Lourens v President van die Republiek van Suid Afrika en Andere (49807/09) [2010] ZAGPPHC 19; 2013 (1) SA 499 (GNP) (16 March 2010)

70 Reportability
Constitutional Law

Brief Summary

Constitutional Law — Language Rights — Compliance with constitutional obligations — Applicant, an Afrikaans-speaking citizen, alleged that the national government failed to fulfill its obligations under section 6 of the Constitution regarding the use of official languages — Court held that while the national government had initially taken steps to comply with its obligations, it had not implemented a coordinated language policy since 2007, thus failing to meet its constitutional duty under section 6(4) — Court found it lacked the authority to compel the government to enact a national language law as it is not a constitutional requirement.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2010
>>
[2010] ZAGPPHC 19
|

|

Lourens v President van die Republiek van Suid Afrika en Andere (49807/09) [2010] ZAGPPHC 19; 2013 (1) SA 499 (GNP) (16 March 2010)

IN
DIE HOOGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA
(NOORD
GAUTENG, PRETORIA)
Saaknommer:49807/09
Datum
aangehoor:08/03/10
Datum
van uitspraak:16/03/10
Cornelus
Johannes Alxander Lourens APPLIKANT
en
Die
President van die Republiek
Van
Suid Afrika EERSTE RESPONDENT
Die
Parlement van Suid-Afnka TWEEDE RESPONDENT
Die
Minister van Kuns, Kultuur, DERDE RESPONDENT
Wetenskap
en Tegnologie
Minister
van Justisie & Grontwetlike
Onwikkeling
VIERDE RESPONDENT
Pan
Suid-Afrikaanse Taalraad VYFDE RESPONDENT
UITSPRAAK
DU
PLESSIS R:
Artikel
6 van die
Grondwet van die Republiek
van Suid Afrika, 1996
handel met
tale. Die artikel is vervat in Hoofstuk 1 van die Grondwet en
assodanig vorm dit een van die grondliggende bepalings
van die
Grondwet. Gestroop van lang ondersteunde argumente wat in die stukke
vervat is, is die wesenlike vraag voor hierdie hot
of die nasionale
regering sy verpligtinge ingevolge artikel 6 van die Grondwet nakom,
en spesifiek of hy artikel 6(4) nagekom het.
As bevind word dat die
nasionale regering nie sy verpligtinge ingevolge artikel 6 nakom nie,
sal die vraag na gepaste regshulp
ontstaan. 'n Tweede vraag is of die
tweede respondent, die Parlement, gelas moet word om sekere
taalvereistes na te kom.
Taal
en die gebruik daarvan is van nature 'n sensitiewe aangeleentheid.
Daarom was dit nodig om te besin oor die taal waarin hierdie

