Swart v CA Starbuck and Others (48444/2008) [2010] ZAGPPHC 91 (24 August 2010)

60 Reportability
Insolvency Law

Brief Summary

Insolvency — Locus standi — Claim by unrehabilitated insolvent against curators for damages — Plaintiff, an unrehabilitated insolvent, instituted a claim for R11 410 000 against the appointed curators of his insolvent estate, alleging improper administration and unlawful sale of estate property. Defendants raised exceptions, arguing that the particulars of claim did not disclose a cause of action and that any claim belonged to the estate, not the plaintiff personally. The court held that the plaintiff had locus standi to sue as he retained a residual interest in the estate, and the exceptions were dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2010
>>
[2010] ZAGPPHC 91
|

|

Swart v CA Starbuck and Others (48444/2008) [2010] ZAGPPHC 91 (24 August 2010)

IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA)
SAAK NO: 48444/2008
DATUM: 24/08/2010
IN DIE SAAK TUSSEN:
NICOLAAS JOHANNES SWART EISER
EN
CA STARBUCK EERSTE VERWEERDER
JH VAN RENSBURG TWEEDE VERWEERDER
TV MATSEPE DERDE VERWEERDER
MEESTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF VIERDE VERWEERDER
UITSPRAAK
BAM,
WR
[1] Die eiser, ’n ongerehabiliteerde insolvent,
het ’n eis teen die eerste tot derde verweerders ingestel vir
die betaling
van skadevergoeding in die bedrag van R11 410 000,00.
[2] Die eerste, tweede en derde verweerders is deur die
hof aangestel as gesamentlike finale kuratore in die insolvente
boedel van
die eiser op 16 November 2006. Die vierde verweerder is
die Meester van die Hooggeregshof wat in sy nominale hoedanigheid
geseteer
is.
[3] Die eiser beweer dat hy oor die nodige
locus
standi
hier in beskik deurdat hy ’n
terugkerende en residuele belang in die administrasie van sy boedel
het, waar enige oorskot
na betaling van skulde aan hom sou terugval
en dit ook sy rehabilitasie met gevolglike herstel van sy insolvente
status kan bewerkstellig.
[4] Die verweerders, een, twee en drie, neem eksepsie
teen die eiser se besonderhede van eis en voer aan dat eiser se
besonderhede
van eis nie ’n skuldoorsaak openbaar nie.
Die Eiser opponeer die eksepsie.
[5] Benewens die eksepsie doen die respondente ook
aansoek vir ’n bevel dat die eiser sekuriteit aan die
verweerders moet
stel ingevolge die bepaling van Reël 47
alvorens die eiser met voornoemde aksie teen die verweerders kan
voortgaan.
[6] Die twee aansoeke is afsonderlik hanteer.
[7] Mnr. Strydom, wat vir die eiser verskyn het, het my
daarop attent gemaak dat die verweerders nie van die prosedure
ingevolge
die bepalings van Reël 23 gebruik gemaak het nie en
bloot beweer dat die eiser se besonderhede van eis nie ’n
skuldoorsaak
openbaar nie. Mnr. Strydom het gesubmiteer dat daar ’n
plig op die verweerders gerus het om die hof te oortuig dat die eiser

se besonderhede van eis nie ’n skuldoorsaak openbaar nie. In
hierdie verband het Mnr. Strydom na die volgende gesag verwys:
Pete’s Warehousing & Sales CC v
Bousink Investments CC
2000 (3) SA 833
(E) op
349G-H;
First National Bank of South Africa
Ltd v Perry NO
[2001] 3 AllSA 331
(A);
Vermeulen v Goose Valley Investments (Pty) Ltd
2001 (3) AllSA 350
(A); vervolgens het Mnr.
Strydom ook na die volgende aanhaling verwys:
“Insofar
as there can be an
onus
on either party on a pure question of law it rests upon the excipient
who alleges that the summons discloses no cause of action
or that it
pre-discloses a defence; an excipient has the duty to persuade the
court that the pleading is excipiable on every interpretation
that
can reasonable be attached through it.”
Sien
Theunissen v Transvaal se
Lewende Hawe CO-OP Beperk
1988 (2) SA 493
(A)
op 411E-F;
Lewies v One Anate (Pty) Ltd
[1992] ZASCA 174
;
1992 (4) SA 811
(A);
Steward v Botha
[2008] ZASCA 84
;
2008
(6) SA 310
(SCA) op 313E-F. ‘n Verdere aanhaling wat Mnr.
Strydom onderstreep het is die volgende:

An excipient should make out a
very clear, strong case before he or she could be allowed to
succeed.

