Hamman and Others v Padongelukke Fonds (546/2009 , 582/2009, 599/2009, 9336/2009) [2010] ZAGPPHC 525 (1 April 2010)

57 Reportability

Brief Summary

Delict — Negligence — Contributory negligence — Motor vehicle collision resulting in death of minor — Plaintiff's vehicle executed a right turn while defendant's vehicle was in a lane designated for left turns — Court found that the defendant was negligent in failing to yield and driving inappropriately, but also considered whether the plaintiff was contributorily negligent — It was held that the plaintiff had fulfilled her duty to wait for oncoming traffic and could not have reasonably anticipated the defendant's unlawful maneuver, thus no contributory negligence was established.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2010
>>
[2010] ZAGPPHC 525
|

|

Hamman and Others v Padongelukke Fonds (546/2009 , 582/2009, 599/2009, 9336/2009) [2010] ZAGPPHC 525 (1 April 2010)

SAFLII
Note:
Certain
personal/private details of parties or witnesses have been
redacted from this document in compliance with the law
and
SAFLII
Policy
/LVS
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
NOORD
GAUTENG HOË HOF. PRETORIA)
SAAKNOMMER:546/2009
582/2009
599/2009
9336/2009
DATE: 1 APRIL
2010
In die saak
tussen:
W HAMMAN NAMENS
LINDIE
HAMMAN
....................................................................
EERSTE
EISER
W HAMMAN NAMENS
MARLIZE
HAMMAN
.............................................................
TWEEDE
EISER
MARINDA
HAMMAN
............................................................................................................
DERDE
EISER
WERNER
HAMMAN
............................................................................................................
VIERDE
EISER
EN
DIE PADONGELUKKE
FONDS
.........................................................................................
VERWEERDER
UITSPRAAK
BOTHA R:
Hierdie is die
gekonsolideerde verhoor van vier sogenaamde derde party sake wat uit
een motor botsing voortspruit.
Die botsing het op
30 Januarie 2006 om 7h35 op die N18 hoofpad tussen Pokwani en Taung,
by die Hartswater afdraai plaasgevind. Die
voertuie betrokke was
motorvoertuig B[...] bestuur deur mev Marinda
Hamman en
motorvoertuig E[...] (met sleepwa C[...]) bestuur deur mnr J Erwin.
In
voertuig B[...] was die passasiers die drie kinders van mev Hamman en
haar man, Werner: Pieter Daniel Marthinus, Marlize en Lindie
(ten
tyde van die botsing nog
en
ventre sa mêre).
Die
seun Pieter Danile Marthinus het beswyk aan beserings in die botsing
opgedoen.
Namens die Hammans
is vier aksies ingestel, saak 599/09 waarin mev Hamman die eiser is
ten aansien van haar eie beserings, saak
582/09 waarin mnr Hamman die
eiser is ten behoewe van Marlize, saak 9336/09 waarin mnr Hamman in
eie reg die eiser is, en saak
546/09 waarin mnr Hamman die eiser is
ten behoewe van Lindie.
Sake 599/09 en
542/09 is ter rolle geplaas vir 25 Maart 2010 en sake 9336/09 en
546/09 is ter rolle geplaas vir 26 Maart 2010.03.25
Die verweerder is in
al vier sake verteenwoordig deur dieselfde prokureurs, maar deur
verskillende stelle advokate in sake 599/09
en 582/09 aan die een
kant en sake 9336/09 en 546/09 aan die ander kant.
Die eisers in al
vier sake is deur dieselfde prokureurs verteenwoordig, maar ook deur
verskillende stelle advokate in sake 599/09
en 582/09 aan die een
kant en sake 9336/09 en 546/09 aan die ander kant.
Op 25 Maart 2010 was
al die advokate wat in al vier sake verskyn teenwoordig toe advokaat
Geach SC, wat met mnr Deminey vir die
verweerder verskyn het, om 'n
uitstel wou vra.
