Pharmavalu Sunnyside BK and Others v Pretorius (A200/2009) [2010] ZAGPPHC 114 (9 September 2010)

50 Reportability

Brief Summary

Delict — Defamation — Claim for damages arising from alleged wrongful detention and accusation of theft — Respondent, a lawyer, accused by security personnel of taking items from a pharmacy without payment — Appellants, including the pharmacy and its employees, argued that their actions were justified due to high theft rates — Court held that the conduct of the security personnel was not unreasonable and did not constitute defamation as there was no intent to harm the respondent's reputation — Claim for damages dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2010
>>
[2010] ZAGPPHC 114
|

|

Pharmavalu Sunnyside BK and Others v Pretorius (A200/2009) [2010] ZAGPPHC 114 (9 September 2010)

IN DIE NOORD GAUTENG HOE HOF, PRETORIA
SAAKNOMMER: A200/2009
DATUM: 08/09/2010
In
die saak tussen:
PHARMAVALU
SUNNYSIDE BK EERSTE APPELLANT
J J
STRYDOM APPELLANT
DELS1E
VILAKAZI APPELLANT
en
H N
PRETORIUS RESPONDENT
UITSPRAAK
LOUW
R
Inleiding
[1]
Die respondent, 'n praktiserende prokureur in Pretoria-Noord het as
eiser in die Landdroshof Pretoria aksie ingestel teen die
drie
appellante.
[2]
Die eerste appellant is 'n beslote korporasie wat 'n apteek te
Sunnyside Pretoria besit. Die tweede appellant is die enigste
lid van
die beslote korporasie terwyl die derde appellant as 'n
sekuriteitswag in die apteek gewerk het. Volgens 'n erkenning in
die
pleit is die derde appellant in diens van die eerste en tweede
appellante.
[3]
Die eiser se eis spruit uit gebeure op 12 April 2008 te die betrokke
apteek waar hy op pad uit die apteek deur onder andere
die derde
appellant voorgekeer is vir deursoeking aangesien hy na bewering 'n
item in die apteek geneem het waarvoor hy nie betaal
het nie.
[4]
Luidens sy besonderhede van vordering is hy belaster en in sy eer en
waardigheid gekrenk. Hy het genoegdoening in die bedrag
van R 100 000
geeis.
[5]
Die landdros het in 'n bondige uitspraak genoegdoening aan die
respondent in die bedrag van R 45 000 toegeken. Dit blyk nie
uit die
uitspraak duidelik of die bevinding gebaseer is op laster
alternatiewelik eerkrenking nie.
[6]
Vir doeleindes van hierdie appel is dit myns insiens nodig om oor die
volgende te beslis:
(i)
wat deur die appellante versoek word.
(ii)
terugtrekking van 'n erkenning wat geweier is.
(iii)
onregmatigheid van die handelinge van die werknemers van die eerste
verweerder.
(iv)
iniuriandi
(v)
die respondent se reg op sy goeie naam alternatiewelik sy eer sodanig
aangetas is dat hy op genoegdoening geregtig is.
(vi)
Indien wel, die bedrag van genoegdoening.
Kondonasie
[7]
Die appellante versoek kondonasie vir die laat liasseering van die
kennisgewing van appel (reel 51(3) van die landdroshofreels)
en die
laat voortsetting daarvan ingevolge reel 50(1) van die eenvormige
hofreels en reel 6(1) van hierdie hot se reels.
[8]
In hierdie verband het die respondent ook 'n aparte aansoek onder
saaknommer 13822/09 gebring tot die effek dat die appel verval
het en
dat die respondent mag voortgaan met eksekusie.
[9]
Myns insiens het die appellante by monde van hulle prokureur, Mnr
Serfontein, die versuim behoorlik verduidelik en staan ek
dus
kondonasie toe.
Die
feite
[10]
Hier is geen wesenlike feitegeskil nie en hierdie appel kan beslis
word op die respondent se weergawe. Hierdie weergawe is
volledig in
sy besonderhede van vordering, wat meer soos 'n eedsverklaring lees,
uiteengesit. Die respondent het op die betrokke
dag na die apteek
gegaan vir n griepinspuiting. Hy het benewens die spuitnaald, dit wil
se die griepinspuiting, 'n gratis pakkie
van vitamiene C pilletjies
ontvang. Daarna is hy na die betaalpunt waar hy daarvoor betaal het
en het na die kliniek in die apteek
gegaan waar die
verpleegstersuster die inspuiting aan horn toegedien het. Daarna het
hy in die rakke van die apteek gesoek na 'n
pilhouertjie. Hy kon nie
een vind wat hy van hou nie en het toe begin om die apteek te
verlaat.
[11]
Op 'n stadium het hy die gratis pilietjies in sy sak gedruk. Toe hy
op die punt was om die apteek aan die noordekant te verlaat
het 'n
man horn voorgekeer en met sy vinger gewys dat hy agter 'n swart
gordyn moet ingaan. Die respondent was nie bereid om dit
te doen nie
en het gevra hoekom. Die derde appellant was saam met hierdie man en
het toe vir horn gese dat hy iets in die apteek
geneem het en in sy
sak gesteek het waarvoor hy nie betaal het nie. Respondent het dit
onmiddellik ontken. Hy het versoek om met
die bestuurder te praat
welke versoek geweier is. Die man het die uitgang wat die respondent
wou gebruik het, geblokkeer.
[12]
Die respondent het toe besluit om aan die suidekant dit wil se
Esselenstraat se kant, die apteek te verlaat. Die man wat horn
wou
visenteer het voor horn ingekom, inbeweeg en probeer verhinder dat hy
die apteek verlaat. Die respondent het horn uit die pad
gestoot en
die apteek verlaat.
[13]
Die bestuurder me du Plooy is egter wel deur die apteker, me Cronje
gekontak. Sy het gese dat daar 'n probleem is. Sy het afgekom
uit
haar kantoor en het gesien hoe die respondent en ongeveer drie
sekuriteitswagte die apteek verlaat. Sy is agterna. Volgens
haar
onbetwiste getuienis was die respondent reeds vroeer ongelukkig op
die stadium wat hy moes wag vir die toediening van die

