About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 641
|
|
S v Jacobs en Anders [2010] ZAWCHC 641; ; CC 07/10 (3 December 2010)
IN
DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP
HOE HOF, KAAPSTAD)
Saaknommer
CC 07/10
In
die aangeleentheid
DIE STAAT
Teen
CHARLES
JOHN JACOBS
….....................................................................
Eerste
beskuldigde
RUDOLF MARTHINUS DAVIDS
…..........................................................
Tweede
beskuldigde
WILFRED VAN WYK
…...............................................................................
Derde
beskuldigde
UITSPRAAK GELEWER OP 3
Desember 2010
1.
Dit is gemeensaak dat die hof by vonnisoplegging ag moet slaan op
die omstandighede van die indiwidue, die ems van die misdade
en die
belange van die gemeenskap, en dat sodanige oorweging op
n
gebalanseerde
wyse moet plaasvind. Mnr Wolmarans. in sy voordrag. het gesteun op
die bekende uitspraak
SvZinn
1969
(2) SA 537
(A).
2.
Hy het die hof eweneens daarop bedag gemaak om nie
"maudlin
sympathy"
te
betoon nie.
(SvRabie
1975
(4) SA 855
(A)).
3.
Al drie die beskuldigdes het tereggestaan op die aanklag van roof
met verswarende omstandighede. Die beskuldigdes is skuldig
bevind
aan roof met verswarende omstandighede.
4. Roof met verswarende
omstandighede word in artikel 1(b) en 260 van die Strafproseswet,
wet 55 van 1971. omskryf as:
"Roof of poging
tot roof-
(i)
die
hanteervan... 'n ander gevaarlike wapen;
(ii)
die
toediening van 'n ernstige liggaamlike besering;
deur die oortreder of
'n medepiigtige by die geteentheid waarby die misdryf gepleeg word,
hetsy voor of gedurende of na die pteging
van die misdryf"
5.
Roof waar daar verswarende omstandighede is, is onderworpe aan die
bepalinge van artikel 51 van die Strafwysigingswet, Wet
105 van
1997, soos gewysig. In die geval van roof waar daar verswarende
omstandighede is (bylae
2.
deel
II). waar die persoon 'n eerste oortreder is. gevangenisstraf vir 'n
tydperk van minstens 15 jaar opgele moet word.
6.
Al drie die beskuldigdes se skuldigbevindings op elke aanklag van
moord is eweneens onderhewig aan artikel 51 van die
Strafwysigingswet,
en in daardie geval bepaal bylae 2, deel 1 dat
waar die moord beplan of met voorbedagte rade gepleeg is
(sub-artikel (a)), of
die dood van die slagoffer deur die
beskuldigde veroorsaak is by die pleging van roof met verswarende
omstandighede, soos in
artikel 1 van die Strafproseswet. 1977
(subartikel (c)), of die misdryf deur
:
n
persoon, groep persone of 'n sindikaat wat in die uitvoering of ter
bevordering van 'n gemeenskaplike doel of sameswering handel,
gepleeg is (artikel (d)) dan moet 'n lewenslange gevangenisstraf
vonnis opgele word.
7.
Mnr Wolmarans het verwys dat artikel 8(1) van die Wet op Voorkoming
van Georganiseerde Misdrywe, wet 28 van 1998
i
voorsiening
daarvoor maak dat 'n boete van minder as R100 miljoen of
gevangenisstraf van minder as 30 jaar opgele" mag word
vir
geldwassery.
8.
Die partye was dit eens dat die bepalinge van artikel 51 van die
Strafregswysigingswet, 105 van 1997 toepassing vind en dat
dienooreenkomstig 'n minimum vonnis van 15 jaar ten opsigte van die
roof en lewenslange gevangenisstraf ten opsigte van die moorde,
opgel§ meet word tensy daar
"wesentike
en dwingende omstandighede bestaan wat die oplegging van 'n mindere
vonnis"
as
die voorgeskrewe vonnis regverdig. Sien artikel 51(3)(a) van
voormelde wet.
9.
In
S
v Malqas
2001
(2) SA 1222
(SCA) in para [7] te 1230B - E (2001 (1) SAVS 469 te
476d - 477i) is die volgende ten aansien van die oogmerke van
hierdie wetgewing
gese:
'Due weight must be
given to the fact that these provisions were not intended to be
permanent fixtures on the legislative scene
and were to lapse after
two years unless extended annually. . . . That shows that when
conceived they were intended to be relatively
short-term responses
to a situation which it was hoped would not persist indefinitely.