Sien
Frances v Sharp
2004
(3) SA 230
(C) op 237D-I.
[8] Die regsbeginsels waarna hierbo verwys is, soos
voorgehou deur Mnr. Strydom, is met respek korrek en van toepassing
op die oorweging
van hierdie eksepsie.
[9] Die verweerders se eksepsie word soos volg opgesom
deur Mnr. Leathern SC wat vir die verweerders verskyn:
“The
exception has been brought on the basis that the plaintiff’s
particulars of claim are bad in law alternatively
failed to make
averments that are necessary to sustain a cause of action.

[10] Vir doeleindes van die oorweging van hierdie
eksepsie ag ek dit gerade om die besonderhede van eis en ook die
eksepsie soos
dit bewoord is, volledig en
verbatim
te herhaal. ’n Opsomming van die besonderhede van eis en
eksepsie soos dit in die pleitstukke verskyn sal na my mening die

oorweging daarvan bemoeilik. Die relevante gedeelte van die eiser se
besonderhede van eis lees as volg; (met uitsluiting van paragraaf
4
wat handel oor die bewering wat die eiser maak met betrekking tot sy
locus standi
.)
[11] Soos dit uit die besonderhede van eis blyk, voer
die eiser aan dat die verweerders, 1, 2 en 3, sekere handelinge
verrig het
met betrekking tot vaste eiendom wat deel van die eiser se
boedel was. Dit is hierdie handelinge wat eiser beweer hom genoop
het
om die verweerders vir skadevergoeding aan te spreek.
[12] Die besonderhede van eis waaroor die verweerders
hulle bekla is die volgende:
“7.
Prokureur E Chauke
het oënskynlik namens die LJ Möller Trust, met
registrasienommer IP2290/99 (“die Möller
trust”) op
16 November 2005 drie koopaanbiedinge aan die eerste verweerder
gemaak ten aansien van gedeeltes 5,8 en 13 van
die plaas
Doringdraai.

8. Die voormelde aanbiedinge
was spesiaal onderhewig daaraan dat al die eiendomme aangekoop word
deur die koper, die totale bedrag
van R1,625,000,00 en dat die water
regte ten aansien van gedeelte 5 daarby uitgesluit is.
9. Op 14 Junie 2006 is die drie
eiendomme na verwys in paragrawe 5.1, 5.2 en 5.3 supra in die naam
van die Möller Trust geregistreer
op grond van beweerde private
ooreenkomste aangegaan ten aansien van al drie eiendomme op 1
Desember 2005.
10. ...
10.1 Soos blyk uit die inskripsie van die lêer
van die Meester van die Hooggeregshof, is slegs een van die
koopooreenkomste,
synde die koopooreenkoms ten aansien van gedeelte
8, oënskynlik onderteken namens die eerste verweerder op 1
Desember 2005
deur ’n onbekende persoon.
10.2 Die vereerders het oor die beweerde
koopooreenkomste beskik en welke verweerders genoegsame besondere
kennis daarvan om
enige onduidelikheid in die verband uit te klaar.
11. Die Möller Trust het gedeelte 13 verkoop
aan die Boyles Familie Trust IT9742/99 op 29 Junie 2006 en oorgedra
op die naam
van die Boyles Familie Trust op 7 April 2008.
12. Die verkoping in die daaropvolgende oordrag van
gedeeltes 5, 8 en 13 van die plaas Doringdraai, met water regte soos
voorheen
beskryf, was onreëlmatig en was die eiser se boedel
wanadministreer op grond van die volgende:
12.1 Die beweerde koopooreenkomste is nie
behoorlik onderteken deur/namens die partye daartoe nie. En/of;
12.2 Die koopooreenkomste, wat oënskynlik
aangegaan is, is nie aangegaan namens al die kuratore in die boedel
nie, alternatiewelik
het die eerste verweerder die oënskynlike
koopooreenkomste in sy persoonlike hoedanigheid aangegaan. Die
ooreenkoms is verwys
bloot na GA Starbuck van Lexstar Trustees as
verkoper en nie na die kuratore kollektief nie.
12.3 Die eerste verweerder, alternatiewelik eerste
verweerder, tweede verweerder en derde verweerder het nie oor die
nodige bevoegdheid
beskik om enige koopooreenkomste namens die
insolvente boedel van die eiser te sluit op 1 Desember 2005 nie, waar
daar op daardie
stadium geen voorlopige kurator aangestel was nie.
En/of;
12.4 Op die stadium van die aanvang van die
beweerde koopooreenkomste het die Meester van die Hooggeregshof of
die agbare hof
geensins toestemming verleen tot die verkoping van die
eiendomme nie, soos vereis deur artikel 18(3) van die Wet. En/of;
12.5 Die aansoek om uitbreiding van die voorlopige
kuratore (sonder om te erken dat sodanige kuratore aangestel was), se
bevoegdhede
om die eiendomme te vervreem voor die tweede vergadering
van skuldeisers kragtens artikel 80 bis van die wet, is eers
afgelewer
op 31 Januarie 2006. Op dieselfde datum is die sogenaamde
toestemming deur die Meester verleen, die geldigheid daarvan waarvan

