J.W.P en n Ander v A.M.J.P N.O en Andere (29875/08) [2010] ZAGPPHC 549 (6 April 2010)

80 Reportability
Trusts and Estates

Brief Summary

Trusts — Variation of trust deed — Application for interim interdict to prevent trustees from disposing of trust assets — Applicants sought to be appointed as trustees and to declare prior amendment of trust deed invalid — Original trust established by deceased father of applicants, with applicants as sole capital beneficiaries — Deceased's subsequent amendment of trust deed expanded beneficiaries to include stepfamily, diminishing applicants' rights — Court granted application to amend notice of motion to include invalidation of trust amendment, allowing for consideration of applicants' claims.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2010
>>
[2010] ZAGPPHC 549
|

|

J.W.P en n Ander v A.M.J.P N.O en Andere (29875/08) [2010] ZAGPPHC 549 (6 April 2010)

SAFLII
Note:
Certain
personal/private details of parties or witnesses have been
redacted from this document in compliance with the law
and
SAFLII
Policy
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
GAUTENG
NOORD AFDELING, PRETORIA
SAAKNOMMER:
29875/08
DATE: 6 APRIL
2010
In die saak tussen:
J[...] W[...]
P[...]
......................................................................................................................
Eerste
Applikant
M[...]
W[...]
............................................................................................................................
Tweede
Applikant
En
A[...]-M[...]
J[...] P[....] N.O.
…...........................................................................................
Eerste
Respondent
THERON WESSELS
N.O.
…..........................................................................................
Tweede
Respondent
A[...]-M[...]
J[...]
P[...]
..........................................................................................................
Derde
Respondent
J[...]
V[...]
.............................................................................................................................
Vierde
Respondent
(behoorlik
verteenwoordig deur A[...]-M[...] J[...] P[...])
R[...]
V[...]
..............................................................................................................................
Vyfde
Respondent
DIE MEESTER VAN
DIE HOOGGEREGSHOF:
PRETORIA
...........................................................................................................................
Sesde
Respondent
THERON
WESSELS
......................................................................................................
Sewende
Respondent
UITSPRAAK
DIE AMPTELIKE
TAAL
1. In die
voorbereiding van hierdie aansoek het die partye hulle van sowel
Engels asook Afrikaans bedien.
2. Die betoog is in
Afrikaans gevoer aangesien die individue wat in hierdie aangeeentheid
betrokke is, almal Afrikaans as hul moedertaal
beskou.
3. Alhoewel Engels
ook vryelik tydens die voorbereiding van die eedsverklarings en
betooghoofde gebruik is, word die uitspraak om
daardie rede in
Afrikaans gelewer.
DIE REGSHULP
4. Die aansoek is
oorspronklik op ‘n dringende basis geloods. Aansoek is gedoen
om die uitreiking van ‘n tussentydse
interdik om die eerste en
tweede respondent te belet om bates wat die eiendom van die V[...]
Trust is, van die hand te sit en werknemers
van die trust af te dank.
5. Die applikante
het as tweede been van die oorsponklike aansoek ‘n bevel
aangevra dat die tweede respondent van sy amp as
trustee van die
V[...] Trust onthef word en die applikante as trustees van dieselfde
trust aangestel word.
6. Nadat die saak
uitgestel is om die eedsverklarings te finaliseer en uit te ruil, het
die applikante ‘n nuwe senior advokaat
opdrag gegee. Nadat hy
geleentheid gehad het om die feite en die relevante dokumente te
oorweeg, het die applikante hul front verskuif.
7. Aansoek is gedoen
om die kennisgewing van mosie te wysig deur ‘n nuwe eisoorsaak
daarby in te sluit, nl die nietigverkklaring
van die wysiging van die
familietrust wat, voordat dit “V[...] Trust” genoem is,
as die “B[...] Familietrust
“ bekend gestaan het; en ‘n
bevel in terme waarvan beide eerste en tweede respondente van hul amp
as trustees van die
B[...] Trust onthef word.
8. Die aansoek om
wysiging is heftig bestry, maar na argument toegestaan. Verdere
eedsverklarings is uitgeruil en is die uiteindelike
betoog
hoofsaaklik ten aansien van die gewysigde regshulp aangehoor.
9. Die trust is deur
die vader van die applikante, wyle V[...] P[...] J[...] P[...], (na
wie in hierdie uitspraak as “die
oorledene” verwys sal
word), gestig. Hy was in lewe ‘n vooraanstaande sakeman wat te
M[...] geleef en sy sakeryk bestuur
het. Hy is skielik en onverwags
op 28 April 2008 op ‘n vroeë ouderdom oorlede.
10. Die eerste
applikant is J[...] W[...] P[...], ‘n volwasse sakeman wat te
B[...] 1, Huis Nr 5, B[...], M[...] woonagtig
is. Hy is die oorledene
se enigste seun. Hy is ook ‘n begunstigde van die V[...] Trust.
11. Die tweede
applikant is M[...] W[...], ‘n volwasse vrou getroud buite
gemeenskap van goed, woonagtig te C[...] 20, B[...]
A[...] R[...]
116, N[...], Johannesburg. Sy is die oorledene se enigste dogter en
‘n begunstigde van die V[...] Trust.
12. Die eerste
respondent is A[...]-M[...] Juliana Potgieter N.O., ‘n volwasse
vrou woonagtig te G[...] 384, M[...]. Sy word
in die eerste instansie
in haar amptelike hoedanigheid as trustee van die V[...] Trust by die
saak betrek. Sy is die oorledene
se weduwee.
13. Die tweede
respondent is Theron Wessels N.O., ‘n volwasse manlike
prokureur wat as Theron Wessels en Vennote te Nelson
Mandela Rylaan,
Mookgophong praktiseer. Hy word eerstens in sy amptelike hoedanigheid
as ‘n trustee van die V[...] Trust
aangespreek.
14. Die derde
respondent is die eerste respondent, nou in haar persoonlike
hoedanigheid aangespreek. Sy word ook as begunstigde
van die V[...]
Trust by die saak betrek alhoewel geen regshulp teen haar in haar
persoonlike hoedanigheid gevorder word nie.
15. Die vierde
respondent is J[...] V[...], ‘n minderjarige manlike persoon,
seun van die derde respondent, deur wie hy behoorlik
verteenwoordig
en bygestaan word. Hy word in sy hoedanigheid as ‘n begunstigde
van die V[...] Trust aangespreek. Geen regshulp
word teen hom
persoonlik gevorder nie.
16. Die vyfde
respondent is R[...] V[...], ‘n volwasse manlike persoon, seun
van die derde respondent, woonagtig te G[...]
384, M[...]. Hy word in
sy hoedanigheid as begunstigde van die V[...] Trust aangespreek, maar
geen regshulp word teen hom persoonlik
gevorder nie.
17. Die sesde
respondent is die Meester van die Hooggeregshof (Noord Gauteng
Afdeling, Pretoria), wat hierin in sy amptelike hoedanigheid

