About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2010
>>
[2010] ZAGPPHC 101
|
|
A.L v A.M.L (19357/2010) [2010] ZAGPPHC 101 (3 September 2010)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD
GAUTENG AFDELING)
SAAKNR.:
19357/2010
DATUM:
03/09/2010
In
die saak tussen
L,
A
Applikant
en
L,
A M
Respondent
In
re:
Saaknr.
24167/2006
L,
A
Eiseres
en
L,
A M
Verweerder
CORAM:
EBERSOHN AJ.
Aangehoor
op: 26 Augustus 2010
Uitspraak
afgegee op: 3 September 2010
UITSPRAAK
EBERSOHN
WR.
[1]
In hierdie uitspraak sal die partye na verwys word soos in konvensie
in die hoofaksie.
[2]
In die hoofaksie het hierdie hof 'n bevel van egskeiding met sekere
aanverwante bevele, waaronder die betaling van onderhoud
deur die
verweerder aan die eiseres, verleen.
[3]
Die verweerder het kennis gegee van 'n aansoek vir verlof om te kan
appelleer teen die uitspraak onder andere ook teen die
onderhoudsbevel.
[4]
Die eiseres het hierdie hof op 'n dringende basis genader met 'n
aansoek wat beteken is aan die verweerder se prokureurs op
6 April
2010, wat die verweerder verplig om onderhoud aan die eiseres in die
bedrag soos deur hierdie hof gelas naamlik R20 000
per maand te
betaal, alternatiewelik dat die respondent gelas word tot die
afhandeling van die verweerder se aansoek vir verlof
om te kan
appelleer en ingeval verlof verleen word tot afhandeling van die
appel en in die verdere alternatief dat hangende die
afhandeling van
die aansoek vir verlof om te kan appelleer en ingeval verlof verleen
word te gelas dat die onderhoudsbevel deur
Mavundla R verleen onder
saaknr. 4103/2007 sal geld. Die eiseres het ook gevra vir verdere
en/of alternatiewe regshulp.
[5]
Die dringende hof het die aangeleentheid op 9 April 2010 terugverwys
vir verhoor deur my.
[6]
'n Hof het op 26 Augustus 2010 het beskikbaar geword vir die aanhoor
van die aansoek vir verlof om te kan appelleer en die reel
49(11)
aansoek en die eiseres se prokureurs het beide die aansoek vir verlof
om te kan appeller en die reel 49(11) aansoek terrolle
geplaas per
kennisgewings soos beteken op die 24ste Augustus 2010 aan Schoemans
Prokureurs, die verweerder se prokureurs.
[7]
Gedurende die middag van 26 Augustus 2010 is die verweerder se
aansoek vir verlof om te kan appelleer aangehoor en nadat uitspraak
daarin voorbehou is het die hof aangedui dat die hof vervolgens die
reel 49(11) aansoek van die eiseres teen die verweerder sou
aanhoor.
Mnr. Smith, die advokaat van die verweerder, wat die aansoek vir
verlof om te kan appelleer geargumenter net, net aangedu
dat hy niks
weet van die aansoek nie, die hof het uitgewys dat die aansoek
alreeds op die 6de April 2010 beteken was en op 9 April
2010 alreeds
voor die dringende hof was en dat daar behoorlike kennisgewings van
terrolleplasing van beide aansoeke betyds aan
Schoemans Prokureurs
beteken was. Die eiseres se prokureurs het in die hof die bewys van
betekening van beide aansoeke aan die
verweerder se prokureurs op 6
April 2010 en 24 Augustus 2010 vertoon.
[8]
Daar was geen aansoek vir uitstel van die verweerder se kant af nie.
Mnr. Smith het egter geargumenter op regsgronde teen die
aansoek. Hy
het eerstens betoog dat dit nie 'n reel 49(11) aansoek was nie want
dit moes gebring gewees het onder dieselfde saaknommer
as die
egskeidingsaksie en dat dit in elk geval gebrekkig is aangesien die
eiseres nie sekuriteit aangebied het in die reel 49(11)
aansoek nie
en derdens, so het hy aangevoer, dat hierdie hof nie 'n reel 49(11)
bevel kan verleen nie, alvorens die aansoek vir
verlof om te kan
appelleer nie afgehandel is nie. Die verweerder het met hierdie
tegniese besware volstaan.