Op die ou end is
daar na beraadslaging besluit dat die sake tot 31 Maart 2010 sou
afstaan, dat die sake gekonsolideer sou word en
dat die kwessie van
aanspreeklikheid van die kwessie van die kwantum geskei sou word. In
die proses sou die aantal advokate ook
verminder word na een stel vir
die eisers en een stel vir die verweerders.
Die reeling waartoe
die partye ooreengekom het is vervat in 'n konsep gemerk “X”
wat ek 'n hofbevel gemaak het. Daarvolgens
is die geskilpunte geskei,
die sake gekonsolideer en mev Marinda Hamman as 'n derde party gevoeg
in sake 546/09, 582/09 en 9336/09
vir die doeleindes van artikel
2(6)(a) van die Wet op Verdeling van Skadevergoeding, 1956 (Wet 34
van 1956). Daar word ook bepaal
dat enige verdeling van
aanspreeklikheid tussen die versekerde bestuurder en die derde party
op die derde party as mededader van
toepassing sal wees.
Volgens “X”
is mnr Hamman die eerste, tweede en vierde eiser en mev Hamman die
derde eiser.
Daarna het die
partye verder ooreengekom dat die enigste vraag wat die hof moes
besleg is of daar bydraende nalatigheid aan die
kant van mev Marinda
Hamman was.
'n Bundel gemerk “A”
is by ooreenkoms opgehandig. Die korrektheid van die volgende is
erken:
(a) die pleit
verduideiiking op A68-70;
(b) die sleutels tot
die plan en foto’s (A74 en A74A);
(c) die foto’s
op A79-85 as synde foto’s van die botsingstoneel en die
voertuie.
Die eisers het
inspekteur Nel van die Suid Afrikaanse Polisie Diens te Hartswater en
mev Marinda Hamman as getuies geroep.
Hy was betrokke by
die opstel van die plan en die neem van die foto’s. Dit is
alles twee uur na die botsing gedoen.
Die foto’s op
A80 wys die toneel soos dit ten tyde van die botsing was. B wys die
rigting waarin die versekerde Tata trok
gery het, van suid na noord,
A op foto 2 op A80 wys die rigting waarin mev Hamman gery het toe sy
na regs gedraai het. Sy het oorspronklik
gekom van die
teenoorgestelde rigting as die versekerde voertuig. D is die punt van
botsing. C1 en C2 is die versekerde voertuig
se rem merke. Die pad
het twee bane in 'n noordelike rigting gehad. Die linker baan op foto
1 op A80 was 'n verpligte links draai
baan. Die spoed grens was 80
kilometer per uur.
Die versekerde
voertuig het gery op 'n stuk pad waarop geel dwars strepe geverf is.
Mens mag nie daar ry nie.
Volgens sy
waarnemings het mev Hamman reeds haar draai voltooi toe die
versekerde voertuig haar voertuig getref het.
In kruisverhoor het
hy getuig dat die pad al vir 2 kilometer suid van die toneel twee
bane in 'n noordelike rigting gehad het.
100 Meter suid van
die toneel op die foto uitgebeeld is daar 'n bord wat sê dat
die linker baan 'n verpligte links draai baan
is. Daar is 'n sper
streep wat die twee bane vir verkeer in 'n noordelike rigting skei.
Na sy wete begin die
skole in Hartswater om 07h30. Dit was min of meer die tyd van die
botsing.
Die voertuig van mev
Hamman is op sy linker sy getref. Die versekerde voertuig is voor op
sy bees relings (bull bars) getref.
Die twee rem merke
was 20 meter (C1) en 12.7 (C2) meter lank. Die totale breedte van die
pad was 17.2 meter.
Mev Marinda Hamman
het getuig dat sy geen herinnering van die botsing het nie. Sy was op
pad werk toe. Sy sou om 08h00 begin werk
het. Op pad moes sy haar
kinders Pieter en Marlize aflaai.