That situation was and remains notorious:
an alarming burgeoning in
the commission of crimes of the kind specified resulting in the
government, the police, prosecutors
and the courts constantly being
exhorted to use their best efforts to stem the tide of criminality
which threatened and continues
to threaten to engulf society. It
was, of course, open to the High Courts even prior to the enactment
of the amending legislation
to impose life imprisonment in the free
exercise of their discretion. The very fact that this amending
legislation has been enacted
indicates that Parliament was not
content with that and that it was no longer to be "business as
usual" when sentencing
for the commission of the specified
crimes.
[8]
. . . In short, the Legislature aimed at ensuring a severe,
standardised, and consistent response from the courts to the
commission of such crimes unless there were, and could be seen to
be
t
truly
convincing reasons for a different response. When considering
sentence the emphasis was to be shifted to the objective gravity
of
the type of crime and the public's need for effective sanctions
against it.
[9]
Secondly, a court was required to spell out and enter on the record
the circumstances which it considered justified a refusal
to impose
the specified sentence. As was observed in Flannery v Halifax Estate
Agencies Ltd [[2000]
1 WLR 377
at 381HJ by the Court of Appeal, "a
requirement to give reasons concentrates the mind, if it is
fulfilled the resulting
decision is much more likely to be soundly
based - than if it is not". Moreover, those circumstances had
to be substantial
and compelling. Whatever nuances of meaning may
lurk in those words, their central thrust seems obvious. The
specified sentences
were not to be departed from lightly and for
flimsy reasons which could not withstand scrutiny. Speculative
hypotheses favourable
to the offender maudlin sympathy, aversion to
imprisoning first offenders, personal doubts as to the efficacy of
the policy implicit
in the amending legislation, and like
considerations were equally obviously not intended to qualify as
substantial and compelling
circumstances. Nor were marginal
differences in the personal circumstances or degrees of
participation of co-offenders which,
but for the provisions, might
have justified differentiating between them. But for the rest I can
see no warrant for deducing
that the Legislature intended a court to
exclude from consideration, ante omnia as it were., any or all of
the many factors traditionally
and rightly taken into account by
courts when sentencing offenders. The use of the epithets
"substantial" and "compelling"
cannot be
interpreted as excluding even from consideration any of those
factors. They are neither notionally nor linguistically
appropriate
to achieve that. What they are apt to convey, is that the ultimate
cumulative impact of those circumstances must
be such as to justify
a departure. It is axiomatic in the normal process of sentencing
that, while each of a number of mitigating
factors when viewed in
isolation may have little persuasive force, their combined impact
may be considerable. Parliament cannot
have been ignorant of that.
There is no indication in the language it has employed that it
intended the enquiry into the possible
existence of substantial and
compelling circumstances justifying a departure, to proceed in a
radically different way, namely
by eliminating at the very threshold
of the enquiry one or more factors traditionally and rightly taken
into consideration when
assessing sentence. None of those factors
have been singled out either expressly or impliedly for exclusion
from consideration.'
10.
Dit
was as volg gestel in S
v
Scott-Crossley
2008
(1) SASV 223 (SCA) te
para 35:
'Plainly any sentence
imposed must have deterrent and retributive force. But of course one
must not sacrifice an accused person
on the altar of deterrence.
Whilst deterrence and retribution are legitimate elements of
punishments, they are not the only ones,
or for that matter, even
the over-riding ones.'
Daar is as volg voort
gegaan
'{i]t is true that it
is in the interests of justice that crime should be punished.
However, punishment that is excessive serves
neither the interests
of justice nor those of society.'
11.
Met verwysing na
S
v
Malgas
het
Mnr Wolmarans aangevoer dat daar eenvormige vonnisoplegging moet
wees en dat daar nie afgewyk mag word van die minimum vonnis
wetgewing vir benullige redes nie. Mnr Wofmarans het aan die hand
gedoen dat daar geen grondslag sou bestaan om af te wyk van
die
minimum vonnisse nie.
12. Mnr Wolmarans het
tereg daarop gewys dat elkeen van die beskuldigdes n wesentlike en
geweldadige bydrae tot die misdrywe gemaak
het. Elkeen het die
oorledenes self direk leed aangedoen. Geeneen van hulle kan steun op
die onoordeelkundigheid wat jeugdigheid
sou inhou nie en was dit
slegs gulsigheid wat gelei het tot die misdade. Hulle het elkeen die
uitnodiging aanvaar om deel te
neem en moet nou ook die gevolge dra.