griepinspuiting. Dit wil se hy was toe reeds ongeduldig.
[14]
Nadat hy 'n afstand gestap het, het hy agtergekom hy word agtervolg
deur 'n vrou en 'n paar mans. Hy het toe vir me du Plooy
gevra wat
aan die gang is en sy het gese dat daar beweer word dat hy iets van
die apteek geneem het sonder om daarvoor te betaal
en dat huile horn
wou visenteer. Daarop het hy die vitamiene C tablette uitgehaal en
vir haar gewys. Sy het daarop haar verskoning
aangebied en die
respondent het verder gestap na sy kar. Hierdie gebeure het in 'n
besige apteek en op 'n besige sypaadjie op 'n
Saterdagoggend
plaasgevind.
Terugtrekking
van die erkenning
[15]
In hierdie verband is dit nodig om te verwys na 'n erkenning wat die
appellante se prokureur, mnr Serfontein, getuig het dat
hy
verkeerdelik gepleit het naamlik dat daar 'n diensverhouding tussen
derde en eerste appellant bestaan het. Tydens die verhoor
was daar 'n
aansoek om die erkenning terug te trek.
[16]
Mnr Serfontein het getuig oor die terugtrekking van die erkenning.
Dit is die landdros geweier. Die toets is neergele in v
HODNETT (1)
SA 1109 (A) te 1150 F-G waar die volgende gese is:
"The
court will generally require to have before it a satisfactory
explanation of the circumstances in which the admission
was made and
the reasons for now seeking to withdraw it..."
[17]
Die verduideliking van mnr Serfontein gaan nie op nie. Hy was
duidelik nalatig deur die erkenning te maak. Sy getuienis is
dat met
konsultasie hy die saak in die algemeen bespreek het en aanvaar het
dat die sekuriteitspersoneel werknemers was van die
eerste
verweerder.
[18]
Nadat die saak deelsverhoor was en hervat is op 17 September 2008 is
die aansoek om die wysiging, dit wil se die terugtrekking
van die
erkenning gebring. Om op hierdie stadium die erkenning terug te trek
sou beteken dat die respondent se hele eisoorsaak
daarmee heen was.
Die landdros het heeitemal tereg die aansoek om wysiging van die hand
gewys aangesien daar geen redelike verduideliking
was nie.
Onregmatigheid
[19]
Vir sodanige handelinge om as onregmatig aangemerk te word moet die
handelinge contra bonos mores . Anders gestel beteken
dit dat dit
objektief onredelik of gemeenskapstrydig moet wees. In hierdie
verband se Neethling, (vierde uitgawe)te p 163 die volgende
in
verband met laster:
"Volgens
die howe is die publikasie van enige woorde ofgedrag wat volgens die
oordeel van die redelike man met normale verstand
en ontwikkelina die
strekkina het om 'n persoon se goeie naam, reputasie, aansien of
agting in die gemeenskap te
ondermyn,
te ondergrawe of aan te tas, lasterlik van en in
begisel
(prima facie) onregmatigjeens horn."
[20]
Wat eerkrenking betref is die toets soos volg deur die appelhof
gestel
in
Delange v Costa
1989 (2) SA 857
(A) te 862:
"Because
proof that the subjective feelings of an individual have been
wounded, and his diqnitas thereby impaired, is necessary
before an
action for damages for injuria can succeed, the concept of diqnitas
