About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2010
>>
[2010] ZAGPPHC 168
|
|
Mosholi v Putco (Pty) Ltd (2011 (5) SA 38 (GNP)) [2010] ZAGPPHC 168; 12242/2008 (7 May 2010)
IN
DIE NOORD GAUTENG HOe HOF,
PRETORIA
(REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA)
Saaknommer:
12242/2008
DATE:07/05/2010
In
die saak tussen:
WINNIE
MINA
MOSHOLI
........................................................................
Eiseres
en
PUTCO
(PTY)
LTD
...............................................................................
Verweerder
UITSPRAAK
VAN
DEN HEEVER WR:
Op
12 Desember 2005 om ongeveer 03:00 en op die N4 hoofweg tussen
Middelburg en Belfast het 'n motorbotsing pfaasgevind tussen 'n
Putco
passasiersbus, toe bestuur deur 'n sekere mnr Steven Seloane
("Seloane"), en 'n bakkie, toe bestuur deur 'n sekere
mnr B
Matsini ("Matsini").
Dit
is gemeensaak dat die Eiseres, ten tye van die botsing, 'n passasier
op die Putco bus was, en dat sy teen vergoeding vervoer
was en dat
Seloane die bus bestuur het as werknemer van en binne sy diensbestek
met die Verweerder.
Die
Eiseres het sekere liggaamlike beserings opgedoen in die botsing as
gevolg waarvan sy skade gely het ten opsigte waarvan
sy die
Padongelukkefonds in die Landdroshof aangespreek het ingevolge die
Padongelukkefondswet, Wet 56 van 1996 vir betaling van
die bedrag van
R25 000,00 van haar skade op grond daarvan dat die bestuurder van die
Putco bus waarin sy 'n passasier was se nalatigheid
die ongeluk
veroorsaak het. Hierdie feite is deur die advokate aan my meegedeel
en is gemeensaak. Dit is verder gemeensaak dat
hierdie eis tussen die
Eiseres en die Padongelukkefonds geskik is op die basis
dat die Padongelukkefonds die
voile R25 000,00, wat die gemelde
Fonds se beperkte aanspreeklikheid ten aansien van 'n betalende
passasier in terme van die gemelde
Wet is, betaal het.
In
die huidige aksie vorder die Eiseres die balans van haar skade van
die Verweerder, synde die werkgewer van die bestuurder van
die Putco
bus ten tye van die ongeluk, op grond daarvan dat die Verweerder
middelik aanspreeklik is vir skade, nalatiglik en onregmatiglik
veroorsaak deur die bestuurder, synde 'n werknemer van die Verweerder
wat opgetree het binne sy diensbestek.
By
die aanvang van die verrigtinge voor my het die partye my versoek om
'n bevel te maak ingevolge Reel 33(4) en die kwantum van
die Eiseres
se eis is dan ook deur my geskei van die ander geskilpunte, om
afsonderlik daarvan bereg te word, en die beregting
daarvan is
sine
die
uitgestel.
Die
partye het ook aan my 'n bundel van dokumente opgehandig, wat in die
getuienis gebruik kon word sonder formele bewys daarvan.
Dit het
onder andere 'n stel foto's van die omgewing van die ongelukstoneel
bevat en die partye was dit eens dat die gemelde foto's,
wat in die
omgewing van 'n oorbrug oor die gemelde N4 hoofweg geneem was, die
algemene area van
die botsing aandui.
l
n
Sketsplan is ook opgehandig van die ongelukstoneel wat sekere
afmetings op die pad aantoon, in die omgewing waar die botsing
plaasgevind het, en die partye was dit ook eens dat die afmetings
korrek is.
Die
stel foto's, wat ook deur van die getuies in hulle getuienis
ge'i'dentifiseer is, gee 'n duidelike beeld van die pad in die
omgewing waar die botsing plaasgevind het. Dit is
l
n
lang reguit pad en die botsing het plaasgevind net voor 'n oorbrug
wat oor die pad gaan. Die pad daar maak voorsiening vir twee
bane van
verkeer in elke rigting wat van mekaar geskei word met twee soliede
wit lyne waarbinne 'n reeks onderbroke dwars geel
strepe aangebring
is. Hierdie middelste gemerkte deel van die pad is 500cm breed. Aan
weerskante van die pad is die pad afgemerk
met 'n geel streep en
vanaf die geel streep tot by die rand van die teerblad, waarna die
grondgedeelte van die pad begin, is ook
500cm breed.
Dit
was gemeensaak dat, onmiddellik voor die botsing, die bakkie sowel as
die Putco bus beide in die rigting van Machadodorp beweeg
het en dat
die
Putco
bus agter die bakkie was. Dit was verder gemeensaak dat die botsing,
wat net voor die oorbrug plaasgevind het, plaasgevind
het in die
linkerbaan van die twee bane wat gelei het in die rigting van
Machadodorp.
Die
kern geskilpunt tussen die partye was wat die beweging van die bakkie
was kort voor die botsing plaasgevind het. Die Eiseres
se saak was
dat die Putco bus, terwyl die gemelde bakkie voortbeweeg het in die
linkerbaan van die twee bane wat in die rigting
van Machadodorp lei,
terwyl die bakkie teen 'n spoed van ongeveer 60 tot 80km per uur
beweeg het, reg agter in die bakkie vasgery
het.
Die
Verweerder se saak, daarenteen, was dat terwyl die Putco bus in
aantog was, en kort voordat die botsing plaasgevind het, die
bakkie
aan die linkerkant van die geel streep wat die pad afgemerk het, en
derhalwe van die pad af beweeg het en toe die Putco
bus reeds baie
naby daaraan was, onverwags voor die Putco bus op die pad inbeweeg
het en sodoende die botsing veroorsaak het.
Die
Eiseres het beweer dat die gemelde Seloane nalatig was onder andere
deur:
(a)
Te versuim om 'n behoorlike uitkyk te hou;
(b)
Te vinnig te ry onder die omstandighede;
(c)
Te versuim om
[
n
botsing te vermy toe hy dit kon gedoen het deur redelike voorsorg aan
die dag te le;
(d)
Te versuim om die remme van die voertuig betyds of hoegenaamd
aan te wend;
(e)
Te versuim om spoed te verminder toe hy dit kon en moes gedoen het.
Die
Verweerder se saak was dat die botsing veroorsaak is deur die
uitsluitlike nalatigheid van die gemelde Matsini, wat onder andere
nalatig was in een of meer van die volgende opsigte:
(a)
Deur te versuim om 'n behoorlike uitkyk te hou;
(b)
Deur te versuim om enige alternatiewelik voldoende aandag te skenk
aan die teenwoordigheid van die gemelde Putco bus;
(c)
Deur 'n gevaarlike bewering uit te voer op
l
n
openbare pad;
(d)
Deur in te beweeg op die pad reg voor die aankomende Putco bus op 'n
gevaarlike en ongelee tydstip.
Die
Eiseres is die spreekwoordelike "een persenter" en indien
sy derhalwe daarin slaag om nalatigheid aan die kant van
die gemelde
Matsini te bewys sal sy slaag vir die voile omvang van haar skade
aangesien "n vermindering van haar skade nie
gemaak kan word
ingevolge die Wet op Verdeling van skadevergoeding, Wet 34 van 1956
nie.
Mnr
Potgieter, wat namens die Verweerder verskyn het, het my egter reeds
by die aanvang van hierdie saak in kennis gestel dat medewerkende
nalatigheid van Matsini wel
l
n
geskilpunt in hierdie saak is. Hy het daarop gewys dat indien dit op
die getuienis blyk dat Matsini se optrede nalatiglik bygedra
het tot
die plaasvind van die botsting, die Eiseres se eis inderdaad uitgewis
kan word,
aiternatiewelik
verminder kan word vanwee die bepaiings van Artikel 2(10) van die
gemelde Wet op Verdeling van Skadevergoeding.
Die
Verweerder se volledige pleit in hierdie verband lui soos volg:
"13.1
Demand is admitted, liability to pay is denied.
13.2
Without derogating from the generality of the aforesaid denial, the
Defendant pleads that the Plaintiff has failed to mitigate
its loss
by
failing
to pursue an unlimited claim against the Road Accident Fund in terms
of Section 17 of the Road Accident Act, 56 of 1996
as amended.
13.3
Alternatively to paragraph 13.2 and cumulatively thereto the
Defendant pleads that in the event of the abovementioned Honourable
Court finding that Mr Seloane was negligent, which is denied, and
that such negligence caused or contributed to the collision,
(all of
which is denied) then and in that event the amount which the
Defendant can be held liable for to the Plaintiff is limited
by
virtue of the provisions of Section 2(10) of the Apportionment of
Damages Act, 34 of 1956, as amended, in that:
13.3.1
The Road Accident Fund and the Defendant are joint wrongdoers; and
13.3.2
The Plaintiff and the Road Accident Fund settled the claim for a
limited amount; and
13.3.3
Accordingly, so much of that portion of the damages which, if it had
not been for the agreement of settlement, could have
been recovered
from the Road Accident Fund in terms of Section 2(6) and Section 2(7)
of the said Act or could have been apportioned
to him in terms of
Section 2(8)(a)(ii) or (Hi) can not be recovered from the Defendant."
Ek
sal later hiermee handel.