13. Dit is teen hierdie
agtergrond wat ek die vonnis oplegging moet benader.
14.
Die misdrywe van roof en moord het met voorbedagte rade plaasgevind
(eerstens toe daar besluit en beplan is, insluitend om
mnr Davids as
'n drywer saam te neem, maar laastens toe mnre Jacobs en mnr Davids
meegedeel is van die
"verandering
in die plan"
en
toe hulle daarna die wapens in besit geneem het en hulself verskuil
het vir die slagoffers) of. ten minste, het die beskuldigdes
met 'n
gemeenskaplike oogmerk. en in harmonie. opgetree. Die moorde was, in
die geval van mnr Joseph, in die woorde van die patoloog,
Dr
Sherman, venynig en gewelddadig. Dieselfde kan ook gese word van die
moord op mnr Visagie wie nie minder as 27 steekwonde
gehad het nie.
twee waarvan noodlottig sou wees. Sulke geweld is sinneloos en
afskuwelik. Geen verduideliking kan dit goedpraat
nie. Dit het nie
terloops en in die hitte van die oomblik plaasgevind nie, die
oorledenes is agter in die Run-X geplaas en is
elders van kant
gemaak.
15. Die gemeenskap
waarin ons leef. en veral die minder gegoede deel van ons
gemeenskap, is op n daaglikse basis blootgestel aan
misdaad en
geweld wat geen perke ken nie. Die gemeenskap gaan gebuk onder
hierdie las. Die howe moet poog om by te dra tot die
regstelling van
hierdie onreg waar misdadigers sonder aansiens van die persoon of
eiendom optree.
16. Mnr Wolmarans het
ons meegedeel dat die oorledenes se familie nie daarvoor kans gesien
het om te kom getuig nie. Dit is verstaanbaar.
Hy het ons
desnieteenstaande van die balie meegedeel dat mnr Joseph, 69 jaar
oud. te Pofadder saam met sy vrou gelewe het. Hy
het op ouderdom 60
afgetree as 'n busbestuurder by die kopermyn waar sy vrou in die
kombuis gewerk het. Sy het toe ook afgetree.
Onlangs het hy weer
begin werk by Pofadder Vleis. Hy was getroud vir 42 jaar en het vyf
volwasse kinders en drie kleinkinders
gehad. Twee van sy kinders het
by horn gewoon in 'n huis wat hy gekoop het met sy aftreepaket Sy
vrou het ook weer begin werk
na sy dood en werk nou by 'n kafee oor
naweke. Hy was 'n aktiewe man met baie stokperdjies - hy was die
afrigter van die plaaslike
sokkerspan en het ook as skeidsregter
opgetree. Hy het veerpyltjies gespeel en was 'n Blou Bui
ondersteuner. Hy het ook die plaaslike
sport spanne rondgery as
busbestuurder. Met sy begrafnis moes die polisie die straat afspan.
Sy vrou ly baie sterk onder sy dood.
17. Mnr Mervyn Visagie,
30 jaar oud. het slegs 6 maande vantevore permanent by Pofadder
Vleis begin werk waar hy reeds vir jare
in diens was. Hy het op
troue gestaan. Hy het een kind uit 'n vorige verhouding. Hy het
bygedra tot die huishouding van sy moeder
waar hy gewoon het te
Pella.
18. Hy was 'n baie stil
persoon en 'n bedrewe voetbalspeler - dit is hoe hy mnr Joseph
ontmoet het. Sy vader het mnr Joseph ook
baie goed geken. Hy is in
die graf aanliggend tot die van mnr Joseph begrawe. Die dood van die
twee het die Pofadder gemeenskap
baie hard getref. Mnr Wolmarans het
daarop gewys dat die howe 'n boodskap aan die beskuldigdes en die
gemeenskap moet stuur dat
die reg toepassing vind en dat die reg
gerespekteer moet word. Die gemeenskap moet beskerm word en die
toename in geweldadige
misdaad en kapings, wat daagliks plaasvind,
moet aangespreek word. Beide die moorde spreek van nodelose geweld -
die slagoffers
was gefolter en al wat die daders gemotiveer het was
gulsigheid. Geeneen van hulle kan aanvoer dat hulle uit nood
opgetree het.
Mnr Wolmarans het toegegee dat beide beskutdigdes 1 en
2 as eerste oortreders beskou moet word.
19. Hierdie voorlegging
oor die skoon karaktertrekke van die oorledenes maak dit duidelik
dat daar min waarheid steek in hul beweerde
meedoen met die planne
van die beskuldigdes en Mnr Cupido.
