nie.
Dit is duidelik uit sy getuienis en die getuienis van die kliniese
sielkundige en die maatskaplike werkster dat hy
tot op hede geensins
verantwoordelikheid aanvaar vir sy optrede nie. Hy hou deurgaans vol
dat hy slegs 'n personeellid was, alhoewel
die getuienis die teendeel
bewys het. Dit is duidelik dat die gemeenskap groot skade gely het as
gevolg van die bedryf van die
onderneming. Die hof het die
deskundiges se verslae nagegaan en die vonnisse soos daarin
voorgestel oorweeg. Al le die hof se simpatie
by die vier
minderjarige onskuldige kinders se omstandighede, is die aard en erns
van die misdade waaraan beskuldigdes 3 en 4 skuldig
bevind is van so
'n aard dat geen ander vonnis as gevangenisstraf in die omstandighede
gepas sal wees nie.
[86]
Beskuldigde 5 is skuldig bevind aan een klagte waar die maksimum
vonnis R1000 miljoen of lewenslange gevangenisstraf is; een
klagte
van oortreding van artikel 11(1) van die Bankwet; 44 573 klagtes van
oortreding van artikel 83(3)a van die Bankwet; 17 972
klagtes van
bedryf van 'n skadelike sakepraktyk; een klagte van oortreding van
artikel 64(2) van die Wet op Beslote Korporasie;
drie klagtes van
oortreding van artikel 424(3) van die Maatskappywet; een klagte van
oortreding van artikel 104(1)(d) vandie Inkomstebelastingwet
en twee
klagtes van oortreding van artikel 104(1)a van die
Inkomstebelastingwet.
[87]
Beskuldigde 5 is beskuldigde 1 se seun en is tans bykans 34 jaar oud.
Hy is saam met beskuldigde 3, sy suster, as 'n lid van
die eerste
entiteit aangestel deur beskuldigde 1. Hy was ook 'n direkteur van
Madikor en het op 28 Mei 2001 die bemarkingsbestuurder
van Martburt
geword. Hy ontken steeds dat hy enige aandeel aan die onderneming
gehad het. Volgens die maatskaplike verslag is beskuldigde
5 bitter
en kwaad dat hy skuldig bevind is. Hy woon tans saam met beskuldigde
1 en sy 15 jarige biologiese seun, Pierre, wat deur
sy moeder,
beskuldigde 1, wettig aangeneem is.
[88]
Beskuldigde 5 ly aan disleksie en aandagafleibare sindroom. Hy het
wel N6 voltooi en begin werk. Hy het in Desember 1998 by
beskuldigde
1 begin werk en was volgens horn verantwoordelik vir die
konstruksiewerk te Promain. Hy was nog altyd emosioneel afhanklik
van
beskuldigde 1 en wil haar terselfdertyd beskerm volgens die kliniese
sielkundige se getuienis. Hy en beskuldigde 3 het nooit
'n emosionele
band as broer en suster gevorm nie. Hy het 'n sterk band met sy seun
soos blyk uit die verslae en die skrywe wat
Pierre aan die hof gerig
het.
[89]
Dit is duidelik uit die deskundiges se getuienis dat beskuldigde 5 as
gevolg van emosionele mishandeling nie altyd volwasse
gedrag openbaar
nie en 'n afhanklike persoonlikheid het. Die gevolgtrekking van die
maatskaplike werkster is dat beskuldigde 5
nooit, as gevolg van sy
probleme, aan die gevolge van sy aksies gedink het nie - hy was
gelukkig aangesien hy suksesvol en bemagtig
gevoel het. Verder is
beskuldigde 5 impulsief en prakties aangele. Hy verloor maklik sy
humeur soos dit ook tydens die hofverrigtinge
manifesteer het.
[90]
Volgens die deskundige het hy staatgemaak op beskuldigde 1. Hy was
slegs 22 jaar oud toe hy as 'n direkteur in die onderneming
aangestel
is en het nooit vasgestel wat dit beteken of behels het om 'n
direkteur van 'n besigheid te wees nie.
[91]
Beskuldigde 5 is 'n eerste oortreder wat deur beskuldigde 1 se
toedoen in die onderneming betrokke geraak het. Alhoewel hy
meer as
R10 miljoen se sertifikate geteken het, is dit in die groter opset
van die onderneming 'n klein gedeelte van die uiteindelike
onderneming en het hy op 'n vroee stadium reeds nie meer deelgeneem
aan die onderneming se dag tot dag beleggings nie, maar was
meer
betrokke by die konstruksiewerk van die onderneming. Die getuienis
was egter dat hy aanvanklik slegs werknemers by die konstruksiewerk
afgelaai het en daarna na die onderneming se kantoor is om daar te
help met die beleggers. Dit is duidelik dat daar 'n baie goeie
verhouding tussen beskuldigde 5 en Pierre is en dat hy met hulp wel
'n vaderfiguur vir Pierre is.
[92]
Beskuldigde 5 moes ook agt jaar wag vir die saak om afgehandel te
word en word dit ook in sy geval as strafversagtend in aanmerking
geneem.
[93]
Die hof neem dus beskuldigde 5 se persoonlike omstandighede en
intellektuele probleme soos uiteengesit in die deskundiges se
getuienis en verslae in ag by oorweging van die oplegging van 'n
gepaste vonnis. Die aard van die misdrywe waaraan hy skuldig bevind
is, is egter van so 'n aard dat die hof nadat al die vonnis opsies
oorweeg is, tot die gevolgtrekking kom dat slegs gevangenisstraf
gepas is. Dit is steeds verswarend, ook in sy geval, dat soveel mense
alles verloor het as gevolg van hulle deelname aan die onderneming.