EISERES
SE SAAK OP NALATIGHEID:
Mnr
Diedericks wat namens die Eiseres opgetree het, het die Eiseres as
eerste getuie geroep. Sy het getuig dat sy op die betrokke
dag 'n
passasier op die Putco bus was en dat sy deel was van 'n groep mense
wat op pad was na 'n uitstappie na die Kruger Wildtuin.
Die bus het
vertrek vanaf Soshanguve, maar het by Doornpoort gestop, waar daar 'n
verdere groep mense opgelaai is. Sy het getuig
dat die gemelde bus in
'n botsing betrokke was en dat sy beserings in die botsing opgedoen
het maar dat sy geen kennis dra van
hoe die botsing plaasgevind het
nie.
Geen
vrae is in kruisondervraging deur mnr Potgieter aan haargestel nie.
Die
volgende getuie was mnr Muntuyedwa Reginald Kuzwayo ("Kuzwayo").
Hy het getuig dat hy ook 'n passasier op die betrokke
bus was en dat
hy een van die passasiers was wat die betrokke nag by Doornpoort
opgeklim het. Hy het die tweede ry van voor af
aan die linkerkant
gesit. Kort nadat hulle weggetrek het, nie lank na middernag nie, het
hy gemerk dat die bestuurder van die betrokke
bus, na sy mening, te
vinnig oor die spoedwalletjies wat oor die pad aangebring was, gery
het. Hy het getuig dat hulle by die Ultra
City vulstasie naby
Middelburg gestop het vir verversings. Daarvandaan het hulle weer
verder gery in die rigting van Machadodorp.
Hy het getuig dat hy
langs 'n mnr Simon Letseka ("Letseka") gesit het. Hy het
gese dat hy opgemerk het dat die bus se
ligte, wanneer dit verdof
was, nie baie goed was nie in die sin dat 'n mens nie ver genoeg voor
in die pad kon sien nie. Hy het
verder getuig dat
l
n
sekere mnr Jack
Chauke
("Chauke") gestaan het terwyl die bus gery het. Op 'n
stadium het hy gehoor Chauke skree "bakkie!" en
onmiddellik
daarna het 'n botsing plaasgevind en die ligte van die bus het
uitgegaan.
Hy
het op die foto's aangedui dat die bus onmiddellik na die botsing na
regs oor die pad beweeg het, teen die skouer van die oorbrug
opbeweeg
het en omgeslaan het. Hyself het ook beserings in die ongeluk
opgedoen. Hy het nie gesien waarmee die bus gebots het nie
en het die
bakkie ook nie voor often tye van die botsing waargeneem nie.
In
kruisondervraging deur mnr Potgieter het hy toegegee dat, as Chauke
nie geskree het "bakkie!" nie, hy nooit sou geweet
het wat
hulle getref het nie en bevestig dat hy nie die bakkie waargeneem het
voor of ten tye van die botsing nie.
Die
volgende getuie was mnr Simon Letseka ("Letseka"). Letseka
het getuig dat hy ook 'n passasier op die gemelde Putco
bus was en
dat hy ook by Doornpoort aan boord gegaan het. Hy het ook getuig dat
die gemelde
Matsini
na sy mening te vinnig oor die spoedwaile wat oor die teerpad
aangebring was, beweeg het toe hulle vertrek het en hy het
verder
getuig dat hy Chauke geken het, na wie die vorige getuie verwys het,
en bevestig dat Chauke ook 'n passasier op die bus
was. Hy het verder
getuig dat die bestuurder van die Putco bus na sy mening te vinnig
gery het en dat die ligte, veral wanneer
dit op domp was, swak was
omdat dit volgens horn die uitsig na vore te veel beperk het. Hy het
getuig dat hy onveilig gevoel het
agter in die bus as gevolg daarvan.
Hy het verder gese dat hy Chauke op 'n stadium hoor skree het
"pasop!". Op daardie
stadium het hy gesien dat Seloane, die
bestuurder van die Putco bus, sy oe nie op die pad voor horn gerig
gehad het nie maar na
'n persoon gekyk het wat besig was om
laserskywe op die laserskyfspeler, waarmee die bus toegerus was, te
vervang. Hy het terselfdertyd
'n gelerige of wit bakkie voor in die
pad gesien wat in dieselfde baan as die bus beweeg het. Die bakkie
het volgens horn 'n vrag
opgehad. Die bestuurder van die bus het
uitgeswaai maar het die bakkie van agter getref. Dit het daarna oor
die pad beweeg en teen
die skouer van die oorbrug opgery waarna dit
teen die brug gebots het en omgeval het. Hyself is ook beseer in die
botsing.
ln
kruisverhoor het hy getuig dat Chauke voor langs die drywer se kajuit
gestaan het en dat hy self eers agter in die bus gesit
het maar later
vorentoe beweeg het. Hy het verder gese dat Chauke op 'n stadium van
agter in die bus na vorentoe beweeg het en
op daardie stadium
hoorbaar sy ontevredenheid te kenne gegee het met die wyse waarop die
bus bestuur word. Hy het sy twyfel uitgespreek
of die bestuurder van
die Putco bus in besit was van
(
n
openbare bestuurspermit. Hy het verder in kruisondervraging erken dat
hy by twee geleenthede beedigde verklarings afgele het,
waarvan een
die statutere eedsverklaring was en die ander 'n eedsverklaring wat
hy aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens gemaak
het. Hy is daarop
gewys dat in nie een van die twee verklarings hy melding gemaak het
daarvan dat hy gesien het hoe die botsing
plaasgevind het nie en hy
het erken dat dit wel so was. Hy het egter volhard dat hy wel gesien
het hoe die botsing plaasgevind
het en gese sy versuim om dit in die
ander eedsverklarings te noem was waarskynlik daaraan toe te skryf
dat hy onder spanning verkeer
het toe die verklarings afgele is. Hy
het in sy getuienis in die Hof gese dat hy ook kon sien dat die
bakkie se agterligte gebrand
het en dat dit 'n vrag opgehad het. Hy
het ook gesien dat die bakkie in die iinkerbaan beweeg het en dat dit
ten tye van die botsing
regs van die geel lyn was wat die pad
afgemerk het van die grondgedeelte.
Die
laaste getuie, wat namens die Eiseres getuig het, was mnr Fernando
Manual. Hy het getuig dat hy die betrokke nag van die botsing
een van
twee passasiers in die gemelde bakkie, bestuur deur Matsini was.
Hulle was vanaf Tembisa op pad na Mosambiek en hy het
links voor in
die bakkie by die passasiersdeur gesit. Hy het getuig dat hulle gery
het in die linkerbaan van die twee bane wat
vir verkeer in die
rigting van Machadodorp beskikbaar was. Die bus wat later met hulle
in
l
n
botsing was het agter hulle in dieselfde baan as die bakkie beweeg.
Hy het getuig dat hy op 'n stadium opgemerk het aan die ligte
van die
voertuig agter hulle, wat hy as 'n bus kon eien, dat dit heen en weer
beweeg het kort voor die botsing plaasgevind het.
Hy het Matsini se
aandag daarop gevestig maar die het horn meegedeel dat hy dit reeds
waargeneem het. Die bakkie het kort daarna
na links beweeg maar
voordat dit uit die pad kon beweeg is dit deur die bus getref en dit
het links van die pad afgery en omgesiaan.
Hyself
was bewusteloos na die botsing, en het ook verdere beserings
opgedoen. Hy het ook gese dat daar geen ander voertuie op die pad
was
in die onmiddellike omgewing waar die botsing plaasgevind het nie.
In
kruisondervraging is hy daarop gewys dat nie een van die ander twee
passasiers wat op die bus teenwoordig was, en wat ook in
hierdie saak
getuig het, gepraat het daarvan dat die bus hierdie heen en weer
bewegings sou gemaak het onmiddellik voor die botsing
nie. Hy het
egter volgehou dat hy dit aan die ligte van die bus kon sien en dat
dit ongeveer drie keer gebeur het net voordat die
botsing plaasgevind
het. Hy is verder daarop gewys dat hy nie in sy Polisieverklaring
melding gemaak het daarvan dat die ligte
van die bus heen en weer
beweeg het onmiddellik voor die botsing nie. Hy het verder getuig dat
hulle spoed gewissel het tussen
60 en 80km per uur aangesien dit 'n
vrag opgehad het. Daar was kruideniersware agter in die bakkie en
bo-op die kap was 'n bed
vasgemaak. Hy het volhard dat hulle in die
linkerbaan van die twee bane vir verkeer in die rigting na
Machadodorp gery het voor
die botsing en het ontken dat hulle van die
pad afgetrek het aan die linkerkant en/of daar gery
het
en/of daar stifgehou het. Volgens hom het hulle heeltyd in die
betrokke linkerbaan beweeg, ook onmiddellik voor en tydens die
gemelde botsing. Hy het ook verder gese dat 'n kar nie links van
daardie geel streep op die teer kan ry nie omdat hy nie sal inpas
op
die teeroppervlakte nie aangesien daardie gedeelte van die
teeroppervlakte te smal is.
