About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2010
>>
[2010] ZAGPPHC 177
|
|
Botes v Cornelius (57343/2008) [2010] ZAGPPHC 177 (15 June 2010)
IN DIE
HOË HOF VAN SUID-AFRIKA
(
NOORD
GAUTENG HOË HOF, PRETORIA
)
SAAK
No. 57343/2008
DATE:
15/06/2010
In
die saak tussen:-
PETRUS
JOHANNES BOTES
…
............
Eiser
en
JAN
CHRISTIAAN
CORNELIUS
......................................................................................................................
Verweerder
…
........................
UITSPRAAK
Van
der Byl, Wn. R:-
Inleiding
[1]
In hierdie saak eis die Eiser, benewens die gewone kostebevel, van
die Verweerder betaling van ‘n bedrag van R200 000,
tesame met
rente bereken teen 15,5 persent per jaar vanaf datum van betekening
van dagvaarding tot datum van betaling.
[2]
Soos blyk uit Eiser se Besonderhede van Vordering is sy eis gegrond
op ‘n bewering -
(a)
dat hy en die Verweerder op of omtrent 6 Julie 2007 ‘n
mondelinge ooreenkoms aangegaan het ingevolge waarvan hy van
die
Verweerder ‘n vragmotor en sleepwa met registrasienommer LWP
671 GP sou koop (
paragraaf
3 van die Besonderhede van Vordering
);
(b)
dat die verkoopprys daarvan R400 000 sou wees, dat hy ‘n
deposito van R200 000 op daardie voertuig sou betaal,
dat die
balans betaal sou word teen lewering, binne ‘n redelike tyd,
deur die Verweerder van ‘n padwaardigheidsertifikaat,
‘n
registrasiesertifikaat en alle ander dokumentasie wat nodig is vir
hom om registrasie van die voertuie in sy naam te kan
bewerkstellig
(
paragraaf
4 van die Besonderhede van Vordering
);
(c)
dat hy die vereiste deposito op 12 Julie 2007 aan die Verweerder
betaal het (
paragraaf
5 van die Besonderhede van Vordering
);
(d)
dat, soos blyk uit Aanhangsel A by die Besonderhede van Vordering,
die Verweerder betaling van die deposito erken het (
paragraaf
6 van die Besonderhede van Vordering
);
(e)
dat die Verweerder versuim het om die betrokke
padwaardigheidsertifikaat, registrasiesertifikaat en ander
dokumentasie aan
die Eiser te lewer (
paragraaf
7 van die Besonderhede van Vordering
);
(e)
dat die partye gedurende Augustus 2007 ooreengekom het om die
ooreenkoms om daardie rede te kanselleer (
paragraaf
8 van die Besonderhede van Vordering
);
(f)
dat die Verweerder, ongeag aanmaning, weier of versuim om die
deposito van R200 000 aan Eiser terug te betaal (
paragraaf
9 van die Besonderhede van Vordering
).
[3]
In sy Verweerskrif -
(a)
ontken die Verweerder in effek dat hy op 6 Julie 2007 die voertuig
met registrasienommer LWP 671 GP besit het;
(b)
erken die Verweerder dat hy R200 000 van die Verweerder ontvang
het, maar pleit dat die bedrag ontvang is ten opsigte van
die
voertuie vermeld in Aanhangsel A by Eiser se Besonderhede van
Vordering.
[4]
Aanhangsel A by Eiser se Besonderhede van Vordering lees soos volg:
“
Re
: Contract of sale between:
CFC
Transport - Jannie Cornelius
ID
number 5611065047086
and
P J Botes - ID number 681031 5039 097
The
following trucks have been purchased at the price of R400 000 per
truck and trailer, except the MAN truck and trailer which
was
purchased at R375 000
1.
2535 Mercedes Benz - registration no.
Trailer
- registration no.
2.
Mercedes Benz
Trailer
-
3.
Mercedes Benz
Trailer
-
4.
MAN
Trailer
-
A
deposit of R200 000 has been made to CFC Transport account number
4066561678 held at ABSA on 12 July 2007.
The
balance on each truck and trailer will be paid after completion of
the roadworthy certificate and receipt of the registration
papers.