is a subjective one. But before that stage is reached
it is necessary
to establish that there was a wrongful act... In determining whether
or not the act complained of is wrongful the
Court applies the
criterion of reasonableness - the 'algemene redelikheidsmaatstaf...
This is an objective test. It requires the
conduct complained of to
be tested against the prevailing norms of society (ie the current
values and thinking of the community)
in order to determine whether
such conduct can be classified as wrongful. To address the words to
another which might wound his
self-esteem but which are not,
objectively determined, insulting (and therefore wrongful) cannot
give rise to an action for injuria
... For words to be injurious they
must infringe one of the 'absolute rights of personality'."
[21]
Die landdros se uitspraak in hierdie verband is nie baie duidelik
nie en se die volgende:
"Nou,
vir hierdie personeel van die Verweerders en die personeel van die
Verweerders, om te bepaal of daar by hulle opset was
moet daar
gekwalifiseer word en op die Reg toegepas word. Sou daar met opset
gewerk word sal 'n mens werk met die vorm van dolus
eventualis, was
daar 'n wil van hulle kant af om 'n sekere persoon hetsy hier dan die
Eiser te beskuldig of te insinueer dat hy
'n misdryf gepleeg het; ja,
daar was so 'n wil, dit is by herhaling ook so gese en die optrede
dat hulle horn wil keer en wil visenteer.
regmatig aldan nie, is
onaangeraak voor die Hof." (my beklemtoning)
[22]
Die vraag is dus of die optrede van die werknemers sodanig onredelik
was dat dit 'n eisoorsaak daarstel. Winkeldiefstal is
'n fenomeen
waarmee almal bekend is en dit is algemeen dat winkels
sekuriteitswagte in diens het om dit teen te werk. In hierdie
verband
het die tweede appellant getuig dat die diefstalsyfer in sy apteek
ongelooflik hoog is, 'n kommerwekkende ding is en dat
mens later nie
meer 'n besigheid kan bedryf nie as gevolg van sekuriteitsprobleme.
[23]
Respondent het getuig dat die strekking van die woorde van die
persone wat horn voorgekeer het soos volg was:
"You
took something in the pharmacy, in the chemist, which you put in your
pocket and for which you did not pay." Hy kon
op daardie stadium
die hele situasie ontlont het deur bloot die pilletjies te voorskyn
te haal en die situasie te verduidelik,
soos hy later op die
sypaadjie gedoen het. Die feit dat hy toe me du Plooy met horn praat
hy dadelik die pille te voorskyn gehaal
het, toon dat hy waarskynlik
geweet het dat dit die oorsaak van die herrie was. As hy nie toe hy
binne voorgekeer is dit besef
het nie, kon hy bloot gevra het waarna
hul verwys. Hy kon ook na die apteker by die toonbank gegaan het om
tussenbeide te tree
en die probleem op te los. Hy het egter besluit
om dit nie te doen nie en het die pad van konfrontasie gekies.
[24]
Myns insiens is die optrede van die personeel van die eerste
appellant in die omstandighede nie so onredelik dat dit as onregmatig