VERWEERDER
SE SAAK OP NALATIGHEID:
Die
enigste getuie wat namens die Verweerder getuig het was Seloane. Hy
het getuig dat hy op die betrokke aand die bestuurder van
die gemelde
Putco bus was en dat hulle net na middernag vanaf Doornpoort vertrek
het op pad na die Kruger Wildtuin. Hy het ook
met verwysing na die
foto's wat die omgewing van die botsing weerspieel aangedui dat hy in
die linkerbaan van die twee bane gery
het wat vir verkeer beskikbaar
was in die rigting van Machadodorp. (Dit is dieselfde baan waarin die
bestuurder van die bakkie
beweeg het onmiddellik voor die botsing,
volgens die getuienis van Manuel.) Toe hy die ongelukstoneel genader
het, het hy 'n bakkie
opgemerk langs en af van die pad af aan die
linkerkant van die geel streep.
Hy
was onseker of die bakkie stilgestaan het en of dit beweeg het. Hy
het aangedui dat hy ongeveer 15 na 20 tree van die bakkie
af was toe
die bakkie voor hom in die pad en op die teerblad inbeweeg het. Hy
het gese hy het sy ligte geflikker en
l
n
bietjie na regs geskuif, maar het die bakkie getref met sy linker
voorkant en die bakkie het omgeslaan in die pad voor hom. Hy
het toe
na regs uitgeswaai om die tollende bakkie te vermy en het oor die pad
beweeg en teen die skouer van die oorbrug opbeweeg
waarna die bus
omgeslaan het. Hyself was bewusteloos na die ongeluk en het ook ander
beserings opgedoen. Hy het bevestig dat hy
Chauke geken het en dat
Chauke in die gemelde ongeluk oorlede is. Hy het ook gese dat Chauke
skuins agter hom voor in die bus gesit
het ten tye van die botsing.
Niemand anders was nader aan hom as die bestuurder as Chauke nie. Hy
het verder gese dat sy spoed
ongeveer 80km per uur was en dat hy nie
100km per uur mag oorskry nie. Toe hy die bakkie getref het, was sy
spoed steeds 80km per
uur. Hy het ontken dat hy onmiddellik voor die
botsing sy oe van die pad afgehaal het. Hy het verder gese dat as die
bakkie nie
voor hom op die pad inbeweeg het nie, daar nie 'n botsing
sou plaasgevind het nie.
Onder
kruisondervraging het hy ontken dat die bus se ligte, wanneer dit
verdof was, 'n swak uitsig na vore gebied het. Hy het gese,
met
verwysing na die lengte van 'n sokkerveld, dat wanneer die ligte
verdof was, dit minstens tot by die helfte van die sokkerveld
'n
behoorlike uitsig na vore gebied het en wanneer dit op skerp was,
verder as die doelpale; met ander woorde die hele lengte van
die
veld. Hy het verder gese dat toe die ongeluk plaasgevind het sy ligte
op helder was. Toe hy die bakkie vir die eerste keer
langs die pad
opgemerk het was sy ligte egter verdof gewees. Hy het aangedui dat
toe hy die bakkie vir die eerste keer gesien het,
hy dit waargeneem
het vanwee die weerkaatsers wat agter aan die bakkie geheg was en dat
hy op daardie stadium ongeveer 150 meter
van die bakkie af was. Al
wat hy kon sien op daardie stadium was die weerkaatsers. Toe hy die
weerkaatsers opmerk het hy die bus
se ligte op skerp gesit om beter
te kon sien en hy was toe ongeveer 100 meter van die bakkie af. Hy
kon toe sien dat 'n voertuig
was en dat dit heeltemal buite die pad
aan die linkerkant gestaan het. Die regterwiele was op die
linkerkantste geel streep en
die linkerwiele was van die pad af op
die grondgedeelte. Soos hy nader kom kon hy sien dat die voertuig se
hooffigte aan was aangesien
hy opgemerk het dat na vore skyn. Hy het
weereens bevestig dat hy op daardie stadium onseker was of die
voertuig stilgestaan het
en of dit stadig beweeg het. Op 'n later
stadium in kruisverhoor het hy egter gese dat die voertuig nooit
heeltemal stilgestaan
het nie, maar dat dit stadig beweeg het. Hy het
verder gese dat hy lank na die ongeluk daaraan gedink het dat hy
miskien in die
regterbaan van die twee bane vir verkeer in die
rigting van Machadodorp moes beweeg het. Hy het sy hoofgetuienis, dat
nadat die
bakkie op die pad voor hom inbeweeg het die bakkie weer na
links gedraai het om van die pad af te gaan, bevestig maar gese dat
die stert gedeelte van die kar nog in sy verkeersbaan was en dat hy
toe daarmee gebots het. Hy het gese dat hy aanvanklik gedink
het hy
sal veilig verby die voertuig kan ry indien hy in die linkerbaan bly.
Hy is daarop gewys dat hy in sy Polisieverklaring
gese het dat die
bakkie in die noodlaan gery het. Hy het egter gese dat hy van die
geel lyn gepraat het en nie van 'n "emergency
line" nie. Hy
het verder in sy getuienis eers bevestig, dat behalwe om na regs te
beweeg hy geen ander stappe gedoen het om
'n botsing te vermy nie.
Toe mnr Diedericks hom egter daaroor aangepor het, het hy gese dat hy
ook rem getrap het. Hy het daarna
gese dat hy rem getrap het
dieselfde tyd toe hy na regs beweeg het. Op 'n verdere vraag van mnr
Diedericks of hy nou verstaan wat
beteken weike verdere stappe hy
geneem het ten einde die ongeluk te vermy, het hy geantwoord dat hy
dit wel verstaan. Hy is toe
weereens gevra of hy enige ander stappe
geneem het om die botsing te vermy en hy het weereens "nee"
geantwoord. Hy het
daarop bevestig dat hy 80km per uur gery het toe
hy die voertuig vir die eerste keer gesien het en dat sy spoed
dieselfde was toe
die botsing plaasgevind het. Hy het dus nie spoed
verminder volgens horn nie. Op 'n vraag of hy nie die toeter geblaas
het nie,
het hy gese nee hy het net die ligte geflikker, met ander
woorde dit verwissel van skerp na domp. Dit het onder verdere
kruisverhoor
geblyk dat hierdie drie vermydingspogings naamlik om rem
te trap, sy ligte te flikker, en deur na regs te beweeg gelyktydig
plaasgevind
het toe hy, volgens horn, tussen 9 en 10 tree van die
bakkie af was. Hy het verder bevestig dat daar tydens die botsing
geen ander
karre in die onmiddellike omgewing van die botsing was
nie. Hy het erken dat daar genoeg spasie was indien hy na regs sou
wou uitswaai
om die botsing te vermy.
BETOe
VAN DIE ADVOKATE
Mnr
Diedericks het in sy argument aan die hand gedoen dat die Eiseres se
getuienis geen bydrae lewer ten aansien van die nalatigheidsaspek
nie. In die lig van haar getuienis dat sy glad nie weet hoe die
botsing plaasgevind het nie, is hierdie submissie van mnr Diedericks
klaarblyklik korrek en mnr Potgieter, het nie die teendeel
geargumenteer nie.
Mnr
Diedericks het verder aan die hand gedoen dat dieseifde geld ten
aansien van die getuienis van Kuzwayo. Al bydrae wat Kuzwayo
kan
lewer is dat hy Jack Chauke hoor uitroep het "bakkie!" en
dat die botsing daarna plaasgevind het. Oor hoe presies
die botsing
plaasgevind het en wat die bakkie se bewegings was onmiddellik voor
die botsing plaasgevind het, het hy nooit waargeneem
nie. Sy
getuienis neem die saak dus ook nie verder nie.
Letseka
het in sy getuienis voor my 'n breedvoerige beskrywing gegee van hoe
die botsing plaasgevind het gese dat hy gesien het,
nadat Chauke
uitgeroep het "pasop!", dat die bakkie met die vrag op voor
die bus in dieselfde baan beweeg het en hoe
die bus dan met die
bakkie in botsing gekom het.
Mnr
Diedericks het in die lig van die kruisverhoor van Letseka asook in
die lig van die feit dat hy twee eedsverklarings afgele
het waarin hy
te kenne gegee het dat hy glad nie gesien het hoe dit botsing
plaasgevind het nie, aan die hand gedoen dat sy se
getuienis ook
buite rekening gelaat moet word wanneer die aspek van nalatigheid
bereg word. Dit, so het hy sy argument ontwikkel,
sou dan die
getuienis van Manuel en Seloane laat as die enigste direkte getuienis
van hoe die botsing plaasgevind het. Hy het dan
betoog dat Manuel 'n
geloofwaardige getuie was en dat as sy getuienis aanvaar word, dit
duidelik blyk dat Seloane se optrede die
enigste en direkte oorsaak
van die ongeluk was. Op die getuienis van Manuel kan daar geen sprake
van nalatigheid wees aan die kant
van die bestuurder van die bakkie
nie.
Hy
het verder geargumenteer dat Seloane 'n ongeloofwaardige getuie was,
veral as sy getuienis van die stappe wat hy sou geneem het
om die
botsing te vermy behoorlik ontleed word en dat sy getuienis as
ongeloofwaardig verwerp behoort te word.
