About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2010
>>
[2010] ZAGPPHC 619
|
|
Bouwer and Another v Gammin O4 BK h/a Civil and Blasting Solutions (5773/2010) [2010] ZAGPPHC 619 (3 March 2010)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD
GAUTENG AFDELING)
SAAKNR.:
5773/2010
DATE: 3 MARCH
2010
In die saak van
BOUWER, HERMANUS
JOHANNES
................................................................................
Eerste
Applikant
BOUWER,
WILHELMINA
ELIZABETH
.......................................................................
Tweede
Applikant
en
GAMMIN 04 BK.h/a
CIVIL AND BLASTING
SOLUTIONS
....................................................................................................................................
Respondent
CORAM: EBERSOHN
WR.
AANGEHOOR OP 24
FEBRUARIE 2010
UITSPRAAK AFGEGEE
OP 3 MAART 2010
UITSPRAAK
EBERSOHN AJ.
[1] In hierdie
uitspraak word die appiikant vir verlof om te kan appelleer na verwys
as die respondent en die respondente in rekonvensie
word na verwys as
die Bouwers.
[2] Aan die
applikante is regshulp verleen onder uiters onaangename
omstandighede. Die respondent het deur listigheid die Bouwers
gekry
om te trek uit die respondent se woning te Cullinan onder die
voorwendsel dat die respondent hul trek gratis na Polokwane
sou
vervoer. Hulle trek is gelaai op die oggend van die 29ste Januarie
2010 op die vragmotor soos voorsien deur die respondent.
[3] Teen ongeveer
1lh30 was die vragmotor klaar gelaai met die trek van die Bouwers en
ene Francois Mynhardt van die respondent
het die Bouwers geskakel en
meegedeel dat daar iets fout is met die dieselpomp van die vragmotor
en dat dit eers sou moes aandoen
by die respondent se werkswinkel te
Bon Accord vir herstelwerk. Die Bouwers is toe vooruit na Polokwane
en het met die drywer van
die vragmotor selnommers uitgeruil sodat
hulle die drywer rigting kon aandui wanneer hv te Polokwane aankom
met hulle trek.
[4] Die middag het
een van die Bouwers se werkers hulle geskakel en meegedeel dat die
vragmotor met hulle trek op steeds by die
respondent se werkswinkel
te Bon Accord staan en dat van die houers waarin breekgoed van die
Bouwers verpak is van die vragmotor
afgegooi is en dat die werkers
van die respondent' die Bouwers se vleis wat in ’n vrieskas
verpak was uitgehaal het en onder
mekaar verdeel het.
[5] Toe Mnr. Bouwer
vir ene Johan van Vuuren. ’n besluitnemer van die respondent
skakel het om te vemeem wat aangaan, het
Van Vuuren hom meegedeel dat
Bouwer nie sv meubels sou krv alvorens Bouwer nie die geld wat hy aan
die respondent verskuldig was,
betaal het nie. Van Vuuren het geweier
om besonderhede van die bedrag wat beweerdelik verskuldig was aan
Bouwer te verstrek. Van
Vuuren het ook gedreig dat die Bouwers leed
aangedoen sou word indien die Bouwers weer die eiendom te Cullinan
sou betree. Die
Bouwers het die saak by die SA Polisie aanhangig
gemaak en noodgedwonge die nag met hulle kinders in hulle voertuig
geslaap.
[6] Dit was toe vir
die Bouwers duidelik dat die respondent hulle met bedrog en
listigheid uit die woning te Cullinan gekrv het.
[7] Die aansoek vir
dringende regshulp teen die respondent het toe voor my gedien. Die
advokaat vir die respondent het 'n regspunt
tot die effek dat die
Bouwers se prokureur die verkeerde kennisgewing van mosie gebruik het
geargumenteer en hy het aangedring
dat die aansoek op daardie grond
afgewvs moes word. Die hof het die oorsig gekondoneer en gelas dat
die respondent die meubels
en ander goed soos per aanhangsel "XI"
aan die Bouwers moes verskaf en of aan hulle toegang gee tot die
perseel te Bon
Accord sodat die Bouwers hulie goed kon vemyder. Koste
is deur die hof voorbehou vir argument in die dringende hof op 24
Februarie
2010 ten einde die respondent kans te gee om 'n verklaring
in te dien as hulle wou.