CFC
Transport hereby certify that the (sic) all the above mentioned
trucks with their trailers are fully paid and that they do not
owe
any financial institution or any other party any outstanding amounts
payable on the abovementioned trucks and trailers.
It
is also understood and agreed by both parties that Mr P J Botes will
take over and continue with the existing contract and understanding
between CFC Transport and Reclamation Group.
”.
Getuienis
van Eiser
[5]
Dit blyk uit die Eiser se getuienis -
(a)
dat hy en die Verweerder ‘n mondelinge ooreenkoms op 6 Julie
2007 gesluit het welke ooreenkoms op 23 Julie 2007 skriftelik
bevestig is ingevolge waarvan hulle ooreengekom het -
(i)
dat hy drie vragmotors, elk met sy eie sleepwa, teen R400 000 en ‘n
vierde vragmotor en sleepwa teen R375 000 van die
Verweerder sou koop
waarvan geeneen deur die partye by wyse van hul registrasienommers
geïdentifiseer is nie;
(ii)
dat hy ‘n deposito van R200 000 op die vier voertuie sou
betaal en die balans daarna by lewering van elke vragmotor
tesame met
‘n padwaardigheidsertifikaat en die tersaaklike registrasie
dokumente, welke deposito hy op 12 Julie 2007 in die
bankrekening van
die Verweerder se besigheid gestort het;
(iii)
dat die Verweerder die eerste van hierdie voertuie, blykbaar ‘n
Mercedes Benz voertuig wat die Verweerder op 6 Julie
2007 van die pad
afgetrek het sodat hy dit kon besigtig, binne sewe dae na betaling
van die deposito sou lewer;
(b)
dat die Verweerder hom op ‘n later tydstip meegedeel het dat
hy net drie van die voertuie kan verkoop aangesien die
vierde een aan
sy moeder behoort;
(c)
dat die Verweerder hom op 7 Augustus 2007 verwittig het dat die
voertuig reg is en dat hy sal reël, as hy sy
identiteitsdokumente
die volgende dag bring, dat die voertuig vir ‘n
padwaardigheidsertifikaat getoets kan word en dit dan op sy naam
geregistreer
kan word;
(d)
dat hy daarop na die Verweerder gery het waar hy gesien het dat dit
die wit Mercedes Benz is wat op die eerste dag aan hom
gewys is en
waar hy opgemerk het dat ‘n registrasieplaat met
registrasienommer LWP 671 GP daarop aangebring is;
(e)
dat die Verweerder hom egter die volgende dag geskakel het en hom
meegedeel het dat hy nie die voertuig se dokumente kan kry
nie;
(f)
dat die Verweerder hom later weer geskakel het en meegedeel het dat
die dokumente by die “
Reclamation
Group
”
te Dunswart ingehandig is as sekuriteit vir geld wat hulle geleen het
en dat hy ‘n sekere mev. Martie le Roux daar
kan skakel;
(g)
dat hy mev. Martie le Roux daarop geskakel het wat teenoor hom
bevestig het dat daar sekere dokumente is wat as sekuriteit
dien vir
‘n bedrag van R85 000 wat Verweerder hulle geskuld het;
(h)
dat daar toe op 15 Augustus 2007 op sy aandrang ‘n
vergadering by die “
Reclamation
Group
”
gereël is om te kyk of hy die dokumente kan kry;
(i)
dat dit by die vergadering geblyk het dat daar wel ‘n bedrag
van R85 000 is wat die Verweerder verskuldig was en
‘n
verdere bedrag van R175 000 is wat deur die Verweerder se seun
geskuld word;
(j)
dat hy daar in die teenwoordigheid van die Verweerder na die inhoud
van die leêr gekyk het en gesien het dat slegs vier
lisensieskyfies daarin was van voertuie met registrasienommers LWP
673 GP, LVB 570 GP, MYN 295 GP en BWM 294 MP;
(k)
dat die Verweerder, nadat hy aan hom gesê het dat die
voertuig wat hy op 7 Augustus 2007 by Verweerder se werkswinkel
besigtig het ‘n voertuig met registrasienommer LWP 671 GP is,
verduidelik het dat daardie registrasienommer nie by die voertuig
hoort nie aangesien hy, vanweë verskeie verkeersoortredings wat