[94]
Beskuldigde 6 is die susterskind van beskuldigde 1. Sy is skuldig
bevind aan twee klagtes waar lewenslange gevangenisstraf
of R1000
miljoen die voorgeskrewe vonnis is. Sy is skuldig bevind op elf
klagtes van oortreding van artikel 4 van POCA - klagtes
van
geldwassery. Dan is sy skuldig bevind aan een klagte in terme van
artikel 11(1) van die Bankwet; skuldig bevind aan twee klagtes
van
oortreding van artikel 135(3)(a) van die Insolvensiewet; skuldig aan
44 573 klagtes van oortreding van artikel 83(3)(a) van
die Bankwet;
17 972 klagtes van die bedryf van 'n skadelike sakepraktyk; een
klagte van oortreding van artikel 64(2) van die Wet
op Beslote
Korporasies; drie klagtes van oortreding van artikel 424(3) van die
Maatskappywet; een klagte van oortreding van artikel
104(1)(d) van
die Inkomstebelastingwet en een klagte van bedrog;
[95]
Beskuldigde 6 is getroud met beskuldigde 7 en is die moeder van twee
dogters wat onderskeidelik 17 en 22 jaar oud is. Beskuldigde
6 is 40
jaar oud. Die gesin woon in haar skooonsuster se woning en voer 'n
karige bestaan aangesien hulle slegs stukwerk doen.
Dit is duidelik
uit die sielkundige verslae en getuienis dat die twee dogters erge
emosionele trauma ervaar het weens die misdade
en die omstandighede
wat daarop gevolg het. Die wye negatiewe publisiteit oor die saak het
hierdie kinders net so geraak soos dit
die ander beskuldigdes en
hulle kinders geraak het.
[96]
Sy is 'n eerste oortreder, net soos al die ander beskuldigdes. Die
feit dat die saak eers na agt jaar afgehandel word, moet
ook in
beskuldigde 6 se geval as erg strafversagtend aangemerk word. Dit is
duidelik, dat net soos met al die ander beskuldigdes,
die tydperk 'n
rol sal moet speel by die oplegging van vonnis. Vir agt jaar kon
beskuldigdes nie voortgaan met hulle lewens nie
en het hulle en hulle
gesinne gely onder die onsekerheid. Beskuldigdes 6 en 7 het selfs die
plaas wat beskuldigde 7 se vader vir
hulle gekoop het verloor in die
likwidasie van die onderneming.
[97]
Verder is dit versagtend dat alhoewel sy nog steeds 'n agent vir
Krion was, het sy nie aktief meegewerk om Krion daar te stel
nie. Dit
moet egter vermeld word dat die rede was dat beskuldigde 1 haar
uitgesluit het as gevolg van haar teenstand teen beskuldigdes
1 en 2
se huwelik. Sy was baie ongelukkig dat sy nie meer 'n direkteur van
die onderneming was nie. Sy is vanaf die begin van die
onderneming
deur beskuldigde 1 in die onderneming aangestel. Hier het die
sielkundige getuig dat 'n familiebesigheid waar 'n outoritere
figuur
in beheer is, aanleiding kon gee tot goedgelowigheid, de-individuasie
en kuddegedrag. Dit was egter nie beskuldigde 6 se
getuienis toe sy
ter versagting getuig het nie.
[98]
Die verswarende omstandighede in beskuldigde 6 se geval is dat sy
vanaf die begin van die onderneming betrokke was. Sy het
'n leidende
rol gespeel en het waargeneem as beskuldigde 1 nie by die onderneming
was nie. Sy aanvaar steeds nie verantwoordelikheid
vir haar dade nie
en het sy steeds aan die kliniese sielkundige voorgegee dat PwC, die
Suid-Afrikaanse Reserwebank en die Departement
van Handel en
Nywerheid, net soos sy om die bos gelei is. Dit is ontbloot van alle
waarheid, want sy het selfs meegedoen om die
onderneming se leers op
haar en beskuldigde 7 se plaas weg te steek vir PwC en het op geen
geleentheid na vore gekom en die ware
toedrag van sake aan PwC
blootgele nie. Sy het ook die meeste kontant uit die onderneming
gekry as Mnr Strydom se onbetwiste getuienis
in aanmerking geneem
word. Sy het selfs in 'n latere eedsverklaring in hofstukke volgehou
om die waarheid te verberg.
[99]
Haar weergawe dat sy dadelik PwC probeer help het om die ware toedrag
van sake agter te kom, is ook nie waar nie. Sy en beskuldigde
7 het
toe hulle hoor PwC is op die plaas, nie onmiddellik teruggekeer na
die plaas soos 'n mens normaalweg sou verwag nie, maar
is eers na die
bank om hulle 14 sluitkassies na te gaan en het daarna die nag by
vriende op die dorp oornag. Indien sy onskuldig
was sou haar eerste
gedagte ook nie gewees het om 'n prokureur en advokaat saam te neem
plaas toe om met PwC te praat nie. Haar
gedeelte van die onderneming
was so groot en van so
l
n
aard dat sy werknemers aangestel het om haar te help met die
administrasie van die onderneming.