20. Ek wend my
vervolgens na die persoonlike omstandighede van die beskuldigdes.
21. Beskuldigde 1. mnr
Jacobs, het Mev Elizabeth Pharo, 'n goeie familiekennis geroep om
namens horn te getuig. Sy is sedert 1968
of by horn aan sy ouma se
huis woonagtig, 6f sedert 1987 in sy nabyheid woonagtig. Sy het horn
leer ken as 'n eerbare en opregte
jong man. Hy was 'n kerkganger en
sy was geskok om te verneem van sy betrokkenheid in die misdade. Sy
verkwalik die familie omstandighede
waarin beskuldigde 1 horn bevind
het vir sy betrokkenheid. Sy vader was *n harde man wie later in die
gevangenis opgeeindig het.
Mev Pharo het getuig dat sy voel dat
hulle te veel van mnr Jacobs verwag het. Sy moeder se verband is
agterstallig en sy salaris
was te min om almal bystand te verleen.
Sy is bevrees dat sy jong seun, wie pas gematrikuleer het en self
begin werk het, nou
dieselfde las op sy skouers gele sal word. Sy
wys daarop dat terwyl hulle Woensdag in die hof aanwesig was (toe
die saak geargumenteer
was) daar 'n inbraak by hulle aan huis was.
Sy vader het sy dienspakette van R20 000 en R75 000 onderskeidelik
verkwis. Sy het
versoek dat die hof genade teenoor mnr Jacobs
betoon.
22.
Mnr Jacobs het self ook getuig. Hy is in 1971 gebore en is tans 39
jaar oud. Hy is in 1995 getroud en het twee kinders, die
een is 21
jaar oud en die ander 8 jaar oud. Hulle bly in 'n
"wendy
house".
Hy
het deurgaans as 'n vragmotor bestuurder gewerk. Sy vader is reeds
10 jaar in die gevangenis vir roof. Die huis wat hulle gekoop
het
twee jaar gelede word deur
j
n
verband finansier en die R1600 verbandpaaiement kan nouliks betaal
word uit sy salaris van R2400 per maand tesame met die van
sy vrou
van R1600 per maand.
23. Hy is 'n geheel
onthouer en rook ook nie. Hy het n baie goeie aanslag met kinders,
het Mev Pharo getuig.
24. Hy is reeds 15 jaar
getroud. Hy behoort aan die Algemene Sendingkerk. Elsieshvier, en
gaan gereeld kerk toe. By Pivot Vervoer
het hy R2400 per maand
verdien. maar die werk is afhanklik van die aanvraag daarvoor.
25.
Agtien jaar gelede was hy in
!
n
argument met sy vrou se broer betrokke wat daartoe aanleiding gegee
het dat laasgenoemde dood is. Hy het tereggestaan en is
skuldig
bevind aan strafbare manslag, skynbaar nadat hy skuldig gepleit het.
26. Alhoewel mnr Jacobs
getuig het dat hy verantwoordelikheid aanvaar het vir die gebeure,
is daardie aanvaarding beperk tot dit
wat hy self getuig het en het
hy eerlik erken dat hy nie sondermeer aanvaar dat hy skuldig is soos
wat die hof reeds bevind het
nie. Mnr Wolmarans het aan die hand
gedoen dat daar dan nie sprake van werklike berou is nie. Dit is
egter vir die hof duidelik
dat mnr Jacobs inderdaad opreg berou vir
dit wat daardie aand in die vroee oggendure plaasgevind het. Hy
aanvaar ook verantwoordelikheid
vir dit wat hy self erken het - al
is dit nie soveel as waaraan hy inderdaad skuldig bevind word nie.
Die hof hou ook in gedagte
dat hy deurgaans sy samewerking aan die
Suid-Afrikaanse Polisie in hul ondersoek gegee het, en dat hy ook 'n
bekentenis afgele
het, uitwysings gemaak het en self getuig het.
beide op die meriete en ter strafversagting. Hy was natuurlik ook
ontsteld dat
hy sy familie agter laat. Hy het die hof ook meegedeel
dat hy simpatie met die familie van die slagoffers het.
27. Mnr Jacobs moet
natuurlik verantwoording neem vir die feit dat hy nie teruggetree
het en deelname aan die misdade geweier
het nie. Daar was verskeie
geleenthede om dit te doen en hy het nooit daarvan gebruik gemaak
nie. Mnr Moodley, in sy betoog,
het toegegee dat mnr Jacobs
gevangenisstraf opgele moes word, maar het hy geargumenteer dat die
minimum vonnisse nie opgele moes
word nie.