uitspraak gegee moet word. Die applikant se stukke is in Afrikaans
opgestel en dit blyk daaruit dat hy meen dat sy taalregte en
die van
ander Afrikaanssprekendes misken word. Alhoewel die ander respondente
kort ondersteunende verklaring ingedien het, het
die
Direkteur-Generaal van die Nasionale Departement van Kuns en Kultuur,
Wetenskap en Tegnologie namens al die respondente 'n
beantwoordende
eedsverklaring afgele. In sy verklaring se hy uitdruklik dat die
applikant se kennisgewing van mosie en sy funderende
eedsverklaring
in Engels vertaal is deur 'n beedigde vertaler en dat sy
beantwoordende verklaring op die vertaalde weergawe reageer.
Daaruit
lei ek af dat die deponent nie Afrikaans magtig is nie.
My
selfopgelegde reel is dat, as ek die taal magtig is, skryf ek
uitsprake in die taal van die party wat verloor. As ek egter weet
dat
enige party die betrokke taal nie magtig is nie, skryf ek die
uitspraak in 'n taal wat ek weet al die partye verstaan: die
hoofdoel
van 'n uitspraak is immers om aan al die partye die redes vir die hof
se bevel te kommunikeer. Ek weet dat die applikant
Engels verstaan
terwyl die deponent namens die respondente nie Afrikaans magtige is
nie. Volgens my eie reels sou, met die eerste
oogopslag, hierdie
uitspraak dus in Engels moes wees. Ek het nogtans besluit om dit in
Afrikaans te skryf. 'n Uitspraak in Engels
sou in die lig van die
regte wat hy probeer beskerm onsensitief teenoor die applikant wees.
Sommiges mag selfs oordeel dat dit
sekere argumente wat hy opper
vooruitloop en by implikasie verwerp. Die respondente is staatsorgane
en verteenwoordigers van die
nasionale regering. Volgens artikel 6(1)
van die Grondwet het die Republiek 11 amptelike tale. Tensy daardie
11 amptelike tale
as 'n fiksie afgemaak word, beteken dit dat
owerheidsorgane in die nasionale regeringsfeer, waar dit redelik is,
in enige van die
11 amptelike tale aangespreek kan word.
1
1
Dit
beteken ook dat die nasionale regering as sodanig, binne redelike
perke, die 11 amptelike tale verstaan. Afrikaans is een van
die
amptelike tale. My besluit om die uitspraak in Afrikaans te skryf is
ook daardeur gemotiveer dat ek uit die getuienis voor
die hof weet
dat die respondente, sover hulle nie inderdaad Afrikaans verstaan
nie, voldoende vertaaldienste tot hulle beskikking
het.
Die
applikant tree in sy hoedanigheid as Afrikaanssprekende burger van
die land op en hy het verskillende verteenwoordigers van
die
nasionale regering as respondente gevoeg. Die vyfde respondent is die
Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (Pansat) 'n regspersoon
wat ingestel is
deur artikel 2 van die
Wet
op
die
Pan-Suid-Afrikaanse Taal Raad, 59 van 1995
("die
Pansat-wet). Ek sal mettertyd in meer besonderhede na die voeging van
die onderskeie respondente verwys. Vir die oomblik
is dit genoeg om
te se dat ek na die eerste respondent as "die President"
sal verwys, na die tweede respondent as "die
Parlement", na
die derde respondent as die "Minister van Kuns en Kultuur",
na die vierde respondent as die "Minister
van Justisie" en
na die vyfde respondent as PANSAT. Geen regshulp word teen PANSAT
gevra nie.
Die
applikant beweer dat die respondente, met die uitsondering van
PANSAT, nie hulle grondwetlike taalverpligtinge nakom nie. Gevolglik

vra die applikant, in onderskeidelik bedes 1 tot 3 van sy
kennisgewing van mosie, drie vorms van regshulp aan. Dit is gerieflik

om elkeen van die bedes agtereenvolgens te behandel.
In
bede 1 vra die applikant 'n bevel wat die President, die Minister van
Kuns en Kultuur en die Minister van Justisie gelas om '"n