[9]
Adv. Vermaak-Hay, wat namens die eiseres verskyn het, het geantwoord
op Mnr. Smith se tegniese punte en met die meriete van
die reel
49(11) aansoek gehandel. Die hof het daarna uitspraak voorbehou.
[10]
Die hof handel eerstens met Mnr. Smith se tegniese punte wat hy
geopper het.
[11]
Sy beswaar dat die reel 49(11) aansoek onder dieselfe saaknommer as
die egskeidingsgeding gebring moes word en nie onder 'n
nuwe
saaknommer nie het geen meriete nie. Die aansoek is voor die hof en
dit is wat van belang is.
[12]
Met betrekking tot die tweede en derde punte wat Mnr. Smith geopper
het moet die hof verwys na die volledige teks van reel
49(11) en (12)
wat soos volg lees:
"(11)
Waar appel aangeteken is of aansoek gedoen is om verlof om te
appelleer teen of om herroeping, regstelling, hersiening
of wysiging
van 'n bevel van 'n hof, word die werking en tenuitvoerlegging van
die betrokke bevel opgeskort hangende die beslissing
van die appel of
aansoek, tensy die hof wat die bevel gegee het, op aansoek van 'n
party, anders bepaal.
(12)
Indien die bevel in subreel (11) bedoel, op las van die hof ten
uitvoer gele word, moet die party wat die tenuitvoerlegging
versoek,
tensy die hof anders gelas, eers sekuriteit verskaf soos deur die
partye ooreengekom of deur die griffier bepaal vir die
terugbetaling
van 'n bedrag deursodanige tenuitvoerlegging verkry. Die beslissing
deur die griffier is finaal."
[13]
Dit is duidelik dat aangaande die tweede tegniese punt wat Mnr. Smith
geopper het die beswaar nie water hou nie. Hierdie hof
het die
bevoegdheid om by die toestaan van die reel 49(11) bevel te gelas dat
afstand gedoen word van die stel van sekuriteit.
[14]
Aangaande die derde punt soos geopper deur Mnr. Smith naamlik dat
hierdie hof nie 'n reel 49(11) bevel kan verleen nie alvorens
die
aansoek vir verlof om te kan appelleer nie afgehandel is nie is Mnr.
Smith verkeerd want die reel lees duidelik dat die reel
49(11) bevel
verleen kan word voor of na afhandeling van die aansoek vir verlof om
te kan appelleer en as verlof om te kan appelleer
nie toegestaan word
nie selfs voordat 'n petisie vir verlof om te kan appelleer aan die
Hoogste Hof van Appel gerig is.
[15]
Op die meriete is daar nou klaarblyklik geen opponering van die reel
49(11) aansoek nie en moet die getuienis wat die eiseres
aan hierdie
hof voorgele het oorweeg word deur die Hof om te bepaal of die
eiseres n saak uitgemaak het vir die aangevraagde regshulp.
Dit blyk
dat die verweerder die kansellasie van die onderhoudsbevel van R17
500 per maand wat Mavundla R verleen het in die reel
43 aansoek
suksesvol deurgevoer het in die Onderhoudshof wat dit gekanselleer
het op die argument van die verweerder dat die egskeiding
afgehandel
was.
[16]
Daarna is die aftrekorder teen die verweerder se salaris as gevolg
van die Onderhoudshof se bevel gekanselleer. Die verweerder
het
daarna die eiseres mondelings meegedeel dat hy eerder 'n miljoen rand
sou spandeer as om een sent onderhoud aan haar te betaal.
Hierdie
bewerings staan onbetwis deur die verweerder. Die eiseres het
aangedui dat sy steeds werkloos was en nie geld het om van
te leef
nie.
[17]
Paragraaf 18 van die eiseres se stawende verklaring lees soos volg:
"18.
Reinhardt
is vanjaar in matriek en hy word meerderjarig op
7
April
2010.
Mark
is ook nog steeds finansieel afhanklik van my, alhoewel hy ook reeds
meerderjarig is. Nie een van die twee seuns is emosioneel
opgewasse
teen die respondent om (soos wat van regswee vereis word) onderhoud
by die Respondent te eis in die Onderhoudshof nie.
