About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2010
>>
[2010] ZAGPPHC 312
|
|
Jardim and Another v Jardim (22320A/2009) [2010] ZAGPPHC 312 (30 April 2010)
SAFLII
Note:
Certain
personal/private details of parties or witnesses have been
redacted from this document in compliance with the law
and
SAFLII
Policy
IN DIE NOORD
GAUTENG HOë HOF, PRETORIA
(REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA)
Saaknommer:
22320A/2009
Date: 30 April 2010
In die saak tussen:
REINETTE
DEE SOUSA
JARDIM
.......................................................................................
Eerste
Applikant
CONDON
BELEGGINGS
BK
.............................................................................................
Tweede
Applikant
en
JAME
ALBERTO SERRAO
JARDIM
..........................................................................................
Respondent
REDES VIR DIE
BEVEL VERLEEN OP 28 APRIL 2010
Ek
het op 30 Oktober 2009 uitspraak gegee in die bogemelde saak waarin
ek sekere regshulp toegestaan het ten gunste van die twee
Applikante
teen die Respondent. Op 6 November 2009 het die Respondent ‘n
aansoek vir verlof tot appél geliasseer,
welke aansoek ek op
28 April 2010
aangehoor
het
Mnr Van Coller het vir die Respondent (die Applikant in die aansoek
om verlof) opgetree en mnr Hattingh namens die twee Applikante
(die
Respondente in die aansoek om verlof om te appelleer).
Na aanhoor van beide
advokate het ek die aansoek om verlof om te appelleer van die hand
gewys met koste en aangedui dat ek later
my redes sal afhandig.
Hier volg my redes
dan:
Die enigste rede
hoekom die aansoek om verlof om te appelleer op 28 April 2010
aangehoor was, was omdat die Tweede Applikant gedurende
die eerste
helfte van April 2010 kennis gegee het van hulle voorneme om aansoek
te doen om die tussentydse inwerkingstelling van
die bevel verleen op
30 Oktober 2009, hangende die uitslag van die aansoek om verlof om te
appelleer. Hierdie aansoek is deur die
Respondent geopponeer en
eedsverklarings is geliasseer in antwoord waarop die Eerste Applikant
gerepliseer het.
Toe ek genader was
deur die partye om ‘n datum te reël waartydens die aansoek
om tussentydse inwerkingstelling geargumenteer
kan word, is
uiteindelik op die datum van 28 April 2010 ooreengekom. Ek het
voortydig dit aan die partye se regsverteenwoordigers
laat blyk dat
die aansoek om verlof om te appelleer ook op 28 April 2010 aangehoor
sal word.
Dit het uit die
Respondent se beantwoordende eedsverklaring geblyk dat hy voornemens
is om ‘n aansoek om verlof om verdere
getuienis aan te bied, te
bring welke aansoek voor die gepaste forum, naamlik die betrokke
instansie van appél, geargumenteer
sal word.
Toe die aansoek om
verlof om te appelleer geargumenteer is, het mnr Van Coller my
meegedeel dat ek die bewerings vervat in sy beantwoordende
verklaring, waar volgens hom die hele kwessie van die nuwe getuienis
wat hy voor ‘n Hof van Appél wil plaas, volledig
uiteengesit is, te beskou as sy aansoek om nuwe getuienis voor die
Hof te plaas en versoek dat daar nie aangedring moet word dat
‘n
substansiële nuwe aansoek om verlof om verdere getuienis aan te
bied afsonderlik voor my geplaas word nie. Mnr Hattingh
het nie
beswaar hierteen gehad nie en ek het te kenne gegee dat ek die
beantwoordende verklaring in daardie lig sal beskou, veral
omdat dit
nie my taak sou wees om te beslis of die getuienis toegelaat moet
word al dan nie aangesien die Hof van Appél
die gepaste forum
is waarop hierdie aansoek eventueel geargumenteer sal moet word.
Die nuwe getuienis
wat die Respondent wil aanbied wat, indien dit toegelaat word,
volgens mnr Van Coller aan die Respondent redelike
vooruitsigte op
sukses op appél sal gee, is egter wel relevant in dié
opsig dat ek dit wel kan oorweeg om te bepaal
of, indien dit
toegelaat sou word op Appél, dit enige wesenlike verskil sou
gemaak het aan die uitspraak in dié opsig
dat die nuwe
getuienis aan die Respondent redelike vooruitsigte op appél
sal gee.