aangespreek word vanweë die belang wat hy by die geskil tussen
die ander partye mag hê.
18. Die sewende
respondent is die tweede respondent in sy persoonlike hoedanigheid.
Hy is as respondent in sy persoonlike rol gevoeg
nadat die
kennisgewing van mosie gewysig is.
DIE FEITELIKE
AGTERGROND
19. Ten einde die
geskilpunte in hierdie aansoek in hulle korrekte perspektief te sien,
is ‘n kort uiteensetting van die feitelike
agtergrond tot die
litigasie nodig.
20. Soos reeds
vermeld, was die oorledene ‘n vermoënde man wat oor 'n
grrot aantal onroerende eiendomme en besighede
beskik het, wat hy
deur middel van verskeie korporatiewe en ander entiteite bestuur het.
21. Gedurende Junie
1999 het die oorledene die B[...] Familietrust opgerig waarin die
applikante as enigste kapitaalbegunstigdes
aangewys is.
22. Op daardie
stadium was die applikante albei nog minderjarig. Die
tweede-applikant is op 30 September 1982 gebore en was in 1999
dus
sestien jaar oud; terwyl die eerste applikant op 15 Junie 1984 gebore
is en derhalwe amper vyftien was toe die trust verly
is.
23. Die oorledene
was die applikante se natuurlike vader en voog.
24. Gedurende
September 2003 is die oorledene van sy eerste vrou, die moeder van
die applikante, geskei.
25. Die egskeiding
was 'n uitgerekte proses wat bykans twee jaar geduur het.
26. Gedurende
Augustus het die moontlikheid van ‘n skikking horn voorgedoen.
Die oorledene se eerste vrou het op die oordrag
van ‘n
onroerende eiendom, gedeelte 55 (‘n gedeelte van gedeelte 46)
van die plaas N[...] 348, Registrasie-afdeling
K.R. aangedring.
27. Die betrokke
eiendom is deur die B[...] Trust gehou.
28. Ten einde die
egskeiding af te handel het die oorledene voorgestel dat die eiendom
aan sy vorige eggeenote verkoop sou word
vir R 1 miljoen, welke
koopprys hy sou betaal.
29. Daar is
gevolglik ‘n vergadering op 18 Augustus 2003 belê wat
deur die trustees van die B[...] Trust, maar ook die
eerste applikant
as kapitaal- en inkomstebegunstigde, bygewoon is.
30. Daar is ‘n
notule van die vergadering gehou wat boekstaaf dat die eerste
applikant deur sy vader, die oorledene, verteenwoordig
is.
31. Die tweede
applikant is ook na die vergadering genooi, maar kon dit nie bywoon
nie. Sy is egter telefonies op hoogte van sake
gehou.
32. Die tweede
respondent verklaar in sy laaste eedsverklaring wat hy in hierdie
aangeleentheid afgelê het dat die oorledene
daarop aangedring
het dat die begunstigdes die vergadering moes bywoon omdat die
vervreemding van die plaas op ‘n vervreemding
van ‘n deel
van die applikante se erfporsie sou neerkom.
33. Dit is duidelik
dat albei kapitaalbegunstigdes op die 18de Augustus nog volgens die
op daardie stadium geldende reg ten aansien
van meerderjarigheid
minderjariges was.
34. Albei is dus
deur die oorledene verteenwoordig.
35.
Die notule van die voormelde vergadering boekstaaf verder dat die
trustees se besluit om die gemelde onroerende eiendom aan
mev
Christelle Potgioeter te verkoop, met
"...instemming
van die Inkomste-en Kapitaalbegunstigdes
..geneem
is.
36. Die egskeiding
is gedurende September 2003 deur ‘n hofbevel afgehandel.
37. Die oorledene
het met die eerste (derde) respondent in November 2003 in die huwelik
getree. Die vierde en vyfde respondente
is die derde respondent se
kinders en die oorledene se stiefkinders.
38. Die oorledene
self, die tweede respondent en mnr Nick Pretorius is as trustees van
die B[...] Trust aangestel. Laasgenoemde
is later deur mnr
Greyvenstein vervang; hy is op sy beurt deur mnr J C van der Walt en
laasgenoemde uiteindelik deur die eerste
respondent vervang.
39. In 2006 het die
oorledene besluit om die B[...] Trust in samewerking met die trustees
te wysig.
40. Voor die
wysiging het die B[...] Trust se trustakte bepaal dat, benewens die
benoeming van die kapitaalbegunstigdes (die applikante),
die trustees
inkomstebegunstigdes mag benoem mits hulle familiebande met die
oorledene het.
41. Die wysiging van
die bestaande trustakte is op aandrang van die oorledene en op
aanbeveling van sy en die eerste respondent
se destydse
boedelbeplanners, the Best Trust Company (JHB) (Pty) Ltd gedoen.
42. Die wysiging is
op 21 Februarie 2006 besluit en is die tweede respondent deur die
oorledene versoek om te bedank.
43. Sy plek is deur
die Best Trust Company (JHB) (Pty) Ltd, verteenwoordig deur ‘n
sekere mnr Velosa, ingeneem.
44. Die trust se
naam is gewysig na “Die V[...] Trust”.
45. Die oorledene,
die eerste respondent en die Best Trust Maatskappy se anstelling
as'trystees is op die 6de Maart 2006 deur die
sesde respondent
goedgekeur. Op 30 Junie 2006 het die oorledene egter toegesien dat
die tweede respondent weer in die plek van
die Best Trust Maatskappy
se benoemde aangestel word.
46. Benewens die
naam van die trust was die vernaamste verandering wat deur die
wysiging teweeggebring is, die benoeming van die
oorledene en die
eerste respondent en hul wettige afstammelinge as kapitaal- en
inkomstebegunstigdes.
47. Die effek van
die wysiging het die applikante dus van hul voorrangposisie ten
opsigte van die aanspraak op die trustkapitaal
ontneem en hul
stiefbroers en stiefmoeder saam met hulle in hierdie katogerie
ingesluit.
48. Beide die
applikante was reeds meerderjarig toe die trustakte gewysig is.
49. Dit is
gemeensaak dat hulle nie voor die wysiging van die trustakte geken is
nie en dat hulle geen deel gehad het aan die besluit
om die getal
begunstigdes van die trust te vergroot nie.
50. Die oorledene
het in ‘n testament wat op 17 Februarie 2004 verly is, benewens
enkele legate, bepaal dat die applikante
in geval van sy dood elk R 1
miljoen (R 1 000 000, 00) in kontant asook sy ledebelang in JMV
Beleggings in gelyke dele sou ontvang.
Die restant van sy boedel sou
die eerste respondent en haar kinders d.m.v. ‘n testamentêre
trust toeval.
51. Hierdie
testament is deur ‘n latere testament herroep wat op 6 Junie
2007 verly is. Die nuwe testament, wat na sy dood
as geldig aanvaar
is, bepaal dat, benewens legate ten gunste van sekere werknemers, die
restant van sy boedel aan die V[...] Trust
vererf.
52. Na die afsterwe
van die oorledene kon net die eerste en tweede respondente die trust
as trustees bestuur, ‘n plig wat
hulle aanvaar het deur in
hulle pos aan te bly.
53. Ongelukkig het
daar feitlik onmiddellik na die oorledene se afsterwe ernstige
geskille tussen die applikante en die eerste en
tweede respondente
ontstaan.
54. Volgens die
eerste en tweede respondente het die applikante. en veral die eerste
applikant, op aanmatigende wyse aanvaar dat
hy daarop geregtig was om
sy vader se posisie in te neem en die sakebelange van die boedel en
die trust te bestuur. Dit was natuurlik
nie korrek nie -die trust is
deur die trustees beheer en die boedel deur die eksekuteur.
55. Die eerste en
tweede respondente het in hul onderskeie eedsverklarings by herhaling
op rekord geplaas dat hulle die eerste applikant
se vaardigheid as
sakeman ernstig betwyfel en horn as onervare en werksku bestempel.
Volgens hulle is die eerste applikant ‘n
man van twaalf
aambagte en dertien ongelukke, wat nog nooit van enige onderneming of
studie wat hy aangepak het, ‘n sukses
kon maak nie.
56. Om daardie rede
beskou hulle hom as geheel en al ongeskik om die trust se sake te
bestuur.
57. Aan die ander
kant was en is die applikante oortuig dat eerste en tweede
respondente daarop uit is om hulle van hul regmatige
erfenis te
weerhou en om hulself en die derde respondent se kinders uit die
bestuur van die trust te verryk. Hulle maak geen geheim
van hul
wantroue in die eerste en tweede respondente se vermoë om die
trust behoorlik te beheer en hul agterdog oor hul motiewe
nie.
58. Daar is ernstige
bewerings van wanbestuur en onderduimse praktyke teen eerste en
tweede respondente gemaak wat laasgenoemdes
heftig ontken het.
59. Die ernstige
geskille tussen die applikante en die eerste en tweede respondente
kon nie in der minne bygelê word nie.
Uiteindelik het die
applikante die huidige verrrigtinge met ‘n dringende ansoek op
I Julie 2008 van stapel gestuur.
60. In wat hierop
volg sal daar slegs na die geskille en bewerings wat oor en weer
gemaak is, verwys word wat wesenlik vir die beslissing
van die
geskilpunte tussen die partye is.
DIE VERLOOP VAN
DIE AANSOEK
61. In die dringende
aansoek wat vir die 1
st
Juulie 2008 ter rolle geplaas is,
het die applikante in die eerste gedeelte van die kennisgewing van
mosie aansoek gedoen om ‘n
tussentydse interdik om die eerste
en tweede respondente te belet om enige bates van die V[...] Trust te
vervreem; en om hulle
te belet om enige werknemer van die trust af te
dank.
62. Verder het hulle
die onmiddellike aanstelling van mnr Nick Pretorius as derde trustee
deur die sesde respondent geëis,
tesame met hul eie aanstelling
as vierde en vyfde trustees.
63. In die
hoofaansoek het die applikante op die verwydering van die tweede
respondent as trustee aangedring en weereens om hul
eie aanstellng as
trustees aansoek gedoen.
64. Toe die saak op
1 Julie 2008 voor die Hof gedien het, was die respondente nog nie in
staat om hul volledige antwoord op die
aansoek voor te berei nie en
is die saak uitgestel om hulle die geleentheid te gee om verdere
eedsverklarings voor te berei. By
ooreenkoms is daar ‘n bevel
uitgevaardig dat:
a)
geen trustbates vervreem sou word
pendente
lite
nie
(behalwe as ekonomiese of finansiële omstandighede dit sou
noodsaak, in welke geval die partye met mekaar oorleg sou kan
pleeg);
b) Die aanstelling
van mnr Pretorius, wat reeds aan die sesde respondent vir
bekragtiging voorgelê is, deur alle partye ondersteun
word;
c) Geen werknemer
van die trust sou ontslaan word nie (met uitsondering van twaalf wat
reeds afgelê is); en
d) die applikante
sou na vergaderings van die trustees genooi word en op hoogte van
sake gehou word.
65. Op 10 Oktober
2008 het die applikante kennis gegee van hul voorneme om die
bestaande kennisgewing van mosie te wysig deur in
wese die saak uit
te maak dat die wysiging van die B[...] Trust se trustakte in stryd
met die bepalings van die trustakte self,
en veral klousule 21
daarvan, was en daarom onregmatig was en deur die hof ongeldig
verklaar behoort te word.
66. Hierdie
kennisgewing is op 14 Oktober 2008 bestel.
67. Die voorgenome
wysiging is met mag en mening bestry. Soos dit die geval op elke
stadium van die aansoek was, het die tweede
respondent die
kerneedsverklaring namens die respondente afgelê, wat deur
stawende eedsverklarings van die eerste respondent
en ander getuies
of belanghebbendes ondersteun is.
68. In hierdie
verklaring het die tweede respondent die regspunt aangeraak dat die
voorgenome wysiging onontvanklik is omdat die
applikante die voordele
wat in die trustakte vir hulle beding is, nooit aanvaar het nie en
ook nooit beweer het dat hulle dit aanvaar
het nie.
69. In reaksie
hierop het die applikante aansoek om ‘n verdere wysiging van
hulle eisoorsaak gedoen deur te beweer dat die
voordele wat hulle in
die B[...] Trust se akte toeval, reeds by of voor die oprigting
daarvan deur die oorledene namens hulle aanvaar
is, en dat sodanige
aanvaarding op 18 Augustus 2003 bekragtig is toe hulle as
kapitaalbegunstigdes geraadpleeg is voordat die oorledene
die plaas
N[...] vir sy eerste eggenote uit die trust aangekoop het.
70. Vir die
submissie dat die voordele wat hulle uit die trust toeval, reeds voor
die amptelike verlyding daarvan deur of namens
hulle deur die
oorledene as oprigter aanvaar is, steun die applikante op die aanhef
van die akte, wat soos volg lui:

NADEMAAL
DIE Oprigter begerig is
om die hierinvermelde trust te skep vir en ten behoewt~ van die
hiernagenoemde kapitaalbegunstigdes onderhewig
aan die terme en
voorwaardes soos meer volledig hierinlater uiteengesit
;
EN NADEMAAL
die begunstigdes hul
aanvaarding van die voordele ingevolge daarvan aan hulle verleen,
aangeduihet....’’
71. Die feit dat die
applikante weereens hul eisoorsaak wou wysig. is heftig deur die
respondente betwis. Die hof het egter beslis
dat die wysiging
toegelaat behoort te word.
72.
Tydens die verhoor van die aansoek op 11 Maart 2009 het die hof ook
sekere
prima facie
sienings
oor die tweede respondent se posisie en optrede aan die partye
oorgedra, waarmee hierinlater in besonderhede gehandel sal
word.
73.
Weereens het die tweede respondent die wesenlike eedsverklaring
afgelê, waarin hy sy “
onthutsing”
uitgespreek
het oor die moontlikheid dat daar bevind sou kan word dat die voordel
inderdaad deur die oorledene namens die applikante
aanvaar is. Hy het
in besonderhede verduidelik dat hy geen opdrag van die oprigter, die
oorledene, ontvang het om in die trustakte
‘n aanvaarding van
voordele deur die kapitaalbegunstigdes te boekstaaf nie. Volgens hom
het die betrokke deel van die aanhef
as gevolg van ‘n oorsig
aan sy kant by die oorskrywe van 'n voorbeeld in die trustakte
ingesluip en was dit dus nooit die
bedoeling om die kapitaalvoordele
reeds by die oprigting van die trust te laat vestig nie.
74. Hy beskryf die
betrokke sinsnede in die aanhef tot die trustakte verder as ‘n
“niksseggende opmerking” waaraan
daar geen regsgevolge
kleef nie.
75. Wat die
vergadering van die 18de Augustus 2003 betref, verklaar die tweede
respondent verder dat die applikante genooi is om
dit by te woon
omdat hul erfporsie ter sprake sou wees, maar dat daar van ‘n
aanvaarding van die voordele geen sprake was
nie en daar nooit aandag
daaraan gegee is nie.
76. Die applikante
het 'n repliserende eedsverklaring geliasseer waarin hulle beswaar
teen die tweede respondent se uitlatings in
hierdie verband aanteken
op die basis dat die skriftelike trustakte die enigste kenbron van
die bepalings daarvan is tensy daar
rektifikasie van die trustakte
gepleit is - wat nie van toepassing is nie - of dubbelsinnigheid in
die akte bestaan, wat ook nie
die geval is nie.
77. Verder word die
tweede respondent se verklaring as verdere bewys van sy vyandigheid
teenoor die applikante bestempel en word
sekere handelinge ten
aansien van ‘n versekeringspolis wat aan die trust uitbetaal
is, ook as bewys van gebrek aan onpartydigheid
aangestip.
78. Die applikante
volhard gevolglik in hulle smeekbedes dat die wysiging van die trust
ongeldig verklaar en die eerste en tweede
respondente van hul amp
onthef word.
DIE TOEPASLIKE
REGSBEGINSELS
79.
Die skriftelike trustakte is die enigste kenbron van die bepalings
daarvan en by ontstentenis van enige bewering dat die akte