nasionale taalwet te finaliseer en te promulgeer soos vereis deur die
GrondwetDaar is 'n alternatiewe bede waarmee ek later sal
handel. Ek
fokus eers op die vraag of die betrokke respondente gelas kan word om
'n nasionale taalwet aan te neem.
Die
applikant fundeer die regshulp wat hy aanvra op artikel 6(4) van die
Grondwet. Ek het genoem dat daar volgens artikel 6(1) van
die
Grondwet 11 amptelike tale is. Die tale word in die artikel genoem.
Volgens artikel 6(3)(a) van die Grondwet kan die nasionale
- en
provinsiale regerings "enige bepaalde amptelike tale vir
regeringsdoeleindes aanwend, met inagneming van gebruik,
doenlikheid,
koste, streeksomstandighede en die ewewig van die behoeftes en
voorkeure van die bevolking as geheel of in die betrokke
provinsie;
maar die nasionale regering en elke provinsiale regering moet
minstens twee amptelike tale gebruik." Artikel 6(4),
waarop die
applikant vir die regshulp steun, lui:
"Die
nasionale regering en provinsiale regerings moet deur wetgewende en
ander maatreels hul gebruik van amptelike tale reel
en monitor.
Sonder afbreuk aan die bepalings van subartikel (2) moet alle
amptelike tale gelykheid van aansien geniet en billik
behandel word."
Die
verpligting wat artikel 6(4) op die nasionale regering le is om sy
"gebruik van amptelike tale (te) reel en (te) monitor."
Dit
moet die regering doen "deur wetgewende en ander maatreels."
Alhoewel wetgewende maatreels dus een van die metodes
is wat die
regering moet aanwend om sy gebruik van amptelike tale te reel en te
monitor, is die aanneem van 'n nasionale taalwet
nie 'n grondwetlike
vereiste nie. Die hof is dus nie by magte om die nasionale regering,
verteenwoordig deur die betrokke respondente,
te gelas om 'n
nasionale taalwet aan te neem nie.
In
die alternatief tot bede 1 vra die applikant 'n bevel wat die
betrokke respondente verplig om "nasionale wetgewing te
finaliseer
en te promulgeer waarin hulle hulle gebruik van amptelike
tale reel en hoe dit gemonitor sal word." Dit is nodig om
eerstens
die getuienis wat hierdie alternatiewe bede ten grondslag le
te oorweeg.
Die
ter saaklike getuienis kan kortliks soos volg saamgevat word. In 1996
het 'n verslag van die Departement van Kuns en Kultuur,
Wetenskap en
Tegnologie, getiteld "Towards a National Language Plan for South
Africa" die lig gesien. Daarna, in 2003
het die Departement van
Kuns en Kultuur op die verslag voortgebou en 'n "National
Language Policy Framework" gepubliseer
wat, ondermeer, 'n
Nasionale Taalwet in die vooruitsig gestel het. Dit is nie vir
huidige doeleindes nodig of wenslik om kommentaar
op die verslag te
lewer nie, maar daarin is aspekte van die gebruik van amptelike tale
deur die nasionale regering aangespreek.
Dieselfde geld vir die
voorgestelde Nasionale Taalwet. Die beplanning van die Departement
Kuns en Kultuur was destyds dat die beleidsraamwerk
sowel as die wet
in dieselfde jaar vir goedkeuring aan die kabinet voorgele sou word.
Die beplanning was verder dat die voorgestelde
Nasionale Taalwet ook
in daardie jaar deur die Parlement geloods sou word. Die presiese
verloop is nie uit die getuienis duidelik
nie, maar dit blyk dat die
proses erens vasgeval het. Op 25 Julie 2007 het die aangeleentheid
voor die kabinet gedien. Die kabinet
het toe besluit dat die Minister
van Kuns en Kultuur in oorleg met die Minister van Justisie
alternatiewe, nie-wetgewende maniere
moet ondersoek en dat die
voorgestelde Nasionale Taalwet nie deur die Parlement geloods moet
word nie. Opgesom is die posisie dat
die nasionale regering
aanvanklik met redelike ywer daaraan gewerk het om sy verpligtinge
ingevolge artikel 6(4) van die Grondwet
na te kom. Sedert 2007 is die
proses nie veel verder gevoer nie. Tans het die nasionale regering
geen gekoordineerde taalbeleid
wat sy gebruik van die amptelike tale
reel en monitor nie
In
die beantwoordende verklaring voer die respondente aan dat die
nasionale regering nogtans aan sy grondwetlike verpligting ingevolge

artikel 6(4) voldoen het. In die verband verwys die
Direkteur-Generaal van Kuns en Kultuur na die volgende:

Dat
die "National Language Policy Framework" voltooi is. Dit
blyk egter nie uit die getuienis dat die raamwerk geTmplementeer
is
nie. Inteendeel, die getuienis toon dat dit nie geTmplementeer is
nie.