Die uitspraak was
hoofsaaklik gebaseer op ‘n koopkontrak van ‘n besigheid
wat gesluit was tussen die Eerste Applikant
en die Tweede Applikant
ingevolge waarvan die Respondent ‘n sekere besigheid by die
Eerste Applikant gekoop het. Ek handel
met die koopkontrak in my
uitspraak en het bevind dat die Eerste Applikant die koopkontrak
regmatiglik gekanselleer het soos meer
volledig uiteengesit in die
uitspraak en vind dit nie nodig om dit hier te herhaal nie.
Kortliks gestel, was
daar bevind dat die kontrak regmatiglik gekanselleer was as gevolg
van die Respondent se kontrakbreuk deur:
1. Te versuim het om
die nodige lewensversekering uit te neem ter versekering en betaling
van die balanse verskuldig aan Eerste
Nasionale Bank en sy vader, by
sy afsterwe; en
2. Deurdat hy
nagelaat en versuim het om stiptelik die maandelikse betalings te
maak by Eerste Nasionale Bank ten aansien van die
oortrokke rekening
soos wat hy verplig was om te doen.
‘
n
Behoorlike aanmaning om sy verpligtinge in terme van die kontrak na
te kom, is aan die Respondent gerig op 5 Maart 2009. Dit was
gemeensaak dat daar geen reaksie op hierdie aanmaning was nie en die
Eerste Appiikant het die kontrak gekanselleer by wyse van
‘n
skrywe gedateer 20 Maart 2009, en op 15 April 2009 is die aansoek
deur haar geloods.
Tydens die argumente
wat aangevoer was toe die aansoek geargumenteer was, het mnr Van
Coller toegegee dat geen polis na kontraksluiting
uitgeneem was deur
die Respondent ter versekering van betaling van enige balanse
verskuldig aan Eerste Nasionale Bank en die Respondent
se vader by
die Respondent se afsterwe nie. Dit was gemeensaak dat die bedrag wat
aanvanklik by Eerste Nasionale Bank geleen was
deur die Eerste
Applikant R160 000,00 was en die bedrag wat by die Respondent se
vader geleen was R100 000,00 was nie.
Tydens die
aanvanklike argument het mnr Van Coller die houding ingeneem dat
hierdie kontrakbreuksvorm van die Respondent nie neergekom
het op ‘n
kontrakbreuk “which went to the root of the contract” nie
en het dit derhalwe nie die Eerste Applikant
geregtig gemaak om die
kontrak as gevolg daarvan te kanselleer nie.
In
die uitspraak is hierdie argument verwerp en soos reeds vermeld is
bevind dat die kontrak, onder andere op die Respondent se
versuim om
hierdie lewensversekeringspolis uit te neem, regmatiglik gekanselleer
is en in die aansoek om veriof om te appelleer
word hierdie deel van
die uitspraak hanteer, in paragraaf 3 van die gronde wat daarin
weergegee word, deur te sê:
“
But
this is explained by the Respondent to say that in every event where
he did not comply with the strict terms of the agreement
it was by
agreement between him and the Applicant. ”
Dit
is ‘n klaarblyklike poging,
ex
post facto,
om
te argumenteer, dat dit tussen die Eerste Applikant en die Respondent
ooreengekom was dat hy nie die polis hoef uit te geneem
het nie.
Nêrens egter
in die oorspronklike beantwoordende eedsverklaring is daar so ‘n
bewering nie en die waarheid van die saak
is dat daar glad nie
geantwoord was op die Eerste Applikant se uitdruklike bewerings in
die aanvanklike funderende eedsverklaring
waarin sy uitdruklik in
paragraaf 81 daarvan haar soos volg uitlaat nie:
(a) The nature of
the life insurance was to be such to secure and pay, in the event of
his death, for payment of any outstanding
balance due to First
National Bank and the Respondent’s father.
(b) I am unaware
of any such life insurance cover being taken and in existence for the
intended purpose either then or now.
(c) The only life
insurance cover that the Respondents took was ceded in favour of his
children and as a result not available for
the purpose as required in
accordance with clause 6 of the 2004 agreement. This particular
policy has since been cancelled due
to non-payment by the Respondent.
(d) In the
premise, the Respondent is in default of compliance of clause 6 of
J’s Pub & Grill agreement.’’
Die bewerings vervat
in hierdie paragraaf moet geag word erken te wees aangesien die
Respondent in sy repliek hoegenaamd geen kommentaar
daarop gelewer
het nie. Die Respondent probeer hierdie probleem wat in sy saak
bestaan nou oorkom op die volgende wyse:
1. In die
beantwoordende eedsverklaring wat nou geliasseer is op die Applikante
se aansoek om tussentydse inwerkingstelling van
die bevel, beweer hy
dat daar wel ‘n polis in plek was by Liberty Life op die
stadium toe kontrak gesluit was op 5 Oktober
2004. Hy heg naamlik ‘n
skrywe aan van Liberty Life wat besonderhede gee van ‘n polis
wat volgens hom voldoende sou
wees om sy verpligtinge ingevolge die
kontrak te delg sou hy te sterwe kom voordat die verskuldigdheid aan
FNB sowel as sy pa,
naamlik die totale bedrag van R260 000,00 deur
hom betaal was.