gerektifiseer behoort te word, of dat getuienis
aliunde
toelaatbaar
sou wees om ‘n dubbelsinnigheid op te klaar, is getuienis ten
aansien van die inhoud daarvan ontoelaatbaar:
KPMG
v Securefin Ltd
2009
(4) SA 399
(SCA) op 409, par [39];
Johnston
v Leal
1980
(3) SA 927
(A) op 943B.
80. Die respondente
het geen omstandighede aangevoer wat ekstrinsieke getuienis
toelaatbaar sou maak om die bepalings van die trustakte
te wysig of
te weerspreek nie.
81. Die tweede
respondent se getuienis ten aansien van die oprigter se beweerde
teenstrydige bedoelings toe hy die B[...] Trust
se akte onderteken
het, is derhalwe onontvanklik.
82. Dit is geykte
reg dat ‘n skriftlike dokument wat behoorlik verly en
onderteken-is, soos in die onderhawige ge'-ial. sover
moontlik as 'n
geheel uitgelê moet word en dat ‘n betekenis aan elke
word daarvan gegee moet word.
83. Indien hierdie
benadering korrek is, kan die hierbovermelde deel van die aanhef tot
die akte nie or die hoof gesien word en
as irrelevant beskou word
nie. In hierdie verband is dit nie onbelangrik nie dat die trustakte
voor die verlyding daarvan deur
die oorledene en die ander trustees
onderteken is. Dit moet aanvaar word dat die oorledene geweet het wat
in die trustakte staan
aangesien dit die enigste toelaatbare
getuienis voor die hof is.
84.
Die onderhawige feite is vergelykbaar met die in
Ex
parte Hulton
1954
(1) SA 460
(C). Die
volgende aanhalings is ter sake:

On
the 31st of January, 1950, an amending trust deed was executed
amending the first trust. The parties to this amending deed were
(i)
applicant personally and in his capacity as father and natural
guardian of his children Elizabeth Frances Helen and Edward
Alexander
Sergius and any other children to be born to him and as such acting
for the lawful issue of his son and daughter aforenamed,
(ii) the
remaining beneficiaries named in clause 4 of the first trust, (Hi)
the trustees under the first trust. The deed recites
that the
aforesaid parties 'are desirous of amending and changing one of the
clauses contained in the said deed of trust' (i.e.
the first trust)
and in the executive portion thereof provides
'that
the donor (applicant), the trustees and beneficiaries have agreed to
amend and change the said trust deed by deleting clause
4 of such
deed and substituting the following therefor:
(op
463)
85. Die hof moes in
die lig van die gemelde aanhaling beslis of die oprigter van die
trust dit kon herroep nadat hy dit in sy hoedanigheid
as voog en
natuurlike vader namens sy minderjarige kinders, in sy eie
persoonlike hoedanigheid en in samewerking met die trustees
soos
aangehaal gewysig het.
86.
Nadat
curatores ad litem
namens
die minderjariges en die oprigter die hof toegespreek het, het Van
Winsen, R (soos hy toe was) namens die eenparige hof soos
volg
geoordeel:

The
first contention advanced by Mr. Duncan and Mr. Stanford was to the
effect that both the first and second trusts were revocable
by
applicant alone or by applicant and the trustees, inasmuch as no
beneficiaries under such trusts had accepted the benefits conferred

thereby. Mr van Ryneveld contended, on the contrary, that they were
irrevocable since there had been a sufficient acceptance of
the
benefits conferred by them. All counsel were in agreement that
without acceptance the two said trusts would be revocable and,
in
view of the decisions in van der Plank, N.O v Otto,
1912 AD 353
and
C.I.R v Estate Crewe and Another,
1943 AD 656
at p. 675, this is
clearly so. Moreover Mr. van Ryneveld conceded that neither under the
first nor the second trust had the benefits
been expressly accepted
on behalf of the beneficiaries, but he argued that there had been an
implied acceptance by reason of the
fact that the applicant who was
the father and natural guardian of his minor children, had entered
into both trusts conferring
benefits upon such children.
In support of
this proposition he relied upon the cases of Elliott's Trustees v
Elliott and Another, 3 M. 86 at p. 91, Thorpe's
Executors v Thorpe's
Tutor,
4 S.C. 488
and Slabber's Trustee v Neezer's Executor,E
12 S.C.
163.
The first of these cases is an instance of express acceptance by
a father of a donation made by him to his minor son. The father

handed over £500 to a third party on condition that the latter
granted a bond over his, the third party's, property in favour
of the
father as guardian of the minor. The execution and registration of
the bond in that form was regarded as an act of acceptance
by the
father on behalf of his minor son. In Thorpe's case, supra, T ceded a
policy of insurance on his life to his wife 'for the
benefit of
herself and our children' who were all minors. T endorsed the cession
on the policy, wrote to the insurance company
informing it of the
cession and requesting its registration by the company. After the
death of T, who had been predeceased by his
wife, the question arose
as to whether the minor children of T had obtained rights to the
proceeds of the policy and it was contended
that there had been no
acceptance of the benefits of the cession on behalf of the minors.
The Court held that the endorsement of
the cession on the policy by
the father, plus the fact that he informed the company of it and
caused it to be registered, constituted
an acceptance by him of the
benefits on behalf of his minor children. There was thus, otherwise
than in the instant case, an overt
act on the part of the father
other than the mere participation by him in the legal transaction
constituting the gift, and the
Court implied therefrom his acceptance
of the gift on behalf of his minor children.
As
I read the case of Slabber's Trustee v Neezer's Executor,
12 S.C.
163
, the Court, while recognising that a father might accept on his
child's behalf a donation made by him to such child, required the