ontken word, vir die verkoping van die vaste eiendom van die
insolvente boedel, dus nadat die verkoping reeds plaasgevind het.
12.6 Die eerste verweerder het reeds op/ongeveer
27 Oktober 2005 persoonlik opdrag gegee aan
Valuation
Alliance
(Edms.) Bpk om die
eiendomme te waardeer, alvorens die eerste verweerder aangestel was
as voorlopige kurator van die eiser se boedel
om ’n
alternatiewe in soverre sodanige optrede ’n gesamentlike
optrede van eerste verweerder, tweede verweerder en
derde verweerder
was, het hulle opgetree sonder dat hulle enigsins aangestel was as
voorlopige kuratore van die eiser se boedel.
Sodanige opdrag is
gegee selfs nog voor die finale sekwestrasie van die eiser se
boedel. En/of;
12.7 Die eiendomme is vervreemd aan die hand van
hierdie waardasie, welke waardasie gebrekkig was. Die waardeerder
het nie
behoorlik oorweging geskenk aan alle relevante faktore nie.
In die besonder is die water regte ten aansien van gedeelte 5 gladnie

in aanmerking geneem nie. Die Möller Trust het egter die
eiendomme gekoop spesiaal onderhewig daaraan dat voormelde water

regte ingesluit word. En/of
12.8 Op 16 November 2005 het prokureur E Champion
aanbiedinge gemaak ten aansien van die eiendomme, op ’n stadium
toe geeneen
van eerste verweerder, tweede verweerder en derde
verweerder aangestel was as voorlopige kuratore van die eiser se
boedel nie.
En/of
12.9 Geeneen van die eerste verweerder, twee
verweerder en derde verweerder was op 1 Desember 2005 bevoeg en
gemagtig om enigsins
koopooreenkomste aan te gaan namens die eiser se
boedel nie. En/of
12.10 Die kuratore se artikel 80bis aansoek het
hulle geweier, en/of die feit te openbaar dat daar ’n
huurooreenkoms, wat
deels skriftelik en deels mondelings aangegaan
is, bestaan ten aansien van gedeelte 5 aangegaan deur en tussen die
eiser en Doorndam
Stoetboerdery BK (CK 97/32807/23). Die eiser en sy
eggenote het egter vir Mev. Sonja Massyn van Valuation & Alliance
ingelig
van die bestaan van die huurooreenkoms en het Joop Lewies
prokureur reeds op 12 Desember 2005 ’n faks gestuur aan die
eerste
verweerder en op 16 Januarie 2006 aan die tweede verweerder
waarin hulle meegedeel is van die bestaan van die huurkontrak.
12.11 Uit die Meester van die Hooggeregshof se
lêer blyk dit dat die eerste verweerder op 14 Desember 2007 ’n
skrywe
aan die Meester gerig het waarin tekene gegee is dat daar met
die verkoping van die eiendomme voortgegaan word in die afwesigheid

van enige besware. Oordrag van die eiendomme is egter reeds
geregistreer in die aktekantoor op 14 Junie 2006 en/of;
12.12 Die Boyles Familie Trust het ’n aanbod
van R590,000,00 gemaak ten aansien van gedeelte 5, maar is dit aan LJ
Möller
Trust verkoop vir slegs R500 000,00. Die Boyles Familie
Trust het voorts ’n aanbod van R475 000,00 ten aansien van
gedeelte
13, as synde dieselfde prys as waarvoor dit verkoop is. Die
eerste verweerder het egter nooit aan die Boyles Familie Trust te
kenne gegee dat dit die konserwatiewe aanvanklike aanbod mag verhoog
nie. En of;
12.13 Die oënskynlike verkoping van die
eiendomme het plaasgevind sonder dat daar ’n publieke veiling
was en sonder
dat die werklike waarde van die eiendomme, insluitende
die waarde van die water regte op gedeelte 5, behoorlik waardeer was,
en/of
behoorlik in ag geneem was as gevolg waarvan die eiser se
boedel ernstige skade gely het en deurdat die tersaaklike eiendomme,
water regte ingesluit, verkoop is vir ’n totale bedrag van
R1,625 000,00. En/of
12.14 Die werklike waarde van die eiendomme ten
tye van die vervreemding daarvan was R7,330,000,00 die waarde van die
grond het
R2,810,000,00 beloop en die water regte van gedeelte 5
(gedeelte van die restant) R4,520 000,00.”
(Ek het die verwysings na aanhangsels tot die
besonderhede van eis uitgelaat.)
[13] Die verweerders se eksepsie is as volg bewoord:

1.
Lack
of capacity to claim
1.1
The
plaintiff is an unrehabilitated insolvent.
1.2
The
plaintiff claims in favour of himself as against the first, second
and third defendants (apparently in their personal capacities)

payment of an amount of money.
1.3
Any
possible claim against the first, second and third defendants is one
which vests in his estate and not in him personally.
1.4
The
allegation contained in paragraph 4 in the particulars of claim to
the effect that the plaintiff has the necessary locus standi
as a
result of him having a residuary or reversionary interest in the
administration of his estate does not entitle him to claim
damages in
his own favour.
1.5
Accordingly
the entire claim is bad in law.
2.
The
claim for penalties
2.1
The
entire claim for damages and penalties is on the basis of the
conclusion set out in paragraph 13 (that apparently as a result
of
the allegations made in paragraph 12), the plaintiff’s estate
has been prejudiced and accordingly the plaintiff prejudiced.
2.2.1
The
allegations in paragraph 12.1 that the sale agreements have not been
properly signed by the parties thereto could not per se
prejudice the
estate. It is common cause that the properties had in fact been
transferred in terms thereof.
2.2.2
Under
the circumstances these allegations are bad in law and that they do
not substantiate any prejudice or any claim in law.
2.3
The
same criticism in regard to paragraph 12.1 applies to paragraph 12.2
save to state that it is common cause that transfer of
the properties
was given by the estate and in particular by the trustees (all three
thereof).
2.4
In
paragraphs 12.3 and 12.4 the plaintiff relies thereon that the
certificate of appointment in respect of the first, second the
third
defendants was only issued at the provisions in terms of section
18bis only granted in January 2006 but the plaintiff annexes
copies
of the alleged agreement (or at least offers) which do not indicate
at all that the agreements were entered into on 1 December
2005.
2.5
Under
the circumstances the plaintiff’s particulars of claim directly
contradict the “agreements” annexed.
2.6
In
any event the plaintiff alleges that:
2.6.1
The
defendants were appointed as joint provisional trustees on 24 January
2006 and this is confirmed by the certificate of appointment
annexed
as annexure “NS4”.
2.6.2
The Master granted permission in terms of section
18bis of the Insolvency Act on 1 January 2006;
2.6.3
The
agreements were entered into pursuant to the offers annexed to the
particulars of claim.
2.7
Each
of the offers (which subsequently became the agreements) therein on
page 5 at the middle of the page a clause stating that
“the
agreement is further subject to the condition that the seller and/or
Master of the High Court must grant the required
consent, if
applicable.
2.8
Under
the circumstances any of the agreements only became valid and
enforceable when:
2.8.1
The
sellers being the trustees in the insolvent estate had been appointed
by the Master; and
2.8.2
The
Master granted the necessary permission as envisaged in section 18bis
of the Insolvency Act of 24 of 1936, all of which it is
alleged.
2.9
Under the circumstances in the agreement which was
entered into became valid and binding prior to the transfer having
been granted
and subsequent to the first, second and third defendants
having been appointed and granted permission by the Master.
2.10
The
allegations contained in paragraph 12.5 are bad in law and do not
contain allegations necessary to sustain a cause of action
in that:
2.10.1
I
stated hereinbefore all of the so-called “agreements”
were in any event subject thereto that the Master granted the