Mnr
Diedericks het in ieder gevai geargumenteer dat, selfs al sou ek tot
die gevolgtrekking kom dat ek nie Seloane se getuienis
as
ongeloofwaardig kan verwerp nie, die Eiseres nog steeds moet slaag in
haar eis omdat Seloane op sy eie weergawe nalatig was
deur nie vroeer
en meer na regs uit te swaai nie en deur te versuim om 'n behoorlike
afstand tussen hom en die stadig bewegende
bakkie aan sy linkerkant,
wat gedeeltelik van die pad af was, te laat toe hy die bakkie verby
wou gaan terwyl daar op sy eie getuienis
genoeg ruimte was om 'n
groter toegewing in hierdie verband te maak. Hy het verder
geargumenteer dat aangesien Seloane op sy eie
getuienis 'n bakkie
waargeneem het wat stadig beweeg het aan die kant van die pad, hy
moes voorsien het dat hy op een of ander
stadium op die pad sou
opbeweeg en sy versuim om sy ligte vroeer te flikker en/of om te
toet, kom neer op nalatige optrede aan
sy kant.
Mnr
Potgieter het die getuienis van Kuzwayo, Letseka en Manuel skerp
gekritiseer op die basis dat hulle alma! een gemeenskaplike
tendens
het naamlik dat hulle volgens horn: "Uit hulle pad gaan om die
busbestuurder se vermoens te beswadder op ongeloofwaardige,
inherent
onwaarskynlike en/of botsende wyses". (Ek haal aan uit paragraaf
4 van sy skriftelike hoofde van argument). Hy het
geargumenteer dat
Kuzwayo probeer het om roekelose optrede aan Seloane toe te dig in
die bestuur van die gemelde bus maar ten spyte
daarvan het hy in
geeneen van sy twee eedsverklarings wat hy in verband met die ongeluk
afgele het, enige melding hiervan gemaak
nie. Letseka maak horn ook
hieraan skuldig, behalwe dat sy getuienis nog meer wesenlik van sy
vorige twee eedsverklarings afwyk.
In sy getuienis voor die Hof gee
hy
l
n
volledige beskrywing van hoe die ongeluk plaasgevind het en beweer hy
dat hy gesien het hoe dit plaasgevind het terwyl hy in sy
twee vorige
eedsverklarings meld dat hy glad nie die ongeluk self waargeneem het
nie.
Die
kritiek wat mnr Potgieter teen Manuel geopper het, was hoofsaaklik
die feit dat hy getuig het dat die bus se ligte onmiddellik
voor die
ongeluk heen en weer beweeg het en dat hy dit waargeneem het en dat
hierdie bewering nie in sy eedsverklaring wat hy aan
die Polisie
gemaak het vervat is nie. Hy het verder beklemtoon dat nie een van
die ander twee getuies, hetsy Letseka of Kuzwayo
in hulle getuienis
melding gemaak het daarvan dat die bus heen en weer oor die pad
beweeg het onmiddellik voor die botsing nie.
Hy het dan aangevoer dat
al drie hierdie getuies se getuienis nie net ongeloofwaardig is nie,
maar ook inherent so onwaarskynlik
dat dit verwerp behoort te word
wat dan slegs die getuienis van Seloane laat waarop die geskil oor
nalatigheid bereg moet word.
Die getuienis van die gemelde getuies is
inherent onwaarskynlik omdat, so het die betoog gelei, dit
onwaarskynlik is dat 'n bus
op 'n oop, reguit pad agter in 'n
voertuig sal vasry wat voor hom in die pad beweeg.
Hierteenoor,
het mnr Potgieter betoog, staan die getuienis van Seloane wat
inherent baie meer waarskynlik is en hy het my derhalwe
gevra om sy
getuienis
te aanvaar en bygevolg te aanvaar dat die bakkie wat langs die pad
stilgestaan en/of stadig beweeg het, op 'n ongelee
en gevaarlike
tydstip die teerpad inbeweeg het, reg voor die aankomende Putco bus
in op 'n stadium waarop dit vir Seloane te laat
was om enige
effektiewe vermydingstappe te neem ten einde die botsing te vermy. Hy
het my derhalwe versoek om die Eiser se eis
van die hand te wys met
koste.
DIE
ARGUMENT OOR ARTIKEL
2(10)
Hy
het in die alternatief betoog dat selfs al sou ek bevind dat die
optrede van Seloane nalatig was en dat dit bygedra het tot die
botsing waarin die Eiser skade gely het, die bestuurder van die
bakkie medewerkend nalatig was en dat die relevantheid van die
verweer vervat in Artikel 2(10) van die Wet op Verdeling van
Skadevergoeding wat die Verweerder gepleit het dan ter sprake kom.
As
ek sy argument in hierdie verband reg verstaan lui dit soos volg: "As
'n sogenaamde "een persenter" sou die Eiseres
teen die
Padongelukkefonds haar voile skade kon verhaal as sy aksie teen die
Padongelukkefonds ingestel het op grond van die nalatige
bestuur van
die bestuurder van die bakkie. Sodra daar bevind word dat daar
bydraende nalatigheid was aan die kant van die bestuurder
van die
bakkie, staan hierdie feit vas. Sou daar dan 'n bevinding volg dat
Seloane ook medewerkend nalatig was, is die Verweerder
en die
Padongelukkefonds mededaders ingevolge die Wet op Verdeling van
Skadevergoeding. Die Eiseres het verkies om die Padongelukkefonds
slegs aan te spreek in terme van die
Padongelukkefondswet op grond van die nalatigheid van Seloane ten
aansien
waarvan sy 'n eis gehad het wat tot R25 000,00 beperk is en
daardie eis teen die Padongelukkefonds het sy geskik. 'n Behoorlike
ontleding van die gemelde skikking, wat by ooreenkoms tussen die
partye voor my geplaas was, bring aan die lig dat die Eiseres
nie
slegs haar eis teen die Padongelukkefonds vir die Fonds se beperkte
aanspreeklikheid van R25 000,00 geskik het nie maar ook
enige ander
eis wat sy teen die Fonds kon gehad het voortspruitend uit haar
beserings opgedoen in die gemelde botsing. Sou dit
bewys word dat die
bestuurder van die bakkie derhalwe nalatig was, het sy met die
gemelde skikking ook haar onbeperkte eis teen
die Fonds vir sy
aanspreeklikheid as gevolg van die beserings deur haar opgedoen as
gevolg van die nalatige bestuur van die bestuurder
van die bakkie
geskik. Hierdie argument word gevoer met verwysing na die volgende
bepaling in die skikkingsooreenkoms wat tussen
die Eiseres en die
Padongelukkefonds aangegaan is: "I understand the meaning and
extent of this offer and acceptance notice
and confirm that it
records the full and final agreement between the RAF and me. The RAF
is discharged from all liability pertaining
to the loss suffered in
the abovementioned accident."
Vir
soverre sy derhalwe 'n onbeperkte eis vir die skade wat sy opgedoen
het teen die Padongelukkefonds gehad het, indien nalatigheid
aan die
kant van die bestuurder van die bakkie bewys kon word, het sy die
Fonds by aanvaarding van die skikkingsaanbod waarin die
Fonds die
voile beperkte eis van R25 000,00 betaal, onthef van sy
aanspreeklikheid vir soverre hy moontlik onbeperk aanspreeklik
kon
gewees het.
Bygevolg,
kan die Verweerder hom beroep op die bepaiings van Artikel 2(10)
van die Wet op Verdeling van Skadevergoeding
wat ek
volledigheidshalwe hier volledig aanhaal: "Indien ten gevolge
van die bepaiings aan
(sic!)
'n
ooreenkoms tussen 'n dader en die Eiser, eersgenoemde vrygestel is
van aanspreeklikheid vir die skade wat die Eiser gely het
of sy
aanspreeklikheid daarvoor tot 'n ooreengekome bedrag beperk is, is
soveei van daardie gedeelte van die skadevergoeding wat,
as dit nie
vir 'n bedoelde ooreenkoms en die bepaiings van paragraaf (c) van
sub-artikel (6) of paragraaf (b) van sub-artikel (7)
was nie,
ingevolge sub-artikel (6) of (7) op bedoelde mededader verhaa! sou
kon geword het, of ingevolge sub-paragraaf (2)(ii)
of (iii) van
paragraaf (a) van sub-artikel (8) aan hom toegedeel sou kon geword
het, as wat die bedrag, indien daar is, waarvoor
hy ingevolge
bedoelde ooreenkoms aanspreeklik is, te bowe gaan, nie deur die Eiser
of enige ander mededader verhaalbaar nie."
Mnr
Potgieter se argument kom derhalwe daarop neer dat, en ek haal
weereens aan uit sy hoofde: "Die effek van die Eiseres se
skikking was dat sy alles bo R25 000,00 wat sy van die Fonds kon
verhaal het, nie mag verhaal vanaf die Verweerder nie want indien
sy
nie die skikking aangegaan het nie, sou sy haar voile eis van die
Fonds kon verhaal."
Sy
alternatiewe argument in hierdie verband is dat sy: "...niks
meer mag verhaal vanaf die Verweerder as wat verhaal sou kon
gewees
het indien daar 'n verdeling van aanspreeklikheid sou gewees het
tussen die Fonds en die Verweerder (nie)."
REDES
VIR BEVINDING:
Ek
is van mening dat mnr Diedericks se benadering wat die getuienis
aanbetref, die korrekte benadering in hierdie saak is en dit
is dan
ook die benadering wat ek van voornemens is om te volg. Die getuienis
van die Eiseres lewer geen bydrae tot die oplossing
van die
nalatigheids geskil nie en kan derhalwe buite rekening gelaat word.
Die getuienis van Letseka is bykans op dieselfde grondslag
as die
Eiseres se getuienis aangesien Letseka ook geen getuienis kon aanbied
van oor hoe die ongeluk plaasgevind het nie. Sy getuienis
word
derhalwe ook buite rekening gelaat.