acceptance to be made manifest by some overt act 'such as delivery to
a third person, transfer (of the property donated) in the
Deeds
Office, or, in the case of
a
cession of action,
notice to the debtor of such cession to the child'.
The necessity of
some 'outward act of signification and communication of acceptance'
is again emphasised in Buttar and Another v
Ault, N.O., and Others,
1950 (4) SA 229
at p. 239 (T). See, too, van der Plank, N.O v Otto,
1912 AD 353
at p. 363, and Ex parte Kleynhans,
1948 (2) SA 85
at p.
87 (C).
The applicant
performed no overt act, apart from constituting the trust -where he
acted in his personal capacity - from which can
be implied an
acceptance by him of any of the benefits conferred upon the minor
children by the first and second trust. There was
also no acceptance
by applicant's wife or Karmel or Maynard of benefits conferred upon
them. I am accordingly of opinion that in
the absence of any such
acceptances both the first and second deeds were revocable and the
contentions of Mr. Duncan and the curator
Mr. Stanford ought on this
point to be upheld.
Alternatively Mr.
van Ryneveld contends that if the first and second trusts were
originally revocable they became irrevocable after
they were
subsequently amended, in the case of the first trust by the amending
deed of the 31st of January, 1950, and in the case
of the second
trust by the amending deed of the 23rd of February, 1950. He founds
this contention in the case of each of the trusts
upon the fact that
in each case applicant's acceptance of the benefits conferred by such
trusts upon his minor children can be
implied from the fact of his
participation in the execution of the amending deeds not only in his
personal capacity but in his
capacity as guardian of his minor
children and also upon the provisions of both amending deeds to the
effect that the applicant
and the beneficiaries 'have agreed to amend
and change the said trust deed'. It was submitted that the
interposing by applicant
as father and natural guardian of his
consent to the amendment of the first and second deed was an overt
act of acceptance by him
of the benefits stipulated therein in favour
of his minor children.
Mr. Duncan
pointed out that there was no clear acceptance as was the case with
the two final trusts and that the words relied upon
by Mr. van
Ryneveld in support of his contention were at least equally
consistent with mere acts of participation in the amendments
by
applicant both in his personal and in his representative capacity.
Acceptance need
not be express but can be implied from some outward act or acts from
which an inference of consent can legitimately
be drawn. Now unless
the applicant intended to signify his acceptance of the benefits on
behalf of his minor children, I cannot
see why he should have joined
in the amending deeds in his capacity as father and natural guardian
of such children. By recognising
that his minor children were
interested parties to the first and second trusts so as to require
their participation in an amendment
of these deeds and by his outward
act of participation on their behalf in the amendments of the two
trusts I think he must be taken
to have impliedly accepted the
benefits of these trusts on their behalf. In the light of this
conclusion I find that the first
trust as and from the date of the
amending trust deed of 31st January, 1950, and the second trust as
and from the date of the amending
trust deed of the 23rd of February,
1950, became, as far as the applicant's minor children, Edward George
Sergius and Elizabeth
Frances Helen are
concerned, irrevocable each in the form as amended by the said
respective amending trust deeds.
I might remark in
passing that even if I am wrong in thinking that applicant accepted
the benefits of the first and second trusts
in the manner aforesaid,
the final result of this application will not, for the reasons which
will be apparent from the remainder
of this judgment, be affected
thereby.
I turn now to the
next contention on behalf of applicant, a contention concurred in by
Mr. Stanford but disputed by Mr. van Ryneveld,
viz: That both the
final first and second trusts were validly executed pursuant to
powers conferred by clauses 4 of the first and
second trust
respectively. It will be observed from the form in which each of
these clauses (identical to each other in their terms)
are couched
that they confer the widest possible powers of capital disposition
upon the trustees. The latter have
'the power in
their absolute and unfettered discretion at any time during the trust
period to pay or apply the whole or any part
of the capital of the
trust fund to or for the benefit of any one or more of the persons
entitled to benefit under this trust deed'.
It would be
difficult to conceive of a power more amply conferred than this.
Under this power the trustees could have paid all the
capital to one
of the beneficiaries. Instead of this they devised a trust which,
after excluding applicant's wife from any benefits,
provided for an
eventual distribution of the capital of the trust either between
applicant's three minor children or partly between
them and their
descendants or between their descendants. In making such provisions
they appear to me to have been acting well within
the powers
conferred upon them by the clauses 4 of the first and second trusts.
Mr. van Ryneveld
points out that whereas in the first and second trusts the trustees
could only apply the revenue of the trusts
to grandchildren of the
applicant after the death of their parents, in the two final trusts
they can do so even during the lifetime
of their parents. While this
is true, I do not think that it affects the matter. We are here
concerned with the power of the trustees
to dispose of the capital of
the first and second trusts and not the revenue thereof. Once the
capital of these funds is disposed
of naturally the revenue
provisions of these two trusts can, for want of funds, no longer
operate. In any event the grandchildren
of the applicant were
beneficiaries under the first and second trusts and accordingly they
fall into the category of persons upon
whom, by virtue of clauses 4
of these two trusts, the trustees could confer the whole or any part
of the capital. On the principle
that the possession of the greater
power sanctions the exercise of something less than the whole, it
seems to me that in making
such provision the trustees have not
exceeded the powers contained in clauses 4 of the first and second
trust. I accordingly uphold
the
contention that
the final first and final second trusts were validly executed.
The contention
was advanced by applicant that these two latter trusts were revocable
by applicant alone or by applicant and the
trustees inasmuch as there
was no effective acceptance of the benefits conferred thereby. This
contention was opposed by both curators
and not pursued in Court by
applicant's counsel. In the case of such trusts there was, as appears
from what is set out earlier
in this judgment, a clear and express
acceptance by applicant of the benefits conferred by the trusts on
his children. The benefits
having been accepted the trusts must be
regarded as irrevocable. See Ex parte Orlandini and Two Others,
1931
OPD 141
at pp. 142 - 3, Ex parte Levy,
1948 (2) SA 763
at p. 766
(O)."
87. Indien hierdie
beginsels, wat in latere beslissings bekragtig is, op die onderhawige
problem toepassing moet vind, is dit onmoontlik
om die uitdruklike
stelling dat die begunstigdes hulle aanvaarding van die voordele
aangedui het, terwyl hulle as minderjariges
deur hul vader
verteenwoordig is, af te maak as 'n onbelangrike uitlating of ‘n
los opmerking. Die blote feit dat die trust
opgerig is, verskaf
onderskraging vir die gedagte dat die oprigter sy kinders se voordele
namens hulle sou wou aanvaar.
88.
Prima facie
is
die voordele dus reeds by die oprigting van die trust deur die
oprigter namens die begunstigdes aanvaar.
89. Selfs al sou
hierdie redenasie foutief wees, kan daar geen twyfel bestaan oor die
feit dat die voordele by noodwendige implikasie
deur die oorledene
namens die minderjariges aanvaar is deur hulle by die besluit om met
‘n trustbate in die egskeiding te
handel, te betrek. Hierna kon
daar geen twyfel meer bestaan oor die feit dat die trust
onherroepbaar geword het nie aangesien die
voordele daarvan deur die
oorledene namens die kapitaalbegunstigdes aanvaar is.
90. Die applikante
moet dus op hierdie punt gelyk gegee word.
91. Die applikante
is dus, ten minste teoreties, geregtig op ‘n verklarende bevel
dat die wysiging van die B[...] Trust nietig
is. Daar mag egter
wesenlike besware teen die afdwinging van hierdie reg bestaan.
92. Die tweede
respondent was onmiddellik na die afsterwe van die trust se oprigter
in hewige persoonlike botsings met die applikante
gewikkel, wat so
ernstig was dat dit in wedersydse persoonlike aanvalle ontaard het.
93.
Terwyl daar by onstentenis van enige bewyse dat hy sy amp as trustee
onbehoorlik of onbedrewe uitgeoefen het, nie noodwendig
aangedring
moet word op sy bedanking uit die amp nie, was sy besluit om as
prokureur op te tree in ‘n aangeleentheid waarin
sy eie optrede
ernstig in twyfel getrek word in die uitvoering van ‘n amp wat
uberriemae fides
van
hom verg, onwys en betreurenswaardig.
94. Dit is intussen
reggestel, maar die applikante kan nie verkwalik word as hulle sy
onpartydigheid steeds betwyfel nie.
95. Dit beteken
geensins dat die applikante van alle blaam in die gedingvoering
onthef kan word nie. Hulle het die eerste en tweede
respondente in
ongebreidelde taal aangeval en verkeie suggesties ten aansien van
laasgenoemdes se eerbaarheid en opregtheid gemaak
wat nie deur die
feite regverdig kan word nie.
96.
Dit lei geen twyfel nie dat die verhouding tussen die applikante en
die eerste en tweede respondente sodanig versuur is dat
geen
samewerking tussen hulle montlik is nie en die doel van die trust
verydel kan word indien die aangeleentheid nie aangespreek
word nie.
Hierde aspek word
infra
behandel
DIE PRAKTIESE
EFFEK VAN DIE BEVINDING DAT DIE WYSIGING VAN DIE TRUSTAKTE NIETIG IS
97. Die regsgevolge
van die nietigverklaring van die wysiging van die -B[...] Trust sou
normalweg beteken dat die applikante as
enigste kapitaalbegunstigdes
op die onmiddellike oordrag van die trustbates geregtig sou wees.
Hulle is albei ouer as 25 jaar -
wat die vestigingsouderdom in die
eerste trustakte van die B[...] Trust is - en is duidelik daarop
bedag om hierdie bates onmiddellik
tot hul uitsluitlike voordeel aan
te wend.
98. Die opper egter
die ernstige vraag of hierdie uitslag hoegenaamd aanvaarbaar is. Die
algehele uitsluiting van die oorledene
se weduwee en sy stiefkinders
van die rykdomme wat in die trust opgesluit lê, is lynreg in
stryd met die uitdruklike wens
van die oprigter van die trust, wat
die wysiging juis teweeg wou bring om hulle in sy nalatenskap te laat
deel.
99. Hierdie oogmerk
word ook onderstreep deur die feit dat die oprigter in sy testament
feitlik sy hele boedel aan die trust bemaak
het.
100. Indien die
applikante dus die enigste bevoordeeldes van die trust sou wees en
alle kapitale bates vir hulself sou kan opeis,
sou die doel waarmee
die oprigter die trustakte gewysig het en wesenlike bates na die
wysiging aan die trust oorgedra het, volkome
verydel word.
101. Hierdie uitslag
het vir die Hof met die eerste oogopslag op beide morele en
regsgronde onaanvaarbaar gelyk. Dit sou klaarblyklik
in stryd met die
openbare beleid wees, wat die verydeling van ‘n testateur en
oprigter van ‘n trust se oogmerke as
ongewens aanstip. Die Hof
het dit noodsaaklik geag om die partye om verdere kommentaar te nader
nadat dit feitlik vasgestaan het
dat die wysiging van die trustakte
op grond van die versuim om die applikante se toestemming daartoe te
verkry, nietig verklaar
sou moes word.
102. Die Hof is
dankbaar vir die partye se verdere insette en regstellings van enige
wanopvattings wat by die Hof ten aansien van
die feite mag bestaan
het.
103. Ongelukkig is
die afhandeling van hierdie uitspraak onvermydelik vertraag weens die
Hof se beluit om verdere betooghoofde aan
te vra, waarvoor die Hof
graag sy ve-cskoning aanbied.
104. Die applikante
het voet by stuk van hul vorige betoog gehou dat hulle op die
algehele opbrengs van die trust geregtig is vanweë
die ongeldige
wysiging van die trustakte.
105. Daarenteen het
die respondente betoog dat hierdie uitslag immoreel en onhoudbaar sou
wees. Hulle het daarop aangedring dat
die Hof die gewysigde trust
onveranderd behoort te aanvaar. Die applikante se aansprake behoort
volgens hulle van die hand gewys
te word op die grondslag dat die Hof
sou kan weier om spesifieke nakoming te gelas. Die respondente het na
die geykte magte van
die Hof verwys dat die afdwinging van ‘n
onbillike ooreenkoms deur die uitoefening van die Hof se diskresie
geweier kan word.
Daarbenewens is onderstreep dat die applikante geen
alternatiewe regshulp aangevra het nie en dus nie op enige ander
bevel geregtig
is indien die Hof nie bereid is om die wysiging van
die trustakte ongeldig te verklaar en die applikante daardeur tot
enigste begunstigdes
te verhef nie.
106.
Die Hof is nie oortuig dat die analogie wat die respondente met die
weiering van spesifieke nakoming van ‘n ooreenkoms
wil trek ten
einde die afdwinging van die praktiese gevolge van die
ongeldigverklaring van ‘n wysiging van ‘n trustakte
te
voorkom, van toepassing op die onderhawige probleem is nie. ‘n
Trust is nie ‘n kontrak nie, ten spyte van baie parallelle
met
laasgenoemde: Cameron en andere:
Honore’s
Suth African Law of Trusts
bl.
35.
107. Aan die ander
kant het die Hof ongetwyfeld die statutêre bevoegdheid om
bepalings in trustaktes te wysig of as onafdwingbaar
te verklaar
indien die afdwinging daarvan tot onaanvaarbare resultate sou lei
omdat dit die verwesenliking van die trust se oogmerk
sou belemmer,
die belange van die begunstigdes sou benadeel of in stryd met die
openbare belang sou wees, welke bevoegdeheid in
artikel 13 van Wet 57
van 1988, die Wet op die Beheer van Trustgoed, opgesluit is.
108.
Daarbenewens is die Hof ook verplig om die Grondwet se basiese
waardes en beginsels op kontraktuele en ander privaatregtelike