deur sy bestuurders gepleeg word, een nommer by verskeie voertuie
gebruik het waarna hulle blykbaar in taamlike onmin uitmekaar is;
(l)
dat die Verweerder hom op 17 Augustus 2007 geskakel en meegedeel
het dat alles reg is, maar as hy wou kanselleer, kan hy dit
maar doen
waarop hy bevestig het dat hy sou verkies om dit te kanselleer waarop
hulle ooreengekom het dat die Verweerder sy geld
binne 14 dae aan hom
sou terugbetaal het;
(m)
dat hy die Verweerder op 21 Augutus 2007 geskakel het en gesê
het dat hy sy prokureurs gaan kontak om die kansellasie
op skrif te
stel waarop hy die “
kansellasie
”,
soos hy dit gesien het, synde ‘n skrywe van prokureurs,
Malherbe Rigg & Ranwell Inc, aan die Verweerder gaan
oorhandig
het wat egter geblyk in effek ‘n aanmaning te wees dat die
bedrag van R200 000 binne 14 dae aan Eiser terug betaal
moet word;
(n)
dat hy na 14 dae niks van die Verweerder verneem het nie waarop hy
sy huidige prokureurs, Creighton Prokureurs, gevra het
om weer ‘n
brief aan hom te skryf wat hulle op 22 Oktober 2007 gedoen het waarin
dit uitdruklik aangetoon is dat hul ooreenkoms
gedurende Augustus
2007 gekanselleer is en terugbetaling van die bedrag van R200 000
binne sewe dae van die Verweerder geëis
is;
(o)
dat die Verweerder op geeneen van hierdie skrywes gereageer het nie.
[6]
Voorts blyk dit uit die getuienis dat die telefoniese gesprekke
tussen die Eiser en Verweerder op 15 Augustus 2007 en 21 Augustus
2007 met behulp van die Eiser se eggenote by wyse van Eiser se
selfoon opgeneem is en waarvan die transkripsie deel van die
blootgelegde
dokumente uitmaak.
[7]
Onder kruisverhoor is dit aan Eiser gestel dat dit die Verweerder se
weergawe is dat die ooreenkoms tussen hulle was dat hy
drie voertuie,
twee Mercedes Benz voertuie en een MAN voertuig, aan Eiser sou
verkoop en dat die deposito sou wees om daardie voertuie
padwaardig
te kry.
Verweerder
se getuienis
[8]
Die Verweerder het erken dat hy en die Eiser op 6 Julie 2007 ‘n
mondelinge ooreenkoms in verband met die verkoop van
vragmotors en
sleepwaens aangegaan het en dat hy op 23 Julie 2007 die skriftelike
ooreenkoms,
Aanhangsel
A
by die Eiser se Besonderhede van Vordering aangeheg, maar het in
verskeie opsigte nie net van die Eiser se getuienis verskil nie,
maar
ook van die inhoud van Aanhangsel A by die Besonderhede van
Vordering.
[9]
Soos blyk uit sy getuienis is dit sy saak -
(a)
dat hy in daardie stadium 16 voertuie gehad het en die Eiser
meegedeel het dat hy drie daarvan wou verkoop en dat sy swaer,
ene, C
F Viljoen, ook ‘n vragmotor, ‘n Mercedes Benz 2535, gehad
het om te verkoop;
(b)
dat hy daarop, soos die Eiser getuig het, twee van die voertuie aan
die Eiser gewys, een was ‘n Mercedes Benz 2633 met
registrasienommer LVB 570 GP wat hy van die pad afgetrek het en die
ander een ‘n MAN vragmotor met registrasienommer BWM
294 MP wat
in die werkswinkel was;
(c)
dat hulle daarop mondelings ooreengekom het dat Eiser daardie twee
voertuie en ‘n derde een, ook ‘n Mercedes Benz
2633, met
registrasienommer LWP 673 GP sou koop en dat hy ‘n kontrak met
die “
Reclamation
Group
”
vir die vervoer van skroot materiaal sou oorneem;
(d)
dat hy die Eiser voor die keuse gestel het om die voertuie
voetstoots te koop of dat hy hulle deur die werkswinkel sou vat
waarop die Eiser laasgenoemde keuse uitgeoefen het wat meegebring het
dat nuwe bande op die voertuie aangebring sou word, aan die
ratkas en
enjins gewerk sou word, die sleepwaens geel gesprei moes word en daar
andersins na die algemene toestand van die voertuie
