Schoeman and Others v Bouwer and Others (44314/07) [2010] ZAGPPHC 179 (9 March 2010)

50 Reportability

Brief Summary

Company Law — Liquidation — Application for leave to appeal against refusal of liquidation — Applicants sought liquidation of the sixth respondent on grounds of alleged oppression and inability to exercise religious rights — Court found that the majority of members desired the continuation of the sixth respondent and that other remedies were available — Liquidation deemed inappropriate as personal disputes did not warrant such drastic measures — Application for leave to appeal dismissed with costs.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2010
>>
[2010] ZAGPPHC 179
|

|

Schoeman and Others v Bouwer and Others (44314/07) [2010] ZAGPPHC 179 (9 March 2010)

IN DIE HOE HOP VAN
SUID-AFRIKA
[NOORD GAUTENG HOE
HOF, PRETORIA]
SAAKNR :
44314/07
DATUM:
09/03/2010
In die saak tussen :
THEUNIS JOHANNES
SCHOEMAN
..............................................
EERSTE
APPLIKANT
OH VON
KLOEG
..............................................................................
TWEEDE
APPLIKANT
N
CLAASEN
......................................................................................
DERDE
APPLIKANT
W
KUSCKE.
.....................................................................................
VIERDE
APPLIKANT
JS VAN
NIEKERK
.............................................................................
VYFDE
APPLIKANT
BB OU
TOIT
......................................................................................
SESDE
APPLIKANT
H
MOOLMAN
...................................................................................
SEWENDE
APPLIKANT
Z
BESTER
.......................................................................................
AGTSTE
APPLIKANT
C VAN
HEERDEN
...........................................................................
NEGENDE
APPLIKANT
en
PETRUS JOHANNES
BOUWER
...............................................
EERSTE RESPONDENT
JAMES PETER
MCCORD
........................................................
TWEEDE RESPONDENT
DENIS HENRY
MCCORD
..........................................................
.
DERDE RESPONDENT
PHILLIP RUDOLPH
PREW
.........................................................
VIERDE RESPONDENT
PIETER WESSEL
OOSTHUIZEN
................................................
VYFDE
RESPONDENT
GEDEELTE 71
TWEEFONTEIN [EDMS] BPK
.......................
SESDE
RESPONDENT
UITSPRAAK
LOUW, WR
09 MAART 2010
[1] Die Eerste tot
Negende Applikante het :n aansoek om veriof tot appel teen die
uitspraak gedateer 20 November 2009 afgeiewer.
[2] Intussen het die
prokureurs van die Applikante onttrek as prokureurs van Tweede, Vyfde
en Sewende Applikante en word die aansoek
om veriof tot appei slegs
voortgesit deur Eerste, Derde, Vierde, Sesde. Agtste en Negende
Applikante.
[3] Die gronde vir
die aansoek om veriof tot appel word uiteengesit in die aansoek om
veriof tot appei gedateer 9 Desember 2009.
[4] Ten tye van die
aansoek om veriof tot appei het mnr Naude namens die betrokke
Applikante groot klem gele op die feit dat die
aandele-register vir
'n lang tyd weggehou is vanaf die Applikante en dat die
aandeleregister nie die korrekte weergawe van lede
uiteensit nie.
[5] Mnr Naude
het uitgewys dat die deponent namens die Respondente, synde die Vyfde
Respondent, inderdaad selfs ontken het dat
die Applikante lede van
die Sesde Respondent is.
[8] Daarbenewens het
mnr Naude ook kiem gele op die feit dat daar geskiile bestaan oor wie
die direkteure van die sesde Respondent
is of behoort te wees