Ek
stem saam met beide advokate dat die getuienis van Kuzwayo oor hoe
die botsing plaasgevind het, onbetroubaar is. Ek bevind inderdaad
dat
hy ongeloofwaardig is en dat dit ondenkbaar is dat hy, waar hy nou so
'n gedetailleerde beskrywing kon gee van hoe die botsing
plaasgevind
het, twee beedigde verklarings sou afgele het nie lank na die botsing
nie, waarin hy te kenne gee dat hy glad nie gesien
het hoe die
botsing plaasgevind het nie. Sy getuienis word derhalwe verwerp.
Dit
laat die getuienis van Manuel en Seloane wat oorweeg moet word.
Manuel het my be'i'ndruk as 'n geloofwaardige getuie en ek het
nie
die indruk gekry dat hy sy getuienis aangedik het nie. Hy het kalm en
rustig in die getuiebank voorgekom en die vrae wat aan
hom gestel is
reguit en sender huiwering beantwoord, en hy het homself ook in geen
wesenlike opsig weerspreek nie. Mnr Potgieter
se hoofpunt van kritiek
teen Manuel se getuienis was dat hy nie die heen en weer beweging van
die ligte van die bus in sy verklaring
aan die Polisie weergegee het
nie. Ek meen nie dat hierdie verskil wat bestaan tussen sy
eedsverklaring en sy getuienis in die
Hof 'n voldoende basis bied om
sy getuienis te verwerp nie. Dit is 'n bekende feit dat getuies wat
Polisieverklarings afle na 'n
ongeluk nie noodwendig gedingvoering
ingedagte het nie en dit is verder 'n bekende feit dat
Polisieverklarings deur Polisie opgestel
word na aanleiding van
antwoorde op vrae wat deur die opsteller van die verklaring aan die
getuie gestel word, en dat dit in baie
gevalle nie 'n voile en
gedetailleerde verklaring is nie.
Manuel
is ook nie deur mnr Potgieter gekritiseer omdat daar weersprekings in
sy getuienis was in die Hof en in sy eedsverklaring
nie. Die feit dat
die heen en weer beweeg van die ligte nie in die Polisieverklaring
gemeld word nie beteken nie dat Manuel homself
weerspreek nie maar
beteken slegs dat in sy getuienis in die Hof hy 'n addisionele feit
genoem het wat nie in sy Polisieverklaring
voorkom nie. Sien onder
andere
Mafaladiso
& Andere v S
(2002) 4AII SA 74
(SCA).
Seloane,
aan die ander kant, het my nie beTndruk as 'n getuie nie. Hy het
allermins 'n heldere en
l
n
duidelike weergawe gegee van veral watter
stappe hyself geneem het onmiddellik voordat die botsing plaasgevind
het om dit te probeer vermy. Sy getuienis in hierdie verband
was
aanvanklik dat hy sy ligte geflikker het en dat hy 'n bietjie na regs
beweeg het. Dit was toe hy ongeveer 15 na 20 tree van
die bakkie af
weg was en toe die bakkie die teerblad inbeweeg het. Die bakkie het
volgens hom toe weer na links beweeg maar hy
het steeds teen die
regter agterkant daarvan met die linker voorkant van die bus gebots.
Daarna het die bakkie omgeslaan en voor
hom in sy baan beweeg waarna
hy na regs uitgeswaai het en oor die pad beweeg het en teen die
skouer van die oorbrug opgery het
waarna die bus omgeslaan het. In
kruisverhoor deur mnr Diedericks het hy later gese hy het gerem ook.
Hy het verder getuig in kruisondervraging
dat tydens die botsing was
sy ligte op skerp gewees. Dit was nadat hy, toe hy die bakkie die
eerste maal gesien het, sy ligte vanaf
verdof na skerp verander het.
Later in sy kruisverhoor blyk dit dat hy gelyktydig, toe hy ongeveer
9 tot 10 meter van die bakkie
af was, drie goed gedoen het. Hy het sy
ligte geflikker (verander vanaf dof na skerp), hy het na regs
uitgedraai en hy het rem
getrap. Hy het egter ook getuig dat, ten
spyte van die feit dat hy rem getrap het, hy nie spoed verminder het
nie. Sy spoed was
ongeveer 150 tree
vanaf die botsing 80km per uur en toe die botsing plaasgevind het was
dit nog steeds 80km per uur. Volgens Seloane het dit ook
geblyk dat,
toe die bakkie voor horn in die pad inbeweeg het, dit baie stadig
moes beweeg het. Nogtans het dit blykbaar van sy
aankoms bewus geraak
want volgens horn, het die bakkie weer na links uitbeweeg, in 'n
klaarblyklike poging om
l
n
botsing te vermy, en was skeef na links gedraai, hy het geillustreer
in die Hof dat dit omtrent 30° of 35° na links gedraai
was
toe die botsing plaasgevind het. Die agterste deel van die bakkie was
egter nog steeds in sy baan. Om hierdie hele manoeuvre
uit te voer,
naamlik om in die pad in te beweeg teen so 'n stadige spoed en om dan
weer daaruit te beweeg na links veronderstel
'n tydsverloop wat nie
te rym is met die prentjie wat Seloane aan die Hof wou voorhou van 's
voertuig wat skielik en op 'n ongelee
tydstip voor horn in die pad
inbeweeg het, op 'n stadium toe dit vir horn onmoontlik was om enige
vermydingstappe te neem om die
ongeluk te vermy nie. Hy het ook
bevestig dat ten tye van die botsing daar geen ander voertuie in die
onmiddellike omgewing van
die botsing was nie.
Mnr
Potgieter het geargumenteer dat as na die onderskeie weergawes van
Manuel en Seloane gekyk word, die omstandighede van die botsing
soos
weergegee deur Seloane inherent meer waarskynlik is as die van
Manuel. Hy het geargumenteer dat dit inherent onwaarskynlik
was dat
Seloane op 'n lang en reguit pad agter in die bakkie voertuig sou
vasry. As dit inherent onwaarskynlik is, is dit na my
mening ook
inherent onwaarskynlik dat 'n bakkie wat langs die pad geparkeer
staan of stadig beweeg op so 'n lang en reguit en stil
pad reg voor
'n aankomende bus die pad sou inbeweeg. Ek is egter van mening dat
hierdie saak nie op waarskynlikhede bereg kan word
nie omdat die
waarskynlikhede en onwaarskynlikhede na my mening op die verskillende
weergawes ewekansig is.
Ek
vind egter die getuienis van Seloane nie net onbetroubaar nie maar
ongeloofwaardig, tot so 'n mate dat ek dit verwerp en ek aanvaar
die
getuienis van Manuel as die getuienis oor hoe die botsing plaasgevind
het.
Seloane
se kleitrappery oor of hy ten tye van die botsing sy ligte geflikker
het en of dit op skerp was, of hy na regs uitgeswaai
het voor die
botsing of slegs daarna en voor die botsing slegs effens na regs
beweeg het, en of hy rem getrap het om daardeur die
botsing te vermy
maar ten spyte daarvan dat hy rem getrap het, hy volgehou het dat hy
nie spoed verminder het nie asook die getuienis
oor die
in-en-uitbeweging van die bakkie in die teerpad aivorens die botsing
plaasgevind het is faktore wat my beweeg het om tot
die
gevolgtrekking te kom dat sy getuienis as ongeloofwaardig aangemerk
moet word.
Dit
is gemeensaak dat die botsing in die linkerbaan van die twee bane vir
verkeer in die rigting van Machadodorp plaasgevind het
en die enigste
vraag is dus of die bakkie onmiddellik voor die botsing links van die
pad was en voor die bus inbeweeg het. Ek bevind
dat dit nie die geval
was nie en dat die botsing plaasgevind het omdat Seloane, bloot
versuim het om 'n behoorlike uitkyk te hou
en die bakkie waarskynlik
nie betyds raakgesien het ten einde horn instaat te stel om
vermydingstappe te neem nie. Dit sal tot
l
n
mate ook 'n verklaring bied vir die feit dat hy nooit in sy getuienis
kon se of die bakkie, toe hy horn die eerste keer gesien
het of selfs
daarna, stilgestaan het en of dit beweeg het nie. Hy was die hele tyd
hieroor onseker wat sou strook met iemand wat
nie 'n behoorlike
uitkyk gehou het oor waar hy ry nie.
Ek
vind derhalwe dat Seloane se nalatigheid die uitsluitlike oorsaak van
die ongeluk was waarin die Eiseres beseer is.