gekyk sou word;
(e)
dat hy, omrede die Eiser nie die voertuie voetstoots wou koop nie,
R200 000 deposito op die drie voertuie van die Verweerder
aangevra
het sodat sodra die drie voertuie van tyd tot tyd beskikbaar en
gelewer word die balans op die onderskeie kooppryse bereken
sou word
om een-derde van die deposito van die betrokke koopprys af te trek;
(f)
dat die eerste van die voertuie, dit is die een met
registrasienommer LVB 570 GP so gou doenlik afgelewer sou
word
terwyl die ander twee na so drie tot vier maande afgelewer kon
word;
(g)
dat hy wel die ooreenkoms, Aanhangsel A by Eiser se Besonderhede
van Vordering, geteken het, maar het verduidelik -
(i)
dat daar vier voertuie op aangedui is omrede die Eiser aanvanklik
vier voertuie wou koop, maar later gesê het dat hy
slegs geld
het vir drie;
(ii)
dat dit eintlik geteken is as ontvangserkenning van die betaling van
die R200 000;
(iii)
dat hulle later die registrasienommers van die voertuie sou inskryf
omdat hy op daardie datum nie die registrasienommers
kon onthou nie;
(iv)
dat die eerste voertuig wat daarin aangedui word, nie sy eiendom is
nie, maar aan sy swaer behoort en dat sy seun aan die
Eiser genoem
het dat sy swaer dit ook sou wou verkoop het.
[10]
Wat betref die gebeure wat op 7 Augustus 2007 en 15 Augustus 2007
plaasgevind het, het die Verweerder getuig dat hy wel vir
die Eiser,
klaarblyklik op 7 Augustus 2007, gesê het dat hy die eerste
voertuig, volgens hom die een met registrasienommer
LVB 570 GP, die
volgende dag deur die toets sou sit.
[11]
Op ‘n dag wat 15 Augustus 2007 kon gewees het, is hulle na
Mev. Martie le Roux om die dokument van die voertuig te gaan
kry. Die
dokumente was daar omdat sy seun aanvanklik die voertuie by hom wou
gekoop het en hy die dokumente daarheen geneem het
aangesien hy by
die “
Reclamation
Group
”
geld daarvoor wou geleen het. Mev. le Roux het die dokumente vir die
Eiser gewys en sy wou nie die dokumente aan hom gee
nie waarop die
Eiser net sy kop geskud het en gesê het dat hy nie sy geld gaan
terug kry nie. Hy het toe vir hom gesê
dat hulle by die
ooreenkoms bly. Hy het toe gesê dat hulle saam na sy huis moet
gaan om die voertuie te identifiseer en dat
hy by die Polisie ‘n
verklaring sal gaan maak. Die Eiser het toe vir ‘n ent agter
hom aangery, maar het afgedraai en
hom nie tot by sy huis gevolg nie.
Hy het hom geskakel waarop hy vir hom gesê dat hy weer van hom
sal hoor.
[12]
‘n Ruk later het die Eiser hom geskakel en gesê dat hy
die ooreenkoms wou kanselleer en sy geld wou terug hê
want hy
het ander trokke gekry.
[13]
Hy het later die prokureursskrywe ontvang waarin terugbetaling van
die geld geëis is, maar hy het besluit om nie daaraan
gehoor te
gee nie, aangesien hy gevoel het dat dit onregverdig is aangesien hy
onnodige kostes aangegaan het aan kommissies en
werk wat aan die
voertuie verrig is asook verlies aan inkomste in die tyd wat die
voertuie gestaan het.
[14]
Die Verweerder het toegegee dat die Eiser na die voertuig kom kyk
het, maar het bygevoeg dat hy nie op daardie dag by die
huis was nie
en dat as ‘n voertuig oorgesprei word, word die nommerplate
gewoonlik afgehaal. Sy werktuigkundige wat intussen
oorlede is, moes,
so het hy aangedui, seker die verkeerde nommerplate op die voertuig
teruggesit. Hy het egter ontken dat die
Eiser by mev. Le Roux oor
die voertuig met registrasienommer LWP 671 GP gepraat het en dat hy
vir hom sou gesê het dat hy
een nommer vir verskeie voertuie
gebruik as gevolg van verkeersoortredings wat deur die bestuurders
van sy voertuie gebruik word.
