About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2010
>>
[2010] ZAGPPHC 273
|
|
Inyanga Trading 472 (Edms) BPK and Others v kruger NO and Others (38444/08) [2010] ZAGPPHC 273 (25 June 2010)
NEE
RAPPORTEERBAAR
IN
DIE HOOGGEREEGSHOF VAN SUID-lFRIKA
(Transvaalse
Provinsiale Afdeling)
SAAK
NO. 3 8444/08
DATUM:25/06/2010
In
die saak tussen:
INYANGA
TRADING 472 (EDMS)
BPK
............................................................
Eerste applikant
CARL
BUCHNER VOS N
O
.............................................................................
Tweede
applikant
CORNELIUS
JOHANNES VOS N
O
.................................................................
Derde applikant
CARL
BUCHNER
VOS
.....................................................................................
Vierde applikant
CORNELIUS
JOHANNES
VOS
..........................................................................
Vyfde
applikant
en
PAUL
DANIEL KRUGER N
O
........................................................................
Eerste respondent
SIMONE
LIEZL MOGARDIE N
O
.................................................................
Tweede
respondent
G
J EHLERS BOERDERY (EDMS)
BPK
.....................................................
Derde respondent
DIE
REGISTRATEUR VAN
AKTES
...............................................................
Vierde respondent
UITSPRAAK
PRELLER
R :
Die
eerste applikant is 'n privaat maatskappy wat in hierdie aansoek
verteenwoordig word deur ene Magda Vos, wat vermoedelik die
enigste
direkteur en aandeelhouer van die maatskappy is -sy is nie duidelik
daaroor nie. Die tweede applikant is haar man, wat
saam met die derde
applikant die trustees van die Wilnette Familietrust was voordat dit
gesekwestreer is. Hulle is in hulle persoonlike
hoedanighede die
vierde en vyfde applikante. Die egpaar se familieverbintenis met die
vyfde applikant word nie vermeld nie. Die
eerste twee respondente is
die kuratore van die gesekwestreerde trust, en die derde respondent
is die koper wat 'n plaas van die
trust in sekwestrasie gekoop het
van die eerste twee respondente. Die vierde respondent is net
ampshalwe gevoeg as 'n party.
Die
doel van die aansoek is om die eerste twee respondente te verbied om
die plaas aan die derde respondent oor te dra hangende
afhandeling
van 'n aksie wat die eerste applikant beoog om in te stel vir die
tersydestelling van die koopkontrak. Die gronde waarop
dit beoog word
om die transaksie aan te veg word nie in die verklaring vermeld nie
en 'n mens moet dit maar raai van die applikante
se bewering omtrent
wat die inhoud van aanhangsel "M" tot die vestigende
verklaring sou wees. Dit is 'n brief gedateer
21 Julie 2008 van die
eerste applikant se prokureur van rekord. In die verklaring word
beweer dat onder andere die volgende blyk
uit die brief:
1.
Die eiendom is verkoop sonder dat met die eerste applikant. wat 'n
skuldeiser is, gekonsulteer is;
2.
Die verkoping is nie in die belang van skuldeisers nie;
3.Die
waarde van die plaas is minstens R 4 500 000.
Nie
een van hierdie bewerings word egter in die brief gemaak nie.
Die
tersaaklike feite van die saak is verstrengel in 'n massa
irrelevanthede maar die volgende blyk wel uit die verklarings:
Die
trust is op 28 Julie 2006 finaal gesekwestreer, en nadat die eerste
applikant se aanbod aan die eerste twee respondente in November
2006
om die plaas aan te koop teen R 1 800 000 geweier is, het dieselfde
partye in Maart 2008 'n koopkontrak ten opsigte van die
plaas gesluit
teen 'n koopprys van R 2 400 000. Die kuratore het opgetree kragtens
'n magtiging aan hulle verleen op die tweede
vergadering van
skuldeisers wat gehou is op 5 Oktober 2007. Dit het gebeur nadat die
eerste applikant se prokureurs onderhandelings
gevocr het met die
Landbank, wat die houer van die eerste vier verbande oor die eindom
is. Hy het die bank oorreed om hulle eis
te skik op "n veel
kleiner bedrag en het in die proses gewys op verskeie faktore wat die
waarde van die eiendom verlaag, onder
andere dat die spilpunte op die
plaas nie aan die trust behoort nie, dat die waterregte aan 'n
ongenoemde buitestaander behoort
en dat 'n bejaarde egpaar met geen
ander heenkome nie'n bewoningsreg op die plaas het. Die Landbank het
op die tweede vergadering
"n eis teen die boedel bewys vir "n
bedrag van R 3 607 382.81. Die eerste applikant het Firstrand Bank
Bpk se eis van
R624 000 gekoop en het aldus 'n skuldeiser geword.
Die
koopkontak het verval omdat die kopers nie in staat was om die nodige
waarborge vir betaling van die koopprys te lewer nie.
