Van Niekerk and Another v Mathewson and Others (33035/09) [2010] ZAGPPHC 126 (29 September 2010)

40 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Contract — Breach of contract — Sale of immovable property — Applicants sought court order for the return of property after sellers failed to provide essential services as per contract — Applicants issued notice of cancellation due to non-compliance — Respondents contested jurisdiction and validity of application — Court held it had jurisdiction based on the location of the Registrar of Deeds — Respondents found to have breached the contract, and applicants entitled to relief sought, including repayment of purchase price and costs.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2010
>>
[2010] ZAGPPHC 126
|

|

Van Niekerk and Another v Mathewson and Others (33035/09) [2010] ZAGPPHC 126 (29 September 2010)

NOT
REPORTABLE
IN
DIE HOe
HOF
VAN SUID-AFRIKA
NO
ORD
GAUTENG HOe HOF, PRETORIA)
SAAK
NO: 33035/09
DATE:
29/09/2010
IN
DIE SAAK TUSSEN:
MARTHA
FRANCINA VAN
NIEKERK
................................................
1STE
APPLIKANT
CHRISTOFFEL
PETRUS PRINSLOO VAN NIEKERK
…....................
2DE
APPLIKANT
EN
HORATIO
STEPHEN MATHEWSON
…........................................
1STE
RESPONDENT
ANNEMI
MARGERETHA MATHEWSON
.........................................
2DE
RESPONDENT
STANDARD
BANK
BEPERK
...........................................................
3DE
RESPONDENT
DIE
REGISTRATEUR VAN
AKTES
.................................................
4DE
RESPONDENT
DITSOBOTLA
PLAASLIKE MUNISIPALITEIT
................................
5DE
RESPONDENT
WILLEM
CHRISTOFFEL IANSEN VAN RENSBURG
.....................
6DE
RESPONDENT
CORAM
EBERSOHN WR.
DATUM
ANGEHOOR: 16 SEPTEMBER 2010
DATUM
UITSPRAAK AFGEGEE: 29 SEPTEMBER 2010
UITSPRAAK
EBERSOHN
.
WR
1.
By
die aanvang van die verhoor is die aansoek om kondonasie deur die
eerste, tweede en sesde respondente ten aansien van die
laat-liassering
van hul antwoordende verklaring toegestaan.
2.
In
hierdie aansoek vorder die twee applikante, wat 'n koopkontrak met
die eerste en tweede respondente gesluit het aangaande 'n
eiendom wat
bekend staan as gedeelte 177 ('n gedeelte van gedeelte 112) van die
plaas Lichtenburg IP (die "eiendom")
'n bevel van hierdie
hof dat die eiendom terug getransporteer word aan die eerste en
tweede verweerders en dat die eerste en tweede
verweerders die bedrag
deur die applikante onder 'n verband ten gunste van Standard Bank,
die derde respondent betaal en die balans
van die koopprys aan die
applikante betaal.
3.
Die
eiendom is gelee in die Noordwes provinsie maar die Registrateur van
Aktes (die Registrateur") wat belas is met die registrasie
van
aktes in die Lichtenburg distrik is gesetel in Pretoria waar die
transportering geskied.
4.
Die
eerste, tweede en sesde respondente (Ig. is 'n prokureur wat tot die
aansoek gevoeg is) het 'n kennisgewing van opponering van
die aansoek