Die verweerder se
enigste getuie was mnr Jaco Erwin, wat die versekerde voertuig
bestuur het.
Hy het getuig dat hy
van suid na noord gery het met die doel om by Hartswater verby te ry.
Hy het die wêreld nie geken nie.
Sowat 2 kilometer suid van
Hartswater het die pad verbreed na twee lane in 'n noordelike
rigting. Hy het na die linker baan beweeg
om ander verkeer in staat
te stel om by hom verby te beweeg. Sowat 500 meter voor die dorp is
die twee lane deur 'n sper streep
geskei. Ongeveer 300 meter voor die
afdraai was daar n bord wat sê dat die linker baan net bedoel
was vir verkeer wat na
links wou draai. Hy het sy flikker lig
aangesit om te wys dat hy na die regter baan wou beweeg. Vanweë
verkeer in die regter
baan kon hy egter nie na regs beweeg nie.
Hy het nie geweet
waarheen die pad wat na links uitdraai gaan nie. Hy het mev Hamman
sien stilhou in die gaping in die sement eiland
wat die noordwaartse
bane van die suidwaartse bane skei.
Hy het toe sy gevaar
ligte aangesit. Toe die laaste voertuig by hom verby gery het, het hy
besluit om oor die geel geverfde eiland
te ry.
Net toe hy by die
afdraai kom, het mev Hamman begin ry. Hy het gerem maar kon nie 'n
botsing vermy nie.
Sy spoed was 70
kilometer per uur. Hy het nooit 'n flikker lig aangesit om te wys dat
hy na links gaan draai nie.
In kruisverhoor het
hy getuig dat vier voertuie by horn verby is. Die laaste een het by
hom verby gegaan net voor hy by die eiland
met die geel strepe gekom
het.
Mev Hamman het
redelik vinnig weggetrek.
Mev Hamman moes wag
vir al vier die voertuie wat by hom verby gery het.
Hy het toegegee dat
hy in 'n baan was waaruit hy net links kon draai.
Hy is gevra hoekom
hy nie gestop het nie. Hy het geantwoord dat daar nie plek was nie.
Sy werkgewer was gesteld op die toestand
van sy bande en hy wou nie
van die pad aftrek nie.
Hy het aanvaar dat
iemand kon dink dat hy links gaan draai. Hy het nie sy toeter geblaas
nie.
Hy het saamgestem
dat sy gevaar ligte die indruk kon geskep het dat hy van die pad gaan
aftrek.
Hy het wel op 'n
stadium sy spoed na 60 kilometer per uur verminder. Hy het egter weer
versnel om oor die eiland te ry.
As hy die draai na
links gevat het sou hy sy voertuig omgegooi het.
Hy kan nie sê
of mev Hamman hom gesien het en gereageer het op sy optrede nie.
Hy is verwys na
paragraaf 7 van sy pleitverduideliking waarin hy gesê het dat
hy eers gesien het dat hy nie mag reguit ry
toe hy amper op die draai
was.
Sy
pleitverduideliking bevat geen verwysings na sy gevaar ligte nie. Hy
het dit egter aan sy prokureur gemeld.
Dit, in breë
trekke, som die getuienis op.
Daar was geen twyfel
dat mnr Erwin nalatig was nie. Hy het dit nie ontken nie en hy het
trouens skuldig gepleit aan strafbare manslag
ten opsigte van die
dood van Pieter Daniel Marthinus Hamman.
Die vraag is op mev
Hamman hoegenaamd nalatig was en indien wel, tot watter mate haar eis
in saak 599/09 verminder moet word.