[15]
Dit blyk egter uit die transkripsie van die telefoniese gesprek
tussen die Eiser en die Verweerder op 15 Augustus 2007 dat
die
Verweerder die volgende hieroor te sê gehad het:
“
En
hoekom hierdie ding hierdie nommerplate op het, kan ek onthou van een
van hulle se liksensie het verval of ek moes ‘n dringende
vrag
ry, ek kan nie presies onthou nie. Dit is nie reg nie, ek gaan nie
daarteen stry nie, dit is nie reg nie, maar sorry, dit
is ‘n
fout gewees. En daar gaat jy net mal, jy hardloop weg met die hele
ding
”.
Toe
hy hieroor onder kruisverhoor gekonfronteer is, het hy erken hy het
dit gesê, maar het bygevoeg dat hy dit nie bedoel
het nie.
Volgens die Verweerder het die Eiser die aand geskakel en hom
meegedeel het dat hy daar was en die nommer van die voertuig
gekry
het waarop hy vir hom gesê dat daardie nommer nie by daardie
voertuig hoort nie.
[16]
Die Verweerder het erken dat die Eiser tydens ‘n gesprek wat
op 17 Augustus 2007 kon plaasgevind het, gesê het
dat hy die
ooreenkoms kanselleer en hy het, alhoewel hy in sy hart gevoel het
dit is nie reg nie, dit beaam. Dit blyk dat hulle
toe ooreengekom het
dat die Verweerder aan die Eiser sy geld binne 2 weke sou terug gee.
Beoordeling
van pleitstukke en getuienis
[17]
Uit die getuienis, soos ek dit hierbo opgesom het, is dit duidelik
dat daar geen geskil tussen die partye is -
(a)
dat die Eiser en Verweerder op 23 Julie 2007 ‘n ooreenkoms
aangegaan het ter bevestiging van ‘n mondelinge ooreenkoms
wat
op 6 Julie 2007 aangegaan is;
(b)
dat dit, onder andere, uit daardie ooreenkoms blyk -
(i)
dat die Verweerder vier vragmotors elk met sy eie sleepwa verkoop
wat, behalwe vir die feit dat drie Mercedes Benz voertuie
en een ‘n
MAN voertuig is, nie andersins geïdentifiseer is nie;
(ii)
dat Eiser R400 000 vir elk van die Mercedes Benz voertuie en R375
000 vir die MAN voertuig sal betaal;
(iii)
dat die Verweerder op 12 Julie 2007 ‘n deposito van R200 000
aan die Eiser betaal het;
(iv)
dat die “
balance
on each truck and trailer will be paid after completion of of the
roadworthy certificate and receipt of the registration
papers
”
betaal sal word;
(c)
dat een van die Mercedes Benz voertuie eerste aan die Eiser gelewer
sou word;
(d)
dat op of omtrent 21 Augustus 2007 die Verweerder nog nie ‘n
padwaardigheidsertifikaat of registrasiedokument ten opsigte
van
daardie voertuig of enige van die ander voertuie gelewer het nie;
(e)
dat hulle op 17 Augustus 2007 ooreengekom het, weliswaar in
omstandighede waaroor hulle met mekaar verskil, om die ooreenkoms
te
kanselleer en dat die Verweerder die deposito aan die Eiser binne 14
dae sou terugbetaal welke ooreenkoms die Eiser nie gestand
gedoen het
nie.
[18]
Teen hierdie agtergrond is daar ten behoewe van die Verweerder
aangevoer dat die saak om die volgende vrae wentel, naamlik
-
(a)
eerstens
,
die vraag of die Eiser, gesien die feit, so is dit aangevoer, dat hy
in die verhoor op ‘n verskillende ooreenkoms gesteun
het as
waarop hy in veral paragraaf 3 van sy Besonderhede van Vordering
steun, geregtig is op die regshulp wat hy in sy Besonderhede
van
Vordering vra;
(b)
tweedens
,
indien die Hof sou bevind dat die Eiser nietemin geregtig is om op
die “
true
state of affairs
”
staat te maak, die vraag -
(i)
of die ooreenkoms tussen die partye regmatiglik gekanselleer is; en
(ii)
of die deposito van R200 000 terugbetaalbaar is.