ingelewer en ook 'n antwoordende verklaring geliasseer sowel as ook
hoofde van argument.
5.
By
die aanhoor van die aansoek het Mnr. Scholtz, wat die hoofde van
argument namens die eerste, tweede en sesde respondente opgestel
het,
die hof meegedeel dat hy net namens die eerste en tweede respondente
optree. Daar was dus by die verhoor geen verskyning namens
die sesde
respondent nie en hy het ook nie sy opponering van die aansoek
teruggetrek nie. Sy opponering van die aansoek is dus
steeds op
rekord.
6.
Die
stukke is behoorlik aan Standard Bank, die derde respondent, die
Ditsobosa Plaaslike Munisipaliteit (wat Lichtenburg insluit)
syne die
vyfde respondent en die vierde respondent synde Registrateur van
Aktes beteken - die Registrateur van Aktes, Standard
Bank en die
Munisipaliteit opponeer nie die aansoek nie. Die Registrateur het
boonop geen verslag ingedien nie.
7.
Die
eerste, tweede en sesde respondente het in hul antwoordende
verklaring kennis gegee van 'n punt
in
limine
naamlik
dat hierdie hof nie oor die jurisdiksie beskik om die aangeleentheid
te besleg nie omrede die twee applikante en die eerste,
tweede en
sesde respondente woonagtig is in die regsgebied van die Noordwes
Afdeling van die Hoerhof en die eiendom ook in die
regsgebied van
daardie hof gelee is.
8.
Mnr.
Ackerman, wat namens die applikante verskyn het, het geargumenteer
dat hierdie hot, vanwee die feit dat die Registrateur in
hierdie hof
se regsgebied gesetel is en die registrasie van die transport deur
hom moet geskied, hierdie hof wel jurisdiksie het
omdat, as die hof
wel 'n bevel verleen soos aangevra, hierdie hof die bevel teen die
Registrateur kan afdwing. Mnr. Ackerman het
gesteun op die
causae
continentia
beginsel
en ook die sogenaamde
lex
solutionis
al
is die kontrak in 'n ander hof se regsgebied gesluit.
9.
Dit
is duidelik dat daar geen hof is in wie se regsgebied al die partye
gedomisilieer is nie. Die Registrateur is gesetel in die
regsgebied
van hierdie hof en hierdie hof kan, as dit 'n bevel verleen in die
aansoek die nakoming van die bevel afdwing aan die
hand van gesag
soos Voet 27.9.5;
NCS
Plastics (Pty) Ltd v Erasmus and Others
1973
(1) SA 275
(O);
Ex
parte Reyneke
1974
(2) SA 120
(NK);
Hugo
v Wessels
1987
(3) SA 873
(A);
Roberts
Construction v Willcox Bros
1962
(4) SA 440
(A) op 331H.
10.
Die
punt
in
limine
kan
derhalwe nie slaag nie.
11.
Die
respondente se argument dat die partye ingestem het in terme van
klousule 7 van die koopkontrak tot slegs die jurisdiksie van
die
Lichtenburgse landdroshof en dat die applikante derhalwe nie die
hooggeregshof kan nader nie het geen meriete nie.
12.
Waar
die respondente se advokaat in sy hoofde van argument kom aan die
gesag, hetsy feitelik of juridies, dat die partye ingestem
het tot
die jurisdiksie van die Hoerhof van Noordwes is ook nie duidelik nie.
13.
Die
respondente beskou dit as "vreemd" dat die eerste
applikante nie 'n funderende of stawende verklaring gemaak het nie;