necessary permission;
2.10.2
There
is no basis in law made out for the allegation that permission in
terms of section 18bis of the Insolvency Act is not valid;
2.10.3
In
any event there could have been no prejudice to the estate if an
agreement was signed subject thereto that the Master granted
the
necessary permission, if it be common cause that it did.
2.11
The
allegations contained in paragraph 12.6 do not constitute any
prejudice whatsoever. In this regard reference is made to what
is
said hereinbefore regarding the conditional agreements. Even if the
first, second and third defendants has not been appointed
there was
nothing preventing them from instructing a valuation on the immovable
property to be done. At best the allegations contained
herein could
only grant a submission that the Master should not allow the costs
incurred to obtain in such evaluation as an expense
in the
administration of the estate.
2.12
The
allegations contained in paragraph 12.8 and 12.9 are, for reasons set
out hereinbefore, similarly excipiable and do not raise
any grounds
for any prejudice to the estate or otherwise.
2.13
The
allegations contained in paragraph 12.10 do not form ground for any
cause of action whatsoever and lack averments necessary
to sustain a
cause of action in that:
2.13.1
It
seems that there is a complaint that the valuer did not take into
account an alleged lease agreement in respect of a portion
of portion
5 of the movable property.
2.13.2
Such
lease agreement would have the effect of reducing the value of the
property rather than increasing it and there is no allegation
made by
the plaintiff to the effect that the existence of such lease
agreement would increase the value of any of the property.
2.14
The
allegations made in paragraph in 12.11 of the particulars of claim do
not take the matter any further. There are no allegations
made which
indicate how the estate may have been prejudiced by such a letter.
2.15
The
allegations contained in clause 12.2.1 similarly do no contain
allegations necessary tot sustain a cause of action in that there
is
no allegation made in fact or in law nor does such exist in terms
whereof the first, second or third defendants were obliged
to advise
the Boyles Family Trust that they could increase their initial offer.
There is furthermore no allegation made that the
trust would in fact
have done so.
2.16
The
allegations contained in 12.13 and 12.14 do not contain allegations
necessary to sustain a cause of action in that:
2.16.1
It
is common cause that the sale and the transfer took place subsequent
to the permission of the Master being granted in terms of
section
80bis;
2.16.2
Under
the circumstances there was no obligation to sell the immovable
property by public auction or otherwise;
2.16.3
The
fact that a subsequent evaluation may have been obtained does not
entail that the previous sale was unlawful or in any manner

prejudicial to the estates. There is not one allegation made that
there was a purchaser willing and prepared to pay for the three

properties as a whole.
3.
The
reliance on section 82(8) of the Act
3.1
It
is common cause that the Master in fact granted permission in terms
of section 18bis of the Insolvency Act.
3.2
The
plaintiff does not seek to set aside such permission.
3.3
Under
the circumstances the submission contained in paragraph 14.2 of the
particulars of claim has no basis in law.
3.4
Accordingly
any purported reliance on the provisions of section 82(8) of the
Insolvency Act is without any basis whatsoever.

[14] Mnr. Leathern SC het, met verwysing na die
verweerders se eerste grond van eksepsie, gesubmiteer dat die eiser,
terwyl hy beweer
hy
locus standi
het, wat daarop gegrond word dat hy ’n terugkerende en
residuele belang in sy boedel het, ’n skadevergoedingseis teen

die verweerders instel in sy persoonlike hoedanigheid. Volgens die
verweerder is sodanige eis onbestaanbaar in ons reg, met verwysing
na
artikel 23 van die Insolvensiewet. Vervolgens het Mnr. Leathern ook
gesubmiteer dat eiser se eerste bede daarop dui dat hy
die
skadevergoeding in sy persoonlike hoedanigheid eis en nie namens die
boedel nie. Mnr Strydom namens die eiser het hierdie
argument
teengespreek. Hy het daarop gewys dat die eiser van meet af in sy
besonderhede van eis, dit duidelik gestel het dat hy
optree ten
behoewe van sy insolvente boedel en dat daar geen eis is wat hy
instel namens homself nie.
Ek is van mening dat mnr. Leathern se argument nie
korrek kan wees nie. Die eiser het na my mening geen ander remedie,
in die
omstandighede, sonder om op die meriete daarvan in te gaan,
om die beweringe te maak wat hy wel gemaak het met betrekking tot sy
locus standi
nie.
Die aanduiding wat daar gekry word van die besonderhede van eis is
dat die eiser deurentyd bedoel om die skadevergoedingseis
namens sy
insolvente boedel in te stel.
Vervolgens is ek van mening dat die eiser se
formulering van sy eis met betrekking tot hierdie eerste aspek,
(sien paragraaf 4
van die besonderhede van eis wat reeds hierbo
aangehaal is behoorlik gefundeer is.)
Die verweerders se verdere punt van eksepsie is dat die
eiser skadevergoeding eis namens homself – wat uit die aard
van
die saak ongeldig en ontoelaatbaar is. Die argument skyn na my
mening nie reg te wees nie en ek is geneë om met mnr. Strydom