voortspruitend onder andere daaruit dat die iede-vergadering waar
Eerste Appiikant nie herkies is as 'n direkteur,
piaasgevind het in
omstandighede waar wie presies aandeelhouers en gevolgilk lede van
die Sesde Respondent is, nie duidelik is
nie.
[7] Hier moet
onmiddellik uitgewys word dat die probleem met betrekking tot lede
nie so omvangryk is nie. Die stukke het verwys
na ongeveer 50 lede en
is daar ook 'n verwysing na 48 lede. Dit is die Applikante se saak
dat daar met 'n aantal lede verdere probleme
mag bestaan maar is die
identiteite van die grootste aantal lede wel bekend en nie in geskil
nie.
[8] Mnr Naude het
die submissie gemaak dat dit nie vir die Applikante moontlik is om *n
behoorlike iedevergadering te hou nie aangesien
hutle nie weet wie
die aandeelhouers is wat die vergadering moet hou nie. In aansiuiting
hierby was sy submissie dat die nie-verskaffing
van die lederegister
inderdaad neerkom op die soort van onderdrukking op grond waarvan 'n
likwidasiebevel ten opsigte van Sesde
Respondent toegestaan moet
word. In aansluiting hierby het hy geargumenteer dat die basis vir
die bestaan van Sesde Respondent
juts was dat die lede van die
maatskappy huile godsdienstige beiewinge en regte kon uitoefen op die
plaas van die Sesde Respondent.
Hierdie uitoefening van godsdienstige
regte, so voer hy aan. net weens die onbehooriike optrede van die
Eerste Respondent onmoontlik
geword en is die feit dat die ander
Respondente nie bereid was om Eerste Respondent as 'n lid van die
Christian Fellowship geheel
en al te verwerp en uit te skop die
oorsaak daarvan dat dit nie vir die Applikante moontlik is om huile
godsdienstige regte uit
te oefen nie.
[9] Aan die ander
kant egter is dit natuurlik so dat daar wel 'n vorm van
dissiplinering van Eerste Respondent geskied het en was
die
benadering van die meerderheid [hoe presies ookal saamgestel] dat
Eerste Respondent nie geheel en a! van lidmaatskap gestroop
word nie.
[10] Die aanleidende
oorsaak van die geskil in hierdie aangeleentheid het sy beslag gevind
daarin dat die Applikante onder dreigement
van 'n likwidasie
aangedring het daarop dat die grond van die Sesde Respondent aan die
Applikante verkoop word.
[11] My indruk ten
tye van die nagaan van die aansoekstukke, die argtmentering by die
vorige verrigtinge en ook in hierdie aansoek
om verlof tot appel is
dat die persoonlike geskille tussen die Eerste Applikant en die
Eerste Respondent die aanieidende oorsaak
tot hierdie geskil is.
[12] Hierdie
persoonlike geskii iei daartoe dat 'n likwidasie-aansoek gebring word
maar deur Respondente vermy kon word deur die
onroerende eiendom van
die Sesde Respondent aan die Eerste Applikant en sy groep te verkoop.
In die omstandighede is ek geneig
om met mnr Fourie, vir die
Respondents, saam te stem dat hier nie bloot om die reg en billikheid
van 'n likwidasie van die Sesde
Respondent geveg word nie maar ook om
redes van persoonlike gewin. In hierdie verband moet dit weereens
uitgewys word dat dit 'n
term van die Statute van die Sesde
Respondent is dat lede wat ophou om Iede te wees, enige verbeteringe
verbeur wat huile op die
grond van die Sesde Respondent aangebring
het. Dit is duidelik dat daar wonsngs en ander verbeterings van
wesenlike waarde op die
grond van die Sesde Respondent aangebring is.
[13] Die geskii oor
die lederegister is nie so diepgaande dat hier twyfel daaroor kan
wees dat die rneerderheid van die iede ten
gunste daarvan is dat
Sesde Respondent as entiteit moet voortbestaan en nie gelikwideer
moet word nie.
[14] Indien die
Applikante werklik van oortuiging is dat daar 'n sodanige ernstige