[19]
Ek handel afsonderlik met elkeen van hierdie aspekte.
Aard
van ooreenkoms wat Eiser in Besonderhede van Vordering vermeld in
vergelyking met ooreenkoms waarvan hy in sy getuienis vermelding
gemaak het
[20]
Wat betref die eerste van hierdie aspekte blyk die Verweerder se
saak na my oordeel nie net ‘n letterknegtelike en enge
benadering van die Besonderhede van Vordering te wees, maar ook ‘n
opportunistiese een te wees.
[21]
Paragraaf 3 van die Besonderhede van vordering lees soos volg:
“
On
or about 6
th
of July 2007and at Devon the Plaintiff acting personally and the
Defendant acting personally concluded an oral agreement in terms
whereof the Plaintiff purchased from the Defendant a horse and
trailer, the horse having registration number LWP 671 GP and the
trailer being a Copeland tipper trailer the further particulars of
which are unknown to the Plaintiff
.”
[22]
Hierop het die Verweerder soos volg gepleit:
“
2.1.
The contents of this paragraph are denied.
2.2.
The defendant in amplification hereto pleads that at the date as
alleged by the plaintiff, the defendant did not possess the
vehicle,
alleged by the plaintiff to have formed the basis of the alleged
agreement.
”
[23]
Uit die pleit kom dit nie voor dat die Verweerder die bestaan van
die ooreenkoms ontken nie en dat hy inderwaarheid net die
identiteit
van die voertuig ontken synde ‘n voertuig wat hy, volgens hom,
ingevolge ‘n skikking aan sy voormalige eggenote
gegee het.
[24]
Dit kom duidelik na vore as daar gelet word op sy pleit vervat in
paragraaf 4 van sy Verweerskrif waar hy op die bewerings
vervat in
paragraaf 5 van die Besonderhede van Vordering pleit.
[25]
In paragraaf 5 van die Besonderhede van Vordering beweer die Eiser
soos volg:
“
5.
The Plaintiff complied with his obligations in terms of the
agreement and on the 12
th
of July 2007 the Plaintiff paid to the Defendant the sum of R200 000
by paying the amount into an amount nominated by the Defendant.
”.
[26]
In antwoord hierop pleit die Verweerder soos volg:
“
4.1.
The defendant admits having received R200 000 from the plaintiff,
and pleads that the said sum in respect of the vehicles
as set out on
Annexure ‘A’ to the plaintiff’s particulars of
claim.
4.2.
The defendant reiterates that the vehicle referred to by the
plaintiff in his particulars of claim never formed the basis
of the
agreement between the parties.
”
[27]
Dit blyk duidelik hieruit dat die Verweerder in effek erken dat daar
‘n ooreenkoms tussen hom en die Eiser gesluit is
wat op vier
voertuie betrekking het, maar bloot aanvoer dat nie een van daardie
voertuie een was met registrasienommer LWP 671
GP.
[28]
Dit word nog des te meer duidelik as daar gelet word op paragraaf 6
van die Eiser se Besonderhede van Vordering waarin hy
na die
ooreenkoms Aanhangsel A wat op 23 Julie 2007 gesluit is en waaruit
blyk dat die ooreenkoms op vier voertuie betrekking gehad
het.
[29]
Wanneer daar nou na die Eiser se getuienis gekyk word, blyk dit sy
saak te gewees het dat, alhoewel die ooreenkoms tussen
hom en die
Verweerder, op vier voertuie betrekking gehad het, hulle ooreengekom
het dat die Eiser vir eers een van die voertuie
sou lewer, dat hy ten
opsigte van daardie voertuig die R200 000 deposito sou betaal
het, dat toe hy daardie voertuig gaan
besigtig het dit met die
registrasienommer LWP 671 GP toegerus was en dat die ander voertuie
mettertyd aan hom gelewer sou word.
[30]
Die Verweerder se pleit en getuienis dat hy nie ‘n voertuig
met registrasienommer LWP 671 GP besit het nie, kan nie
afbreek doen
aan die basis waarop die Eiser sy eis gegrond het nie.