se argument saam te stem naamlik dat die eiser namens die boedel op
tree en skadevergoeding eis namens die boedel. Die geheelbeeld
wat
die besonderhede van eis skep is dat die eiser nie in sy persoonlike
hoedanigheid vir homself skadevergoeding eis nie maar,
inderdaad,
soos voormeld, namens die boedel. Die grond van eksepsie in hierdie
verband behoort gevolglik na my mening ook nie
te slaag nie.
[15] Mnr. Leathern, SC, met verwysing na die eiser se
bewering dat die verkoop van die eiendomme wat ter sprake is
onreëlmatig
was aangesien daar nie aan formele vereistes van die
verkoop in die omstandighede deur die verweerders voldoen is nie ,
net aan
die hand gedoen dat die besonderhede van eis in hierdie
verband soos uiteengesit in die aangehaalde gedeelte hierbo, nie ’n

skuldoorsaak openbaar nie. Die gronde vir die verweerders se
eksepsie is ook reeds hierbo na verwys en aangehaal. Ek vind dit

onnodig om ten opsigte van elke bewering wat die eiser in sy
besonderhede gemaak het iedere en elke eksepsie van die verweerders

ten opsigte van die toepaslike bewering te bespreek en te ontleed.
[16] Ek is van mening dat die gronde van die verweerders
se eksepsie, met die opskrif “verweerskrif”, beter
getiteld
sou gewees het.
[17] Die eiser beweer in paragrawe 12.1 en 12.2 van sy
besonderhede van eis dat die verweerders versuim het om die
koopooreenkomste
en ander dokumente behoorlik en formeel te
onderteken. Die verweerders in paragraaf 2 van die eksepsie met
spesifieke verwysings
na die inhoud van paragrawe 12.1 en 12.2 van
die eiser se besonderhede van eis stel dit dat die besonderhede in
die twee vermelde
paragrawe genoem nie daarop dui dat dit die boedel
van die eiser as gevolg van die nie-betekening van die dokumente
benadeel is
nie. Dit moet gesien word in die lig daarvan dat die
eiser bloot beweer met betrekking tot hierdie twee paragrawe dat dit
tekenend
daarvan was dat dit onreëlmatig was en dat die eiser se
boedel ge-wanadministreer is. Vermelde beweringe deur die eiser is

na my mening nie gronde vir ’n eksepsie nie.
[18] Wat betref die res van die gronde van die
verweerder se eksepsie blyk dit dat die verweerders se klagtes daarop
gebaseer is
dat ieder en elk van die beweringe wat die eiser maak nie
geresulteer het in enige nadeel vir die boedel en/of die eiser nie.
In hierdie verband meen ek dat die gronde van die verweerder se
verweerskrif verskeie tegniese aspekte aanhaal met betrekking tot
wat
die verweerders se pligte was, hoe ’n boedel geadministreer
behoort te word, hoe waardeerders se verslae bekom word en
ook wie
verantwoordelik gehou kan word vir waardeerdersverslae.
[19] Die geheelbeeld wat ek kry van hierdie eksepsie en
die bewoording daarvan is dat die verweerders die aandag aflei van
sekere
beweerde onreëlmatighede wat na bewering deur die
verweerders gepleeg is. Dit is so dat beweringe van hierdie aard
baie ernstig
van aard is en ernstige implikasies vir die verweerders
mag inhou. Dit is ook so dat daar ’n swaar plig rus op
likwidateurs
en beamptes soos die verweerders met betrekking tot die
afhandeling van boedels. Sien in hierdie verband
Standard
Bank v Master of the High Court
[2010] 2
AllSA 135
SCA.
[20] Ek het met betrekking tot die bring van hierdie
eksepsie noukeurig aandag gegee aan die bewoording van die eiser se
besonderhede
van eis. Ek is van mening dat die bewoording van so
aard is dat dit baie wyd strek en vele moontlikhede insluit. Dit is
egter
die eiser se probleem om tydens die verhoor die beweringe te
bewys.
[21] Die situasie met betrekking tot die eiser se
locus
standi
waaroor die verweerders hulle bekla en
waarna reeds hierbo verwys is, het mnr. Strydom die volgende
gesubmiteer:

... dat ’n eiser wel onder omstandighede
waar die kuratore onreëlmatig opgetree het, en daar
skadevergoeding gevorder
moet word deur die boedel teen sodanige
kuratore, die reg het om ’n terugkerende residuele belang in
die administrasie van
die boedel teen sodanige
kuratore
namens die boedel op te tree
. In Meskin
:
Insolvency Law
word die volgende vermeld op
paragraaf 5.14.3:

The insolvent also may
litigate against the trustee of his estate or another (by joining the
trustee) in connection of any matter
arising in the administration
and where his (the insolvent’s) residuary interest in the
estate is or may be affected for
he retain such an interest
notwithstanding that his estate vests in the trustee; in the words
of Innes CJ: ‘… from
the fact that the insolvent is
under this disability, it does not mean that he had no rights
whatsoever regarding the estate …
he has a very real
revolutionary interest in it. The law provides that if there is any
residue of paying the debts it is to be
handed to the insolvent. Not
only so, but it is to his interest that as many assets as possible
shall be brought into the estate,
and the debts reduced to their
proper limits. He has an interest in seeing that this is done. An
asset may suddenly become valuable
which has been considered
worthless, or he may have a legacy left to him which may enable him
to clear our all his liabilities.
Apart from that, it is so that the
interest of the insolvent that his assets should be increased and his
liabilities reduced,
because in that way the stigma of insolvency
rests heavily upon him. And when he applies for his rehabilitation
he is in a better
position than if he had a very large margin of
unpaid debts. Therefore from whatever standpoint in this regard the
insolvent has
a very real interest in the administration of the
estate.

(See
Mears v Rissik McKenzie and
Mears Trustee
1905 TS 303
at 305;
Neeuwoudt
DT v The Master and Others NNO
1988 (4) SA
513
(A) at 524 to 525 and 530; Kuper
v Stern
and Hewitt NO
1941 (WLD) 1 at 324; and
Edwards Woodnutt NO
1968 (4) SA 148
(A) at 188.)

In
Muller
v De Wet NO and Others
,
it was held that upon a proper construction of the aforesaid judgment
of Innes CJ, and having regard to the provisions of section
23 (6) of
the Insolvency Act, the insolvent’s right to litigate in these
circumstances are restricted to cases which involve
some irregularity
or mal-administration of his insolvent estate.

[22] Indien die bewoording van die eiser se besonderhede
van eis ten opsigte van sekere aspekte vaag en argumenteerbaar
verwarrend,
is het mnr. Strydom van meet af onder my aandag gebring
dat hierdie eksepsie nie gebring is ingevolge die bepalings van Reël

23 nie; Reël 23 het betrekking op beweringe in pleitstukke wat
vaag en verwarrend is. Mnr. Strydom het beklemtoon dat die

verweerder se klagte daarom draai dat die eiser se besonderhede van
eis nie ’n skuldoorsaak openbaar nie. Hierdie hof is
gebonde
daartoe om die verweerders se saak te oorweeg soos dit gestel is.
[23] Ek is gevolglik van mening dat die verweerders se
eksepsie teen die eiser se besonderhede van eis afgewys behoort te
word met
koste.
[24] Dit is ook deur Mnr. Strydom dan in die hof
voorgehou dat benadeling nie hier te sprake is nie, soos dit deur die
verweerders
voorgehou word, die eiser se skuldoorsaak berus op die
bepalings van artikel 82 van die Insolvensiewet aangesien artikel
80bis
nie van toepassing is nie.
[25] Soos hierbo reeds vermeld is, is ek van mening dat
die besware van die verweerders met betrekking tot die eiser se eis,
soos
dit bewoord is in die verweerder se eksepsie hoofsaaklik daarop
neerkom dat dit ’n verweer is teen die besonderhede van die

eiser se eis.
[26] Mnr. Strydom het opsommendewys ook die volgende
argument aan die hof voor gehou:

... Die aspekte wat verband hou met die
onreëlmatighede en die wanadministrasie van die boedel deur die
eerste, tweede en derde
verweerders is aspekte wat deur middel van
getuienis tydens die verhoor uitgeklaar sal word, en kan eerste,
tweede en derde verweerders
maar na willekeur sodanige verweer soos
hulle goedvind tydens die verhoor opper. Dit is nie gronde vir
eksepsie om aan te toon
dat daar nie ’n skuldoorsaak openbaar
is nie.
Verweerders se aansoek dat die eiser beveel word om
sekuriteit te stel met betrekking tot die koste wat sal oploop in die
saaknommer
48444/2008 tot die bedrag van R450 000,00.
[27] Die verweerders baseer hierdie aansoek om
sekuriteit hoofsaaklik op twee gronde. Die eerste grond is dat die
eiser ’n
ongerehabiliteerde insolvent is sedert 1 November
2005, die datum van sy finale sekwestrasie; en tweedens dat sy eis
teen die verweerders,
op die meriete daarvan, roekeloos en kwelsugtig
is (“
reckless and
vexatious”).
Die eiser betwis dat hy
onder die omstandighede aanspreeklik behoort te wees vir enige
sekuriteit soos deur die verweerders geëis.
[28] Reël 47(3) van die Hofreëls lees as volg:

(3)
If a
party from whom security is demanded contests his liability to give
security or if he fails or refuses to furnish security
in the amount
demanded or the amount fixed by the registrar within 10 days of the
demand or the registrar’s decision, the
other party may apply
to court on notice for an order that such security be given and that
the proceedings be staged until such
order is complied with.”
Die verweerders het dienooreenkomstig die bepalings van
Reël 47(3) die aansoek vir die betaling van sekuriteit aan
hierdie
hof gerig.
[29] Erasmus in
Superior Court
Practice
met betrekking tot die bespreking
van Reël 47 op D1-342 met verwysing na verskeie sake in hierdie
verband sê die volgende:
“(b) Actions
by insolvents
An insolvent may be ordered to
furnish security for the costs of an action brought by him or her but
will not ordinarily be ordered
to do so unless it is shown that his
or action is reckless or vexatious. The mere fact that he or she is
insolvent and that the
action is one which would ordinarily be
brought by the creditors does not entitle the defendant to demand
security for costs, nor
is there a presumption that such an action is
vexatious.
If the insolvent sues in accordance with a right
specially reserved for him or her by the
Insolvency Act 24 of 1936
he
or she cannot be required to furnish security unless his or her
action is vexatious.
See (The action is vexatious.) as a
general rule, the mere inability of a plaintiff or applicant as the
case may be, who is an
incola
,
to satisfy potential costs order against him or her is insufficient
in itself to justify an order that he or she furnish security
for his
or her opponent’s costs. Something more is required. The
court must be satisfied that the main application is vexatious
or
reckless or amounted to an abuse of the process of the court.”
[30] Die eiser voer aan dat sy eis teen die verweerders
regtens gegrond is op die bepalings van artikel 82 van die
Insolvensiewet
van 1936. Verder ontken die eiser dat die aksie teen
die verweerders kwaadwillig (“vexatious”) is. Gevolglik
is gesubmiteer
deur die eiser dat hy nie in die omstandighede verplig
behoort te word om sekuriteit aan die verweerders te verskaf nie.
[31] Met betrekking tot die aspek of die eiser se eis
roekeloos en/of kwaadwillig is, het ek reeds sekere opmerkings hierbo
gemaak.
Ek verwys daarna en volstaan daarmee dat na my mening daar
geen aanduiding is waarvolgens ek kan bevind dat die eiser se eis
inderdaad
“reckless or vexatious” is nie. (Ek het daarna
verwys dat die beweringe teen die verweerders, as eksekuteurs, baie

ernstig van aard is en uit die aard daarvan dit geweldige implikasies
vir die verweerders mag inhou. Dit is egter ook so dat die
regsplig
wat op kurators rus ernstig is en van sodanige persoon or persone
vereis dat hy of hulle te alle relevante tye moet optree
ingevolge
die wetteregtelike bepalings wat van toepassing is en sonder om enige
nadeel aan enige instansie en/of persoon en/of
die insolvente boedel
te veroorsaak. Sien in hierdie verband die saak van
Standard
Bank v Master of the High Court
[2010] 3
AllSA 135
(SCA).
[32] Na oorweging van al die omstandighede in hierdie
geval is ek van mening dat hierdie ’n geval is waar daar nie
van die
eiser enigsins verwag behoort te word om sekuriteit te stel
nie.
[33] Wat die koste aanbetref is ek van mening dat die
verweerders ook die koste van hierdie aansoek behoort te betaal. Dit
sluit
dan ook in die koste wat op die vorige geleentheid voorbehou
is. Ek maak dus die volgende bevele:
Ad eerste aansoek – die eksepsie
1. Die aansoek word van die hand gewys;
2. Die verweerders, 1, 2 en 3 word beveel om die koste
van die aansoek te dra, gesamentlik en afsonderlik die een betalende
die
ander kwytgeskeld te word;
3. Dat die verweerders, 1,2 en 3 die koste wat voorbehou
is op 18 Augustus 2009 moet betaal gesamentlik en afsonderlik die een
betalende
die ander kwytgeskeld te word.
Ad tweede aansoek – aansoek om sekuriteit te
stel ingevolge Reël 47.
1. Die aansoek van die verweerders word van die hand
gewys;
2.
Die verweerders, een, twee en drie word beveel om,
gesamerlik
en
afsonderlik, die koste van die eiser te
betaal,
die
een
betalerde
die
ander kwytgeskeld te word.
AJ
Bam
WAARNEMENDE
REGTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF
Advokaat
vir eiser: Mnr
T
Strydom
Prokureur
vir eiser: JJC De Kock Prokureurs
Advokaat
vir verweerders: Mnr Leathern SC
Prokureur
vir verweerders: Van Rensburg Koen & Baloyi