About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 615
|
|
Stellenberg v Scott (13367/2010) [2010] ZAWCHC 615 (9 December 2010)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(WESKAAPSE HOE HOF, KAAPSTAD)
Saaknommer: 13367/2010
In
die saak tussen:
KARL
STELLENBERG
….....................................................................................
APPLIKANT
En
HERBERT SCOTT
…..........................................................................................
RESPONDENT
UITSPRAAK GELEWER OP
DONDERDAG, 09 DESEMBER 2010
DLODLO, R
[1] Die
Applikant doen hierin aansoek vir 'n bevel vir gevangenissetting van
die Respondent op grond daarvan dat die laasgenoemde
die Hofbevel
uitgevaardig deur Regter Erasmus geminag het. Dit blyk uit die
stukke dat op 22 Mei 2009 het die Rondgaande Hof
te George 'n
Tussentydse Bevel verleen ingevolge waarvan die Respondent,
inter
alia,
gelas
en beveel was om alle gelde wat hy namens die Applikant van kliente
van die Applikant ingevorder het dadelik aan die laasgenoemde
se
regsverteenwoordigers te oorhandig. Die Tussentydse Bevel het ook
die Respondent onder ander verbied om:
(i)
Enige gelde
te ontvang vanaf kliente en/of polishouers van die
Applikant;
(ii)
Om op enige
wyse in te meng met die werksaamhede van welke
aard ook al van
die Applikant;
(iii) Op enige wyse die
Applikant of sy verteenwoordigers te belaster en onwaarhede oor die
Applikant te versprei en/of die Applikant
se verteenwoordigers te
dreig en/of aan te rand. Verder is dit duidelik dat die bogenoemde
Tussenbevel op 24 Junie 2009 te Kaapstad
bekragtig is. Die Applikant
voer aan dat die Respondent wel die Tussentydse- asook die Finale
Bevel verbreek het en dat hy gevolglik
horn skuldig gemaak het aan
minagting van die Hofbevel van Regter Erasmus. Mnr. Lotz en Mnr. Van
der Schyff het onderskeidelik
namens die Applikant en die Respondent
verskyn.
[2] Ingevolge die Hofbevel moes
die Respondent alle dokumentasie van die Applikant asook gelde wat
deur hom ontvang is, oorhandig
en oorbetaal aan die
verteenwoordigers van die Applikant. Dit blyk egter dat geen gelde
en/of dokumentasie deur die Respondent
aan die Applikant oorbetaal
en/of oorhandig is nie. As 'n mens aanhangsels "KS8" asook
"KS9" tot die Funderende
Eedsverklaring nagaan, blyk dit
duidelik dat geen sodanige oorbetaling en/of oorhandiging
plaasgevind het nie. Aanhangsel "KS10",
'n skrywe van
"Prosperity Life" toon dat nieteenstaande die Hofbevel,
die Respondent nog steeds voortgegaan het om
kliente van die
Applikant af te rokkel en oor te skrywe na "Prosperity Life".
Die Eedsverklaring van ene Frikkie Geldenblom,
Rosina Wildemans,
Sarah Seconds, Rosie Ann Kees en Frendeline Stellenberg, laat dit
blyk dat die Respondent verskeie kere die
Tussentydse- asook die
Finale Hofbevel verbreek het. Op 20 Mei 2010 het die Respondent
volgens die stukke, die begramisboekie
van ene Anna Wynand (een van
die Applikant se kliente wat afgesterf het) bekom het en gepoog het
om die begrafhis van die vrou
deur 'n andesr onderneming te laat
doen het. Uit die Respondent se eie Eedsverklaring blyk dit dat die
Respondent te alle relevante
tye bewus was en is van die onderskeie
bevele en word dit nie deur horn in dispuut geplaas dat hy wel
kennis gedra het van die
onderskeie bevele soos deur Regter Erasmus
verleen. Wat hierdie saak moeilik maak is dat ingevolge die
Tussentydse Bevel asook
die Finale Bevel, moes die Respondent alle
dokumentasie en alle gelde wat hy in sy besit gehad het van die
Applikant, aan die
laasgenoemde oorhandig en oorbetaal, welke hy nie
aangehoor gegee het nie, nieteenstaande die feit dat die Respondent
in sy Opponerende
Eedsverklaring erken het dat hy wel oor
dokumentasie beskik het en dat hy gelde ontvang het van die
Applikant se kliente.
[3] Dit is
dus te verstane dat dit namens die Applikant uit die Funderende
Eedsverklaring duidelik blyk dat die Respondent (in
die verlede en
ten minste tot so onlangs as die 20ste Mei 2010) nog steeds
voortgaan om in te meng met die werksaamhede en kliente
van die
Applikant in die verbreking van die Hofbevele soos vroeer in hierdie
Uitspraak gemeld word. Ter ondersteuning van sy
betoog het Mnr. Lotz
gebruik gemaak van die saak van
Fakie
NO vs CCII Systems (Ply) Ltd
[2006] ZASCA 52
;
2006
(4) SA 326
(SCA) en spesifiek die gedeelte van die uitspraak op
bladsy 333 waar die volgende staan:
"[8]
In
the hands of a private party, the application for committal for
contempt is a peculiar amalgam, for it is a civil proceeding
that
invokes a criminal sanction or its threat. And while the litigant
seeking enforcement has a manifest private interest in
securing
compliance, the court grants enforcement also because of the broader
public interest in obedience to its orders, since
disregard sullies
the authority of the courts and detracts from the rule of law.