Dit
is so dat mev Hamman 'n regs draai beweging uitgevoer het. Mnr
Guldenpfennig en mnr Deminey wat namens die verweerder verskyn
het,
het my verwys na
Milton
vs Vacuum Oil Company of South Africa Ltd 1932 AD op 205
waar
daar gesê word dat waar daar twee strome verkeer in
teenoorgestelde rigtings is, 'n bestuurder wat in een rigting ry,
kan
aanvaar dat verkeer vanuit die teenoorgestelde kant reguit sal aanry,
en nie skielik en op 'n ongeleë tydstip voor horn
sal inbeweeg
nie.
Dit mag so wees,
maar dit is nie die geval in hierdie saak nie. Die versekerde
bestuurder het hom bevind in 'n baan waarin hy nie
reguit aan kon ry
nie. Die baan waarin hy beweeg het, het na links afgedraai van die
hoof pad. Sien foto’s 1 en 2 op A80.
Mev Hamman het haar
plig gevul teenoor die bestuurders van die voertuie wat gery het in
die baan waarin mens van suid na noord reguit
kon aanry. Sy het vir
hulle gewag om eers verby te ry.
Die vraag is of sy
daarop bedag moes gewees het dat die versekerde bestuurder oor die
eiland sou ry.
Die
verweerder se advokate het my verwys na
Marine
& Trade Insurance Company Ltd vs Singh 1980(1) SA 5(AA) op 9
E-H
waar
daar gesê word dat as 'n redelike bestuurder ongeoorloofde
optrede gewaar, hy daarvoor voorsiening moet maak.
Na my mening kan
daar op die getuienis nie aanvaar word dat mev Hamman, toe sy na die
vierde voertuig besluit het om weg te trek,
moes geweet het dat die
versekerde voertuig oor die eiland gaan ry nie. Die versekerde
bestuurder moes, gegee die relatiewe afstande
en snelhede, nog voor
die eiland in die links draai baan gewees het toe mev Hamman besluit
het om weg te trek.
Mev Hamman het alle
rede gehad om aan te neem dat die versekerde voertuig nie reguit aan
sal ry nie. Haar aandag sou toegespits
gewees het op die vier
voertuie wat in die regter baan gery het. Dit kon nie van haar verwag
geword het om die spoed van die versekerde
voertuig te skat om te
bepaal of hy die draai na links kan uitvoer nie. Dit is trouens nie
duidelik hoe goed sy die versekerde
voertuig sou kon gesien het as
vier voertuie voor haar verby gery het nie.
Die feit dat die
versekerde voertuig se flikker lig nie gewys het dat hy links gaan
draai nie, sou, as sy dit opgemerk het, niks
vir haar gesê het
nie, want die voertuig was immers in 'n baan van waar hy verplig was
om links te draai.
As sy die gevaar
ligte gesien het (as hulle aangesit is) sou sy meer waarskyniik
afgelei het dat die voertuig op die punt was om
van die pad af te
trek of stil te hou.
Ek het bedenkinge
oor of die gevaar ligte aangesit is, want dit word nie in die pleit
verduideliking gemeld nie.
Meer toepaslike
waarskuwings wat die versekerde bestuurder kon gegee het was om sy
toeter te blaas of om weer sy regter flikker
lig aan te sit.
Die bewyslas rus op
die verweerder om bydraende nalatigheid aan die kant van mev Hamman
te bewys. Op die getuienis is ek van oordeel
dat die verweerder hom
nie van daardie las gekwyt het nie.
Die gevolgtrekking
waartoe ek geraak het bring mee dat die eisers welslae behaal het in
hierdie rondte van die saak. Hulle is dus
op 'n koste bevel geregtig.
Die volgende
bevel word verleen:
1. Daar word
verkiaar dat die botsing op 30 Januarie 2006 tussen die voertuig
bestuur deur mev Hamman en die voertuig bestuur deur
mnr Erwin
uitsluitlik veroorsaak is deur die nalatigheid van mnr Erwin.
2. Die verweerder
moet die koste van die eisers ten opsigte van hierdie rondte van die
saak betaal.
C. BOTHA
REGTER VAN DIE
HOOGGEREGSHOF.