28. Dit is ook nie
sonder meer duidelik uit die getuienis dat 6f mnr Davids or mnr
Jacbos teenwoordig was toe die venynige en
gewelddadige aanvalle op
die oorledenes plaasgevind het nie - daar is aanduidings dat dit wel
die geval mag wees - die bebloede
rots en die feit dat mnr van Wyk
ook reeds messteke op die toneel toegedien het, asook die afleiding
wat redelikerwys gemaak
kan word dat die persone slegs in die Run-X
gelaai was om ontslae te raak van die liggame - omdat hulle reeds
naby aan hul dood
was. Daar is egter ook aanduidings dat hulle nog
verder elders aangerand is, aangesien daar vanuit die Run-X, toe in
die omgewing
van Velddrift, aangedui is dat hulle (mnr Cupido en Mnr
van Wyk) mnr Joseph nie kon dood kry nie.
29. Mnr Moodley in sy
betoog het daarop gewys dat sy klient, mnr Jacobs, 39 jaar oud was,
sy vorige veroordeling was 18 jaar gelede
en het hy aan die hand
gedoen dat hy as 'n eerste oortreder beskou moet word. Hy was 'n
jaar en 'n half verhoor-afwagtend.
30. Mnr Moodley het
gesteun daarop dat n hof ook medelye moet betoon. Dit sou verkeerd
wees om die oortreder se misdaad oormatig
te beklemtoon en dat
vergelding behoort te wyk voor voorkoming en rehabilitasie.
31. Hy het aangevoer dat
mnr Jacobs oop kaarte met die hof gespeel het en dat die onderskeie
rolle wat mnr Jacobs, mnr Davids
en mnr van Wyk gespeel het
onderskeibaar is en dat dit tot verskillende vonnisse behoort
aanleiding te gee. Hy het aan die hand
gedoen dat die vonnisse
samelopend opgele moet word aangesien dit voortspruit uit 'n enkele
gebeurtenis. Hy het aan die hand
gedoen dat as dit nie was vir die
bekentenis van mnr Jacobs nie. dan sou daar moontlik nie 'n
vervolging gewees het nie.
32. Hy het aan die hand
gedoen dat 15 jaar gevangenisstraf 'n gepaste vonnis sou wees.
33. Mnr Wolmarans het
daarop gewys dat beskuldigde 1 nie self die polisie genader het nie
- hy het eers sy betrokkenheid openbaar
nadat voortreflike
polisiewerk horn aan die kaak gestel het. Hy het ook nie
ongekwalifiseerd sy berou betoon nie.
34.
Mnr Wolmarans het aan die hand gedoen dat mnr Jacobs nie 'n slegte
lewensstyl gehad het nie - hy was deurgaans in diens as
'n
bestuurder, sy vrou het gewerk en hulle het in n bekrompe
"wendy
house"
gewoon
terwyl hulle hul eie huis gerenoveer het om uit te verhuur. Hulle
was finansieel goed daaraan toe en sou hulle geld behoef
het kon
hulle byvoorbeeld die huis van die hand sit. Hy het verder aan die
hand gedoen dat daar geen faktore was wat die hof
daartoe kan noop
om af te wyk van die voorgeskrewe minimum vonnisse nie.
35. Die hof is die
mening toegedaan dat daar wel wesentlike en dwingende omstandighede
bestaan waarom die minimum vonnisse nie
opgel§ moet word nie.
Mnr Jacobs bevind homself, tesame met sy familie, in 'n bose
kringloop van misdaad. Alhoewel sy vader
in die tronk is vir roof,
het hy slegs eenmaal vantevore met die gereg gebots en daardie
voorval kan, op die feite wat voor die
hof geplaas word, nie teen
mnr Jacobs gehou word vir vonnissoplegging in hierdie saak nie. In
die huidige saak mag dit wees dat
mnr Jacobs, weens 'n ongelukkige
saamloop van omstandighede, homself bevind het in die posisie dat hy
meegedoen het aan 'n aaklige
moord op twee persone wat moontlik
mededaders mag gewees het aan 'n beplande misdryf. Gevolglik meen
die hof dat daar wel wesentlike
en dwingende omstandighede bestaan
om af te wyk van die minimum vonnis van lewenslange gevangenisstraf
ten opsigte van die moord
en 15 jaar ten opsigte van die roof met
verswarende omstandighede
36. Mnr Davids het nie
self getuig nie. Slegs Me Fransiena Davids het namens horn getuig.