regsstrukture toe te pas. In
Barkhuizen
v Napier
[2007] ZACC 5
;
2007
(5) SA 323
(CC) het die Grondwethof bepaal dat onaanvaarbare
resultate wat deur die afdwinging van ‘n ooreenkoms veroorsaak
sou word,
voorkom moet word indien die Grondwet se waardestelsel dit
sou verg. In so ‘n geval kan die Hof met die bepalings van ‘n

ooreenkoms inmeng:

[28]
Ordinarily constitutional challenges to contractual terms will give
rise to the question of whether the disputed provision
is contrary to
public policy. Public policy represents the legal convictions of the
community; it represents those values that
are held most dear by the
society. Determining the content of public policy was once fraught
with difficulties. That is no longer
the case. Since the advent of
our constitutional democracy, public policy is now deeply rooted in
our Constitution and the values
that underlie it. Indeed, the
founding provisions of our Constitution make it plain: our
constitutional democracy is founded on,
among other values, the
values of human dignity, the achievement of equality and the
advancement of human rights and freedoms,
and the rule of law. And
the Bill of Rights, as the Constitution proclaims, 'is a cornerstone'
of that democracy; 'it enshrines
the rights of all people in our
country and affirms the democratic [founding] values of human
dignity, equality and freedom'.
[29] What public
policy is and whether a term in a contract is contrary to public
policy must now be determined by reference to
the values that
underlie our constitutional democracy as given expression by the
provisions of the Bill of Rights. Thus a term
in a contract that is
inimical to the values enshrined in our Constitution is contrary to
public policy and is, therefore, unenforceable.
[30] In my view
the proper approach to the constitutional challenges to contractual
terms is to determine whether the term challenged
is contrary to
public policy as evidenced by the constitutional values, in
particular those found in the Bill of Rights. This approach
leaves
space for the doctrine of
pacta sunt servanda
to operate, but
at the same time allows courts to decline to enforce contractual
terms that are in conflict with the constitutional
values even though
the parties may have consented to them. It follows therefore, that
the approach that was followed by the High
Court is not the proper
approach to adjudicating the constitutionality of contractual terms.