[100]
Die finansiele state van die boerdery het ook geensins die ware
toedrag van sake weerspieel nie en is Mnr van der Merwe, as
boekhouer, gevra om kreatiewe boekhouding toe te pas. Sy getuienis
was dat hy op 'n stadium aan beskuldigdes 6 en 7 sou gese om
net op
te hou koop, aangesien niemand kon verklaar waar al die kontant
vandaan gekom het nie. Sy was 'n direkteur en het ook geweet
dat alle
beleggings in kontant gedoen word en dat alle uitbetalings ook
kontant gedoen is. Daar is in 'n kort tydperk talle eiendomme,
asook
motors, vragmotors, kunswerke en ander luukses kontant aangekoop deur
beskuldigdes 6 en 7. Dit, terwyl beskuldigde 6 geweet
het die geld
behoort aan die beleggers.
[101]
Beskuldigde 6 het ter versagting getuig. Sy was baie emosioneel oor
haar kinders en die feit dat hulle moontlik beide ouers
in die
gevangenis sou he. Sy het die hof egter meegedeel dat beide dogters,
waarvan die oudste reeds meerderjarig is, sou kon aanbly
in die huis
waar hulle tans is en dat die minderjarige dogter versorg sal wees.
Sy het ook aan die hof gese sy is baie jammer vir
die beleggers
aangesien sy ook die gevolge van die onderneming self moes ondervind.
[102]
Indien die hof die omvang van die misdade waaraan beskuldigde 6
skuldig bevind is en die geweldige skade wat aan talle mense
berokken
is in aanmerking neem, kan die hof nie anders as om te verskil van
die aanbevelings van die sielkundige en die maatskaplike
werkster ten
opsigte van 'n gepaste vonnis nadat die hot dit oorweeg het nie. Die
deskundiges het hulle aanbevelings in die regte
perspektief gestel
tydens getuienis deur te getuig dat hulle slegs op 'n maatskaplike en
sielkundige vlak na die persone van beskuldigdes
gelet het. Hulle
funksie is slegs om die beskuldigdes as persoon aan die hof voor te
le en nie om gepaste vonnisse voor te skryf
nie.
[103]
Die ems en omvang van die misdade regverdig nie die strawwe wat
voorgestel is nie en is die hof van oordeel dat die gemeenskapsbelang
nie in ag geneem is met hierdie aanbevelings nie. Die kwessie van
vergelding en voorkoming is tereg nie volledig aangespreek in
die
verslae nie. Die hof is van oordeel dat nie een van die voorgestelde
vonnisse toepaslik is vir die misdade waaraan beskuldigde
6 skuldig
bevind is nie. Die hof moet al die versagtende en verswarende
omstandighede opweeg om die vonnis te bepaal, soos reeds
hierbo
uiteengesit. Die hof neem al die faktore in aanmerking al word elke
faktor nie spesifiek vermeld nie.
[104]
Beskuldigde 7 is skuldig bevind aan twee klagtes van geldwassery in
terme van artikel 4 van POCA, waar die maksimum vonnis
R 100 miljoen
of 30 jaar gevangenisstraf is.
[105]
Beskuidig 7 is tans bykans 43 jaar oud, getroud met beskuldigde 6 en
vader van 2 dogters, onderskeidelik 22 jaar en 17 jaar
oud.
Beskuldigde 7 kom uit 'n gelukkige gesin en het op 'n plaas
grootgeword. Hy doen tans stukwerk en die gesin word deur hulle
familie onderhou en handhaaf 'n lae lewenstyl. Hy en beskuldigde 6 is
reeds 22 jaar getroud en staan by mekaar, ongeag die strafsaak.
Dit
is duidelik uit die deskundige verslae dat die twee dogters
emosioneel en finansieel baie swaar gekry het nadat beskuldigdes
6 en
7 arresteer is. Die feit dat die saak agt jaar geneem het om
afgehandel te word het 'n sterk invloed op die gesin gehad.
[106]
Beskuldigde 7 is 'n eerste oortreder wat al sy bates verloor het -
selfs die plaas wat sy vader vir horn gekoop het en maak
staat op
familie vir finansiele ondersteuning. Hy het ook berou uitgespreek
aangesien soveel mense geld verloor het. Die hof het
bevind dat
beskuldigde 7 nie 'n aandeel aan die patron van rampokkery gehad het
nie, maar hy is tog skuldig bevind aan twee ernstige
klagtes.
[107]
Die hof bevind dat daar geen gevaar vir die samelewing bestaan dat
beskuldigde 7 horn weer aan 'n soortgelyke misdaad skuldig
sal maak
nie. Die feit dat hy reeds agt jaar verhoorafwagtend was, spee! net
soos by die ander beskuldigdes 'n groot rol by versagting.
'n Verdere
feit wat die hof in aanmerking neem is dat die beskuldigde die vader
is van Ankia, wat tans nog minderjarig is en skool
bywoon. Alhoewel
beskuldigde 7 finansieel gebaat het by die onderneming kan die hof
nie bevind dat hy deelgeneem het aan die patroon
van rampokkery nie.
[108]
In sy geval is die hof van oordeel dat direkte gevangenisstraf nie
van pas sal wees as vonnis as al die feite opgeweeg en
in aanmerking
geneem word en die hof ook in aanmerking neem dat hy een van Ankia se
primere versorgers is wat haar sal kan versorg
indien beskuldigde 6
tot gevangenisstraf gevonnis word.