aangemerk kan word nie. Ons lewe ongelukkig in 'n
sosiaal-maatskaplike robuuste omgewing waar mens wel redelike
sekuriteitsoptrede
by winkels en winkelsentrums moet verduur.
[25]
In verband met die publikasie van die beweerde lasterlike bewering
het die respondent skriftelik soos volg betoog:
"Die
gewraakte beskuldiging is minstens regstreeks aan me du Plooy, Delsie
Vilakazi en die twee manlike veiligheidsbeamptes
oorgedra.
Daarbenewens was daar heelwat mense by die betaalpunt wat net aan die
oorkant van 'n gang was, waar sekuriteitsbeamptes
die respondent wou
visenteer." Dit is nie publikasie indien die bewering juis
gemaak word tussen die persone wat direk daarby
betrokke is nie.
Wat mense by die betaalpunt betref is daar geen getuienis dat enige
van hulle gehoor het wat gese is nie.
Opset
[26]
Uit bogemelde volg dit dat die sekuriteitswagte geen bedoeling gehad
het om die respondent te belaster of in sy eer te krenk
nie. Hulle
het bloot hulle werk gedoen.
[27]
In iedergeval kom die kwessie van skuld nie eers ter sprake nie. Die
volgende is gese in Le Roux v Dey
2010 (4) SA 210
(SCA) te 224:
"If
justifiable, the question of fault cannot arise. I agree in this
regard with Lewis JA:
'However,
fault need not be in issue at all if in particular circumstances
anterior inquiry shows that the publication is lawful
because it is
justifiable.'"
Aantasting
van die respondent se fama of dignitas
[28]
In hierdie verband het die respondent in sy getuienis klem gele
daarop dat hy 'n prokureur is. Op die sypaadjie waar hy voorgekeer
is
het hy dit vir die dame gese, ook dat hy al jare lank 'n klient van
die apteek is en dat hy hulle optrede werklik betreur.
Daarop
het sy haar verskoning aangebied.
[29]
Daar is myns insiens geen rede om in die omstandighede te aanvaar dat
die eiser se goeie naam aangetas is nie. Hy is inteendeel
gevindikeer
toe hy die verduideliking gemaak het. Daar was ook geen bekendes
gewees wat as gevolg van die gebeure in die toekoms
die respondent
sou assosieer met winkeldiefstal nie.
[30]
Wat krenking betref het die respondent oorreageer en was heeltemal te
liggeraak. In hierdie verband kan gelet word op R v WALTON
1958(3) SA
693 (SR) 695 waar tereg verklaar word:
"In
the ordinary hurly-burly of everyday life a man must be expected to
endure minor or trivial insults to his dignity."
Hy word dus 'n
aksie ontse deur die beginsel de minimis non curat lex.
Gevolgtrekking
[31]
In die omstandighede is dit nie nodig om die kwantum te oorweeg nie.
Die appel moet slaag met koste.
[32]
Wat die koste in die landdroshof betref is dit so dat baie van die
hoftyd opgeneem is deur die poging om die bogemelde erkenning
terug
te trek. Mnr Serfontein het getuig, 'n verder getuie mnr Hammond van
die Departement van Arbeid en die tweede appellant is
ook herroep om
oor hierdie aspek te getuig.
[33]
Hierdie poging het die verhoor ontwrig en uitgerek. Die kostebevel is
ook bedoel om 'n sanksie te plaas op die optrede van
mnr Serfontein.
[34]
In die omstandighede is dit redelik dat elke party sy eie koste in
die hof a quo dra.
[35]
Die voigende bevel word gemaak:
(i)
appel slaag met koste.
(ii)
bevel van die hof a quo word tersyde gestel en vervang met die
voigende:
(a)
eiser se eis word van die hand gewys;
(b)
party dra sy/hulle eie koste.
AA
LOUW
REGTER
VAN DIE HOE HOF
Ek
stem saam
S
POTTERILL
REGTER
VAN DIE HOE HOF
Adv
vir Eiser: ACKERMANN
Prokureur
vir Eiser: MEYER SERFONTEIN PROKUREURS
Adv
vir Respondent: MINNAAR
Prokureur
vir Respondent: PRETORIUS PROKUREUR