Sy het getuig dat hy haar jongste broer
was van agt oorlewende
kinders - hulle was aanvanklik dertien kinders gewees. Hy woon reeds
vir jare by haar en sy beskryf hom
as 'n hardwerkende persoon. Hy
het tien kinders waarvan drie nog op skool is. Hierdie kinders is by
hulle onderskeie moeders
woonagtig maar is sy verhouding met hulle
goed, sien hy hulle gereeld en dra hy by tot hul onderhoud soos en
wanneer hy kan.
Hy het nooit die voorval met haar bespreek nie en
aangedui dat hy dit mettertyd sal doen.
37. Die familie is
uiteraard geskok oor sy betrokkenheid. Sy beskryf hulle as 'n hegte
familie en beide ouers was kerklike mense.
Hulle was streng en
goedgemanierd grootgemaak. Sy beskou hom nie as 'n drinker nie,
alhoewel hy sosiale geleenthede kan geniet.
Sy keur nie goed wat
gebeur het nie maar het gesmeek dat hy nie lewenslank tronk toe
gestuur moet word nie. Buiten vir die feit
dat hy reeds twee maal
geskei is, is sy nie bewus van enige persoonlike probleme nie.
38. Sy kon nie enige lig
werp op sy skuldigbevinding aan bedrog in 1999 en die
skuldigbevinding aan diefstal in 2000 waarvoor
hy 18 maande
gevangenisstraf opgele was nie.
39.
Die aandeel wat mnr Davids gespeel het in die pleging van die
misdade was waarskynlik die kleinste - hy het nooit aan enige
voorafgaande bespreking of beplanning deelgeneem nie, alhoewel hy
teenwoordig was toe hy en mnr Jacobs meegedeel was van die
verandering in planne en die verhoogde betaling van R50 000.
Alhoewel soos reeds in die uitspraak aangedui, mnr Jacobs se
weergawe
dat hy slegs
"tigte
tikkies"
aan
mnr Joseph toegedien het is dit nie sondermeer duidelik presies
welke rol hy gespeel het in die aanranding nie. Dit blyk uit
sy
bekentenis dat wyle mnr Cupido ook vir mnr Joseph oor die kop
geslaan het Dit is eweneens duidelik dat mnr Joseph daarna vender
aangerand is in die nabyheid van Velddrift aangesien mnre van Wyk en
ook Cupido gesukkel het om horn te dood.
40. Mnr Davids het nie
self getuig nie en dit is derhalwe moeilik om te beoordeel presies
tot welke mate hy aan die aanranding
op veral mnr Joseph deelgeneem
het.
41. Mnr Davids is 44
jaar oud, reeds tweemaal getroud en het drie minderjarige kinders,
twee waarvan in matriek is en 'n jong
seun van 6 jaar oud. Sy ander
sewe kinders is reeds volwasse. Hy het standard 6 op skool behaal.
en daarna vir sy vader, n houthakker,
gewerk tot die ouderdom van 16
en het daarna formele diensbetrekkings beklee, onder meer by die
Atlantis Dorpsraad waar hy uiteindelik
'n R65 000 pakket ontvang
het.
42. Hy het reeds in
aanhouding sy rehabilitasie begin deur bybelstudie te doen.
43. Mnr La Grange,
namens beskuldigde 2, mnr Davids, het aan die hand gevoer dat sy
klient nie die misdaad georkestreer het nie,
en dat hy bloot
gekoopteer is deur beskuldigde 1, mnr Jacobs. Hy was nie in enige
mate betrokke by die beplanning nie. Hy was
ook nie teenwoordig toe
die oorledenes gestetwe het nie. Alhoewel daar getuienis is dat n
telefoonoproep ontvang was van mnre
Cupido en van Wyk, wie skynbaar
in die omgewing van Velddrift met mnr Joseph was, is die lyk van mnr
Visagie in die nabyheid
van die uitgebrande wrak gevind en is dit
net waarskynlik dat die persone daar aanwesig, nieteenstaande hul
ontkenning. bewus
moes gewees het van mnr Visagie en hoe hy daar
gekom het.
44. Mnr Davids se
betrokkenheid was veroorsaak deurdat hy ekstra geld wou verdien.
45. Mnr La Grange het
aan die hand gedoen dat sy klient ook as "n eerste oortreder
beskou moet word, dat hy altyd 'n stabiele
lewe gehad het, en altyd
'n betrekkking gehad het. Hy het nie die tyd van die hof gemors nie
en sy deelname aan die misdrywe
was. vergeleke met die ander daders,
skyn be perk te gewees.