[109]
Die hof kan geen soortgelyke saak vind waar die omvang van die saak
dieselfde is as in die huidige saak nie.
[110]
In
S
v Sassin and Others [2003] 4 AIISA 506 (NC)
het
Madjiedt R 'n effektiewe vonnis van 15 jaar gevangenisstraf opgele
nadat 'n pleitooreenkoms aangegaan is op 1 527 klagtes van
bedrog ten
bedrae van R 29 miljoen waarby ongeveer 1 600 beleggers betrokke was.
[111]
In
S
v Sadler 2000 (1) SASV 331 (SCA)
het
Marais AR op p 335 en p 336
bevind:
"So
called 'white-collar' crime has, I regret to have to say, often been
visited in South African courts with penalties which
are calculated
to make the game seem worth the candle.
Justifications
often advanced for such inadequate penalties are the classification
of 'white-collar' crime as non-violent crime
and its perpetrators
(where they are first offenders) as not truly being 'criminals' or
'prison material' by reason of their often
ostensibly respectable
histories and backgrounds. Empty generalisations of that kind are of
no help in assessing appropriate sentences
for 'white-collar' crime.
Their
premise is that prison is only a place for those who commit crimes of
violence and that it is not a place for people from
'respectable'
backgrounds even if their dishonesty has caused substantial loss, was
resorted to for no other reason than self-enrichment,
and entailed
gross breaches of trust
[12]
These are heresies. Nothing will be gained by lending credence to
them. Quite the contrary. The impression that crime of that
kind is
not regarded by the courts as seriously beyond the pale and will
probably not be visited with rigorous punishment will
be fostered and
more will be tempted to indulge in it."
(Hof
se klem)
[112]
In
S
v Assante 2003 (2) SASV 107 (SCA)
is
die beskuldige skuldig bevind aan 108 klagtes van bedrog waarby R 345
miljoen betrokke was en is tot 24 jaar effektief gevangenisstraf
gevonnis.
[113]
In
S
v Rabie
1975 (4) SA 855
(A)
het
Holmes AR bevind op 861:
"Then
there is the approach of mercy or compassion or plain humanity. It
has nothing in common with maudlin sympathy for the
accused. While
recognising that fair punishment may sometimes have to be robust,
mercy is a balanced and humane quality of thought
which tempers one's
approach when considering the basic factors of letting the punishment
fit the criminal as well as the crime
and being fair to society;"
[114]
Die hof neem dus in al die beskuldigdes se gevalle in aanmerking dat
wesenlike en dwingende omstandighede bestaan waarom die
minimum
vonnis nie opgele behoort te word nie. Die feit wat die swaarste weeg
is dat dit sewe jaar geneem het om die saak voor
die hof te bring en
verder dat al die beskuldigdes tans voor die hof staan as
hulpbehoewende individue wat moet staatmaak op die
gemeenskap en
kerke se hulp. Die verdere feite het die hof reeds bespreek tydens
die bespreking van verswarende en versagtende
feite by elke
beskuldigde.
[115]
Die hof het na deeglike besinning en oorweging tot die gevolgtrekking
gekom dat die volgende vonisse gepas sal wees as al
die feite,
versagtend en verswarend, getuienis van deskundiges, die betoe van
die onderskeie regsverteenwoordigers en die gesag
in aanmerking
geneem word.
[116]
Waar die minimum vonnis vir klagtes 15 jaar gevangenisstraf is vind
die hof wesenlike en dwingende omstandighede en word mindere
vonnisse
opgele.
[117]
Derhalwe word die beskuldigdes as volg gevonnis:
Beskuldigde
1:
Beskuldigde
1 word as volg gevonnis:
Aanklag
1 - 3:
Oortreding
van artikel 2(1)(f),(e) en (b) van POCA, Wet 121 van 1998
-
20 (twintig) jaar gevangenisstraf op elke aanklag -Dit word gelas dat
hierdie vonnisse samelopend uitgedien word;
Aanklag
4- 13:
Oortreding
van artikel 4 van POCA, Wet 121 van 1998
-
10 (tien) jaar gevangenisstraf op elke aanklag - Dit word gelas dat
hierdie vonnisse samelopend uitgedien word;
Aanklag
27:
Oortreding
van artikel 11(1) van die Bankwet, Wet 94 van 1990
-
3 (drie) jaar gevangenisstraf
Aanklag
28
-
32,
35. 37, 39, 41, 42. 47:
Bedrog
-
10 (tien) jaar gevangenisstraf op
elke
aanklag - Dit word gelas dat hierdie vonnisse samelopend uitgedien
word;
Aanklag
33, 36, 38. 40, 43:
Oortreding
van artikel 84(8)(c) van die Bankwet, Wet
94
van 1990
-
6 (ses) maande gevangenisstraf op elke aanklag - Dit word gelas dat
hierdie vonnisse samelopend uitgedien word;
Aanklag
34:
Oortreding
van artikel 84(8)(d) van die Bankwet, Wet 94 van 1990 -
6
(ses) maande gevangenisstraf;
Aanklag
33 266 -36 617:
Bedrog
-
Aanklagtes word saamgeneem vir doeleindes van vonnis -10 (tien) jaar
gevangenisstraf;
Aanklaq
39 068
-
44
550:
Bedrog
-
Aanklagtes word saamgeneem vir doeleindes van vonnis - 10 (tien) jaar
gevangenisstraf;
Aanklaq
50 034 - 54 533:
Bedrog
-
Aanklagtes word saamgeneem vir doeleindes van vonnis - 10 (tien) jaar