Soos wat ek die
Respondent ken sal hy alles in sy vermoe doen om sodanige aansoeke
teen te staan. Ek besef dat ek nie meer namens
die seuns onderhoud
vanaf die Respondent kan eis nie, maar soos voormeld is my seuns nie
daartoe in staat om 'n onderhoudsgeding
teen die Respondent in te
stel nie. Die Respondent het geweier om Reinhardt se skoolgelde vanaf
September-Desember
2009
te
betaal, maar hy betaal darem vanaf die begin van hierdie jaar weer
Reinhardt se skoolgelde. Hy is ook nog op sy mediese fonds
geregistreer, maar as die mediese fonds uitgeput is weier die
Respondent om enige verdere mediese uitgawes te betaal."
Dit
is gemeensaak dat Mark en Reinhardt twee van die partye se seuns is.
[18]
Die eiseres het in paragraaf 19 van haar verklaring haar gemiddelde
maandelikse uitgawes wat R20 185,28 beloop, uiteengesit.
Dit maak nie
voorsiening vir die bydraes wat sy sal moet betaal met betrekking tot
die jagp.aas en die vliegtuig wat deur die hof
aan beide die eiseres
en die verweerder toegeken is nie.
[19]
In paragraaf 20 van haar stawende verklaring gee die eiseres 'n
uiteensetting van hoe haar maandelikse uitgawes opgemaak word.
Dit
strook basies met haar uitgawes soos oor getuig tydens die verhoor
van die egskeidingsgeding.
[20]
Hierdie hof is tans egter nie geroepe om te bepaal of die bedrag
onderhoud wat in paragraaf 5 van die bevel soos hieronder
uiteengesit
word, gewysig of verander behoort te word nie:
"5.
Die
verweerder word gelas om onderhoud in die bedrag van
R20
000,00
per
maand aan die eiseres te betaal vanaf
1
Januarie
2010,
by
wyse van 'n skuldbeslagbevel by sy werkgewer, tot haar dood of
hertroue, welke ookal eerste geskied."
[21]
Dit is duidelik dat die verweerder steeds obstruktief is netsoos
gedurende sy huwelik en dat die hof geroepe is om die eiseres
tot
hulp te kom.
[22]
Bygevolg word die volgende bevel verleen:
1.
Paragraaf
5 van die bevel van hierdie Hof verleen op 23 Desember 2009 wat soos
volg lees:
"5.
Die verweerder word gelas om onderhoud in die bedrag van R20 000,00
per maand aan die eiseres te betaal
vanaf
1
Januarie 2010, by wyse van 'n skuldbeslagbevel by sy werkgewer, tot
haar dood of hertroue, welke ookal eerste geskied."
word
terugwerkend in werking gestel met effek vanaf datum van verlening
daarvan naamlik 23 Desember 2009 en die verweerder word
gelas om
onmiddellik enige en alle agterstallige onderhoud aan eiseres te
betaal, plus rente op alle agterstallige bedrae
a
tempore morae
bereken teen 15,5% per jaar, en voorts binne 7 dae vanaf datum van
hierdie bevel die bevel soos hierbo aangehaal as paragraaf 5
van die
egskeidingsbevel van 23 Desember 2009. in werking te stel by sy
werkgewer en toe te sien dat alle betalings van onderhoud
aan die
eiseres gemaak word in haar Absa Bank Fleksie spaarrekening nr.
9132627377, wat gehou word by Absa Bank se Menlyntak, takkode
632005.
2.
Die
eiseres word deur die Hof in die uitoefening van die Hof se diskresie
kwytgeskeld van die stel van sekuriteit soos na verwys
in hofreel
49(12) in verband met die betaling van die onderhoud na verwys in
paragraaf 1 van hierdie bevel.
3.
Die
verweerder moet die koste van hierdie aansoek betaal wat sal
__insluit die koste van 9 April 2010 voor Claasen R.
P.Z.
EBERSOHN
WAAARNEMENDE
REDTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF
Eiseres
se advokaat Eiseres se prokureurs
Adv.
I. Vermaak-Hay
VAN
ZYL'S ING.
Verw.
LAN7/0001/Mnr. van Zyl/mb
Tel.
012x667 5111
Verweerder
se advokaat
Adv.
D. Smith SC
Verweerder
se proklureurs
Schoemans
Attorneys
Verw.
J. Schoeman/0315