(per Ngcobo, R,
[soos hy toe was], op 333 B to 334 A)
Vergelyk
verder
Mozart Ice
Cream Franchises (Pty) Ltd v Davidoff and Another
2009
(3) SA 78
(C) at 83 H - 85 H.
109. Dieselfde
beginsel behoort in ‘n geval soos die onderhawige te geld,
veral in die lig van die ongewone omstandighede
van hierdie
aangeleentheid.
110. Dit is
eenvoudig onaanvaarbaar dat die applikante die oorledene se voile
nalatenskap sou kan ontvang vanweë ‘n regstegniese
kinkel
in die kabel van die wysiging van die oorspronklike trustakte.
111. Indien die
wysiging aanvaar sou word, sou die applikante steeds ‘n
ruimskootse inkomste kan ontvang indien die partye
mekaar in die
hantering van die trust sou kan vind en met mekaar sou kan saamwerk.
112. Ongelukkig het
die partye reeds oorvloedige bewyse gelewer van hulle wedersydse
onvermoë om die strydbyl te begrawe en
in die gees van die
oorledene se bedoeling met die trust en sy aansienlike bates te
handel.
113. Indien die
applikante se aansoek summier van die hand gewys sou word, soos deur
die respondente voorgestel, sal die litigasie
tussen die twee kampe
volgens alle aanduidings vir jare en jare voortduur. Die applikante
sal hul pogings voortsit om die eerste
en tweede respondente uit hul
ampte te verwyder. Beskuldigings oor wanbestuur en onbevoegdheid sal
heen en weer vlieg en erger
aantygings sal volg.
114. Die gevolge sal
vanselfsprekend net negatief vir die trust wees.
115. Die volgende
vraag wat dan beantwoord moet word, is of die Hof ‘n middeweg
sou kan vind tussen die tersydestelling van
die wysiging van die
trustakte en summiere afwysing van die applikante se vordering.
116. Terwyl die
respondente op die applikante se versuim steun om alternatiewe
regshulp in die plek van die ongeldigverklaring van
die wysiging aan
te vra vir hul betoog dat die applikante se aansoek in sy geheel
afgewys behoort te word, het hulle ook geen alternatiewe
vir n
eenvoudige weiering van die afdwinging van die wysiging aan die hand
gedoen nie.
117. Terwyl die Hof
horn dus in die ongemaklike posisie bevind dat daar geen doelgerigte
betoë ten aansien van ‘n alternatiewe
oplossing aan horn
voorgehou is, is ‘n moontlike oplossing van die geskil nie te
vergesog nie. Dit is duidelik in die belang
van alle partye dat daar
‘n einde gemaak word aan die onverdraagsaamheid en getwis wat
die oorledene se nalatenskap ontsier.
Hierdie oplossing moet so ver
moontlik aan die oorledene se bedoeling gevolg gee en prakties
uitvoerbaar wees.
118. Die Hof is die
mening toegedaan dat die billike oplossing in die gees van die
statutêre bevoegdheid om aan die wil van
die oprigter gevolg te
gee, en met inagneming van die basies regte vervat in die Grondwet
wat aan elkeen ‘n aanspraak op
billike en gelyke behandeling
gee, in die volgende bepaling geleë is:
119. Die applikante
moet elk een vyfde van die netto batewaarde van die trust ontvang as
hul uitsluitlike eiendom.
120. Sodra hulle hul
deel ontvang het, moet hulle as begunstigdes van die V[...] Trust
verwyder word.
121. Hul vyfde
aandeel kan in specie of in kontant, of gedeeltelik in specie en in
kontant aan die applikante oorbetaal word.
122. Die ander
begunstigdes van die trust behou hul regte in terme van die gewysigde
bepalings daarvan en die trust word voortgesit
met slegs die derde,
vierde en vyfde respondente as begunstigdes.
123. Gegewe die
geskiedenis van die litigasie en die uiteindelike uitslag daarvan is
die Hof die mening toegedaan dat alle partye
se koste op die skaal
van prokureur en klient deur die trust betaal moet word.
124. Die netto
waarde van die trust op datum van hierdie uitspraak moet, indien die
partye nie daarop kan ooreenkom nie, binne sestig
dae vanaf datum
hiervan deur ‘n bevoegde waardeerder of ‘n bevoegde
ouditeur, of beide ‘n waardeerder en ouditeur
bepaal word. Die
partye kan gesamentlik op die betrokke persone ooreenkom. Indien
hulle nie daartoe in staat is nie, moet die waardeerder
en die
ouditeur deur die voorsitter van die Instituut van Waardeerdes en die
voorsitter van die Onafhanklike Statutêre Raad
op Ouditeurs
onderskeidelik aangewys word.
125. Behalwe enige
kontant of beleggings wat in geldwaarde gemeet word, moet trustbates
op markwaarde bereken word, en moet enige
bestaande verpligtinge van
die trust daarvan afgetrek word.
126. Nadat die netto
waarde van die trust aldus bepaal is, moet voorsiening vir die
betaling van die partye se regskostes deur die
trust gemaak word.
Daarna moet die applikante elk 20 persent ontvang van die oorblywende
waarde in kontant of in specie, of gedeeltelik
in kontant of in
specie, soos in konsultasie met die waardeerder en/of die ouditeur
bepaal. Die oordrag van die appikante se deel
moet binne een jaar na
datum hiervan voltooi word. Trustbates wat in specie oorgedra word,
kan met bestaande verpligtinge wat daaraan
kleef, geskied.
Die volgende bevel
word verleen:
1. ‘n Bevel in
terme van paragrawe 119 tot 126 van die uitspraak word verleen.
2. Aangesien die Hof
geen doelgerigte betoog oor ‘n alternatiewe bevel tot die
regshulp deur die partye aangevra, angehoor
het nie, word elk van die
partye die reg verleen om die aangeleeentheid bine tien dae vanaf
datum hiervan weer ter rolle te plaas
om betoë aan die Hof ten
aansien van ‘n aanpassing, wysiging of verbetering van die
alternatiewe regshulp voor te dra.
Geteken te Pretoria
op hierdie sesde dag van April 2010.
E BERTELSMANN
Regter van die
Hooggeregshof.