[31]
Ek het geen twyfel dat die Verweerder geweet het en uit die
Besonderhede van Vordering ook kon sien dat dit die Eiser se saak
is
-
(a)
dat hulle op 6 Julie 2007 ‘n ooreenkoms aangegaan het wat op
23 Julie 2007 skriftelik bevestig is ingevolge waarvan
die Verweerder
vier voertuie aan die Eiser verkoop het;
(b)
dat die registrasienommer van een van daardie voertuie LWP 671 GP
was;
(c)
dat die Eiser ‘n deposito van R200 000 ten opsigte van een of
meer van daardie voertuie betaal het.
[32]
Voorts wentel sy hele saak eintlik rondom die bewering dat hul hele
ooreenkoms by onderlinge ooreenkoms gekanselleer is en
dat hy op
grond daarvan die deposito van R200 000 wat hy betaal het van die
Verweerder terugeis.
[33]
‘n Submissie is gemaak dat as die Eiser sy Besonderhede van
Vordering en in die besonder paragraaf 3 moes gewysig het
sodat die
Verweerder ook sy pleit kon gewysig het en bes moontlik ‘n
teeneis kon instel.
[34]
Ek kan in die lig van my bevindinge baie moeilik sien wat in so ‘n
wysiging beliggaam kon gewees het, hoe ‘n pleit
daarop kon
gelees het en hoe dit opsigself die weg vir die Verweerder sou open
om ‘n teeneis te kon instel. Al wat die Eiser
miskien kon
gedoen het was om dit duidelik in paragraaf 3 uit te gespel het dat
hulle op 6 Julie 2007 ‘n ooreenkoms vir die
verkoop van vier
voertuie aangegaan het, dat een van daardie voertuie eerste binne
sewe dae aan hom tesame met ‘n padwaardigheidsertifikaat
en
registrasiedokumente afgelewer sou word en dat een van daardie
voertuie met registrasienommer LWP 671 GP toegerus was. Die Eiser
sou
waarskynlik dan daarop gepleit het, soos hy reeds gedoen het, dat hy
nie ‘n voertuig met so ‘n registrasienommer
besit het
nie. Hoe so ‘n bewering hom kon beweeg het om ‘n teeneis
in te stel, kan ek nie begryp nie. Te oordeel aan
sy getuienis het hy
gevoel dat die kansellasie van die ooreenkoms onregverdig is
aangesien dit hom skade aangedoen het. As dit
nie vir sy
opportunistiese benadering tot die Eiser se saak was nie, kon hy, as
dit miskien nie was nie vir die feit dat hy, soos
ek aanstons sal
aantoon, met die Eiser ooreengekom het om die ooreenkoms te
kanselleer en die geld terug te betaal, op die pleitstukke
soos hulle
staan ‘n teeneis ingestel het.
[34]
Ek is gevolglik van oordeel dat daar geen meriete in die submissie
is dat Eiser in sy Besonderhede van Vordering bloot op
‘n
ooreenkoms aangaande die verkoop van een voertuig steun nie en dat hy
in sy getuienis op ‘n ander of ‘n verskillende
ooreenkoms
gesteun het nie
[35]
Dit laat my met die vraag of die partye ooreengekom het om die
ooreenkoms te kanselleer en dat die Verweerder die deposito
aan die
Eiser sal terug betaal.
Die
ooreenkoms om die ooreenkoms te kanselleer en die terugbetaling van
die deposito
[36]
Na my oordeel staan dit bo enige twyfel dat die partye by onderlinge
ooreenkoms die ooreenkoms gekanselleer het en dat die
Verweerder
onderneem het om die deposito binne 14 dae vanaf 17 Augustus 2007 aan
die Eiser terug te betaal.
[37]
Die partye se weergawes oor hoe hierdie ooreenkoms tot stand gekom
het, verskil egter van mekaar.