Op
18 Julie 2008 het die kuratore die plaas aan die derde respondent
verkoop teen R 3 600 000 netto. Hierbenewens moes hy nog 7.5
%
agentekommissie plus AVB daarop betaal, wat die totale koopprys op R
3 907 800 te staan gebring het. Kort daarna het die kuratore
waardasies van die eiendom verkry van onderskcidelik R 3 900 000 en R
4 300 000. Die applikante heg daarenteen "n waardasie
gedateer 4
Augustus 2008 by hulle aansoek aan waarvolgens die waarde van die
plaas R 8 300 000 is. Al die waardasies is blykbaar
gemaak op die
foutiewe veronderstelling dat sowel die spilpunte op die plaas as die
waterregte behoort aan die trust in sekwestrasie.
Die
punt van dit alles is dat daar sedert die finale sekwestrasiebevel
reeds feitlik twee jaar verloop het voordat die koop met
die derde
respondent gesluit is; intussen het die eerste applikant onderhandel
met die Landbank en pogings aangewend om die plaas
te koop; die
eerste en mislukte koopkontrak wat tussen 'n gewillige koper en
verkoper gesluit is, was vir 'n koopprys R 2 400 000;
die twee
waardasies wat die eerste twee respondente verkry het is in dieselfde
orde as die prys waarteen die plaas nou verkoop
is en daar is geen
ander aanduiding van 'n aanbod of waardasie wat naby kom aan die
bedrag van die applikante se waardasie nie.
Ek meen dat op die
waarskynlikhede die prys waarteen die plaas verkoop is, nie ver is
van die ware markwaarde daarvan nie.
Die
regsposisie van toepassing op hierdie feitestel is volledig en
gesaghebbend oorweeg deur Botha R (soos hy toe nog was) in Kruger
v.
Symington, 1958(2) SA 128 (O). Ek is deur die advokate ook verwys na
verskeie ander beslissings, maar soos ek hulle lees is
geen wesenlike
afbreuk gedoen aan die beginsels in Kruger nie. Dit kom daarop neer
dat 'n hof alleen sal inmeng met 'n verkoping
deur 'n kurator indien
die verkoping bedrieglik was of indien daar nie aan die voorgeskrewe
formaliteite van so 'n verkoping voldoen
is nie. Mnr Cilliers het
namens die applikante betoog dat die magtiging om die eindom te
verkoop so gelees moet word dat die skuldeisers
en die insolvent se
beste belange steeds gedien word en dat ;n verkoping teen minder as
die markwaarde 'n ongemagtigde een sal
wees en dus onderhewig aan
tersydestelling deur die hof. Hierdie interpretasie is egter lynreg
in stryd met die uitspraak van Botha
R dat selfs 'n verkoping teen
minder as die markwaarde steeds nie ongeldig is nie. Dit moet onthou
word dat beide partye tot die
kontrak tevrede is met die terme
daarvan en dat die skuldeisers dit gemagtig het. Met hulle besluit
sal die hof in die afwesigheid
van bedrog of "n ander
onreelmatigheid nie inmeng nie. selfs as die verkoping onder die ware
markwaarde is. Nie een van die
partye sou die koopkontrak kon
kanselleer nie. en die applikante as buitestaanders kan nie meer
regte he as die partye tot die
kontrak nie. Die applikante as
skuldeisers en ook weens die terugvallende belang wat hulle in die
insolvente boedel het. se belange
sou wel geraak word as die eiendom
verkoop sou word teen minder as die markwaarde, maar hulle remedie is
om agterna 'n skadevergoedingseis
teen die kuratore in te stel indien
hulle so geadviseer sou word. Aan 'n verkoping tc goeder trou kan
hulle in hierdie stadium
niks doen nie. Dit beteken na my mening die
einde van die applikante se aansoek.
Ongelukkig
vind ek dit nodig om iets te se omtrent die inhoud van die
repliserende verklaring wat namens die applikante afgele is.
Prokureures sowel as advokate moet as deel van die akademiese
kwalifikasie wat vereis word vir toelating tot hulle professie, op
universiteitsvlak slaag in 'n kursus in Engels. Dit is verder 'n
regspraktisyn se werk om sy klient se saak in korrekte en duidelike
taal in pleitstukke en verklarings uiteen te sit. Die opsteller van
die betrokke verklaring moes 'n toegelate regspraktisyn gewees
het
met die nodige akademiese kwalifikasies. Teen die tyd wat 'n
gemiddelde Afrikaanssprekende leerling die laerskool verlaat weet
hy
minstens wat in Engels die verskil is tussen "is" en "are".
Dit is maar een van die talle foute wat by herhaling
in die
verklaring voorkom en ek kan nie glo dat 'n praktiserende prokureur
of advokaat nie van beter weet nie. Die verkeerde taalgebruik
kan dus
alleen opsetlik wees of anders weens growwe nalatigheid. Beide dui op
blatante disrespek vir die hof voor wie hierdie stukke
gcplaas word
en die klient het duidelik nie van sy verteenwoordigers gekry waarop
hy geregtig is nie, naamlik behoorlike professionele
diens. Ek dink
nie die klient behoort aanspreeklik gehou te word vir die koste van
werk van hierdie swak gehalte nie.
Ek
maak gevolglik die volgende bevel:
1.
Die aansoek word van die hand gewys met koste.
2.
Geen koste word soos tussen prokureur en klient toegelaat vir die
opstel van die repliserende verklaring nie.
F
G PRELLER
REGTER
VAN DIE HOOGGEREGSHOF