Die
departement het 'n Taalpraktisynsraad daargestel en 'n wetsontwerp
daaroor gefinaliseer. Die doel daarvan is om taalpraktisyns

professionele status te gee. Dit is duidelik dat dit nie te make het
met die nasionale regering se verpligting om sy eie gebruik
van
amptelike tale te reel en te monitor nie.

Die
beantwoordende verklaring maak die blote stelling dat die Departement
van Kuns en Kultuur vertaaldienste in amptelike en vreemde
tale
voorsien. Die voorsien van vertaaldienste sal waarskynlik 'n
hulpmiddel wees waardeur die nasionale regering sy verpligtinge

ingevolge artikel 6(3)(a) van die Grondwet sal nakom. Dit mag ook
uiteindelik 'n onderdeel wees van die maatreels waardeur die

nasionale regering sy gebruik van amptelike tale reel. Dit is egter
nie nakoming van die regering se verpligting ingevogle artikel
6(4)
van die Grondwet nie.

Die
Departement "has produced and coordinated terminologies (in)
various technical domains". Wat die stelling presies
behels is
nie duidelik nie, maar dit is klaarblyklik ook nie 'n wyse waarop die
regering se grondwetlike verpligting ingevolge
artikel 6(4) nagekom
is nie.

Die
Departement het menslike taaltegnologie ontwikkel en bevorder om
kommunikasie deur tegnologie te verbeter. Insgeiyks reel en
monitor
dit nie die nasionale regering se gebruik van amptelike tale nie.

Die
Departement "has completed capacity building ... for language
facilitation in government departments." Weereens is
dit
onduidelik wat dit alles behels, maar dit is beslis nie 'n nakoming
van die verpligting ingevolge artikel 6(4) van die Grondwet
nie. Dit
sal waarskynlik ook 'n onderdeel vorm van die implementering van die
wetgewende en ander maatreels wat artikel 6(4) vereis.

Die
Departement "has completed one capactiy building programme for
language practice focussing strategically on skills development
in
language practice". Dit spreek vir sigself dat hierdie nie
nakoming is van die verpligting vervat in artikel 6(4) van die

Grondwet nie.
Behalwe
vir die bogenoemde stappe, steun die respondente ook daarop dat die
Pansat-wet aangeneem is. Dit is egter nakoming van die
verpligting
wat artikel 6(5)
2
van die Grondwet op die nasionale regering gele het en nie van die
verpligting vervat in artikel 6(4) nie. Die respondente verwys
ook na
artikel 6(2) van die
Suid-Afrikaanse
Skolewet, 84 van 1996
wat
bepaal dat skole se beheerliggame die betrokke skool se taalbeleid
mag vasstel. Dit reel nie die nasionale regering se gebruik
van
amptelike tale nie. Dieselfde geld vir artikel 6(1) van die
Landdroshowewet,
32 van 1944
wat
die gebruik van Engels en Afrikaans in howe toelaat. Laasgenoemde
bepaling sou deel kon vorm van die nakom van die verpligting
om die
nasionale regering se gebruik van amptelike tale te reel, maar is
opsigself maar 'n druppel in daardie spreekwoordelike
emmer.
Opgesom
is daar maatreels wat aspekte van die gebruik van amptelike tale
reel, maar geen volledige stel "wetgewende en ander
maatreels"
wat die nasionale regering se gebruik van amptelike tale reel nie.
Daar is geen getuienis van sulke maatreels wat
die nasionale regering
se gebruik van amptelike tale monitor nie.
Die
grondwetlike verpligting op die nasionale regering is om sy gebruik
van amptelike tale te reel en te monitor. Dit moet die regering
doen
deur wetgewende en ander maatreels. Ek het reeds hierbo daarop gewys
dat die maatreels waarna die respondente in die beantwoordende