2. Die skrywe van
Liberty Life wat aangeheg word is 29 Oktober 2008 en die skrywe gaan
vergesel van besonderhede van ‘n polis
met kontraknommer
58898152900 wat van krag was (klaarblyklik op 29 Oktober 2008) en
waar die begunstigdes soos volg aangedui word:
(a) Die Eerste
Applikant: 60%
(b) Sy drie seuns:
8% elk
(c) Sy twee
stiefseuns: 8% elk
3. Die bruto
sterftewaarde van die polis is R1 507 056,00 en die datum waarop die
polis uitgeneem is word aangegee as 1 Mei 2003.
Dit verwys derhalwe
na ‘n bestaande polis wat van krag was toe die koopkontrak
gesluit was. In haar repliek tot hierdie bewering
van die Respondent
in sy beantwoordende eedsverklaring ter opponering van die aansoek om
tussentydse inwerkingstelling heg die
Eerste Applikant egter ‘n
skrywe van Liberty Life aan, gedateer 13 Januarie 2009, gerig aan die
Respondent waarvolgens dit
blyk dat hierdie polis soos op daardie
datum, naamlik 13 Januarie 2009, se premies agterstallig was en dat
die begunstigdes op
daardie datum slegs sy drie seuns was wat
begunstigdes was vir die opbrengs in geiyke dele van 33,3%. Op
daardie datum was die
Eerste Applikant derhalwe nie meer ‘n
begunstigde in terme van die gemeide polis nie. Dit is opvallend dat
dit die posisie
was op 13 Januarie 2009, met ander woorde bykans 2
maande voordat die aanmaning ingevolge die kontrak aan die Respondent
gerig
is om te voldoen aan die verpligting om die gemeide polis uit
te neem ter versekurering van sy uitstaande verpligtinge in terme
van
die kontrak tussen hom en die Eerste Applikant.
Sy heg dan ook ‘n
verdere skrywe aan van Liberty Life gedateer 27 Maart 2009 aan die
Eerste Respondent waarkragtens die Respondent
in kennis gestel word
dat die betrokke polis gekanselleer is.
Dit is duidelik dat
die skrywes van Liberty Life almal verwys na dieselfde polisnommer
naamlik 5[...] en daarvolgens is dit derhalwe
duidelik dat die
gemeide polis op 27 Maart 2009 gekanselleer is. Die skrywe van
Liberty Life gedateer 29 Oktober 2008 wat die indruk
skep dat die
polis toe nog van krag was, neem die saak derhalwe nie verder nie.
Dit blyk nou
duidelik dat alhoewel die polis wel op 5 Maart 2009, wat die datum
van die aanmaning is, van krag was, die Eerste Applikant
op daardie
stadium nie meer ‘n begunstigde onder die polis was nie.
Hoe dit ookal sy,
dit is nog steeds gemeensaak en mnr Van Coller het dit ook vandag
toegegee dat dit gemeensaak is dat die Respondent
nooit na die
kontrak gesluit is, ‘n lewensversekeringspolis uitgeneem het om
die R260 000,00 totale verpligtinge te versekureer
ingeval hy te
sterwe sou kom voordat dit ten voile betaai is nie. Hy het
geargumenteer dat dit substansiële voldoening aan
hierdie
bepaling van die kontrak sou wees indien daar ‘n bestaande
polis was genoegsaam voorsiening gemaak het om die uitstaande
balans
te delg waaronder die Eerste Applikant die begunstigde was of indien
so 'n polis aan haar gesedeer sou gewees het.
Alhoewel sy
gedurende 2008 ‘n begunstigde onder die gemelde polis by
Liberty Life was, blyk dit nou dat sy teen Januarie 2009
(sien die
skrywe van Liberty Life gedateer 13 Januarie 2009) nie meer ‘n
begunstigde onder die polis was nie. Daar is ook
nêrens ‘n
bewering in die oorspronklike stukke sowel as in die huidige
beantwoordende eedsverklaring ‘n bewering
gemaak dat hierdie
betrokke polis of ‘n bestaande polis aan die Eerste Applikant
gesedeer is nie.