[38]
Aan die eenkant, is dit die Eiser se weergawe dat die Verweerder
hom, na ‘n onderonsie tussen hom en die Verweerder
op 15
Augustus 2007 oor die lewering van die registrasiedokument van veral
die eerste voertuig wat afgelewer sou word, hom op 17
Augustus 2007
geskakel het en, onder andere, aangedui het dat hy die ooreenkoms kan
kanselleer as hy so sou verkies, synde ‘n
aanbod wat hy dan ook
aanvaar het. Daarop het hulle, soos dit ook uit die getranskribeerde
weergawe van hul telefoniese gesprek
op 21 Augustus 2007, ooreengekom
dat die bedrag binne 14 dae in Eiser se bankrekening inbetaal sou
word.
[39]
Aan die anderkant is dit die Verweerder se weergawe, dat die Eiser
vir hom gesê het dat hy die ooreenkoms wil kanselleer
en dat
hy, alhoewel hy nie in sy hart daarmee gelukkig was, dit so aanvaar
het. Dit is eers later nadat hy weer oor dit alles gedink
het,
besluit het om nie die deposito terug te betaal nie omrede hy dit as
onregverdig beskou het gesien die feit dat hy uitgawes
as gevolg van
die transaksie aangegaan het, soos R100 000 kommissie wat hy aan sy
seun betaal het en werk wat hy aan veral die
eerste voertuig gedoen
het, soos die vervanging van nuwe en versoolde bande en die
opknapping van die ratkas en enjin.
[40]
Vir sover die Verweerder agterna, nadat hy tot die kansellasie van
die ooreenkoms en terugbetaling van die deposito ingestem
het,
besluit het om die deposito nie terug te betaal nie omrede hy dit as
onregverdig beskou het, is na my oordeel geen verweer
teen die Eiser
se Eis nie. Deur dit te doen, het hy eenvoudig, sonder om ‘n
eis of teeneis teen die Eiser in te stel, die
reg in sy eie hande
geneem.
[41]
Dit maak nie saak of die deposito vir een of, soos die Verweerder
beweer, drie voertuie betaal is nie, aangesien die hele
ooreenkoms
tussen hulle by ooreenkoms gekanselleer is.
[42]
Afgesien van voorgaande oorwegings, moet ek aandui dat die
Verweerder my in vele opsigte as gevolg van, onder andere, onlogiese,
vae en ontwykende antwoorde, nie as ‘n goeie en geloofwaardige
getuie beïndruk het nie, maar ek vind dit nie nodig nie
om in
die lig van die gevolgtrekking wat ek bereik het verder daarmee te
handel nie.
Koste
[43]
Dit is ten behoewe van die Verweerder aan die hand gedoen dat ek by
die oorweging van ‘n gepaste kostebevel die benadelende
posisie
voor oë moet hou waarin die Eiser die Verweerder geplaas het as
gevolg van sy gebrekkige pleitstukke. Ek stem nie
saam met hierdie
submissie nie. Na my oordeel was die Verweerder in geen benadeelde
posisie nie. Trouens, na my oordeel was hy
nie as gevolg van sy
opportunisme eenvoudig onnodig obstruktief. Na my oordeel behoort die
koste die uitslag van die saak te volg.
[44]
Bygevolg is ek van oordeel dat die Eiser ‘n saak vir die
terugbetaling van die deposito van R200 000 uitgemaak het.
Om
voorgaande redes word vonnis soos volg ten gunste van die Eiser
gegee:-
1.
Betaling aan die Eiser van ‘n bedrag van R200 000.
2.
Rente op die bedrag van R200 000 bereken teen 15,5 persent per jaar
vanaf datum van betekening van die dagvaarding tot datum van
betaling.
3.
Koste van die geding.
...............................
P
C VAN DER BYL
WAARNEMENDE
REGTER VAN DIE HOË HOF
NAMENS
DIE EISER ADV A P BRUWER
In
opdrag van: CREIGHTON PROKUREURS
p/a
A L MAREE ING
Bronkhortststraat
79
Groenkloof
PRETORIA
Verw:
B075/BC/tdr
Tel:
(011) 892 3758
NAMENS
DIE VERWEERDER
ADV
G BEYTEL
In
opdrag van: KRUGER & OKES PROKUREURS
Verw:
C1889/FM/bj
Tel:
(011) 814 3444
p/a
H M BOTHA
Suite
202
Waterkloof
Country Gardens
Brooklyn
PRETORIA
DATUM
AANGEHOOR 17 en 18 Mei 2010
UITSPRAAK
GELEWER 15 Junie 2010