probleem met die lederegister is dat 'n regsteiling
daarvan sal
meebring dat die Applikante op 'n led eve rg ad e ring 'n meerderheid
stem vir die likwidasie kan bekom, is die remedie
vir die Applikante
om Artikel 113 van die Maatskappyewet 61 van 1973 [hierna genoem "die
Maatskappyewet"] as remedie
uit te oefen en die lederegister
eerstens te bekom en daarna die lederegister in terme van Artikel 115
van die Maatskappyewet te
laat regstel en die aansprake op iedebelang
in die Sesde Respondent te laat bereg. Dieseifde benadering geld ook
vir enige geskilie
met betrekking tot die direkteure van die Sesde
Respondent.
[15] In die aangesig
van 'n meerderheid van lede wat die voortsetting van die Sesde
Respondent verlang, meen ek dat Iikwidasie nie
aangewese in die
omstandighede is nie en is daar n hele aantai remedies, waarvan ek
enkeles hierbo vermeld het, tot beskikking
van die Applikante Sien :
Mouw v Imanu-Shalom Congregation & Another
1994 (2) SA 240
(WLD).
[16] Ek is van
mening dat persoonlike geskilie in hierdie aangeleentheid aanieiding
daartoe gee dat die voortbestaan van die Sesde
Respondent bedreig
word en sender dat daar in werklikheid onderdrukking van die
minderheid of onmoontlikmaking van uitoefening
van die godsdienstige
regte van die Applikante bestaan. In hierdie verband siuit ek aan by
die bevindinge van die Mouw-beslissinq
op 244G - H, naamlik dat
likwidasie nie die gepaste remedie is waar daar ander geskikte
remedies teen individuele wandaders beskikbaar
is nie.
[17] Mnr Naude het
'n sterk betoog geiewer dat my kostebevel verkeerd was, aangesien
daar koste vir 'n heie aantal verskynings aangegaan
was en was daar
tog sukses vir die Applikante deurdat 'rs lederegister wei
uiteindelik as resultaat van die heie verioop van die
proses
beskikbaar gemaak is.
[18] Ek is respekvol
van mening dat hierdie betoog uit die oog verlocr dat die Applikante
primer en eerstens n Iikwidasie van die
Sesde Respondent verlang het
en primer in die eerste plek daardie regshuip aangevra het. Hulie was
nie suksesvoi met daardie aansoek
nie. Die likwidasiebevel is opgebef
en in die omstandighede was dit na my mening die gepaste bevel om te
gelas dat die Applikante
die koste van die aansoek betasl, soos wat
ek in die bevel en uitspraak van 20 November 2009 gemaak het.
[19] Sn aansiuiting
hierby het mnr Fourie tydens sy betoog uitgewys dat daar verskeie
kostebevele was waar koste voorbehou is en
het die Respondente nie
vir die voorbehoue kostebevele gevra nie. Die bevel soos wat op 20
November 2009 toegestaan is, is deur
die Respondente aangevra.
[20] Mnr Naude het
saamgestem dat dit inderdaad so is dat daar 'n he!e aanta! voorbehoue
kostebevele was. Die gevolg is uiteraard
dat daardie bevele nie dee!
vorm van die kostebeve! wat ek op 20 November 2009 gemaak het nie.
Insoverre Respondents aanspraak
kan maak op 'n mate van sukses
voortspruitend uit die verkryging van die lederegister, is die feit
dat eike veriengingsbevei se
koste nie teen Applikante toegestaan is
nie, genoegsame vergoeding vir sodanige sukses.
[21] Vir bogenoemde
redes sowel as vir die redes reeds in die uitspraak van 20 November
2009 vermeld, meen ek dat daar nie redelike
vooruitsigte op sukses op
appei vir die Applikante is nie. Gevolgiik maak ek die voigende
bevel:
[1] Die aansoek
om veriof tot appei word van die hand gewys.
[2] Eerste, Derde,
Vierde, Sesde, Agtste en Negende Applikante word gesamentlik en
afsonderlik, die een betaai die ander kwytgeskeid
te word, gelas om
die koste van die aansoek om veriof tot appel te betaal.
AJ LOUW, WR