Al word al hierdie
nuwe getuienis toegelaat, verander dit nie aan die feite dat toe die
aanmaning aan die Respondent gerig is op
5 Maart 2009, daar nie ‘n
bestaande polis was ten aansien waarvan die Eerste Applikant ‘n
begunstigde was of wat aan
haar gesedeer was nie of dat daar daarna
nie ‘n polis uitgeneem is ten einde hierdie verpligting te
sekureer nie.
Hierdie verdere
getuienis sal dus geen effek hê op die uitspraak nie en ek kan
nie sien dat enige ander Hof, selfs al is hierdie
getuienis toegelaat
tot m'n ander gevolgtrekking sou kom as waartoe ek geraak het nie.
Die aansoek om nuwe
getuienis voor die gepaste forum te plaas het egter ‘n tweede
been. Die tweede been is dat die Respondent
inderdaad nie
agterstallig was met die betalings van die paaiemente aan Eerste
Nasionale Bank nie maar dat die betrokke paaiemente
aan Eerste
Nasionale Bank inderdaad vooruitbetaal was op die stadium toe die
aanmaning versend was en toe die kontrak gekanselleer
was nie.
Die nuwe getuienis
wat die Respondent voor die gepaste forum wil plaas in hierdie
verband het verskyn in die vorm van twee aanhangsels
wat by sy
beantwoordende eedsverklaring aangeheg was as Aanhangsel “B”.
Die gemeide twee state gee voor ‘n huisleningstaat
te wees soos
op 14 Februarie 2009 en 4 April 2009. Mnr Van Coller het met
verwysing na hierdie state betoog dat indien hierdie
state voor die
Hof was, die Hof die afleiding sou kon gemaak het dat die huislening
inderdaad vooruitbetaal was en dat die Respondent
derhalwe nie ten
tye van die aanmaning en/of die kansellasie agterstallig kon gewees
het met enige van die paaiemente nie.
Hy het weereens
toegegee dat die drie paaiemente waarna in die hoofuitspraak verwys
is wat nie betaal was nie, nie betaal was nie
maar aangevoer dat dit
nie nodig was om dit te betaal nie omdat die paaiemente inderdaad
vooruitbetaal was soos blyk uit die gemelde
aanhangsels.
Die gemelde twee
state toon na my mening geensins aan dat die paaiemente vooruitbetaal
is nie. Dit gee bloot besonderhede van die
bedrag van die
geregistreerde verband, die uitstaande saldo, die versekerde waarde
van die eiendom, die oorblywende leningstermyn,
die afloopdatum van
die lening, die huidige rentekoers en dan ‘n paaimentontleding
wat bestaan uit basiese verband terugbetaling,
huiseienaarsversekering ens. Nêrens uit die betrokke twee state
kan die afleiding by ‘n oorwig van waarskynlikhede
gemaak word
dat die verbandpaaiemente vooruitbetaal was nie.
Wat wel blyk uit
verdere state wat deur die Eerste Applikant in haar repliek nou
blootgelê word is dat sedert 5 Oktober 2008
tot 26 September
2009 geen paaiemente hoegenaamd betaal is nie behalwe vir twee
kontantbetalings wat gemaak was op 1 Desember 2008
en 6 Maart 2009
ten bedrae van R2 500,00 nie.
Die gemelde
Aanhangsels “B” wat volgens mnr Van Coller sal aantoon
dat die Respondent nie agterstallig was met paaiemente
nie is
doodeenvoudig net nie bewys ter stawing van daardie argument nie.
Ek is dus van
mening, selfs al sou die addisionele getuienis ten aansien van die
polis en die betaling van die paaiemente soos vervat
in die twee
gemeide Aanhangsels “B” toelaatbare getuienis wees, dit
geen ander Hof sal oorweeg om tot 'n ander uitslag
te kom in die saak
as waartoe ek gekom het nie.
Ek het mnr Van
Coller gevra om my toe te spreek op die kanse vir vooruitsig op
sukses indien die nuwe getuienis buite rekening gelaat
moet word. Mnr
Van Coller het my meegedeel dat, as die nuwe getuienis buite rekening
gelaat moet word, hy geen argument aan my
kan voorhou waarom ‘n
ander Hof tot ‘n ander gevolgtrekking sal kom nie.
Ek het bygevolg tot
die gevolgtrekking gekom dat die aansoek om verlof om te appelleer,
in aggenome die aansoek wat die Respondent
wil bring vir die lei van
nuwe getuienis, geen redelike vooruitsig het op sukses nie en het
daarom die aansoek om verlof van die
hand gewys met koste.
BC VAN DEN HEEVER
W.R.