[9] The test for when
disobedience of a civil order constitutes contempt has come to be
stated as whether the breach was commited
'deliberately and mala
fide'. A deliberate disregard is not enough, since the non-complier
may genuinely, albeit mistakenly,
believe him or herslef entitled to
act in the way claimed to constitute the contempt. In such a case,
good faith avoids the infraction.
Even a refusal to comply that is
objectively unreasonable may be bona fide (though unreasonableness
could evidence lack of good
faith).
[10]
These requirements that the refusal to obey should be both willful
and mala fide, and that unreasanble non-compliance, provided
it is
bona fide, does not constitute contempt- accord with the broader
definition of the crime, of which noncompliance with
civil
orders is a manifestation. They show that the offence is committed
not by mere disregard of a court order, but by the deliberate
and
intentional violation of the court's dignity, repute or authority
that this evinces. Honest belief that non-compliance is
justified or
proper is incompatible with that intent. "
Mnr.
Lotz het betoog dat die Applikant op die oorwig van waarskymlikheded
aangetoon het dat die Respondent wel skuldig is aan
'n verbreking
van die Hofbevel. In sy mening het die Applikant inderdaad aan die
toets soos uiteengesit is in
Fakie
NO vs CCII Systems (Pty) Ltd
supra
voldoen.
Mnr. Lotz het aan die hand gedoen dat sy klient (die Applikant)
voldoen het aan die toets vir die aangevraagde regshulp
en dat die
aansoek met koste op die prokureur en klientskaal toegestaan behoort
te word. Die Respondent aan die ander kant hou
vol daarop dat die
relevante paragraaf van die bevel nagekom is. Ter ondersteuning van
hierdie standpunt word ek verwys na aanhangsel
"KS9" van
die stukke wat die skrywe is van Roux Prokureurs (Respondent se
prokureurs) aan JR Reid and Associates (Applikant
se prokureurs).
Aanhangsel KS9" onder andere lees soos volg:
"U gemelde skrywe moet
saam gelees word met u skrywe gedateeer 29 Julie 2009 in meer
besonder die genommerde paragraaf 2
wat spesifiek handel met die lys
wat hier ter sprake is. Die betrokke lys was reeds vanaf die aanvang
van die hofverrrigtinge
deel van u klient se saak en was ook dan
aangeheg as aanhangsel "KS3" tot die Applikant se
verwerende eedsverklaring.
Ons bevestig dat alle dokumentasie wat in
ons klient se besit was aan u oorhandig is en stem ons nie saam met
u interpretasie
van par. 1.2 van die hofbevel dat alle inligting
beskikbaar gemaak moet word nie. Dit is ons submissie dat ons klient
voldoen
het aan die bepalings van die hofbevel. Dit is ook ons
instruksie dat alle betalings wat aan u klient gemaak moes word
inderdaad
gemaak is. "
[4] Dit is
so dat die Respondent ook aangevoer het day hy voldoen het aan die
Hofbevel in sy Opponerende Eedsverklaring. Volgens
Mnr. van der
Schyff, die bostaande geskilpunt kom neer op "a disputed fact"
wat uitsluitlik opgelos word deur middel
van wat in
Plascon-
Evans Paints Ltd v Van Riebeeck Paints (Pty) Ltd
1984
(3) 623 (AD) op 634 H-I beslis was. Volgens Mnr. van der Schyff het
die Applikant se regsverteenwoordiger paragraaf 1.2 van
die Hofbevel
misverstaan en het ook verkeerdelik gesteun op Aanhangsel "KS10"
wat, (volgens Mnr. van der Schyff), ontoelaatbare
hoorse getuienis
daarstel. Om hierdie laaste betoogpunt beter te verstaan moet 'n
mens gaan kyk wat die inhoud is van aanhangsel
"KS10".
Hieronder gee ek sulke inhoud. "KS10" is 'n brief vanaf
"Prosperity Life" gedateer 19 November
2009 en gerig aan
Mnr. Karl Stellenberg wat soos volg lees:
"Dear Mr Stellenberg,
RE: HERBERT SCOTT: ID NO
6406255192083 The above named Mr Herbert Scott has been debarred in
terms of section 14 (1) from Marketing
Funeral Assistance Business,
by the Financial Services Board as from 13th October, 2009,
Properity Life, as a consequence of
the debarment, has decided that
Mr Herbert
Scott is forbidden to market any Prosperity Life
products. The reason
for us only taking action on this date, and
not at the time of his debarment, is that the incorrect ID number
was supplied to
us when perforing our checks on FSB website. The
policies marketed by Scott was underwrittend by Properity Life as
part of a
group called SDL. and we were the underwriters from 1 June
2009 till the date mentioned above "
Die bostaande brief is
onderteken deur die senior bestuurder van "Prosperity Life".