Selfs
al sou ek verkeerd wees om die getuienis van Seloane te verwerp is ek
van mening dat die Eiseres nogtans moet slaag om 100%
van haar skade
bo die R25 000,00 wat sy mag bewys dat sy gelei het, van die
Verweerder te verhaal omdat Seloane op sy eie weergawe
ten minste
medewerkend nalatig was. Op sy eie weergawe sou die botsing nie
plaasgevind het as hy sy ligte vroeer geflikker het
nie, en is dit na
my mening duidelik dat hy, ten spyte van die feit dat hy 'n voile
baan aan sy regterkant gehad het waarvan hy
gebruik kon maak om by
die bakkie verby te beweeg sonder om oor te beweeg na die
teenoorgestelde bane van die pad, hy nie genoegsame
spasie gelaat
tussen hom en die bakkie wat stadig langs die pad beweeg het toe hy
dit verby wou gaan nie. Die feit dat die bakkie
in beweging was of
dat hy onseker was of dit stilstaan of beweeg moes hom op sy hoede
geplaas het en hy moes of stadiger gery het,
of toeter geblaas het om
die bestuurder van die bakkie se aandag op sy aantog te vestig of sy
ligte vroeer geflikker het of meer
na regs beweeg het en sy
nalatigheid moet op sy eie weergawe na my mening op minstens 50%
gestel word. Ek maak hierdie verdeling
vanwee die bepaiings van
Artikel 2(10) van die Wet op Verdeling van Skadevergoeding wat die
Verweerder as
l
n
pleit in hierdie saak geopper het en mnr Potgieter se argument in
hierdie verband het ek reeds na verwys.
TOEPASSING
VAN ARTIKEL
2(10)
Beteken
dit derhalwe dat die Eiseres nou, vanwee die skikking wat sy met die
Padongelukkefonds aangegaan het, vanwee die bepaiings
van die gemelde
Artikel 2(10) geen verdere bedrag van die Verweerder van haar skade
kan verhaal nie of soos die alternatiewe argument
lui, is sy beperk
daartoe om 50% van die skade wat sy eventueel kan bewys minus die
skikkingsbedrag van R25 000,00 van die Verweerder
te verhaal.
Die
antwoord hierop hang myns insiens af van 'n behoorlike vertolking en
toepassing van die gemelde Reel 2(10).
In
sy argument dat deur die skikkingsooreenkoms met die
Padongelukkefonds aan te gaan, die Eiseres die gemelde
Padongelukkefonds
kwytgeskeld het van enige verdere aanspreeklikheid
(en derhalwe ook kwytgeskeld het van die aanspreeklikheid wat dit sou
opgedoen
het om die Eiseres se voile skade te vergoed as
"versekeraar" ten aansien van die bakkie) en dat sy haar
eis teen die
Verweerder daardeur prysgegee is,
alternatiewelik
dit verminder moet word, het mnr Potgieter staatgemaak op die
toepassing van die gemelde Artikel 2(10).
In
Windrum
v Neunborn, 1968(4) SA 283 (TPA)
se
Trollip R op bladsye 293A die volgende: "It is clear that where
a joint wrongdoer relies on Section 2(10) to reduce a claim
for
damages against him, the onus is on him to prove its applicability
and, in particular, to prove the agreement for exemption
from
liability, which is fundamental to its application. Generally, too,
he should raise the defence specifically in his plea in
order to
alert the other party to his intention to rely upon it and
to
ensure that the factual issues involved are adequately investigated
at the trial."
(My eie onderstreping)
Die
geleerde Regter het verder bevind op bladsye 294D dat 'n mededader
wat hom op die bepalings van Artikel 2(10) van die gemelde
Wet wil
beroep, moet bewys: "...The fundamental requirement for its
applicability-an agreement between the father and son
whereby the
latter was exempted from liability for the damages suffered by the
father."
Van
kardinale belang is derhalwe of the Padongelukkefonds en die
Verweerder onder die spesifieke omstandighede van hierdie saak
as
mededaders aangemerk staan te word ingevolge die Wet op Verdeling van
Skadevergoeding. In 'n feitestel wat groot ooreenkomste
toon met die
feitestel in die onderhawige geval het voorgekom in
Maphosa
v Wilke & Andere, 1990(3) SA 789 (TPA).
Die
bestuurder van
(
n
bakkie waarin die Eiser 'n passasier was het van agter in 'n
stilstaande Putco bus vasgery as gevolg waarvan die Eiser sekere
beserings opgedoen het. Die Eiser was ten tye van die botsing ook 'n
"werksman" ingevolge die bepaiings van die Ongevallewet,
Wet No. 30 van 1941 en het ingevolge die bepaiings van daardie Wet
skadeloosstelling ontvang in die bedrag van R30 803,86. Die
Eiser se
skade het egter meer beloop as die skadeloosstelling wat hy ontvang
het en wel in die bedrag van R20 000,00. Die Eiser
het die bestuurder
van die bakkie gedagvaar ingevolge sy gemeenregtelike
aanspreeklikheid vir die balans van sy skade. Die Verweerder,
het
benewens te ontken dat hy nalatig was, die versekeraar van die Putco
bus ingevolge die bepaiings van die gemelde Wet op Verpligte
Motorvoertuig Assuransie gevoeg as eerste Derde Party en Putco
Beperk, in sy hoedanigheid as werkgewer van die bestuurder van die
Putco bus in wie se diensbestek die bestuurder van die gemelde bus
opgetree het ten tye van die botsing, gevoeg as tweede Derde
Party.
Die eerste Derde Party het 'n spesiale pleit geliasseer waarin
aangevoer is dat hy nie 'n mededader was soos bedoel in Artikel
2 van
die Wet op Verdeling van Skadevergoeding nie aangesien hy nie saam
met die Verweerder gesamentlik en afsonderlik "uit
delik
aanspreeklik is teenoor 'n derde persoon nie". Sien in hierdie
verband
Becker
v Kellerman 1971(2) SA 172 (T).
Die
argument wat geopper was in hierdie verband is dat dit sfegs
aanspreeklik is uit hoofde van die bepalings van die Wet op Verpligte
Motorvoertuigversekering, Wet Nr. 56 van 1972.
Hierdie
betoog is deur Du Plessis WR van die hand gewys en hy het bevind dat
die versekeraar en die Verweerder (wat die bestuurder
van die
vermelde bakkie was) wel mededaders is vir doeleindes van die Wet op
Verdeling van Skadevergoeding. Hy het dit bevind met
l
n
verwysing na Artikel 3 van die Wet op Verdeling van Skadevergoeding
wat toe soos volg gelui het: "Die bepalings van Artikel
2 is ook
van toepassing met betrekking tot enige aanspreeklikheid wat
ingevolge die Motorvoertuig Assuransiewet 29 van 1942 aan
die Staat
of 'n persoon ten opsigte van verlies of skade wat veroorsaak is deur
of voortvloei uit die bestuur van 'n motorvoertuig
opgele word."
Du
Plessis WR het die verwysing na Motorvoertuig Assuransiewet 29 van
1942 gelees as 'n verwysing na die Wet op Verpligte
Motorvoertuigversekering
[56 van 1972], wat Wet 29 van 1942 herroep
het en bevind dan dat op die duideiike bewoording daarvan die
versekeraar van die bakkie
wel
l
n
mededader was.
Hy
het verder bevind dat, selfs a! sou hy verkeerd wees in hierdie
bevinding van hom, die versekeraar in ieder geval 'n mededader
ingevolge die omskrywing daarvan in Artikel 2(1) van die gemelde Wet
op Verdeling van Skadevergoeding is omdat, alhoewel hy geen
delikspleger is nie, hy steeds, soos vereis deur Artikel 2(1) van die
gemelde Wet, uit delik aanspreeklik is. Hy bevind in hierdie
verband
dat: "Die 1972 Wet skep nie die aanspreeklikheid van die
bevoegde versekeraar nie, maar wys die versekeraar aan as
die
instansie wat 'n deliksaanspreeklikheid van 'n ander persoon moet
oorneem of aanvaar" (op p798 J).
'n
Soortgelyke feitestel was voorhande in
Smith
v Road Accident Fund 2006(4) SA 590 (HHA).
In
laasgenoemde saak het die Eiseres die bestuurder van die voertuig
waarin sy 'n betalende passasier was gemeenregtelik aangespreek
vir
haar skade na aftrekking van die bedrag van R25 000,00 waarvoor die
Padongelukkefonds in terme van Artikel 18(1 )(b) van die
Padongelukkefondswet aanspreeklik was. Die Verweerder het die aksie
verdedig en gepleit dat die botsing waarin die Eiseres die
beserings
opgedoen het wat tot haar skade gelei het, veroorsaak was deur die
uitsluitlike nalatigheid van 'n Sentra motorvoertuig
en/of 'n Mazda
motorvoertuig, die besonderhede van welke voertuie en die bestuurders
daarvan wat aan die Verweerder onbekend was.
Die Verweerder het dan
verder voortgegaan en 'n derdeparty kennisgewing ingevolge die
bepalings van Reel 13(1) op die Padongelukkefonds
beteken waarin
beweer word dat die Fonds verplig was om ingevolge die bepalings van
Artikel 17(1) van die gemelde Wet, die Eiseres
ten voile te vergoed
vir haar skade,
alternatiewelik
indien die Hof sou bevind dat die ongeTdentifiseerde bestuurders en
die Verweerder medewerkend nalatig was welke nalatigheid
gelei het tot die botsing wat die Eiseres se skade veroorsaak het,
dan moet hulle beskou word as mededaders teenoor die Eiser en
die Hof
is versoek om hulle respektiewe grade van nalatigheid te bepaal en
dat elkeen slegs vir sy pro-rata gedeelte van die
Eiseres se skade
verantwoordelik is nadat hulle onderskeie grade van nalatigheid deur
die Hof bepaal was.