gevangenisstraf;
Aanklaq
59 034 - 68 104:
Bedrog
-
Aanklagtes word saamgeneem vir doeleindes van vonnis -10 (tien) jaar
gevangenisstraf;
Aanklaq
188 911
-
197
707
:
Bedrog
-
Aanklagtes word saamgeneem vir doeleindes van vonnis -10
(tien) jaar gevangenisstraf;
Aanklaq
218 660 - 218 661
:
Bedrog
-
Aanklagtes word saamgeneem vir doeleindes van vonnis -10
(tien) jaar gevangenisstraf;
Aanklaq
45, 46, 218 641, 218 642:
Bedrog
-
3 (drie) jaar gevangenisstraf op elke aanklag - Dit word gelas dat
hierdie vonnisse samelopend uitgedien word;
Aanklag
48 - 949 (1 Aanklaq), 950
-
3
385 (1 Aanklaq), 8071 - 11 694 (1 Aanklaq)
:
Oortreding
van artikel 135(3)(a) van die Insolvensiewet, Wet 61 van 1973;
-
6 (ses) maande gevangenisstraf op elke aanklag - Dit word gelas dat
hierdie vonnisse samelopend uitgedien word;
Aanklaq
20 568 - 33 265
:
Oortreding
van artikel 84(8)(d) van die Bankwet, Wet 94 van 1990;
-
6 (ses) maande gevangenisstraf op elke aanklag - Dit word gelas dat
hierdie vonnisse samelopend uitgedien word;
Aanklag
77 176 - 86 246
:
Oortreding
van artikel 42 van die Kodperasiewet, Wet 91 van 1981;
Aanklagtes
word saamgeneem vir doeleindes van vonnis -1 (een) jaar
gevangenisstraf;
Aanklag
144 337
-
188
910
:
Oortreding
van artikel 83(3)(a) van die Bankwet,
Wet
94 van 1990;
-
6 (ses) maande gevangenisstraf op elke aanklag - Dit word gelas dat
hierdie vonnisse samelopend uitgedien word;
Aanklag
197 708 - 199 747:
Oortreding
van artikel 104(1)(d) van die
Inkomstebelastingwet,
Wet 58 van 1962
-
Aanklagtes word saamgeneem vir doeleindes van vonnis - 5 (vyf) jaar
gevangenisstraf;
Aanklag
199 748 - 200 563
:
Diefstal
-
Aanklagtes word saamgeneem vir doeleindes van vonnis -10
(tien) jaar gevangenisstraf;
Aanklag
200 564 - 218 636:
Bedryf
van
(
n
skadelike sakepraktyk –
Aanklagtes word saamgeneem vir doeleindes van vonnis - 5 (vyf) jaar
gevangenisstraf;
Aanklag
218 637:
Oortreding
van artikel 64(2) van die Wet op Beslote Korporasies, Wet 69 van 1984
-
1 (een) jaar gevangenisstraf;
Aanklag
218 638, 218 639 en 218 682:
Oortreding
van artikel 424(3) van die Maatskappywet, Wet 61 van 1973
-
1
(een)
jaar gevangenisstraf op elke aanklagte. - Dit word gelas dat hierdie
vonnisse samelopend uitgedien word;
Aanklaq
218 683:
Diefstal
-
10 (tien) jaar gevangenisstraf.
Dit
word gelas dat 5 (vyf) jaar gevangenisstraf van die vonnisse op
aanklagtes 28 -32, 35, 37, 39, 41, 42 en 47 opgele samelopend
met die
vonnis op aanklagtes 1, 2 en 3 uitgedien word. Dit word verder gelas
dat al die opgelegde vonnisse samelopend met die vonnisse
op
aanklagtes 1- 3 uitgedien word. Die effektiewe gevangenisstraf is dus
25 (vyf en twintig) jaar gevangenisstraf.
Beskuldigde
2
Beskuldigde
2 word as volg gevonnis:
Aanklaq
2 en 3:
Oortreding
van artikel 2(1 )(f) en 2(1 )(b) van POCA
-10
(tien) jaar gevangenisstraf op elke aanklag waarvan 3 (drie) jaar op
elke aanklag opgeskort word vir 5 (vyf) jaar op voorwaarde
dat die
beskuldigde nie in die tydperk van opskorting skuldig bevind word aan
oortreding van artikel 2 van die Wet op Georganiseerde
Misdaad, Wet
121 van 1998 nie. Dit word gelas dat hierdie vonnisse samelopend
uitgedien word;
Aanklaq
27:
Oortreding
van artikel 11(1) van die Bankwet, Wet 94 van 1990 –
1 (een) jaar gevangenisstraf;
Aanklaq
45 en 47:
Bedrog
-
10 (tien) jaar gevangenisstraf op elke aanklagte waarvan 5 (vyf) jaar
opgeskort word vir 5 (vyf) jaar op voorwaarde dat die beskuldigde
nie
in die tydperk van opskorting skuldig bevind word aan bedrog nie Dit
word gelas dat hierdie vonnisse samelopend uitgedien word;
Aanklag
77 176 - 86 246
:
Oortreding
van artikel 42 van die Kooperasiewet, Wet 91 van 1981;
Aanklagtes
word saamgeneem vir doeleindes van vonnis -1 (een) jaar
gevangenisstraf;
Aanklag
197 708
-
199
747:
Oortreding
van artikel 104(1)(d) van die Inkomstebelastingwet,
Wet 58 van 1962
Aankiagtes
word saamgeneem vir doeleindes van vonnis - 3 (drie) jaar
gevangenisstraf;
Aanklag
199 748 - 200 563
:
Diefstal
-
Aanklagtes word saamgeneem vir doeleindes van vonnis - 8
(agt) jaar gevangenisstraf;
Aanklag
200 664 - 218 636:
Bedryf
van 'n skadelike sakepraktyk –
Aanklagtes word saamgeneem vir doeleindes van vonnis - 3 (drie) jaar
gevangenisstraf;
Aanklag
218 637:
Oortreding
van artikel 64(2) van die Wet op Beslote Korporasies, Wet 69 van 1984
-
6 (ses) maande gevangenisstraf;
Aanklag
218 639 en 218 682:
Oortreding
van artikel 424(3) van die Maatskappywet, Wet 61 van
1973
-
6 (ses) maande gevangenisstraf op elke aanklagte - Dit word gelas dat
hierdie vonnisse samelopend uitgedien word;
Dit
word gelas dat al die opgelegde vonnisse samelopend met die vonnisse
op aanklagtes
2,
3,
45 en 47 uitgedien word. Die effektiewe gevangenisstraf is dus 12
(twaalf) jaar gevangenisstraf.
