About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2010
>>
[2010] ZAGPPHC 132
|
|
Bergh and Another v Van Rensburg NO and Others (17617/09) [2010] ZAGPPHC 132 (23 September 2010)
NOT
REPORTABLE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA
(NOORD
GAUTENG, PRETORIA)
Saaknommer:
17617/09
Datum
aangehoor: 21/09/2010
Datum
van uitspraak: 23/09/2010
In
die saak tussen:
Jacobus
Wynandt
Bergh
.................................................................................
1ste
APPLIKANT
Maria
Louise
Bergh
..........................................................................................
2de
APPLIKANT
en
Louis
Hendrik Janse Van Rensburg N.O
(As
Trustee van die Marleen van Rensburg
Trust)
........................................
1ste
RESPONDENT
Maria
Elizabeth Catharina Janse Van Rensburg N.O
(As
Trustee van die Marleen van Rensburg
Trust)
........................................
2de
RESPONDENT
Jacobus
Stephanus Taljaard N.O
(As
Trustee van die Marleen van Rensburg
Trust)
.........................................
3de
RESPONDENT
Louis
Hendrik Janse Van
Rensburg
...............................................................
4de
RESPONDENT
Maria
Elizabeth Catharina Janse Van
Rensburg
................................../........
5de
RESPONDENT
Jacobus
Stephanus
Taljaard
...........................................................................
6de
RESPONDENT
Die
Meester van die
Hooggeregshof
..............................................................
7de
RESPONDENT
Maria
Elizabeth
Bergh
.......................................................................................
8de
RESPONDENT
Jacobus
Wynandt
Bergh
...................................................................................
9de
RESPONDENT
Erik
Janse
Bergh
...............................................................................................
10de
RESPONDENT
UITSPRAAK
DU
PLESSIS:
In
hierdie saak het ek die A-deel van die applikante se aansoek
aangehoor en dit van die hand gewys met koste soos tussen prokureur
en klient. Die applikante doen nou aansoek om verlof om teen daardie
uitspraak en bevel appel aan te teken.
Die
aansoek het ook 'n B-deel. Die B-deel, wat nog hangende is, is daarop
gerig om trustees van die Marleen van Rensburg Trust te
verwyder en
te vervang met ander.
Die
applikante se minderjarige kinders is, soos die applikante self, lede
van 'n groep waaruit diskresionere begunstigdes van die
trust gekies
kan word. Vanwee hulle belang by die B-deel van die aansoek, is die
kinders as respondente gevoeg. In die eerste bede
van die A-deel van
die aansoek vra die applikante dat 'n
curator
ad litem
aangestel
word "ten behoewe van die ... (kinders) rakende hul belange in
die Marleen van Rensburg Trust" en om 'n verslag
aan die hof uit
te bring rakende die aansoek en die "voorgenome regshulp".
Alhoewel die kinders 'n belang by die aansoek
het, meen ek nie dat 'n
ander hof sal bevind dat 'n kurator nou hulle belange by die trust
moet behartig nie. Ek meen ook nie dat
'n ander hof tot die
gevolgtrekking sal kom dat
'n
kurator
nou, terwyl die saak hangende is, daaroor en oor die
aangevraagdC
regshulp
verslag moet doen nie. Sodanige verslag sal immers die hof se
beslissing ten aansien van die B-deel van die aansoek vooruit
loop.
Ek
moet daarop wys dat die aansoek beredener is en my uitspraak gegee is
met die klem daarop dat 'n
curator
ad litem
aangestel
moet word om die kinders se belange by die litigasie (die B-deel van
die aansoek) te behartig. EK het beslis dat die applikante
nie
aangetoon het dat daar 'n konflik of potensiele konflik tussen hulle
belange en die van hulle kinders is nie, en dat hulle
as voogde self
die kinders se belange kan behartig. Gedagtig daaraan dat die kinders
se belange vooropgestel moet word, mag 'n
ander hof oordeel dat, al
is geen konflik duidelik nie, die kinders se belange tog verg dat
hulle deur 'n kurator verteenwoordig
moet word en nie deur hulle
ouers nie. Ek meen egter nie dat hierdie hof se weiering om nou 'n
kurator aan stel finaal is nie.
Na my oordeel kan 'n hof steeds
besluit om, soos die litigasie vorder, 'n kurator aan te stel.
Bygevolg meen ek nie dat verlof
toe appel toegestaan moet word nie
omdat die bevel in daardie opsig nie finaal is nie.
Die
A-deel van die aansoek was verder gerig op blootlegging. Alhoewel,
soos mnr Ackermann vir die applikante my meegedeel het, die
applikante verplig was om die regshulp in die B-deel by wyse van
aansoek, en nie by wyse van aksie nie, aan te vra, meen ek steeds
dat
die feitegeskille sodanig is dat die aansoek waarskynlik vir verhoor
verwys sal moet word. As dit gebeur, kan blootlegging
ingevolge die
Hofreels bekom word. Ek meen nie dat 'n ander hof tot die
gevolgtrekking sal kom dat daar nou reeds blootlegging
gelas moes
word nie.
Wat
die kostebevel betref, meen ek nie dat 'n hof van appel met die
diskresie van hierdie hof sal inmeng nie.
Die
aansoek om verlof tot appel word van die hand ge
wys
met
koste.
B.R.
du Plessis
Regter
van die Hooggeregshof