46. Mnr La Grange het
ook om genade vir sy klient gesmeek, en aan die hand gedoen dat n
gevangenisstraf van 10 jaargepas sou wees.
47. Mnr Davids het ook
deurgaans werk gehad. Sy drie minderjarige kinders is woonagtig by
hul moeders en speel hy duidelik nie
enige rol in hulle lewens nie.
48.
Mnr
Wolmarans het verder daarop gewys dat geeneen van die beskuldigdes,
en ook nie mnr Davids nie. daarop kan steun dat hulle
'n mindere rol
gespeel het nie. Hulle het almal bygedra tot die eindresultaat en is
dit geen antwoord vir mnr Davids om te se
dat hy nie die stuurman
was nie. Hy was uitgenooi en hy het die uitnodiging aanvaar. Daar
was duidelike getuienis teen beskuldigde
1 en hy het mnr Davids
uitgewys as "n medepligtige. Mnr Davids het daarop sy
bekentenis gemaak. Hy kan nouliks steun op
die feit dat hy sy
bekentenis gemaak het as strafversagting. Verder het mnr Wolmarans
daarop gewys dat mnr Davids nooit getuig
het nie, nie eens ter
strafversagting nie. Daar kan nouliks onder daardie omstandighede
enige sprake van berou wees.
49. Eweneens bevind die
hof dat daar ten aansien van Mnr Davids wesentlike en dwingende
omstandighede bestaan om af te wyk van
die minimum vonnis van
lewenslange gevangenisstraf ten opsigte van die moorde en 15 jaar
ten opsigte van die roof met verswarende
omstandighede.
50. Mev Alisha Hendriks,
41 jaar oud, en woonagtig te Magdastraat, Elsiesrivier, het namens
beskuldigde 3, mnr van Wyk. getuig.
Hy is haar kerel en die vader
van haar drie minderjarige kinders. onderskeidelik 3. 5 en 9 jaar
oud. Sy het nie 'n vaste betrekking
nie en doen huiswerk een dag
alom die week en twee dae alom die week. Sy verdien n karige bedrag
van R80 of R100 per dag. Hulle
is reeds 12 jaar in 'n verhouding
maar woon die laaste 10 jaar saam. Dit blyk uit haar getuienis dat
vir drie maande voorafgaande
die misdaad, het hulle nie saamgewoon
nie en sy het trouens nie geweet wat mnr van Wyk se woonadres was
nie aangesien hy geweier
het om dit aan haar te openbaar welwetend
dat sy horn onderhoudshof toe wou neem.
51. Sy het getuig dat hy
5 jaar gelede skuldig bevind was aan diefstal van kos vir haar
babatjie en drie maande gevangenisstraf
gevonnis is. Hierdie is nie
'n vorige veroordeling wat die Staat horn ten laste gele het nie en
beklemtoon dit die haglike omstandighede
waaronder ook mnr van Wyk
homself bevind.
52. Sy het getuig dat
mnr van Wyk n baie lieflike mens is en altyd ander mense help en dat
sy seun oor hom treur. Die kinders
ontvang huidiglik berading. Mnr
van Wyk is die broodwinner en hy was werksaam by die hotel De Kuile
as 'n motorwag en het ook
kontrakwerk verrig. onder andere by Makro,
asook by Usepco wat 'n fabriek is wat plastiekware maak.
53. Mnr van Wyk was
voorheen getroud en het n dogter van 10 jaar gebore uit daardie
huwelik. Sy is woonagtig by haar moeder en
betaal mnr van Wyk
onderhoud vir haar. Daar is skynbaar n onderhoudsbevel wat teen hom
verleen is.
54.
Mnr van Wyk het matriek behaal en alhoewel hy in oogmerk gekom het
om as 'n bestuurder by Usepco te werk, het hy nie 'n permanente
aanstelling ontvang nie.
55. Hy het haar nooit
meegedeel van sy werksverhouding met die Pofadder vleis vragmotor
bestuurders nie
56.
Me Kloppers, in haar ex
parte
voordrag
namens mnr van Wyk. het daarop gewys dat hy 44 jaar oud is, in 'n
verhouding met Mev Hendriks verkeer, drie minderjarige
kinders het
by haar, asook 'n dogter van 10 jaar wie by haar moeder woonagtig
is. Hy werk snags by *n
"lodge"
en
sy inkomste was R6 000 per maand en het hy R400 per maand per kind
onderhoud betaal (ek wys daarop dat dit strydig is met wat
Mev
Hendriks getuig het)
57. Sy lang reeks van
vorige veroordelings is nie in geskil nie en is daar geen uitstaande
vervolgings aanhangig teen hom nie.