Beskuldigde
3
Beskuldigde
3 word as volg gevonnis:
Aanklaq
2 en 3:
Oortreding
van artikel 2(1)(e) en (2)(1)(b) van POCA, Wet 121 van 1998
-
15 (vyftien) jaar gevangenisstraf op elke aanklag waarvan 3 (drie)
jaar op elke aanklag opgeskort word vir 5 (vyf) jaar op voorwaarde
dat die beskuldigde nie in die tydperk van opskorting skuldig bevind
word aan oortreding van artikel 2 van die Wet op Georganiseerde
Misdaad, Wet 121 van 1998 nie. - Dit word gelas dat hierdie vonnisse
samelopend uitgedien word;
Aanklaq
27:
Oortreding
van artikel 11(1) van die Bankwet, Wet 94 van 1990 –
1 (een) jaar gevangenisstraf;
Aanklaq
31:
Bedrog
-
10 (tien) jaar gevangenisstraf;
Aanklaq
48
-
949
(1 Aanklaq). 950 - 3 385 (1 Aanklaq), 8071 - 11 694 (1 Aanklaq)
:
Oortreding
van artikel 135(3)(a) van die Insolvensiewet, Wet 61 van 1973;
-
3
(drie)
maande gevangenisstraf op elk van die 3 (drie) aanklagte - Dit word
gelas dat hierdie vonnisse samelopend uitgedien word;
Aanklaq
20 568 -33 265
:
Oortreding
van artikel 84(8)(d) van die Bankwet, Wet 94 van 1990;
-
3 (drie) maande gevangenisstraf op eike aanklag - Dit word gelas dat
hierdie vonnisse samelopend uitgedien word;
Aanklag
144 337- 188 910
:
Oortreding
van artikel 83(3)(a) van die Bankwet,
Wet
94 van 1990;
-
3 (drie) maande gevangenisstraf op elke aanklag - Dit word gelas dat
hierdie vonnisse samelopend uitgedien word;
Aanklag
197 708- 199 747:
Oortreding
van artikel 104(1)(d) van die Inkomstebelastingwet,
Wet 58 van 1962
Aanklagtes
word saamgeneem vir doeleindes van vonnis - 3 (drie) jaar
gevangenisstraf;
Aanklag
199 748
-
200
563
:
Diefstal
-
Aanklagtes word saamgeneem vir doeleindes van vonnis - 8
(agt) jaar gevangenisstraf;
Aanklag
200 664
-
218
636:
Bedryf
van 'n skadelike sakepraktyk –
Aanklagtes word saamgeneem vir doeleindes van vonnis - 2 (twee) jaar
gevangenisstraf;
Aanklag
218 637:
Oortreding
van artikel 64(2) van die Wet op Beslote Korporasies, Wet 69 van 1984
-
6 (ses) maande gevangenisstraf;
Aanklag
218 638, 218 639 en 218 682:
Oortreding
van artikel 424(3) van die Maatskappywet, Wet 61 van 1973 -
1
(een)
jaar gevangenisstraf op elke aanklagte - Dit word gelas dat hierdie
vonnisse samelopend uitgedien word;
Aanklag
218 648:
Oortreding
van artikel 75(1 )a van die Inkomstebelastingwet, Wet 58 van 1962
-
1 (een) jaar gevangenisstraf;
Aanklag
218 660 en 218 661:
Oortreding
van artikel 104(1)(a) van die Inkomstebelastingwet, Wet 58
van 1962
-
1 (een) jaar gevangenisstraf - Dit word gelas dat hierdie vonnisse
samelopend uitgedien word;
Dit
word gelas dat al die opgelegde vonnisse samelopend met die vonnisse
op aanklagtes 2 en 3 uitgedien word. Die effektiewe gevangenisstraf
is dus 12 (twaalf) jaar gevangenisstraf.