verklaring verwys nie nakoming van daardie verpligting daarstel nie.
In kort het die nasionale regering begin om sy verpligting
ingevolge
artikel 6(4) van die Grondwet na te kom, maar die proses het tot
stilstand gekom. Die proses moet hervat word maar dit
is nie vir
hierdie hof om, voordat die nasionale regering sy verpligting nagekom
het, voorskrifte te gee oor hoe dit gedoen moet
word nie. In die
konteks van die skeiding van regsprekende, uitvoerende en wetgewende
magte, moet die nasionale regering se grondwetlike
verpligting eers
nagekom word. Daarna, indien dit aangevoer word dat selfs sodanige
nakoming of gepoogde nakoming nie ooreenkomstig
die Grondwet is nie,
kan die hof dit wat ter nakoming gedoen is, aan die Grondwet toets.
In die alternatief tot bede 1 vra die
applikant dat die respondente
gelas moet word om nasionale wetgewing te finaliseer en te promulgeer
waarin hulle hul gemelde gebruik
reel en monitor. Ek het reeds daarop
gewys dat die Grondwet nie juis 'n wet vereis nie, alhoewel 'n
kombinasie van wetgewende en
ander maatreel vereis word. Die
alternatief tot bede 1 kan dus ook nie in die vorm waarin dit
aangevra is toegestaan word nie.
Dit is gevestigde reg dat waar, soos
in hierdie geval, versuim om die Grondwet na te kom vas staan, die
hof gepaste regshulp moet
formuleer. Ek stem met mnr Vally namens die
respondente saam dat 'n verklarende bevel gekoppel met 'n gebiedende
bevel die aangewese
regshulp is: Dit moet verklaar word dat die
betrokke grondwetlike verpligting nie nagekom is nie en die nasionale
regering moet
gelas word om die verpligting binne 'n bepaalde tyd na
te kom. Ek stem ook met mnr Vally saam dat twee jaar 'n gepaste tyd
is.
Die
advokate was dit eens dat die verpligting om namens die nasionale
regering die betrokke grondwetlike verpligting na te kom by
die
uitvoerende gesag berus. Die respondente self wys daarop dat die
verpligting om aan artikel 6(4) van die Grondwet te voldoen
binne die
uitvoerende verpligtinge van die Minister van Kuns en Kultuur val.
Dit is 'n verpligting wat die President as hoof van
die uitvoerende
gesag aan die Minister opgele het toe hy haar in haar pos aangestel
het.
3
Ingevolge artikel 92 van die Grondwet is sy "verantwoordelik vir
die bevoegdhede en funksies van die uitvoerende gesag wat
deur die
President aan ... (haar) opgedra word." In
Von
Abo v President of the Republic of South Africa
2009 (5) SA 345
(KH)
te
paragrawe 40 tot 42 het die Konstitusionele Hof daarop gewys dat dit
normaalweg aangewese is om in gevalle waar dit om grondwetbreuk
aan
die kant van die uitvoerende gesag gaan, die betrokke minister aan te
spreek en die bevel die nooreenkomstig te
formuleer.
Gevolglik meen ek dat Mnr Vally korrek betoog het dat bevele teen die
President en die Minister van Justisie nie aangewese
is nie.
In
bede 2 vra die applikant 'n bevel aan wat die President of die
bogemelde Ministers verplig "om 'n taaloudit van die Nasionale