Dit blyk dat Mnr. van der Schyff
heg te veel betekenis aan die
bostaande brief. Al wat "KS10" toon is dat die Respondent
inderdaad kliente vir "Prosperity
Life" geskryf het
voordat hy deur die laasgenoemde maatskappy verbied was om hulle
produkte te bemark.
[5] Mnr. van der Schyff het ook
gehandel met die kwessie van die beweerde inmenging deur die
Respondent met die Applikant se werksaamhede
soos volg:
"...the Applicant avers
that the Respondent is allegedly spreading untruths about the
Applicant, Stellenberg and his wife.
Not only is this
unsubstantiated allegation denied by the Respondent, but the Court
will also note that the Applicant has failed
to set out any details
as to how the Applicant's or persons were allegedly defamed."
Die
Respondent in die Antwoordende stukke het nie beweer dat die bevel
dubbelsinnig was en dat hy dit moontlik verkeerd verstaan
het nie.
Mnr. van der Schyff in sy betoog het ook nie betoog dat die
Respondent moontlik die bevel verkeerd verstaan het nie.
Op enige
geval, die betekenis van die bevel kan nie betwyfel word nie. In die
woorde van Trollip JA in
Firestone
South Africa (Pty) Ltd
v
GenticuroAG
1977
(4) SA 298
(A) te 304 D-F:
"The
basic principles applicable to construing documents also apply to
the construction of a Court's judgment or order: the
intention is to
be ascertained primarily from the language of the judgment or order
as construed according to the usual, well-known
rules. See Garlick
v
Smartt
and Another,
1928 A.D. 82
at p.87; West Rand Estates Ltd
v
New
Zealand Insurance Co. Ltd.
1926 A.D. 173
at p. 188. thus, as in the
case of a document, the judgment or order and the Court's reasons
for giving it must be read as a
whole in order to ascertain its
intention.
If, on such a reading, the meaning of the judgment or order is clear
and unambigious, no extrincic fact or evidence
is admissable to
contradict, vary, qualify, or supplement it. "
Bostaande
uiteensetting moet egter met die kwalifikasie bevat in
Administrator
Cape and Another
v
Ntshwaqelo
and Others
1990
(1) SA 705
(A) op 716 A-C wat soos volg lees:
"...[TJhe order with
which a judgment concludes has a special function; it is the
executive part of the judgment which defines
what the Court requires
to be done or not to be done, so that the defendant or respondent,
or in some cases the world may know
it. It may be said that the
order must undoubtedly be read as part of the entire judgment and
not as a separate document, but
the Court's directions must be found
in the order and not elsewhere. If meaning of an order is clear and
unambiguous, it is decisive,
and cannot be restricted or extended by
anything else stated in the judgment. "
[6] In
Fakie
NO
v
CCII
Systems (Pty) Ltd
supra
het
die Hoogste Hof van Appel die sogenaamde '(Constitutional
characterization of contempt of Court' onderstreep en het 'n slotsom
bereik dat die bewyslas in hierdie verband soortgelyk is aan die
strafbewyslas. Die Hof het die volgende verduideliking gegee:
'There
are two principal reasons for this conclusion. The first is liberty:
It is basic to our Constitution that a person should
not be deprived
of liberty, albeit only to constrain compliance with a court order,
if reasonable doubt exists about the essentials.
The second reason
is coherence: It is practically difficult, and may be impossible, to
disentangle the reasons why orders for
committal for contempt are
sought
and why they are granted. In the end, whatever the applicant's
motive, the court commits a contempt respondent to jail
for rule of
law reasons; and this high public purpose should be pursued only in
the absence of reasonable doubt.'
In
die onderhawige saak is ek tevrede dat die Respondent die Hofbevel
"deliberately and mala fide" geminag het. Hy was
glad nie
bereid om daaraan gehoor te gee nie. Die Respondent het homself
skuldig gemaak aan die misdryf van minagting. Die kwessie
van die
koste moet soos normaalweg gehanteer word.
[7] BEVEL
Daar word soos volg gelas:
Dat die Respondent daaraan
skuldig is dat hy die Hofbevel soos deur Erasmus, R uitgevaardig
is, geminag het.
Die Respondent word ter
Gevangenissetting vir dertig (30) dae verwys.
Die Gevangenisstraf wat op (b)
gemeld word, word derhalwe vir 'n periode van vyf (5) jaar
opgeskort op voorwaarde dat die Respondent
horn nie gedurende
hierdie tydperk aan 'n minagting van enige Hofbevel sal skuldig
maak nie.
Die Respondent sal die
Applikant se koste van hierdie aansoek op 'n skaal soos tussen
prokureur en eie klient betaal.
DLODLO, R