Die
voile argument wat namens die Verweerder daar geopper is, word soos
volg opgesom deur Heher AR, op bladsye 595, paragraaf D
tot F: "As
I understood it, the argument ran like this: The Apportionment of
Damages Act 34 of 1956 confers a right upon a
wrongdoer, sued
delictually, to claim an apportionment from a joint wrongdoer; the
unknown driver is a joint wrongdoer as against
the Third Party. If
the Third Party had instituted action relying on the negligence of
the unknown driver, the Fund would have
stepped into the shoes of
that driver; by joining the Fund, the Defendant is merely doing what
the Third Party could have done.
Thereby enabling the Court to
determine who should pay compensation to the Third Party, the
determination which is consistent with
the purpose of the Act and the
objects of the Fund; indemnification is merely "the flip side"
(counsel's phrase) of compensation.
Thus, so the argument ran, the
relief which the Appellant claimed, was inherent in the Act and
necessary to ensure that its objects
were not frustrated.
Alternatively
,
so counsel submitted, his client's entitlement to an indemnification
flowed from the clear wording of Section 2(1) of the Apportionment
of
Damages Act."
Hierdie
argument word deur Heher AR verwerp. Hy bevind in hierdie verband
onder andere soos volg: "In my view, the submissions
are
contrived and untenable. I have drawn attention to the substance of
Section 17 of the Act,
vis
the
compensation of victims of road accidents arising out of death or
bodily injury. The Appellant is not a victim and the loss
against
which he seeks indemnification is purely pecuniary in nature. The
designated beneficiary of the Fund is not the uninjured
negligent
driver but the victim of his driving. The Act and Regulations
manifest clear and consisted intention in this regard.
To imply the
existence of a right in such a person to sue the Fund for a
contribution or indemnity would fly in the face of reason
and be
contrary to the express terms of the Act. The limitation cannot have
been accidental nor does the exclusion of persons in
the position of
the Defendant give rise to an anomaly since it is fair to say that
such a negligent driver does not even have a
moral claim on the
Fund."
Hy
het verder bevind dat die beroep op die Wet op Verdeling van
Skadevergoeding ook misplaas is aangesien daardie Wet nie in Artikel
2(1) daarvan 'n skuldoorsaak skep nie. Hy se in hierdie verband:
"What it does is to provide the means of sharing the burden
of
damages against joint wrongdoers in delict.
Prima
facie,
the
Fund is not such a wrongdoer when an unidentified driver or owner is
involved because its liability is essentially statutory,
prove of a
delict alone, being by reason of the Regulations of the Act, wholly
insufficient to establish a cause of action against
it. But the
legislator has, in the circumstances of this appeal, put the matter
beyond doubt by providing (in Section 3 of the
Apportionment of
Damages Act) that Section 2 applies where a liability is imposed in
terms of the Road Accident Fund Act. While
the Fund is a person on
whom liability is imposed in circumstances contemplated in the Act to
the third party, it is not, as I
have found, under any liability to a
negligent driver who inflicts loss or damage upon a third party. The
consequence is that the
Fund cannot be a joint wrongdoer of the
Appellant in the circumstances of this appeal" (op p596 par 10).
Dit
is opmerklik dat Heher AR, waar hy tot hierdie slotsom kom, hom
spesifiek hom soos volg uitlaat in 'n voetnota: "I express
no
opinion as to the correctness of the opposite conclusion reached by
Du Plessis AJ in
Maphosa
v Wilke & Andere 1990(3) SA 789 (T) op 798A - G
in
relation to the liability of the Fund when the driver is
identifiable."
Ten
spyte van hierdie voorbehoud is ek van mening dat die ratio waarom
daar in
Smit
v Road Accident Fund
bevind
is dat die Fonds nie 'n mededader is met die Verweerder in daardie
saak nie, ook toepassing vind op die feite in
Maphosa
v Wilke & Andere.
Net
soos in die geval van 'n onge'i'dentifiseerde bestuurder is die
aanspreeklikheid van die Padongelukkefonds, waar die bestuurder
van
die ander voertuig wel identifiseerbaar is, statuter en nie
gemeenregtelik nie.
Die
grondslag van die FONDS se aanspreeklikheid in beide gevalle word
neergele in artikel 17 van die Wet (Sien a17(1)(a) en (b).
Alhoewel
die Eiser in 'n aksie teen die Padongelukkefonds 'n delik moet bewys
naamfik dat hy beserings opgedoen het as gevolg van
die nalatige
bestuur van 'n motorvoertuig as gevolg waarvan hy skade gelei het, is
die aanspreeklikheid van die Padongelukkefonds
gegrond op die
bepalings
van
die Padongeiukkefondswet. Sy aanspreeklikheid is derhalwe statuter
alhoewel dit slegs in werking tree indien die delik waarna
hierbo
verwys is, deur die Eiser bewys word. Dit bring egter na my mening
nie mee dat die aanspreeklikheid van die Padongelukkefonds
enigiets
anders as 'n statutere aanspreeklikheid is en dit is nie
gemeenregtelik aanspreeklik uit delik nie. Ek verskil derhalwe
met
respek van Du Plessis WR in hierdie verband.
Indien
ek korrek is in my bevinding dat daar in
Maphosa
v
Wilke
& Andere
,
hierbo
verkeerdelik bevind is dat die Padongelukkefonds 'n mededader is
onder die omstandighede van daardie saak, noop dit my om
tot die
gevolgtrekking te kom dat ook in die onderhawige geval die
Padongelukkefonds nie aangemerk staan te word as 'n mededader
ingevolge die Wet op Verdeling van Skadevergoeding nie. Aangesien
Artikel 2(10) slegs toepassing vind wanneer die Eiser 'n ooreenkoms
met 'n
mededader
aangaan wat horn vrygeskeld van aanspreeklikheid of sy
aanspreeklikheid tot 'n ooreengekome bedrag beperk, sal die bepalings
daarvan
dan uit die aard van die saak nie in die onderhawige geval
toepassing vind nie.
Dit
skyn ook dan net logies te wees dat as die Verweerder in die
onderhawige saak die Padongelukkefonds nie kon voeg as 'n mededader
deur 'n Reel 13(1) kennisgewing op hom te beteken en sodoende 'n
vrywaring van dit kon bekom nie, hy dit ook nie indirek sal kan
bewerkstellig deur hom teenoor die Eiseres op die bepalings van
Artikel 2(10) te beroep nie.
Dit
is dus nie nodig om verder daarop in te gaan of Artikel 2(10)
inderdaad slegs bedoel was om voorsiening te maak vir ooreenkomste
wat voorafgaande die skadeveroorsakende gebeurtenis gesluit word met
'n potensiele dader ingevolge waarvan so 'n potensiele dader
van
aanspreeklikheid vrygeskeld en onthef word of sy aanspreeklikheid tot
'n ooreengekome bedrag beperk word nie. Sien in hierdie
verband
Prinsloo
v Du Preez N.O. 1965(4) SA op 303A
en
McKerron,
The Law of Delict, 6de Uitgawe, op 288 tot 289
waar
die geleerde skrywer kommentaar lewer oor die effek en bedoeling van
die gemelde Artikel 2(10).
Daar
is egter 'n ander rede waarom ek van mening is dat die Verweerder nie
toegelaat behoort te word om hom op die bepalings van
Artikel 2(10)
van die Wet op Verdeling van Skadevergoeding in die besondere
omstandighede van hierdie saak te beroep nie. Ek stem
met respek saam
met die bevinding van Trollip R in
Windrum
v Neunborn,
supra,
dat
die persoon wat hom op die bepalings van Artikel 2(10) wil beroep die
bewyslas dra om 'n Hof te oortuig dat die Eiser inderdaad
'n
ooreenkoms aangegaan het met 'n mededader waarkragtens die mededader
vrygeskeld is van aanspreeklikheid of sy aanspreeklikheid
daarvoor
tot 'n ooreengekome bedrag beperk is.
Toegepas
op die feite van die onderhawige saak het die bewyslas op die
Verweerder gerus om voldoende getuienis aan te bied om hom
by 'n
oorwig van waarskynlikhede van sy bewyslas in hierdie verband te
kwyt. Ek meen dat daardie gedeelte van Artikel 2(10) wat
verwys na
die beperking
van
die mededader se aanspreeklikheid tot
l
n
ooreengekome bedrag nie in die onderhawige geval toepassing vind nie.
Dit is gemeensaak dat, alhoewel die Eiseres se saak met
die
Padongelukkefonds geskik is vir
l
n
bedrag wat minder is as die beweerde skade naamlik R25 000,00,
hierdie R25 000,00 nie 'n ooreengekome bedrag tussen die Eiseres
en
die Padongelukkefonds is soos bedoel in die gemelde artikel nie, nie
maar die statutere maksimum bedrag waarvoor die Padongelukkefonds
teenoor 'n passasier wat teen vergoeding vervoer word aanspreeklik
is. Die eisbedrag is derhalwe nie vir 'n mindere bedrag geskik
nie
maar vir die maksimum bedrag waarvoor die Padongelukkefonds statuter
teenoor die Eiseres as passasier aanspreeklik was. Die
enigste
gedeelte van Artikel 2(10) wat in die onderhawige geval van
toepassing is, is die vrystellingsgedeelte en die vraag wat
derhalwe
gevra moet word is of die Verweerder hom van sy bewyslas gekwyt het
om te bewys dat die Eiseres 'n ooreenkoms met die
Padongelukkefonds
gesluit het waarkragtens die Padongelukkefonds vrygeskeld is van
aanspreeklikheid teenoor die Eiseres.