Regeringsdepartemente te gelas." Mnr Pelser vir die applikant
kon nie op enige grondwetlike bepaling of op 'n ander regsreel
wys
wat so
n
verpligting
op die respondente le nie. Gevolglik kan so 'n bevel nie gemaak word
nie. Dit mag op die lang duur blyk dat so 'n bevel
nodig is om toe te
sien dat die nasionale regering se grondwetlike verpligtinge nagekom
word, maar dit is nie nou ter sake nie.
In
bede 3 vra die applikant 'n bevel wat die Parlement gelas om "alle
wetgewing in alle amptelike tale te laat publiseer."
Die bevel
word terugwerkend tot 1996 gevra.
Volgens
artikel 6(3)(a) van die Grondwet kan die nasionale regering "enige
bepaalde amptelike tale vir regeringsdoeleindes
aanwend."
Faktore wat die regering in ag moet neem by sy besluit oor watter
tale om te gebruik word gegee en dan bepaal die
subartikel "die
nasionale regering ... moet minstens twee amptelike tale gebruik."
Die applikant voer aan dat die Parlement
nie deel van die nasionale
regering is nie, en dus nie geregtig is om slegs twee amptelike tale
te gebruik nie. Volgens artikel
43(a) van die Grondwet "berus
die wetgewende gesag ... van die nasionale regeringsfeer by die
Parlement." Dit dui vir
my aan dat die Parlement die wetgewende
been van die nasionale regering is, maar dit is nie nodig om nou te
beslis of dit beteken
dat die Parlement deel van die nasionale
regering is nie. Dit kan geargumenteer word dat, ongeag die bepalings
van artikel 6(3)(a)
van die Grondwet, landswette in al elf die
amptelike tale beskikbaar moet wees.
4
Daaroor hoef ek, vir redes wat volg, ook nie nou te beslis nie.
Die
getuienis voor die hof toon dat die Parlementere reels vereis dat
wetsontwerpe in twee amptelike tale voorberei word. Een van
die
wetsontwerpe moet in Engels wees. As die Parlement die wetsontwerp
goedkeur, word dit vir bekragtiging en ondertekening aan
die
President voorgele
5
. Die wetgewende proses word dan afgesluit ingevolge artikel 81 van
die Grondwet
6
wat bepaal: '"n Wetsontwerp wat deur die President bekragtig en
onderteken is, word 'n Wet van die Parlement, moet onverwyld

gepubliseer word, en tree in werking by die publikasie daarvan of op
'n datum ingevolge die Wet bepaal." Uit sowel artikel
81 as 82
is dit duidelik dat slegs een wetsontwerp, en nie meerdere vertalings
daarvan nie, aan die President voorgele word. Artikel
82 bepaal: "Die
ondertekende eksemplaar
van 'n Parlementswet is afdoende bewys van die bepalings van daardie
Wet en moet na die publikasie daarvan vir veilige bewaring
aan die
Konstitusionele Hof toevertrou word."
Die
applikant voer nie aan dat wetsontwerpe in al elf tale vertaal moet
word nie. Wat hy in bede 3 vra is dat die Parlement gelas
moet word
om die getekende eksemplaar van elke wet in alle amptelike tale te
vertaal. Ek aanvaar
in
die guns van die applikant dat landswette in al die amptelike tale
vertaal moet word. Die vraag is egter of die applikant korrek
is dat
die Parlement die plig het om dit te doen.
Ek
het daarop gewys dat die wetgewende proses afgesluit word met een
eksemplaar van die wet. Dit is daardie eksemplaar wat, as die