Beskuldigde
4
Beskuldigde
4 word as volg gevonnis:
Aanklag
2 en 3:
Oortreding
van artikel 2(1)(e) en 2(1)(b) van POCA, Wet 121 van 1998
-
15 (vyftien) jaar gevangenisstraf op elke aanklag - Dit word gelas
dat hierdie vonnisse samelopend uitgedien word;
Aanklag
4-8, 12 en 13:
Oortreding
van artikel 4 van POCA, Wet 121 van 1998
-
10 (tien) jaar gevangenisstraf op elke aanklag - Dit word gelas dat
hierdie vonnisse samelopend uitgedien word;
Aanklag
27:
Oortreding
van artikel 11(1) van die Bankwet, Wet 94 van 1990
-
2
(twee)
jaar gevangenisstraf;
Aanklag
31 en 47:
Bedrog
-
10 (tien) jaar gevangenisstraf op elke aanklag - Dit word gelas dat
hierdie vonnisse samelopend uitgedien word;
Aanklag
8071 - 11 694 (1 Aanklag)
:
Oortreding
van artikel 135(3)(a) van die
Insolvensiewet,
Wet 61 van 1973;
-
3 (drie) maande gevangenisstraf op elke aanklag -Dit word gelas dat
hierdie vonnisse samelopend uitgedien word;
Aanklag
20 568 - 33 265
:
Oortreding
van artikel 84(8)(d) van die Bankwet, Wet 94 van 1990;
-
3 (drie) maande gevangenisstraf op elke aanklag - Dit word gelas dat
hierdie vonnisse samelopend uitgedien word;
Aanklag
77 176 - 86 246
:
Oortreding
van artikel 42 van die Kooperasiewet, Wet 91 van 1981;
Aanklagtes
word saamgeneem vir doeleindes van vonnis - 1 (een) jaar
gevangenisstraf;
Aanklag
197 708 - 199 747:
Oortreding
van artikel 104(1)(d) van die
Inkomstebelastingwet,
Wet 58 van 1962 -
Aanklagtes
word saamgeneem vir doeleindes van vonnis - 3 (drie) jaar
gevangenisstraf;
Aanklag
199 748 - 200 563
:
Diefstal
-
Aanklagtes word saamgeneem vir doeleindes van vonnis -10
(tien) jaar gevangenisstraf;
Aanklaq
200 664 - 218 636:
Bedryf
van 'n skadelike sakepraktyk
-
Aanklagtes
word
saamgeneem vir doeleindes van vonnis - 2 (twee) jaar gevangenisstraf;
Aanklaq
218 638, 218 639 en 218 682:
Oortreding
van artikel 424(3) van die
Maatskappywet,
Wet 61 van 1973 –
1 (een) jaar gevangenisstraf op elke aanklagte -Dit word
gelas dat hierdie vonnisse samelopend uitgedien word;
Dit
word gelas dat al die opgelegde vonnisse samelopend met die vonnisse
op aanklagtes 2 en 3 uitgedien word. Die effektiewe gevangenisstraf
is dus 15 (vyftien) jaar gevangenisstraf.
Beskuldigde
5
Beskuldigde
5 word as volg gevonnis:
Aanklag
3:
Oortreding
van artikel 2(1)(b) van POCA
-10
(tien) jaar gevangenisstraf waarvan 5 (vyf) jaar opgeskort word vir 5
(vyf) jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie in die
tydperk van
opskorting skuldig bevind word aan oortreding van artikel 2 van die
Wet op Georganiseerde Misdaad, Wet 121 van 1998
nie.
Aanklag
27:
Oortreding
van artikel 11(1) van die Bankwet, Wet 94 van 1990 –
1 (een) jaar gevangenisstraf;
Aanklag
144 337- 188 910
:
Oortreding
van artikel 83(3)(a) van die Bankwet,
Wet
94 van 1990;
-
3 (drie) maande gevangenisstraf op elke aanklag - Dit word gelas dat
hierdie vonnisse samelopend uitgedien word;
Aanklag
200 664 - 218 636:
Bedryf
van 'n skadelike sakepraktyk –
Aanklagtes word saamgeneem vir doeleindes van vonnis - 1 (een) jaar
gevangenisstraf;
Aanklag
218 637:
Oortreding
van artikel 64(2) van die Wet op Beslote Korporasies, Wet 69 van 1984
-
3 (drie) maande gevangenisstraf;
Aanklag
218 638, 218 639 en 218 682:
Oortreding
van artikel 424(3) van die Maatskappywet, Wet 61 van 1973
-
6
(ses)
maande gevangenisstraf op elke aanklagte - Dit word gelas dat hierdie
vonnisse samelopend uitgedien word;
Aanklag
218 653:
Oortreding
van artikel 104(1)(d) van die Inkomstebelastingwet, Wet 58 van 1962
-
6 (ses) maande gevangenisstraf;
Aanklag
218 660 en 218 661:
Oortreding
van artikel 104(1)(a) van die
Inkomstebelastingwet,
Wet 58 van 1962
-
6 (ses) maande gevangenisstraf op elke aanklagte - Dit word gelas dat
hierdie vonnisse samelopend uitgedien word;
Dit
word gelas dat al die opgelegde vonnisse samelopend met die vonnis op
aanklagte 3 uitgedien word. Die effektiewe gevangenisstraf
is dus 5
(vyf) jaar gevangenisstraf.