58. Me Kloppers het
voorts aangevoer dat daar geen getuienis is oor hoeveel keer hy mnr
Visagie sou gesteek het nie en wat die
omvang van sy betrokkenheid
was nie. Hierdie submissie is strydig met die feite - mnr van Wyk
was in n leiers-posisie gewees
59.
Sy het aangevoer dat daar wel wesentlike en dwingende omstandighede
bestaan waarom die minimum vonnis nie opgele behoort te
word nie.
Eerstens is hy die broodwinner. Met verwysing na
Malgas
het
sy aangevoer dat daar ag geslaan moet word op alle faktore en dat
die kumulatiewe gevolge van sodanige faktore in ag geneem
moet word.
Die kumulatiewe gevolge van agtereenlopende vonnisse moet ook voor
oe gehou word
60. Sy het ook aan die
hand gedoen dat die vonnisse samelopend uitgedien moet word, en dat
'n gepaste gevangenis tydperk 20 jaar
sou wees.
61. Dit is duidelik dat
Mev Hendriks op mnr van Wyk steun beide emosioneel en finansieel.
Dit is ook duidelik dat hulle verhouding
gespanne was in die drie
maande wat die roof voorafgegaan het. Hy was finansieel die beste af
van al drie die beskuldigdes en
het hy R6000 per maand verdien.
62.
Beskuldigde 3, wie n reeks van vorige oortredings vir diefstal en
oneerlikheid gehad het, het desnieteenstaande die onderhawige
misdrywe gepleeg. Hy is eerstens in 1976 skuldig bevind aan
diefstal, daarna, in 1977, aan drie klagtes van huisbraak. in 1979
aan diefstal. Daarna, in 1991 is hy skuldig bevind aan bedrog, en
weereens in 1992 en 1995 op aanklagtes van diefstal. Hy is
ook
daaraan skuldig bevind dat hy homself voorgedoen het as 'n
polisieman. In 1995 is hy weereens skuldig bevind aan bedrog en
in
2002 aan diefstal. Dit is opmerklik dat hy merendeels opgeskorte
vonnisse opgele is. Die oplegging van die vonnisse het skynbaar
geen
bydrae tot enige rehabilitasie gemaak nie.
63.
Dit is verswarend
(
R
v Zonele and Others
1959
(3) SA 319
(A) te 330). In die geval van beskuldigde drie is daar
derhalwe geen gronde om van die minimum vonnisse af te wyk nie.
64. Die hof is die
mening toegedaan dat 'n gepaste vonnis onder die omstandighede vir
Beskuldige Een as volg sal wees:
Ten opsigte van roof
met verswarende omstandighede - 8 jaar gevangenisstraf;
Ten opsigte van die
moord op mnr Visagie - 15 jaar gevangenisstraf;
Ten opsigte van die
moord op mnr Joseph - 15 jaar gevangenisstraf;
d) Die aanklag van
geldwassery - 2 jaar gevangenisstraf, waarvan 1 jaar opgeskort word
vir 4 jaar op voorwaarde dat die beskuldigde
hom nie weer skuldig
maak aan geldwassery binne die periode van opskorting nie.
e) Voormelde vonnisse
moet samelopend uitgedien word.
65. Die hof is die menmg
toegedaan dat n gepaste vonnis vir beskuldigde twee onder die
omstandighede, soos in die geval van beskuldigde
een, as volg sal
wees:
Ten opsigte van roof
met verswarende omstandighede - 8 jaar gevangenisstraf;
Ten opsigte van die
moord op mnr Visagie - 15 jaar gevangenisstraf;
Ten opsigte van die
moord op mnr Joseph - 15 jaar gevangenisstraf;Voormelde vonnisse
moet samelopend uitgedien word
66. Die hof is die
mening toegedaan dat 'n gepaste vonnis vir beskuldigde drie onder
die omstandighede. as volg sal wees:
Ten opsigte van roof
met verswarende omstandighede - 15 jaar gevangenisstraf; Ten
opsigte van die moord op mnr Visagie - lewenslange
gevangenisstraf;
Ten opsigte van die
moord op mnr Joseph - lewenslange gevangenisstraf
S Olivier, WnR