maar hulle betwis nie die bevoegdheid van die tweede applikant om ook
namens haar op te tree in die aksie nie. Die tweede respondent
is in
elk geval 'n mede-koper met die bevoegdheid om die aangevraagde
regshulp te eis. Die eerste applikant se eedsverklaring is
in elk
geval deel gemaak van die repliserende verklaring met die gevolg dat
hierdie punt eintlik niks om die lyf het nie.
14.
Sekere
aspekte van die koopkontrak is belangrik:
a)
volgens die eerste klousule genommerd 3 gaan okkupasie en besit van
die eiendom op die kopers oor op datum van registrasie van
die
eiendom in naam van die kopers;
b)
in
terme van die tweede klousule genommerd 3 op bladsy 4 van die
koopkontrak sal die kopers verplig wees om binne twee jaar na datum

van transport 'n gebou vir residensiele doeleindes op die gekoopte
eiendom op te rig;
c)
volgens
klousule 11 van die koopkontrak is die koopkontrak die enigste
ooreenkoms tussen die partye en dit kan slegs skriftelik
gewysig word
deur 'n akte onderteken deur die kopers en die verkopers of hul
gemagtigde agente;
d)
klousule
17 van die koopkontrak lees soos volg:
"Die
Ontwikkelaar waarborg dat die erwe voorsien sal wees met elektriese
aansluiting, wateraansluiting sowel as riolering (septiese
tenk of
tenkstelsel soos goedgekeur deur die Plaaslike Munisipaliteit."
15.
Dit
blyk oorvloediglik uit die stukke:
a)
die
elektriese aansluiting was nie in plek nie;
b)
die
wateraansluiting was nie in plek nie; en
c)
die
riolering was nie in plek nie.
16.
Klousule
8 van die koopkontrak maak slegs voorsiening vir kennisgewing om te
presteer deur die verkopers aan die kopers en nie
vica
versa
nie.
17.
Die
applikante, as kopers, het per kennisgewing gedateer die 6de Mei 2009
die verkopers in kennis gestel dat as die dienste nie
verskaf is
binne 7 dae die koop gekanselleer sal word. Aan hierdie aanmaning is
nie voldoen deur die verkopers nie en die aansoek
aan hierdie hof het
gevolg.
18.
Dit
blyk onteenseglik so dat die verkopers inderdaad kontrakbreuk gepleeg
het en die applikante is geregtig op die regshulp wat
hulle vorder.
19.
Koste
moet uiteraard ook toegestaan te word. Om welke rede die sesde
respondent die aansoek verdedig het, weet net hyself. Hy het
nie sy
verweer teruggetrek nie en koste sal toegeken word teen die eerste,
tweede en sesde respondente.
20.
Ek
maak gevolglik die volgende bevel:
1.
Die eerste en tweede respondente word gelas om onverwyld die nodige
stappe, welke afgehandel moet wees binne vier (4) maande
vanaf datum
van hierdie bevel, te doen ten einde die eiendom Gedeelte 177 ('n
gedeelte van gedeelte 112) van die plaas Lichtenburg
Town and
Townlands, Nr 27 registrasie afdeling IP, uit naam van die eerste
applikant terug te transporteer in hulle name welke
transport op hul
eie koste sal geskied, teen ondertekening deur die eerste applikant
van die nodige oordragdokumente.
2.
Die eerste en tweede respondente word gelas om die koopprys van R250
000-00 aan die applikante terug te betaal soos volg:
a)
die
bedrag wat nodig is om die verband ten gunste van Standard Bank oor
die betrokke eiendom te kanselleer, te betaal aan Standard
Bank;
b)
die
balans aan die eerste en tweede applikante.
3.
Die eerste en tweede respondente moet ook die volgende aan die eerste
en tweede applikante betaal binne vier
(4)
maande
dae vanaf datum van hierdie bevel:
a)
die
regs- en ander koste deur die eerste en tweede applikante aangegaan
ten aansien van die sluiting van die koopkontrak;
b)
die
koste en uitgawes verbonde aan die transport van die eiendom in naam
van die eerste applikant;
c)
die
koste deur die eerste applikant aangegaan om die verband by Standard
Bank te verkry en die koste van die registrasie van die
verband in
haar naam;
d)
die
koste om die verband van die eerste applikant met Standard Bank te
kanselleer;
e)
die bankkoste deur Standard Bank op die eerste applikant se rekening
met betrekking tot die verband gedurende die duur daarvan
gedebiteer.
4.
Die
eerste, tweede en sesde respondente moet die koste van hierdie
aansoek betaal, betaling deur die een die ander te bevry.
P
Z EBERSOHN
W^RNEMENDE
REGTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF
Applikante
se advokaat:
Adv.
M F Ackerman
Applikante
se prokureur:
Couzyn,
Hertzog & Horak
Eerste,
tweede en sesde respondente se advokaat: Adv. HJS Scholtz
Eerste, tweede en sesde respondente se
prokureur:
Riaan
Bosch Prokureurs