Beskuldigde
6
Beskuldigde
6 word as volg gevonnis:
Aanklaq
2 en 3:
Oortreding
van artikel 2(1)(e) en (2)(1)(b) van POCA, Wet 121 van 1998
-
15 (vyftien) jaar gevangenisstraf op elke aanklag waarvan 3 (drie)
jaar op elke aanklag opgeskort word vir 5 (vyf) jaar op voorwaarde
dat die beskuldigde nie in die tydperk van opskorting skuldig bevind
word aan oortreding van artikel 2 van die Wet op Georganiseerde
Misdaad, Wet 121 van 1998 nie. - Dit word gelas dat hierdie vonnisse
samelopend uitgedien word;
Aanklaq
15, 17-26:
Oortreding
van artikel 4 van POCA, Wet 121 van 1998
-10
(tien) jaar gevangenisstraf op elke aanklag. - Dit word gelas dat
hierdie vonnisse samelopend uitgedien word;
Aanklaq
27:
Oortreding
van artikel 11(1) van die Bankwet, Wet 94 van 1990 –
1
(een) jaar gevangenisstraf;
Aanklaq
950 - 3 385 (1 Aanklaq). 8071 - 11 694 (1 Aanklaq)
:
Oortreding
van artikel 135(3)(a) van die Insolvensiewet, Wet 61 van 1973;
-
3 (drie) maande gevangenisstraf op elke aanklag - Dit word gelas dat
hierdie vonnisse samelopend uitgedien word;
Aanklaq
144 337- 188 910
:
Oortreding
van artikel 83(3)(a) van die Bankwet,
Wet
94 van 1990;
-
3 (drie) maande gevangenisstraf op elke aanklag - Dit word gelas dat
hierdie vonnisse samelopend uitgedien word;
Aanklaq
200 664 - 218 636:
Bedryf
van 'n skadelike sakepraktyk
-
Aanklagtes
word
saamgeneem vir doeleindes van vonnis - 2 (twee) jaar gevangenisstraf;
Aanklag
218 637:
Oortreding
van artikel 64(2) van die Wet op Beslote Korporasies, Wet 69 van 1984
-
6 (ses) maande gevangenisstraf;
Aanklag
218 638, 218 639 en 218 682:
Oortreding
van artikel 424(3) van die
Maatskappywet,
Wet 61 van 1973
-
6
(ses)
maande gevangenisstraf op elke aanklagte Dit word gelas dat hierdie
vonnisse samelopend uitgedien word;
Aanklag
218 656:
Oortreding
van artikel 104(1)(d) van die Inkomstebelastingwet, Wet 58 van 1962
-
6 (ses) maande gevangenisstraf;
Aanklag
218 657
:
Bedrog
-
2 (twee) jaar gevangenisstraf;
Dit
word gelas dat al die opgelegde vonnisse samelopend met die vonnisse
op aanklagtes 2 en 3 uitgedien word. Die effektiewe gevangenisstraf
is dus 12 (twaalf) jaar gevangenisstraf.
Beskuldigde
7
Beskuldigde
7 word as volg gevonnis:
Aanklag
14 en 16:
Oortreding
van artikel 4 van POCA, Wet 121 van 1998 -
Beskuldigde
word gevonnis tot 5 (vyf) jaar gevangenisstraf op elke aanklagte
opgeskort vir 5 jaar op voorwaarde dat die beskuldigde
nie skuldig
bevind word aan oortreding van artikel
4
van die Wet op Voorkoming van Georganiseerde Misdaad, Wet 121 van
1998 tydens die tydperk van opskorting nie.
Die
bevel ten opsigte van die 5 minderjarige kinders van beskuldigdes 1,
3, 4 en 5.
Die
griffier van hierdie hof word versoek om onmiddelik die Departement
van Gesondheid en Maatskaplike Ontwikkeling te nader en
te versoek
dat:
1.
Die Departement van Gesondheid en Maatskaplike Ontwikkeling die
omstandighede van die 5 minderjarige kinders naamlik Pierre Pelser,
Natasha de Beer, Ruan de Beer, Michelle de Beer en Andre Lemstra
ondersoek en so gou doenlik die nodige stappe neem om te verseker
dat:
1.1
die kinders alma! behoorlik versorg word in alle opsigte tydens
beskuldigde 1, 3, 4 en 5 se gevangeneskap;
1.2die
kinders in gereelde kontak bly met die beskuldigdes tydens hulle
gevangeneskap en dat hulle hul ouers op 'n gereelde basis
en dikwels
besoek sover as wat die Departement van Korrektiewe Dienste se reels
en regulasies dit toelaat;
alles
moontlik in werking gestel word om die kinders se hereniging met
hulle ouers te bewerkstellig nadat die ouers hulle vonnisse
uitgedien
het en dat die belange van die gesin bevorder word.
C
Pretorius
Regtervan
Hooggeregshof
Datum
Aangehoor
:
26 Julie 2010 tot 11 Mei 2010
Saaknommer
:
CC384/2006
Datum
van Uitspraak
:
14 Oktober 2010
Namens
Die Staat
:
Adv AJ Rossouw
:
Adv BWM Broughton
:
Adv LA Friester-Sampson
In
opdrag van
:
Direkteur van Openbare Vervolging Noord
Gauteng
Namens
Beskuldigde 1
:
Adv JJ Pienaar
In
opdrag van
:
Pretoria Regshulpsentrum
Namens
Beskuldigde 2
:
Adv HF Klein
In
opdrag van
:
Pretoria Regshulpsentrum
Namens
Beskuldigdes 3, 4 en 5 : Adv WA Smit
In
opdrag van
:
Pretoria Regshulpsentrum
Namens
Beskuldigde 6 en 7 :Adv C de Beer
In
opdrag van
:
Pretoria Regshulpsentrum