applikant korrek is, vertaal moet word in die ander 10 amptelike
tale. Mnr Pelser kon my nie op 'n grondwetlike bepaling of 'n
ander
regsreel wys wat die vertaalverpligting op die Parlement le nie.
Trouens, in die lig daarvan dat die wetgewende proses afgesluit
word
wanneer die President die wetsontwerp wat voorgele word bekragtig en
onderteken, dui daarop dat die Parlement se werk dan
afgehandel is en
dat die verpligting om die getekende wet te vertaal eerder op die
Uitvoerende Gesag rus.
Ek
moet ten slotte daarop wys dat die applikant in die stukke beswaar
daarteen opper dat Engels, soos die applikant dit stel, tot
"super
amptelike taal" verhef is. Die regshulp wat die applikant aanvra
maak dit onnodig om daaroor 'n mening te lug.
Dit is iets wat 'n
ander hof moontlik op 'n ander geleentheid in die lig van die ter
saaklike bepalings van die Grondwet en deskundige
getuienis sal moet
beslis.
Wat
koste betref volg dit uit wat ek gese het dat slegs 'n verklarende en
gebiedende bevel ingevolge bede 1 toegestaan moet word
en slegs teen
die derde respondent. Dit volg dat die aansoek teen die ander
respondente onsuksesvol was. Al die respondente is
egter deur
dieselfde prokureur en dieselfde advokaat verteenwoordig. Die voeging
van die eerste, tweede en vierde respondente het
geen koste
implikasie nie. Die vyfde respondent is in elk geval net vanwee sy
moontlike belang gevoeg en ook sy voeging het geen
koste implikasie
nie. Teen die derde respondent is die applikant suksesvol, al is dit
nie volledig nie. Dit staan vas dat die aansoek
genoodsaak is deur
die derde respondent se versuim om die grondliggende grondwetlike
verpligting wat in artikel 6(4) vervat is
na te kom. Dit het tot
gevolg dat nou, 14 jaar nadat die Grondwet aangeneem is, kan daar nog
nie bepaal word of die nasionale regering
sy verpligting ingevolge
artikel 6(3)(a) nakom nie. Ek dink nie dit is vir my nodig om meer te
se as dat dit onaanvaarbaar is nie
en dat dit die aansoek geregverdig
het nie. "Alle grondwetlike verpligtinge moet getrou en sonder
versuim nagekom word."
(Artikel 237 van die Grondwet). Die
applikant is deur twee advokate verteenwoordig en na my oordeel het
die belang van die saak
dit geregverdig. Ek meen dus dat die
applikant op sy koste geregtig is.
Die
volgende bevel word gemaak:
1.
Dit word verklaar dat die nasionale regering in versuim is om
ingevolge artikel 6(4) van die
Grondwet
van die Republiek van Suid Afrika, 1996
deur
wetgewende en ander maatreels die nasionale regering se gebruik van
amptelike tale te reel en te monitor.
2.
Die nasionale Minister van Kuns en Kultuur, Wetenskap en Tegnologie
in haar hoedanigheid as die verantwoordelike lid van die
uitvoerende
gesag word gelas om die gemelde verpligting binne twee jaar vanaf
datum van hierdie bevel na te kom of toe te sien
dat dit nagekom
word.
3.
Die derde respondent word gelas om die applikant se koste,
insluitende die koste van twee advokate, te betaal.
B.R.
du Plessis
Regter
van die Hooggergshof
Namens
die applikant: Lourens Prokureurs
p/a
Nelson Bornman & Vennote Ingelyf
Schreiner
Chambers,
17
de Verdieping
Pritchardstraat
94
Johannesburg
Adv.
Q. Pelser SC Adv. B.S du Plessis
Namens
die Eerste tot
Vyfde
Respondente: Die Staatsprokureur
North
State Gebou 10de Vloer Marketstraat 95 h/v Kruisstraat Johannesburg
Adv:
B. Vally
1
1
Vgl
art. 30 van die Grondwet en
Ex
Parte Chairperson of the Constitutional Assembly: In re
Certification of the Constitution of the Republic of South
Africa,1996
1996 (4) SA 774
(KH) te paragraaf 213.
2
Artikel
6(5) voorsien
_
'n
PanSuid-Afrikaanse Taalraad deur nasionale wetgewing ingestel".
3
Vgl.
Art. 83(a), 85(2) en 91(2) van die Grondwet.
4
Vgl.
die bespreking van prof. Currie in
Constitutional
Law of South Africa
deur
Chaskalson
en
andere (2 uitgawe) Volume 4, bl 65-10 tot 65-11.
5
Art.
79 van die Grondwet.
6
Ex
Parte Minister of Safety and Security: In re S v Walters
[2002] ZACC 6
;
2002 (4) SA
613
(KH)
teparagraaf
70
.