[8] Die respondent
het geen antwoordende verklaring ingedien nie maar het inteendeel 'n
aansoek vir verlof om te kan appelleer gebaseer
op 7 beweerde gronde
waarop die Hof kwansuis sou gefouteer het.
[9]
Die werking van die kennisgewing van aansoek vir verlof om te kan
appelleer is om die interim bevel wat verleen is op te skort
en in
reaksie daarop het die Bouwers 'n aansoek in terme van reël 49(
11) gebring om die werking van die aansoek vir verlof
om te kan
appelleer op te skort. Hierdie aansoek is op 5 Februarie 2010 deur
die Hof aangehoor en die Hof het gelas dat daar onmiddellik
uitvoering gegee word aan die bevel van 3 Februarie 2010 en dat die
Bouwers hulle goed kon verwvder en die Hof het ook gelas dat
die
kosteaspek en die aansoek vir verlof om te kan appelleer aangehoor
sou word op 24 Februarie 2010
.
[10] Op 24 Februarie
2010 is die aansoek vir verlof om te kan appelleer en die kosteaspek
geargumenteer en die Hof het uitspraak
voorbehou.
[11] Volgens die
gemene reg gebaseer op die Romeinse en Romeins-Hollandse reg is daar
'n verbod teen die neem van die reg in eie
hande en sal die hof
daardie optrede van die instansie wat die reg in eie hande neem
ongedaan maak en bestraf met 'n punitiewe
kostebevel. In hierdie
geval het die respondent op 'n skreiende wyse en met laakbare
listighied die ontruiming van die woonhuis
te Cullinan bewerkstellig
tot die nadeel en verleentheid van die Bouwers en hulle bedrieg deur
te kenne te gee dat die respondent
gratis hulle trek sou vervoer na
Polokwane. Die respondent hy sy laakbare optrede vererger deur geld
te eis van die Bouwers voordat
hulle die Bouwers se goed sou afgee.
[12] Soos voormeld
het die respondent geer. eedsverklaring voor hierdie Hof geplaas om
sy optrede te verduidelik nie en die bewerings
van die Bouwers staan
derhalwe as onbetwis.
[13] Dit is duidelik
dat daar geen meriete in die aansoek vir verlof om te appelleer is
nie. In terme van die bepalings van die
Wet op die Hooggeregshof is
die appêl in elk geval nie meer ontvanklik nie aangesien daar
nie meer restitutio kan geskied
nie aangesien die Bouwers von is met
hul meubels en goedere.
[14] Wat die koste
aanbetref is dit duidelik dat die respondent met listigheid.
laakbaarheid en bedrog die reg in eie hande geneem
het en so die
Bouwers uit die woning wat hulle geokkupeer het te kry en daama onder
voorwendsels dat hulle geld aan die respondent
skuld, hulle trek
gestoor het in hul perseel te Bon Accord. Hierdie Hof sal nie sulke
eiegeregtigheid en die neem van die reg in
eie hande gedoog nie en
dit is duidelik dat 'n swaar bestraffende bevel vir koste teen die
respondent verleen moet word om die
Hof se misnoeë te laat blyk.
[15] Die Hof verleen
gevolglik die volgende bevele:
1. Die aansoek vir
verlof om te kan appelleer word afgewys met koste op die skaal van
prokureur en eie kliënt.
2. Die respondent
word gelas om die koste van die 3de Februarie 2010, van die 5de
Februarie 2010 en van die 24ste Februarie 2010
op 'n geopponeerde
basis en op die skaal van prokureur en eie kliënt te betaal.
P.Z. EBERSOHN,
WAARNEMENDE
RfcGTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF
Applikant se
advokaat: Adv. R.F.J de Villiers
Applikant se
prokureurs: Des Bischoff Prokureurs
Tel. 012x 548
0872
Verw . Z2 3/2010
Respondente se
advokaat op 5 en 24 Februarie 2010: Adv. F. Botes
Respondente se
prokureurs: Stuart van der Merwe Ing.
Tel.
012x343 1900
Verw.
ML STUART/SC9681