Mnr
Potgieter het dan ook inderdaad betoog, en daar is reeds hierbo
daarna verwys, dat op 'n behoorlike vertolking van die
skikkingsooreenkoms
dit presies is wat die Eiseres gedoen het. Sy het
nie net haar beperkte statutere eis teen die Padongelukkefonds geskik
nie maar
het daarmee ook die Fonds vrygeskeld van enige
aanspreeklikheid wat dit mag opgedoen het in die hoedanigheid as
"versekeraar"
ten aansien van die bakkie, indien daar
nalatigheid aan die bestuurder van die bakkie se kant bevind kon
word.
Na
my mening sou so 'n vryskelding neerkom op 'n afstanddoening van haar
reg om die Padongelukkefonds te dagvaar in sy hoedanigheid
as
"versekeraar" van die bakkie.
Die
blote bewoording van die gemelde klousule in die skikkingsooreenkoms,
wat ek reeds hierbo aangehaal het, skep oenskynlik die
indruk dat dit
wel is wat die Eiseres gedoen het, aangesien die klousule daarop dui
dat die Padongelukkefonds kwytgeskeld word
van alle aanspreeklikheid
met betrekking tot enige verlies wat die Eiseres gely het in die
bogemelde ongeluk. Die ongeluk is 'n
klaarblyklike verwysing na die
ongeluk waarin die Putco bus en die bakkie betrokke was.
'n
Afstanddoening van regte sal egter nie ligtelik bevind word nie. In
Hepner
v Roodepoort Maraisburg Town Council, 1962(4) SA 772 (AA) op bladsye
778H
laat
Steyn HR hom soos volg hieroor uit: "In the ordinary case of a
waiver, the
facta
probanda
would
be full knowledge of the rights in question and express waiver or
waiver by plainly inconsistent conduct, i.e. knowledge of
a
particular kind and surrender of the right in a particular manner.
The existence of these requires no stronger proof than a balance
of
probabilities. Whether or not conduct so proved is plainly
inconsistent with the continuance of the right, would be a matter
for
inference by the Court from the nature of the conduct proved."
Sien
verder in hierdie verband
The
Law of Contract in South Africa, HR Christie, 5de Uitgawe, op bladsye
441
en
verder, en
Road
Accident Fund v Mothutsi, 2000(4) SA 38 (HHA) op 49F en verder.
In
die onderhawige geval word staatgemaak daarop dat die Eiseres
uitdruklik by ooreenkoms afstand gedoen het van haar regte deur
die
Padongelukkefonds kwyt te skeid van sy onbeperkte aanspreeklikheid
wat hy teenoor die Eiseres sou gehad het. Dit is in hierdie
verband
belangrik om daarop te let dat geen getuienis hoegenaamd voor die Hof
geplaas was oor die konteks en die agtergrondsomstandighede
waarteen
die gemelde kontrak tussen die Eiseres en die Padongelukkefonds
gesluit is nie behalwe dat daar aan die Hof meegedee!
is dat dit 'n
skikking was wat aangegaan is nadat die Eiseres die Padongelukkefonds
vir sy statutere maksimum as versekeraar ten
aansien van die Putco
bus van R25 000,00 in die Landdroshof aangespreek het. 'n Hof sal
daarteen waak om die bepaiings van 'n kontrak
of die kontrak self in
isolasie te interpreteer en alhoewel ons howe slegs in geval van
dubbelsinnigheid die sogenaamde omringende
omstandighede van 'n
kontrak as uitlegmiddel toegelaat het, is mettertyd aanvaar dat die
agtergrondsomstandighede altyd toelaatbaar
was. Vele sake
toon aan dat die onderskeid tussen
agtergrondsomstandighede en omringende omstandighede
soms baie
moeilik is om te bepaal en daar was reeds sterk
obiter
dicta
van
die Eenparige Bank van die Hoogste Hof van Appel dat hierdie
onderskeid oorboord gegooi behoort te word.
Sien:
KPMG
Chartered Accountants (SA) v Securefin Limited 2000(4) SA 399 (HHA)
parr 38 and 39 Pangpourne Properties Limited v Gill &
Ramsden
(Pty) Ltd 1996(1) SA 1182(A) op 1187 (E) tot (F) Mass Stores (Pty)
Ltd v Murray & Roberts Construction (Pty) Ltd 2008(6)
SA 654
(HHA)
Dit
is dus om hierdie rede dat dit vir 'n Hof ongewens is om die finale
betekenis van 'n kontrak te bepaal voordat die getuienis
van die
partye ten aansien daarvan volledig aangebied en geventileer is.
Nou
is dit so dat in die onderhawige geval die Verweerder slegs staatmaak
op die feit dat die skikkingskontrak aangegaan is en geen
getuienis
hoegenaamd omringend die aangaan van die gemelde kontrak is aangebied
nie. Van groot belang in hierdie verband is dat,
toe die Eiseres
getuig het, wat na bewering haar onbeperkte eis teen
die Padongelukkefonds "weggeteken"
het en afstand daarvan
gedoen het toe sy die skikkingsooreenkoms aangegaan het, is nie 'n
enkele vraag in hierdie verband aan haar
gevra nie. Geen stelling is
aan haar gemaak om te bepaal of sy met voile kennis van haar regte
afstand gedoen het van hierdie sogenaamde
onbeperkte eis teen die
Padongelukkefonds toe sy die skikkingsooreenkoms aangegaan het nie.
Mnr Potgieter, het inderdaad geen vrae
hoegenaamd aan die Eiseres
gevra nie.
In
die lig van die bietjie agtergrondsgetuienis wat wel voor my geplaas
was waarteen die skikkingsooreenkoms aangegaan is, is ek
hoegenaamd
nie oortuig dat die Eiseres by aangaan van die skikkingsooreenkoms
enigsins die bedoeling gehad het om afstand te doen
van 'n moontlike
onbeperkte eis wat sy teen die Padongelukkefonds gehad het nie.
Die
skikkingsooreenkoms is aangegaan teen die agtergrond van 'n
Landdroshofdagvaarding waarin die Eiseres van die Padongelukkefonds
die maksimum geeis het wat sy van hulle kon eis as passasier wat teen
vergoeding vervoer is in die Putco bus, en toe hulle aangebied
het om
hierdie bedrag te betaal, is die skikkingsooreenkoms geteken.
De
facto
het
die Eiseres daarmee die maksimum aanvaar wat sy onder daardie
betrokke omstandighede van die Padongelukkefonds kon verhaal en
dit
is nie te se dat die onbeperkte eis wat sy moontlik teen die
Padongelukkefonds kon he, indien nalatigheid aan die kant van
die
bestuurder van die bakkie bewys kon word, hoegenaamd in die partye se
kontemplasie was toe die ooreenkoms gesluit was nie.
Hierdie
aspek moes na my mening ten minste met die Eiseres in kruisverhoor
geopper gewees het sodat sy in 'n posisie geplaas kon
word om daarop
kommentaar te lewer. Indien dit aan haar gestel sou gewees het dat sy
afstand gedoen het van haar onbeperkte eis
wat sy moontlik teen die
Fonds kon gehad het, kon sy bes moontlik 'n bevredigende antwoord
daarop gehad het. Na my mening is dit
nie 'n aspek wat die Eiseres in
hoofgetuienis hoef te geopper het nie aangesien die bewyslas, soos
reeds gemeld, ten aansien van
Artikel 2(10) van die Wet op Verdeling
van Skadevergoeding op die Verweerder rus.
Ek
bevind derhalwe, dat selfs al sou ek verkeerd wees in my bevinding
dat die Verweerder en die Padongelukkefonds nie op die feite
van die
onderhawige saak mededaders is vir doeleindes van die Wet op
Verdeling van Skadevergoeding en dat die bepaiings van Artikel
2(10)
derhalwe nie van toepassing is nie, die Verweerder in ieder geval nie
daarin geslaag het om hom te kwyt van die bewyslas
wat op hom gerus
het nie. Die Verweerder het na my mening nie daarin geslaag om te
bewys dat die Eiseres die Padongelukkefonds
kwytgeskeld het van sy
aanspreeklikheid in sy hoedanigheid as "versekeraar" van
die bakkie nie en die bepaiings van Artikel
2(10) van die Wet op
Verdeling van Skadevergoeding vind na my mening derhalwe geen
toepassing hier nie.
My
bevinding is derhalwe soos volg:
1.
Die Verweerder is aanspreeklik vir soveel van die skade as wat die
Eiseres kan bewys sy gely het voortspruitend uit die beserings
opgedoen in die botsing as wat die bedrag van R25 000,00 te bowe
gaan.
2.
Die Verweerder is verplig om die koste vir die beregting van hierdie
geskilpunte te betaal.
VAN
DEN HEEVER WR
VERSKYNINGS:
VIR
EISERES.
ADV.
N DIEDERICKS
PROKUREURS
WILSENACH
VAN WYK GOOSEN AND BEKKER
GLEN
GABLES OFFICE PARK
c/o
GENERAL LOUIS BOTHA LYNNWOOD ROAD
LYNNWOOD
GLEN
PRETORIA
REF
MR S WHITE/44/557588/95
012
322 6951
VIR
VERWEERDER
ADV.
TALL POTGIETER
PROKUREURS
SAVAGE
JOOSTE & ADAMS
BOSHOFFSTRAAT
141
NIEUW MUCKLENEUK
REF
M HAASBROEK/gl/cooz
012
452 8200